×
Planete in astrologie

Met planete in astrologie is voor die moderne tyd uitsluitend die 7 klassieke planete uit die astrologie bedoel. Die hemelliggame wat deur die ou Babiloniërs met die blote oog gesien kon word, is: Son, Maan, Mercurius, Venus, Mars, Jupiter en Saturnus. Die Son en Maan is toe in die astrologie ook as planete beskou. Met die ontwikkeling van al hoe sterker teleskope is nuwe planete verder as Saturnus ontdek. Dié "transsaturnale planete" is Uranus, Neptunus en die dwergplaneet Pluto.

Van links: Mercurius-Venus-Aarde-Mars-Jupiter-Saturnus-Uranus-Neptunus

Vir die astroloë uit die oudheid, wat die "swerwers" aan die hemelruim waargeneem het, het die planete die wil van die gode verteenwoordig. Hulle het, nes in ander vorme van waarsêery, probeer om tekens aan die hemel te vind van dinge wat op aarde sou gebeur. Hierdie gebeurtenisse, soos sons- en maansverduisterings, het hulle dan in verband gebring met die lot van hul land en hul heerser. Vir moderne astroloë verteenwoordig die planete eerder dryfvere en impulse van die menslike psige. Die plek van die planete in die astrologie stem ooreen met hul plek aan die hemelruim (in die Diereriem), waarvan die twaalf huise die lewensgebiede verteenwoordig waarop hierdie gebeurtenisse sou plaasvind of waarop hierdie dryfvere uiting sou vind. Ook die hoeke van die planete met betrekking tot mekaar, die aspekte, gee die astroloog aanwysings oor energieë wat saamwerk of mekaar teenwerk.

Inhoud

Opmerking: Die karaktertrekke het nie noodwendig betrekking op mense nie. Die sleutelwoorde beskryf karaktertrekke en assosiasies wat in aanmerking geneem word by die ontleding van horoskope.

Son

  • Apollo (Romeins), Helios (Grieks)
  • Heerser van die Leeu, in vernietiging in die Waterdraer, in verhoging op graad 19 van die Ram, in val in die Weegskaal. Heerser van die vyfde huis.
  • Klassiek: Warm, droog, manlik, goed; soms ook arrogant, trots. Groot gebou, sterk, getrou, eervol, groothartig. Kleure: geel, goud. Plante: welriekende plante met geel of rooi blomme, op sonnige plekke. Hierdie plante versterk die hart en werk kwaadaardige invloede teen. Diere: leeu, perd, krokodil, bok. Visse: krap. Voëls: arend, haan, feniks, nagtegaal, pou, swaan. Plekke: huise, koninklike howe, teaters, paleise. Minerale en metale: goud. Stene: chrisoliet. Dag: Sondag.
  • Modern: Die ego, die lewenswil, lewenskragtigheid. Verdere assosiasies: die kern van die persoonlikheid en van die IK, selfbevestiging, selfversekerdheid, geldingsdrang en magshonger, kragsentrum, energiebron van die persoonlikheid.

Maan

  • Diana (Romeins), Selene (Grieks)
  • Heerser van die Kreef, in vernietiging in die Steenbok, in verhoging op graad 3 van die Bul, in val in die Skerpioen. Heerser van die vierde huis.
  • Klassiek: Vroulike, nagtelike planeet, koud, vogtig en flegmaties. As persoon iemand van gemiddelde bou, bleek, met ronde gesig, grys oë, harig. Kleur: wit of liggeel, silweragtig. Plante: met sagte, vogtige blare, kool en spanspek. Diere: otters, wesels, eende, diere wat by die water hou. Plekke: velde, fonteine, baddens, hawens, verlate plekke. Mineraal: silwer. Stene: sagte stene, seleniet, kristalle. Dag: Maandag.
  • Modern: Die siel, die vroulike beginsel, die moeder. Verder word die maan geassosieer met instink, groei, verandering, kindertyd, kinderlikheid, die vermoë om jonk te wees, die onbewuste, drome, fantasie, openheid, stemmings en wisseling van stemmings, kwesbaarheid, die vermoë om te kan ontvang en vry te laat, spontaniteit, ritmiese besieling, gevoel, tradisie, familiesin, voortdurende verandering.

