×
Pietermaritzburg

Pietermaritzburg (ook bekend slegs as Maritzburg) is die hoofstad van die provinsie KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die stad, wat 596 meter bo seevlak in die hart van Zoeloeland lê, was oorspronklik die eerste hoofstad van die Boererepubliek Natalia. Desondanks het die stad vandag 'n sterk Britse voorkoms. Danksy die bewaring van sy historiese geboue word Pietermaritzburg dikwels as een van die mooiste Victoriaanse stede in Afrika beskryf.

Pietermaritzburg
Stad
Pietermaritzburg se stadsaal uit die jaar 1893 is na bewering die grootste baksteengebou in die Suidelike Halfrond. Die stadsaal is in 1895 deur 'n brand verwoes en in 1901 herbou.
Byname:
Maritzburg, PMB
Leuse(s):
"City of Choice"(Stad van keuse)
Pietermaritzburg
Pietermaritzburg se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate:29°37′S30°23′O /29.617°S 30.383°O /-29.617; 30.383Koördinate:29°37′S30°23′O /29.617°S 30.383°O /-29.617; 30.383
Land Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikUmgungundlovu
MunisipaliteitMsunduzi
Stigting1838
Regering
• BurgemeesterZanele Hlatshwayo (ANC)
Oppervlak
• Totaal126,15 km2 (48,71 vk. myl)
Bevolking
(2011)
• Totaal223 448
• Digtheid1 771/km2 (4 590/vk. m.)
Rasverdeling(2011)
Wit mense14,2%
Indiërs/Asiërs8,4%
Bruin mense6,9%
Swart mense70,0%
Ander0,5%
Taal(2011)
Zoeloe57,0%
Engels28,9%
Afrikaans4,2%
Xhosa3,5%
Ander6,3%
Poskode(strate)
3180
Poskode(posbusse)
3180
Skakelkode034
Webwerf

Inhoud

'n Skildery deur JH Pierneef van die Geloftekerkie soos dit moes gelyk het kort na voltooiing
Die setel van die KwaZulu-Natalse provinsiale regering in Pietermaritzburg
Piet Retief se standbeeld in Pietermaritzburg

Die eerste Voortrekkers, wat die gebied van die Midlands in 1837 bereik het, het hulle in die vrugbare heuwellandskap van die Umsindusirivier gevestig. Die dorp, wat hulle as die sentrum van die nuwe republiek Natalia gestig het, is vernoem na die Voortrekkerleiers Piet Retief en Gerrit Maritz en in 'n soort dreineringsruitpatroon aangelê. In 1839 is die dorp Pietermaritzburg amptelik geproklameer.

Onder die Britte, wat in 1843 aan bewind gekom het, het Pietermaritzburg 'n administratiewe en militêre sentrum van die kolonie Natal geword. Die oorspronklike Voortrekkerpatroon het behoue gebly, tog het die Britte ook begin om kruisstrate aan te lê, terwyl arkades en lane vir die gebruik van voetgangers ontstaan het. Indiërs, wat deur die Britte as werkers na die gebied gebring is, gee die stad later ook 'n Oosterse inslag.

Tydens die Krieketwêreldbeker 2003 is Pietermaritzburg se Pietermaritzburg-ovaal vir twee wedstryde ingespan.

  • Voortrekkerhuis is die enigste gebou uit die vroeë geskiedenis van Pietermaritzburg, wat bewaar is. Die gebou met twee verdiepings is gerestoureer en gee met sy geelhoutplafon en houtvloer 'n goeie indruk van die Voortrekkers se ambagskuns.
  • Die Voortrekkermonument en die Geloftekerk is in 1838 ná die Voortrekkers se oorwinning oor die Zoeloes in die Slag van Bloedrivier opgerig. Die museum is in 1912 ingewy en vertoon onder meer 'n stoel van die Zoeloekoning Dingaan, wat van ysterhout gemaak is. Die gerestoureerde huis van die Voortrekkerleier Andries Pretorius lê langsaan die museum.
  • Die Macrorie Huis behandel die Victoriaanse lewenstyl van die eerste Britse setlaars. Dit is oorspronklik die tuiste van biskop William Macrorie, wat hier in die tydperk tussen 1869 en 1891 gewoon het.
  • Die Tatham-kunsgalery.
  1. . Geargiveer vanaf op 22 Oktober 2017. Besoek op12 Augustus 2010.
  2. (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op16 Januarie 2014.
  3. (PDF). Geargiveer vanaf (PDF) op 20 Augustus 2011. Besoek op12 Augustus 2010.
  4. . Sensus 2011.
  5. Williams, Janet: Pietermaritzburg – Victoriaanse stad. In: Suid-Afrikaanse Panorama, volume 32, nommer 8 (Augustus 1987), bl. 48
  6. Williams (1987), bl. 49

