×
Pieter Willem Botha

Pieter Willem Botha (1916–2006), beter bekend as PW en ook as Die Groot Krokodil, was 'n lid van die ou Suid-Afrikaanse Nasionale Party (NP). Hy was van 1966 tot 1978 die Minister van Verdediging, van 1978 tot 1984 Eerste Minister en van 1984 tot 1989 die Staatspresident van Suid-Afrika. Van 1978 tot 1989 was hy ook die leier van die Nasionale Party. In 1983 stel hy ’n driekamerparlement in – ’n Volksraad vir wit kiesers, ’n Huis van Verteenwoordigers vir bruin mense en ’n Huis van Afgevaardigdes vir Indiërs, maar die gesag het steeds by die Volksraad en by homself (as staatshoof) berus. Hy is in 1988 deur F.W. de Klerk opgevolg.

Pieter Willem Botha

PW Botha in 1962

Ampstermyn
3 September 198415 Augustus 1989
Voorafgegaan deur Marais Viljoen (nie-uitvoerend)
Opgevolg deur Frederik Willem de Klerk

Ampstermyn
28 September 1978 – 2 September 1984
President Marais Viljoen
John Vorster
Marais Viljoen
Voorafgegaan deur John Vorster
Opgevolg deur Amp afgeskaf

7de Leier van die Volksraad
Ampstermyn
1975 – 1978
Voorafgegaan deur Nic Diederichs
Opgevolg deur Lourens Muller

Minister van Verdediging
Ampstermyn
5 April 1966 – 6 Oktober 1980
Eerste minister John Vorster
Voorafgegaan deur Jim Fouché
Opgevolg deur Magnus Malan

Minister van Gemeenskapsontwikkeling en Kleurlingsake
Ampstermyn
8 Oktober 1961 – 30 Maart 1966
Eerste minister Hendrik Verwoerd
Opgevolg deur Marais Viljoen

Persoonlike besonderhede
Gebore 12 Januarie 1916
Paul Roux, Oranje-Vrystaat-provinsie, Unie van Suid-Afrika
Sterf 31 Oktober 2006 (op 90)
Wildernis, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Politieke party Nasionale Party
Eggenoot/-note Elize Botha (1943–1997; haar dood)
Barbara Robertson (1998–2006; sy dood)
Kind(ers) 5
Religie Nederduitse Gereformeerde Kerk

Inhoud

Pieter Willem Botha is op 12 Januarie 1916 in die distrik Paul Roux in die Oranje-Vrystaat uit ’n stoere boerefamilie gebore. Sy vader, met dieselfde naam, het in die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) geveg. In 1934 begin P.W. Botha sy studie in die regte aan die Grey-Universiteitskollege (later Universiteit van die Vrystaat) in Bloemfontein, maar hy staak sy studie op 20-jarige leeftyd om 'n politieke loopbaan te volg deur vir die NP in die Kaapprovinsie te werk.

Botha inspekteer die erewag saam met generaal Constand Viljoen.

Botha word in 1948 as parlementslid vir die NP verkies. In 1966 is hy deur premier B.J. Vorster as Minister van Verdediging aangestel. Toe Vorster in 1978 aftree, word Botha deur die Suid-Afrikaanse parlement as sy opvolger aangewys.

Hoewel Botha bekend was vir sy konserwatiewe beleid, was hy baie meer pragmaties as sy voorganger. Hy het dikwels gewys op die belangrikheid van grondwetlike hervorming en het gehoop om 'n federasie of konfederasie vir Suid-Afrika in te voer gebaseer op taal en etnisiteit volgens die Switserse staatsmodel.

As voormalige Minister van Verdediging, streef Botha as premier na die handhawing van 'n sterk verdedigingsbeleid vir Suid-Afrika. Hy het groot uitbreiding vir die Suid-Afrikaanse strydmagte aangekondig. Hy het ook toenadering gesoek by die Weste en veral Amerika, maar dit was nie altyd moontlik nie. Volgens Botha was Suid-Afrika ’n kampvegter vir die bestryding van kommunisme, veral na die onafhanklikheid van Angola en Mosambiek.

