×
Pous Gregorius XVI

Gregorius XVI was die 254ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 15 jaar, 3 maande en 30 dae, van 1831 tot 1846. Hy was konserwatief en tradisievas. Hy het demokratiese hervormings in die Kerklike Staat en die res van Europa probeer verhinder omdat hy gedink het demokrasie bevorder linkse revolusionisme. Hy poog om die politieke en kerklike mag van die pous uit te bry. Gregorius was die laaste pous wat verkies is wat nie 'n biskop was nie.

Pous Gregorius XVI
Geboortenaam Bartolomeo Alberto Cappellari
Pontifikaat begin 2 Februarie 1831
Pontifikaat eindig 1 Junie 1846
Voorganger Pius VIII
Opvolger Pius IX
Gebore 18 September 1765
Belluno, Republiek Venesië
Sterf 1 Junie 1846
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Gregorius

Inhoud

Pous Gregorius XVI is gebore as Bartolomeo Alberto Cappellari (ook bekend as Mauro Cappellari) op 18 September 1765 in Belluno, Republiek Venesië. Hy was die seun van Giovanni Battista Cappellari en sy vrou Giulia Cesa-Pagani. Op 23 Augustus 1783 sluit hy aan by die Camaldolese klooster (deel van die Benediktyners) in Murano naby Venesië. In 1787 word hy priester gewy. In die klooster het hy onder die naam broeder Mauro bekend gestaan. In 1799 publiseer hy "Il Trionfo della Santa Sede" (die oorwinning van die Heilige Stoel) teen die Janseniste. Die werk is in verskeie ander Europese tale vertaal. Op 4 Februarie 1801 word hy 'n lid van die Akademie vir die Katolieke Geloof wat deur Pous Pius VII gestig is. In 1805 word hy ab van die San Gregorio-klooster in Rome. Toe Pous Pius VII deur Napoleon Bonaparte na Frankryk gevange geneem is, vertrek Cappellari na Murano en later in 1814 na Padua. Toe die pous na Rome terugkeer en die Kerklike Staat herstel is, keer hy terug na Rome as die vikaris-generaal van die Camaldolese. Op 21 Maart 1825 stel Pous Leo XII hom aan as kardinaal. Cappellari kry die reg om die regte van Katolieke in die Lae Lande te beveilig met die ondertekening van 'n konkordaat met koning Willem I op 18 Junie 1827. Hy onderhandel 'n vrede met die Ottomaanse Ryk met betrekking tot die Armeense Katolieke gemeenskap. Op 2 Februarie 1831 volg hy Pous Pius VIII op en word biskop gewy op 6 Februarie 1831 en ook as pous gekroon deur kardinaal Giuseppe Albani. Hy regeer tot sy dood op 1 Junie 1846 en word opgevolg deur Pous Pius IX. Die naam ‘Gregorius’ beteken 'wagter'.

Kerklike loopbaan

Pous Gregorius XVI is onverwags verkies na 'n konklaaf van vier-en-sestig dae. Die voorloper in die verkiesing was kardinaal Giacomo Giustiniani, maar sy kandidatuur is geveto deur koning Ferdinand VII van Spanje. Die ander kandidate, kardinaal Emmanuele De Gregorio en kardinaal Bartolomeo Pacca, was reeds kandidate in die vorige konklaaf en kon nie die vereiste meerderheid haal nie. Om die dooie punt te oorkom is Cappellari verkies na drie-en-tagtig stemminge.

Die rewolusie van 1830 wat die huis van Bourbon uit die kussings gelig het, was 'n groot slag vir die Katolieke monargistiese party in Frankryk. Die Franse verower Ancona en die Kerklike Staat word bedreig. Dit word meermale nodig om hulp van Oostenrykse troepe in te roep on republikeinse terroriste te bedwing. Die konserwatiewes het hervormings uitgestel na bomaanslae en sluipmoorde. Die pous het kardinaal Tommaso Bernettie in 1836 vervang met kardinaal Luigi Lambruschini as staatsekretaris, maar dit het nie gehelp nie.

