×
Sangvoëls

Sangvoëls (Passeriformes) is 'n besonder groot orde van moderne voëls (Aves). Ongeveer 60% van alle lewende voëlspesies behoort aan die orde. Sangvoëls is waarskynlik die jongste orde van voëls en stam uit die Oligoseen- of moontlik uit die Eoseen-tydperk. Die meeste van hulle is kleinerig en die meeste kan baie goed sing.

Sangvoëls
Tydperk:52–0 m. jaar gelede
'n Huismossie (Passer domesticus)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Passeriformes

Linnaeus, 1758
Subordes
  • Acanthisitti
  • Tyranni
  • Passeri
Diversiteit
Ongeveer 100 families met 5,400 spesies

Sangvoëls is bekend vir hulle musikale getjirp. Hulle het 'n besonder goed ontwikkelde sirinks (stemorgaan) wat hulle op musikale gebied van ander voëls onderskei. Sewe spiere word ingespan om verskillende note te produseer.

Inhoud

Die sangstrottehoof (sirinks) lê waar die lugpyp (trachea) in twee bronchiale buise verdeel. Aan die binnekant daarvan is 'n aantal stemvliese (stembande) wat vibreer wanneer lug daaroor stroom. Die lugpyp werk soos ʼn klankkas en hoe langer die pyp is, hoe dieper is die klank. Met behulp van die sirinksspiere kan druk op die stemvliese uitgeoefen word en so kan die geluid verander word.

Die aantal sirinksspiere wissel van een tot nege, maar in die meeste gevalle is daar vier of meer. Hierdie hoë graad van ontwikkeling van die sirinks word slegs by sangvoëls aangetref en nie-sangvoëls kan gevolglik nie sulke afwisselende en gekompliseerde geluide voortbring nie. Sangvoëlgeluide kan in twee tipes verdeel word, naamlik roepgeluide en sanggeluide.

Roepgeluide is geluide wat blykbaar geneties vasgelê is en ook by nie-sangvoëls voorkom. Voorbeelde hiervan is die geluide waarmee die klein voëltjies voedsel vra, alarmgeluide, lokgeluide en kontakgeluide tussen lede van 'n swerm. Sangvoëls se tipiese sanggeluide ontwikkel geleidelik en is deels geneties vasgelê en moet deels aangeleer word.

Die belangrikheid van genetiese en aangeleerde faktore verskil by verskillende voëls. Die bou van die sirinks verskil dikwels by die mannetjies en wyfies van 'n spesie en oor die algemeen maak mannetjies baie meer geluide as wyfies. Sommige voëls, soos kraaie en mossies, het baie goed ontwikkelde sirinkse, maar sing nie goed of glad nie.

Sangvoëls leer hul geluide deels deur die van hul soortgenote na te boots. Op die manier word plaaslike "dialekte" van een geslag na ʼn ander oorgedra. Soms neem voëls ook ander geluide, soos hoenders se gekekkel of honde se blaf, in hul sang op. Verskeie voëls, soos die mikstertbyevanger (Dicrurus adsimilis) en die Heuglin-janfrederik (Cossypha heuglini), kan die geluide van ander voëls en ander klanke naboots.

Sommige sangvoëls verdedig die hele jaar 'n territorium en hul sang kan dwarsdeur die jaar

gehoor word. Sodra hulle buite hul territorium kom, hou hulle op met sing. Die meeste sangvoëls verdedig egter nie in die winter 'n territorium nie en dikwels vorm hulle dan las groepe.

Vroeg in die lente baken die mannetjies hul territoriums af deur gereeld op spesifieke plekke te sit en sing. Op grand hiervan weet ander mannetjies dat daar ʼn territorium is waarin hulle nie moet gaan nie en werklike vyandigheid word selde aangetref. By 'n groot aantal voëls het die mannetjies helder kleure in die lente, wat ook dien om ander mannetjies af te skrik.

Bekende Suid-Afrikaanse voorbeelde van laasgenoemde is die rooivink (Euplectes orix) en die flap (Euplectes progne), wat albei in die winter maar valerig is, maar vroeg in die lente helder vere kry. Met hul helder kleure en hul sang lok die mannetjies ook die wyfies aan sodat paring kan plaasvind en die neste binne die territorium gebou kan word (by die meeste sangvoëls). By ander sangvoëls word die nes eers gebou en die territorium daarna afgebaken.

