fbpx
Wikipedia

Pous Celestinus III

Celestinus III[1] was die 175ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1191 tot 1198.

Pous Celestinus III
Geboortenaam Giacinto Bobone
Pontifikaat begin 30 Maart 1191
Pontifikaat eindig 8 Januarie 1198
Voorganger Clemens III
Opvolger Innocentius III
Gebore ± 1106
Rome, Italië
Sterf 8 Januarie 1198
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Celestinus

Biografie

Pous Celestinus III is gebore as Giacinto Bobone (ook Jacinto Bobo of Hyacinto Bobo) ongeveer in 1106 in Rome, Italië, seun van Pietro Bobone. Hy was die eerste pous uit die Orsini familie. In 1126 word hy sub-diaken van die Lateraanse basiliek. Hy was 'n leerling van Pierre Abélard en het hom later verdedig teen kerklike kritiek oor sy rasionalistiese denke. In 1144 word hy kardinaal-diaken van Santa Maria in Cosmedin en in 1154 en 1172 reis hy na Spanje as pouslike legaat. Op vyf-en-tagtig jarige leeftyd op 30 Maart 1191 volg hy Pous Clemens III op en regeer tot sy dood op 8 Januarie 1198. Hy word opgevolg deur Pous Innocentius III. Die naam ‘Celestinus’ beteken 'hemelse'.

Pontifikaat

Pous Celestinus III[2] was 'n kompromie-kandidaat. Hy was slegs 'n diaken en nie priester toe hy verkies is nie. Op Paassaterdag 13 April 1191 word hy as priester gewy, op Paassondag daarna as biskop gewy en as pous gekroon. Op tweede Paasdag 15 April 1191 kroon hy Hendrik VI en sy vrou Constance van Sisilië tot keiser en keiserin. Ondanks die aansprake van die keiserin, hou Celestinus by die beleid van sy voorganger om Tancred van Lecce as koning van Sisilië te erken. Self na die dood van Tancred en sy seun en erfgenaam in 1194 en die verowering van Sisilië deur Hendrik, wou die pous nie Hendrik se aansprake op Sisilië erken nie. Self toe die keiser aanbied om op kruistog te gaan, het die pous nie van houding verander nie.

Celestinus ekskommunikeer in 1193 Leopold V van Oostenryk omdat hy Richard Leeuehart gevange geneem het terwyl hy van die kruistog af teruggekom het. Oostenryk word onder 'n pouslike interdik geplaas. Hy het egter nie Hendrik bestraf nie omdat Richard 'n bondgenootskap met Tancred teen die keiser gehad het.

In 1191 erken die pous die Duitse Orde (Teutoniese ridderorde) wat in 1190 gestig is tydens die derde kruistog om hospitale vir die siekes en gewondes te beman. Hy het ook die Orde van die Tempeliers en die Orde van Malta gesteun.

Die pous weier egter om 'n egskeiding aan koning Filips II van Frankryk van sy vrou koningin Ingeborg toe te staan en het koning Alfonso IX van Leon oortuig om sy verhouding met 'n Portugese prinses te laat staan..

Pous Celestinus het St. Malachy van Armagh, St. Bernward van Hildesheim (1193), St. Johannes Gualbert (1193) en St. Ubaldus van Gubbio (1192)heilig verklaar.

Aan die einde van 1197 wou Celestinus vrywillig aftree ten gunste van kardinaal Giovanni di San Paolo, maar die kardinale het dit nie toegelaat nie.

Bibliografie

  • Baaken, Gerhard. (1971) Die Verhandlungen zwischen Kaiser Heinrich VI. und Papst Coelestin III. in den Jahren 1195-1197, in: DA 27 (1971) S. 457-513
  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.

Verwysings

  1. "Celestine III." Encyclopædia Britannica. 2008. Encyclopædia Britannica Online. 05 Aug. 2008 <http://www.britannica.com/EBchecked/topic/101345/Celestine-III>.
  2. Shahan, Thomas. "Pope Celestine III." The Catholic Encyclopedia. Vol. 3. New York: Robert Appleton Company, 1908. 5 Aug. 2008 <http://www.newadvent.org/cathen/03478b.htm>.

Eksterne skakels

Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
Catholic Encyclopedia (1913)/Pope Celestine III
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
  • CF Inskrywing in die Catholic Forum (Engels)
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
  • GM Inskrywing in die Genealogie van die Middeleeue (Duits)

Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Clemens III
Pous (Pontifex Maximus)
11911198
Opgevolg deur
Innocentius III