Die Pous en Lambruschini het tegnologiese vooruitgang soos gasverligting en spoorweë probeer teenwerk omdat hulle geglo het dat dit die middestand sou bevoordeel, wat sou lei tot meer aandrang op politieke regte. Gregorius het spoorlyne "Chemins d'enfer" (paaie van die hel) genoem na aanleiding van die Franse naam "Chemin de fer" (ysterpad). Onder Franse druk het Gregorius wel tallose revolusionêres uit die tronk vrygelaat, iets wat later sou lei tot die opstand teen sy opvolger Pous Pius IX in 1870. Die Pous het slawerny en slawehandel sterk veroordeel.

Tydens Gregorius se pontifikaat was daar opstande in Viterbo in 1836, in Ravenna in 1843 en in Rimini in 1845. Die opstande is onderdruk deur teregstellings, dwangarbeid en verbannings.

Pous Gregorius is vermoedelik dood aan wondroos, 'n akute ontsteking van die dieper lae van die vel.

Die kollege van kardinale

Pous Gregorius XVI het 75 nuwe kardinale aangestel in 26 konsistories. Weens die omvang van die lys word dit hier gehou.

Heiligverklarings

Bulle, briewe, ensiklieke en dekrete

  • 27 Mei 1832 – Summo Iugiter Studio – Oor gemengde huwelike.
  • 9 Junie 1832 – Cum Primum – Oor burgerlike gehoorsaamheid.
  • 15 Augustus 1832 – Mirari Vos – Teen liberalisme.
  • 4 Oktober 1833 – Quo Graviora – Oor die pragmatiese konstitusie.
  • 25 Junie 1834 – Singulari Nos – Oor die foute van Lammenais.
  • 17 Mei 1835 – Commissum divinitus – Oor Kerk en Staat.
  • 3 Desember 1839 – In Supremo Apostolatus – Teen slawehandel.
  • 18 September 1840 – Probe Nostis – Oor die voortplanting van die geloof.
  • 30 April 1841 – Quas Vestro – Oor gemengde huwelike.
  • 8 Mei 1844 – Inter Praecipuas – Oor bybelgenootskappe.
  • Artaud de Montor, Alexis, Chevalier de. (1911) The lives and times of the popes (vertaal vanaf "Les vies des papes") The Catholic publication Society of America, New York. Heruitgee: Kessinger Publishing. papal_library/default.asp
  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
  1. De Montor, Artaud, Chevalier de. 1911. The Lives and Times of the Popes. The Catholic Publications Society, New York.
  2. Gregory XVI. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  3. Toke, L. (1910). Pope Gregory XVI. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek op 20 Julie 2011 by:
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • in die Catholic Encyclopedia (Engels)
  • in die Catholic Forum (Engels)
  • (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
  • 'n Databasis van pouslike ensiklieke, dekrete en bulle (in Engels)
  • in die Vatican History (in Duits).
  • in die "Cardinals of the Holy Roman Church".
  • in die Catholic Hierarchy (Engels)
  • in die Giga Catholic Information (Engels).
  • in die Saint-Mike Papal Library (Engels).

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Voorafgegaan deur
Giulio Maria della Somaglia
Prefek van Propaganda Fide
1826 – 1831
Opgevolg deur
Carlo Maria Pedicini
Voorafgegaan deur
Pius VIII
Pous (Pontifex Maximus)
1831 – 1846
Opgevolg deur
Pius IX

