fbpx
Wikipedia

Portugees

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Portugese.

Portugees (português [puɾtuˈɣeʃ] of [poʁtuˈɡes]) is 'n plurisentriese Romaanse taal wat in Portugal, Brasilië, Angola, Guinee-Bissau, São Tomé en Príncipe, Oos-Timor, Mosambiek, op die Kaap Verde en in ander gebiede soos Goa en Malakka (Cristao) deur sowat 250 miljoen sprekers gepraat word. 'n Verdere twintig miljoen het Portugees as vreemde taal aangeleer. Dit is ook die taal van 'n minderheid in Macau, waar dit 'n amptelike taal is. In Galicië, 'n gebied in Spanje ten noorde van Portugal, word Galego (Galicies) gepraat; amptelik 'n ander taal, maar baie naby aan Portugees.

Portugees
português, língua portuguesa 
Uitspraak: [puɾtuˈɣeʃ] of [poʁtuˈɡes]
Gepraat in:  Angola
 Brasilië
 Guinee-Bissau
 Kaap Verde
 Macau
 Mosambiek
 Oos-Timor
 Portugal
 São Tomé en Príncipe 
Gebied: Afrika, Suid-Europa, Suid-Amerika
Totale sprekers: 250 miljoen (moedertaal)
20 miljoen (tweede taal) 
Rang: 6
Taalfamilie: Indo-Europees
 Romaans
  Wes-Romaans
   Gallo-Iberies
    Iberoromaans
     Wes-Iberies
      Galicies-Portugees
       Portugees 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Afrika-unie
 Europese Unie
 Angola
 Brasilië
 Ekwatoriaal-Guinee
 Guinee-Bissau
 Kaap Verde
 Macau
 Mosambiek
 Oos-Timor
 Portugal
 São Tomé en Príncipe
Gereguleer deur: Instituut van Portugees
Taalkodes
ISO 639-1: pt
ISO 639-2: por
ISO 639-3: por 
Chronologiese kaart van die taalkundige evolusie in Suidwes-Europa tussen 1000 en 2000

Suid-Afrika het ook 'n beduidende Portugese bevolking, bestaande uit kleiner groepe immigrante van die Portugese vasteland en die eiland Madeira, asook groter groepe Portugeessprekende blankes uit die voormalige kolonies Angola en Mosambiek wat hulle na die gebiede se onafhanklikwording in 1975 aan die Kaap hervestig het.

Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie, Unesco, het Portugees as die snelste groeiende taal in Europa (na Engels) beskryf, terwyl dit die potensiaal het om die snelste groeiende tweede of vreemde taal in Suider-Afrika en Suid-Amerika te word. Dit is 'n amptelike taal van die Europese Unie, die Afrika-unie, Mercosul, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en ander organisasies. 'n Twintigtal kreooltale het Portugees as basis.[1]

Danksy die groot Brasiliaanse bevolking van meer as 200 miljoen is Portugees is die mees gesproke taal in Suid-Amerika en die hele Suidelike Halfrond.[2] Sy status word weerspieël deur die feit dat dit 'n verpligte skoolvak is in aangrensende Spaanssprekende lande soos Argentinië en Uruguay. Die taal word daarnaas op 'n vrywillige basis onderrig in Venezuela, die Republiek Kongo, Senegal, Zambië, Suid-Afrika en Namibië.

Brasiliaanse Portugees wyk effens af van die Portugees in die ander gebiede, nie alleen wat uitspraak en idioom betref nie, maar ook in spelling, as gevolg van 'n spellingshervorming (die Acordo Ortográfico uit 1990, gewysig in 1998). Dié was wél ooreengekom met Portugal en die ander Portugeestalige lande, en in 2009 geratifiseer met die gevolg dat die spelling van Portugees nou universeel is in al die Portugeessprekende lande. Brasiliaanse Portugees se uitspraak bly egter nog verskillend van dié van ander Portugeessprekende lande, alhoewel dit, weens die spellingshervorming, op skrif identies is.

