fbpx
Wikipedia

Paul Cézanne

Paul Cézanne (19 Januarie 183922 Oktober 1906) was ’n Franse kunstenaar en postimpressionistiese skilder wie se werk gehelp het om die fondament te lê vir die oorgang van 19de-eeuse kuns na ’n nuwe, radikaal verskillende kunswêreld in die 20ste eeu.[1] Sy dikwels wilde, herhalende kwashale is baie tipies en maklik herkenbaar. Hy het vlakke kleur en klein kwashale gebruik wat opbou om komplekse velde te skep. Cézanne se skilderye weerspieël sy intense bestudering van sy onderwerpe. Sy invloed op die beeldende kunste was enorm, veral op latere genres soos die kubisme, fauvisme en ekspressionisme.[2]

Paul Cézanne

Cézanne, omstreeks 1861.
Gebore (1839-01-19)19 Januarie 1839,
Aix-en-Provence, Frankryk
Sterf 22 Oktober 1906 (op 67),
Aix-en-Provence
Nasionaliteit Frans
Veld Skildery
Beweging Postimperessionisme
Beïnvloed deur Eugène Delacroix, Édouard Manet, Camille Pissarro
Beïnvloed Henri Matisse, Pablo Picasso, Arshile Gorky, Caziel

Lewe en werk

Vroeë jare en familie

Die Cézannes was van die dorp Saint-Sauveur, Occitanië. Paul is in Aix-en-Provence gebore.[3] Sy pa[4] was die stigter van die bankmaatskappy Banque Cézanne et Cabassol en het deur die kunstenaar se lewe vir hom finansiële sekuriteit gebied, en Cézanne het eindelik goed geërf.[5]

 
Femme au Chapeau Vert (Vrou met ’n Groen Hoed (Madame Cézanne), 1894–1895.

Sy ma, Anne Elisabeth Honorine Aubert,[6] was "lewendig en romanties",[7] en dit is van haar dat Cézanne sy begrip en visie van die lewe gekry het.[7] Hy het twee jonger susters, Marie en Rose, gehad.[3][8]

Hy het die Saint Joseph-skool in Aix[9] en die Collège Bourbon (nou Collège Mignet) bygewoon. By laasgenoemde skool het hy Émile Zola ontmoet en bevriend, asook Baptistin Baille – die drie vriende het bekend geword as les trois inséparables ("die drie onafskeidbares"). Van 1858 tot 1861 het Cézanne op sy pa se aandrang regte studeer, terwyl hy ook tekenlesse gekry het.[10]

Teen sy pa se wil het hy besluit om ’n kunstenaar te word; hy het in 1861 van Aix na Parys verhuis, waar Zola reeds gewoon het.

Kunsstyl

 
Les joueurs de cartes (Die Kaartspelers), 1892–95, olie op doek, 60 x 73 cm, Courtauld-kunsinstituut, Londen.

In Parys het Cézanne die impressionistiese kunstenaar Camille Pissarro ontmoet. Aanvanklik was hul verhouding een van meester en leerling, waarin Pissarro ’n groot invloed op die jong kunstenaar gehad het, maar in die volgende dekade het hulle as gelykes saam op uitstappies gegaan om landskappe te skilder.

Cézanne se vroeëre werk was dikwels van ’n figuur in die landskap en sluit baie skilderye in van groepe groot, swaar figure. Later in sy loopbaan was hy meer daarin geïnteresseerd om van regstreekse waarneming af te werk en hy het geleidelik ’n ligte, nonchalante styl ontwikkel. Later was daar tekens van ’n stewige, amper argitektoniese styl. Deur sy lewe het hy probeer om ’n oorspronklike waarneming van die wêreld uit te beeld op die beste moontlike manier waarop hy dit met verf kon regkry. Daarvoor het hy alles wat hy waargeneem het, in eenvoudige vorms en kleurvlakke georden. Sy stelling dat hy "impressionisme iets solieds en blywends wil maak, soos die kuns van die museums",[11] en sy standpunt dat hy besig was om Poussin "volgens die natuur" te herskep, het sy begeerte onderstreep om die waarneming van die natuur en die permanensie van klassieke komposisie saam te voeg.

 
Les Grandes Baigneuses (Die Groot Swemmers), 1898–1905.

Uitstallings en onderwerpe

 
Die Kunstenaar se Pa, wat "L'Événement" Lees, 1866, Nasionale Kunsgalery, Washington.

