fbpx
Wikipedia

Pous Bonifatius VIII

Bonifatius VIII was die 193ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1294 tot 1303.

Pous Bonifatius VIII
Geboortenaam Benedetto Gaetani
Pontifikaat begin 24 Desember 1294
Pontifikaat eindig 11 Oktober 1303
Voorganger Celestinus V
Opvolger Benedictus XI
Gebore 1235
Anagni, Italië
Sterf 11 Oktober 1303
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Bonifatius

Biografie

Pous Bonifatius VIII[1] is gebore as Benedetto Gaetani ongeveer in 1235 in Anagni, Italië. Hy was 'n seun van Loffred van die Gaetani familie, 'n familie van lae adel oorspronklik uit Spanje. In 1252 word sy oom Pietro Gaetani biskop van Todi in Umbrië en Benedetto gaan saam na Todi waar hy regte begin studeer. In 1260 word hy domheer in Todi en bekom 'n klein kasteel naby Sismano. In 1264 word hy deel van die Kurie as sekretaris van kardinaal Simon de Brie (later Pous Martinus IV). Hy het ook kardinaal Ottobono Fieschi na Engeland vergesel om die baronne wat teen Henry III in opstand gekom het te help onderdruk. In 1276 word hy na Frankryk gestuur om die pouslike tiendes te ontvang. In 1281 word hy deur Pous Matinus IV aangestel as kardinaal-diaken met die titelkerk Sint Nicola en in 1291 word hy bevorder tot kardinaal-priester deur Pous Nicolaas IV. As kardinaal is hy dikwels pouslike gesant na Frankryk, Napels, Sisilië en Aragon. Op 24 Desember 1294 volg hy Pous Celestinus V op en regeer tot sy dood op 11 Oktober 1303. Hy word opgevolg deur Pous Benedictus XI. Die naam ‘Bonifatius’ beteken 'weldoener'.

Pontifikaat

Pous Bonifatius VIII[2] word veral onthou omdat hy in 1300 die Jubeljaar (ook die Heilige Jaar) ingestel het. Dit was die eerste groot gebruik van die aflaatstelsel. Pelgrims wat na Rome kom, het 'n vol aflaat verkry. Twee miljoen mense het na Rome gekom. Die verkeer het so toegeneem dat die pous genoodsaak was om die vloei te reël, hy het linkshou ingevoer. In 1303 stig hy die La Sapienza Universiteit in Rome.

Die Jode het besonder gely onder Bonifatius en die Inkwisisie. Om die vervolging van sy gemeente te probeer beëindig, het die rabbi Elia de Pomis alle beskuldigings op hom geneem en hy is verbrand.

Pous Bonifatius het probeer om die pouslike mag sterk uit te brei op sowel geestelike as wêreldlike gebied. In sy bul ‘Unam Sanctam’ van 18 November 1302 verklaar hy dat redding vir die mens slegs verkry kan word deur onderwerping aan die biskop van Rome. Die siening van die wêreldlike mag van die pous het hom in konflik gebring met keiser Albert I van Habsburg, die magtige Colonna familie en koning Philip IV van Frankryk.

In 1298 vaardig Bonifatius die bul ‘Liber Sextus’ uit, 'n versameling pouslike dekrete en vonnisse as 'n vervolg op die kerklike wetboek ‘Liber Extra’ van Pous Gregorius IX. Met die bul ‘Super cathedram’ beperk hy die reg van die bedelordes om te preek en die bieg te hoor.

Konflik met Philip IV

Die konflik tussen koning Philip IV (die Skone) van Frankryk en Bonifatius moet gesien word in die lig van die uitbreiding van die nasionale state in die tyd. Die opkoms van die monargie en die stryd met die pouslike mag is vererger deur Philip IV. Die huis van Capet het begin om die Franse koninkryk te versterk en onafhanklik te maak van die pous. Philip IV het die beste regsgeleerdes aangestel en die klerus uit die bestuur van die land geweer. Philip het begin om die kerk te belas en Bonifatius het hom met hand en tand daarteen verset. In sy bul ‘Clericis laicos’ van Februarie 1296 verbied hy alle belasting op die kerk en die klerus sonder pouslike goedkeuring. Enige wêreldlike mag wat dit sou probeer, sou geëkskommunikeer word. Philip het teruggekap deur alle uitvoer van geld uit Frankryk na Rome te verbied. Die pous moes ingee en het belasting op die kerk en die klerus toegelaat in 'n noodtoestand. Hy het ook koning Lodewyk IX van Frankryk heilig verklaar in 1297.

