×
Potchefstroom

Potchefstroom is 'n stad in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Dit was die tweede oudste dorp in die ou Transvaalprovinsie naas die naburige Klerksdorp. Dit is in November 1838 deur Voortrekkerleier Hendrik Potgieter aan die oewers van die Mooirivier gestig. Die stad staan ook as die "Stad van Deskundigheid" bekend. Dit beslaan 2 573 km² en het 162 762 inwoners (munisipaliteit 2011). Dit is 'n handel- en nywerheidsentrum vir die omliggende land- en mynboustreek. Potchefstroom is 120 km wes-suidwes van Johannesburg.

Potchefstroom
Stad
Potchefstroom se stadsaal
Vlag
Byname:
Potch
Leuse(s):
Stad van Deskundigheid
Motswe Wa Boitseanape
City of Expertise
Potchefstroom
Potchefstroom se ligging in Noordwes
Koördinate:26°42′S27°05′O /26.700°S 27.083°O /-26.700; 27.083Koördinate:26°42′S27°05′O /26.700°S 27.083°O /-26.700; 27.083
Land Suid-Afrika
ProvinsieNoordwes
DistrikDr. Kenneth Kaunda
MunisipaliteitJB Marks
Stigting1838
Regering
• Gestig deurHendrik Potgieter
Oppervlak
• Totaal185,4 km2 (71,6 vk. myl)
Hoogte1 350 m (4 430 ft)
Bevolking
(2011)
• Totaal149 230
• Digtheid805/km2 (2 080/vk. myl)
Rasverdeling(2011)
Wit mense20,7%
Indiërs/Asiërs1,0%
Bruin mense7,1%
Swart mense70,7%
Ander0,4%
Taal(2011)
Tswana41,1%
Afrikaans27,9%
Suid-Sotho10,9%
Xhosa9,5%
Ander10,6%
Poskode(strate)
2520
Poskode(posbusse)
2520
Skakelkode018
Webwerf
'n Straat omsoom met eikebome in Potchefstroom

Inhoud

Daar was 'n poging deur die ANC-beheerde munisipale owerheid om die dorp se naam na Tlokwe te verander, maar baie inwoners het in opstand gekom teen die besluit – hierdie opstand is deur die organisasie Aksie Potchefstroom gelei. Die stadsraad staan tans bekend as JB Marks Plaaslike Munisipaliteit, nadat dit in 2016 met Ventersdorp saamgesmelt het.

Hoofgebou van Potchefstroomkampus

Potchefstroom is 'n groot akademiese dorp. Die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, wat in 1869 op Burgersdorp gestig is, is in 1905 na Potchefstroom verskuif. In 1919 het "Het Potchefstroom Universiteitskollege voor Christelike Hooger Onderwijs" ontstaan uit die Literariese Departement van die Teologiese Skool. In 1951 is die PUK erken as 'n selfstandige universiteit wat bekend sou staan as die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (PU vir CHO).

Die PU vir CHO het in 2004 met die University of the Northwest in Mahikeng saamgesmelt om die Noordwes-Universiteit te word en sou voortaan bekend staan as die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Hierdie multikampus en multidiverse universiteit het tot stand gekom nadat die regering verreikende veranderings in tersiëre onderwys aangebring het en wetgewing deurgevoer het wat die aantal tersiêre inrigtings in die land verminder het.

Die Potchefstroomkampus het 33 000 studente.

Die universititeit met sy groot aantal studente speel 'n belangrike rol in die dorp se bestaan en gee aan Potchefstroom sy universiteitsdorp-karakter.

Potchefstroom se woonbuurte sluit die volgende in:

  • Grimbeeckpark – langs die gholfbaan, tussen die Paryspad (R53) en die Mooirivier.
  • Oewersig – langs die Mooirivier, langs die Universiteit se sportterrein en die R501.
  • Dam Omgewing – langs die Potchefstroom Dam
  • Mooivalleipark – langs die R501
  • Van der Hoffpark – tussen die N12 en die PUK sportterrein.
  • Die Bult – langs die PUK.
  • Bailiepark – tussen die N12 en R53
  • Miederpark – suid van die N12, en wes van die Mooirivier.
  • Kannonierspark – Tussen die R53 en die spoorlyn, suid van die Mediclinic Hospitaal.
  • Bult-Wes
  • Bult-Oos
  • Dassierand – (aan die westekant van Potchefstroom) wes van die R53 na Ventersdorp

Dit is 'n jaarlikse optog ten bate van liefdadigheid waar al die eerstejaars van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit, in hul koshuisverband, deur die strate van die dorp loop met vlotte wat hulle self gebou en versier het.