Publikasie datum: Augustus 31, 2021

pietermaritzburg, bekend, slegs, maritzburg, hoofstad, provinsie, kwazulu, natal, suid, afrika, stad, meter, seevlak, hart, zoeloeland, oorspronklik, eerste, hoofstad, boererepubliek, natalia, desondanks, stad, vandag, sterk, britse, voorkoms, danksy, bewaring. Pietermaritzburg ook bekend slegs as Maritzburg is die hoofstad van die provinsie KwaZulu Natal Suid Afrika Die stad wat 596 meter bo seevlak in die hart van Zoeloeland le was oorspronklik die eerste hoofstad van die Boererepubliek Natalia Desondanks het die stad vandag n sterk Britse voorkoms Danksy die bewaring van sy historiese geboue word Pietermaritzburg dikwels as een van die mooiste Victoriaanse stede in Afrika beskryf 5 PietermaritzburgStadPietermaritzburg se stadsaal uit die jaar 1893 is na bewering die grootste baksteengebou in die Suidelike Halfrond Die stadsaal is in 1895 deur n brand verwoes en in 1901 herbou Byname Maritzburg PMBLeuse s City of Choice 1 Stad van keuse Pietermaritzburg Pietermaritzburg se ligging in KwaZulu NatalKoordinate 29 37 S 30 23 O 29 617 S 30 383 O 29 617 30 383 Koordinate 29 37 S 30 23 O 29 617 S 30 383 O 29 617 30 383Land Suid AfrikaProvinsieKwaZulu NatalDistrikUmgungundlovuMunisipaliteitMsunduziStigting1838 2 Regering BurgemeesterZanele Hlatshwayo 3 ANC Oppervlak 4 Totaal126 15 km2 48 71 vk myl Bevolking 2011 4 Totaal223 448 Digtheid1 771 km2 4 590 vk m Rasverdeling 2011 4 Wit mense14 2 Indiers Asiers8 4 Bruin mense6 9 Swart mense70 0 Ander0 5 Taal 2011 4 Zoeloe57 0 Engels28 9 Afrikaans4 2 Xhosa3 5 Ander6 3 Poskode strate 3180Poskode posbusse 3180Skakelkode034WebwerfMsunduzi munisipaliteit Inhoud 1 Geskiedenis 2 Besienswaardighede 3 Susterstede 4 Sien ook 5 Verwysings 6 Eksterne skakelsGeskiedenis Wysig n Skildery deur JH Pierneef van die Geloftekerkie soos dit moes gelyk het kort na voltooiing Die setel van die KwaZulu Natalse provinsiale regering in Pietermaritzburg Piet Retief se standbeeld in Pietermaritzburg Die eerste Voortrekkers wat die gebied van die Midlands in 1837 bereik het het hulle in die vrugbare heuwellandskap van die Umsindusirivier gevestig Die dorp wat hulle as die sentrum van die nuwe republiek Natalia gestig het is vernoem na die Voortrekkerleiers Piet Retief en Gerrit Maritz en in n soort dreineringsruitpatroon aangele In 1839 is die dorp Pietermaritzburg amptelik geproklameer 6 Onder die Britte wat in 1843 aan bewind gekom het het Pietermaritzburg n administratiewe en militere sentrum van die kolonie Natal geword Die oorspronklike Voortrekkerpatroon het behoue gebly tog het die Britte ook begin om kruisstrate aan te le terwyl arkades en lane vir die gebruik van voetgangers ontstaan het Indiers wat deur die Britte as werkers na die gebied gebring is gee die stad later ook n Oosterse inslag Tydens die Krieketwereldbeker 2003 is Pietermaritzburg se Pietermaritzburg ovaal vir twee wedstryde ingespan Besienswaardighede WysigVoortrekkerhuis is die enigste gebou uit die vroee geskiedenis van Pietermaritzburg wat bewaar is Die gebou met twee verdiepings is gerestoureer en gee met sy geelhoutplafon en houtvloer n goeie indruk van die Voortrekkers se ambagskuns Die Voortrekkermonument en die Geloftekerk is in 1838 na die Voortrekkers se oorwinning oor die Zoeloes in die Slag van Bloedrivier opgerig Die museum is in 1912 ingewy en vertoon onder meer n stoel van die Zoeloekoning Dingaan wat van ysterhout gemaak is Die gerestoureerde huis van die Voortrekkerleier Andries Pretorius le langsaan die museum Die Macrorie Huis behandel die Victoriaanse lewenstyl van die eerste Britse setlaars Dit is oorspronklik die tuiste van biskop William Macrorie wat hier in die tydperk tussen 1869 en 1891 gewoon het Die Tatham kunsgalery Susterstede Wysig Hampton Verenigde State Taichung Republiek ChinaSien ook WysigGereformeerde kerk Pietermaritzburg Maritzburg United NG gemeente Pietermaritzburg Lys van nedersettings in Suid AfrikaVerwysings Wysig www msunduzi org za Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2017 Besoek op 12 Augustus 2010 Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd 1960 20 26 PDF in Engels pp xlv lii Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019 Besoek op 16 Januarie 2014 Zanele Hlatshwayo is die eerste swart vroulike burgemeester van PMB PDF Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 20 Augustus 2011 Besoek op 12 Augustus 2010 4 0 4 1 4 2 4 3 Hoofplek Pietermaritzburg Sensus 2011 Williams Janet Pietermaritzburg Victoriaanse stad In Suid Afrikaanse Panorama volume 32 nommer 8 Augustus 1987 bl 48 Williams 1987 bl 49Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Pietermaritzburg en Toerisme inligting oor Pietermaritzburg op Wikivoyage en Amptelike webwerfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Pietermaritzburg amp ol,