Mercurius

  • Mercurius (Romeins), Hermes (Grieks)
  • Heerser van die Tweeling en Maagd, in vernietiging in die Boogskutter en die Visse, in verhoging op graad 15 van die Maagd, in val in die Visse. Heerser van die derde en sesde huis.
  • Klassiek: Nóg manlik nóg vroulik, wissel na gelang van die planeet naby aan hom (konjunksie); koud en droog, melankolies. Saam met goeie planete is hy goed, anders sleg. As persoon subtiel en polities intellektueel, ’n uitstekende redenaar, geleerd argumenterend, ’n ondersoeker van allerhande geheimenisse, skerp en geestig, leer self. Kan uitblink in enige wetenskap. As handelaar onoortreflik. Liggamlik lank, regop, skraal, met ’n hoë voorkop, helder oë, dun lippe en neus, min hare op die ken, maar baie op die kop, lang arms en vingers. Beroep: filosoof, geleerde, wiskundige, astroloog, handelaar, advokaat. Kleur: gemengde kleure, grys met ligblou soos ’n duif. Plante: met verskillende kleure, op sanderige verlate plekke, met min of geen geur. Bone, longkruid. Diere: hiëna, aap, vis, eekhoring, wesel, spinnekop, slang. Voëls: papegaai, kraanvoël. Minerale: kwiksilver. Stene: topaas, agaat, alle stene met verskeie kleure. Dag: Woensdag.
  • Modern: Die intellek, kreatief in sy denke en kommunikasie.

Venus

  • Venus (Romeins), Afrodite (Grieks)
  • Heerser van die Bul en Weegskaal, in vernietiging in die Skerpioen en Ram, in verhoging op graad 27 van die Visse, in val in die Maagd. Heerser van die tweede en sewende huis.
  • Klassiek: Vroulike planeet, gematig koud en vogtig, skepper van geluk en plesier. As persoon aangenaam, netjies, strewend na skoonheid in woord en daad, dikwels betrokke by liefdesake, musikaal, nie baie fluks nie en eerder op plesier ingestel, nogal liggelowig, owerspelig en verkwistend. Nie baie groot gebou nie, bleek, met ’n ronde gesig, mooi helder oë, mooi hare, lieflike mond, mooi liggaam. Beroepe: Dikwels musikant, skilder, juwelier, sanger, graveur, handskoenmaker, beroepe wat met sierade, klere, vrouesake verband hou. Kleur: wit, liggroen en ligbruin. Smake: alles wat aangenaam, soet en vogtig is. Plante: groen, geurig, wit, soet appels, wit rose, vye, appelkose, pruime, rosyne. Diere: luiperd, kleinvee, spreeu, bok, hen, patrys, adelaar, dolfyn. Plekke: fonteine, bruidskamer, beddens, dansskole, kleedkamers. Metale en minerale: koper, brons, blou saffier, wit en rooi koraal, albaster, beril. Dag: Vrydag.
  • Modern: Liefde, kuns, ’n harmoniese gevoel, fisieke aantrekkingskrag, skoonheid, positiewe ingesteldheid.

Mars

  • Mars (Romeins), Ares (Grieks)
  • Heerser van die Ram en Skerpioen, in vernietiging in die Weegskaal en Bul, in verhoging op graad 28 van die Steenbok, in val in die Kreef. Heerser van die eerste en agtste huis.
  • Klassiek: Manlike, nagtelike planeet, warm en droog, vurig, veroorsaak minder ernstige kwaad, aanstoker van rusies en oorlog. In gevegte onoorwinlik, uitdagend, onredelik, gehoorsaam niemand. Indien sleg geplaas (in die horoskoop) word hy ’n slagter, moordenaar en dief, verraaier, onmenslik, obseen, haastig, onderdrukkend. Gemiddelde bou, sterk liggaam en stewige beendere, met ’n ronde gesig, rooi of ligte hare, dikwels gekrul, ’n aktiewe en gevreesde man. Beroepe: soldaat, generaal, dokter, apteker, chirurg, slagter, kleremaker, kok. Kleure: rooi, geel, vurig en blink. Smaak: bitter, skerp en brandend. Plante: met rooi, skerp getande blare, groei op droë plekke, soos netel, peper, radys. Diere: luiperd, vos, perd, bok, wolf, vlieg, beer, uil, kraai. Plekke: smidswinkels, oonde, slaghuise, skoorstene, oral waar steenkool verbrand word. Minerale: yster, swawel. Dag: Dinsdag.
  • Modern: Energie, die manlike beginsel, wilskrag, moed, vasberadenheid, veglus.