Gebiede waar Portugees gepraat word

As nasionale taal:

As amptelike taal:

Met minderheidstatus

  • Suid-Afrika – word saam met 'n aantal ander tale deur die Grondwet beskerm

Sonder enige vorm van erkenning:

Sien ook

Verwysings

  1. worldatlas.com: Portuguese Speaking Countries. Besoek op 1 Julie 2018
  2. Universidade de Coimbra – Why learning Portuguese? Besoek op 1 Julie 2018

Eksterne skakels

Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Portugees
  •   Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Portugees.
  • Haffter, P.; Sabino, J.C.B.; Pretorius, S.J.; Louw, H.; Van der pluym, C.S. 1975. Portugees-Afrikaanse woordeboek. Pretoria:Unisa
  • Dicionários-Online.com A directory of reference works in Portuguese.
  • Portugesetaal.pagina.nl – Portugees by die Nederlandse webwerf Startpagina


Indo-Europese tale: Kentum-tale: Italiese tale
Italiese groep Oskies | Umbries | Faliskies | Latyn
Romaanse tale
Iberoromaans Aragonees | Asturies | Galicies | Katalaans | Ladino | Leonees | Portugees | Spaans
Galloromaans Langues d'oil: Frans | Gallo | Lorreins | Normandies (Auregnais | Guernésiais | Jèrriais | Sercquiais) Pikardies | Champenois | Waals | Anglo-Normandies
Oksitaans: Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals
Frankoprovensaals
Galloitalies Lombardies | Monegaskies | Piëmontees | Venesiaans
Retoromaans Romansch | Ladinies | Friulaans
Italoromaans Dalmaties | Italiaans | Napolitaans
Suid-Romaans Korsikaans | Sardies (Campidanies, Galluraans, Logudories, Sassaries) | Sisiliaans
Balkanromaans Aroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens
Romaanse
Kunstale
Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova

