fbpx
Wikipedia

Oganesson

118 tennessienoganessonununennium
Rn

Og

(Uho)
Algemeen
Naam, simbool, getal oganesson, Og, 118
Chemiese reeks edelgasse
Groep, periode, blok 18, 7, p
Voorkoms onbekend, waarskynlik kleurloos
Atoommassa voorspel, (314) g/mol
Elektronkonfigurasie moontlik [Rn] 5f14 6d10 7s2 7p6
(geraai op grond van radon)
Elektrone per skil 2, 8, 18, 32, 32, 18, 8
Toestand vermoedelik 'n gas
CAS-registernommer 54144-19-3
Verwysings

Oganesson (met die elementsimbool Og) is die naam vir die superswaarelement met die atoomgetal 118, tans die hoogste atoomgetal toegeken aan 'n element (kyk elemente wat in die 21ste eeu ontdek is). Dit het die tydelike IUPAC-naam "ununoctium" en elementsimbool "Uuo" gehad totdat dit op 28 November 2016 sy nuwe naam gekry het.[1][2] Dit is genoem na die fisikus Yuri Oganessian, wat 'n belangrike rol gespeel het in die ontdekking van die swaarste elemente op die periodieke tabel.

Oganesson deel waarskynlik eienskappe met ander elemente in sy groep, die edelgasse, en kom waarskynlik ooreen met radon in terme van chemiese eienskappe. Sommige navorsers verwys daarom daarna as eka-radon. Dit is waarskynlik die tweede radioaktiewe gasagtige element en die eerste standaard halfgeleidende gas.

As kernonstabilitiet vanweë radioaktiwiteit weggelaat word, verwag wetenskaplikes oganesson is chemies baie meer reaktief as xenon of radon. Dit sou waarskynlik stabiele oksiede (OgO3, etc.) sowel as chloriede en fluoriede vorm.

Geskiedenis

In 1999 het navorsers by die Lawrence Berkeley Nasionale Laboratorium die ontdekking van elemente 116 (Livermorium) en 118 in Physical Review Letters aangekondig.[3]

Die navorsers het beweer hulle het die reaksie uitgevoer:

 

Die jaar daarna het hulle die bewering teruggetrek nadat ander navorsers nie hulle resultate kon herhaal nie.[4] In Junie 2002 het die direkteur van die laboratorium aangekondig die aanvanklike bewering omtrent die ontdekking van die twee elemente was gegrond op data wat deur die hoofouteur, Victor Ninov, versin is.

Die Amerikaanse groep wou die element ghiorsium noem na Albert Ghiorso voordat hulle die bewering moes terugtrek.

Op 10 Oktober 2006 kondig navorsers by die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing in Doebna, Rusland, in Physical Review C aan hulle het ununoctium-294 vervaardig deur die botsing van kalifornium-249-atome en kalsium-48-ione indirek waar te neem:[5][6]

 

Die navorsingspan het bestaan uit werknemers van die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing en die Lawrence Livermore Nasionale Laboratorium in Kalifornië, VSA. Die vervalprodukte van drie atome van oganesson, nie die atome self nie, is in Doebna waargeneem. 'n Halfleeftyd van 0,89 ms is waargeneem: 294Og verval na 290Fl deur alfaverval. 290Og is baie onstabiel en verval binne 'n breukdeel van 'n sekonde na 286Fl, wat ook spontane splyting kan ondergaan of kan alfaverval na 282Cn, wat spontane splyting sal ondergaan.[7]

Sien ook

Verwysings

  1. Staff (30 November 2016). "IUPAC Announces the Names of the Elements 113, 115, 117, and 118". IUPAC. Besoek op 1 Desember 2016.
  2. St. Fleur, Nicholas (1 Desember 2016). "Four New Names Officially Added to the Periodic Table of Elements". New York Times (in Engels). vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 1 Desember 2016.
  3. Ninov, Viktor (1999-05-27). "Observation of Superheavy Nuclei Produced in the Reaction of 86Kr with 208Pb". Physical Review Letters. 83 (6–9): 1104–1107. doi:10.1103/PhysRevLett.83.1104. Besoek op 2006-10-20. Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  4. Public Affairs Department (21 Julie 2001). "Results of element 118 experiment retracted" (in Engels). Berkeley Lab. vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 17 Oktober 2006.
  5. Sanderson, Katherine (17 Oktober 2006). "Heaviest element made – again". nature@news.com (in Engels). Nature. vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 19 Oktober 2006.
  6. Phil Schewe and Ben Stein (17 Oktober 2006). . Physics News Update (in Engels). American Institute of Physics. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2013. Besoek op 19 Oktober 2006.
  7. Oganessian, Yu. Ts. (2006-10-09). "Synthesis of the isotopes of elements 118 and 116 in the 249Cf and 245Cm+48Ca fusion reactions". Physical Review C. 74 (4): 044602. doi:10.1103/PhysRevC.74.044602. Besoek op 2006-10-16. Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)

Eksterne skakels

  • Livermore persverklaring omtrent die ontdekking
  • WebElements.com – Uuo
  • Apsidium – Oganesson
  • "U.S., Russian scientists discover new element". Reuters/ABC News. 2006-10-16. Besoek op 2006-10-16.
  • Theory of atomic-mass calculation


