fbpx
Wikipedia

Noordwes

Noordwes (Engels: North West, Tswana: Bokone-Bophirima) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Mahikeng (heet tot onlangs Mafikeng en nog algemeen gebruik). Noordwes is in 1994 gevorm deur die samevoeging van die ou Wes-Transvaal en die "tuisland" Bophuthatswana (uitgesluit die deel wat in die Vrystaat geleë was) en 'n noordoostelike deel van die ou Kaapprovinsie.

Noordwes-provinsie
Bokone-Bophirima
Nyakatho-Ntshonalanga
North West Province

Wapen
Oppervlakte 104 882 km²
Bevolking (2011)[1] 3 509 953
Bevolking (2017 skat) 3 850 000
Tale[1] Tswana (63,4%), Afrikaans (9,0%), Suid-Sotho (5,8%), Xhosa (5,5%), Tsonga (3,7%)
Etniese groepe[1] Swartes (89,8%), Blankes (7,3%), Kleurlinge (2,0%), Asiërs (0,6%)
Hoofstad Mahikeng
Premier Job Mokgoro (ANC)

Die provinsiale hoofstad Mahikeng vorm 'n eenheid met Mmabatho, wat voorheen die hoofstad van Bophuthatswana was.

Ander belangrike plekke in Noordwes is onder meer Potchefstroom, Klerksdorp, Brits, Rustenburg, Lichtenburg en Vryburg.

Demografie

 
Meerderheidstale in Noordwes:

   Afrikaans

   Engels

   Suid-Ndebele

   Xhosa

   Zoeloe

   Noord-Sotho

   Suid-Sotho

   Tswana

   Tsonga

   Geen meerderheidstaal

  • Bevolking (2007-sensus): 3 394 200.
  • Tale: Tswana (63,4%), gevolg deur Afrikaans (9,0%).

Distrikte

 
Distrikte van Noordwes

Daar is 4 distrikte in die provinsie, naamlik:

Geografie

  • Oppervlakte: Sowat 104 882 vk. km.

Ligging en topografie

Noord en wes van Noordwes lê die land Botswana, terwyl die provinsies Noord-Kaap en Vrystaat aan die suidekant, Limpopo na die noordooste en Gauteng aan die oostekant daarvan lê. Die Magaliesbergreeks is in die noordooste, en die Vaalrivier vorm die provinsie se suidelike grens. Noordwes se suidelike deel is 'n uitgestrekte vlakte, terwyl die noordelike deel grootliks yl begroeide bosveld is.

Ekonomie

 
'n Kunsmatige sandstrand in Sun City

Mynbou sorg vir meer as 'n derde van Noordwes se bruto binnelandse produk. Nagenoeg 94% van Suid-Afrika se platinum kom van die distrikte Rustenburg en Brits, wat meer van hierdie kosbare silwerwit metaal produseer as enige ander gebied ter wêreld. Die provinsie lewer voorts 'n kwart van die land se goud. Graniet, marmer, vloeispaat en diamante word ook ontgin.

Ondanks die mynboubedrywighede het die provinsie nog steeds 'n landelike karakter. Noordwes lewer sowat 'n derde van die land se mielies. Ander belangrike landbouprodukte in die suidelike en oostelike dele van die land is sonneblomolie, vrugte, tabak en katoen. Die westelike en noordelike dele het weer baie skaap- en beesplase.

Toerisme

Noordwes se malariavrye wildernisgebiede soos die Madikwe Wildreservaat en die Nasionale Pilanesbergpark is gewilde toeristebestemmings. So ook Sun City, 'n bekende luukse vakansieoord wat met twee gholfbane, kasino's, sportgeriewe en ander vermaaklikheidsaktiwiteite daagliks meer as 25 000 besoekers lok. Ander gewilde bestemmings vir buitelug-aktiwiteite is die Hartbeespoortdam (vir watersport) en die Magaliesberge met sy natuurskoon en voetslaanpaaie.

Opvoeding

Die Noordwes-Universiteit, wat die Potchefstroomkampus (die Pukke) insluit, is die provinsie se vernaamste tersiêre onderwysinrigting.

