fbpx
Wikipedia

Paraguay

Paraguay (Spaans: [paɾaˈɣwaj], ; Guaraní: Paraguái, [paɾaˈɰwaj]), amptelik die Republiek Paraguay (Spaans: República del Paraguay; Guaraní: Tetã Paraguái), is 'n landingeslote land in Sentraal-Suid-Amerika. Dit grens in die noorde aan Bolivië, in die ooste aan Brasilië en in die suide en weste aan Argentinië.

República del Paraguay (Spaans)
Tetã Paraguái (Guaraní)
Republiek Paraguay
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Paz y justicia
(Spaans vir: "Vrede en Geregtigheid")
Volkslied: Paraguayos, República o Muerte
(Spaans vir: "Paraguane, republiek of dood")
Hoofstad Asunción

25°16′S 57°40′W / 25.267°S 57.667°W / -25.267; -57.667

Grootste stad Asunción
Amptelike tale Spaans en Guaraní
Regering

President
• Adjunkpresident
Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Mario Abdo Benítez
Hugo Velázquez Moreno
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Erken
• Huidige grondwet
van Spanje
14 Mei 1811
25 November 1842
20 Junie 1992
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
406 752 km2  (59ste)
157 048 myl2
2,3
Bevolking
 - 2019-skatting
 - Digtheid
 
7 153 000[1] (104de)
17,58 / km2 (210de)
45,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$99,513 miljard[1] (88ste)
$13 913[1] (96ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2019-skatting

$42,352 miljard[1] (94ste)
$5 921[1] (94ste)

MOI (2017) 0,702[2] (110de)  –  hoog
Gini (2017) 48,8[3] –  hoog
Geldeenheid Guaraní (PYG)
Tydsone
 - Somertyd
PYT (UTC-4)
PYST (UTC-3)
Internet-TLD .py
Skakelkode +595
Nasa-Satellietbeeld van Paraguay
Kaart van Paraguay

Die naam van die land beteken "water wat na die oseaan vloei" en is afgelei van die Guaraní-woorde pará ("oseaan"), gua ("na") en y ("water"). Die hoofstad is Asunción en die geldeenheid die guaraní. Die amptelike tale is Spaans en Guaraní.

Geskiedenis

Die eerste Europeërs het in die 16de eeu in Paraguay aangekom en die hoofstad, Asunción, in 1537 gestig. Die stad was berug vir 'n wilde naglewe en florerende prostitusie. Paraguay het op 14 Mei 1811 as 'n onafhanklike staat ontstaan.

Tydens die Drievoudige Alliansieoorlog (1856–1870) verloor Paraguay tweederdes van sy manlike bevolking en 'n groot deel van sy grondgebied. Vervolgens het die ekonomie vir amper 'n halfeeu gestagneer. Tussen 1954 en 1989 is die land deur 'n diktator, Alfredo Stroessner, geregeer. Sedertdien word daar egter redelike vrye presidentsverkiesings gehou.[4]

Geografie

Paraguay is een van die min lande in die wêreld sonder 'n kuslyn en is boonop baie plat ook. Die hoogste berg is Cerro Perro (842 m) en die laagste punt is op 46 m waar die Río Paraguay en die Río Paraná (albei riviere) saamvloei. Die langste rivier is egter die Río Pilcomayo wat by die hoofstad Asunción in die Río Paraná uitmond.

Algemene gegewens

 
Gran Chaco was die plek van die Chaco-oorlog (1932–35), waarin Bolivië die meeste van die betwiste gebied aan Paraguay moes afstaan

Met 'n oppervlakte van sowat 407 000 km² is Paraguay een van die kleiner Suid-Amerikaanse lande. Die land grens nie aan die see nie en word hoofsaaklik deur riviere (Parana, Pilcomayo en andere) van sy buurlande (Argentinië, Brasilië en Bolivië) geskei.

Net die noordgrens met Bolivië word nie deur 'n rivier aangedui nie. Die van noord na suid vloeiende Río Paraguay is die land se enigste verbinding met die Atlantiese Oseaan en verdeel die land in twee duidelik onderskeibare gebiede, naamlik die Oriental (die oostelike gebied) en die Occidental (die westelike gebied).

