×
Persies
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Perse.

Persies (فارسی fārsi [fɒːɾˈsiː](hulp·inligting)) is 'n plurisentriese taal in Sentraal- en Suidwes-Asië. Dit maak deel uit van die Irannese tak van die Indo-Europese taalfamilie en het die status van ’n amptelike taal in Iran en Afghanistan. Tadjiks, die amptelike taal van Tadjikistan, is vroeër meestal as 'n Persiese dialek beskou; vandag word egter dikwels daarna as 'n afsonderlike taal verwys.

Persies
فارسی fārsi
Gepraat in: Iran
Afghanistan
Tadjikistan
Oesbekistan
Turkmenistan
Pakistan
Indië
Gebied: Suid-Asië
Totale sprekers: 57 miljoen
Taalfamilie: Indo-Europees
Indo-Irannees
Irannees
Persies
Skrifstelsel: Arabiese alfabet
Amptelike status
Amptelike taal in: Iran as Farsi
Afghanistan as Dari
Tadjikistan as Tadjiks
Gereguleer deur: Instituut vir Persies
Taalkodes
ISO 639-1: fa
ISO 639-2: fas
ISO 639-3:
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Die woord "fārsi" in Persies-Arabiese skrif
Verspreiding van Irannese tale
Wêreldwye verspreiding van Persies
Lande met 'n Persiestalige bevolking

Met tussen 60 en 70 miljoen moedertaal- en 'n verdere 50 miljoen tweedetaalsprekers is Persies die belangrikste Indo-Europese taal in Wes- en Sentraal-Asië. Persies word deur sowat 41 miljoen sprekers in Iran, 15 miljoen in Afghanistan en 'n verdere 15 miljoen in Sentraal-Asië (veral in Tadjikistan en Oesbekistan, daarnaas ook op die Indiese subkontinent) as moedertaal gebesig. Groter Persiessprekende gemeenskappe word in Irak en in die Golflande (veral in Bahrein, die Verenigde Arabiese Emirate en Koeweit) aangetref. Daar is kleiner taaleilande in onder meer Georgië, in Azerbeidjan en in die Pamir-bergstreek. 'n Groot aantal Iranse en Afghanse emigrante en vlugtelinge het hulle in Europa en in die Verenigde State gevestig.

In Europese lande word na die taal tradisioneel as "Persies" verwys, 'n term wat van die ou Persiese kernprovinsie Fārs (dikwels ook Pārs) in die suide van Iran afgelei is. In sy eie taalgebied is die taal in die Sassaniedetyd Pārsīk of Pārsīg genoem, maar sedert die Arabies-Islamitiese verowering van Persië word daarna algemeen as Fārsī verwys aangesien die p-klank in Arabies nie bestaan nie en die Oer-Semitiese p-klank in hierdie taal tot f ontwikkel het.

Die Nieu-Persiese skryftaal is daarnaas ook Fārsī-e Darī (فارسی درى) – "taal van die koninklike hof" – genoem. 'n Kort benaming van die taal wat hiervan afgelei is, Darī, is tans in Afghanistan, Pakistan en Indië gebruiklik.

In Iran het die Teheran-dialek gaandeweg tot 'n (gesproke) standaardtaal ontwikkel wat dwarsoor die land gepraat word. Dit verskil nie net van ander Persiese dialekte nie, maar ook van die amptelike Persiese skryftaal.

Nieu-Persies het in die Middeleeue die belangrikste literêre en wetenskapstaal van die oostelike Islamitiese wêreld geword en het sodoende groot invloed op naburige taalgemeenskappe, veral die Turkse tale, uitgeoefen (waaronder Osmaans en Tsjagataïes, Pasjtoe, Brahoei asook Noord-Indiese tale, veral Oerdoe). 'n Noemenswaardige aantal Persiese leenwoorde is deur Europese tale oorgeneem en maak sodoende ook deel uit van die Afrikaanse woordeskat, soos byvoorbeeld basaar, tsjek, karavaan, skaak en paradys.

Die Persiese literatuur word by die bekendstes en invloedrykstes ter wêreld gereken en geniet danksy die werke van digters soos Rumi, Omar Khayyam, Hafis, Saadi, Nezami (Nisami) of Ferdousi, wat ook invloed op Europese digters soos Johann Wolfgang von Goethe uitgeoefen het, wêreldfaam.

