×
Oranjerivier

Die Oranjerivier (Engels: Orange River) is in 1779 deur kolonel Robert J. Gordon so gedoop ter ere van die Nederlandse Prins van Oranje. Dit is die langste rivier in Suid-Afrika. Dit word ook soms die Gariep genoem. In Lesotho word die rivier die Senqu genoem.

Oranjerivier
Senqurivier / Garieprivier
Satellietbeeld van die Oranjerivier.
Die stroomgebied van die Oranjerivier.
Oorsprong Drakensberge (Lesotho)
Sytak -links Telerivier, Kraairivier
Sytak -regs Caledonrivier, Vaalrivier
Monding Namibië en Suid-Afrika
Atlantiese Oseaan
Stroomgebied Lesotho, Suid-Afrika, Namibië
Lengte 2 200 km (1 367 myl)
Oorsprong-hoogte 3 350 m (10 991 voet)
Monding-hoogte 0 m
Stroomgebiedopp. 973 000 km² (375 677 myl²)

Oranjerivier
Koördinate:28°38′S16°27′O /28.633°S 16.450°O /-28.633; 16.450Koördinate:28°38′S16°27′O /28.633°S 16.450°O /-28.633; 16.450

Die rivier ontspring in die Drakensberge van Lesotho, naby die grens met Suid-Afrika. Dit vloei weswaarts op die grens van die Vrystaat met die Oos-Kaap, deur die Noord-Kaap en vorm uiteindelik die suidelike grens tussen Suid-Afrika en Namibië, voordat dit uitmond in die Atlantiese Oseaan by Alexanderbaai, omtrent halfpad tussen Walvisbaai en Kaapstad. Die N6, N10, N1, N12 en N14 nasionale paaie kruis die rivier.

Die D H Steynbrug naby Bethulie oorspan die Oranjerivier en is met 2993 meter die langste pad-spoor brug in Suid-Afrika. In die 1960's is die Oranjerivierprojek van stapel gestuur om water van die Oranjerivier beter te benut.

Die Augrabieswaterval is in die Noord-Kaap en daar tuimel die Oranjerivier 60m na benede.

Inhoud

Die grootste takrivier is die Vaalrivier wat die Oranjerivier suidwes van Kimberley naby Douglas ontmoet. In Lesotho sluit die Senqunyanerivier {Sothonaam wat Klein-Oranjerivier beteken) by die Oranjerivier aan. Ander kleiner syriviere van die Oranje- en die Vaalrivier is die Brak-, Caledon-, Harts-, Klip-, Kraai-, Modder-, Mooi-, en Vetriviere, wat die hele Vrystaat, Lesotho en groot dele van die ou Transvaal- en Kaapprovinsies dreineer.

Die Oranjerivier verskaf water vir vele landbou-aktiwiteite, veral in die Noord-Kaap.

Die vinnige afloop van die rivier word gestuit deur die Gariepdam (voorheen Hendrik Verwoerddam) en Vanderkloofdam. Die damme stoor water in die reënseisoen, wat dan beheersd vrygelaat word vir besproeiing. Die Boegoebergdam, 'n besproeiingsdam, is ook in die rivier naby Groblershoop in die Noord-Kaap geleë.

Baie boere gebruik ook die Oranjerivier se water vir besproeiing van landerye.

Kanoneiland is die grootste eiland in die rivier.

Die volgende visse kom voor in die rivier: Oranjerivier-moddervis, Kleinbek-, Grootbek-geelvis en Skerptandbaber.

Damme in die Oranjeriver

Watervalle in die Oranjerivier

  1. Van Hoven, Lynette: Soetigheid uit die sterke. In: Suid-Afrikaanse Panorama, jaargang 35, nommer 1 (Januarie/Februarie 1990), bl. 39
  • Aliwal-Noord lê op die rivier se suide-oewer.

  • Die Gariepdam.

  • Toeriste vaar op die Oranjerivier.

  • 'n Wynplaas op die Oranje.

  • Sonsondergang oor die Oranjerivier naby Upington in die Noord-Kaap.

  • Die Augrabieswaterval in volle vloed.

