×
Elektron

Die elektron (simbool e- of β-) is ’n elementêre subatomiese deeltjie waarvan die elektrirse lading negatief een elementêre lading is. Elektrone behoort tot die eerste generasie van die lepton-familie en word as elementêre deeltjies beskou omdat hulle geen bekende komponente of substrukture het nie. Die elektron het ’n massa van sowat 1/1836 van dié van die proton. Die ontdekking van die elektron in 1897 word toegeskryf aan Joseph John Thomson.

Elektron
Waterstofatoombane teen verskillende energievlakke.
Samestelling Elementêre deeltjie
Statistiek Fermionies
Groep Lepton
Generasie Eerste
Wisselwerking Swaartekrag, elektromagneties, swak
Simbool e-, β-
Antideeltjie Positron (of anti-elektron)
Geteoretiseer Richard Laming (1838-1851),
George Johnstone Stoney
(1874) en ander.
Ontdek J.J. Thomson (1897)
Massa 9,10938356(11)×10−31 kg
5,48579909070(16)×10−4 u
[1 822,8884845(14)]-1 u
0,5109989461(31) MeV/c2
Elektriese lading −1 e
−1,6021766208(98)×10−19 C
Spin 1/2
Swak isospin LH: -1/2, RH: 0
Swak hiperlading LH: -1, RH: -2

Elektrone omring die kern van protone en neutrone in ’n elektronskikking. Die Engelse woord electron is in 1894 van electric afgelei, waarvan die oorsprong die Griekse woord 'ηλεκτρον is, wat "barnsteen" beteken. Elektrostatiese lading kan verwek word deur barnsteen teen die pels van ’n dier, byvoorbeeld ’n kat, te vryf. Die laaste deel, -on, wat deur die meeste subatomiese partikels gedeel word, is van die woord ioon afgelei.

Die antideeltjie van ’n elektron is ’n anti-elektron of positron.

Elektrone speel ’n belangrike rol in verskeie fisikaverskynsels, soos elektrisiteit, magnetisme, chemie en termiese geleiding, en is ook betrokke by swaartekrag-, elektromagnetiese en swak wisselwerkings.

Die elektron se plek in die Standaardmodel (onder leptone).

Omdat ’n elektron ’n lading het, het dit ’n omringende elektriese veld, en as daardie elektron relatief tot ’n waarnemer beweeg, sal dit ’n magneetveld genereer. Elektromagnetiese velde wat van ander bronne af kom, sal die beweging van ’n elektron beïnvloed volgens die Lorentz-kragwet.

Elektrone straal energie uit of absorbeer dit in die vorm van fotone as hulle versnel word. Laboratoriuminstrumente kan individuele elektrone sowel as elektronplasma vasvang deur die gebruik van elektromagnetiese velde. Elektrone is ook betrokke by baie toepassings soos elektronika, sweiswerk, elektronmikroskope, bestralingsterapie, lasers en deeltjieversnellers.

Wisselwerkings tussen elektrone en ander subatomiese deeltjies is belangrik op terreine soos chemie en kernfisika. Die Coulomb-kragwisselwerkings tussen die positiewe protone in ’n atoomkern en die negatiewe elektrone daarbuite laat die samestelling van die twee toe wat as atome bekend is. Ionisasie of verskille in die proporsies van negatiewe elektrone teenoor positiewe kerns verander die bindingsenergie van ’n atoomstelsel. Die uitruil of deel van elektrone tussen twee of meer atome is die hoofoorsaak van chemiese binding.

Elektrone is ook betrokke in kernreaksies, soos nukleosintese in sterre, waar hulle bekend is as betadeeltjies. Elektrone kan geskep word deur die betaverval van radioaktiewe isotope en in hoë-energiebotsings, soos wanneer kosmiese strale die atmosfeer binnekom.

  1. Eichten, E.J.; Peskin, M.E.; Peskin, M. (1983). "New Tests for Quark and Lepton Substructure". Physical Review Letters. 50 (11): 811–814. Bibcode:. doi:.
  2. Farrar, W.V. (1969). "Richard Laming and the Coal-Gas Industry, with His Views on the Structure of Matter". Annals of Science. 25 (3): 243–254. doi:.
  3. Arabatzis, T. (2006). . University of Chicago Press. pp. 70–74. ISBN 978-0-226-02421-9.
  4. Buchwald, J.Z.; Warwick, A. (2001). . MIT Press. pp. 195–203. ISBN 978-0-262-52424-7.
  5. Thomson, J.J. (1897). . Philosophical Magazine. 44 (269): 293–316. doi:.
  6. P.J. Mohr, B.N. Taylor, D.B. Newell, "The 2014 CODATA Recommended Values of the Fundamental Physical Constants". Hierdie databasis is ontwikkel deur J. Baker, M. Douma en S. Kotochigova. Beskikbaar: . National Institute of Standards and Technology, Gaithersburg, MD 20899.
  7. Coff, Jerry (2010-09-10). . Besoek op10 September 2010.
  8. Curtis, L.J. (2003). . Cambridge University Press. p. 74. ISBN 978-0-521-53635-6.
  9. . 2006 CODATA recommended values (in Engels). National Institute of Standards and Technology. vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op18 Julie 2009.
  10. Anastopoulos, C. (2008). . Princeton University Press. pp. 236–237. ISBN 978-0-691-13512-0.
  11. Pauling, L.C. (1960). (3de uitg.). Cornell University Press. pp. 4–10. ISBN 978-0-8014-0333-0.