Nesbougedrag is blykbaar geneties vasgelê en elke spesie bou 'n spesifieke soort nes. Die aandeel van die mannetjies en die wyfies in die bou van die nes wissel. By byvoorbeeld die wewers bou die mannetjies gewoonlik die' nes, terwyl dit by die lysters meestal deur die wyfies gedoen word.

By ander voëls het sowel die mannetjies as die wyfies deel aan die bou van die Die vorm van die neste van sangvoëls wissel van die slordige neste van mossies, waarin van feitlik enige beskikbare materiaal gebruik gemaak word, tot die uiters gesofistikeerde, gevlegte neste van wewers (familie Ploceidae). Die lewerike (familie Alaudidae) lê hul eiers eenvoudig in 'n effense holte in die grond, terwyl voëls soos sommige swaweltjies in gate in grondwal le nes maak.

Sangvoëls lê 2 tot 12 eiers met tussenpose van gewoonlik een dag. Die uitbroei daarvan duur by die meeste soorte ongeveer 12 dae en word meestal deur die wyfie gedoen. By alle sangvoëls is die kleintjies 'n rukkie kaal en hulpeloos nadat hulle uitgebroei het en nie daartoe in staat om hul eie liggaamstemperatuur te reguleer nie. Hulle is dus afhanklik van die hitte van die moeder om warm te bly. Selfs wanneer hul oë nog toe is, reageer die klein voëltjies op alle aanrakings aan die nes deur hul bekke wyd oop te sper.

Op hierdie instinktiewe gedrag reageer die ouers ook instinktief deur voedsel in die bekkies te plaas. Enige stampe teen die nes word aanvanklik deur die klein voëltjies as die aankoms van hul ouers geïnterpreteer. Na ʼn paar dae reageer die kleintjies ook wanneer die silhoeët van hul ouers bo die nes verskyn.

Die kleintjie wat die meeste skree en sy nek die verste strek, kry eerste kos. Die rand van die snawel en die mond-keelholte van die klein voëltjies is dikwels helder gekleurd sodat die kos maklik op die regte plek geplaas kan word. Die koekoeke (familie Cuculidae) is byna die enigste nie-sangvoëls waarvan die kleintjies ook sulke helder gekleurde bekke het wat hulle oopsper. Dit is 'n spesiale aanpassing omdat die eiers van koekoeke meestal in die neste van sangvoëls gelê word.

Die uitwerpsels van klein koekoeke is ook, net soos die van die kleintjies van die sangvoëls, deur 'n dun membraan omring en word deur die sangvoëls uit die nes verwyder. Die enigste sangvoël wat dit nie doen nie, is die Mexikaanse rooimossie (Carpidacus mexicanus), 'n voël wat geen moeite doen om sy nes skoon te hou nie. 'n Groot aantal klein sangvoëltjies word deur roofdiere gevang of gaan dood aan siektes, voedseltekort, koue, hael, ensovoorts.

Daar word geskat dat oor die algemeen slegs 10 tot 25 % van alle klein voëltjies volwassenheid bereik. In die natuur word die meeste sangvoëls ongeveer 3 jaar oud, maar in gevangenskap kan hulle heelwat langer leef en sommige voëls het in gevangenskap al meer as 20 jaar oud geword.

Die orde Passeriformes word dikwels in 4 subordes onderverdeel. Die Desmodactylae is voëls waarvan die 3 voorste tone van die pote gedeeltelik vergroei is. Die suborde bestaan uit slegs een familie, naamlik die breëbekke (familie Eurylaimidae), waarvan die 14 spesies in Afrika en Indo-Maleisië voorkom.

Die skreeuvoëls (suborde Clamatores) bestaan uit ongeveer 1 080 spesies, wat in 12 families verdeel word en waarvan die meeste in Amerika voorkom. Die Australiese liervoëls (familie Menuridae) en doringkruipers (familie Atrichornithidae), elk met 2 spesies, vorm die derde suborde (Suboscines of Menurae). Die lede van bogenoemde 3 subordes het almal minder as 4 paar sirinksspiere, terwyl die egte sangvoëls (suborde Oscines) 4 tot 9 paar sirinksspiere het.

