×
Portaal:Skryfstelsels

Wikipedia-portale: Musiek · Letterkunde · Sport · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Fisika · Chemie · Biologie · Sterrekunde ·

Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se portaal oor skryfstelsels

’n Skryfstelsel is ’n simboliese stelsel wat gebruik word om elemente weer te gee wat in ’n taal uitgedruk kan word. Gevestigde skryfstelsels het gewoonlik stadiger verander as die gesproke taal en daarom bevat hulle dikwels elemente en eienskappe wat nie meer in die gesproke taal voorkom nie.

Hul groot voordeel is dat hulle die mens in staat stel om ’n volgehoue rekord van inligting in ’n taal te verskaf en dat dié inligting later deur ander gelees kan word.

Die eerste skryfstelsels is min of meer aan die begin van die Bronstydperk ontwikkel, in die 4de millennium v.C. Die Mesopotamiese wigskrif en die Egiptiese hiërogliewe word algemeen beskou as die eerste skryfstelsels. Die eerste ware alfabet is die Griekse skrif wat sedert 800 v.C. ook klinkers bevat. Die Latynse alfabet, wat direk hieruit ontstaan het, is verreweg die mees algemene skryfstelsel in die wêreld.

Sterartikel

Verskeie teorieë bestaan oor die geskiedenis van die alfabet, hoewel die presiese oorsprong daarvan onbekend is. Een van die gewildstes, die Proto-Sinaïtiese teorie, is dat die geskiedenis in Antieke Egipte begin het, meer as ’n millennium nadat mense begin skryf het. Volgens dié teorie is die alfabet ontwikkel vir die taal van Semitiese werkers op die Sinai-skiereiland en is dit beïnvloed deur die alfabetiese beginsels van die Egiptiese heilige skrif, ’n latere ontwikkeling van die Egiptiese hiërogliewe. As dit reg is, stam feitlik alle hedendaagse alfabette in die wêreld direk van hierdie alfabet, Proto-Sinaïties, af of is dit geïnspireer deur die ontwerp daarvan.

Meer oor die geskiedenis van die alfabet . . .


Foto: Griekse alfabet op ’n antieke pot.

Skryfstelsels deur die eeue

Proto-Sinaïtiese alfabet 19e eeu v.C.

Meroïties (van Egiptiese hiërogliewe) 3e eeu v.C.

Cyrilliese letters

Die Cyrilliese alfabet is nie net een stel letters soos die Latynse alfabet nie, maar elke taal pas dit aan by sy eie klanke. So kom sekere letters in een taal voor, maar nie in ’n ander nie. Hier volg ’n lys Cyrilliese letters (die letters tussen hakies is ou letters wat nie meer gebruik word nie):

АБВГҐДЂЃЕЁЄЖЗЅИІЇЙЈКЛЉМНЊОПРСТЋЌУЎФХЦЧЏШЩЪЫЬЭЮЯ • (ҀѸѠѾѢѤѦ, Ѫ, Ѩ, ѬѮ ѰѴ, ѶѲ)

Die kuns van sierskrif

Kalligrafie (van Grieks κάλλος, kallos, "skoonheid" + γραφή, graphe, "skrif") is die kuns van skoonskrif, met ander woorde die ontwerp en skryf van sierletters met ’n breëpuntinstrument of kwas. Kalligrafie strek van funksionele inskripsies met die hand tot sierskrif waar die letters soms moeilik leesbaar is.

In die Middeleeue het godsdienstige geskrifte sekere eienskappe gehad, soos dat ’n hoofstuk of boek met ’n besonderse sierskrifletter begin is. Westerse kalligrafie het, nes Sjinese of Arabiese skoonskrif, streng reëls en vorme. Elke letter se lyne is (en word soms steeds) in ’n spesifieke volgorde getrek.

Allerlei

Getyboeke

Dit is ’n Christelike gebedeboek wat gewild was in die Middeleeue. Elke boek met sy sierskrif is uniek in die een of ander opsig, maar die meeste bevat soortgelyke tekste, liturgiese gebede (getye) en psalms. In baie boeke is min sierskrif gebruik, net aan die begin van psalms en gebede, maar dié wat vir die rykes gemaak is, was besonder ryklik versier, met volblad-miniatuurskilderye. (Foto: ’n Getyboek uit omstreeks 1410, Parys.)

Ogham

Dit is ’n alfabet uit die vroeë Middeleeue wat hoofsaaklik gebruik is om Oud-Iers te skryf. Dit word ook soms die "Keltiese boomalfabet" genoem omdat simbole na bome genoem is.

