×
Noord-Kaap

Die Noord-Kaap (Engels: Northern Cape, Tswana: Kapa Bokone, Xhosa: uMntla-Koloni) is die grootste en ylbevolkste provinsie van Suid-Afrika. Die hoofstad en grootste stad is Kimberley. Die provinsie is gestig toe die ou Kaapprovinsie in 1994 in drie nuwe provinsies, die Wes-, Oos- en Noord-Kaap verdeel is.

Provinsie Noord-Kaap
Northern Cape Province
Kapa Bokone
uMntla-Koloni

Wapen
Hoofstad Kimberley
Grootste stad Kimberley
Premier Zamani Saul (ANC)
Oppervlakte
– Totaal
Geranglys 1ste
361 830 vk km
Bevolking
- Totaal (2011)
- Bev.digtheid
Geranglys 9de
1 145 861
3,1 / vk km
Geloofsoortuigings Christene (94,8%), geen (3,5%), res (1,6%)
Tale Afrikaans (53,8%), Tswana (33,1%), Xhosa (5,3%), Engels (3,4%), Suid-Sotho (1,3%)
Etniese verdeling Swartes (50,4%), Kleurlinge (40,3%), Blankes (7,1%), Asiërs (0,7%)

Ander belangrike plekke is Upington, Carnarvon, Colesberg, De Aar, Kuruman en Springbok. Suid-Afrika se koudste dorp, Sutherland, het 'n sterrewag wat al hoe belangriker word as 'n astronomiese observasiesentrum van wêreldklas.

Inhoud

Meerderheidstale in die Noord-Kaap:

Geen meerderheidstaal

  • Bevolking (2011-sensus): 1 145 861. Mees ylbevolkte Suid-Afrikaanse provinsie.
  • Tale: Afrikaans (53,8%), gevolg deur Tswana (33,1%).
  1. Namakwa
  2. Pixley ka Seme
  3. ZF Mgcawu
  4. Frances Baard
  5. John Taolo Gaetsewe

Oppervlakte: Sowat 361 830 vierkante kilometer – die grootste provinsie wat 29,7% van die land beslaan.

Waterval geleë 'n paar myl ten noorde van Nieuwoudtville, op pad na Loeriesfontein, Noord-Kaap

Die Noord-Kaap word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die weste, die lande Namibië en Botswana in die noorde, die provinsie Wes-Kaap in die suide en die provinsies Noordwes, Vrystaat en Oos-Kaap in die ooste. Die Noord-Kaap is 'n plat, klipperige wêreld, yl begroei en droog (gemiddeld slegs sowat 250 mm reën per jaar). Die suide is 'n deel van die Groot Karoo, terwyl die Kalahariwoestyn vanuit Botswana in die noorde oor die provinsie reik. Dis 'n harde wêreld, wat darem ryklik getemper word deur die beroemde veldblomme wat in die lente in Namakwaland ontluik. Van die veldblomme is inheems, maar die gewildste plant, die kosmos, is 'n indringer van Amerika. En dan is daar die Oranjerivier, wat soos 'n lint van lafenis deur die dorsland sny en in die Atlantiese Oseaan uitmond.

Die Noord-Kaap is ryk aan minerale (asbes, koper, ystererts, mangaan, gips, edelstene) en het die grootste diamantneerslae in die land. Dis skaapwêreld, maar die provinsie het ook sy kwota wynmakers en sitrusvrugteboere, onder meer.

Die huidige premier van die Noord-Kaap is Zamani Saul. Hy is van die ANC.

Die Noord-Kaapse provinsiale wetgewer se setel is in Kimberley en dit voer die wetgewing volgens die provinsiale belange, wat in die Grondwet van Suid-Afrika bepaal is, deur, onder meer op die gebied van landbou, onderwys, omgewingsake, gesondheidsorg, behuising, taalbeleid, toerisme, handel en welvaart.


