×
Passer (sterrebeeld)

Die Passer (Latyn: Circinus) is ’n klein, dowwe sterrebeeld aan die suidelike hemelruim. Dit is in 1756 deur die Franse sterrekundige Nicolas-Louis de Lacaille geskep en is na die instrument passer genoem; De Lacaille se belangstelling in wetenskap het meegebring dat hy die sterrebeelde wat hy geskep het, na wetenskaplike instrumente genoem het.

Passer
Latynse naam Circinus
Genitief Circini
Afkorting Cir
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 15h
Deklinasie -60º
Grootte 93 vk. grade (85ste)
Kwadrant SQ3
Besonderhede
Hoofsterre 3
Helderste ster Alpha Circini
Naaste ster Alpha Circini
Sterre helderder as 3 m 0
Sterre met planete 2
Messier-voorwerpe 0
Bayer-/Flamsteed-sterre 9
Meteoorreëns Alpha Circiniede
Aangrensende sterrebeelde
Sentour, Vlieg, Paradysvoël, Suidelike Driehoek, Winkelhaak, Wolf
Portaal Sterrekunde

Die Passer is net suid van 30°N te sien. Sy helderste ster is Alpha Circini, ’n effens veranderlike ster met ’n skynbare magnitude van 3,19. AX Circini is ’n Cepheïed-veranderlike wat met die blote oog gesien kan word en BX Circini is ’n dowwe ster wat vermoedelik uit die samesmelting van twee witdwerge ontstaan het. Twee sontipe sterre het planeetstelsels: HD 134060 het twee klein planete en HD 129445 het ’n Jupiter-agtige planeet. Die supernova SN 185 het in 185 n.C. in die Passer voorgekom en is deur Chinese waarnemers aangeteken. Twee novas is meer onlangs, in die 20ste eeu, waargeneem.

Die Melkweg loop deur die sterrebeeld, wat prominente voorwerpe bevat soos die oop sterreswerm NGC 5823 en die planetêre newel NGC 5315. Dit het ook ’n spiraalsterrestelsel, die Circinus-sterrestelsel, wat in 1977 ontdek is en die naaste Seyfert-sterrestelsel aan die Melkweg is. Die meteoorreën Alpha Circiniede, wat ook in 1977 ontdek is, straal van dié sterrebeeld uit.

Inhoud

In 1756 het die Franse sterrekundige Nicolas Louis de Lacaille die sterrebeeld op ’n kaart van die suidelike naghemel bekend gestel met die Franse naam le Compas, wat verwys het na ’n passer. Op dié kaart het hy die sterrebeelde Winkelhaak, Passer en Suidelike Driehoek as ’n groep instrumente aangedui. Die Passer het sy huidige Latynse naam, Circinus, in 1763 gekry toe De Lacaille ’n bygewerkte lugkaart gepubliseer het met Latynse name vir die sterrebeelde wat hy bekend gestel het.

Die Passer word begrens deur die sterrebeelde Sentour, Vlieg, Paradysvoël, Suidelike Driehoek, Winkelhaak en Wolf en lê langs die sterre Alpha en Beta Centauri. Dit is slegs suid van die breedtegraad 30°N te sien.

Die aanbevole afkorting van drie letters vir die sterrebeeld, soos in 1922 deur die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) aanvaar, is "Cir".

Die Passer soos dit met die blote oog gesien word.

Sterre

Die Passer is ’n dowwe sterrebeeld met net een ster wat helderder as die vierde magnitude is. Alpha Circini, ’n wit hoofreeksster met ’n skynbare magnitude van 3,19, is 54 ligjare van die Aarde af en lê 4° suid van Alpha Centauri. Dit is nie net die helderste ster in die sterrebeeld nie, maar ook die helderste voorbeeld van ’n vinnig skommelende Ap (RoAp)-ster. Dit is van die ongewone spektraaltipe A7 Vp SrCrE, wat toenemende emissies van stronsium, chroom en europium toon. Sulke tipe sterre het ongewoon geleë magneetvelde en is effens veranderlik. Alpha Circini is ’n dubbelster met ’n oranjedwerg van spektraaltipe K5 en magnitude 8,5 as metgesel. Met ’n skeiding van 5,7 boogsekondes kan die twee sterre net deur ’n teleskoop onderskei word. Die afstand tussen die twee sterre is 260 AE en dit duur 2 600 jaar om om ’n massamiddelpunt te roteer.