Die oostelike deel is ’n voortsetting van die Brasiliaanse plato en lê gemiddeld 300 tot 600 m bo seespieël. Dit omvat 40% van die totale grondgebied en is van wee sy vrugbare grond een van die beste landbougebiede op die vasteland. In die ooste is die gebied bergagtig. Die oostelike hellings van die bergland word deur oerwoude bedek en verskeie onbevaarbare riviere wat in die Paraná uitmond, vloei deur die gebied.

Die westelike hellings loop geleidelik af na die Río Paraguay en is die digste bevolkte gebied van die land wat hoofsaaklik uit vlaktes met hier en daar 'n heuwel bestaan. Die riviere is net deels bevaarbaar. Die westelike deel van Paraguay, die Chaco ('n Indiaanse woord vir jaggebied), beslaan 60% van die grondgebied. Dit is veral in die ooste 'n plat gebied wat uit moerasse bestaan. Die riviere is hier oor die algemeen vlak en sommige mond uit in moerasse of eindig eenvoudig êrens onderweg na die Río Paraguay.

Klimaat en plantegroei

 
Klimaatsones in Paraguay volgens die Köppen-klimaatklassifikasie
 
Landskap in Gran Chaco, Paraguay

Paraguay het 'n subtropiese klimaat en groot temperatuursveranderinge kom nie voor nie. Die reënval neem af van oos na wes, van sowat 2 000 mm per jaar by die oosgrens, tot ongeveer 800 mm per jaar in die westelike Chaco. In die gebied kom groot droogtes voor, wat vererger word deur verdamping en die poreusheid van die grond.

As dit na so ’n droogte begin reën, kom oorstromings dikwels voor. Die natuurlike plantegroei is in ooreenstemming met die reënvalsyfers. In die oostelike dele, en veral in die valleie, oorheers die tropiese woude. Die westelike hellings van die oostelike deel van Paraguay bestaan uit grasland met bosgebiede langs die riviere. Die Chaco bestaan deels uit moerasagtige streke waar die quebracho-boom (familie Apocynaceae) groei.

Uit die boombas word die quebracho-ekstrak vir leerlooiery verkry. Meer weswaarts word die plantegroei yler terwyl struike en kaktusse die algemeenste voorkom. Chaco het ’n ryk dierelewe, veral in die woude in die ooste, waar die fauna ooreenkom met die van die aangrensende gebiede van Brasilië. Vanweë die talryke soorte voëls, ape, tapirs en groot verskeidenheid van riviervisse is die gebied 'n vrugbare jaggebied vir die Indiaanse bewoners.

Taal en godsdiens

Paraguay is amptelik tweetalig en sowel Spaans as Guaraní word erken. Die Rooms-Katolieke Kerk is die staatsgodsdiens in Paraguay. Bykans 95% van die bevolking is Rooms-Katoliek, en ook die president moet 'n Rooms-Katoliek wees. Daar is egter ook heel party Protestantse kerkgenootskappe (sowat 2%) in die land.

Ekonomie

 
Asunción is die hoofstad en grootste stad van Paraguay
 
BBVA Paraguay
 
Hidrokragsentrale Yacyretá
 
Hidrokragsentrale Itaipú

Vleis en vleisprodukte is Paraguay se belangrikste uitvoerprodukte. Die veeteelt, en veral beeste (skaap- en varkboerdery is relatief onbelangrik), is die belangrikste vertakking van die landbou. Die veeteelt is baie uitgebrei en word net deur 'n beperkte aantal families beoefen. Van die 40 miljoen ha landbougrond word sowat 80% deur sowat 2 000 families bewerk.

Daar bly dus nie baie oor vir die meer as een miljoen ander Paraguane wat vir hul bestaan van die landbou afhanklik is nie. Mielies en kassawe is die belangrikste voedselgewasse, terwyl katoen, tabak en oliegewasse uitgevoer word. Vir die binnelandse mark word suikerriet, rys, grondbone en patats verbou. Sitrusvrugte, ander vrugte en koffie word op klein skaal verbou. Die verbouing van yerbe maté, die nasionale drank, is ook belangrik. Dit word ook mate, Paraguaanse tee, Brasiliëtee en Jesuïetetee genoem.