Cézanne se skilderye is op die eerste uitstalling van die Salon des Refusés in 1863 tentoongestel – dit was werke wat nie vir die Salon van die Paryse Académie des Beaux-Arts aanvaar is nie. Die Salon het Cézanne se voorleggings elke jaar van 1864 tot 1869 verwerp. Hy het tot in 1882 skilderye aan hulle voorgelê. In daardie jaar, danksy sy medekunstenaar Antoine Guillemet, is sy Portrait de M.L.A., moontlik Portret van Louis-Auguste Cézanne, die Kunstenaar se Pa, wat "L'Événement" Lees, 1866,[12] aanvaar – sy eerste en laaste suksesvolle voorlegging aan die Salon.[13][14]

 
Stillewe met ’n Gordyn, 1895.

Voor 1895 het Cézanne twee keer skilderye op die impressioniste se jaarlikse uitstalling gehad: in 1874 en 1877. In later jare is ’n paar individuele skildery op verskeie plekke uitgestal, tot in 1895 toe die Paryse kunshandelaar Ambroise Vollard die kunstenaar sy eerste solo-uitstalling gegee het. Ondanks toenemende openbare erkenning en finansiële sukses, het Cézanne verkies om in afsondering te werk, gewoonlik in die suide van Frankryk, ver weg van Parys.

Hy het op ’n paar onderwerpe gekonsentreer en was ewe suksesvol in elk van dié genres: stillewes, portrette, landskappe en studies van swemmers. Vir laasgenoemde moes Cézanne grootliks op sy verbeelding staatmaak weens die gebrek aan naakmodelle. Nes sy landskappe het die inspirasie vir sy portrette gekom van wat aan hom bekend was; daarom het nie net sy vrou en seun as onderwerpe gedien nie, maar ook plaaslike boere, kinders en sy kunshandelaar. Sy stillewes is terseldertyd dekoratief, met dik, plat oppervlakke, en met ’n gewig wat aan Gustave Courbet herinner.

Die rekwisiete vir sy werk is steeds nes hy hulle gelos het in sy ateljee in die voorstede van die moderne Aix.

 
Die Overture aan Tannhäuser: Die Kunstenaar se Ma en Suster, 1868, Hermitage, Sint Petersburg.

Dood

Cézanne was eendag in ’n storm terwyl hy in die veld gewerk het.[15] Ná twee uur in die reën het hy eers besluit om huis toe te gaan, maar op pad het hy ineengestort. Die volgende dag het hy flou geword terwyl hy verder probeer werk het. Die model wat vir hom poseer het, het hulp ontbied. Hy is bed toe, maar het nooit weer opgestaan nie.[15] Hy is ’n paar dae later, op 22 Oktober 1906, aan longontsteking dood.[15][16]

Hooftydperke van Cézanne se werk

Verskeie tydperke in die lewe en werk van Cézanne word onderskei.[17]

Donker tydperk, Parys – 1861–1870

In 1863 het Napoleon III die Salon des Refusés geskep, waar skilderye tentoongestel is wat vir uitstalling in die Salon van die Académie des Beaux-Arts afgekeur is. Die kunstenaars van die afgekeurde werke sluit in die jong impressioniste, wat as revolusionêr beskou is. Cézanne is deur hul styl beïnvloed, maar sy sosiale verhouding met hulle was nie goed nie – hy het onbeskof, skaam, kwaad en depressief voorgekom. Sy werk uit hierdie tydperk word gekenmerk deur donker kleure en baie swart. Hulle het baie verskil van sy vroeëre waterverfskilderye en sketse by die École Spéciale de Dessin in 1859 in Aix-en-Provence, en hul gewelddadige uitbeelding is in kontras met sy daaropvolgende werk.

In 1866-'67 het Cézanne, geïnspireer deur die voorbeeld van Courbet, ’n reeks skilderye met ’n paletmes geverf. Hy het dié werk, meestal portrette, later une couillarde genoem – ’n lelike woord vir vertonerige viriliteit.[18] Die Engelse kunstenaar en skrywer Lawrence Gowing het geskryf Cézanne se paletmes-fase "was nie net die skepping van moderne ekspressionisme nie, maar die idee van kuns as ’n emosionele ejakulasie is op hierdie oomblik gebore".[18]

Onder die couillarde-skilderye is ’n reeks portrette van sy oom Dominique waarin Cézanne ’n styl behaal het "wat so volledig was as wat impressionisme onvolledig was".[19] Latere werke van die donker tydperk sluit in verskeie erotiese of gewelddadige onderwerpe, soos Women Dressing (c. 1867), The Rape (c. 1867) en The Murder (c. 1867–68), wat uitbeeld hoe ’n man ’n vrou doodsteek terwyl sy deur die moordenaar se vroulike helper vasgehou word.