Nadat Philip vir biskop Bernard Saisset gevange geneem het, het die konflik weer opgevlam. In Desember 1301 stuur Bonifatius die bul ‘Ausculta filli’ (Luister, my seun) waarin hy Philip herinner dat ‘God pouse bo konings en koninkryke gestel het’. Die vete het sy hoogtepunt bereik aan die begin van die veertiende eeu toe Philip 'n sterk anti-pouslike beleid begin voer het. Na die publikasie van ‘Unam Sanctam’ het Philip se eerste minister Guillaume de Nogaret Bonifatius 'n ketter verklaar. In 1303 is beide Philip en de Nogaret geëkskommunikeer. Op 7 September 1303 het 'n leër onder leiding van de Nogaret en Sciarra van Colonna die pous verras in Anagni. Die koning en die Colonna’s het geëis dat die pous bedank, maar Bonifatius het geweier. Die pous swaar aangerand, maar na drie dae bevry deur die pouslike magte onder leiding van kardinaal Nicolaas Boccasini. Hy het 'n maand later op 11 Oktober 1303 in Rome gesterf.

Nadoodse hofsaak

'n Geregtelike ondersoek na Bonifatius se leerstellings is begin in 1303 en het geloop tot in 1311. Die getuienis, veral die van die sittings in Groseau in Augustus en September 1310, bevat bewerings van kettery deur die pous. Dit sluit onder andere bewerings van sodomie in. Verdere uitsprake van die pous wat genoem word, sluit in:

  • Seks is net so min sonde as om jou hande te was.
  • Die paradys en die hel bestaan slegs op aarde.
  • Al drie die groot gelowe bevat waar- en valshede. Die Christelike waarheid is dat een God bestaan, die valshede sluit in die drie-eenheid, maagdelike geboorte, menswording van Christus, die transsubstansiasie, en die liggaamlike opstanding.

Daar word egter vermoed dat die bewerings vals was en die gewone bewerings deur Philip teen sy vyande was. Die ondersoek is deur die konsilie van Vienne sonder resultaat gestaak.

Kulturele nalatenskap

  • In sy ‘Inferno’ laat Dante Pous Bonifatius VIII in die hel kom weens simonie hoewel Bonifatius nog gelewe het in 1300, die datum van die fiktiewe verhaal. Dit is Pous Nicolaas III wat vir Dante van Pous Bonifatius se lot vertel. 'n Bietjie verder in die gedig word ons herinner aan die pous se stryd met die Colonna toe hy die stad Palestrina verower het, 6000 mense vermoor en die huis van Julius Caesar verwoes het. Beatrice bevestig Bonifatius se lot toe Dante die hemel besoek.
  • Die beroemde wiskundige en sterrekundige Giovanni Campano was die pous se persoonlike dokter.
  • In die ‘Decamerone’ van Boccaccio word Bonifatius satiries voorgestel as 'n struikrower (Dag 10, tweede verhaal). Vroeër in die boek word die pous ook vermeld in dat hy Karel van Valois na Florence gestuur het om die vete tussen die Wit en die Swart Welfe te beëindig.
  • Bonifatius was 'n beskermheer van die skilder Giotto di Bondone.
  • Ter voorbereiding van die jubeljaar in 1300 het Bonifatius die Sint Pieterskerk, die basiliek van Johannes van Laterane en die basiliek Maria Maggiore laat restoureer.

Bibliografie

  • Boase, Thomas S. R. (1933). Boniface VIII. London: Constable.
  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0300091656.
  • Coppa, Frank J, ed. (2002). The Great Popes Through History. Connecticut, Greenwood Press.
  • Jean Coste (ed.), ed. (1995). Boniface VIII en procès. Articles d'accusation et dépositions des témoins (1303–1311). Rome: L'Erma di Bretschneider. ISBN 88-7062-914-7.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0500017980.
  • Tierney, Brian (1964). Crisis of Church and State. New Jersey: Prentice-Hall.
  • Wood, Charles, T. (1967). Phillip the Fair and Boniface VIII: State vs Papacy. New York: Holt, Rhinehart, and Winston.

Verwysings

  1. Boniface VIII. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. Oestereich, T. (1907). Pope Boniface VIII. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Desember 3, 2008 by: http://www.newadvent.org/cathen/02662a.htm

Eksterne skakels

Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
Catholic Encyclopedia (1913)/Pope Boniface VIII
  • CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
  • CF Inskrywing in die Catholic Forum (Engels)
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)

Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Celestinus V
Pous (Pontifex Maximus)
12941303
Opgevolg deur
Benedictus XI