Jupiter

  • Jupiter (Romeins), Zeus (Grieks)
  • Heerser van die Boogskutter en Visse, in vernietiging in die Maagd en Tweeling, in verhoging op graad 15 van die Kreef, in val in die Steenbok. Heerser van die negende (en twaalfde) huis.
  • Klassiek: Dagplaneet, manlik, gematig warm en vogtig, bring groot fortuin, bewerkstellig gematigheid, beskeidenheid, soberheid en regverdigheid. In die omgang eervol, getrou, regverdig in die liefde, verrig roemryke dade, gesels lekker, is verdraagsaam teenoor vroue en kinders, toon respek teenoor ouer mense, glo in liefdadigheid, godsdienstig, liberaal, verafsku gemeenheid, wys, versigtig, dankbaar, deugsaam. Kan onverdraagsaam of hipokrities godsdienstig wees. Is regop en groot gebou, met ’n digte baard, groot maag, sterk dye en bene, lang voete, groot oë, ligte vel, het gewoonlik ’n geboortevlek of litteken op die regtervoet. Geure: soet en aangenaam. Kleure: seeblou, purper, mengsel van geel en groen. Plante: klawer, foelie, neutmuskaat, vlas, pimpernel, oregano, granate, madeliefie, saffraan. Diere: os, skaap, olifant, draak, tier, eenhoring, alle diere wat saggeaard is, ooievaar, adelaar, bye, fisant, dolfyn, walvis. Stene: ametis, saffier, smarag, marmer. Plekke: bly graag naby kerke en altaars, sinodes, vergaderings, regsgeboue. Dag: Donderdag.
  • Modern: Harmonie, die reg, godsdiens, die dryfkrag om homself te ontwikkel, optimisme.

Saturnus

  • Saturnus (Romeins), Kronos (Grieks)
  • Heerser van die Steenbok en Waterdraer, in vernietiging in die Kreef en Leeu, in verhoging op graad 21 van die Weegskaal, in val in die Ram. Heerser van die tiende (en elfde) huis.
  • Klassiek: Dagplaneet, koud en droog, melankolies, aards, manlik, het groot ongeluk, bewerksteller van eensaamheid. Ernstig en streng in sy houding, praat spaarsaam, werk geduldig, nougeset, stuurs en sober, kan ook afgunstig, wantrouig en koppig word, ’n veragter van vroue, nooit tevrede, altyd klaend. Sy liggaam is koud en droog, gemiddelde bou, bleek, klein donker oë, breë voorkop, swart of vaal hare, groot ore, lae wenkbroue, dun of geen baard, dik lippe en neus, vooroorgebuigde houding, vreemde loop met knieë wat teen mekaar stamp. Beroep: nagwerk of onder die grond soos mynwerker, loodgieter, skoorsteenveër; tuinier, koster, grafgrawer, skaapwagter. Smake: suur, bitter, skerp. Plante: wolfsklou, alruin, bilsekruid, dragon, ysterkruid, salie, spinasie, komyn, die sipres en treurwilger. Diere: esel, kat, haas, muis, mol, olifant, beer, wolf, krokodil, paling, kraai, uil, sprinkaan, volstruis. Plekke: bly graag in woestyne, woude, donker valleie, grotte, berge, ruïnes. Stene: saffier, alle swart, dowwe, lelike gesteentes wat nie gepoleer kan word nie. Dag: Saterdag.
  • Modern: Geremdheid, konsentrasie, konsolidasie, erns, melankolie, verantwoordelikheid.

Uranus

  • Coelus (Romeins), Oeranos (Grieks)
  • Moderne heerser van die Waterdraer, in vernietiging in die Leeu, in verhoging in die Skerpioen, in val in die Bul. Heerser van die elfde huis.
  • Rewolusie, skielike verandering, eienaardige gedrag, vryheidsdrang, entoesiasme en oorspronklikheid, intuïsie.

Neptunus

  • Neptunus (Romeins), Poseidon (Grieks)
  • Moderne heerser van die Visse, in vernietiging in die Maagd, in verhoging in die Kreef, in val in die Steenbok. Heerser van die twaalfde huis.
  • Ontvanklik vir indrukke, empatie, fantasie, gevoeligheid, dromerigheid, mistisisme.

