×
Phil Heemstra

Dr. Phillip Clarence Heemstra (9 Desember 1941 - 29 Augustus 2019) was ’n Amerikaans-Suid-Afrikaanse igtioloog. Hy is in Melrose Park, Illinois, VSA, gebore as die seun van Clarence William Heemstra en sy vrou, Lydia (gebore Epcke). Hy het in Ottawa, Illinois, skoolgegaan en het die graad B.Sc. Soölogie in 1963 aan die Universiteit van Illinois in Urbana, Illinois, behaal, asook sy M.Sc.-graad (1968) en doktorsgraad (1974) in mariene biologie aan die Universiteit van Miami in Miami, Florida. Hy het in 1978 in Suid-Afrika kom woon.

Phil Heemstra
Gebore
Phillip Clarence Heemstra
9 Desember 1941
Melrose Park, Illinois, VSA
Sterf29 Augustus 2019 (op 77)
NasionaliteitAmerikaans/Suid-Afrikaans
Alma materUniversiteit van Illinois
Universiteit van Miami
BeroepIgtioloog
TitelDoktor
EggenootElaine Margaret Heemstra
KindersDrie

Heemstra was met sy afsterwe ’n kurator emeritus van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Akwatiese Biodiversiteit (SAIAB, voorheen die J.L.B. Smith-instituut vir Igtiologie). Hy het in igtiologie en seevistaksonomie gespesialiseer.

Heemstra was onder andere ’n bioloog aan die mariene laboratorium van die Amerikaanse departement van natuurlike hulpbronne in Florida en van 1978 tot 2001 kurator van seevisse van die J.L.B. Smith-instituut vir Igtiologie in Grahamstad (nou die SAIAB).

Sy werk het ingesluit navorsing oor sistematiek, biologie (veral voortplanting), soögeografie en die bewaring van seevisse, ’n opname van die visdiversiteit van Suider-Afrika en die westelike Indiese Oseaan, en die identifikasie van seevisse vir instellings in Suid-Afrika en oorsee. Hy was ook ’n konsultant vir talle publikasies en die skrywer of medeskrywer van verskeie boeke, onder andere Coastal Fishes of Southern Africa saam met Elaine Heemstra. Hy het ook baie eerbewyse van verskeie instansies ontvang.

Hy was lid van onder andere die Soölogievereniging van Suider-Afrika, die Igtiologievereniging van Japan, die Amerikaanse Vereniging vir Igtoloë en Herpetoloë en die Vereniging vir Sistematiese Bioloë.

Heemstra het op 15 Maart 1991 met Elaine Margaret Grant getrou;Elaine het ’n seun, Andrew Grant. Phil en sy eerste vrou, Valerie, het twee dogters, Lydia en Julia.

  1. Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7

Publikasie datum: Augustus 07, 2021

phil, heemstra, phillip, clarence, heemstra, desember, 1941, augustus, 2019, amerikaans, suid, afrikaanse, igtioloog, melrose, park, illinois, gebore, seun, clarence, william, heemstra, vrou, lydia, gebore, epcke, ottawa, illinois, skoolgegaan, graad, soölogie. Dr Phillip Clarence Heemstra 9 Desember 1941 29 Augustus 2019 was n Amerikaans Suid Afrikaanse igtioloog Hy is in Melrose Park Illinois VSA gebore as die seun van Clarence William Heemstra en sy vrou Lydia gebore Epcke 1 Hy het in Ottawa Illinois skoolgegaan en het die graad B Sc Soologie in 1963 aan die Universiteit van Illinois in Urbana Illinois behaal asook sy M Sc graad 1968 en doktorsgraad 1974 in mariene biologie aan die Universiteit van Miami in Miami Florida Hy het in 1978 in Suid Afrika kom woon 1 Phil HeemstraGeborePhillip Clarence Heemstra 9 Desember 1941 Melrose Park Illinois VSASterf29 Augustus 2019 op 77 NasionaliteitAmerikaans Suid AfrikaansAlma materUniversiteit van Illinois Universiteit van MiamiBeroepIgtioloogTitelDoktorEggenootElaine Margaret HeemstraKindersDrie Heemstra was met sy afsterwe n kurator emeritus van die Suid Afrikaanse Instituut vir Akwatiese Biodiversiteit SAIAB voorheen die J L B Smith instituut vir Igtiologie Hy het in igtiologie en seevistaksonomie gespesialiseer Loopbaan WysigHeemstra was onder andere n bioloog aan die mariene laboratorium van die Amerikaanse departement van natuurlike hulpbronne in Florida en van 1978 tot 2001 kurator van seevisse van die J L B Smith instituut vir Igtiologie in Grahamstad nou die SAIAB Sy werk het ingesluit navorsing oor sistematiek biologie veral voortplanting soogeografie en die bewaring van seevisse n opname van die visdiversiteit van Suider Afrika en die westelike Indiese Oseaan en die identifikasie van seevisse vir instellings in Suid Afrika en oorsee Hy was ook n konsultant vir talle publikasies en die skrywer of medeskrywer van verskeie boeke onder andere Coastal Fishes of Southern Africa 2 saam met Elaine Heemstra Hy het ook baie eerbewyse van verskeie instansies ontvang Hy was lid van onder andere die Soologievereniging van Suider Afrika die Igtiologievereniging van Japan die Amerikaanse Vereniging vir Igtoloe en Herpetoloe en die Vereniging vir Sistematiese Bioloe Persoonlike lewe WysigHeemstra het op 15 Maart 1991 met Elaine Margaret Grant getrou 1 Elaine het n seun Andrew Grant Phil en sy eerste vrou Valerie het twee dogters Lydia en Julia Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 Phillip Clarence Heemstra op Prabook Coastal Fishes of Southern Africa Phil amp Elaine Heemstra 2004 ISBN 1 920033 01 7Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Phil Heemstra amp ol,