Die Jesuïete het eerste die yerbe maté as kultuurgewas gebruik. Dit word met die gedroogde blare van llex paraguariensis, 'n plant wat ook in die Chaco wild groei, voorberei. Veral vanweë die grootgrondbesit is die toestand van die Paraguaanse boere baie benard, ondanks die bestaan van 'n paar organisasies wat tegniese raad en finansiële steun verleen en beskeie pogings aanwend om die landbou te hervorm. Die bosbou word ook toenemend belangrik. Die bosbouprodukte beloop 25% van die totale uitvoer. In die oostelike deel van Paraguay kom uitgestrekte hardehoutbosse voor.

Tot betreklik onlangs was ’n aansienlike deel van die hout gebruik as brandstof vir elektriese kragsentrales en 'n klein hoeveelheid is in die vorm van vlotte oor die Río Paraná na Argentinië uitgevoer. Namate die kragvoorsiening verbeter, sal die bosbou waarskynlik 'n belangriker rol in die nasionale ekonomie speel. 'n Ander bosbouproduk is die quebracho-ekstrak, wat belangrik is vir die leerlooibedryf. Die meeste quebracho-bome groei in die oostelike deel van die Chaco, maar 'n gebrek aan vervoergeriewe belemmer die snelle ontwikkeling van die sektor. Die uitvoer van sitrusolie (Iemoenblaarolie, ’n ekstrak wat berei word uit die blare en takkies van wilde sitrusplante en in die kosmetieknywerheid gebruik word) is belangrik.

Mynbou en kragvoorsiening

Paraguay het nie 'n ryk mineralerykdom nie. Behalwe geringe mangaan- en koperontginning is net die ontginning van die natuursteengroewe van belang. Klein hoeveelhede ystererts is wel ontdek, maar die ontginning daarvan sal waarskynlik nooit lonend wees nie.

Die grootste nadeel vir die land se ekonomie is die gebrek aan fossiele brandstof. Tot onlangs is daar gemeen dat aardolievoorrade in die Chaco gevind sal word, maar die soektog het niks opgelewer nie. Daar is baie water in Paraguay en die land het 'n eie studam in die Río Acaray, 'n sytak van die Río Paraná. Een van die wêreld se grootste hidroëlektriese sentrales is in samewerking met Brasilië by 'n studam in die Río Paraná gebou. In oorleg met Argentinië is 'n studam by die eiland Yaciretá (Yaciretá-projek) gebou.

Nywerheid en vervoer

 
Kaart van nasionale paaie

Die grootste deel van die Paraguaanse nywerheid is gebaseer op die verwerking van landbouprodukte (vleisinmaakfabrieke, suikerfabrieke, fabrieke waar quebracho-ekstrak en sitrusolie berei word, saagmeulens, leerlooierye, skoenfabrieke, ensovoorts) en produseer net vir-die binnelandse mark. Tekstiel- en sementfabrieke en 'n olieraffinadery is ook onlangs opgerig. 'n Groot belemmering in die ontwikkeling van die nywerheid is die uiters gebrekkige verbindingswee.

Tot 1950 het die land net ’n 800 km lange padnetwerk gehad. Met lenings van die Wêreldbank is duisende kilometers nuwe paaie aangelê, waarvan 'n groot deel egter van swak gehalte was. So is groot dele van die Transchaco-snelweg van Asunción na die noordweste tydens die reëntyd onbegaanbaar. Die belangrikste spoornetwerk is die van Asunción na Buenos Aires. Vanweë die onvoldoende pad- en spoornetwerk is Paraguay baie afhanklik van die sowat 3 000 km bevaarbare waterweë vir die vervoer van produkte.

