×
Plutino

Plutino's is ’n dinamiese groep trans-Neptunus-voorwerpe (TNV's) in die buitenste streek van die Sonnestelsel wat in ’n 2:3-resonansie met Neptunus om die Son wentel. Dit beteken vir elke twee omwentelings van ’n plutino voltooi Neptunus drie omwentelings. Die dwergplaneet Pluto is die grootste lid van die groep en die een na wie dit genoem is. Individuele plutino's word genoem na mitologiese wesens wat met die onderwêreld verbind word.

’n Paar van die eerste plutino's wat ontdek is, met ’n vergelyking tussen hul grootte, albedo en kleur.

Plutino's maak die binneste deel van die Kuipergordel uit en bevat sowat ’n kwart van die bekende Kuipergordelvoorwerpe (KGV's). Hulle is die grootste groep TNV's. Die eerste plutino naas Pluto self, (385185) 1993 RO, is op 16 September 1993 ontdek.

Inhoud

Oorsprong

Voorwerpe wat tans in ’n middelbarebeweging-resonansie met Neptunus is, het vermoedelik aanvanklik onafhanklik om die Son gewentel. Terwyl Neptunus vroeg in die Sonnestelsel se geskiedenis na buite migreer het, is die liggame wat hy teengekom het, verstrooi. Tydens dié proses is van hulle in resonansies vasgevang. Die 3:2-resonansie is die sterkste en stabielste van al die resonansies en bevat die meeste KGV's.

Wenteleienskappe

Terwyl die meeste plutino's klein baanhellings het, het ’n aansienlike aantal van hulle wentelbane soortgelyk aan dié van Pluto, met ’n helling van tussen 10° en 25°, en ’n eksentrisiteit van omtrent 0,2–0,25. Dit veroorsaak ’n perihelium binne of naby die wentelbaan van Neptunus en ’n afelium naby die buitekant van die klassieke Kuipergordel (waar voorwerpe in ’n 1:2-resonansie met Neptunus is).

Die wentelperiode van plutino's is gemiddeld sowat 247,3 jaar (1,5 keer Neptunus s’n), met verskille van hoogstens ’n paar jaar.

Ongewone plutino's sluit in:

  • 2005 TV189, wat die grootste baanhelling het (34,5°);
  • (15875) 1996 TP66, wat die mees elliptiese wentelbaan het (sy eksentrisiteit is 0,33) en sy perihelium halfpad tussen Uranus en Neptunus;
  • (470308) 2007 JH43, met ’n kwasisirkulêre wentelbaan; en
  • 2002 VX130, waarvan die wentelbaan feitlik heeltemal op die sonnebaan lê (met ’n hellingshoek van kleinder as 1,5°).

Langtermynstabiliteit

Pluto se swaartekraginvloed word gewoonlik buite rekening gelaat omdat die dwergplaneet so ’n klein massa het. Die breedte van die resonansie (die omvang van die semi-asse wat versoenbaar is met die resonansie) is egter baie smal en net ’n paar keer groter as Pluto se Hill-sfeer (swaartekraginvloed). Sommige plutino's sal dus uit die resonansie gedryf word deur wisselwerkings met Pluto.

Simulasies wys die wentelbaan van plutino's met ’n eksentrisiteit van 10% tot 30% kleiner of groter as dié van Pluto is nie stabiel oor tydskale van miljarde jare nie.

  1. Malhotra, Renu (1995). "The Origin of Pluto's Orbit: Implications for the Solar System Beyond Neptune". Astronomical Journal. 110: 420. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  2. Wan, X.-S; Huang, T.-Y. (2001). "The orbit evolution of 32 plutinos over 100 million year". Astronomy and Astrophysics. 368 (2): 700–705. Bibcode:. doi:.
  3. Yu, Qingjuan; Tremaine, Scott (1999). "The Dynamics of Plutinos". Astronomical Journal. 118 (4): 1873–1881. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  • D. Jewitt, A. Delsanti The Solar System Beyond The Planets in Solar System Update : Topical and Timely Reviews in Solar System Sciences , Springer-Praxis Ed.,ISBN 3-540-26056-0 (2006).
  • Bernstein G.M., Trilling D.E., Allen R.L., Brown K.E, Holman M., Malhotra R. The size Distribution of transneptunian bodies. The Astronomical Journal, 128, 1364–1390.
  • Minor Planet Center Orbit database (MPCORB) as of 2008-10-05.
  • Minor Planet Circular 2008-S05 (October 2008) was used for orbit classification.