Publikasie datum: Augustus 09, 2021

oranjerivier, engels, orange, river, 1779, deur, kolonel, robert, gordon, gedoop, nederlandse, prins, oranje, langste, rivier, suid, afrika, word, soms, gariep, genoem, lesotho, word, rivier, senqu, genoem, senqurivier, gariepriviersatellietbeeld, stroomgebied. Die Oranjerivier Engels Orange River is in 1779 deur kolonel Robert J Gordon so gedoop ter ere van die Nederlandse Prins van Oranje 1 Dit is die langste rivier in Suid Afrika Dit word ook soms die Gariep genoem In Lesotho word die rivier die Senqu genoem Oranjerivier Senqurivier GarieprivierSatellietbeeld van die Oranjerivier Die stroomgebied van die Oranjerivier Oorsprong Drakensberge Lesotho Sytak links Telerivier KraairivierSytak regs Caledonrivier VaalrivierMonding Namibie en Suid Afrika Atlantiese OseaanStroomgebied Lesotho Suid Afrika NamibieLengte 2 200 km 1 367 myl Oorsprong hoogte 3 350 m 10 991 voet Monding hoogte 0 mStroomgebiedopp 973 000 km 375 677 myl OranjerivierKoordinate 28 38 S 16 27 O 28 633 S 16 450 O 28 633 16 450 Koordinate 28 38 S 16 27 O 28 633 S 16 450 O 28 633 16 450 Die rivier ontspring in die Drakensberge van Lesotho naby die grens met Suid Afrika Dit vloei weswaarts op die grens van die Vrystaat met die Oos Kaap deur die Noord Kaap en vorm uiteindelik die suidelike grens tussen Suid Afrika en Namibie voordat dit uitmond in die Atlantiese Oseaan by Alexanderbaai omtrent halfpad tussen Walvisbaai en Kaapstad Die N6 N10 N1 N12 en N14 nasionale paaie kruis die rivier Die D H Steynbrug naby Bethulie oorspan die Oranjerivier en is met 2993 meter die langste pad spoor brug in Suid Afrika In die 1960 s is die Oranjerivierprojek van stapel gestuur om water van die Oranjerivier beter te benut Die Augrabieswaterval is in die Noord Kaap en daar tuimel die Oranjerivier 60m na benede Inhoud 1 Takriviere 2 Opgaardamme 3 Visse in die Oranjerivier 4 Sien ook 5 VerwysingsTakriviere WysigDie grootste takrivier is die Vaalrivier wat die Oranjerivier suidwes van Kimberley naby Douglas ontmoet In Lesotho sluit die Senqunyanerivier Sothonaam wat Klein Oranjerivier beteken by die Oranjerivier aan Ander kleiner syriviere van die Oranje en die Vaalrivier is die Brak Caledon Harts Klip Kraai Modder Mooi en Vetriviere wat die hele Vrystaat Lesotho en groot dele van die ou Transvaal en Kaapprovinsies dreineer Die Oranjerivier verskaf water vir vele landbou aktiwiteite veral in die Noord Kaap Opgaardamme WysigDie vinnige afloop van die rivier word gestuit deur die Gariepdam voorheen Hendrik Verwoerddam en Vanderkloofdam Die damme stoor water in die reenseisoen wat dan beheersd vrygelaat word vir besproeiing Die Boegoebergdam n besproeiingsdam is ook in die rivier naby Groblershoop in die Noord Kaap gelee Baie boere gebruik ook die Oranjerivier se water vir besproeiing van landerye Kanoneiland is die grootste eiland in die rivier Visse in die Oranjerivier WysigDie volgende visse kom voor in die rivier Oranjerivier moddervis Kleinbek Grootbek geelvis en Skerptandbaber Sien ook WysigAugrabies Nasionale Park Eilande in die Oranjerivier Oranjeriviermond Oranjerivierprojek Damme in die Oranjeriver Vanderkloofdam Gariepdam Watervalle in die Oranjerivier Augrabieswaterval TweelingwatervalVerwysings Wysig Van Hoven Lynette Soetigheid uit die sterke In Suid Afrikaanse Panorama jaargang 35 nommer 1 Januarie Februarie 1990 bl 39 Aliwal Noord le op die rivier se suide oewer Die Gariepdam Toeriste vaar op die Oranjerivier n Wynplaas op die Oranje Sonsondergang oor die Oranjerivier naby Upington in die Noord Kaap Die Augrabieswaterval in volle vloed Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Oranjerivier amp ol,