Die Río Paraguay is bevaarbaar tot by Concepción, wat naas die hoofstad die belangrikste hawe is. Die sentrale ligging van Paraguay binne die Suid-Amerikaanse kontinent het die land 'n belangrike sentrum vir internasionale lugvaart gemaak. Die lughawe van Asunción is toeganklik vir die grootste moderne vliegtuie en baie lugvaartmaatskappye doen daar aan. Naas 'n eie internasionale lugvaartmaatskappy het die land 'n paar maatskappye wat net binnelandse vlugte onderneem en oor vyf behoorlike lughawens beskik, waaronder een in Mariscal Estigarribia in Sentraal-Chaco.

Ekonomiese vooruitsigte

Paraguay het lank 'n positiewe handelsbalans gehad, maar dit is geruime tyd nie meer die geval nie. Die invoer van kapitaalgoedere, wat noodsaaklik is vir die ekonomiese opbou, het baie verswak. Verder moet die land baie brandstof invoer, asook verskillende nywerheidsprodukte en weeldeartikels. Die belangrikste handelsvennote is die Verenigde State, Argentinië, Duitsland, die Verenigde Koninkryk en Brasilië. Die Paraguaanse munteenheid is die guaraní.

Vanweë die aangaan van lenings, die negatiewe handelsbalans, groot militêre uitgawes en 'n belastingstelsel waardeur die rykes nie swaar betas word nie, het die land baie finansiële probleme. Ander negatiewe faktore vir die ekonomiese ontwikkeling is ernstige korrupsie, smokkelhandel van allerlei artikels, die groot tekort aan geskoolde werkkragte (baie wyk uit na Argentinië) en 'n uiters swaar belaste dienssektor. Ondanks die vooruitgang op die gebied van kragvoorsiening, die instelling van 'n infrastruktuur en landhervorming is Paraguay steeds een van die armste lande in Suid-Amerika.

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 (en) "Paraguay". Internasionale Monetêre Fonds. April 2019. Besoek op 27 Mei 2019.
  2. "2018 Human Development Report" (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2018. (PDF) vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 27 Mei 2019.
  3. "Gini Index" (in Engels). Wêreldbank. vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2019. Besoek op 27 Mei 2019.
  4. "Paraguay". CIA World Factbook (in Engels). Central Intelligence Agency. vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 27 Mei 2019.