Die tweede helderste ster is Beta Circini, ’n wit hoofreeksster van spektraaltipe A3Va en magnitude 4,07. Dit is sowat 100 ligjare van die Aarde af. Sy deursnee is sowat 1,8 keer dié van die Son.

Gamma Circini is ’n dubbelster sowat 450 ligjare van ons; die twee komponente is net 0,8 boogsekondes van mekaar af. Die helderste komponent is ’n blouerige Be-ster van spektraaltipe B5IV+ en met ’n magnitude van 4,51. Die dowwer komponent is ’n geeldwerg met ’n magnitude van 5,5. Hulle wentel elke 180 jaar om mekaar.

Delta Circini is ook ’n dubbelster, met komponente van magnitude 5,1 en 13,4; hulle wentel elke 3,9 dae om hul massamiddelpunt. Albei is bloudwerge van onderskeidelik spektraaltipe O7III-V en O9,5V met ’n massa van sowat 22 en 12 keer dié van die Son.

Altesaam 493 veranderlike sterre in die Passer is aangeteken, maar die meeste se magnitude wissel min en hulle is taamlik dof. Verskeie sterre het planete, hoewel nie een van die moedersterre prominent is nie.

Diepruimtevoorwerpe

Drie oop sterreswerms en ’n planetêre newel word in die Passer aangetref. Almal is met ’n amateurteleskoop sigbaar. Die helderste swerm, NGC 5823, is 800 miljoen jaar oud en dek ’n gebied van 12 ligjare aan die sterrebeeld se noordgrens. Dit bevat 80 tot 100 sterre van die 10de magnitude en dowwer.

Die Hubble-ruimteteleskoop se foto van NGC 5315 met sy ingewikkelde struktuur en sentrale ster sigbaar.

Die planetêre newel NGC 5315 het ’n magnitude van 9,8 en ’n sentrale ster van magnitude 14,2. Dit is 5,2 grade wessuidwes van Alpha Circini geleë. Bernes 145 is ’n donker en refleksienewel wat in 1971 die eerste keer aangeteken is.

In die Passer word ook die Circinus-sterrestelsel aangetref wat in 1977 ontdek is. Dit is ’n relatief onverduisterde sterrestelsel (magnitude 10,6), wat ongewoon is vir sterrestelsels in sterrebeelde naby die Melkweg – hul dowwe lig word gewoonlik deur stof en gas verduister. Hierdie langwerpige spiraalstelsel, met ’n deursnee van 26 000 ligjare, is sowat 13 miljoen ligjare van die Aarde af en lê 4 grade weg van die galaktiese vlak, waar die meeste sterre voorkom. Dit is die naaste Seyfert-sterrestelsel aan die Melkweg; dit bevat dus ’n aktiewe kern.

Circinus X-1 is ’n X-straaldubbelster wat ’n neutronster insluit. Waarnemings van Circinus X-1 in Julie 2007 het die teenwoordigheid onthul van X-straalstrome wat gewoonlik in swartkolkstelsels aangetref word. Die pulsar PSR B1509-58, of die Circinus-pulsar, 19 000 ligjare van ons, het ’n stroom materiaal van 20 ligjare lank uit sy suidpool geskiet wat duidelik in die X-straalspektrum sigbaar is. Nog ’n supernova, SN 185, is in 185 n.C. deur Chinese waarnemers aangeteken en was sowat agt mande lank sigbaar.

’n Witdwerg in ’n kompakte dubbelster kan materiaal van sy metgesel vergader totdat dit ontvlam en ontplof; dit is bekend as ’n nova. Nova Circini 1926, ook bekend as X Circini, is op 3 September 1926 met ’n magnitude van 6,5 waargeneem voordat dit dowwer geword en in 1928 tussen magnitude 11,7 en 12,5 gewissel het. In 1929 het dit verdof tot magnitude 13. Nova Circini 1995 (BY Circini) het in Januarie 1995 ’n maksimum skynbare magnitude van 7,2 bereik.

Meteoorreën

Die Passer is die bron van ’n jaarlikse meteoorreën, die Alpha Circiniede. Dit is in 1977 die eerste keer in Queensland waargeneem. Die meteore het ’n gemiddelde spoed van 27,1 km/s en hou vermoedelik verband met ’n langperiodekomeet. Die reën bereik sy hoogtepunt op 4 Junie.