Tana of Thaana

Dit is die moderne skryfstelsel wat gebruik word vir Divehi, die amptelike taal van die Maledive. Tana het eienskappe van beide ’n abugida (’n soort lettrgreepskrif) en ’n alfabet (alle klinkers word geskryf). Die konsonante is afgelei van Arabiese syfers en die klinkers van leestekens wat Arabiese klinkers aandui. Die ortografie daarvan is hoofsaaklik fonemies.

Unicode

Dit is ’n internasionale standaard vir die kodering van binêre kodes na grafiese tekens en simbole, vergelykbaar met die ASCII-standaard. Die standaard word onderhoud deur die Unicode-konsortium.


Die Egiptiese cartouche

’n Cartouche in Egiptiese hiërogliewe is ’n ovaal met ’n streep aan die einde wat aandui dat die teks daarbinne die naam van ’n farao is. Dit is soms ook vir die naam van gode gebruik. Hoewel die cartouche gewoonlik vertikaal met ’n horisontale eindstreep is, is dit soms horisontaal met ’n vertikale eindstreep. In populêre skrif, ’n vereenvoudigde vorm van die hiërogliewe wat later ontstaan het, is die cartouche gereduseer tot twee hakies en ’n vertikale lyn.

Die farao se troon- en persoonlike naam is gewoonlik binne die cartouche geskryf. Die doel daarvan was om hom te beskerm teen bose geeste, in die lewe en die dood.

Foto: Die naam van Toetmoses III in ’n cartouche.