Bronne

  • Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-63-X, volume 22, bl. 103

Eksterne skakels

Paraguay
paraguay, spaans, paɾaˈɣwaj, luister, hulp, inligting, guaraní, paraguái, paɾaˈɰwaj, amptelik, republiek, spaans, república, guaraní, tetã, paraguái, landingeslote, land, sentraal, suid, amerika, grens, noorde, bolivië, ooste, brasilië, suide, weste, argentini. Paraguay Spaans paɾaˈɣwaj luister hulp inligting Guarani Paraguai paɾaˈɰwaj amptelik die Republiek Paraguay Spaans Republica del Paraguay Guarani Teta Paraguai is n landingeslote land in Sentraal Suid Amerika Dit grens in die noorde aan Bolivie in die ooste aan Brasilie en in die suide en weste aan Argentinie Republica del Paraguay Spaans Teta Paraguai Guarani Republiek Paraguay Vlag WapenNasionale leuse Paz y justicia Spaans vir Vrede en Geregtigheid Volkslied Paraguayos Republica o Muerte Spaans vir Paraguane republiek of dood source source track track track Hoofstad Asuncion 25 16 S 57 40 W 25 267 S 57 667 W 25 267 57 667Grootste stad AsuncionAmptelike tale Spaans en GuaraniRegering President Adjunkpresident Unitere presidensielegrondwetlike republiekMario Abdo BenitezHugo Velazquez MorenoOnafhanklikheid Verklaar Erken Huidige grondwet van Spanje14 Mei 181125 November 184220 Junie 1992Oppervlakte Totaal Water 406 752 km2 59ste 157 048 myl22 3Bevolking 2019 skatting Digtheid 7 153 000 1 104de 17 58 km2 210de 45 5 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2019 skatting 99 513 miljard 1 88ste 13 913 1 96ste BBP nominaal Totaal Per capita 2019 skatting 42 352 miljard 1 94ste 5 921 1 94ste MOI 2017 0 702 2 110de hoogGini 2017 48 8 3 hoogGeldeenheid Guarani a href ISO 4217 html title ISO 4217 PYG a Tydsone Somertyd PYT UTC 4 PYST UTC 3 Internet TLD pySkakelkode 595 Nasa Satellietbeeld van Paraguay Kaart van Paraguay Die naam van die land beteken water wat na die oseaan vloei en is afgelei van die Guarani woorde para oseaan gua na en y water Die hoofstad is Asuncion en die geldeenheid die guarani Die amptelike tale is Spaans en Guarani Inhoud 1 Geskiedenis 2 Geografie 3 Algemene gegewens 4 Klimaat en plantegroei 5 Taal en godsdiens 6 Ekonomie 7 Mynbou en kragvoorsiening 8 Nywerheid en vervoer 9 Ekonomiese vooruitsigte 10 Verwysings 11 Bronne 12 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigDie eerste Europeers het in die 16de eeu in Paraguay aangekom en die hoofstad Asuncion in 1537 gestig Die stad was berug vir n wilde naglewe en florerende prostitusie Paraguay het op 14 Mei 1811 as n onafhanklike staat ontstaan Tydens die Drievoudige Alliansieoorlog 1856 1870 verloor Paraguay tweederdes van sy manlike bevolking en n groot deel van sy grondgebied Vervolgens het die ekonomie vir amper n halfeeu gestagneer Tussen 1954 en 1989 is die land deur n diktator Alfredo Stroessner geregeer Sedertdien word daar egter redelike vrye presidentsverkiesings gehou 4 Geografie WysigParaguay is een van die min lande in die wereld sonder n kuslyn en is boonop baie plat ook Die hoogste berg is Cerro Perro 842 m en die laagste punt is op 46 m waar die Rio Paraguay en die Rio Parana albei riviere saamvloei Die langste rivier is egter die Rio Pilcomayo wat by die hoofstad Asuncion in die Rio Parana uitmond Algemene gegewens Wysig Gran Chaco was die plek van die Chaco oorlog 1932 35 waarin Bolivie die meeste van die betwiste gebied aan Paraguay moes afstaan Met n oppervlakte van sowat 407 000 km is Paraguay een van die kleiner Suid Amerikaanse lande Die land grens nie aan die see nie en word hoofsaaklik deur riviere Parana Pilcomayo en andere van sy buurlande Argentinie Brasilie en Bolivie geskei Net die noordgrens met Bolivie word nie deur n rivier aangedui nie Die van noord na suid vloeiende Rio Paraguay is die land se enigste verbinding met die Atlantiese Oseaan en verdeel die land in twee duidelik onderskeibare gebiede naamlik die Oriental die oostelike gebied en die Occidental die westelike gebied Die oostelike deel is n voortsetting van die Brasiliaanse plato en le gemiddeld 300 tot 600 m bo seespieel Dit omvat 40 van die totale grondgebied en is van wee sy vrugbare grond een van die beste landbougebiede op die vasteland In die ooste is die gebied bergagtig Die oostelike hellings van die bergland word deur oerwoude bedek en verskeie onbevaarbare riviere wat in die Parana uitmond vloei deur die gebied