Impressionistiese tydperk, Provence en Parys – 1870–1878

 
Jas de Bouffan, 1885–1887.

Ná die uitbreek van die Frans-Pruisiese Oorlog in Julie 1870 het Cézanne en sy minnares, Marie-Hortense Fiquet, van Parys na L'Estaque, naby Marseille, verhuis waar hy hoofsaaklik landskappe geskilder het. Hy is in Januarie 1871 tot ’n oorlogsontduiker verklaar, maar die oorlog het die volgende maand, in Februarie, geëindig en die paartjie het in die somer van 1871 teruggetrek Parys toe.

Ná die geboorte van hul seun, Paul, in Januarie 1872 in Parys het hulle na Auvers in Val-d'Oise naby Parys getrek. Cézanne se ma het van Hortense geweet, maar sy pa is nie vertel nie uit vrees vir sy reaksie. Die kunstenaar het ’n maandelikse toelae van 100 frank van hom af gekry.[20]

Camille Pissarro het in Pontoise gewoon. Daar en in Auvers het hy en Cézanne saam landskappe geskilder. Vir ’n lang tyd daarna het Cézanne homself beskryf as Pissarro se leerling, en gesê: "Ons stam almal van Pissarro af."[21] Onder sy invloed het Cézanne ophou donker kleure gebruik en sy skilderye het heelwat kleurryker geraak.[22]

Terwyl hy Hortense in die Marseille-gebied gelos het, het Cézanne tussen Parys en Provence gependel, en in die eerste (1874) en die derde impressionistiese uitstalling (1877) werk tentoongestel. In 1875 het hy die aandag van die Duitse versamelaar Victor Chocquet getrek, en dié se kommissies het ’n mate van finansiële verligting gebring. Maar Cézanne se tentoongestelde werke het spot, woede en sarkasme uitgelok.

In Maart 1878 het Cézanne se pa van Hortense uitgevind en gedreig om Cézanne finansieel nie verder te help nie. In September het hy egter sy houding versag en besluit om hom en sy gesin ’n toelae van 400 frank te gee. Cézanne het tussen Parys en Provence bly pendel totdat Louis-Auguste vir hom in die vroeë 1880's ’n ateljee by sy huis, Bastide du Jas de Bouffan, laat bou het. Cézanne het nou in L'Estaque gebly. Hy het in 1882 daar saam met Renoir geskilder en Renoir en Monet in 1883 besoek.[23]

Volwasse tydperk, Provence – 1878–1890

 
Mont Sainte-Victoire, c. 1887, Courtauld-kunsinstituut.
 
Harlequin, 1888-'90, olie op doek, National Gallery of Art.

Sedert die vroeë 1880's het die Cézannes permanent in Provence gewoon, onafhanklik van die Parysgebaseerde impressioniste. Hortense se broer het ’n huis met ’n uitsig op Berg Sainte-Victoire by Estaque gehad. ’n Reeks skilderye van dié berg tussen 1880 en 1883 en ander van Gardanne tussen 1885 en 1888 word soms die "Konstruktiewe Tydperk" genoem.

Die jaar 1886 was ’n keerpunt vir die familie. Cézanne het met Hortense getrou; in dieselfde jaar is Cézanne se pa oorlede en hy het die huis geërf. Cézanne was 47. Teen 1888 het die familie in die voormalige herehuis, Jas de Bouffan, in nuutgevonde gerief gewoon.

In dieselfde jaar het Cézanne sy vriendskap met Émile Zola beëindig nadat dié hom grootliks gebruik het as basis vir sy onsuksesvolle en tragiese kunstenaarskarakter in die roman L'Œuvre. Cézanne het dit as verraad deur ’n vriend beskou.

Finale tydperk, Provence – 1890–1906

 
Pyramid of Skulls, c. 1901. Die dramatiese aanvaarding van die dood het verskeie stillewes geïnspireer wat Cézanne in sy finale tydperk tussen 1898 en 1905 geskilder het met die kopbene as tema.

Cézanne se idilliese tydperk by Jas de Bouffan was van korte duur. Van 1890 tot met sy dood het hy ’n paar onaangename ondervindings gehad en hy het hom verder in sy werk teruggetrek; hy het lang rukke as ’n kluisenaar gelewe. Sy skilderye het bekend en gesog geraak en ’n nuwe geslag skilders het hom met respek bejeën.