Oganesson
oganesson, tennessien, oganesson, ununenniumrn, periodieke, tabelalgemeennaam, simbool, getal, oganesson, 118chemiese, reeks, edelgassegroep, periode, blok, pvoorkoms, onbekend, waarskynlik, kleurloosatoommassa, voorspel, molelektronkonfigurasie, moontlik, 5f1. 118 tennessien oganesson ununenniumRn Og Uho Periodieke tabelAlgemeenNaam simbool getal oganesson Og 118Chemiese reeks edelgasseGroep periode blok 18 7 pVoorkoms onbekend waarskynlik kleurloosAtoommassa voorspel 314 g molElektronkonfigurasie moontlik Rn 5f14 6d10 7s2 7p6 geraai op grond van radon Elektrone per skil 2 8 18 32 32 18 8Toestand vermoedelik n gasCAS registernommer 54144 19 3Verwysings Oganesson met die elementsimbool Og is die naam vir die superswaarelement met die atoomgetal 118 tans die hoogste atoomgetal toegeken aan n element kyk elemente wat in die 21ste eeu ontdek is Dit het die tydelike IUPAC naam ununoctium en elementsimbool Uuo gehad totdat dit op 28 November 2016 sy nuwe naam gekry het 1 2 Dit is genoem na die fisikus Yuri Oganessian wat n belangrike rol gespeel het in die ontdekking van die swaarste elemente op die periodieke tabel Oganesson deel waarskynlik eienskappe met ander elemente in sy groep die edelgasse en kom waarskynlik ooreen met radon in terme van chemiese eienskappe Sommige navorsers verwys daarom daarna as eka radon Dit is waarskynlik die tweede radioaktiewe gasagtige element en die eerste standaard halfgeleidende gas As kernonstabilitiet vanwee radioaktiwiteit weggelaat word verwag wetenskaplikes oganesson is chemies baie meer reaktief as xenon of radon Dit sou waarskynlik stabiele oksiede OgO3 etc sowel as chloriede en fluoriede vorm Inhoud 1 Geskiedenis 2 Sien ook 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigIn 1999 het navorsers by die Lawrence Berkeley Nasionale Laboratorium die ontdekking van elemente 116 Livermorium en 118 in Physical Review Letters aangekondig 3 Die navorsers het beweer hulle het die reaksie uitgevoer 36 86 K r 82 208 P b 118 293 U u o 1 0 1 n displaystyle 36 86 mathrm Kr 82 208 mathrm Pb to 118 293 mathrm Uuo 1 0 1 mathrm n Die jaar daarna het hulle die bewering teruggetrek nadat ander navorsers nie hulle resultate kon herhaal nie 4 In Junie 2002 het die direkteur van die laboratorium aangekondig die aanvanklike bewering omtrent die ontdekking van die twee elemente was gegrond op data wat deur die hoofouteur Victor Ninov versin is Die Amerikaanse groep wou die element ghiorsium noem na Albert Ghiorso voordat hulle die bewering moes terugtrek Op 10 Oktober 2006 kondig navorsers by die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing in Doebna Rusland in Physical Review C aan hulle het ununoctium 294 vervaardig deur die botsing van kalifornium 249 atome en kalsium 48 ione indirek waar te neem 5 6 98 249 C f 20 48 C a 118 294 U u o 3 0 1 n displaystyle 98 249 mathrm Cf 20 48 mathrm Ca to 118 294 mathrm Uuo 3 0 1 mathrm n Die navorsingspan het bestaan uit werknemers van die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing en die Lawrence Livermore Nasionale Laboratorium in Kalifornie VSA Die vervalprodukte van drie atome van oganesson nie die atome self nie is in Doebna waargeneem n Halfleeftyd van 0 89 ms is waargeneem 294Og verval na 290Fl deur alfaverval 290Og is baie onstabiel en verval binne n breukdeel van n sekonde na 286Fl wat ook spontane splyting kan ondergaan of kan alfaverval na 282Cn wat spontane splyting sal ondergaan 7 Sien ook WysigOntdekking van die chemiese elementeVerwysings Wysig Staff 30 November 2016 IUPAC Announces the Names of the Elements 113 115 117 and 118 IUPAC Besoek op 1 Desember 2016 St Fleur Nicholas 1 Desember 2016 Four New Names Officially Added to the Periodic Table of Elements New York Times in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020 Besoek op 1 Desember 2016 Ninov Viktor 1999 05 27 Observation of Superheavy Nuclei Produced in the Reaction of 86Kr with 208Pb Physical Review Letters 83 6 9 1104 1107 doi 10 1103 PhysRevLett 83 1104 Besoek op 2006 10 20 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Public Affairs Department 21 Julie 2001 Results of element 118 experiment retracted in Engels Berkeley Lab Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020 Besoek op 17 Oktober 2006 Sanderson Katherine 17 Oktober 2006 Heaviest element made again nature news com in Engels Nature Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020 Besoek op 19 Oktober 2006 Phil Schewe and Ben Stein 17 Oktober 2006 Elements 116 and 118 Are Discovered Physics News Update in Engels American Institute of Physics Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2013 Besoek op 19 Oktober 2006 Oganessian Yu Ts 2006 10 09 Synthesis of the isotopes of elements 118 and 116 in the 249Cf and 245Cm 48Ca fusion reactions Physical Review C 74 4 044602 doi 10 1103 PhysRevC 74 044602 Besoek op 2006 10 16 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Oganesson Sien oganesson in Wiktionary die vrye woordeboek Livermore persverklaring omtrent die ontdekking WebElements com Uuo Apsidium Oganesson U S Russian scientists discover new element Reuters ABC News 2006 10 16 Besoek op 2006 10 16 Theory of atomic mass calculation H HeLi Be B C N O F NeNa Mg Al Si P S Cl ArK Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br KrRb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I XeCs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At RnFr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts OgAlkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloide Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekendOntsluit van https af wikipedia org w index php title Oganesson amp oldid 2211880,