  1. Ridpath, Ian. . Star Tales (in Engels). vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2018. Besoek op27 Junie 2012.
  2. Ridpath, Ian. . Star Tales (in Engels). vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2020. Besoek op27 Junie 2012.
  3. Russell, Henry Norris (1922). "The New International Symbols for the Constellations". Popular Astronomy. 30: 469. Bibcode:.
  4. Moore, Patrick (2011). . Cambridge University Press. p. 410. ISBN 978-0-521-89935-2.
  5. Motz, Lloyd; Nathanson, Carol (1991). The Constellations: An Enthusiast's Guide to the Night Sky. Londen, VK: Aurum Press. p. 387. ISBN 978-1-85410-088-7.
  6. Kaler, Jim. . Stars (in Engels). Universiteit van Illinois. vanaf die oorspronklike op 17 November 2019. Besoek op26 Oktober 2012.
  7. Ridpath, Ian; Tirion, Wil (2017). Stars and Planets Guide (5de uitg.). Princeton: Princeton University Press. p. 120. ISBN 978-0-69-117788-5.
  8. . SIMBAD. Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Besoek op30 Junie 2012.
  9. Bagnall, Philip M. (2012). The Star Atlas Companion: What You Need to Know about the Constellations. New York, New York: Springer. pp. 160–62. ISBN 978-1-4614-0830-7.
  10. . SIMBAD. Centre de Données astronomiques de Strasbourg. Besoek op30 Junie 2012.
  11. Ridpath, Ian; Tirion, Wil (2001). Stars and Planets Guide. Princeton University Press. pp. 118–19. ISBN 978-0-691-08913-3.
  12. Penny, Laura R.; Seyle, Debra; Gies, Douglas R.; Harvin, James A.; Bagnuolo, Jr.; Thaller, M. L.; Fullerton, A. W.; Kaper, L. (2001). "Tomographic Separation of Composite Spectra. VII. The Physical Properties of the Massive Triple System HD 135240 (Delta Circini)". The Astrophysical Journal. 548 (2): 889–99. Bibcode:. doi:.
  13. . International Variable Star Index (in Engels). AAVSO. vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2019. Besoek op31 Januarie 2013.
  14. Mobberley, Martin (1999). The Caldwell Objects And How to Observe Them. Springer. p. 184. ISBN 978-1-4419-0326-6.
  15. Inglis, Mike (2004). . New York, New York: Springer. p. 31. ISBN 978-1-85233-742-1.
  16. Simpson, Phil (2012). Guidebook to the Constellations : Telescopic Sights, Tales, and Myths. Springer New York. pp. 743–47. ISBN 978-1-4419-6941-5.
  17. Maiolino, R; Krabbe, A.; Thatte, N.; Genzel, R. (1998). . The Astrophysical Journal. 493 (2): 650–65. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  18. For, B.-Q.; Koribalski, B. S.; Jarrett, T. H. (2012). "Gas and Star Formation in the Circinus Galaxy". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 425 (3): 1934–50 [1934]. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  19. . Chandra X-ray Observatory (in Engels). Harvard University / Nasa. 2007. vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2019. Besoek op8 Januarie 2009.
  20. (in Engels). Nasa. 24 November 2011. vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2019. Besoek op30 Junie 2012.
  21. Greeley, Bradford W.; Blair, William P.; Long, Knox S. (1995). "Hopkins Ultraviolet Telescope Observations of Nova Circini 1995 and Nova Aquilae 1995". Astrophysical Journal Letters. 454: L43–46. Bibcode:. doi:.
  22. Cannon, A.J. (1930). "Becker's Nova Circini No. 2 1926". Harvard College Observatory Bulletin. 872 (872): 1–2. Bibcode:.
  23. Jenniskens, Peter (2006). Meteor Showers and Their Parent Comets. Cambridge University Press. ISBN 978-0-521-85349-1.
  24. . Meteor Data Center. IAU. 15 November 2012. Geargiveer vanaf op 21 Februarie 2014. Besoek op31 Januarie 2013.
  25. Sherrod, P. Clay; Koed, Thomas L. (2003). A Complete Manual of Amateur Astronomy: Tools and Techniques for Astronomical Observations. Courier Dover Publications. ISBN 978-0-486-42820-8.


