×
Paleontologie

Paleontologie is die wetenskaplike bestudering van lewe wat bestaan het voor die begin van die Holoseen (rofweg 5000 jaar gelede) of soms aan die begin daarvan. Dit handel oor die versteende oorblyfsels van lewensvorme of fossiele – hul ouderdom, oorsprong en klassifikasie. Dit sluit ook in die bestudering van evolusie en die wisselwerkings van organismes met mekaar en hul omgewing. ’n Paleontoloog is ’n wetenskaplike wat fossiele ondersoek.

Fossiele van koppotiges.

Paleontologiese waarnemings dateer uit die 5de eeu v.C. Die wetenskap het in die 18de eeu gevestig geraak as gevolg van die werk van Georges Cuvier oor vergelykende anatomie en het in die 19de eeu vinnig ontwikkel. Die term kom van die Griekse παλαιός, palaios "oud, antiek", ὄν, on "wese", en λόγος, logos "spraak, gedagtes, studie".

’n Paleontoloog aan die werk.

Paleontologie lê op die grens tussen biologie en geologie, maar verskil van argeologie daarin dat dit die studie van die anatomies moderne mens uitsluit. Dit gebruik tegnieke uit ’n groot verskeidenheid wetenskappe, insluitende biochemie, wiskunde en die ingenieurswese. Die gebruik van al hierdie tegnieke het paleontoloë in staat gestel om ’n groot deel van die evolusiegeskiedenis van die lewe te bepaal, terug tot omtrent die tyd dat die Aarde lewe begin onderhou het (sowat 3,8 miljard jaar gelede). Namate kennis toegeneem het, het paleontologie gespesialiseerde onderafdelings ontwikkel waarvan sommige op verskillende soorte fossiele konsentreer terwyl ander ekologie en omgewingsgeskiedenis soos antieke klimate bestudeer.

Liggaams- en spoorfossiele is die belangrikste getuienis van die antieke lewe, en geochemiese getuienis help om die evolusie van lewe te ontsyfer van voordat organismes groot genoeg was om liggaamsfossiele agter te laat. Om die ouderdom van hierdie oorblyfsels vas te stel is noodsaaklik, maar moeilik: Soms is radiokoolstofdatering van aangrensende rotslae moontlik en dit sorg vir datums wat tot binne 0,5% akkuraat is, maar paleontoloë moet meer dikwels staatmaak op relatiewe datering deur die "legkaarte" van biostratigrafie op te los.

Om antieke organismes te klassifiseer is ook soms moeilik, want baie van hulle pas nie in die biologiese klassifikasiestelsel van Carl Linnaeus wat algemeen vir lewende organismes gebruik word nie. Paleontoloë gebruik al hoe meer die kladistiese stelsel om evolusionêre "stambome" saam te stel. In die laaste kwart van die 20ste eeu het molekulêre filogenetika ontwikkel wat ondersoek instel na hoe naby organismes verwant is deur te meet hoe baie die DNS in hul genome ooreenstem. Molekulêre filogenetika is ook al gebruik om die datums te beraam waarop spesies vertak het, maar daar is omstredenheid oor die betroubaarheid van sulke ramings.

Inhoud

Paleontologie behels onder meer om dinosourusse of hominiede op te spoor en te ondersoek. In die laaste geval word probeer om uit te vind wie ons voorouers was. Daar is ook talle afdelinge wat minder bekend is, soos die ondersoek na insekte of mariene oorblyfsels. Mariene paleontologie is van groot belang, byvoorbeeld vir olieontginning. Paleontoloë soek daarom omtrent oral na fossiele.

’n Paar van die bekendste gebiede in Suid-Afrika waar paleontoloë hominiede gevind het, is:

By Sterkfontein is die Australopithecus africanus, Homo erectus en Kleinvoet gevind. By Swartkrans is die Paranthropus robustus en ook die Homo erectus gevind en by Kromdraai en die Coopers-grotte die Paranthropus robustus.

