Noordelike Kroon
Die Noordelike Kroon (Latyn: Corona Borealis) is ’n klein sterrebeeld in die noordelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Die Noordelike Kroon kry sy naam van sy vorm en het geen sterre met ’n groter helderheid as 1 mag nie. Sy helderste ster, Alpha Coronae Borealis (ook bekend as Alphecca of Gemma) is 2,2 mag en is ’n effense veranderlike ster. Die sterrebeeld het verskeie interessante veranderlike sterre: die bekendste is R Coronae Borealis en T Coronae Borealis. Die sterrebeeld bevat geen ander helder voorwerpe nie. Abell 2065 is ’n digte sterrestelselswerm met meer as 400 stelsels – die helderste een het ’n helderheid van 16 mag. Agterdek • Akkedis • Altaar • Andromeda • Arend • Beeldhouer • Beker • Berenike se Hare • Boogskutter • Bul • Dolfyn • Draak • Driehoek • Duif • Eenhoring • Eridanus • Feniks • Graveerstif • Groot Beer • Groot Hond • Haas • Hercules • Horlosie • Indiër • Jaghonde • Jagter • Kameelperd • Kameleon • Kiel • Klein Beer • Klein Hond • Klein Leeu • Koetsier • Kompas • Kassiopeia • Kefeus • Kraai • Kraanvoël • Kreef • Net • Leeu • Lier • Lugpomp • Maagd • Mikroskoop • Noordelike Kroon • Noordelike Waterslang • Oktant • Oond • Paradysvoël • Passer • Perseus • Pou • Pyl • Ram • Rooikat • Seile • Sekstant • Sentour • Skerpioen • Skild • Skilder • Slang • Slangdraer • Steenbok • Suidelike Driehoek • Suidelike Kroon • Suidelike Vis • Suidelike Waterslang • Suiderkruis • Swaan • Swaardvis • Tafel • Teleskoop • Toekan • Tweeling • Veewagter • Visse • Vlieënde Perd • Vlieënde Vis • Vlieg • Vos • Vul • Walvis • Waterdraer • Weegskaal • Winkelhaak • Wolf Noordelike Kroon Latynse naam Corona Borealis Genitief Coronae Borealis Afkorting CrB Waarnemingsdata (Epog J2000) Regte klimming 16h Deklinasie 30º Grootte 179 vk. grade (73ste) Kwadrant NQ3 Besonderhede Hoofsterre 8 Helderste ster Alphecca (Gemma, Alpha Coronae Borealis) Naaste ster HD 144579 Sterre helderder as 3 m 4 Sterre met planete 3 Messier-voorwerpe 0 Bayer-/Flamsteed-sterre 24 Aangrensende sterrebeelde Hercules, Veewagter, Slang Portaal Sterrekunde
Die 88 moderne sterrebeelde