In die jare 1980 begin hy en sy regering in die geheim met die ontwikkeling van kernwapens in samewerking met Israel. Hy was op militêre gebied verantwoordelik vir die stigting van Koevoet, ’n elite-eenheid in die Suidwes-grenspolisie. Onder leiding van Botha tree Suid-Afrika tot die Angolese Burgeroorlog toe, met steun vir die beweging UNITA. Die stryd in Angola/Namibië duur tot aan die begin van die negentigerjare toe Kubaanse troepe en raadgewers gedwing is om uit die gebied te onttrek.

PW Botha soos uitgebeeld op 'n posseël gedurende sy termyn as Staatspresident.

In 1983 het Botha ’n nuwe grondwet aan die kiesers voorgelê waaroor die blanke kiesers moes stem. Dit was nog nie die federale staatsvorm wat Botha in gedagte gehad het nie, maar sou wel groter erkenning aan die Kleurling- en Indiër-gemeenskap gee. Volgens hierdie nuwe grondwet het Suid-Afrika ’n driekamerparlement gekry, bestaande uit die Raad van Verteenwoordigers vir die Kleurlinge, die Raad van Afgevaardigdes vir die Indiërs en die Volksraad vir die blankes. Dit is hewig gekritiseer deur die swart bevolking, wat ook verteenwoordiging wou hê. Die standpunt van die regering was dat die swartes politieke verteenwoordiging gehad het via die tuislande. Volgens die nuwe grondwet het Suid-Afrika ook ’n uitvoerende staatshoof gekry. In 1984 word Botha verkies as eerste uitvoerende staatshoof (staatspresident) van Suid-Afrika.

Die bestuurstyl van Botha was outoritêr, wat hom soms by vriend en vyand ongewild gemaak het. Die Anti-apartheidsbeweging het Botha as ’n rassistiese diktator uitgekryt. Tydens sy bewind het talle lande ook 'n ekonomiese boikot (met verlammende sanksies) teen Suid-Afrika ingestel. Buitelandse beleggings het ook begin afneem wat ’n erg-nadelige uitwerking op die ekonomie gehad het. Tog het die meeste blankes, maar ook baie kleurlinge en Indiërs, hulle agter die standvastige leiding van Botha geskaar.

Tog was Botha in sommige opsigte minder streng as sy voorgangers. Hy het die verbod op gemengde huwelike afgeskaf, veelrassige politieke partye toegelaat en die groepsgebiedewet verslap. Met die driekamerparlement verkry die Kleurlinge en Indiërs ook politieke regte. Volgens die grondwet van 1983 kon Botha ook makliker ’n noodtoestand afkondig om onrus te beheer. Die polisie het meer bevoegdhede gekry om misdadigers aan te keer en ’n politieke onrus in bedwang te hou.

In die aand van 15 Augustus 1985 lewer Botha die bekende Rubicon-toespraak in Durban. Vooraf is die verwagting geskep dat die toespraak ingrypende veranderinge sou aankondig, onder andere die vrylating van Nelson Mandela. Die toespraak het nie aan die verwagtings voldoen nie en die gety het teen Suid-Afrika gedraai. Geweld het begin toeneem. Sanksies is verskerp en etlike multi-nasionale (selfs Britse en Amerikaanse) ondernemings het aan die land onttrek. Die waarde van die geldeenheid het verder verswak. Botha het hom genoodsaak gevoel om ’n noodtoestand uit te roep.

Botha het onder swaar druk verkeer om ’n politieke oplossing vir Suid-Afrika te bewerkstellig. Binne die Nasionale Party ontstaan meningsverskille oor sy bestuurstyl. In Februarie 1989 kry Botha ’n ligte beroerte-aanval. F.W. de Klerk sien dit as ’n gunstige oomblik om Botha uit te druk. De Klerk voer ’n "mini-staatsgreep" uit en Botha moes sy kantoor ontruim, deels ook omdat hy nie meer genoegsame ondersteuning van sy kabinet en L.V.'s gehad het nie. De Klerk volg Botha op as staatspresident van Suid-Afrika.