Publikasie datum: Desember 06, 2021

portaal, skryfstelsels, wikipedia, portale, musiek, letterkunde, sport, geografie, geologie, geskiedenis, fisika, chemie, biologie, sterrekunde, welkom, afrikaanse, wikipedia, portaal, skryfstelsels, skryfstelsels, abjad, abugida, alfabet, lettergreepskrif, lo. Wikipedia portale Musiek Letterkunde Sport Geografie Geologie Geskiedenis Fisika Chemie Biologie Sterrekunde Welkom by die Afrikaanse Wikipedia se portaal oor skryfstelsels Skryfstelsels Abjad Abugida Alfabet Lettergreepskrif Logografies Kenmerk alfabet Snelskrif Alternatief n Skryfstelsel is n simboliese stelsel wat gebruik word om elemente weer te gee wat in n taal uitgedruk kan word Gevestigde skryfstelsels het gewoonlik stadiger verander as die gesproke taal en daarom bevat hulle dikwels elemente en eienskappe wat nie meer in die gesproke taal voorkom nie Hul groot voordeel is dat hulle die mens in staat stel om n volgehoue rekord van inligting in n taal te verskaf en dat die inligting later deur ander gelees kan word Die eerste skryfstelsels is min of meer aan die begin van die Bronstydperk ontwikkel in die 4de millennium v C Die Mesopotamiese wigskrif en die Egiptiese hierogliewe word algemeen beskou as die eerste skryfstelsels Die eerste ware alfabet is die Griekse skrif wat sedert 800 v C ook klinkers bevat Die Latynse alfabet wat direk hieruit ontstaan het is verreweg die mees algemene skryfstelsel in die wereld Lees verder wysig wysig Sterartikel Verskeie teoriee bestaan oor die geskiedenis van die alfabet hoewel die presiese oorsprong daarvan onbekend is Een van die gewildstes die Proto Sinaitiese teorie is dat die geskiedenis in Antieke Egipte begin het meer as n millennium nadat mense begin skryf het Volgens die teorie is die alfabet ontwikkel vir die taal van Semitiese werkers op die Sinai skiereiland en is dit beinvloed deur die alfabetiese beginsels van die Egiptiese heilige skrif n latere ontwikkeling van die Egiptiese hierogliewe As dit reg is stam feitlik alle hedendaagse alfabette in die wereld direk van hierdie alfabet Proto Sinaities af of is dit geinspireer deur die ontwerp daarvan Meer oor die geskiedenis van die alfabet Foto Griekse alfabet op n antieke pot wysig Skryfstelsels deur die eeue Proto Sinaitiese alfabet 19e eeu v C Oegarities 15e eeu v C Proto Kanaanities 14e eeu v C Fenisies 12e eeu v C Oud Hebreeus 10e eeu v C Samaritaans 6e eeu v C Aramees 8e eeu v C Kharosthi 6e eeu v C Brahmi 6e eeu v C Indiese skriffamilie bv Devanagari 13e eeu Hebreeus 3e eeu v C Tana 4e eeu v C Pahlewi 3e eeu v C Avesties 4e eeu Palmyreens 2e eeu v C Siries 2e eeu v C Sogdies 2e eeu v C Oud Turks 6e eeu Oud Hongaars ca 650 Oud Oeigoers Mongools ca 1204 Nabatees 2e eeu v C Arabies 4e eeu Mandees 2e eeu Grieks 8e eeu v C Oud Italies 8e eeu v C Latyns 7e eeu v C Runes 2e eeu Ogham 4e eeu Kopties 3e eeu Goties 3e eeu Armeens 405 Georgies ca 430 Glagolities 862 Cyrillies ca 940 Oud Permies 1372 Oud Spaans 7e eeu v C Suid Arabies 9e eeu v C Ge ez 5e 6e eeu v C Meroities van Egiptiese hierogliewe 3e eeu v C wysig Cyrilliese letters Die Cyrilliese alfabet is nie net een stel letters soos die Latynse alfabet nie maar elke taal pas dit aan by sy eie klanke So kom sekere letters in een taal voor maar nie in n ander nie Hier volg n lys Cyrilliese letters die letters tussen hakies is ou letters wat nie meer gebruik word nie A B V G G D Ђ Ѓ E Yo Ye Zh Z Ѕ I I Yi J Ј K L Љ M N Њ O P R S T Ћ Ќ U Ў F H C Ch Џ Sh Sh Y E Yu Ya Ҁ Ѹ Ѡ Ѿ Ѣ Ѥ Ѧ Ѫ Ѩ Ѭ Ѯ Ѱ Ѵ Ѷ Ѳ wysig Die kuns van sierskrif Kalligrafie van Grieks kallos kallos skoonheid grafh graphe skrif is die kuns van skoonskrif met ander woorde die ontwerp en skryf van sierletters met n breepuntinstrument of kwas Kalligrafie strek van funksionele inskripsies met die hand tot sierskrif waar die letters soms moeilik leesbaar is In die Middeleeue het godsdienstige geskrifte sekere eienskappe gehad soos dat n hoofstuk of boek met n besonderse sierskrifletter begin is Westerse kalligrafie het nes Sjinese of Arabiese skoonskrif streng reels en vorme Elke letter se lyne is en word soms steeds in n spesifieke volgorde getrek wysig Allerlei Getyboeke Dit is n Christelike gebedeboek wat gewild was in die Middeleeue Elke boek met sy sierskrif is uniek in die een of ander opsig maar die meeste bevat soortgelyke tekste liturgiese gebede getye en psalms In baie boeke is min sierskrif gebruik net aan die begin van psalms en gebede maar die wat vir die rykes gemaak is was besonder ryklik versier met volblad miniatuurskilderye Foto n Getyboek uit omstreeks 1410 Parys Ogham Dit is n alfabet uit die vroee Middeleeue wat hoofsaaklik gebruik is om Oud Iers te skryf Dit word ook soms die Keltiese boomalfabet genoem omdat simbole na bome genoem is Tana of Thaana Dit is die moderne skryfstelsel wat gebruik word vir Divehi die amptelike taal van die Maledive Tana het eienskappe van beide n abugida n soort lettrgreepskrif en n alfabet alle klinkers word geskryf Die konsonante is afgelei van Arabiese syfers en die klinkers van leestekens wat Arabiese klinkers aandui Die ortografie daarvan is hoofsaaklik fonemies Unicode Dit is n internasionale standaard vir die kodering van binere kodes na grafiese tekens en simbole vergelykbaar met die ASCII standaard Die standaard word onderhoud deur die Unicode konsortium wysig Skryfstelsel kategoriee Cyrilliese alfabet Griekse alfabet Japannese skryfstelsel Latynse alfabet Leestekens Skryfstelsels wysig Die Egiptiese cartouche n Cartouche in Egiptiese hierogliewe is n ovaal met n streep aan die einde wat aandui dat die teks daarbinne die naam van n farao is Dit is soms ook vir die naam van gode gebruik Hoewel die cartouche gewoonlik vertikaal met n horisontale eindstreep is is dit soms horisontaal met n vertikale eindstreep In populere skrif n vereenvoudigde vorm van die hierogliewe wat later ontstaan het is die cartouche gereduseer tot twee hakies en n vertikale lyn Die farao se troon en persoonlike naam is gewoonlik binne die cartouche geskryf Die doel daarvan was om hom te beskerm teen bose geeste in die lewe en die dood Foto Die naam van Toetmoses III in n cartouche Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Portaal Skryfstelsels amp ol,