Pous Bonifatius VIII
pous, bonifatius, viii, bonifatius, viii, 193ste, pous, rooms, katolieke, kerk, 1294, 1303, geboortenaam, benedetto, gaetanipontifikaat, begin, desember, 1294pontifikaat, eindig, oktober, 1303voorganger, celestinus, vopvolger, benedictus, xigebore, 1235anagni,. Bonifatius VIII was die 193ste pous van die Rooms Katolieke Kerk van 1294 tot 1303 Pous Bonifatius VIIIGeboortenaam Benedetto GaetaniPontifikaat begin 24 Desember 1294Pontifikaat eindig 11 Oktober 1303Voorganger Celestinus VOpvolger Benedictus XIGebore 1235Anagni ItalieSterf 11 Oktober 1303Rome ItalieAnder pouse genaamd Bonifatius Inhoud 1 Biografie 2 Pontifikaat 2 1 Konflik met Philip IV 2 2 Nadoodse hofsaak 2 3 Kulturele nalatenskap 3 Bibliografie 4 Verwysings 5 Eksterne skakels 6 Nota 7 OpvolgingBiografie WysigPous Bonifatius VIII 1 is gebore as Benedetto Gaetani ongeveer in 1235 in Anagni Italie Hy was n seun van Loffred van die Gaetani familie n familie van lae adel oorspronklik uit Spanje In 1252 word sy oom Pietro Gaetani biskop van Todi in Umbrie en Benedetto gaan saam na Todi waar hy regte begin studeer In 1260 word hy domheer in Todi en bekom n klein kasteel naby Sismano In 1264 word hy deel van die Kurie as sekretaris van kardinaal Simon de Brie later Pous Martinus IV Hy het ook kardinaal Ottobono Fieschi na Engeland vergesel om die baronne wat teen Henry III in opstand gekom het te help onderdruk In 1276 word hy na Frankryk gestuur om die pouslike tiendes te ontvang In 1281 word hy deur Pous Matinus IV aangestel as kardinaal diaken met die titelkerk Sint Nicola en in 1291 word hy bevorder tot kardinaal priester deur Pous Nicolaas IV As kardinaal is hy dikwels pouslike gesant na Frankryk Napels Sisilie en Aragon Op 24 Desember 1294 volg hy Pous Celestinus V op en regeer tot sy dood op 11 Oktober 1303 Hy word opgevolg deur Pous Benedictus XI Die naam Bonifatius beteken weldoener Pontifikaat WysigPous Bonifatius VIII 2 word veral onthou omdat hy in 1300 die Jubeljaar ook die Heilige Jaar ingestel het Dit was die eerste groot gebruik van die aflaatstelsel Pelgrims wat na Rome kom het n vol aflaat verkry Twee miljoen mense het na Rome gekom Die verkeer het so toegeneem dat die pous genoodsaak was om die vloei te reel hy het linkshou ingevoer In 1303 stig hy die La Sapienza Universiteit in Rome Die Jode het besonder gely onder Bonifatius en die Inkwisisie Om die vervolging van sy gemeente te probeer beeindig het die rabbi Elia de Pomis alle beskuldigings op hom geneem en hy is verbrand Pous Bonifatius het probeer om die pouslike mag sterk uit te brei op sowel geestelike as wereldlike gebied In sy bul Unam Sanctam van 18 November 1302 verklaar hy dat redding vir die mens slegs verkry kan word deur onderwerping aan die biskop van Rome Die siening van die wereldlike mag van die pous het hom in konflik gebring met keiser Albert I van Habsburg die magtige Colonna familie en koning Philip IV van Frankryk In 1298 vaardig Bonifatius die bul Liber Sextus uit n versameling pouslike dekrete en vonnisse as n vervolg op die kerklike wetboek Liber Extra van Pous Gregorius IX Met die bul Super cathedram beperk hy die reg van die bedelordes om te preek en die bieg te hoor Konflik met Philip IV Wysig Die konflik tussen koning Philip IV die Skone van Frankryk en Bonifatius moet gesien word in die lig van die uitbreiding van die nasionale state in die tyd Die opkoms van die monargie en die stryd met die pouslike mag is vererger deur Philip IV Die huis van Capet het begin om die Franse koninkryk te versterk en onafhanklik te maak van die pous Philip IV het die beste regsgeleerdes aangestel en die klerus uit die bestuur van die land geweer Philip het begin om die kerk te belas en Bonifatius het hom met hand en tand daarteen verset In sy bul Clericis laicos van Februarie 1296 verbied hy alle belasting op die kerk en die klerus sonder pouslike goedkeuring Enige wereldlike mag wat dit sou probeer sou geekskommunikeer word Philip het teruggekap deur alle uitvoer van geld uit Frankryk na Rome te verbied Die pous moes ingee en het belasting op die kerk en die klerus toegelaat in n noodtoestand Hy het ook koning Lodewyk IX van Frankryk heilig verklaar in 1297 Nadat Philip vir biskop Bernard Saisset gevange geneem het het die konflik weer opgevlam In Desember 1301 stuur Bonifatius die bul Ausculta filli Luister my seun waarin hy Philip herinner dat God pouse bo konings en