Botha en sy vrou Elize het hulle aan die politieke lewe onttrek, na hulle huis Die Anker op Wildernis, naby George. Alhoewel hy uit die aktiewe politiek getree het, was hy ’n groot teenstander van die koers wat F.W. de Klerk ingeslaan het en het nie gehuiwer om dit bekend te maak nie. Tot en met sy dood was Botha van mening dat Suid-Afrika liewer ’n federale staatsvorm moes invoer gegrond op taal en etnisiteit.

Botha het geweier om mee te werk aan die Waarheids-en-versoeningskommissie onder leiding van aartsbiskop Desmond Tutu. Die kommissie het hom gedagvaar om voor hul te verskyn, maar hy het dit prontuit teengestaan.

Hy is op 31 Oktober 2006 ná ’n langdurige siekte in sy huis Die Anker op Wildernis oorlede. Hy was 90 jaar oud.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
Voorafgegaan deur
Jim Fouché
Minister van Verdediging
1966–1980
Opgevolg deur
Magnus Malan
Voorafgegaan deur
John Vorster
Eerste Minister van Suid-Afrika
1978–1984
Opgevolg deur
Amp afgeskaf
Voorafgegaan deur
Marais Viljoen (nie-uitvoerend)
Staatspresident van Suid-Afrika (uitvoerend)
1984–1989
Opgevolg deur
Frederik Willem de Klerk