Die westelike hellings loop geleidelik af na die Rio Paraguay en is die digste bevolkte gebied van die land wat hoofsaaklik uit vlaktes met hier en daar n heuwel bestaan Die riviere is net deels bevaarbaar Die westelike deel van Paraguay die Chaco n Indiaanse woord vir jaggebied beslaan 60 van die grondgebied Dit is veral in die ooste n plat gebied wat uit moerasse bestaan Die riviere is hier oor die algemeen vlak en sommige mond uit in moerasse of eindig eenvoudig erens onderweg na die Rio Paraguay Klimaat en plantegroei Wysig Klimaatsones in Paraguay volgens die Koppen klimaatklassifikasie Landskap in Gran Chaco Paraguay Paraguay het n subtropiese klimaat en groot temperatuursveranderinge kom nie voor nie Die reenval neem af van oos na wes van sowat 2 000 mm per jaar by die oosgrens tot ongeveer 800 mm per jaar in die westelike Chaco In die gebied kom groot droogtes voor wat vererger word deur verdamping en die poreusheid van die grond As dit na so n droogte begin reen kom oorstromings dikwels voor Die natuurlike plantegroei is in ooreenstemming met die reenvalsyfers In die oostelike dele en veral in die valleie oorheers die tropiese woude Die westelike hellings van die oostelike deel van Paraguay bestaan uit grasland met bosgebiede langs die riviere Die Chaco bestaan deels uit moerasagtige streke waar die quebracho boom familie Apocynaceae groei Uit die boombas word die quebracho ekstrak vir leerlooiery verkry Meer weswaarts word die plantegroei yler terwyl struike en kaktusse die algemeenste voorkom Chaco het n ryk dierelewe veral in die woude in die ooste waar die fauna ooreenkom met die van die aangrensende gebiede van Brasilie Vanwee die talryke soorte voels ape tapirs en groot verskeidenheid van riviervisse is die gebied n vrugbare jaggebied vir die Indiaanse bewoners Taal en godsdiens WysigParaguay is amptelik tweetalig en sowel Spaans as Guarani word erken Die Rooms Katolieke Kerk is die staatsgodsdiens in Paraguay Bykans 95 van die bevolking is Rooms Katoliek en ook die president moet n Rooms Katoliek wees Daar is egter ook heel party Protestantse kerkgenootskappe sowat 2 in die land Ekonomie Wysig Asuncion is die hoofstad en grootste stad van Paraguay BBVA Paraguay Hidrokragsentrale Yacyreta Hidrokragsentrale Itaipu Vleis en vleisprodukte is Paraguay se belangrikste uitvoerprodukte Die veeteelt en veral beeste skaap en varkboerdery is relatief onbelangrik is die belangrikste vertakking van die landbou Die veeteelt is baie uitgebrei en word net deur n beperkte aantal families beoefen Van die 40 miljoen ha landbougrond word sowat 80 deur sowat 2 000 families bewerk Daar bly dus nie baie oor vir die meer as een miljoen ander Paraguane wat vir hul bestaan van die landbou afhanklik is nie Mielies en kassawe is die belangrikste voedselgewasse terwyl katoen tabak en oliegewasse uitgevoer word Vir die binnelandse mark word suikerriet rys grondbone en patats verbou Sitrusvrugte ander vrugte en koffie word op klein skaal verbou Die verbouing van yerbe mate die nasionale drank is ook belangrik Dit word ook mate Paraguaanse tee Brasilietee en Jesuietetee genoem Die Jesuiete het eerste die yerbe mate as kultuurgewas gebruik Dit word met die gedroogde blare van llex paraguariensis n plant wat ook in die Chaco wild groei voorberei Veral vanwee die grootgrondbesit is die toestand van die Paraguaanse boere baie benard ondanks die bestaan van n paar organisasies wat tegniese raad en finansiele steun verleen en beskeie pogings aanwend om die landbou te hervorm Die bosbou word ook toenemend belangrik Die bosbouprodukte beloop 25 van die totale uitvoer In die oostelike deel van Paraguay kom uitgestrekte hardehoutbosse voor Tot betreklik onlangs was n aansienlike deel van die hout gebruik as brandstof vir elektriese kragsentrales en n klein hoeveelheid is in die vorm van vlotte oor die Rio Parana na Argentinie uitgevoer Namate die kragvoorsiening verbeter sal die bosbou waarskynlik n belangriker rol in die nasionale ekonomie speel n Ander bosbouproduk is die quebracho ekstrak wat belangrik is vir die leerlooibedryf Die meeste quebracho bome groei in die oostelike deel van die Chaco maar n gebrek aan vervoergeriewe belemmer die snelle ontwikkeling van die sektor Die uitvoer van sitrusolie Iemoenblaarolie n ekstrak wat berei word uit die blare en takkies van wilde sitrusplante en