koninkryke gestel het Die vete het sy hoogtepunt bereik aan die begin van die veertiende eeu toe Philip n sterk anti pouslike beleid begin voer het Na die publikasie van Unam Sanctam het Philip se eerste minister Guillaume de Nogaret Bonifatius n ketter verklaar In 1303 is beide Philip en de Nogaret geekskommunikeer Op 7 September 1303 het n leer onder leiding van de Nogaret en Sciarra van Colonna die pous verras in Anagni Die koning en die Colonna s het geeis dat die pous bedank maar Bonifatius het geweier Die pous swaar aangerand maar na drie dae bevry deur die pouslike magte onder leiding van kardinaal Nicolaas Boccasini Hy het n maand later op 11 Oktober 1303 in Rome gesterf Nadoodse hofsaak Wysig n Geregtelike ondersoek na Bonifatius se leerstellings is begin in 1303 en het geloop tot in 1311 Die getuienis veral die van die sittings in Groseau in Augustus en September 1310 bevat bewerings van kettery deur die pous Dit sluit onder andere bewerings van sodomie in Verdere uitsprake van die pous wat genoem word sluit in Seks is net so min sonde as om jou hande te was Die paradys en die hel bestaan slegs op aarde Al drie die groot gelowe bevat waar en valshede Die Christelike waarheid is dat een God bestaan die valshede sluit in die drie eenheid maagdelike geboorte menswording van Christus die transsubstansiasie en die liggaamlike opstanding Daar word egter vermoed dat die bewerings vals was en die gewone bewerings deur Philip teen sy vyande was Die ondersoek is deur die konsilie van Vienne sonder resultaat gestaak Kulturele nalatenskap Wysig In sy Inferno laat Dante Pous Bonifatius VIII in die hel kom weens simonie hoewel Bonifatius nog gelewe het in 1300 die datum van die fiktiewe verhaal Dit is Pous Nicolaas III wat vir Dante van Pous Bonifatius se lot vertel n Bietjie verder in die gedig word ons herinner aan die pous se stryd met die Colonna toe hy die stad Palestrina verower het 6000 mense vermoor en die huis van Julius Caesar verwoes het Beatrice bevestig Bonifatius se lot toe Dante die hemel besoek Die beroemde wiskundige en sterrekundige Giovanni Campano was die pous se persoonlike dokter In die Decamerone van Boccaccio word Bonifatius satiries voorgestel as n struikrower Dag 10 tweede verhaal Vroeer in die boek word die pous ook vermeld in dat hy Karel van Valois na Florence gestuur het om die vete tussen die Wit en die Swart Welfe te beeindig Bonifatius was n beskermheer van die skilder Giotto di Bondone Ter voorbereiding van die jubeljaar in 1300 het Bonifatius die Sint Pieterskerk die basiliek van Johannes van Laterane en die basiliek Maria Maggiore laat restoureer Bibliografie WysigBoase Thomas S R 1933 Boniface VIII London Constable Duff Eamon 2001 Saints and Sinners A History of the Popes Yale University Press ISBN 0300091656 Coppa Frank J ed 2002 The Great Popes Through History Connecticut Greenwood Press Jean Coste ed ed 1995 Boniface VIII en proces Articles d accusation et depositions des temoins 1303 1311 Rome L Erma di Bretschneider ISBN 88 7062 914 7 Maxwell Stuart P G 2002 Chronicle of the Popes The Reign by Reign Record of the Papacy from St Peter to the Present Thames amp Hudson ISBN 0500017980 Tierney Brian 1964 Crisis of Church and State New Jersey Prentice Hall Wood Charles T 1967 Phillip the Fair and Boniface VIII State vs Papacy New York Holt Rhinehart and Winston Verwysings Wysig Boniface VIII 2008 Encyclopaedia Britannica Deluxe Edition Chicago Encyclopaedia Britannica Oestereich T 1907 Pope Boniface VIII In The Catholic Encyclopedia New York Robert Appleton Company Besoek Desember 3 2008 by http www newadvent org cathen 02662a htmEksterne skakels Wysig Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel Catholic Encyclopedia 1913 Pope Boniface VIII CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia Engels CF Inskrywing in die Catholic Forum Engels BBKL Inskrywing met Literatuurverwysings in die Biographisch Bibliographisches Kirchenlexikon Duits PTA Inskrywing in Popes through the Ages deur J Brusher S J Engels Wikimedia Commons bevat media in verband met Bonifacius VIII Nota WysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse Engelse Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui Opvolging WysigVoorafgegaan deurCelestinus V Pous Pontifex Maximus 1294 1303 Opgevolg deurBenedictus XIOntsluit van https af wikipedia org w index php title Pous Bonifatius VIII amp oldid 2448669,