Die probleme het begin toe die skilder in 1890 diabetes kry. Dit het sy persoonlikheid so beïnvloed dat sy verhouding met ander gespanne was. Hy het saam met Hortense en hul seun na Switserland gereis, dalk in die hoop om hul huwelik te red. Cézanne het egter na Provence teruggekeer en Hortense en Paul jr. na Parys. Weens haar geldsake moes Hortense noodgedwonge terugkeer na Provence, maar hulle het aparte woonkwartiere gehad. Cézanne het by sy ma en suster ingetrek.

Cézanne het weer tussen Jas de Bouffan en Parys begin pendel. In 1895 is sy ma oorlede. Cézanne het die huis by Jas de Bouffan verkoop en ’n plek aan Rue Boulegon gehuur waar hy ’n ateljee gebou het. Dit het gelyk of sy verhouding met sy vrou dalk herstel kon word. Dit het egter nie gewerk nie en hy het ’n plek nodig gehad waar hy alleen kon wees. In 1901 het hy grond aan die Chemin des Lauves, ’n stil straat in Aix, gekoop en ’n ateljee daar laat bou (wat nou vir die publiek oop is). Hy het in 1903 daarheen getrek. Intussen het hy ’n nuwe testament opgestel waarin hy al sy besittings aan sy seun nalaat.

 
Madame Cézanne (Hortense Fiquet, 1850–1922) in a Red Dress (1888–90), olie op doek, Metropolitan Museum of Art, New York.

Van 1903 tot met sy dood het hy in dié ateljee geskilder. Ná sy dood het dit ’n monument, Atelier Paul Cézanne, geword.

Galery

Skilderye

Stillewes

Waterverfskilderye

Portrette en selfportrette

Verwysings

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Ensiklopedie van die Wêreld, Deel 3. 1971. N.V. Uitgeversmaatskappij, Amsterdam, Nederland.
  3. 3,0 3,1 J. Lindsay Cézanne; his life and art, p.6
  4. . Guarda-Mor, Edição de Publicações Multimédia Lda. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 March 2007. Besoek op 27 Februarie 2007.
  5. . Biography.com]] (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2011. Besoek op 17 Februarie 2007.
  6. . Guarda-Mor, Edição de Publicações Multimédia Lda. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2007. Besoek op 27 Februarie 2007.
  7. 7,0 7,1 A. Vollard First Impressions, p.16
  8. A. Vollard, First Impressions, p.14
  9. P. Machotka Narration and Vision, p.9
  10. P. Cézanne Paul Cézanne, letters, p.10
  11. Paul Cézanne, Briewe, geredigeer deur John Rewald, 1984.
  12. The Artist's Father, Reading "L'Événement", 1866, National Gallery of Art, Washington, D.C
  13. Gowing 1988, p. 110
  14. Société des artistes français, catalogue illustré, Salon 1882, Cézanne, Portrait de M.L.A., p.32, no.520
  15. 15,0 15,1 15,2 Vollard, p.113–114
  16. "Paul Cézanne 1839–1906". MyStudios.com (in Engels). vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 18 Februarie 2007.
  17. Die skema wat hier gebruik word, is dié van die Encyclopædia Britannica.
  18. 18,0 18,1 Gowing 1988, p. 10.
  19. Gowing 1988, p. 104.
  20. "Cézanne in Provence: A Provençal Chronology of Cézanne: 1870–1879" 22 September 2015 op Wayback Machine, National Gallery of Art. URL besoek op 14 Februarie 2015.
  21. Brion 1974, p. 26
  22. Rosenblum 1989, p. 348
  23. "Cézanne in Provence: A Provençal Chronology of Cézanne: 1880–1889" 15 Februarie 2015 op Wayback Machine, National Gallery of Art. URL besoek op 14 Februarie 2015.