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf


Publikasie datum: September 26, 2021

passer, sterrebeeld, passer, latyn, circinus, klein, dowwe, sterrebeeld, suidelike, hemelruim, 1756, deur, franse, sterrekundige, nicolas, louis, lacaille, geskep, instrument, passer, genoem, lacaille, belangstelling, wetenskap, meegebring, sterrebeelde, geske. Die Passer Latyn Circinus is n klein dowwe sterrebeeld aan die suidelike hemelruim Dit is in 1756 deur die Franse sterrekundige Nicolas Louis de Lacaille geskep en is na die instrument passer genoem De Lacaille se belangstelling in wetenskap het meegebring dat hy die sterrebeelde wat hy geskep het na wetenskaplike instrumente genoem het PasserLatynse naam CircinusGenitief CirciniAfkorting CirWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 15hDeklinasie 60ºGrootte 93 vk grade 85ste Kwadrant SQ3BesonderhedeHoofsterre 3Helderste ster Alpha CirciniNaaste ster Alpha CirciniSterre helderder as 3 m 0Sterre met planete 2Messier voorwerpe 0Bayer Flamsteed sterre 9Meteoorreens Alpha CirciniedeAangrensende sterrebeeldeSentour Vlieg Paradysvoel Suidelike Driehoek Winkelhaak WolfPortaal Sterrekunde Die Passer is net suid van 30 N te sien Sy helderste ster is Alpha Circini n effens veranderlike ster met n skynbare magnitude van 3 19 AX Circini is n Cepheied veranderlike wat met die blote oog gesien kan word en BX Circini is n dowwe ster wat vermoedelik uit die samesmelting van twee witdwerge ontstaan het Twee sontipe sterre het planeetstelsels HD 134060 het twee klein planete en HD 129445 het n Jupiter agtige planeet Die supernova SN 185 het in 185 n C in die Passer voorgekom en is deur Chinese waarnemers aangeteken Twee novas is meer onlangs in die 20ste eeu waargeneem Die Melkweg loop deur die sterrebeeld wat prominente voorwerpe bevat soos die oop sterreswerm NGC 5823 en die planetere newel NGC 5315 Dit het ook n spiraalsterrestelsel die Circinus sterrestelsel wat in 1977 ontdek is en die naaste Seyfert sterrestelsel aan die Melkweg is Die meteoorreen Alpha Circiniede wat ook in 1977 ontdek is straal van die sterrebeeld uit Inhoud 1 Geskiedenis 2 Eienskappe 3 Voorwerpe 3 1 Sterre 3 2 Diepruimtevoorwerpe 3 3 Meteoorreen 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigIn 1756 het die Franse sterrekundige Nicolas Louis de Lacaille die sterrebeeld op n kaart van die suidelike naghemel bekend gestel met die Franse naam le Compas wat verwys het na n passer 1 Op die kaart het hy die sterrebeelde Winkelhaak Passer en Suidelike Driehoek as n groep instrumente aangedui 2 Die Passer het sy huidige Latynse naam Circinus in 1763 gekry toe De Lacaille n bygewerkte lugkaart gepubliseer het met Latynse name vir die sterrebeelde wat hy bekend gestel het 1 Eienskappe WysigDie Passer word begrens deur die sterrebeelde Sentour Vlieg Paradysvoel Suidelike Driehoek Winkelhaak en Wolf en le langs die sterre Alpha en Beta Centauri Dit is slegs suid van die breedtegraad 30 N te sien Die aanbevole afkorting van drie letters vir die sterrebeeld soos in 1922 deur die Internasionale Astronomiese Unie IAU aanvaar is Cir 3 Die Passer soos dit met die blote oog gesien word Voorwerpe WysigSterre Wysig Die Passer is n dowwe sterrebeeld met net een ster wat helderder as die vierde magnitude is 4 Alpha Circini n wit hoofreeksster met n skynbare magnitude van 3 19 is 54 ligjare van die Aarde af en le 4 suid van Alpha Centauri 5 Dit is nie net die helderste ster in die sterrebeeld nie maar ook die helderste voorbeeld van n vinnig skommelende Ap RoAp ster Dit is van die ongewone spektraaltipe A7 Vp SrCrE wat toenemende emissies van stronsium chroom en europium toon Sulke tipe sterre het ongewoon gelee magneetvelde en is effens veranderlik 6 Alpha Circini is n dubbelster met n oranjedwerg van spektraaltipe K5 en magnitude 8 5 as metgesel 6 Met n skeiding van 5 7 boogsekondes kan die twee sterre net deur n teleskoop