Die suborde Oscines bestaan uit ongeveer 4 000 spesies (ongeveer die helfte van die totale aantal lewende voëlspesies), wat oor byna die hele wêreld versprei is. Daar is nog heelwat meningsverskil oor die indeling van hierdie suborde, en tussen 32 en 53 families word onderskei. Volgens verskeie Suid-Afrikaanse deskundiges word 20 families in Suider-Afrika aangetref.

Passeriformes


Acanthisittidae



Suboscines

Eurylaimedes




Tyranni



Furnarii





Oscines (Eintlike sangvoëls)





Lys van families

Die orde van sangvoëls bestaan (in alfabetiese volgorde) uit die volgende families:

  • Acanthisittidae
  • Acanthizidae
  • Acrocephalidae
  • Aegithalidae
  • Aegithinidae
  • Alaudidae (lewerike)
  • Artamidae
  • Atrichornithidae
  • Bernieridae
  • Bombycillidae
  • Buphagidae
  • Calcariidae
  • Callaeidae
  • Campephagidae
  • Cardinalidae
  • Certhiidae
  • Cettidae
  • Chaetopidae (rotsspringers)
  • Chloropseidae
  • Cinclidae
  • Cisticolidae (tinktinkies)
  • Climacteridae
  • Cnemophilidae
  • Coerebidae
  • Conopophagidae
  • Corcoracidae
  • Corvidae
  • Cotingidae
  • Cracticidae
  • Dasyornithidae
  • Dicaeidae
  • Dicruridae
  • Donacobiidae
  • Dulidae
  • Emberizidae
  • Erythrocercidae
  • Estrildidae
  • Eupetidae
  • Eurylaimidae
  • Formicariidae
  • Fringillidae (vinkagtiges)
  • Furnariidae
  • Grallariidae
  • Hirundinidae (swaels)
  • Hyliotidae
  • Hylocitreidae
  • Hypocoliidae
  • Icteridae
  • Irenidae
  • Laniidae (laksmanne)
  • Leiothrichidae
  • Machaerirhynchidae
  • Malaconotidae
  • Maluridae
  • Megaluridae
  • Melanocharitidae
  • Melanopareiidae
  • Meliphagidae
  • Menuridae
  • Mimidae
  • Mohoidae
  • Monarchidae
  • Motacillidae (kwikkies, koesters en kalkoentjies)
  • Muscicapidae
  • Nectariniidae (suikerbekkies)
  • Neosittidae
  • Nicatoridae
  • Notiomystidae
  • Oriolidae (wielewale)
  • Orthonychidae
  • Pachycephalidae
  • Panuridae
  • Paradisaeidae
  • Paramythiidae
  • Pardalotidae
  • Paridae (mese)
  • Parulidae
  • Passeridae
  • Pellorneidae
  • Petroicidae
  • Peucedramidae
  • Phylloscopidae
  • Picathartidae
  • Pipridae
  • Pittidae (pittas)
  • Pityriaseidae
  • Platysteiridae
  • Ploceidae (wewervoëls)
  • Polioptilidae
  • Pomatostomidae
  • Prionopidae
  • Promeropidae
  • Prunellidae
  • Psophodidae
  • Ptilogonatidae
  • Ptilonorhynchidae
  • Pycnonotidae (tiptolle)
  • Regulidae
  • Remizidae
  • Rhinocryptidae
  • Rhipiduridae
  • Scotocercidae
  • Sittidae
  • Stenostiridae
  • Sturnidae
  • Sylviidae (ouwêreldse sangers)
  • Tephrodornithidae
  • Thamnophilidae
  • Thraupidae
  • Tichodromidae
  • Timaliidae
  • Tityridae
  • Troglodytidae
  • Turdidae (lysters)
  • Tyrannidae
  • Urocynchramidae
  • Vangidae
  • Viduidae
  • Vireonidae
  • Zosteropidae (witogies)

Klassifikasie onseker

Die volgende genera se klassifikasie is onseker en hulle is nog nie in families ingedeel nie:

  • Genus Phibalura
    • Phibalura flavirostris
  • Genus Finschia
    • Finschia novaeseelandiae
  • Genus Mohoua
    • Mohoua albicilla
    • Mohoua ochrocephala
  • Genus Eulacestoma
    • Eulacestoma nigropectus
  • Genus Melampitta
    • Melampitta gigantea
    • Melampitta lugubris
  • Genus Ifrita
    • Ifrita kowaldi
  • Genus Zeledonia
    • Zeledonia coronata
  • Genus Icteria
    • Icteria virens
  • Genus Xenoligea
    • Xenoligea montana
Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei.