Paul Cézanne
paul, cézanne, januarie, 1839, oktober, 1906, franse, kunstenaar, postimpressionistiese, skilder, werk, gehelp, fondament, oorgang, 19de, eeuse, kuns, nuwe, radikaal, verskillende, kunswêreld, 20ste, dikwels, wilde, herhalende, kwashale, baie, tipies, maklik, . Paul Cezanne 19 Januarie 1839 22 Oktober 1906 was n Franse kunstenaar en postimpressionistiese skilder wie se werk gehelp het om die fondament te le vir die oorgang van 19de eeuse kuns na n nuwe radikaal verskillende kunswereld in die 20ste eeu 1 Sy dikwels wilde herhalende kwashale is baie tipies en maklik herkenbaar Hy het vlakke kleur en klein kwashale gebruik wat opbou om komplekse velde te skep Cezanne se skilderye weerspieel sy intense bestudering van sy onderwerpe Sy invloed op die beeldende kunste was enorm veral op latere genres soos die kubisme fauvisme en ekspressionisme 2 Paul CezanneCezanne omstreeks 1861 Gebore 1839 01 19 19 Januarie 1839 Aix en Provence FrankrykSterf 22 Oktober 1906 op 67 Aix en ProvenceNasionaliteit FransVeld SkilderyBeweging PostimperessionismeBeinvloed deur Eugene Delacroix Edouard Manet Camille PissarroBeinvloed Henri Matisse Pablo Picasso Arshile Gorky Caziel Inhoud 1 Lewe en werk 1 1 Vroee jare en familie 1 2 Kunsstyl 1 3 Uitstallings en onderwerpe 1 4 Dood 2 Hooftydperke van Cezanne se werk 2 1 Donker tydperk Parys 1861 1870 2 2 Impressionistiese tydperk Provence en Parys 1870 1878 2 3 Volwasse tydperk Provence 1878 1890 2 4 Finale tydperk Provence 1890 1906 3 Galery 3 1 Skilderye 3 2 Stillewes 3 3 Waterverfskilderye 3 4 Portrette en selfportrette 4 VerwysingsLewe en werk WysigVroee jare en familie Wysig Die Cezannes was van die dorp Saint Sauveur Occitanie Paul is in Aix en Provence gebore 3 Sy pa 4 was die stigter van die bankmaatskappy Banque Cezanne et Cabassol en het deur die kunstenaar se lewe vir hom finansiele sekuriteit gebied en Cezanne het eindelik goed geerf 5 Femme au Chapeau Vert Vrou met n Groen Hoed Madame Cezanne 1894 1895 Sy ma Anne Elisabeth Honorine Aubert 6 was lewendig en romanties 7 en dit is van haar dat Cezanne sy begrip en visie van die lewe gekry het 7 Hy het twee jonger susters Marie en Rose gehad 3 8 Hy het die Saint Joseph skool in Aix 9 en die College Bourbon nou College Mignet bygewoon By laasgenoemde skool het hy Emile Zola ontmoet en bevriend asook Baptistin Baille die drie vriende het bekend geword as les trois inseparables die drie onafskeidbares Van 1858 tot 1861 het Cezanne op sy pa se aandrang regte studeer terwyl hy ook tekenlesse gekry het 10 Teen sy pa se wil het hy besluit om n kunstenaar te word hy het in 1861 van Aix na Parys verhuis waar Zola reeds gewoon het Kunsstyl Wysig Les joueurs de cartes Die Kaartspelers 1892 95 olie op doek 60 x 73 cm Courtauld kunsinstituut Londen In Parys het Cezanne die impressionistiese kunstenaar Camille Pissarro ontmoet Aanvanklik was hul verhouding een van meester en leerling waarin Pissarro n groot invloed op die jong kunstenaar gehad het maar in die volgende dekade het hulle as gelykes saam op uitstappies gegaan om landskappe te skilder Cezanne se vroeere werk was dikwels van n figuur in die landskap en sluit baie skilderye in van groepe groot swaar figure Later in sy loopbaan was hy meer daarin geinteresseerd om van regstreekse waarneming af te werk en hy het geleidelik n ligte nonchalante styl ontwikkel Later was daar tekens van n stewige amper argitektoniese styl Deur sy lewe het hy probeer om n oorspronklike waarneming van die wereld uit te beeld op die beste moontlike manier waarop hy dit met verf kon regkry Daarvoor het hy alles wat hy waargeneem het in eenvoudige vorms en kleurvlakke georden Sy stelling dat hy impressionisme iets solieds en blywends wil maak soos die kuns van die museums 11 en sy standpunt dat hy besig was om Poussin volgens die natuur te herskep het sy begeerte onderstreep om die waarneming van die natuur en die permanensie van klassieke komposisie saam te voeg Les Grandes Baigneuses Die Groot Swemmers 1898 1905 Uitstallings en onderwerpe Wysig Die Kunstenaar se Pa wat L Evenement Lees 1866 Nasionale Kunsgalery Washington Cezanne se skilderye is op die eerste uitstalling van die