×
Noord-Amerika

Noord-Amerika

Oppervlakte 24 709 000 km² (3de)
Bevolking 565 265 000 (2013, 4de)
Bevolkingsdigtheid 23/km²
Lande 23
Afhanklike gebiede 22
Tale Engels, Spaans, Frans, Nahuatl, Mayathan en verskeie ander
Tydsones UTC-10 (Verenigde State) tot UTC±0 (Groenland)
Grootste stede Meksikostad
New York Stad
Los Angeles
Chicago
Toronto
DallasFort Worth
San Francisco
Houston
Miami
Philadelphia
Atlanta
30° (Noord-Amerika)

Noord-Amerika is 'n kontinent in die Noordelike Halfrond van die Aarde, wat byna uitsluitlik in die Westelike Halfrond geleë is. Dit word in die noorde begrens deur die Arktiese Oseaan, in die ooste deur die noordelike Atlantiese Oseaan, in die suidooste deur die Karibiese See en in die suide en weste deur die noordelike Stille Oseaan. Met 24 709 000 vierkante kilometer beslaan dit 4,8 persent van die aarde se oppervlak en is die derde grootste vasteland na Asië en Afrika.

Inhoud

Die Amerikas is deur die Duitse kartograwe Martin Waldseemüller en Matthias Ringmann na die Italiaanse ontdekkingsreisiger Amerigo Vespucci genoem.

’n Geologiese kaart van Noord-Amerika, volgens ouderdom. Die rooi en pienk dui rotse uit die Argeïkum aan.
Ekostreke van die Noord-Amerikaanse lande Kanada, Verenigde State en Meksiko
Geologiese kaart van Noord-Amerika
Sedimentêre, vulkaniese, plutoniese en metamorfe gesteentes van Noord-Amerika
Noord-Amerikaanse kratons en kelderrotse
Noord-Amerikaanse tektoniese plaat
Klimaatsones in Noord-Amerika volgens die Köppen-klimaatklassifikasie
Morainemeer in Nasionale Park Banff

Noord-Amerika is die noordelike deel van die Amerikaanse kontinent en word in die ooste begrens deur die Atlantiese Oseaan, in die noorde deur die Noordelike Yssee en in die weste deur die Stille Oseaan.

Die meeste eilande wat rondom die subkontinent lê, soos die Karibiese Eilande, die Kanadese Arktiese Argipel, Groenland en die Aleoete-eilande, word hierby ingereken omdat hulle op die Noord-Amerikaanse kontinentale plaat lê. Die Sentraal-Amerikaanse lande (Guatemala, Belize, Honduras, El Salvador, Nicaragua, Costa Rica en Panama), die eilande van die Karibiese gebied, Groenland en Sint Pierre en Miquelon (Franse eilandjies suid van Newfoundland) word egter nie hier bespreek nie.

Fisies-geografiese aspekte

Op grond van die geologiese verwantskap, soorte gesteentes en uiterlike verskynsvorm kan die Noord-Amerikaanse subkontinent in vyf gebiede ingedeel word: die westelike gebergte, die Kanadese Skild, die kusvlakte langs die Atlantiese Oseaan en die Golf van Meksiko, die oostelike hoogland en die binnelandse laagland.

Die Cordillera

Die Cordillera of die westelike gebergte strek van Alaska tot aan Sentraal-Amerika en is deel van 'n reusagtige bergreeks wat tot aan Antarktika deurloop. Tussen 200 tot 300 miljoen jaar gelede het hier 'n geosinklinaal bestaan wat met water gevul was en waar in groot hoeveelhede sediment afgeset is.

Meer as 100 miljoen jaar gelede het die vorming van die oostelike reeks en van die belangrikste reeks van die Cordillera, die Rotsgebergte, begin. Die kusgebergte is jonger en is sowat 70 miljoen jaar gelede gevorm; aardbewingshaarde en vulkane word hier aangetref.

Die Cordillera bestaan uit ’n veertigtal rûens wat almal 'n eie naam het. In die noorde is 'n stelsel bergrûens wat deur lengtevalleie van mekaar geskei word. Meer na die suide word hierdie stelsel onderbreek deur groot plato's, onder meer die Groot Bekken. Hierdie vlakte is so groot dat dit dikwels nie meer tot die Cordillera gereken word nie. Oos hiervan ontbreek die reëlmatige patroon van die lengtevalleie vanweë die geweldige samepersing wat die reeks ondergaan het.

Die Kanadese Skild

Die Kanadese of Laurentiese Skild is ’n ongeplooide, uitgestrekte gebied rondom Hudsonbaai. Die skild, wat uit die oudste gesteentes (graniet wat meer as 600 miljoen jaar gelede gevorm is, gneis, lawa en skis) van die subkontinent bestaan, het altyd bo seespieël gelê.