Pluto

  • Pluto / Orcus (Romeins), Hades (Grieks)
  • Moderne heerser van die Skerpioen.
  • Voorsienigheid, onsigbare groot kragte (onbewus) aan die werk, die wil om te onderdruk, ontsien niks. Heerser van die agtste huis.
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Planeten in de astrologie
  1. Tabel van Ptolemaeus in "Christian Astrology" van William Lilly, hoofstuk 19 An introduction to astrology op bl. 104
  2. Volgens William Lilly, Christian Astrology Book I
  3. Reinhold Ebertin: 'De Combinatie van Planeetinvloeden'
  4. Ellynor Barz: 'Goden en planeten'

Publikasie datum: Augustus 25, 2021

planete, astrologie, planete, astrologie, voor, moderne, uitsluitend, klassieke, planete, astrologie, bedoel, hemelliggame, deur, babiloniërs, blote, gesien, word, maan, mercurius, venus, mars, jupiter, saturnus, maan, astrologie, planete, beskou, ontwikkeling. Met planete in astrologie is voor die moderne tyd uitsluitend die 7 klassieke planete uit die astrologie bedoel Die hemelliggame wat deur die ou Babiloniers met die blote oog gesien kon word is Son Maan Mercurius Venus Mars Jupiter en Saturnus Die Son en Maan is toe in die astrologie ook as planete beskou Met die ontwikkeling van al hoe sterker teleskope is nuwe planete verder as Saturnus ontdek Die transsaturnale planete is Uranus Neptunus en die dwergplaneet Pluto Van links Mercurius Venus Aarde Mars Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Vir die astroloe uit die oudheid wat die swerwers aan die hemelruim waargeneem het het die planete die wil van die gode verteenwoordig Hulle het nes in ander vorme van waarseery probeer om tekens aan die hemel te vind van dinge wat op aarde sou gebeur Hierdie gebeurtenisse soos sons en maansverduisterings het hulle dan in verband gebring met die lot van hul land en hul heerser Vir moderne astroloe verteenwoordig die planete eerder dryfvere en impulse van die menslike psige Die plek van die planete in die astrologie stem ooreen met hul plek aan die hemelruim in die Diereriem waarvan die twaalf huise die lewensgebiede verteenwoordig waarop hierdie gebeurtenisse sou plaasvind of waarop hierdie dryfvere uiting sou vind Ook die hoeke van die planete met betrekking tot mekaar die aspekte gee die astroloog aanwysings oor energiee wat saamwerk of mekaar teenwerk Inhoud 1 Simboliek van die 7 klassieke planete 1 1 Son 1 2 Maan 1 3 Mercurius 1 4 Venus 1 5 Mars 1 6 Jupiter 1 7 Saturnus 2 Simboliek van die 3 transsaturnale planete 2 1 Uranus 2 2 Neptunus 2 3 Pluto 3 VerwysingsSimboliek van die 7 klassieke planete WysigOpmerking Die karaktertrekke het nie noodwendig betrekking op mense nie Die sleutelwoorde beskryf karaktertrekke en assosiasies wat in aanmerking geneem word by die ontleding van horoskope Son Wysig Apollo Romeins Helios Grieks Heerser van die Leeu in vernietiging in die Waterdraer in verhoging op graad 19 van die Ram in val in die Weegskaal 1 Heerser van die vyfde huis Klassiek 2 Warm droog manlik goed soms ook arrogant trots Groot gebou sterk getrou eervol groothartig Kleure geel goud Plante welriekende plante met geel of rooi blomme op sonnige plekke Hierdie plante versterk die hart en werk kwaadaardige invloede teen Diere leeu perd krokodil bok Visse krap Voels arend haan feniks nagtegaal pou swaan Plekke huise koninklike howe teaters paleise Minerale en metale goud Stene chrisoliet Dag Sondag Modern Die ego die lewenswil lewenskragtigheid 3 Verdere assosiasies die kern van die persoonlikheid en van die IK selfbevestiging selfversekerdheid geldingsdrang en magshonger kragsentrum energiebron van die persoonlikheid 4 Maan Wysig Diana Romeins Selene Grieks Heerser van die Kreef in vernietiging in die Steenbok in verhoging op graad 3 van die Bul in val in die Skerpioen 1 Heerser van die vierde huis Klassiek 2 Vroulike nagtelike planeet koud vogtig en flegmaties As persoon iemand van gemiddelde bou bleek met ronde gesig grys oe harig Kleur wit of liggeel silweragtig Plante met sagte vogtige blare kool en