×
Polokwane

Polokwane (voorheen Pietersburg) is die hoofstad van die Limpopoprovinsie in Suid-Afrika, sowat 300 km noord van die Witwatersrand en 200 km suid van Zimbabwe, met sowat 150 000 inwoners. Voor 2003 was die Afrikaanse naam die amptelike naam, maar sedertdien is die Pedi-naam, Polokwane, die amptelike naam. Die naam word egter nie deur die Nederlandse Taalunie erken nie, dus is die amptelike Nederlandse naam steeds Pietersburg.

Polokwane
Pietersburg
Stad
'n Uitsig oor Polokwane
Byname:
Stad van sterre
Leuse(s):
'Natuurlik progressief'
Polokwane
Polokwane se ligging in Limpopo
Koördinate:23°54′S29°27′O /23.900°S 29.450°O /-23.900; 29.450Koördinate:23°54′S29°27′O /23.900°S 29.450°O /-23.900; 29.450
Land Suid-Afrika
ProvinsieLimpopo
DistrikCapricorn
MunisipaliteitPolokwane
Stigting1886
Regering
• BurgemeesterThembi Nkadimeng (ANC)
Oppervlak
• Totaal106,84 km2 (41,25 vk. myl)
Hoogte1 312 m (4 304 ft)
Bevolking
(2011)
• Totaal130 028
• Digtheid1 217/km2 (3 150/vk. m.)
Rasverdeling(2011)
Wit mense18,2%
Indiërs/Asiërs3,1%
Bruin mense3,7%
Swart mense74,4%
Ander0,5%
Taal(2011)
Noord-Sotho45,9%
Afrikaans19,8%
Engels10,3%
Venda6,7%
Ander17,3%
Poskode(strate)
0699
Poskode(posbusse)
0700
Skakelkode015

Polokwane staan lank reeds bekend as die handel- en nywerheidsentrum van die noorde en trek voordeel uit 'n hoogsontwikkelde spoornetwerk en uitstekende padverbindings.

Inhoud

Die dorp was voorheen vernoem na Piet Joubert.

Die eerste nedersetting van Afrikaners in die gebied, die dorp Schoemansdal noord van Polokwane, is in 1848 deur die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter gestig. Die felle teëstand van die Vendas en hulle stamhoof, Magato, lei egter op 12 Julie 1867 tot die besluit dat die blanke inwoners die dorp moet ontruim. Die latere president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) en destydse kommandant-generaal Paul Kruger belowe die stigting van 'n nuwe dorp verder suid. Die Volksraad van die ZAR in Pretoria keur hierdie plan egter eers veertien jaar later goed, ná die einde van die Eerste Vryheidsoorlog in 1881, en die burgers moet 'n verdere twee jaar wag voordat die waarnemende staatspresident, generaal Piet Joubert, die opdrag kry om die terrein vir 'n nuwe dorp af te baken.

Die Schoemansdalers het hulle toe lankal in Marabastad gevestig en stel voor om liewer hierdie nedersetting tot amptelike dorp te verklaar. Piet Joubert gee egter die voorkeur aan 'n nuwe stigting op die plaas Sterkloop, wat in 1884 gestig is, en die nuwe dorp is uiteindelik na hom vernoem. Na die amptelike dorpswording in 1886 is die landdros vir die noordelike Transvaal na Pietersburg verskuif.

Marabastad het intussen weens die ontdekking van goud in die omgewing in 1871 vinnig gegroei, en die mynwerkers verhuis na 'n nuwe tydelike nedersetting, Smitsdorp, wat tot en met die goudstormloop aan die Witwatersrand bestaan. Pietersburg trek voordeel uit die mynbou in die omgewing, en sy inwonertal styg skerp nadat die inwoners van Smitsdorp hulle nedersetting verlaat het.

Een van die straatname dui op 'n voorval in 1867 in Schoemansdal: dié dorp is toe deur die Vendas aangeval en verwoes. Burgers wat alles verloor het is woonerwe gegee in Pietersburg, in 'n nuwe straat met die naam "Compensatie" ("kompensasie").