Publikasie datum: Augustus 18, 2021

elektron, elektron, simbool, elementêre, subatomiese, deeltjie, waarvan, elektrirse, lading, negatief, elementêre, lading, behoort, eerste, generasie, lepton, familie, word, elementêre, deeltjies, beskou, omdat, hulle, geen, bekende, komponente, substrukture, . Die elektron simbool e of b is n elementere subatomiese deeltjie waarvan die elektrirse lading negatief een elementere lading is 7 Elektrone behoort tot die eerste generasie van die lepton familie 8 en word as elementere deeltjies beskou omdat hulle geen bekende komponente of substrukture het nie 1 Die elektron het n massa van sowat 1 1836 van die van die proton 9 Die ontdekking van die elektron in 1897 word toegeskryf aan Joseph John Thomson ElektronWaterstofatoombane teen verskillende energievlakke Samestelling Elementere deeltjie 1 Statistiek FermioniesGroep LeptonGenerasie EersteWisselwerking Swaartekrag elektromagneties swakSimbool e b Antideeltjie Positron of anti elektron Geteoretiseer Richard Laming 1838 1851 2 George Johnstone Stoney 1874 en ander 3 4 Ontdek J J Thomson 1897 5 Massa 9 1093 835 6 11 10 31 kg 6 5 4857 990 907 0 16 10 4 u 6 1 822 8884 845 14 1 u 0 5109 989 461 31 MeV c2 6 Elektriese lading 1 e 1 6021 766 208 98 10 19 C 6 Spin 1 2Swak isospin LH 1 2 RH 0Swak hiperlading LH 1 RH 2 Elektrone omring die kern van protone en neutrone in n elektronskikking Die Engelse woord electron is in 1894 van electric afgelei waarvan die oorsprong die Griekse woord hlektron is wat barnsteen beteken Elektrostatiese lading kan verwek word deur barnsteen teen die pels van n dier byvoorbeeld n kat te vryf Die laaste deel on wat deur die meeste subatomiese partikels gedeel word is van die woord ioon afgelei Die antideeltjie van n elektron is n anti elektron of positron Eienskappe WysigElektrone speel n belangrike rol in verskeie fisikaverskynsels soos elektrisiteit magnetisme chemie en termiese geleiding en is ook betrokke by swaartekrag elektromagnetiese en swak wisselwerkings 10 Die elektron se plek in die Standaardmodel onder leptone Omdat n elektron n lading het het dit n omringende elektriese veld en as daardie elektron relatief tot n waarnemer beweeg sal dit n magneetveld genereer Elektromagnetiese velde wat van ander bronne af kom sal die beweging van n elektron beinvloed volgens die Lorentz kragwet Elektrone straal energie uit of absorbeer dit in die vorm van fotone as hulle versnel word Laboratoriuminstrumente kan individuele elektrone sowel as elektronplasma vasvang deur die gebruik van elektromagnetiese velde Elektrone is ook betrokke by baie toepassings soos elektronika sweiswerk elektronmikroskope bestralingsterapie lasers en deeltjieversnellers Wisselwerkings tussen elektrone en ander subatomiese deeltjies is belangrik op terreine soos chemie en kernfisika Die Coulomb kragwisselwerkings tussen die positiewe protone in n atoomkern en die negatiewe elektrone daarbuite laat die samestelling van die twee toe wat as atome bekend is Ionisasie of verskille in die proporsies van negatiewe elektrone teenoor positiewe kerns verander die bindingsenergie van n atoomstelsel Die uitruil of deel van elektrone tussen twee of meer atome is die hoofoorsaak van chemiese binding 11 Elektrone is ook betrokke in kernreaksies soos nukleosintese in sterre waar hulle bekend is as betadeeltjies Elektrone kan geskep word deur die betaverval van radioaktiewe isotope en in hoe energiebotsings soos wanneer kosmiese strale die atmosfeer binnekom Verwysings Wysig 1 0 1 1 Eichten E J Peskin M E Peskin M 1983 New Tests for Quark and Lepton Substructure Physical Review Letters 50 11 811 814 Bibcode 1983PhRvL 50 811E doi 10 1103 PhysRevLett 50 811 Farrar W V 1969 Richard Laming and the Coal Gas Industry with His Views on the Structure of Matter Annals of Science 25 3 243 254 doi 10 1080 00033796900200141 Arabatzis T 2006 Representing Electrons A Biographical Approach to Theoretical Entities University of Chicago Press pp 70 74 ISBN 978 0 226 02421 9 Buchwald J Z Warwick A 2001 Histories of the Electron The Birth of Microphysics MIT Press pp 195 203 ISBN 978 0 262 52424 7 Thomson J J 1897 Cathode Rays Philosophical Magazine 44 269 293 316 doi 10 1080 14786449708621070 6 0 6 1 6 2 6 3 P J Mohr B N Taylor D B Newell The 2014 CODATA Recommended Values of the Fundamental Physical Constants Hierdie databasis is ontwikkel deur J Baker M Douma en S Kotochigova Beskikbaar 1 National Institute of Standards and Technology Gaithersburg MD 20899 Coff Jerry 2010 09 10 What Is An Electron Besoek op 10 September 2010 Curtis L J 2003 Atomic Structure and Lifetimes A Conceptual Approach Cambridge University Press p 74 ISBN 978 0 521 53635 6 CODATA value proton electron mass ratio 2006 CODATA recommended values in Engels National Institute of Standards and Technology Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020 Besoek op 18 Julie 2009 Anastopoulos C 2008 Particle Or Wave The Evolution of the Concept of Matter in Modern Physics Princeton University Press pp 236 237 ISBN 978 0 691 13512 0 Pauling L C 1960 The Nature of the Chemical Bond and the Structure of Molecules and Crystals an introduction to modern structural chemistry 3de uitg Cornell University Press pp 4 10 ISBN 978 0 8014 0333 0 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Elektron Wikiwoordeboek het n inskrywing vir elektron Wikiwoordeboek het n inskrywing vir positron Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Elektron amp ol,