onderskei word 4 7 Die afstand tussen die twee sterre is 260 AE en dit duur 2 600 jaar om om n massamiddelpunt te roteer 6 Die tweede helderste ster is Beta Circini n wit hoofreeksster van spektraaltipe A3Va en magnitude 4 07 Dit is sowat 100 ligjare van die Aarde af 8 Sy deursnee is sowat 1 8 keer die van die Son 9 Gamma Circini is n dubbelster sowat 450 ligjare van ons 10 die twee komponente is net 0 8 boogsekondes van mekaar af 4 7 Die helderste komponent is n blouerige Be ster van spektraaltipe B5IV en met n magnitude van 4 51 10 Die dowwer komponent is n geeldwerg met n magnitude van 5 5 11 Hulle wentel elke 180 jaar om mekaar 4 Delta Circini is ook n dubbelster met komponente van magnitude 5 1 en 13 4 hulle wentel elke 3 9 dae om hul massamiddelpunt Albei is bloudwerge van onderskeidelik spektraaltipe O7III V en O9 5V met n massa van sowat 22 en 12 keer die van die Son 12 Altesaam 493 veranderlike sterre in die Passer is aangeteken maar die meeste se magnitude wissel min en hulle is taamlik dof 13 Verskeie sterre het planete hoewel nie een van die moedersterre prominent is nie Diepruimtevoorwerpe Wysig Drie oop sterreswerms en n planetere newel word in die Passer aangetref Almal is met n amateurteleskoop sigbaar Die helderste swerm NGC 5823 is 800 miljoen jaar oud en dek n gebied van 12 ligjare aan die sterrebeeld se noordgrens 14 Dit bevat 80 tot 100 sterre van die 10de magnitude en dowwer 15 Die Hubble ruimteteleskoop se foto van NGC 5315 met sy ingewikkelde struktuur en sentrale ster sigbaar Die planetere newel NGC 5315 het n magnitude van 9 8 en n sentrale ster van magnitude 14 2 Dit is 5 2 grade wessuidwes van Alpha Circini gelee Bernes 145 is n donker en refleksienewel wat in 1971 die eerste keer aangeteken is In die Passer word ook die Circinus sterrestelsel aangetref wat in 1977 ontdek is 15 Dit is n relatief onverduisterde sterrestelsel magnitude 10 6 wat ongewoon is vir sterrestelsels in sterrebeelde naby die Melkweg hul dowwe lig word gewoonlik deur stof en gas verduister Hierdie langwerpige spiraalstelsel met n deursnee van 26 000 ligjare is sowat 13 miljoen ligjare van die Aarde af en le 4 grade weg van die galaktiese vlak waar die meeste sterre voorkom 16 Dit is die naaste Seyfert sterrestelsel aan die Melkweg 17 dit bevat dus n aktiewe kern 18 Circinus X 1 is n X straaldubbelster wat n neutronster insluit Waarnemings van Circinus X 1 in Julie 2007 het die teenwoordigheid onthul van X straalstrome wat gewoonlik in swartkolkstelsels aangetref word 19 Die pulsar PSR B1509 58 of die Circinus pulsar 19 000 ligjare van ons het n stroom materiaal van 20 ligjare lank uit sy suidpool geskiet wat duidelik in die X straalspektrum sigbaar is Nog n supernova SN 185 is in 185 n C deur Chinese waarnemers aangeteken en was sowat agt mande lank sigbaar 20 n Witdwerg in n kompakte dubbelster kan materiaal van sy metgesel vergader totdat dit ontvlam en ontplof dit is bekend as n nova 21 Nova Circini 1926 ook bekend as X Circini is op 3 September 1926 met n magnitude van 6 5 waargeneem voordat dit dowwer geword en in 1928 tussen magnitude 11 7 en 12 5 gewissel het In 1929 het dit verdof tot magnitude 13 22 Nova Circini 1995 BY Circini het in Januarie 1995 n maksimum skynbare magnitude van 7 2 bereik 21 Meteoorreen Wysig Die Passer is die bron van n jaarlikse meteoorreen die Alpha Circiniede Dit is in 1977 die eerste keer in Queensland waargeneem 23 Die meteore het n gemiddelde spoed van 27 1 km s en hou vermoedelik verband met n langperiodekomeet 23 24 Die reen bereik sy hoogtepunt op 4 Junie 25 Verwysings Wysig 1 0 1 1 Ridpath Ian Circinus Star Tales in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Augustus 2018 Besoek op 27 Junie 2012 Ridpath Ian Lacaille s grouping of Norma Circinus and Triangulum Australe Star Tales in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2020 Besoek op 27 Junie 2012 Russell Henry Norris 