Die Aardklop Nasionale Kunstefees word jaarliks aan die einde van September in Potchefstroom aangebied.

  • Die N12 nasionale pad gaan deur Potchefstroom.
  • 'n Hoenderras, die Potchefstroom Koekoek, is vernoem na die stad.
  • Potchefstroom is die oudste distrik in die "trans-vaal", die gebied noord van die Vaalrivier.
  • Tydens die Krieketwêreldbeker 2003 is Potchefstroom se Senwespark vir drie wedstryde ingespan.
  • Die stad het verskeie museums, insluitend die Andries Bisschiff Geologiemuseum, die Mildred van der Merwe-Radloff-museum (albei op die universiteitskampus), die Potchefstroom-museum, die Goetz-Fleischack-museum, die Andries Pretorius-museum en die Totius-huismuseum.
  • Die eikelaan met meer as 700 bome en wat meer as 7 km lank is (dit strek van Potchefstroomdam in die noorde van die stad tot by die Landboukollege in die suide van die stad), is ’n nasionale erfenis.
  • Die stad huisves die O.P.M. Prozesky-voëlreservaat wat oor 70 hektaar strek.
President Marthinus Wessel Pretorius se graf in Potchefstroom.
  1. Som van die hoofplekke , , , en tydens die 2011-sensus.
  2. [dooie skakel]
  3. en