Publikasie datum: September 26, 2021

pieter, willem, botha, 1916, 2006, beter, bekend, groot, krokodil, suid, afrikaanse, nasionale, party, 1966, 1978, minister, verdediging, 1978, 1984, eerste, minister, 1984, 1989, staatspresident, suid, afrika, 1978, 1989, leier, nasionale, party, 1983, stel, . Pieter Willem Botha 1916 2006 beter bekend as PW en ook as Die Groot Krokodil was n lid van die ou Suid Afrikaanse Nasionale Party NP Hy was van 1966 tot 1978 die Minister van Verdediging van 1978 tot 1984 Eerste Minister en van 1984 tot 1989 die Staatspresident van Suid Afrika Van 1978 tot 1989 was hy ook die leier van die Nasionale Party In 1983 stel hy n driekamerparlement in n Volksraad vir wit kiesers n Huis van Verteenwoordigers vir bruin mense en n Huis van Afgevaardigdes vir Indiers maar die gesag het steeds by die Volksraad en by homself as staatshoof berus Hy is in 1988 deur F W de Klerk opgevolg 1 Pieter Willem BothaPW Botha in 19626de Staatspresident van Suid Afrika uitvoerend Ampstermyn 3 September 1984 15 Augustus 1989Voorafgegaan deur Marais Viljoen nie uitvoerend Opgevolg deur Frederik Willem de Klerk8ste Eerste Minister van Suid AfrikaAmpstermyn 28 September 1978 2 September 1984President Marais Viljoen John Vorster Marais ViljoenVoorafgegaan deur John VorsterOpgevolg deur Amp afgeskaf7de Leier van die VolksraadAmpstermyn 1975 1978Voorafgegaan deur Nic DiederichsOpgevolg deur Lourens MullerMinister van VerdedigingAmpstermyn 5 April 1966 6 Oktober 1980Eerste minister John VorsterVoorafgegaan deur Jim FoucheOpgevolg deur Magnus MalanMinister van Gemeenskapsontwikkeling en KleurlingsakeAmpstermyn 8 Oktober 1961 30 Maart 1966Eerste minister Hendrik VerwoerdOpgevolg deur Marais ViljoenPersoonlike besonderhedeGebore 12 Januarie 1916 Paul Roux Oranje Vrystaat provinsie Unie van Suid AfrikaSterf 31 Oktober 2006 op 90 Wildernis Wes Kaap Suid AfrikaPolitieke party Nasionale PartyEggenoot note Elize Botha 1943 1997 haar dood Barbara Robertson 1998 2006 sy dood Kind ers 5Religie Nederduitse Gereformeerde Kerk Inhoud 1 Jeug 2 Parlementere loopbaan 3 President van Suid Afrika 4 Apartheid 5 Botha se politieke ondergang 6 Aftrede 7 Sien ook 8 Verwysings 9 Eksterne skakelsJeug WysigPieter Willem Botha is op 12 Januarie 1916 in die distrik Paul Roux in die Oranje Vrystaat uit n stoere boerefamilie gebore Sy vader met dieselfde naam het in die Tweede Vryheidsoorlog 1899 1902 geveg In 1934 begin P W Botha sy studie in die regte aan die Grey Universiteitskollege later Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein maar hy staak sy studie op 20 jarige leeftyd om n politieke loopbaan te volg deur vir die NP in die Kaapprovinsie te werk Parlementere loopbaan Wysig Botha inspekteer die erewag saam met generaal Constand Viljoen Botha word in 1948 as parlementslid vir die NP verkies In 1966 is hy deur premier B J Vorster as Minister van Verdediging aangestel Toe Vorster in 1978 aftree word Botha deur die Suid Afrikaanse parlement as sy opvolger aangewys Hoewel Botha bekend was vir sy konserwatiewe beleid was hy baie meer pragmaties as sy voorganger Hy het dikwels gewys op die belangrikheid van grondwetlike hervorming en het gehoop om n federasie of konfederasie vir Suid Afrika in te voer gebaseer op taal en etnisiteit volgens die Switserse staatsmodel As voormalige Minister van Verdediging streef Botha as premier na die handhawing van n sterk verdedigingsbeleid vir Suid Afrika Hy het groot uitbreiding vir die Suid Afrikaanse strydmagte aangekondig Hy het ook toenadering gesoek by die Weste en veral Amerika maar dit was nie altyd moontlik nie Volgens Botha was Suid Afrika n kampvegter vir die bestryding van kommunisme veral na die onafhanklikheid van Angola en Mosambiek In die jare 1980 begin hy en sy regering in die geheim met die ontwikkeling van kernwapens in samewerking met Israel Hy was op militere gebied verantwoordelik vir die stigting van Koevoet n elite eenheid in die Suidwes grenspolisie Onder leiding van Botha tree Suid Afrika tot die Angolese Burgeroorlog toe met steun vir die beweging UNITA Die stryd in Angola Namibie duur tot aan die begin van die negentigerjare toe Kubaanse troepe en raadgewers gedwing is om uit die gebied te onttrek President van Suid Afrika Wysig PW Botha soos uitgebeeld op n posseel gedurende sy termyn as Staatspresident In 1983 het Botha n nuwe grondwet aan die kiesers voorgele waaroor die blanke kiesers moes stem Dit was nog nie die federale staatsvorm wat Botha in gedagte gehad het nie maar