×
Openbare gesondheid

Openbare gesondheid is al beskryf as "die wetenskap en kuns van siektevoorkoming, lewensverlenging en die bevordering van gesondheid deur die georganiseerde pogings en ingeligte keuses van die samelewing, organisasies, gemeenskappe en individue." Dit is gemoeid met gevare vir die gesondheid van 'n gemeenskap gebaseer op bevolkingsgesondheidsontleding. Die betrokke bevolking kan so klein soos 'n handvol mense of so groot soos al die inwoners van verskeie kontinente (in die geval van 'n pandemie) wees. Openbare gesondheid het baie subterreine, maar sluit gewoonlik die volgende interdissiplinêre kategorieë in: epidemiologie, biostatistiek en gesondheidsdienste. Omgewingsgesondheid, gemeenskapsgesondheid, gedragsgesondheid en beroepsgesondheid is ook belangrike terreine van openbare gesondheid.

Koerantopskrifte van regoor die wêreld oor die toetsing van 'n entstof teen polio.

Die fokus van openbare gesondheidsintervensies is om siektes, beserings en ander gesondheidstoestande te voorkom en bestuur. Dit geskied deur die waarneming van gevalle en die bevordering van gesonde gedrag, gemeenskappe en (in aspekte verwant aan menslike gesondheid) omgewings. Dit is daarop gemik om te voorkom dat gesondheidsprobleme ontstaan of herhaaldelik voorkom deur opvoedkundige programme te implementeer, beleidstellings te ontwikkel, dienste te lewer en navorsing te doen. Die behandeling van 'n siekte of 'n patogeen kan voorkom dat dit na ander versprei, soos in die geval van 'n epidemie. Inentingsprogramme, bewusmakingsveldtogte en die verspreiding van kondome om te voorkom dat oordraagbare siektes versprei is voorbeelde van algemene voorkomende openbare gesondheidsmaatreëls.

Openbare gesondheid doen ook verskeie stappe om die gesondheidsongelykheid tussen verskillende areas van die land, en in sommige gevalle, die kontinent of wêreld te beperk. Een kwessie is individue en gemeenskappe se toegang tot gesondheidsorg weens finansiële, geografiese of sosiokulturele beperkings. Toepassings van die openbare gesondheidstelsel behels moeder- en kindgesondheid, gesondheidsdiensadministrasie, noodreaksie en die voorkoming en beheer van besmetlike en chroniese siektes.

Die groot positiewe impak van openbare gesondheidsprogramme word algemeen erken. Deels weens die beleide en aksies wat deur openbare gesondheid ontwikkel is, was daar in die 20ste eeu 'n afname in die sterftesyfers vir babas en kinders aangeteken en 'n deurlopende toename in lewensverwagting. Daar word byvoorbeeld beraam dat die lewensverwagting onder Amerikaners sedert 1900 met dertig jaar toegeneem het, en wêreldwyd met ses jaar sedert 1990.

  1. The Untilled Fields of Public Health 1920, volume 51, issue 1306, pages 23-33 – https://archive.org/details/cihm_90880
  2. Association of Schools of Public Health. 4 Junie 2010 op Wayback Machine Besoek op 2010-06-24
  3. Association of Schools of Public Health. 11 Junie 2010 op Wayback Machine Besoek op 2010-6-24.
  4. World Health Organization. , besoek op 20 April 2011.

Publikasie datum: September 09, 2021

openbare, gesondheid, beskryf, wetenskap, kuns, siektevoorkoming, lewensverlenging, bevordering, gesondheid, deur, georganiseerde, pogings, ingeligte, keuses, samelewing, organisasies, gemeenskappe, individue, gemoeid, gevare, gesondheid, gemeenskap, gebaseer,. Openbare gesondheid is al beskryf as die wetenskap en kuns van siektevoorkoming lewensverlenging en die bevordering van gesondheid deur die georganiseerde pogings en ingeligte keuses van die samelewing organisasies gemeenskappe en individue 1 Dit is gemoeid met gevare vir die gesondheid van n gemeenskap gebaseer op bevolkingsgesondheidsontleding Die betrokke bevolking kan so klein soos n handvol mense of so groot soos al die inwoners van verskeie kontinente in die geval van n pandemie wees Openbare gesondheid het baie subterreine maar sluit gewoonlik die volgende interdissiplinere kategoriee in epidemiologie biostatistiek en gesondheidsdienste Omgewingsgesondheid gemeenskapsgesondheid gedragsgesondheid en beroepsgesondheid is ook belangrike terreine van openbare gesondheid Koerantopskrifte van regoor die wereld oor die toetsing van n entstof teen polio Die fokus van openbare gesondheidsintervensies is om siektes beserings en ander gesondheidstoestande te voorkom en bestuur Dit geskied deur die waarneming van gevalle en die bevordering van gesonde gedrag gemeenskappe en in aspekte verwant aan menslike gesondheid omgewings Dit is daarop gemik om te voorkom dat gesondheidsprobleme ontstaan of herhaaldelik voorkom deur opvoedkundige programme te implementeer beleidstellings te ontwikkel dienste te lewer en navorsing te doen 2 Die behandeling van n siekte of n patogeen kan voorkom dat dit na ander versprei soos in die geval van n epidemie Inentingsprogramme bewusmakingsveldtogte en die verspreiding van kondome om te voorkom dat oordraagbare siektes versprei is voorbeelde van algemene voorkomende openbare gesondheidsmaatreels Openbare gesondheid doen ook verskeie stappe om die gesondheidsongelykheid tussen verskillende areas van die land en in sommige gevalle die kontinent of wereld te beperk Een kwessie is individue en gemeenskappe se toegang tot gesondheidsorg weens finansiele geografiese of sosiokulturele beperkings Toepassings van die openbare gesondheidstelsel behels moeder en kindgesondheid gesondheidsdiensadministrasie noodreaksie en die voorkoming en beheer van besmetlike en chroniese siektes Die groot positiewe impak van openbare gesondheidsprogramme word algemeen erken Deels weens die beleide en aksies wat deur openbare gesondheid ontwikkel is was daar in die 20ste eeu n afname in die sterftesyfers vir babas en kinders aangeteken en n deurlopende toename in lewensverwagting Daar word byvoorbeeld beraam dat die lewensverwagting onder Amerikaners sedert 1900 3 met dertig jaar toegeneem het en wereldwyd met ses jaar sedert 1990 4 Verwysings Wysig The Untilled Fields of Public Health 1920 volume 51 issue 1306 pages 23 33 https archive org details cihm 90880 Association of Schools of Public Health What is Public Health Geargiveer 4 Junie 2010 op Wayback Machine Besoek op 2010 06 24 Association of Schools of Public Health Impact of Public Health Geargiveer 11 Junie 2010 op Wayback Machine Besoek op 2010 6 24 World Health Organization Life expectancy at birth besoek op 20 April 2011 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Openbare gesondheid amp ol,