Publikasie datum: September 03, 2021

pous, gregorius, gregorius, 254ste, pous, rooms, katolieke, kerk, jaar, maande, 1831, 1846, konserwatief, tradisievas, demokratiese, hervormings, kerklike, staat, europa, probeer, verhinder, omdat, gedink, demokrasie, bevorder, linkse, revolusionisme, poog, po. Gregorius XVI was die 254ste pous van die Rooms Katolieke Kerk vir 15 jaar 3 maande en 30 dae van 1831 tot 1846 Hy was konserwatief en tradisievas Hy het demokratiese hervormings in die Kerklike Staat en die res van Europa probeer verhinder omdat hy gedink het demokrasie bevorder linkse revolusionisme Hy poog om die politieke en kerklike mag van die pous uit te bry Gregorius was die laaste pous wat verkies is wat nie n biskop was nie Pous Gregorius XVIGeboortenaam Bartolomeo Alberto CappellariPontifikaat begin 2 Februarie 1831Pontifikaat eindig 1 Junie 1846Voorganger Pius VIIIOpvolger Pius IXGebore 18 September 1765 Belluno Republiek VenesieSterf 1 Junie 1846 Rome ItalieAnder pouse genaamd Gregorius Inhoud 1 Biografie 1 1 Kerklike loopbaan 2 Pontifikaat 2 1 Die kollege van kardinale 2 2 Heiligverklarings 2 3 Bulle briewe ensiklieke en dekrete 3 Bibliografie 4 Verwysings 5 Eksterne skakels 6 Nota 7 OpvolgingBiografie WysigPous Gregorius XVI 1 is gebore as Bartolomeo Alberto Cappellari ook bekend as Mauro Cappellari op 18 September 1765 in Belluno Republiek Venesie Hy was die seun van Giovanni Battista Cappellari en sy vrou Giulia Cesa Pagani Op 23 Augustus 1783 sluit hy aan by die Camaldolese klooster deel van die Benediktyners in Murano naby Venesie In 1787 word hy priester gewy In die klooster het hy onder die naam broeder Mauro bekend gestaan In 1799 publiseer hy Il Trionfo della Santa Sede die oorwinning van die Heilige Stoel teen die Janseniste Die werk is in verskeie ander Europese tale vertaal Op 4 Februarie 1801 word hy n lid van die Akademie vir die Katolieke Geloof wat deur Pous Pius VII gestig is In 1805 word hy ab van die San Gregorio klooster in Rome Toe Pous Pius VII deur Napoleon Bonaparte na Frankryk gevange geneem is vertrek Cappellari na Murano en later in 1814 na Padua Toe die pous na Rome terugkeer en die Kerklike Staat herstel is keer hy terug na Rome as die vikaris generaal van die Camaldolese Op 21 Maart 1825 stel Pous Leo XII hom aan as kardinaal Cappellari kry die reg om die regte van Katolieke in die Lae Lande te beveilig met die ondertekening van n konkordaat met koning Willem I op 18 Junie 1827 Hy onderhandel n vrede met die Ottomaanse Ryk met betrekking tot die Armeense Katolieke gemeenskap Op 2 Februarie 1831 volg hy Pous Pius VIII op en word biskop gewy op 6 Februarie 1831 en ook as pous gekroon deur kardinaal Giuseppe Albani Hy regeer tot sy dood op 1 Junie 1846 en word opgevolg deur Pous Pius IX Die naam Gregorius beteken wagter Kerklike loopbaan Wysig 3 Julie 1826 Kardinaal priester van S Callisto 1 Oktober 1826 Prefek van Propaganda Fide 2 Februarie 1831 Pous van Rome Pontifikaat WysigPous Gregorius XVI 2 3 is onverwags verkies na n konklaaf van vier en sestig dae Die voorloper in die verkiesing was kardinaal Giacomo Giustiniani maar sy kandidatuur is geveto deur koning Ferdinand VII van Spanje Die ander kandidate kardinaal Emmanuele De Gregorio en kardinaal Bartolomeo Pacca was reeds kandidate in die vorige konklaaf en kon nie die vereiste meerderheid haal nie Om die dooie punt te oorkom is Cappellari verkies na drie en tagtig stemminge Die rewolusie van 1830 wat die huis van Bourbon uit die kussings gelig het was n groot slag vir die Katolieke monargistiese party in Frankryk Die Franse verower Ancona en die Kerklike Staat word bedreig Dit word meermale nodig om hulp van Oostenrykse troepe in te roep on republikeinse terroriste te bedwing Die konserwatiewes het hervormings uitgestel na bomaanslae en sluipmoorde Die pous