sou wel groter erkenning aan die Kleurling en Indier gemeenskap gee Volgens hierdie nuwe grondwet het Suid Afrika n driekamerparlement gekry bestaande uit die Raad van Verteenwoordigers vir die Kleurlinge die Raad van Afgevaardigdes vir die Indiers en die Volksraad vir die blankes Dit is hewig gekritiseer deur die swart bevolking wat ook verteenwoordiging wou he Die standpunt van die regering was dat die swartes politieke verteenwoordiging gehad het via die tuislande Volgens die nuwe grondwet het Suid Afrika ook n uitvoerende staatshoof gekry In 1984 word Botha verkies as eerste uitvoerende staatshoof staatspresident van Suid Afrika Die bestuurstyl van Botha was outoriter wat hom soms by vriend en vyand ongewild gemaak het Die Anti apartheidsbeweging het Botha as n rassistiese diktator uitgekryt Tydens sy bewind het talle lande ook n ekonomiese boikot met verlammende sanksies teen Suid Afrika ingestel Buitelandse beleggings het ook begin afneem wat n erg nadelige uitwerking op die ekonomie gehad het Tog het die meeste blankes maar ook baie kleurlinge en Indiers hulle agter die standvastige leiding van Botha geskaar Apartheid WysigTog was Botha in sommige opsigte minder streng as sy voorgangers Hy het die verbod op gemengde huwelike afgeskaf veelrassige politieke partye toegelaat en die groepsgebiedewet verslap Met die driekamerparlement verkry die Kleurlinge en Indiers ook politieke regte Volgens die grondwet van 1983 kon Botha ook makliker n noodtoestand afkondig om onrus te beheer Die polisie het meer bevoegdhede gekry om misdadigers aan te keer en n politieke onrus in bedwang te hou In die aand van 15 Augustus 1985 lewer Botha die bekende Rubicon toespraak in Durban Vooraf is die verwagting geskep dat die toespraak ingrypende veranderinge sou aankondig onder andere die vrylating van Nelson Mandela Die toespraak het nie aan die verwagtings voldoen nie en die gety het teen Suid Afrika gedraai Geweld het begin toeneem Sanksies is verskerp en etlike multi nasionale selfs Britse en Amerikaanse ondernemings het aan die land onttrek Die waarde van die geldeenheid het verder verswak Botha het hom genoodsaak gevoel om n noodtoestand uit te roep Botha se politieke ondergang WysigBotha het onder swaar druk verkeer om n politieke oplossing vir Suid Afrika te bewerkstellig Binne die Nasionale Party ontstaan meningsverskille oor sy bestuurstyl In Februarie 1989 kry Botha n ligte beroerte aanval F W de Klerk sien dit as n gunstige oomblik om Botha uit te druk De Klerk voer n mini staatsgreep uit en Botha moes sy kantoor ontruim deels ook omdat hy nie meer genoegsame ondersteuning van sy kabinet en L V s gehad het nie De Klerk volg Botha op as staatspresident van Suid Afrika Aftrede WysigBotha en sy vrou Elize het hulle aan die politieke lewe onttrek na hulle huis Die Anker op Wildernis naby George Alhoewel hy uit die aktiewe politiek getree het was hy n groot teenstander van die koers wat F W de Klerk ingeslaan het en het nie gehuiwer om dit bekend te maak nie Tot en met sy dood was Botha van mening dat Suid Afrika liewer n federale staatsvorm moes invoer gegrond op taal en etnisiteit Botha het geweier om mee te werk aan die Waarheids en versoeningskommissie onder leiding van aartsbiskop Desmond Tutu Die kommissie het hom gedagvaar om voor hul te verskyn maar hy het dit prontuit teengestaan Hy is op 31 Oktober 2006 na n langdurige siekte in sy huis Die Anker op Wildernis oorlede Hy was 90 jaar oud Sien ook WysigBothanomics Derde kabinet van John Vorster Eerste kabinet van P W Botha Tweede kabinet van P W BothaVerwysings Wysig HAT Taal en feitegids Pearson Desember 2013 ISBN 978 1 77578 243 8Eksterne skakels WysigBeeld Nov 01 2006 PW se laaste opdrag Geargiveer 12 Februarie 2007 op Wayback MachineVoorafgegaan deur Jim Fouche Minister van Verdediging 1966 1980 Opgevolg deur Magnus MalanVoorafgegaan deur John Vorster Eerste Minister van Suid Afrika 1978 1984 Opgevolg deur Amp afgeskafVoorafgegaan deur Marais Viljoen nie uitvoerend Staatspresident van Suid Afrika uitvoerend 1984 1989 Opgevolg deur Frederik Willem de KlerkPresidente van Suid Afrika 1961 1994 seremonieel Charles Robberts Swart Jozua Francois Naude waarnemend Jacobus Johannes Fouche Nicolaas Johannes Diederichs Marais Viljoen waarnemend John Vorster Marais Viljoen uitvoerend Pieter Willem Botha Frederik Willem de Klerk 1994 Nelson Mandela Thabo Mbeki Kgalema Motlanthe Jacob Zuma Cyril Ramaphosa Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Pieter Willem Botha amp ol,