spanspek Diere otters wesels eende diere wat by die water hou Plekke velde fonteine baddens hawens verlate plekke Mineraal silwer Stene sagte stene seleniet kristalle Dag Maandag Modern Die siel die vroulike beginsel die moeder 3 Verder word die maan geassosieer met instink groei verandering kindertyd kinderlikheid die vermoe om jonk te wees die onbewuste drome fantasie openheid stemmings en wisseling van stemmings kwesbaarheid die vermoe om te kan ontvang en vry te laat spontaniteit ritmiese besieling gevoel tradisie familiesin voortdurende verandering 4 Mercurius Wysig Mercurius Romeins Hermes Grieks Heerser van die Tweeling en Maagd in vernietiging in die Boogskutter en die Visse in verhoging op graad 15 van die Maagd in val in die Visse 1 Heerser van die derde en sesde huis Klassiek 2 Nog manlik nog vroulik wissel na gelang van die planeet naby aan hom konjunksie koud en droog melankolies Saam met goeie planete is hy goed anders sleg As persoon subtiel en polities intellektueel n uitstekende redenaar geleerd argumenterend n ondersoeker van allerhande geheimenisse skerp en geestig leer self Kan uitblink in enige wetenskap As handelaar onoortreflik Liggamlik lank regop skraal met n hoe voorkop helder oe dun lippe en neus min hare op die ken maar baie op die kop lang arms en vingers Beroep filosoof geleerde wiskundige astroloog handelaar advokaat Kleur gemengde kleure grys met ligblou soos n duif Plante met verskillende kleure op sanderige verlate plekke met min of geen geur Bone longkruid Diere hiena aap vis eekhoring wesel spinnekop slang Voels papegaai kraanvoel Minerale kwiksilver Stene topaas agaat alle stene met verskeie kleure Dag Woensdag Modern Die intellek kreatief in sy denke en kommunikasie 3 Venus Wysig Venus Romeins Afrodite Grieks Heerser van die Bul en Weegskaal in vernietiging in die Skerpioen en Ram in verhoging op graad 27 van die Visse in val in die Maagd 1 Heerser van die tweede en sewende huis Klassiek 2 Vroulike planeet gematig koud en vogtig skepper van geluk en plesier As persoon aangenaam netjies strewend na skoonheid in woord en daad dikwels betrokke by liefdesake musikaal nie baie fluks nie en eerder op plesier ingestel nogal liggelowig owerspelig en verkwistend Nie baie groot gebou nie bleek met n ronde gesig mooi helder oe mooi hare lieflike mond mooi liggaam Beroepe Dikwels musikant skilder juwelier sanger graveur handskoenmaker beroepe wat met sierade klere vrouesake verband hou Kleur wit liggroen en ligbruin Smake alles wat aangenaam soet en vogtig is Plante groen geurig wit soet appels wit rose vye appelkose pruime rosyne Diere luiperd kleinvee spreeu bok hen patrys adelaar dolfyn Plekke fonteine bruidskamer beddens dansskole kleedkamers Metale en minerale koper brons blou saffier wit en rooi koraal albaster beril Dag Vrydag Modern Liefde kuns n harmoniese gevoel fisieke aantrekkingskrag skoonheid positiewe ingesteldheid 3 Mars Wysig Mars Romeins Ares Grieks Heerser van die Ram en Skerpioen in vernietiging in die Weegskaal en Bul in verhoging op graad 28 van die Steenbok in val in die Kreef 1 Heerser van die eerste en agtste huis Klassiek 2 Manlike nagtelike planeet warm en droog vurig veroorsaak minder ernstige kwaad aanstoker van rusies en oorlog In gevegte onoorwinlik uitdagend onredelik gehoorsaam niemand Indien sleg geplaas in die horoskoop word hy n slagter moordenaar en dief verraaier onmenslik obseen haastig onderdrukkend Gemiddelde bou sterk liggaam en stewige beendere met n ronde gesig rooi of ligte hare dikwels gekrul n aktiewe en gevreesde man Beroepe soldaat generaal dokter apteker chirurg slagter kleremaker kok Kleure rooi geel vurig en blink Smaak bitter skerp en brandend Plante met rooi skerp getande blare groei op droe plekke soos netel peper radys Diere luiperd vos perd bok wolf vlieg beer uil kraai Plekke smidswinkels oonde slaghuise skoorstene oral waar steenkool verbrand word Minerale yster swawel Dag Dinsdag Modern Energie die manlike beginsel wilskrag moed