Sowat 25 000 jaar gelede het landys die grootste deel hiervan bedek en meer as 8 000 jaar gelede het die ys teruggetrek en 'n skuins landskap met granietrotse en duisende mere het agtergebly. Die dun, onvrugbare laag grond is nie geskik vir landbou nie en enorme denne- en sparbosse bedek die gebied.

Die kusvlakte

Die kusvlakte langs die Atlantiese Oseaan en die Golf van Meksiko, van die deelstaat Massachusetts tot aan die Yucatán-skiereiland in Meksiko, is nie meer as sowat 200 miljoen jaar oud nie. Dit is deur sedimentasie gevorm en gaan baie geleidelik oor in die kontinentale plaat.

Die smal strook langs die Sierra Madre Oriental strek tot in die Mississippirivierdelta, waar die helling so geleidelik daal dat die oorgang tussen land en water 'n groot gebied beslaan. Ook die skiereiland Florida lê baie laag en is plat, behalwe die verre noordwestelike deel. Geologies dui die baie oorstroomde riviermondings of estuaria daarop dat daar relatief onlangs 'n positiewe verandering in die watervlak plaasgevind het.

Die oostelike bergland

Die Appalache strek van Newfoundland in Kanada tot in die deelstate Alabama en Suid-Carolina in die suide van die Verenigde State. Tussen 200 en 600 miljoen jaar gelede was hier 'n geosinklinaal geleë wat met verloop van tyd met die oorblyfsels van seediere en die sediment van omringende berge opgevul is. Die gebergte is sowat 200 miljoen jaar gelede gevorm.

Die ou Appalache, wat uit kristallyne gesteentes opgebou is, loop in ’n noordwes-suidoostelike rigting en vorm die oostelike deel van die ou sentrale gebergte, terwyl die jong of sedimentêre Appalache in die weste afgeset is. In die noorde is die gebergte afgerond en kaal en is die valleie met sediment gevul. Die skuins en heuwelagtige landskap is kenmerkend van Nieu-Engeland.

Ondanks hul geringe hoogte word sommige rûe "berge" genoem, soos Green Mountains by Mount Mansfield (1 318 m), en White Mountains by Mount Washington (1 918 m). Na die suide is die bergrûens skerper en die valleie nouer en dieper. Die Great Smokey Mountains (Mount Mitche, 2 038 m) is die woesste deel van die Appalache.

Die binnelandse laagland

Tussen die Rotsgebergte, die Kanadese Skild en die Appalache lê 'n byna ononderbroke plat gebied, wat hom van die Golf van Meksiko tot aan die Noordelike Yssee uitstrek. Oor hierdie afstand is die hoogteverskil nie meer as 300 m nie. Tot 70 miljoen jaar gelede is die plat gebied gereeld deur see oorstroom. Daarna het die gebied bo seespieël gebly en is dit met sediment van die Rotsgebergte bedek. Hierdie sentrale laagland word in drie dele onderskei, naamlik die noordelike deel, die Groot Vlaktes en die sentrale bekken.

Die kern van die noordelike deel word deur die Mackenzierivier gevorm. Aan die kus van die Noordelike Yssee is ’n laagliggende kusvlakte waarvan dele van die vasteland deur verskuiwings geskei is en die eilande van die Kanadese Arktiese Argipel gevorm het. Net 'n paar van hierdie eilande, soos Baffin- en Ellesmere-eiland, is aanmerklik bo seespieël.

Groot Vlaktes

Die Groot Vlaktes strek van die Saskatchewanrivier in die noorde tot in Texas in die suide. Die wesgrens word deur die Rotsgebergte gevorm en die oosgrens deur die reënvallyn van 500 mm per jaar, wat met min of meer die 98ste meridiaan saamval. Vanweë die wispelturige klimaat in die gebied wes van hierdie lyn, waardeur baie oeste al vernietig is, word dit die ramplyn genoem.

Van die Mississippirivier tot by die Rotsgebergte styg die land oor 'n afstand van ongeveer 750 km van 300 tot 1800 m. Die noordelike deel van die Groot Vlaktes tot op die Missouriplato is deur ys geërodeer. Die ruwer Badlands, die suidelike deel van die plato, was net soos Black Hill (2 200 m) wes daarvan, nie deur die ys bedek nie. Die suidelike deel van die Groot Vlaktes gaan baie geleidelik oor in die uitlopers van die Appalache, en in die noorde in die Kanadese Skild. Die ys het hier 'n dik, vrugbare sediment agtergelaat.