Pous Celestinus III
pous, celestinus, celestinus, 175ste, pous, rooms, katolieke, kerk, 1191, 1198, geboortenaam, giacinto, bobonepontifikaat, begin, maart, 1191pontifikaat, eindig, januarie, 1198voorganger, clemens, iiiopvolger, innocentius, iiigebore, 1106rome, italiësterf, jan. Celestinus III 1 was die 175ste pous van die Rooms Katolieke Kerk van 1191 tot 1198 Pous Celestinus IIIGeboortenaam Giacinto BobonePontifikaat begin 30 Maart 1191Pontifikaat eindig 8 Januarie 1198Voorganger Clemens IIIOpvolger Innocentius IIIGebore 1106Rome ItalieSterf 8 Januarie 1198Rome ItalieAnder pouse genaamd Celestinus Inhoud 1 Biografie 2 Pontifikaat 3 Bibliografie 4 Verwysings 5 Eksterne skakels 6 Nota 7 OpvolgingBiografie WysigPous Celestinus III is gebore as Giacinto Bobone ook Jacinto Bobo of Hyacinto Bobo ongeveer in 1106 in Rome Italie seun van Pietro Bobone Hy was die eerste pous uit die Orsini familie In 1126 word hy sub diaken van die Lateraanse basiliek Hy was n leerling van Pierre Abelard en het hom later verdedig teen kerklike kritiek oor sy rasionalistiese denke In 1144 word hy kardinaal diaken van Santa Maria in Cosmedin en in 1154 en 1172 reis hy na Spanje as pouslike legaat Op vyf en tagtig jarige leeftyd op 30 Maart 1191 volg hy Pous Clemens III op en regeer tot sy dood op 8 Januarie 1198 Hy word opgevolg deur Pous Innocentius III Die naam Celestinus beteken hemelse Pontifikaat WysigPous Celestinus III 2 was n kompromie kandidaat Hy was slegs n diaken en nie priester toe hy verkies is nie Op Paassaterdag 13 April 1191 word hy as priester gewy op Paassondag daarna as biskop gewy en as pous gekroon Op tweede Paasdag 15 April 1191 kroon hy Hendrik VI en sy vrou Constance van Sisilie tot keiser en keiserin Ondanks die aansprake van die keiserin hou Celestinus by die beleid van sy voorganger om Tancred van Lecce as koning van Sisilie te erken Self na die dood van Tancred en sy seun en erfgenaam in 1194 en die verowering van Sisilie deur Hendrik wou die pous nie Hendrik se aansprake op Sisilie erken nie Self toe die keiser aanbied om op kruistog te gaan het die pous nie van houding verander nie Celestinus ekskommunikeer in 1193 Leopold V van Oostenryk omdat hy Richard Leeuehart gevange geneem het terwyl hy van die kruistog af teruggekom het Oostenryk word onder n pouslike interdik geplaas Hy het egter nie Hendrik bestraf nie omdat Richard n bondgenootskap met Tancred teen die keiser gehad het In 1191 erken die pous die Duitse Orde Teutoniese ridderorde wat in 1190 gestig is tydens die derde kruistog om hospitale vir die siekes en gewondes te beman Hy het ook die Orde van die Tempeliers en die Orde van Malta gesteun Die pous weier egter om n egskeiding aan koning Filips II van Frankryk van sy vrou koningin Ingeborg toe te staan en het koning Alfonso IX van Leon oortuig om sy verhouding met n Portugese prinses te laat staan Pous Celestinus het St Malachy van Armagh St Bernward van Hildesheim 1193 St Johannes Gualbert 1193 en St Ubaldus van Gubbio 1192 heilig verklaar Aan die einde van 1197 wou Celestinus vrywillig aftree ten gunste van kardinaal Giovanni di San Paolo maar die kardinale het dit nie toegelaat nie Bibliografie WysigBaaken Gerhard 1971 Die Verhandlungen zwischen Kaiser Heinrich VI und Papst Coelestin III in den Jahren 1195 1197 in DA 27 1971 S 457 513 Duff Eamon 2001 Saints and Sinners A History of the Popes Yale University Press ISBN 0 300 09165 6 Maxwell Stuart P G 2002 Chronicle of the Popes The Reign by Reign Record of the Papacy from St Peter to the Present Thames amp Hudson ISBN 0 500 01798 0 Verwysings Wysig Celestine III Encyclopaedia Britannica 2008 Encyclopaedia Britannica Online 05 Aug 2008 lt http www britannica com EBchecked topic 101345 Celestine III gt Shahan Thomas Pope Celestine III The Catholic Encyclopedia Vol 3 New York Robert Appleton Company 1908 5 Aug 2008 lt http www newadvent org cathen 03478b htm gt Eksterne skakels Wysig Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel Catholic Encyclopedia 1913 Pope Celestine III CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia Engels CF Inskrywing in die Catholic Forum Engels BBKL Inskrywing met Literatuurverwysings in die Biographisch Bibliographisches Kirchenlexikon Duits PTA Inskrywing in Popes through the Ages deur J Brusher S J Engels GM Inskrywing in die Genealogie van die Middeleeue Duits Wikimedia Commons bevat media in verband met Coelestinus III Nota WysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse Engelse Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui Opvolging WysigVoorafgegaan deurClemens III Pous Pontifex Maximus 1191 1198 Opgevolg deurInnocentius IIIOntsluit van https af wikipedia org w index php title Pous Celestinus III amp oldid 1791367,