Bene en ander dele van diere wat vir miljoene jare onder die grond begrawe was, kan hard word (verhard) om 'n tipe klip te vorm. Hierdie versteende vorm word 'n fossiel genoem. Plante kan ook in fossiele verander. Die proses waardeur die oorblyfsels na fossiele verander staan as fossilering bekend.

Van die vindplase lewer fossiele van 'n uitsonderlik hoë kwaliteit op. So 'n plek word met 'n Duitse woord Lagerstätte genoem. Op hierdie plekke het omstandighede geheers waardeur die fossileringsproses baie bevorder is. Daar is soms selfs nog oorblyfsels van sagte liggaamsdele soos die vel, die vere, die hart ensomeer. Organismes wat net uit sagte weefsels bestaan soos jellievisse laat meestal geen oorblyfsels na nie, maar in 'n lagerstätte word ook hulle aangetref. Daar is slegs 'n handvol lagerstätten in die wêreld, maar hulle is uiters belangrik vir die paleontologie omdat hulle 'n blik bied op watter organismes in 'n bepaalde gebied in 'n bepaalde tyd geleef het.

Van die lagerstätten is:

  • Die Ediacara Heuwels - Prekambrium van Suid-Australië
  • De Doushantuo-formasie - Prekambrium van Guizhou, China
  • Chenjiang -Kambrium van Yunnan, China
  • Burgess-skalie - Kambrium, British Columbia, Canada
  • Rhynie - Devoon van Skotland
  • Solnhofen - Jura van Beiere, Duits;ans
  • Yixian - Kryt van Liaoning, China
  • Santana-formasie - Kryt van Brasilië
  • Messel - Eoseen, Hessen, Duitsland
  • La Brea - Pleistoseen van Kalifornië, VSA
  • Die Burgess-skalie
  1. (in Engels). Online Etymology Dictionary. vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016.
  2. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2020.