Bronne


Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 statssa.gov.za - 2011-sensus

Eksterne skakels

  • (en) Toerisme-inligting oor Noordwes op Wikivoyage
  • (en) Amptelike webwerf



Koördinate: 27°S 26°O / 27°S 26°O / -27; 26

Noordwes
noordwes, engels, north, west, tswana, bokone, bophirima, nege, provinsies, suid, afrika, hoofstad, mahikeng, heet, onlangs, mafikeng, algemeen, gebruik, 1994, gevorm, deur, samevoeging, transvaal, tuisland, bophuthatswana, uitgesluit, deel, vrystaat, geleë, n. Noordwes Engels North West Tswana Bokone Bophirima is een van die nege provinsies van Suid Afrika Die hoofstad is Mahikeng heet tot onlangs Mafikeng en nog algemeen gebruik Noordwes is in 1994 gevorm deur die samevoeging van die ou Wes Transvaal en die tuisland Bophuthatswana uitgesluit die deel wat in die Vrystaat gelee was en n noordoostelike deel van die ou Kaapprovinsie Noordwes provinsieBokone BophirimaNyakatho NtshonalangaNorth West Province WapenOppervlakte 104 882 km Bevolking 2011 1 3 509 953Bevolking 2017 skat 3 850 000Tale 1 Tswana 63 4 Afrikaans 9 0 Suid Sotho 5 8 Xhosa 5 5 Tsonga 3 7 Etniese groepe 1 Swartes 89 8 Blankes 7 3 Kleurlinge 2 0 Asiers 0 6 Hoofstad MahikengPremier Job Mokgoro ANC Die provinsiale hoofstad Mahikeng vorm n eenheid met Mmabatho wat voorheen die hoofstad van Bophuthatswana was Ander belangrike plekke in Noordwes is onder meer Potchefstroom Klerksdorp Brits Rustenburg Lichtenburg en Vryburg Inhoud 1 Demografie 2 Distrikte 3 Geografie 3 1 Ligging en topografie 4 Ekonomie 5 Toerisme 6 Opvoeding 7 Bronne 8 Verwysings 9 Eksterne skakelsDemografie Wysig Meerderheidstale in Noordwes Afrikaans Engels Suid Ndebele Xhosa Zoeloe Noord Sotho Suid Sotho Tswana Tsonga Geen meerderheidstaal Bevolking 2007 sensus 3 394 200 Tale Tswana 63 4 gevolg deur Afrikaans 9 0 Distrikte Wysig Distrikte van Noordwes Daar is 4 distrikte in die provinsie naamlik Bojanala Platinum Ngaka Modiri Molema voorheen Sentrale Dr Kenneth Kaunda voorheen Suidelike Dr Ruth Segomotsi Mompati voorheen Bophirima Geografie WysigOppervlakte Sowat 104 882 vk km Ligging en topografie Wysig Noord en wes van Noordwes le die land Botswana terwyl die provinsies Noord Kaap en Vrystaat aan die suidekant Limpopo na die noordooste en Gauteng aan die oostekant daarvan le Die Magaliesbergreeks is in die noordooste en die Vaalrivier vorm die provinsie se suidelike grens Noordwes se suidelike deel is n uitgestrekte vlakte terwyl die noordelike deel grootliks yl begroeide bosveld is Ekonomie Wysig n Kunsmatige sandstrand in Sun City Mynbou sorg vir meer as n derde van Noordwes se bruto binnelandse produk Nagenoeg 94 van Suid Afrika se platinum kom van die distrikte Rustenburg en Brits wat meer van hierdie kosbare silwerwit metaal produseer as enige ander gebied ter wereld Die provinsie lewer voorts n kwart van die land se goud Graniet marmer vloeispaat en diamante word ook ontgin Ondanks die mynboubedrywighede het die provinsie nog steeds n landelike karakter Noordwes lewer sowat n derde van die land se mielies Ander belangrike landbouprodukte in die suidelike en oostelike dele van die land is sonneblomolie vrugte tabak en katoen Die westelike en noordelike dele het weer baie skaap en beesplase Toerisme WysigNoordwes se malariavrye wildernisgebiede soos die Madikwe Wildreservaat en die Nasionale Pilanesbergpark is gewilde toeristebestemmings So ook Sun City n bekende luukse vakansieoord wat met twee gholfbane kasino s sportgeriewe en ander vermaaklikheidsaktiwiteite daagliks meer as 25 000 besoekers lok Ander gewilde bestemmings vir buitelug aktiwiteite is die Hartbeespoortdam vir watersport en die Magaliesberge met sy natuurskoon en voetslaanpaaie Opvoeding WysigDie Noordwes Universiteit wat die Potchefstroomkampus die Pukke insluit is die provinsie se vernaamste tersiere onderwysinrigting Bronne WysigNoordwes by Mieliestronk Met toestemming gebruikVerwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 statssa gov za 2011 sensusEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Noordwes Sien noordwes in Wiktionary die vrye woordeboek en Toerisme inligting oor Noordwes op Wikivoyage en Amptelike webwerf Provinsies van Suid Afrika Gauteng KwaZulu Natal Limpopo Mpumalanga Noord Kaap Noordwes Oos Kaap Vrystaat Wes Kaap Koordinate 27 S 26 O 27 S 26 O 27 26Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Noordwes amp oldid 2066288,