Salon des Refuses in 1863 tentoongestel dit was werke wat nie vir die Salon van die Paryse Academie des Beaux Arts aanvaar is nie Die Salon het Cezanne se voorleggings elke jaar van 1864 tot 1869 verwerp Hy het tot in 1882 skilderye aan hulle voorgele In daardie jaar danksy sy medekunstenaar Antoine Guillemet is sy Portrait de M L A moontlik Portret van Louis Auguste Cezanne die Kunstenaar se Pa wat L Evenement Lees 1866 12 aanvaar sy eerste en laaste suksesvolle voorlegging aan die Salon 13 14 Stillewe met n Gordyn 1895 Voor 1895 het Cezanne twee keer skilderye op die impressioniste se jaarlikse uitstalling gehad in 1874 en 1877 In later jare is n paar individuele skildery op verskeie plekke uitgestal tot in 1895 toe die Paryse kunshandelaar Ambroise Vollard die kunstenaar sy eerste solo uitstalling gegee het Ondanks toenemende openbare erkenning en finansiele sukses het Cezanne verkies om in afsondering te werk gewoonlik in die suide van Frankryk ver weg van Parys Hy het op n paar onderwerpe gekonsentreer en was ewe suksesvol in elk van die genres stillewes portrette landskappe en studies van swemmers Vir laasgenoemde moes Cezanne grootliks op sy verbeelding staatmaak weens die gebrek aan naakmodelle Nes sy landskappe het die inspirasie vir sy portrette gekom van wat aan hom bekend was daarom het nie net sy vrou en seun as onderwerpe gedien nie maar ook plaaslike boere kinders en sy kunshandelaar Sy stillewes is terseldertyd dekoratief met dik plat oppervlakke en met n gewig wat aan Gustave Courbet herinner Die rekwisiete vir sy werk is steeds nes hy hulle gelos het in sy ateljee in die voorstede van die moderne Aix Die Overture aan Tannhauser Die Kunstenaar se Ma en Suster 1868 Hermitage Sint Petersburg Dood Wysig Cezanne was eendag in n storm terwyl hy in die veld gewerk het 15 Na twee uur in die reen het hy eers besluit om huis toe te gaan maar op pad het hy ineengestort Die volgende dag het hy flou geword terwyl hy verder probeer werk het Die model wat vir hom poseer het het hulp ontbied Hy is bed toe maar het nooit weer opgestaan nie 15 Hy is n paar dae later op 22 Oktober 1906 aan longontsteking dood 15 16 Hooftydperke van Cezanne se werk WysigVerskeie tydperke in die lewe en werk van Cezanne word onderskei 17 Donker tydperk Parys 1861 1870 Wysig In 1863 het Napoleon III die Salon des Refuses geskep waar skilderye tentoongestel is wat vir uitstalling in die Salon van die Academie des Beaux Arts afgekeur is Die kunstenaars van die afgekeurde werke sluit in die jong impressioniste wat as revolusioner beskou is Cezanne is deur hul styl beinvloed maar sy sosiale verhouding met hulle was nie goed nie hy het onbeskof skaam kwaad en depressief voorgekom Sy werk uit hierdie tydperk word gekenmerk deur donker kleure en baie swart Hulle het baie verskil van sy vroeere waterverfskilderye en sketse by die Ecole Speciale de Dessin in 1859 in Aix en Provence en hul gewelddadige uitbeelding is in kontras met sy daaropvolgende werk In 1866 67 het Cezanne geinspireer deur die voorbeeld van Courbet n reeks skilderye met n paletmes geverf Hy het die werk meestal portrette later une couillarde genoem n lelike woord vir vertonerige viriliteit 18 Die Engelse kunstenaar en skrywer Lawrence Gowing het geskryf Cezanne se paletmes fase was nie net die skepping van moderne ekspressionisme nie maar die idee van kuns as n emosionele ejakulasie is op hierdie oomblik gebore 18 Onder die couillarde skilderye is n reeks portrette van sy oom Dominique waarin Cezanne n styl behaal het wat so volledig was as wat impressionisme onvolledig was 19 Latere werke van die donker tydperk sluit in verskeie erotiese of gewelddadige onderwerpe soos Women Dressing c 1867 The Rape c 1867 en The Murder c 1867 68 wat uitbeeld hoe n man n vrou doodsteek terwyl sy deur die moordenaar se vroulike helper vasgehou word Impressionistiese tydperk Provence en Parys 1870 1878 Wysig Jas de Bouffan 1885 1887 Na die uitbreek van die Frans Pruisiese Oorlog in Julie 1870 het Cezanne en sy minnares Marie Hortense Fiquet van Parys na L Estaque naby Marseille verhuis waar hy hoofsaaklik landskappe geskilder het Hy is in Januarie 1871 tot n oorlogsontduiker