×
Palinologie

Palinologie (stuifmeelkunde) is die navorsing op die gebied van stuifmeel, spore en bepaalde mikroskopiese planktonorganismes, wat palinomorfs genoem word. Dit kan lewende asook fossielvorme behels en omvat baie meer as net stuifmeel.

Plantkundiges wat lewende stuifmeel of spore bestudeer bedryf aktuopalinologie, terwyl geoloë wat met fossiele stuifmeel of spore werk paleopalinoloë is.

Die palinologie is belangrik vir die ontginning van ruolie en die olienywerheid het hierdie tak van die wetenskap 'n groot hupstoot gegee.

Palinomorfs is strukture wat van organismes stam en wat mikroskopies van grootte is, sowat 5 tot 500 μm. Hulle het 'n groot weerstand teen die meeste vorme van verrotting en aantasting, behalwe oksidasie. Hulle is meestal opgebou uit stowwe soos sporopollenien en dinosporien, wat hierdie eienskappe besit. Hierdeur is hulle dikwels baie volop in neerslae en afsettingsgesteentes en kan daaruit met sterk sure, basisse of asetolise vrygestel en op digtheid geskei word. Hierdie mikrofossiele kan wande van kiesel, kalk, fosfaat of sellulose besit. Hulle het dikwels in die oseaan of in varswater ontstaan.

Voorbeelde van palinomorfs
  1. Acritarche: vorme wat se oorsprong onbekend is.
  2. Chitinozoa: moontlik eiers van metazoa.
  3. Dinoflagellate: eukariotiese protiste wat 'n groot deel van die plankton behels.
  4. Stuifmeelkorrels: van bome, maar ook grasse, kruide ens.
  5. Spore: eensellige organismes wat in die aseksuele voortplanting van talle organismes 'n rol speel, soos plante, alge, swamme, protozoa, ens.
  6. Nie-stuifmeel palinomorfs: reste van swamme, sianobaterieë, mikro-alge ens.
  • Acacia dealbata

  • Acer platanoides

  • Gagea lutea

  • Linaria vulgaris

  • Trifolium pratense

  1. . Geargiveer vanaf op 17 Januarie 2018. Besoek op25 Augustus 2018.

Publikasie datum: September 26, 2021

palinologie, stuifmeelkunde, navorsing, gebied, stuifmeel, spore, bepaalde, mikroskopiese, planktonorganismes, palinomorfs, genoem, word, lewende, asook, fossielvorme, behels, omvat, baie, meer, stuifmeel, plantkundiges, lewende, stuifmeel, spore, bestudeer, b. Palinologie stuifmeelkunde is die navorsing op die gebied van stuifmeel spore en bepaalde mikroskopiese planktonorganismes wat palinomorfs genoem word Dit kan lewende asook fossielvorme behels en omvat baie meer as net stuifmeel Plantkundiges wat lewende stuifmeel of spore bestudeer bedryf aktuopalinologie terwyl geoloe wat met fossiele stuifmeel of spore werk paleopalinoloe is Die palinologie is belangrik vir die ontginning van ruolie en die olienywerheid het hierdie tak van die wetenskap n groot hupstoot gegee 1 Palinomorfs WysigPalinomorfs is strukture wat van organismes stam en wat mikroskopies van grootte is sowat 5 tot 500 mm Hulle het n groot weerstand teen die meeste vorme van verrotting en aantasting behalwe oksidasie Hulle is meestal opgebou uit stowwe soos sporopollenien en dinosporien wat hierdie eienskappe besit Hierdeur is hulle dikwels baie volop in neerslae en afsettingsgesteentes en kan daaruit met sterk sure basisse of asetolise vrygestel en op digtheid geskei word Hierdie mikrofossiele kan wande van kiesel kalk fosfaat of sellulose besit Hulle het dikwels in die oseaan of in varswater ontstaan 2 Voorbeelde van palinomorfsAcritarche vorme wat se oorsprong onbekend is Chitinozoa moontlik eiers van metazoa Dinoflagellate eukariotiese protiste wat n groot deel van die plankton behels Stuifmeelkorrels van bome maar ook grasse kruide ens Spore eensellige organismes wat in die aseksuele voortplanting van talle organismes n rol speel soos plante alge swamme protozoa ens Nie stuifmeel palinomorfs reste van swamme sianobateriee mikro alge ens Fotogalery Wysig Acacia dealbata Acer platanoides Allium schoenoprasum Gagea lutea Linaria vulgaris Trifolium pratenseVerwysings Wysig Florida museum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Januarie 2018 Besoek op 25 Augustus 2018 Palynology orgOntsluit van https af wikipedia org w index php title Palinologie amp ol,