vasberadenheid veglus 3 Jupiter Wysig Jupiter Romeins Zeus Grieks Heerser van die Boogskutter en Visse in vernietiging in die Maagd en Tweeling in verhoging op graad 15 van die Kreef in val in die Steenbok 1 Heerser van die negende en twaalfde huis Klassiek 2 Dagplaneet manlik gematig warm en vogtig bring groot fortuin bewerkstellig gematigheid beskeidenheid soberheid en regverdigheid In die omgang eervol getrou regverdig in die liefde verrig roemryke dade gesels lekker is verdraagsaam teenoor vroue en kinders toon respek teenoor ouer mense glo in liefdadigheid godsdienstig liberaal verafsku gemeenheid wys versigtig dankbaar deugsaam Kan onverdraagsaam of hipokrities godsdienstig wees Is regop en groot gebou met n digte baard groot maag sterk dye en bene lang voete groot oe ligte vel het gewoonlik n geboortevlek of litteken op die regtervoet Geure soet en aangenaam Kleure seeblou purper mengsel van geel en groen Plante klawer foelie neutmuskaat vlas pimpernel oregano granate madeliefie saffraan Diere os skaap olifant draak tier eenhoring alle diere wat saggeaard is ooievaar adelaar bye fisant dolfyn walvis Stene ametis saffier smarag marmer Plekke bly graag naby kerke en altaars sinodes vergaderings regsgeboue Dag Donderdag Modern Harmonie die reg godsdiens die dryfkrag om homself te ontwikkel optimisme 3 Saturnus Wysig Saturnus Romeins Kronos Grieks Heerser van die Steenbok en Waterdraer in vernietiging in die Kreef en Leeu in verhoging op graad 21 van die Weegskaal in val in die Ram 1 Heerser van die tiende en elfde huis Klassiek 2 Dagplaneet koud en droog melankolies aards manlik het groot ongeluk bewerksteller van eensaamheid Ernstig en streng in sy houding praat spaarsaam werk geduldig nougeset stuurs en sober kan ook afgunstig wantrouig en koppig word n veragter van vroue nooit tevrede altyd klaend Sy liggaam is koud en droog gemiddelde bou bleek klein donker oe bree voorkop swart of vaal hare groot ore lae wenkbroue dun of geen baard dik lippe en neus vooroorgebuigde houding vreemde loop met kniee wat teen mekaar stamp Beroep nagwerk of onder die grond soos mynwerker loodgieter skoorsteenveer tuinier koster grafgrawer skaapwagter Smake suur bitter skerp Plante wolfsklou alruin bilsekruid dragon ysterkruid salie spinasie komyn die sipres en treurwilger Diere esel kat haas muis mol olifant beer wolf krokodil paling kraai uil sprinkaan volstruis Plekke bly graag in woestyne woude donker valleie grotte berge ruines Stene saffier alle swart dowwe lelike gesteentes wat nie gepoleer kan word nie Dag Saterdag Modern Geremdheid konsentrasie konsolidasie erns melankolie verantwoordelikheid 3 Simboliek van die 3 transsaturnale planete WysigUranus Wysig Coelus Romeins Oeranos Grieks Moderne heerser van die Waterdraer in vernietiging in die Leeu in verhoging in die Skerpioen in val in die Bul 1 Heerser van die elfde huis Rewolusie skielike verandering eienaardige gedrag vryheidsdrang entoesiasme en oorspronklikheid intuisie 3 Neptunus Wysig Neptunus Romeins Poseidon Grieks Moderne heerser van die Visse in vernietiging in die Maagd in verhoging in die Kreef in val in die Steenbok 1 Heerser van die twaalfde huis Ontvanklik vir indrukke empatie fantasie gevoeligheid dromerigheid mistisisme 3 Pluto Wysig Pluto Orcus Romeins Hades Grieks Moderne heerser van die Skerpioen Voorsienigheid onsigbare groot kragte onbewus aan die werk die wil om te onderdruk ontsien niks 3 Heerser van die agtste huis Verwysings WysigHierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia artikel nl Planeten in de astrologie 1 0 1 1 1 2 1 3 1 4 1 5 1 6 1 7 1 8 Tabel van Ptolemaeus in Christian Astrology van William Lilly hoofstuk 19 An introduction to astrology op bl 104 2 0 2 1 2 2 2 3 2 4 2 5 2 6 Volgens William Lilly Christian Astrology Book I 3 0 3 1 3 2 3 3 3 4 3 5 3 6 3 7 3 8 3 9 Reinhold Ebertin De Combinatie van Planeetinvloeden 4 0 4 1 Ellynor Barz Goden en planeten Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Planete in astrologie amp ol,