verklaar maar die oorlog het die volgende maand in Februarie geeindig en die paartjie het in die somer van 1871 teruggetrek Parys toe Na die geboorte van hul seun Paul in Januarie 1872 in Parys het hulle na Auvers in Val d Oise naby Parys getrek Cezanne se ma het van Hortense geweet maar sy pa is nie vertel nie uit vrees vir sy reaksie Die kunstenaar het n maandelikse toelae van 100 frank van hom af gekry 20 Camille Pissarro het in Pontoise gewoon Daar en in Auvers het hy en Cezanne saam landskappe geskilder Vir n lang tyd daarna het Cezanne homself beskryf as Pissarro se leerling en gese Ons stam almal van Pissarro af 21 Onder sy invloed het Cezanne ophou donker kleure gebruik en sy skilderye het heelwat kleurryker geraak 22 Terwyl hy Hortense in die Marseille gebied gelos het het Cezanne tussen Parys en Provence gependel en in die eerste 1874 en die derde impressionistiese uitstalling 1877 werk tentoongestel In 1875 het hy die aandag van die Duitse versamelaar Victor Chocquet getrek en die se kommissies het n mate van finansiele verligting gebring Maar Cezanne se tentoongestelde werke het spot woede en sarkasme uitgelok In Maart 1878 het Cezanne se pa van Hortense uitgevind en gedreig om Cezanne finansieel nie verder te help nie In September het hy egter sy houding versag en besluit om hom en sy gesin n toelae van 400 frank te gee Cezanne het tussen Parys en Provence bly pendel totdat Louis Auguste vir hom in die vroee 1880 s n ateljee by sy huis Bastide du Jas de Bouffan laat bou het Cezanne het nou in L Estaque gebly Hy het in 1882 daar saam met Renoir geskilder en Renoir en Monet in 1883 besoek 23 Volwasse tydperk Provence 1878 1890 Wysig Mont Sainte Victoire c 1887 Courtauld kunsinstituut Harlequin 1888 90 olie op doek National Gallery of Art Sedert die vroee 1880 s het die Cezannes permanent in Provence gewoon onafhanklik van die Parysgebaseerde impressioniste Hortense se broer het n huis met n uitsig op Berg Sainte Victoire by Estaque gehad n Reeks skilderye van die berg tussen 1880 en 1883 en ander van Gardanne tussen 1885 en 1888 word soms die Konstruktiewe Tydperk genoem Die jaar 1886 was n keerpunt vir die familie Cezanne het met Hortense getrou in dieselfde jaar is Cezanne se pa oorlede en hy het die huis geerf Cezanne was 47 Teen 1888 het die familie in die voormalige herehuis Jas de Bouffan in nuutgevonde gerief gewoon In dieselfde jaar het Cezanne sy vriendskap met Emile Zola beeindig nadat die hom grootliks gebruik het as basis vir sy onsuksesvolle en tragiese kunstenaarskarakter in die roman L Œuvre Cezanne het dit as verraad deur n vriend beskou Finale tydperk Provence 1890 1906 Wysig Pyramid of Skulls c 1901 Die dramatiese aanvaarding van die dood het verskeie stillewes geinspireer wat Cezanne in sy finale tydperk tussen 1898 en 1905 geskilder het met die kopbene as tema Cezanne se idilliese tydperk by Jas de Bouffan was van korte duur Van 1890 tot met sy dood het hy n paar onaangename ondervindings gehad en hy het hom verder in sy werk teruggetrek hy het lang rukke as n kluisenaar gelewe Sy skilderye het bekend en gesog geraak en n nuwe geslag skilders het hom met respek bejeen Die probleme het begin toe die skilder in 1890 diabetes kry Dit het sy persoonlikheid so beinvloed dat sy verhouding met ander gespanne was Hy het saam met Hortense en hul seun na Switserland gereis dalk in die hoop om hul huwelik te red Cezanne het egter na Provence teruggekeer en Hortense en Paul jr na Parys Weens haar geldsake moes Hortense noodgedwonge terugkeer na Provence maar hulle het aparte woonkwartiere gehad Cezanne het by sy ma en suster ingetrek Cezanne het weer tussen Jas de Bouffan en Parys begin pendel In 1895 is sy ma oorlede Cezanne het die huis by Jas de Bouffan verkoop en n plek aan Rue Boulegon gehuur waar hy n ateljee gebou het Dit het gelyk of sy verhouding met sy vrou dalk herstel kon word Dit het egter nie gewerk nie en hy het n plek nodig gehad waar hy alleen kon wees In 1901 het hy grond aan die Chemin des Lauves n stil straat in Aix gekoop en n ateljee daar laat bou wat nou vir die publiek oop is Hy het in 1903 daarheen getrek Intussen het hy n nuwe testament opgestel