1922 The New International Symbols for the Constellations Popular Astronomy 30 469 Bibcode 1922PA 30 469R 4 0 4 1 4 2 4 3 Moore Patrick 2011 Patrick Moore s Data Book of Astronomy Cambridge University Press p 410 ISBN 978 0 521 89935 2 Motz Lloyd Nathanson Carol 1991 The Constellations An Enthusiast s Guide to the Night Sky Londen VK Aurum Press p 387 ISBN 978 1 85410 088 7 6 0 6 1 6 2 Kaler Jim Alpha Circini Stars in Engels Universiteit van Illinois Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2019 Besoek op 26 Oktober 2012 7 0 7 1 Ridpath Ian Tirion Wil 2017 Stars and Planets Guide 5de uitg Princeton Princeton University Press p 120 ISBN 978 0 69 117788 5 Beta Circini SIMBAD Centre de Donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 30 Junie 2012 Bagnall Philip M 2012 The Star Atlas Companion What You Need to Know about the Constellations New York New York Springer pp 160 62 ISBN 978 1 4614 0830 7 10 0 10 1 Gamma Circini SIMBAD Centre de Donnees astronomiques de Strasbourg Besoek op 30 Junie 2012 Ridpath Ian Tirion Wil 2001 Stars and Planets Guide Princeton University Press pp 118 19 ISBN 978 0 691 08913 3 Penny Laura R Seyle Debra Gies Douglas R Harvin James A Bagnuolo Jr Thaller M L Fullerton A W Kaper L 2001 Tomographic Separation of Composite Spectra VII The Physical Properties of the Massive Triple System HD 135240 Delta Circini The Astrophysical Journal 548 2 889 99 Bibcode 2001ApJ 548 889P doi 10 1086 319031 Circinus search results International Variable Star Index in Engels AAVSO Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2019 Besoek op 31 Januarie 2013 Mobberley Martin 1999 The Caldwell Objects And How to Observe Them Springer p 184 ISBN 978 1 4419 0326 6 15 0 15 1 Inglis Mike 2004 Astronomy of the Milky Way Observer s Guide to the Southern Sky New York New York Springer p 31 ISBN 978 1 85233 742 1 Simpson Phil 2012 Guidebook to the Constellations Telescopic Sights Tales and Myths Springer New York pp 743 47 ISBN 978 1 4419 6941 5 Maiolino R Krabbe A Thatte N Genzel R 1998 Seyfert Activity and Nuclear Star Formation in the Circinus Galaxy The Astrophysical Journal 493 2 650 65 arXiv astro ph 9709091 Bibcode 1998ApJ 493 650M doi 10 1086 305150 For B Q Koribalski B S Jarrett T H 2012 Gas and Star Formation in the Circinus Galaxy Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 425 3 1934 50 1934 arXiv 1206 4102v1 Bibcode 2012MNRAS 425 1934F doi 10 1111 j 1365 2966 2012 21416 x Circinus X 1 Neutron Stars Join the Black Hole Set Chandra X ray Observatory in Engels Harvard University Nasa 2007 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Augustus 2019 Besoek op 8 Januarie 2009 NASA Telescopes Help Solve Ancient Supernova Mystery in Engels Nasa 24 November 2011 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2019 Besoek op 30 Junie 2012 21 0 21 1 Greeley Bradford W Blair William P Long Knox S 1995 Hopkins Ultraviolet Telescope Observations of Nova Circini 1995 and Nova Aquilae 1995 Astrophysical Journal Letters 454 L43 46 Bibcode 1995ApJ 454L 43G doi 10 1086 309767 Cannon A J 1930 Becker s Nova Circini No 2 1926 Harvard College Observatory Bulletin 872 872 1 2 Bibcode 1930BHarO 872 1C 23 0 23 1 Jenniskens Peter 2006 Meteor Showers and Their Parent Comets Cambridge University Press ISBN 978 0 521 85349 1 Alpha Circinids Meteor Data Center IAU 15 November 2012 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2014 Besoek op 31 Januarie 2013 Sherrod P Clay Koed Thomas L 2003 A Complete Manual of Amateur Astronomy Tools and Techniques for Astronomical Observations Courier Dover Publications ISBN 978 0 486 42820 8 Eksterne skakels WysigThe Deep Photographic Guide to the Constellations Circinus Star Tales Circinus Circinus Constellation Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Passer sterrebeeld Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Passer sterrebeeld amp ol,