Publikasie datum: September 05, 2021

plutino, dinamiese, groep, trans, neptunus, voorwerpe, buitenste, streek, sonnestelsel, resonansie, neptunus, wentel, beteken, elke, twee, omwentelings, plutino, voltooi, neptunus, drie, omwentelings, dwergplaneet, pluto, grootste, groep, genoem, individuele, . Plutino s is n dinamiese groep trans Neptunus voorwerpe TNV s in die buitenste streek van die Sonnestelsel wat in n 2 3 resonansie met Neptunus om die Son wentel Dit beteken vir elke twee omwentelings van n plutino voltooi Neptunus drie omwentelings Die dwergplaneet Pluto is die grootste lid van die groep en die een na wie dit genoem is Individuele plutino s word genoem na mitologiese wesens wat met die onderwereld verbind word n Paar van die eerste plutino s wat ontdek is met n vergelyking tussen hul grootte albedo en kleur Plutino s maak die binneste deel van die Kuipergordel uit en bevat sowat n kwart van die bekende Kuipergordelvoorwerpe KGV s Hulle is die grootste groep TNV s Die eerste plutino naas Pluto self 385185 1993 RO is op 16 September 1993 ontdek Inhoud 1 Wentelbane 1 1 Oorsprong 1 2 Wenteleienskappe 1 3 Langtermynstabiliteit 2 Verwysings 3 Ekstra bronne 4 Eksterne skakelsWentelbane WysigOorsprong Wysig Voorwerpe wat tans in n middelbarebeweging resonansie met Neptunus is het vermoedelik aanvanklik onafhanklik om die Son gewentel Terwyl Neptunus vroeg in die Sonnestelsel se geskiedenis na buite migreer het is die liggame wat hy teengekom het verstrooi Tydens die proses is van hulle in resonansies vasgevang 1 Die 3 2 resonansie is die sterkste en stabielste van al die resonansies en bevat die meeste KGV s Wenteleienskappe Wysig Terwyl die meeste plutino s klein baanhellings het het n aansienlike aantal van hulle wentelbane soortgelyk aan die van Pluto met n helling van tussen 10 en 25 en n eksentrisiteit van omtrent 0 2 0 25 Dit veroorsaak n perihelium binne of naby die wentelbaan van Neptunus en n afelium naby die buitekant van die klassieke Kuipergordel waar voorwerpe in n 1 2 resonansie met Neptunus is Die wentelperiode van plutino s is gemiddeld sowat 247 3 jaar 1 5 keer Neptunus s n met verskille van hoogstens n paar jaar Ongewone plutino s sluit in 2005 TV189 wat die grootste baanhelling het 34 5 15875 1996 TP66 wat die mees elliptiese wentelbaan het sy eksentrisiteit is 0 33 en sy perihelium halfpad tussen Uranus en Neptunus 470308 2007 JH43 met n kwasisirkulere wentelbaan en 2002 VX130 waarvan die wentelbaan feitlik heeltemal op die sonnebaan le met n hellingshoek van kleinder as 1 5 Langtermynstabiliteit Wysig Pluto se swaartekraginvloed word gewoonlik buite rekening gelaat omdat die dwergplaneet so n klein massa het Die breedte van die resonansie die omvang van die semi asse wat versoenbaar is met die resonansie is egter baie smal en net n paar keer groter as Pluto se Hill sfeer swaartekraginvloed Sommige plutino s sal dus uit die resonansie gedryf word deur wisselwerkings met Pluto 2 Simulasies wys die wentelbaan van plutino s met n eksentrisiteit van 10 tot 30 kleiner of groter as die van Pluto is nie stabiel oor tydskale van miljarde jare nie 3 Verwysings Wysig Malhotra Renu 1995 The Origin of Pluto s Orbit Implications for the Solar System Beyond Neptune Astronomical Journal 110 420 arXiv astro ph 9504036 Bibcode 1995AJ 110 420M doi 10 1086 117532 Wan X S Huang T Y 2001 The orbit evolution of 32 plutinos over 100 million year Astronomy and Astrophysics 368 2 700 705 Bibcode 2001A amp A 368 700W doi 10 1051 0004 6361 20010056 Yu Qingjuan Tremaine Scott 1999 The Dynamics of Plutinos Astronomical Journal 118 4 1873 1881 arXiv astro ph 9904424 Bibcode 1999AJ 118 1873Y doi 10 1086 301045 Ekstra bronne WysigD Jewitt A Delsanti The Solar System Beyond The Planets in Solar System Update Topical and Timely Reviews in Solar System Sciences Springer Praxis Ed ISBN 3 540 26056 0 2006 pdf Bernstein G M Trilling D E Allen R L Brown K E Holman M Malhotra R The size Distribution of transneptunian bodies The Astronomical Journal 128 1364 1390 preprint on arXiv Minor Planet Center Orbit database MPCORB as of 2008 10 05 Minor Planet Circular 2008 S05 October 2008 Distant Minor planets was used for orbit classification Eksterne skakels WysigDavid Jewitt oor plutino s Kleinplaneetsentrum lys TNV s KPS lys van afgelee kleinplaneteDie Sonnestelsel Son Aardplanete Mercurius Venus Aarde Mars Gasreuse Jupiter Saturnus Ysreuse Uranus Neptunus Planete Reuseplanete Dwergplanete Pluto Ceres Haumea Makemake ErisMane Aarde Mars Kleinplanete Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Pluto Haumea Eris Ringe Jupiter Saturnus Uranus NeptunusKlein Sonnestelselliggame Kleinplanete Asteroides Naby aarde voorwerpe Sentoure Trans Neptunus voorwerpe Komete Gordels en wolke Asteroidegordel Kuipergordel Verstrooide skyf Hillswolk OortwolkOntsluit van https af wikipedia org w index php title Plutino amp ol,