waarin hy al sy besittings aan sy seun nalaat Madame Cezanne Hortense Fiquet 1850 1922 in a Red Dress 1888 90 olie op doek Metropolitan Museum of Art New York Van 1903 tot met sy dood het hy in die ateljee geskilder Na sy dood het dit n monument Atelier Paul Cezanne geword Galery WysigSkilderye Wysig The Black Marble Clock1869 1871 A Modern Olympia1873 1874Musee d Orsay Bend in the Road Through the Forest1873 75Solomon R Guggenheim museum Mont Sainte Victoire1882 1885Metropolitan Museum of Art L Estaque1883 1885 The Bay of Marseilles view from L Estaque1885 Jas de Bouffan1885 1887Minneapolis Institute of Art Bather1885 1887Museum of Modern Art Mardi Gras Pierrot et Arlequin 1888Poesjkin museum Moskou Boy in a Red Waistcoat1888 1890National Gallery of Art Madame Cezanne in the Greenhouse1890 1892Musee de l Orangerie The House with the Cracked Walls1892 1894Metropolitan Museum of Art Chateau Noir1900 1904National Gallery of Art Washington Mont Sainte Victoire and Chateau Noir1904 1905Bridgestone kunsmuseum Tokio The Bathers1898 1905National Gallery LondenStillewes Wysig Still Life with an Open Drawer1867 1869 Musee d Orsay The Basket of Apples1890 1894Art Institute of Chicago Still Life Drapery Pitcher and Fruit Bowl1893 1894Whitney Museum of American Art New York Still Life with Cherub1895Courtauld Institute Galleries LondenWaterverfskilderye Wysig Boy with Red Vest1890 Self portrait1895 Three Pears ca 1888 90 Henry and Rose Pearlman Collection Pine Tree in Front of the Caves above Chateau Noir ca 1900 Princeton University Art Museum Mill at the River1900 1906 Study of a Skull 1902 04 Henry and Rose Pearlman Collection Still Life with Carafe Bottle and Fruit 1906 Henry and Rose Pearlman Collection River with the Bridge of the Three Sources1906Cincinnati Art MuseumPortrette en selfportrette Wysig Portrait of Uncle Dominique1865 1867Metropolitan Museum of Art Paul Alexis reading to Emile Zola1869 1870Sao Paulo Museum of Art Self portrait1875Musee d Orsay Portrait of Victor Chocquet1876 1877 Self portrait1879 1882Kunstmuseum Bern Madame Cezanne1885 87Solomon R Guggenheim Museum Portrait of Paul Cezanne s SonPastel1888 1890The National Gallery of Art Washington Madame Cezanne in a Red Dressc 1890 1894Sao Paulo Museum of Art Self portrait with Beret1898 1900Museum of Fine Arts Boston Woman with a CoffeepotOlie op doekc 1895Musee d OrsayVerwysings Wysig HAT Taal en feitegids Pearson Desember 2013 ISBN 978 1 77578 243 8 Ensiklopedie van die Wereld Deel 3 1971 N V Uitgeversmaatskappij Amsterdam Nederland 3 0 3 1 J Lindsay Cezanne his life and art p 6 Louis Auguste Cezanne Guarda Mor Edicao de Publicacoes Multimedia Lda Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 March 2007 Besoek op 27 Februarie 2007 Paul Cezanne Biography 1839 1906 Biography com in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2011 Besoek op 17 Februarie 2007 Louis Auguste Cezanne Guarda Mor Edicao de Publicacoes Multimedia Lda Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2007 Besoek op 27 Februarie 2007 7 0 7 1 A Vollard First Impressions p 16 A Vollard First Impressions p 14 P Machotka Narration and Vision p 9 P Cezanne Paul Cezanne letters p 10 Paul Cezanne Briewe geredigeer deur John Rewald 1984 The Artist s Father Reading L Evenement 1866 National Gallery of Art Washington D C Gowing 1988 p 110 Societe des artistes francais catalogue illustre Salon 1882 Cezanne Portrait de M L A p 32 no 520 15 0 15 1 15 2 Vollard p 113 114 Paul Cezanne 1839 1906 MyStudios com in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020 Besoek op 18 Februarie 2007 Die skema wat hier gebruik word is die van die Encyclopaedia Britannica 18 0 18 1 Gowing 1988 p 10 Gowing 1988 p 104 Cezanne in Provence A Provencal Chronology of Cezanne 1870 1879 Geargiveer 22 September 2015 op Wayback Machine National Gallery of Art URL besoek op 14 Februarie 2015 Brion 1974 p 26 Rosenblum 1989 p 348 Cezanne in Provence A Provencal Chronology of Cezanne 1880 1889 Geargiveer 15 Februarie 2015 op Wayback Machine National Gallery of Art URL besoek op 14 Februarie 2015 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Paul Cezanne amp oldid 2446466,