Publikasie datum: September 09, 2021

sangvoëls, passeriformes, besonder, groot, orde, moderne, voëls, aves, ongeveer, alle, lewende, voëlspesies, behoort, orde, waarskynlik, jongste, orde, voëls, stam, oligoseen, moontlik, eoseen, tydperk, meeste, hulle, kleinerig, meeste, baie, goed, sing, tydpe. Sangvoels Passeriformes is n besonder groot orde van moderne voels Aves Ongeveer 60 van alle lewende voelspesies behoort aan die orde Sangvoels is waarskynlik die jongste orde van voels en stam uit die Oligoseen of moontlik uit die Eoseen tydperk Die meeste van hulle is kleinerig en die meeste kan baie goed sing Sangvoels Tydperk 52 0 m jaar gelede Ps Es Os Ms Pl Ps n Huismossie Passer domesticus Wetenskaplike klassifikasieKoninkryk AnimaliaFilum ChordataKlas AvesSubklas NeornithesInfraklas NeognathaeSuperorde NeoavesOrde Passeriformes Linnaeus 1758SubordesAcanthisitti Tyranni PasseriDiversiteitOngeveer 100 families met 5 400 spesies Sangvoels is bekend vir hulle musikale getjirp Hulle het n besonder goed ontwikkelde sirinks stemorgaan wat hulle op musikale gebied van ander voels onderskei Sewe spiere word ingespan om verskillende note te produseer Inhoud 1 Sirinks en sang 2 Territorium 3 Nesbou 4 Broeisorg 5 Indeling 6 Taksonomie 6 1 Lys van families 6 2 Klassifikasie onseker 7 Sien ook 8 Verwysings 9 BronneSirinks en sang WysigDie sangstrottehoof sirinks le waar die lugpyp trachea in twee bronchiale buise verdeel Aan die binnekant daarvan is n aantal stemvliese stembande wat vibreer wanneer lug daaroor stroom Die lugpyp werk soos ʼn klankkas en hoe langer die pyp is hoe dieper is die klank Met behulp van die sirinksspiere kan druk op die stemvliese uitgeoefen word en so kan die geluid verander word Die aantal sirinksspiere wissel van een tot nege maar in die meeste gevalle is daar vier of meer Hierdie hoe graad van ontwikkeling van die sirinks word slegs by sangvoels aangetref en nie sangvoels kan gevolglik nie sulke afwisselende en gekompliseerde geluide voortbring nie Sangvoelgeluide kan in twee tipes verdeel word naamlik roepgeluide en sanggeluide Roepgeluide is geluide wat blykbaar geneties vasgele is en ook by nie sangvoels voorkom Voorbeelde hiervan is die geluide waarmee die klein voeltjies voedsel vra alarmgeluide lokgeluide en kontakgeluide tussen lede van n swerm Sangvoels se tipiese sanggeluide ontwikkel geleidelik en is deels geneties vasgele en moet deels aangeleer word Die belangrikheid van genetiese en aangeleerde faktore verskil by verskillende voels Die bou van die sirinks verskil dikwels by die mannetjies en wyfies van n spesie en oor die algemeen maak mannetjies baie meer geluide as wyfies Sommige voels soos kraaie en mossies het baie goed ontwikkelde sirinkse maar sing nie goed of glad nie Sangvoels leer hul geluide deels deur die van hul soortgenote na te boots Op die manier word plaaslike dialekte van een geslag na ʼn ander oorgedra Soms neem voels ook ander geluide soos hoenders se gekekkel of honde se blaf in hul sang op Verskeie voels soos die mikstertbyevanger Dicrurus adsimilis en die Heuglin janfrederik Cossypha heuglini kan die geluide van ander voels en ander klanke naboots Territorium WysigSommige sangvoels verdedig die hele jaar n territorium en hul sang kan dwarsdeur die jaar gehoor word Sodra hulle buite hul territorium kom hou hulle op met sing Die meeste sangvoels verdedig egter nie in die winter n territorium nie en dikwels vorm hulle dan las groepe Vroeg in die lente baken die mannetjies hul territoriums af deur gereeld op spesifieke plekke te sit en sing Op grand hiervan weet ander mannetjies dat daar ʼn territorium is waarin hulle nie moet gaan nie en werklike vyandigheid