in die kosmetieknywerheid gebruik word is belangrik Mynbou en kragvoorsiening WysigParaguay het nie n ryk mineralerykdom nie Behalwe geringe mangaan en koperontginning is net die ontginning van die natuursteengroewe van belang Klein hoeveelhede ystererts is wel ontdek maar die ontginning daarvan sal waarskynlik nooit lonend wees nie Die grootste nadeel vir die land se ekonomie is die gebrek aan fossiele brandstof Tot onlangs is daar gemeen dat aardolievoorrade in die Chaco gevind sal word maar die soektog het niks opgelewer nie Daar is baie water in Paraguay en die land het n eie studam in die Rio Acaray n sytak van die Rio Parana Een van die wereld se grootste hidroelektriese sentrales is in samewerking met Brasilie by n studam in die Rio Parana gebou In oorleg met Argentinie is n studam by die eiland Yacireta Yacireta projek gebou Nywerheid en vervoer Wysig Kaart van nasionale paaie Die grootste deel van die Paraguaanse nywerheid is gebaseer op die verwerking van landbouprodukte vleisinmaakfabrieke suikerfabrieke fabrieke waar quebracho ekstrak en sitrusolie berei word saagmeulens leerlooierye skoenfabrieke ensovoorts en produseer net vir die binnelandse mark Tekstiel en sementfabrieke en n olieraffinadery is ook onlangs opgerig n Groot belemmering in die ontwikkeling van die nywerheid is die uiters gebrekkige verbindingswee Tot 1950 het die land net n 800 km lange padnetwerk gehad Met lenings van die Wereldbank is duisende kilometers nuwe paaie aangele waarvan n groot deel egter van swak gehalte was So is groot dele van die Transchaco snelweg van Asuncion na die noordweste tydens die reentyd onbegaanbaar Die belangrikste spoornetwerk is die van Asuncion na Buenos Aires Vanwee die onvoldoende pad en spoornetwerk is Paraguay baie afhanklik van die sowat 3 000 km bevaarbare waterwee vir die vervoer van produkte Die Rio Paraguay is bevaarbaar tot by Concepcion wat naas die hoofstad die belangrikste hawe is Die sentrale ligging van Paraguay binne die Suid Amerikaanse kontinent het die land n belangrike sentrum vir internasionale lugvaart gemaak Die lughawe van Asuncion is toeganklik vir die grootste moderne vliegtuie en baie lugvaartmaatskappye doen daar aan Naas n eie internasionale lugvaartmaatskappy het die land n paar maatskappye wat net binnelandse vlugte onderneem en oor vyf behoorlike lughawens beskik waaronder een in Mariscal Estigarribia in Sentraal Chaco Ekonomiese vooruitsigte WysigParaguay het lank n positiewe handelsbalans gehad maar dit is geruime tyd nie meer die geval nie Die invoer van kapitaalgoedere wat noodsaaklik is vir die ekonomiese opbou het baie verswak Verder moet die land baie brandstof invoer asook verskillende nywerheidsprodukte en weeldeartikels Die belangrikste handelsvennote is die Verenigde State Argentinie Duitsland die Verenigde Koninkryk en Brasilie Die Paraguaanse munteenheid is die guarani Vanwee die aangaan van lenings die negatiewe handelsbalans groot militere uitgawes en n belastingstelsel waardeur die rykes nie swaar betas word nie het die land baie finansiele probleme Ander negatiewe faktore vir die ekonomiese ontwikkeling is ernstige korrupsie smokkelhandel van allerlei artikels die groot tekort aan geskoolde werkkragte baie wyk uit na Argentinie en n uiters swaar belaste dienssektor Ondanks die vooruitgang op die gebied van kragvoorsiening die instelling van n infrastruktuur en landhervorming is Paraguay steeds een van die armste lande in Suid Amerika Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 1 4 en Paraguay Internasionale Monetere Fonds April 2019 Besoek op 27 Mei 2019 2018 Human Development Report PDF in Engels United Nations Development Programme 2018 Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020 Besoek op 27 Mei 2019 Gini Index in Engels Wereldbank Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2019 Besoek op 27 Mei 2019 Paraguay CIA World Factbook in Engels Central Intelligence Agency Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020 Besoek op 27 Mei 2019 Bronne WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0 908409 63 X volume 22 bl 103Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Paraguay en Toerisme inligting oor Paraguay op Wikivoyage en Paraguay Encyclopaedia Britannica Besoek op 27 Mei 2019 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Paraguay amp oldid 2212196,