Die eerste Nederduits Gereformeerde Kerk in Polokwane is in 1890 opgerig, en op 31 Mei 1899 is die dorp se spoorwegverbinding met Pretoria ingewy. Ná die besetting van Pretoria tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) is Pietersburg vir 'n paar weke selfs die hoofstad van die Transvaal, die ZAR en die Oranje-Vrystaat. In hierdie tydperk is ook banknote hier gedruk. In 1901 verower die Britte die stad.

Pietersburg word in 1903 'n munisipaliteit en verkry op 23 April 1992 stadstatus. Die naam van die stad is op 11 Junie 2003 amptelik gewysig na Polokwane.

'n Straattoneel in Polokwane

Pietersburg is 'n belangrike nywerheidsentrum in die Noorde en die stad se nywerheidskarakter word reeds by die stad se noordelike ingang te kenne gegee deur 'n aantal merkwaardige kunsnywerheidsbeelde wat op die gras onder die kameeldoringbome geplaas is. Daar is verskeie groot nywerhede in die stad onder andere Coca-Cola en die Suid-Afrikaanse brouerye.

Die distrik omhels 'n reeks verskillende plase: daar word in die omgewing met vee, pluimvee en varke geboer, maar ook aartappels, mielies, sorghum, grondboontjies, bone, sonneblomsaad, tabak en lusern verbou. Daar is ook 'n aantal suiwelboerderye.

Die grond in die omgewing bevat verskeie minerale, waaronder silika, korund, asbes, tin, koper, lood en marmer.

Die Kunsmuseum in die middestad bied 'n uitgebreide kunsversameling aan kunsliefhebbers. Sommige van die kunstenaars wie se werke hier gesien kan word, word onder die beste in die land gereken. 'n Ander bekende museum is die Irish House, 'n gebou in die Victoriaanse argitekstyl, met uitstallings oor die dorp en omgewing se kultuurgeskiedenis.

Buite die stad lê die natuurreservaat: 3200 ha natuur met heelwat soorte wildsbokke en ongeveer 200 spesies voëls.

'n Plaaslike tak van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie is geleë in die stad. Suid-Afrika se grootste onafhanklike radiostasie, Jakaranda RM/FM, het ook 'n tak in die stad. Pietersburg beskik ook oor 'n aantal plaaslike koerante.

Nelson Mandela verkeerseiland net buite Polokwane.

Die stad word deur die Polokwane Internasionale Lughawe (voorheen die Gateway Internasionale Lughawe) bedien, wat daaglikse vlugte van en na Johannesburg voorsien. Die N1 nasionale pad verbind Polokwane ook met Pretoria, Johannesburg, Bloemfontein en Kaapstad.

Polokwane met sy Peter Mokaba-stadion (41 733 sitplekke) was een van die gasheerstede van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010. Die stadion dien as tuiste vir die sokkerspan Black Leopards wat in die Nasionale Eerste Divisie speel.