Publikasie datum: November 23, 2021

potchefstroom, stad, noordwesprovinsie, suid, afrika, tweede, oudste, dorp, transvaalprovinsie, naas, naburige, klerksdorp, november, 1838, deur, voortrekkerleier, hendrik, potgieter, oewers, mooirivier, gestig, stad, staan, stad, deskundigheid, bekend, beslaa. Potchefstroom is n stad in die Noordwesprovinsie van Suid Afrika Dit was die tweede oudste dorp in die ou Transvaalprovinsie naas die naburige Klerksdorp Dit is in November 1838 deur Voortrekkerleier Hendrik Potgieter aan die oewers van die Mooirivier gestig Die stad staan ook as die Stad van Deskundigheid bekend Dit beslaan 2 573 km en het 162 762 inwoners munisipaliteit 2011 2 Dit is n handel en nywerheidsentrum vir die omliggende land en mynboustreek Potchefstroom is 120 km wes suidwes van Johannesburg PotchefstroomStadPotchefstroom se stadsaalVlagByname PotchLeuse s Stad van Deskundigheid Motswe Wa Boitseanape City of ExpertisePotchefstroom Potchefstroom se ligging in NoordwesKoordinate 26 42 S 27 05 O 26 700 S 27 083 O 26 700 27 083 Koordinate 26 42 S 27 05 O 26 700 S 27 083 O 26 700 27 083Land Suid AfrikaProvinsieNoordwesDistrikDr Kenneth KaundaMunisipaliteitJB MarksStigting1838Regering Gestig deurHendrik PotgieterOppervlak 1 Totaal185 4 km2 71 6 vk myl Hoogte1 350 m 4 430 ft Bevolking 2011 1 Totaal149 230 Digtheid805 km2 2 080 vk myl Rasverdeling 2011 1 Wit mense20 7 Indiers Asiers1 0 Bruin mense7 1 Swart mense70 7 Ander0 4 Taal 2011 1 Tswana41 1 Afrikaans27 9 Suid Sotho10 9 Xhosa9 5 Ander10 6 Poskode strate 2520Poskode posbusse 2520Skakelkode018Webwerfhttp www potch co za n Straat omsoom met eikebome in Potchefstroom Inhoud 1 Naamsverandering 2 Universiteit 3 Woonbuurte 4 Jool 5 Aardklop 6 Trivia 7 Sien ook 8 Verwysings 9 Eksterne skakelsNaamsverandering WysigDaar was n poging deur die ANC beheerde munisipale owerheid om die dorp se naam na Tlokwe te verander maar baie inwoners het in opstand gekom teen die besluit hierdie opstand is deur die organisasie Aksie Potchefstroom gelei Die stadsraad staan tans bekend as JB Marks Plaaslike Munisipaliteit nadat dit in 2016 met Ventersdorp saamgesmelt het Universiteit Wysig Hoofgebou van Potchefstroomkampus Potchefstroom is n groot akademiese dorp Die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika wat in 1869 op Burgersdorp gestig is is in 1905 na Potchefstroom verskuif In 1919 het Het Potchefstroom Universiteitskollege voor Christelike Hooger Onderwijs ontstaan uit die Literariese Departement van die Teologiese Skool In 1951 is die PUK erken as n selfstandige universiteit wat bekend sou staan as die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys PU vir CHO Die PU vir CHO het in 2004 met die University of the Northwest in Mahikeng saamgesmelt om die Noordwes Universiteit te word en sou voortaan bekend staan as die Potchefstroomkampus van die Noordwes Universiteit Hierdie multikampus en multidiverse universiteit het tot stand gekom nadat die regering verreikende veranderings in tersiere onderwys aangebring het en wetgewing deurgevoer het wat die aantal tersiere inrigtings in die land verminder het Die Potchefstroomkampus het 33 000 studente Die universititeit met sy groot aantal studente speel n belangrike rol in die dorp se bestaan en gee aan Potchefstroom sy universiteitsdorp karakter Woonbuurte WysigPotchefstroom se woonbuurte sluit die volgende in Grimbeeckpark langs die gholfbaan tussen die Paryspad R53 en die Mooirivier Oewersig langs die Mooirivier langs die Universiteit se sportterrein en die R501 Dam Omgewing langs die Potchefstroom Dam Mooivalleipark langs die R501 Van der Hoffpark tussen die N12 en die PUK sportterrein Die Bult langs die PUK Bailiepark tussen die N12 en R53 Miederpark suid van die N12 en wes van die Mooirivier Kannonierspark Tussen die R53 en die spoorlyn suid van die Mediclinic Hospitaal Bult Wes Bult Oos Dassierand aan die westekant van Potchefstroom wes van die R53 na VentersdorpJool WysigDit is n jaarlikse optog ten bate van liefdadigheid waar al die eerstejaars van die Potchefstroomkampus van die Noordwes Universiteit in hul koshuisverband deur die strate van die dorp loop met vlotte wat hulle self gebou en versier het Aardklop WysigDie Aardklop Nasionale Kunstefees word jaarliks aan die einde van September in Potchefstroom aangebied Trivia WysigDie N12 nasionale pad gaan deur Potchefstroom n Hoenderras die Potchefstroom Koekoek is vernoem na die stad Potchefstroom is die oudste distrik in die trans vaal die gebied noord van die Vaalrivier Tydens die Krieketwereldbeker 2003 is Potchefstroom se Senwespark vir drie wedstryde ingespan Die stad het verskeie museums insluitend die Andries Bisschiff Geologiemuseum die Mildred van der Merwe Radloff museum albei op die universiteitskampus die Potchefstroom museum die Goetz Fleischack museum die Andries Pretorius museum en die Totius huismuseum Die eikelaan met meer as 700 bome en wat meer as 7 km lank is dit strek van Potchefstroomdam in die noorde van die stad tot by die Landboukollege in die suide van die stad is n nasionale erfenis Die stad huisves die O P M Prozesky voelreservaat wat oor 70 hektaar strek 3 Sien ook Wysig President Marthinus Wessel Pretorius se graf in Potchefstroom Bezuidenhout voorval belastingverset en uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog Gereformeerde kerk Cachet Gereformeerde kerk Noordbrug Gereformeerde kerk Potchefstroom Gereformeerde kerk Potchefstroom Die Bult Gereformeerde kerk Potchefstroom Mooirivier Gereformeerde kerk Potchefstroom Noord Gereformeerde kerk Potchefstroom Oos Gereformeerde kerk Potchefstroom Suid Lys van dorpe in Suid Afrika NG gemeente Eerste Vesting NG gemeente Potchefstroom NG gemeente Potchefstroom Die Bult NG gemeente Potchefstroom Grimbeekpark NG gemeente Potchefstroom Miederpark NG gemeente Potchefstroom Mooirivier NG gemeente Potchefstroom Noord NG gemeente Potchefstroom Oos NG gemeente Potchefstroom Vyfhoek NG gemeente Potchefstroom Wes NG gemeente PUK Kandelaar Potchefstroom kiesafdeling Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 Som van die hoofplekke Mooivallei Park Potchefstroom Ikageng Promosa en Mohadin tydens die 2011 sensus Sensus 2011 Statistiek Suid Afrika p 11 NW402 Tlokwe City Council dooie skakel SA Venues en PathfindaEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Potchefstroom Potchefstroom Aardklop Nasionale Kunstefees Die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika Noordwes Universiteit Potchefstroomkampus van die Noordwes Universiteit Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Potchefstroom amp ol,