  1. – 2011-sensus



Koördinate:30°S22°O /30°S 22°O /-30; 22

Publikasie datum: September 03, 2021

noord, kaap, engels, northern, cape, tswana, kapa, bokone, xhosa, umntla, koloni, grootste, ylbevolkste, provinsie, suid, afrika, hoofstad, grootste, stad, kimberley, provinsie, gestig, kaapprovinsie, 1994, drie, nuwe, provinsies, verdeel, provinsie, northern,. Die Noord Kaap Engels Northern Cape Tswana Kapa Bokone Xhosa uMntla Koloni is die grootste en ylbevolkste provinsie van Suid Afrika Die hoofstad en grootste stad is Kimberley Die provinsie is gestig toe die ou Kaapprovinsie in 1994 in drie nuwe provinsies die Wes Oos en Noord Kaap verdeel is Provinsie Noord Kaap Northern Cape Province Kapa Bokone uMntla Koloni WapenHoofstad KimberleyGrootste stad KimberleyPremier Zamani Saul ANC Oppervlakte Totaal Geranglys 1ste 361 830 vk kmBevolking 1 Totaal 2011 Bev digtheid Geranglys 9de 1 145 861 3 1 vk kmGeloofsoortuigings Christene 94 8 geen 3 5 res 1 6 Tale 1 Afrikaans 53 8 Tswana 33 1 Xhosa 5 3 Engels 3 4 Suid Sotho 1 3 Etniese verdeling 1 Swartes 50 4 Kleurlinge 40 3 Blankes 7 1 Asiers 0 7 Ander belangrike plekke is Upington Carnarvon Colesberg De Aar Kuruman en Springbok Suid Afrika se koudste dorp Sutherland het n sterrewag wat al hoe belangriker word as n astronomiese observasiesentrum van wereldklas Inhoud 1 Demografie 2 Distrikte 3 Geografie 4 Ligging en topografie 5 Ekonomie 6 Wet en regering 7 Bronne 8 Verwysings 9 Eksterne skakelsDemografie Wysig Meerderheidstale in die Noord Kaap Afrikaans Engels Xhosa Tswana Geen meerderheidstaal Bevolking 2011 sensus 1 145 861 Mees ylbevolkte Suid Afrikaanse provinsie Tale Afrikaans 53 8 gevolg deur Tswana 33 1 Distrikte WysigNamakwa Pixley ka Seme ZF Mgcawu Frances Baard John Taolo GaetseweGeografie WysigOppervlakte Sowat 361 830 vierkante kilometer die grootste provinsie wat 29 7 van die land beslaan Ligging en topografie Wysig Waterval gelee n paar myl ten noorde van Nieuwoudtville op pad na Loeriesfontein Noord Kaap Die Noord Kaap word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die weste die lande Namibie en Botswana in die noorde die provinsie Wes Kaap in die suide en die provinsies Noordwes Vrystaat en Oos Kaap in die ooste Die Noord Kaap is n plat klipperige wereld yl begroei en droog gemiddeld slegs sowat 250 mm reen per jaar Die suide is n deel van die Groot Karoo terwyl die Kalahariwoestyn vanuit Botswana in die noorde oor die provinsie reik Dis n harde wereld wat darem ryklik getemper word deur die beroemde veldblomme wat in die lente in Namakwaland ontluik Van die veldblomme is inheems maar die gewildste plant die kosmos is n indringer van Amerika En dan is daar die Oranjerivier wat soos n lint van lafenis deur die dorsland sny en in die Atlantiese Oseaan uitmond Ekonomie WysigDie Noord Kaap is ryk aan minerale asbes koper ystererts mangaan gips edelstene en het die grootste diamantneerslae in die land Dis skaapwereld maar die provinsie het ook sy kwota wynmakers en sitrusvrugteboere onder meer Wet en regering WysigDie huidige premier van die Noord Kaap is Zamani Saul Hy is van die ANC Die Noord Kaapse provinsiale wetgewer se setel is in Kimberley en dit voer die wetgewing volgens die provinsiale belange wat in die Grondwet van Suid Afrika bepaal is deur onder meer op die gebied van landbou onderwys omgewingsake gesondheidsorg behuising taalbeleid toerisme handel en welvaart Bronne WysigNoord Kaap by Mieliestronk Met toestemming gebruikVerwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 statssa gov za 2011 sensusEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Noord Kaap en Toerisme inligting oor Noord Kaap op Wikivoyage en Amptelike webwerf Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Noord Kaap Provinsies van Suid Afrika Gauteng KwaZulu Natal Limpopo Mpumalanga Noord Kaap Noordwes Oos Kaap Vrystaat Wes Kaap Koordinate 30 S 22 O 30 S 22 O 30 22Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Noord Kaap amp ol,