  1. (in Engels). Ethnologue. vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op5 Oktober 2015.
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Persies

Publikasie datum: Desember 01, 2021

persies, hierdie, artikel, handel, taal, etniese, groep, sien, perse, فارسی, fārsi, fɒːɾˈsiː, luister, hulp, inligting, plurisentriese, taal, sentraal, suidwes, asië, maak, deel, irannese, indo, europese, taalfamilie, status, amptelike, taal, iran, afghanistan. Hierdie artikel handel oor die taal Vir die etniese groep sien Perse Persies فارسی farsi fɒːɾˈsiː luister hulp inligting is n plurisentriese taal in Sentraal en Suidwes Asie Dit maak deel uit van die Irannese tak van die Indo Europese taalfamilie en het die status van n amptelike taal in Iran en Afghanistan Tadjiks die amptelike taal van Tadjikistan is vroeer meestal as n Persiese dialek beskou vandag word egter dikwels daarna as n afsonderlike taal verwys Persies فارسی farsiGepraat in Iran Afghanistan Tadjikistan Oesbekistan Turkmenistan Pakistan Indie Gebied Suid AsieTotale sprekers 57 miljoen 1 Taalfamilie Indo Europees Indo Irannees Irannees Persies Skrifstelsel Arabiese alfabet Amptelike statusAmptelike taal in Iran as Farsi Afghanistan as Dari Tadjikistan as TadjiksGereguleer deur Instituut vir PersiesTaalkodesISO 639 1 faISO 639 2 fasISO 639 3 fas Nota Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat Die woord farsi in Persies Arabiese skrif Verspreiding van Irannese tale Wereldwye verspreiding van Persies Lande met n Persiestalige bevolking Met tussen 60 en 70 miljoen moedertaal en n verdere 50 miljoen tweedetaalsprekers is Persies die belangrikste Indo Europese taal in Wes en Sentraal Asie Persies word deur sowat 41 miljoen sprekers in Iran 15 miljoen in Afghanistan en n verdere 15 miljoen in Sentraal Asie veral in Tadjikistan en Oesbekistan daarnaas ook op die Indiese subkontinent as moedertaal gebesig Groter Persiessprekende gemeenskappe word in Irak en in die Golflande veral in Bahrein die Verenigde Arabiese Emirate en Koeweit aangetref Daar is kleiner taaleilande in onder meer Georgie in Azerbeidjan en in die Pamir bergstreek n Groot aantal Iranse en Afghanse emigrante en vlugtelinge het hulle in Europa en in die Verenigde State gevestig In Europese lande word na die taal tradisioneel as Persies verwys n term wat van die ou Persiese kernprovinsie Fars dikwels ook Pars in die suide van Iran afgelei is In sy eie taalgebied is die taal in die Sassaniedetyd Parsik of Parsig genoem maar sedert die Arabies Islamitiese verowering van Persie word daarna algemeen as Farsi verwys aangesien die p klank in Arabies nie bestaan nie en die Oer Semitiese p klank in hierdie taal tot f ontwikkel het Die Nieu Persiese skryftaal is daarnaas ook Farsi e Dari فارسی درى taal van die koninklike hof genoem n Kort benaming van die taal wat hiervan afgelei is Dari is tans in Afghanistan Pakistan en Indie gebruiklik In Iran het die Teheran dialek gaandeweg tot n gesproke standaardtaal ontwikkel wat dwarsoor die land gepraat word Dit verskil nie net van ander Persiese dialekte nie maar ook van die amptelike Persiese skryftaal Nieu Persies het in die Middeleeue die belangrikste literere en wetenskapstaal van die oostelike Islamitiese wereld geword en het sodoende groot invloed op naburige taalgemeenskappe veral die Turkse tale uitgeoefen waaronder Osmaans en Tsjagataies Pasjtoe Brahoei asook Noord Indiese tale veral Oerdoe n Noemenswaardige aantal Persiese leenwoorde is deur Europese tale oorgeneem en maak sodoende ook deel uit van die Afrikaanse woordeskat soos byvoorbeeld basaar tsjek karavaan skaak en paradys Die Persiese literatuur word by die bekendstes en invloedrykstes ter wereld gereken en geniet danksy die werke van digters soos Rumi Omar Khayyam Hafis Saadi Nezami Nisami of Ferdousi wat ook invloed op Europese digters soos Johann Wolfgang von Goethe uitgeoefen het wereldfaam Sien ook WysigShahnamehVerwysings Wysig Ethnologue Languages of the World Seventeenth edition Persian in Engels Ethnologue Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020 Besoek op 5 Oktober 2015 Eksterne skakels Wysig Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Persies Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Persies Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Persies Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Persies amp ol,