het kardinaal Tommaso Bernettie in 1836 vervang met kardinaal Luigi Lambruschini as staatsekretaris maar dit het nie gehelp nie Die Pous en Lambruschini het tegnologiese vooruitgang soos gasverligting en spoorwee probeer teenwerk omdat hulle geglo het dat dit die middestand sou bevoordeel wat sou lei tot meer aandrang op politieke regte Gregorius het spoorlyne Chemins d enfer paaie van die hel genoem na aanleiding van die Franse naam Chemin de fer ysterpad Onder Franse druk het Gregorius wel tallose revolusioneres uit die tronk vrygelaat iets wat later sou lei tot die opstand teen sy opvolger Pous Pius IX in 1870 Die Pous het slawerny en slawehandel sterk veroordeel Tydens Gregorius se pontifikaat was daar opstande in Viterbo in 1836 in Ravenna in 1843 en in Rimini in 1845 Die opstande is onderdruk deur teregstellings dwangarbeid en verbannings Pous Gregorius is vermoedelik dood aan wondroos n akute ontsteking van die dieper lae van die vel Die kollege van kardinale Wysig Pous Gregorius XVI het 75 nuwe kardinale aangestel in 26 konsistories Weens die omvang van die lys word dit hier gehou Heiligverklarings Wysig 26 Mei 1839 Veronica GiulianiBulle briewe ensiklieke en dekrete Wysig 27 Mei 1832 Summo Iugiter Studio Oor gemengde huwelike 9 Junie 1832 Cum Primum Oor burgerlike gehoorsaamheid 15 Augustus 1832 Mirari Vos Teen liberalisme 4 Oktober 1833 Quo Graviora Oor die pragmatiese konstitusie 25 Junie 1834 Singulari Nos Oor die foute van Lammenais 17 Mei 1835 Commissum divinitus Oor Kerk en Staat 3 Desember 1839 In Supremo Apostolatus Teen slawehandel 18 September 1840 Probe Nostis Oor die voortplanting van die geloof 30 April 1841 Quas Vestro Oor gemengde huwelike 8 Mei 1844 Inter Praecipuas Oor bybelgenootskappe Bibliografie WysigArtaud de Montor Alexis Chevalier de 1911 The lives and times of the popes vertaal vanaf Les vies des papes The Catholic publication Society of America New York Heruitgee Kessinger Publishing http www saint mike org library papal library default asp Duff Eamon 2001 Saints and Sinners A History of the Popes Yale University Press ISBN 0 300 09165 6 Maxwell Stuart P G 2002 Chronicle of the Popes The Reign by Reign Record of the Papacy from St Peter to the Present Thames amp Hudson ISBN 0 500 01798 0 Verwysings Wysig De Montor Artaud Chevalier de 1911 The Lives and Times of the Popes The Catholic Publications Society New York Gregory XVI 2008 Encyclopaedia Britannica Deluxe Edition Chicago Encyclopaedia Britannica Toke L 1910 Pope Gregory XVI In The Catholic Encyclopedia New York Robert Appleton Company Besoek op 20 Julie 2011 by http www newadvent org cathen 07006a htmEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Gregorius XVI Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel Catholic Encyclopedia 1913 Pope Gregory XVI CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia Engels CF Inskrywing in die Catholic Forum Engels BBKL Inskrywing met Literatuurverwysings in die Biographisch Bibliographisches Kirchenlexikon Duits PTA Inskrywing in Popes through the Ages deur J Brusher S J Engels Bulle n Databasis van pouslike ensiklieke dekrete en bulle in Engels VH Inskrywing in die Vatican History in Duits CA Inskrywing in die Cardinals of the Holy Roman Church Inskrywing in die Catholic Hierarchy Engels Inskrywing in die Giga Catholic Information Engels Inskrywing in die Saint Mike Papal Library Engels Nota WysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse Engelse Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui Opvolging WysigVoorafgegaan deur Giulio Maria della Somaglia Prefek van Propaganda Fide 1826 1831 Opgevolg deur Carlo Maria PediciniVoorafgegaan deur Pius VIII Pous Pontifex Maximus 1831 1846 Opgevolg deur Pius IXOntsluit van https af wikipedia org w index php title Pous Gregorius XVI amp ol,