  1. . Sensus 2011.
  2. (nl) Nederlandse Taalunie, geraadpleeg op 13 Mei 2013

Publikasie datum: Augustus 09, 2021

polokwane, voorheen, pietersburg, hoofstad, limpopoprovinsie, suid, afrika, sowat, noord, witwatersrand, suid, zimbabwe, sowat, inwoners, voor, 2003, afrikaanse, naam, amptelike, naam, maar, sedertdien, pedi, naam, amptelike, naam, naam, word, egter, deur, ned. Polokwane voorheen Pietersburg is die hoofstad van die Limpopoprovinsie in Suid Afrika sowat 300 km noord van die Witwatersrand en 200 km suid van Zimbabwe met sowat 150 000 inwoners Voor 2003 was die Afrikaanse naam die amptelike naam maar sedertdien is die Pedi naam Polokwane die amptelike naam Die naam word egter nie deur die Nederlandse Taalunie erken nie dus is die amptelike Nederlandse naam steeds Pietersburg 3 Polokwane PietersburgStad n Uitsig oor PolokwaneByname Stad van sterreLeuse s Natuurlik progressief Polokwane Polokwane se ligging in LimpopoKoordinate 23 54 S 29 27 O 23 900 S 29 450 O 23 900 29 450 Koordinate 23 54 S 29 27 O 23 900 S 29 450 O 23 900 29 450Land Suid AfrikaProvinsieLimpopoDistrikCapricornMunisipaliteitPolokwaneStigting1886Regering BurgemeesterThembi Nkadimeng 1 ANC Oppervlak 2 Totaal106 84 km2 41 25 vk myl Hoogte1 312 m 4 304 ft Bevolking 2011 2 Totaal130 028 Digtheid1 217 km2 3 150 vk m Rasverdeling 2011 2 Wit mense18 2 Indiers Asiers3 1 Bruin mense3 7 Swart mense74 4 Ander0 5 Taal 2011 2 Noord Sotho45 9 Afrikaans19 8 Engels10 3 Venda6 7 Ander17 3 Poskode strate 0699Poskode posbusse 0700Skakelkode015 Polokwane staan lank reeds bekend as die handel en nywerheidsentrum van die noorde en trek voordeel uit n hoogsontwikkelde spoornetwerk en uitstekende padverbindings Inhoud 1 Geskiedenis 2 Nywerheid en ekonomie 3 Toerisme 4 Media 5 Vervoer 6 Sport 7 Persone in Pietersburg gebore 8 Sien ook 9 Verwysings 10 Bronne 11 Eksterne skakelsGeskiedenis Wysig Die dorp was voorheen vernoem na Piet Joubert Die eerste nedersetting van Afrikaners in die gebied die dorp Schoemansdal noord van Polokwane is in 1848 deur die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter gestig Die felle teestand van die Vendas en hulle stamhoof Magato lei egter op 12 Julie 1867 tot die besluit dat die blanke inwoners die dorp moet ontruim Die latere president van die Zuid Afrikaansche Republiek ZAR en destydse kommandant generaal Paul Kruger belowe die stigting van n nuwe dorp verder suid Die Volksraad van die ZAR in Pretoria keur hierdie plan egter eers veertien jaar later goed na die einde van die Eerste Vryheidsoorlog in 1881 en die burgers moet n verdere twee jaar wag voordat die waarnemende staatspresident generaal Piet Joubert die opdrag kry om die terrein vir n nuwe dorp af te baken Die Schoemansdalers het hulle toe lankal in Marabastad gevestig en stel voor om liewer hierdie nedersetting tot amptelike dorp te verklaar Piet Joubert gee egter die voorkeur aan n nuwe stigting op die plaas Sterkloop wat in 1884 gestig is en die nuwe dorp is uiteindelik na hom vernoem Na die amptelike dorpswording in 1886 is die landdros vir die noordelike Transvaal na Pietersburg verskuif Marabastad het intussen weens die ontdekking van goud in die omgewing in 1871 vinnig gegroei en die mynwerkers verhuis na n nuwe tydelike nedersetting Smitsdorp wat tot en met die goudstormloop aan die Witwatersrand bestaan Pietersburg trek voordeel uit die mynbou in die omgewing en sy inwonertal styg skerp nadat die inwoners van Smitsdorp hulle nedersetting verlaat het Een van die straatname dui op n voorval in 1867 in Schoemansdal die dorp is toe deur die Vendas aangeval en verwoes Burgers wat alles verloor het is woonerwe gegee