Portugees
portugees, hierdie, artikel, handel, taal, etniese, groep, sien, portugese, português, puɾtuˈɣeʃ, poʁtuˈɡes, plurisentriese, romaanse, taal, portugal, brasilië, angola, guinee, bissau, são, tomé, príncipe, timor, mosambiek, kaap, verde, ander, gebiede, soos, m. Hierdie artikel handel oor die taal Vir die etniese groep sien Portugese Portugees portugues puɾtuˈɣeʃ of poʁtuˈɡes is n plurisentriese Romaanse taal wat in Portugal Brasilie Angola Guinee Bissau Sao Tome en Principe Oos Timor Mosambiek op die Kaap Verde en in ander gebiede soos Goa en Malakka Cristao deur sowat 250 miljoen sprekers gepraat word n Verdere twintig miljoen het Portugees as vreemde taal aangeleer Dit is ook die taal van n minderheid in Macau waar dit n amptelike taal is In Galicie n gebied in Spanje ten noorde van Portugal word Galego Galicies gepraat amptelik n ander taal maar baie naby aan Portugees Portugees portugues lingua portuguesa Uitspraak puɾtuˈɣeʃ of poʁtuˈɡes Gepraat in Angola Brasilie Guinee Bissau Kaap Verde Macau Mosambiek Oos Timor Portugal Sao Tome en Principe Gebied Afrika Suid Europa Suid AmerikaTotale sprekers 250 miljoen moedertaal 20 miljoen tweede taal Rang 6Taalfamilie Indo Europees Romaans Wes Romaans Gallo Iberies Iberoromaans Wes Iberies Galicies Portugees Portugees Skrifstelsel Latynse alfabet Amptelike statusAmptelike taal in Afrika unie Europese Unie Angola Brasilie Ekwatoriaal Guinee Guinee Bissau Kaap Verde Macau Mosambiek Oos Timor Portugal Sao Tome en PrincipeGereguleer deur Instituut van PortugeesTaalkodesISO 639 1 ptISO 639 2 porISO 639 3 por Nota Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat Chronologiese kaart van die taalkundige evolusie in Suidwes Europa tussen 1000 en 2000 Suid Afrika het ook n beduidende Portugese bevolking bestaande uit kleiner groepe immigrante van die Portugese vasteland en die eiland Madeira asook groter groepe Portugeessprekende blankes uit die voormalige kolonies Angola en Mosambiek wat hulle na die gebiede se onafhanklikwording in 1975 aan die Kaap hervestig het Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige Wetenskaplike en Kulturele Organisasie Unesco het Portugees as die snelste groeiende taal in Europa na Engels beskryf terwyl dit die potensiaal het om die snelste groeiende tweede of vreemde taal in Suider Afrika en Suid Amerika te word Dit is n amptelike taal van die Europese Unie die Afrika unie Mercosul die Suider Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en ander organisasies n Twintigtal kreooltale het Portugees as basis 1 Danksy die groot Brasiliaanse bevolking van meer as 200 miljoen is Portugees is die mees gesproke taal in Suid Amerika en die hele Suidelike Halfrond 2 Sy status word weerspieel deur die feit dat dit n verpligte skoolvak is in aangrensende Spaanssprekende lande soos Argentinie en Uruguay Die taal word daarnaas op n vrywillige basis onderrig in Venezuela die Republiek Kongo Senegal Zambie Suid Afrika en Namibie Brasiliaanse Portugees wyk effens af van die Portugees in die ander gebiede nie alleen wat uitspraak en idioom betref nie maar ook in spelling as gevolg van n spellingshervorming die Acordo Ortografico uit 1990 gewysig in 1998 Die was wel ooreengekom met Portugal en die ander Portugeestalige lande en in 2009 geratifiseer met die gevolg dat die spelling van Portugees nou universeel is in al die Portugeessprekende lande Brasiliaanse Portugees se uitspraak bly egter nog verskillend van die van ander Portugeessprekende lande alhoewel dit weens die spellingshervorming op skrif identies is Inhoud 1 Gebiede waar Portugees gepraat word 2 Sien ook 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsGebiede waar Portugees gepraat word WysigAs nasionale taal Brasilie PortugalAs amptelike taal Angola Kaap Verde Oos Timor Guinee Bissau Ekwatoriaal Guinee Macau Volksrepubliek China Mosambiek Sao Tome en PrincipeMet minderheidstatus Suid Afrika word saam met n aantal ander tale deur die Grondwet beskermSonder enige vorm van erkenning Goa Indie Malakka Groothertogdom Luxemburg waar Portugeessprekende immigrante sowat n tiende van die bevolking uitmaak Verenigde State meer as 600 000 sprekers onder meer in die deelstate Massachusetts New Jersey en Rhode Island Sien ook WysigLys van gedrukte Afrikaans vreemdtalige woordeboekeVerwysings Wysig worldatlas com Portuguese Speaking Countries Besoek op 1 Julie 2018 Universidade de Coimbra Why learning Portuguese Besoek op 1 Julie 2018Eksterne skakels Wysig Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Portugees Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Portugees Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Portugees Haffter P Sabino J C B Pretorius S J Louw H Van der pluym C S 1975 Portugees Afrikaanse woordeboek Pretoria Unisa Dicionarios Online com A directory of reference works in Portuguese Portugesetaal pagina nl Portugees by die Nederlandse webwerf Startpagina Indo Europese tale Kentum tale Italiese taleItaliese groep Oskies Umbries Faliskies LatynRomaanse taleIberoromaans Aragonees Asturies Galicies Katalaans Ladino Leonees Portugees SpaansGalloromaans Langues d oil Frans Gallo Lorreins Normandies Auregnais Guernesiais Jerriais Sercquiais Pikardies Champenois Waals Anglo NormandiesOksitaans Aranees Auvergnat Gaskons Languedokies Limousin ProvensaalsFrankoprovensaalsGalloitalies Lombardies Monegaskies Piemontees VenesiaansRetoromaans Romansch Ladinies FriulaansItaloromaans Dalmaties Italiaans NapolitaansSuid Romaans Korsikaans Sardies Campidanies Galluraans Logudories Sassaries SisiliaansBalkanromaans Aroemeens Istro Roemaans Meglenoroemaans RoemeensRomaanseKunstale Interlingua Interlingue Lingua Franca NovaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Portugees amp oldid 2269560,