word selde aangetref By n groot aantal voels het die mannetjies helder kleure in die lente wat ook dien om ander mannetjies af te skrik Bekende Suid Afrikaanse voorbeelde van laasgenoemde is die rooivink Euplectes orix en die flap Euplectes progne wat albei in die winter maar valerig is maar vroeg in die lente helder vere kry Met hul helder kleure en hul sang lok die mannetjies ook die wyfies aan sodat paring kan plaasvind en die neste binne die territorium gebou kan word by die meeste sangvoels By ander sangvoels word die nes eers gebou en die territorium daarna afgebaken Nesbou WysigNesbougedrag is blykbaar geneties vasgele en elke spesie bou n spesifieke soort nes Die aandeel van die mannetjies en die wyfies in die bou van die nes wissel By byvoorbeeld die wewers bou die mannetjies gewoonlik die nes terwyl dit by die lysters meestal deur die wyfies gedoen word By ander voels het sowel die mannetjies as die wyfies deel aan die bou van die Die vorm van die neste van sangvoels wissel van die slordige neste van mossies waarin van feitlik enige beskikbare materiaal gebruik gemaak word tot die uiters gesofistikeerde gevlegte neste van wewers familie Ploceidae Die lewerike familie Alaudidae le hul eiers eenvoudig in n effense holte in die grond terwyl voels soos sommige swaweltjies in gate in grondwal le nes maak Broeisorg WysigSangvoels le 2 tot 12 eiers met tussenpose van gewoonlik een dag Die uitbroei daarvan duur by die meeste soorte ongeveer 12 dae en word meestal deur die wyfie gedoen By alle sangvoels is die kleintjies n rukkie kaal en hulpeloos nadat hulle uitgebroei het en nie daartoe in staat om hul eie liggaamstemperatuur te reguleer nie Hulle is dus afhanklik van die hitte van die moeder om warm te bly Selfs wanneer hul oe nog toe is reageer die klein voeltjies op alle aanrakings aan die nes deur hul bekke wyd oop te sper Op hierdie instinktiewe gedrag reageer die ouers ook instinktief deur voedsel in die bekkies te plaas Enige stampe teen die nes word aanvanklik deur die klein voeltjies as die aankoms van hul ouers geinterpreteer Na ʼn paar dae reageer die kleintjies ook wanneer die silhoeet van hul ouers bo die nes verskyn Die kleintjie wat die meeste skree en sy nek die verste strek kry eerste kos Die rand van die snawel en die mond keelholte van die klein voeltjies is dikwels helder gekleurd sodat die kos maklik op die regte plek geplaas kan word Die koekoeke familie Cuculidae is byna die enigste nie sangvoels waarvan die kleintjies ook sulke helder gekleurde bekke het wat hulle oopsper Dit is n spesiale aanpassing omdat die eiers van koekoeke meestal in die neste van sangvoels gele word Die uitwerpsels van klein koekoeke is ook net soos die van die kleintjies van die sangvoels deur n dun membraan omring en word deur die sangvoels uit die nes verwyder Die enigste sangvoel wat dit nie doen nie is die Mexikaanse rooimossie Carpidacus mexicanus n voel wat geen moeite doen om sy nes skoon te hou nie n Groot aantal klein sangvoeltjies word deur roofdiere gevang of gaan dood aan siektes voedseltekort koue hael ensovoorts Daar word geskat dat oor die algemeen slegs 10 tot 25 van alle klein voeltjies volwassenheid bereik In die natuur word die meeste sangvoels ongeveer 3 jaar oud maar in gevangenskap kan hulle heelwat langer leef en sommige voels het in gevangenskap al meer as 20 jaar oud geword Indeling WysigDie orde Passeriformes word dikwels in 4 subordes onderverdeel Die Desmodactylae is voels waarvan die 3 voorste tone van die pote gedeeltelik vergroei is Die suborde bestaan uit slegs een familie naamlik die breebekke familie Eurylaimidae waarvan die 14 spesies in Afrika en Indo Maleisie voorkom