in Pietersburg in n nuwe straat met die naam Compensatie kompensasie Die eerste Nederduits Gereformeerde Kerk in Polokwane is in 1890 opgerig en op 31 Mei 1899 is die dorp se spoorwegverbinding met Pretoria ingewy Na die besetting van Pretoria tydens die Tweede Vryheidsoorlog 1899 1902 is Pietersburg vir n paar weke selfs die hoofstad van die Transvaal die ZAR en die Oranje Vrystaat In hierdie tydperk is ook banknote hier gedruk In 1901 verower die Britte die stad Pietersburg word in 1903 n munisipaliteit en verkry op 23 April 1992 stadstatus Die naam van die stad is op 11 Junie 2003 amptelik gewysig na Polokwane Nywerheid en ekonomie Wysig n Straattoneel in Polokwane Pietersburg is n belangrike nywerheidsentrum in die Noorde en die stad se nywerheidskarakter word reeds by die stad se noordelike ingang te kenne gegee deur n aantal merkwaardige kunsnywerheidsbeelde wat op die gras onder die kameeldoringbome geplaas is Daar is verskeie groot nywerhede in die stad onder andere Coca Cola en die Suid Afrikaanse brouerye Die distrik omhels n reeks verskillende plase daar word in die omgewing met vee pluimvee en varke geboer maar ook aartappels mielies sorghum grondboontjies bone sonneblomsaad tabak en lusern verbou Daar is ook n aantal suiwelboerderye Die grond in die omgewing bevat verskeie minerale waaronder silika korund asbes tin koper lood en marmer Toerisme WysigDie Kunsmuseum in die middestad bied n uitgebreide kunsversameling aan kunsliefhebbers Sommige van die kunstenaars wie se werke hier gesien kan word word onder die beste in die land gereken n Ander bekende museum is die Irish House n gebou in die Victoriaanse argitekstyl met uitstallings oor die dorp en omgewing se kultuurgeskiedenis Buite die stad le die natuurreservaat 3200 ha natuur met heelwat soorte wildsbokke en ongeveer 200 spesies voels Media Wysig n Plaaslike tak van die Suid Afrikaanse Uitsaaikorporasie is gelee in die stad Suid Afrika se grootste onafhanklike radiostasie Jakaranda RM FM het ook n tak in die stad Pietersburg beskik ook oor n aantal plaaslike koerante Vervoer Wysig Nelson Mandela verkeerseiland net buite Polokwane Die stad word deur die Polokwane Internasionale Lughawe voorheen die Gateway Internasionale Lughawe bedien wat daaglikse vlugte van en na Johannesburg voorsien Die N1 nasionale pad verbind Polokwane ook met Pretoria Johannesburg Bloemfontein en Kaapstad Sport Wysig Peter Mokaba stadion in Polokwane Polokwane met sy Peter Mokaba stadion 41 733 sitplekke was een van die gasheerstede van die FIFA Sokker Wereldbekertoernooi in 2010 Die stadion dien as tuiste vir die sokkerspan Black Leopards wat in die Nasionale Eerste Divisie speel Persone in Pietersburg gebore WysigBasie Vivier 1927 Springbokrugbyspeler en kaptein John Smit 1978 Springrugbyspeler en kaptein Tjaart van der Walt akademikus Victor Matfield 1977 Springbokrugbyspeler en kapteinSien ook WysigGereformeerde kerk Pietersburg Gereformeerde kerk Pietersburg Noord Gereformeerde kerk Pietersburg Suid NG gemeente Pietersburg Lys van nedersettings in Suid AfrikaVerwysings Wysig Polokwane The Heart of the Limpopo Province 2 0 2 1 2 2 2 3 Hoofplek Polokwane Sensus 2011 nl Nederlandse naam vir Polokwane bly Pietersburg Nederlandse Taalunie geraadpleeg op 13 Mei 2013Bronne WysigChanguion Louis 1986 PIETERSBURG Die Eerste Eeu 1886 1986 Pretoria Stadsraad van Pietersburg Erasmus B P J 1995 Op Pad in Suid Afrika Jonathan Ball Uitgewers ISBN 1 86842 026 4 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Polokwane en Toerisme inligting oor Polokwane op WikivoyageOntsluit van https af wikipedia org w index php title Polokwane amp ol,