Publikasie datum: Augustus 14, 2021

paleontologie, wetenskaplike, bestudering, lewe, bestaan, voor, begin, holoseen, rofweg, 5000, jaar, gelede, soms, begin, daarvan, handel, versteende, oorblyfsels, lewensvorme, fossiele, ouderdom, oorsprong, klassifikasie, sluit, bestudering, evolusie, wisselw. Paleontologie is die wetenskaplike bestudering van lewe wat bestaan het voor die begin van die Holoseen rofweg 5000 jaar gelede of soms aan die begin daarvan Dit handel oor die versteende oorblyfsels van lewensvorme of fossiele hul ouderdom oorsprong en klassifikasie Dit sluit ook in die bestudering van evolusie en die wisselwerkings van organismes met mekaar en hul omgewing n Paleontoloog is n wetenskaplike wat fossiele ondersoek Fossiele van koppotiges Paleontologiese waarnemings dateer uit die 5de eeu v C Die wetenskap het in die 18de eeu gevestig geraak as gevolg van die werk van Georges Cuvier oor vergelykende anatomie en het in die 19de eeu vinnig ontwikkel Die term kom van die Griekse palaios palaios oud antiek ὄn on wese en logos logos spraak gedagtes studie 1 n Paleontoloog aan die werk Paleontologie le op die grens tussen biologie en geologie maar verskil van argeologie daarin dat dit die studie van die anatomies moderne mens uitsluit Dit gebruik tegnieke uit n groot verskeidenheid wetenskappe insluitende biochemie wiskunde en die ingenieurswese Die gebruik van al hierdie tegnieke het paleontoloe in staat gestel om n groot deel van die evolusiegeskiedenis van die lewe te bepaal terug tot omtrent die tyd dat die Aarde lewe begin onderhou het sowat 3 8 miljard jaar gelede Namate kennis toegeneem het het paleontologie gespesialiseerde onderafdelings ontwikkel waarvan sommige op verskillende soorte fossiele konsentreer terwyl ander ekologie en omgewingsgeskiedenis soos antieke klimate bestudeer Liggaams en spoorfossiele is die belangrikste getuienis van die antieke lewe en geochemiese getuienis help om die evolusie van lewe te ontsyfer van voordat organismes groot genoeg was om liggaamsfossiele agter te laat Om die ouderdom van hierdie oorblyfsels vas te stel is noodsaaklik maar moeilik Soms is radiokoolstofdatering van aangrensende rotslae moontlik en dit sorg vir datums wat tot binne 0 5 akkuraat is maar paleontoloe moet meer dikwels staatmaak op relatiewe datering deur die legkaarte van biostratigrafie op te los Om antieke organismes te klassifiseer is ook soms moeilik want baie van hulle pas nie in die biologiese klassifikasiestelsel van Carl Linnaeus wat algemeen vir lewende organismes gebruik word nie Paleontoloe gebruik al hoe meer die kladistiese stelsel om evolusionere stambome saam te stel In die laaste kwart van die 20ste eeu het molekulere filogenetika ontwikkel wat ondersoek instel na hoe naby organismes verwant is deur te meet hoe baie die DNS in hul genome ooreenstem Molekulere filogenetika is ook al gebruik om die datums te beraam waarop spesies vertak het maar daar is omstredenheid oor die betroubaarheid van sulke ramings Inhoud 1 Afdelings 2 Hominiede in Suid Afrika 3 Fossiele 4 Lagerstatten 5 Sien ook 6 VerwysingAfdelings WysigPaleontologie behels onder meer om dinosourusse of hominiede op te spoor en te ondersoek In die laaste geval word probeer om uit te vind wie ons voorouers was Daar is ook talle afdelinge wat minder bekend is soos die ondersoek na insekte of mariene oorblyfsels Mariene paleontologie is van groot belang byvoorbeeld vir olieontginning Paleontoloe soek daarom omtrent oral na fossiele Hominiede in Suid Afrika Wysig n Paar van die bekendste gebiede in Suid Afrika waar paleontoloe hominiede gevind het is Sterkfontein Swartkrans Kromdraai die Coopers grotte By Sterkfontein is die Australopithecus africanus Homo erectus en Kleinvoet gevind By Swartkrans is die Paranthropus robustus en ook die Homo erectus gevind en by Kromdraai en die Coopers grotte die Paranthropus robustus Fossiele WysigBene en ander dele van diere wat vir miljoene jare onder die grond begrawe was kan hard word verhard om n tipe klip te vorm Hierdie versteende vorm word n fossiel genoem Plante kan ook in fossiele verander Die proses waardeur die oorblyfsels na fossiele verander staan as fossilering bekend Lagerstatten WysigVan die vindplase lewer fossiele van n uitsonderlik hoe kwaliteit op So n plek word met n Duitse woord Lagerstatte genoem Op hierdie plekke het omstandighede geheers waardeur die fossileringsproses baie bevorder is Daar is soms selfs nog oorblyfsels van sagte liggaamsdele soos die vel die vere die hart ensomeer Organismes wat net uit sagte weefsels bestaan soos jellievisse laat meestal geen oorblyfsels na nie maar in n lagerstatte word ook hulle aangetref Daar is slegs n handvol lagerstatten in die wereld maar hulle is uiters belangrik vir die paleontologie omdat hulle n blik bied op watter organismes in n bepaalde gebied in n bepaalde tyd geleef het 2 Van die lagerstatten is Die Ediacara Heuwels Prekambrium van Suid Australie De Doushantuo formasie Prekambrium van Guizhou China Chenjiang Kambrium van Yunnan China Burgess skalie Kambrium British Columbia Canada Rhynie Devoon van Skotland Solnhofen Jura van Beiere Duits ans Yixian Kryt van Liaoning China Santana formasie Kryt van Brasilie Messel Eoseen Hessen Duitsland La Brea Pleistoseen van Kalifornie VSA Die Burgess skalieSien ook WysigPaleo antropologieVerwysing Wysig paleontology in Engels Online Etymology Dictionary Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016 Fossil museum in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Februarie 2020 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Paleontologie amp ol,