Die skreeuvoels suborde Clamatores bestaan uit ongeveer 1 080 spesies wat in 12 families verdeel word en waarvan die meeste in Amerika voorkom Die Australiese liervoels familie Menuridae en doringkruipers familie Atrichornithidae elk met 2 spesies vorm die derde suborde Suboscines of Menurae Die lede van bogenoemde 3 subordes het almal minder as 4 paar sirinksspiere terwyl die egte sangvoels suborde Oscines 4 tot 9 paar sirinksspiere het Die suborde Oscines bestaan uit ongeveer 4 000 spesies ongeveer die helfte van die totale aantal lewende voelspesies wat oor byna die hele wereld versprei is Daar is nog heelwat meningsverskil oor die indeling van hierdie suborde en tussen 32 en 53 families word onderskei Volgens verskeie Suid Afrikaanse deskundiges word 20 families in Suider Afrika aangetref Taksonomie WysigPasseriformes Acanthisittidae Suboscines Eurylaimedes Tyranni Furnarii Oscines Eintlike sangvoels Lys van families Wysig Die orde van sangvoels bestaan in alfabetiese volgorde uit die volgende families 1 Acanthisittidae Acanthizidae Acrocephalidae Aegithalidae Aegithinidae Alaudidae lewerike Artamidae Atrichornithidae Bernieridae Bombycillidae Buphagidae Calcariidae Callaeidae Campephagidae Cardinalidae Certhiidae Cettidae Chaetopidae rotsspringers Chloropseidae Cinclidae Cisticolidae tinktinkies Climacteridae Cnemophilidae Coerebidae Conopophagidae Corcoracidae Corvidae Cotingidae Cracticidae Dasyornithidae Dicaeidae Dicruridae Donacobiidae Dulidae Emberizidae Erythrocercidae Estrildidae Eupetidae Eurylaimidae Formicariidae Fringillidae vinkagtiges Furnariidae Grallariidae Hirundinidae swaels Hyliotidae Hylocitreidae Hypocoliidae Icteridae Irenidae Laniidae laksmanne Leiothrichidae Machaerirhynchidae Malaconotidae Maluridae Megaluridae Melanocharitidae Melanopareiidae Meliphagidae Menuridae Mimidae Mohoidae Monarchidae Motacillidae kwikkies koesters en kalkoentjies Muscicapidae Nectariniidae suikerbekkies Neosittidae Nicatoridae Notiomystidae Oriolidae wielewale Orthonychidae Pachycephalidae Panuridae Paradisaeidae Paramythiidae Pardalotidae Paridae mese Parulidae Passeridae Pellorneidae Petroicidae Peucedramidae Phylloscopidae Picathartidae Pipridae Pittidae pittas Pityriaseidae Platysteiridae Ploceidae wewervoels Polioptilidae Pomatostomidae Prionopidae Promeropidae Prunellidae Psophodidae Ptilogonatidae Ptilonorhynchidae Pycnonotidae tiptolle Regulidae Remizidae Rhinocryptidae Rhipiduridae Scotocercidae Sittidae Stenostiridae Sturnidae Sylviidae ouwereldse sangers Tephrodornithidae Thamnophilidae Thraupidae Tichodromidae Timaliidae Tityridae Troglodytidae Turdidae lysters Tyrannidae Urocynchramidae Vangidae Viduidae Vireonidae Zosteropidae witogies Klassifikasie onseker Wysig Die volgende genera se klassifikasie is onseker en hulle is nog nie in families ingedeel nie Genus Phibalura Phibalura flavirostris Genus Finschia Finschia novaeseelandiae Genus Mohoua Mohoua albicilla Mohoua ochrocephala Genus Eulacestoma Eulacestoma nigropectus Genus Melampitta Melampitta gigantea Melampitta lugubris Genus Ifrita Ifrita kowaldi Genus Zeledonia Zeledonia coronata Genus Icteria Icteria virens Genus Xenoligea Xenoligea montanaSien ook WysigAlfabetiese lys van Suid Afrikaanse voels Lys van Suid Afrikaanse voels Groepeer Lys van Suider Afrikaanse voels volgens wetenskaplike nameVerwysings Wysig Gill F Wright M amp Donsker D 2010 IOC World Bird Names weergawe 2 6 en Bronne WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0908409656 volume 24 bl 211 Hierdie artikel is n saadjie Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit te brei Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Sangvoels amp ol,