Die plant- en dierewêreld van Noord-Amerika toon ooreenkomste met sowel dié van Eurasië as met dié van Suid-Amerika. Dit kan verklaar word uit die feit dat daar tydens verskeie vroeëre tydperke in die geskiedenis van die aarde landverbindinge bestaan het tussen Noord- en Suid-Amerika enersyds en Noord-Amerika en Eurasië andersyds. So het die voorouers van die perd en die van die kameel aan die einde van die Tersiêr (sowat twee miljoen jaar gelede) uit hul stamland, Noord-Amerika, na Eurasië getrek.

In dieselfde tyd was Noord en Suid-Amerika van mekaar geskei. Die tussenliggende see het vir die meeste diere, ondanks die eilande wat daarin was, 'n onoorkomelike versperring gevorm. Nadat daar vanweë vulkaniese bedrywighede ’n landbrug ontstaan het, het byvoorbeeld lamas in die ystyd (Pleistoseen) oor hierdie landbrug na Suid-Amerika getrek. Anders as in Eurasië, waar die bergreekse die kontinent in 'n oos-wesrigting deursny en die trek van diere vanuit die noorde na die suide belemmer het, vergemaklik die noord-suidbergrûens van Amerika die verspreiding in hierdie rigting juis.

Soögrafies maak Noord-Amerika deel uit van die nearktiese substreek. Plantegeografies vorm Noord-Amerika met Europa en ’n groot deel van Asië die holarktiese gebied, die grootste van die ses plantegeografiese hoofgebiede.

Toendra

Die Noord-Amerikaanse toendralandskap, wat hom suid van die poolyskap uitstrek, toon baie ooreenkoms met die van Eurasië op dieselfde breedte. Die plantegroei bestaan hoofsaaklik uit mosse, korsmosse en dwergstruike. Ook die dierewêreld toon ooreenkoms met die van Noord-Eurasië. Die lemmings (genus Lemmus) en poolhase is in albei gebiede 'n belangrike prooi vir poolvosse (Alapex lagopus), hermelyne (Mustela erminea) en ander roofdiere.

Die verskille is veral op die vlak van spesies en subspesies. So behoort die poolhaas van Amerika tot ’n ander spesie (Lepus timidus) en is die toendrarendier (Rangifer tarandus arcticus) die Noord-Amerikaanse teenhanger van die Noord-Europese rendier (Rangifer tarandus tarandus), al het hy in teenstelling met die Noord-Europese rendier nooit ’n huisdier geword nie.

Die muskusbees (Ovibos moschatus), wat vroeër net in Noord-Amerika, op Groenland en die Arktiese eilande voorgekom het, is nou ook na Noorweë en op Spitsbergen ingevoer. Langs die kus lewe talryke seevoëls, veral in die somer. Ganse sneeuhoenders en spesies soos die steenlopertjie (Arenaria interpres) en die drietoonstrandloper (Calidris alba) broei op die toendra.

Bosse

Suid van die boomgrens, dit wil sê die grens van die gebiede waar die klimaat die groei van bome moontlik maak, is 'n breë gordel van naaldbome wat bekend is as die Kanadese of Hudson-leefsone, aangesien hierdie gordel die hele Kanada van Hudsonbaai af bedek. Hier nou die Amerikaanse of Europese eland (Alces alces), asook wolwe en losse. Behalwe baie bewers is daar ook die Amerikaanse marter (Martes americanus) en die swartbeer (Ursus americanus).

Die aantal voëlspesies in die naaldwoude is relatief klein. Die meeste spesies is nie daartoe in staat om die taai, harsryke sade en ander eetbare dele van die naaldbome te verteer nie. Naas die Amerikaanse neutekraker (Nucifraga columbiana), wat hom net in die merke op sy vere van sy Eurasiese bloedverwant onderskei en ook van die sade van Pinus cembra leef, is kruisbekke (genus Loxia) en spegte (houtkappers) die belangrikste voëlspesies. Die jong denne-aanplantings in die noordooste van die Verenigde State en in die suide van Kanada vorm die milieu vir die swart met geel en grys magnoliasangvoël (Dendroica magnolia), een van die baie sangvoëls (Parulidae) en 'n tipiese Amerikaanse voëlfamilie.

Die enigste Noord-Amerikaanse cavia-agtige knaagdier (suborde Caviomorpha), waaronder die Kanadese ystervark (Erethizon darsatum), leef in die naaldbosse wat hoofsaaklik uit sparre, denne en silwersparre bestaan. Die Amerikaanse weergawe van die Europese eekhorings is die Noord-Amerikaanse rooi-eekhorings (genus Tamiasciurus). Hierdie eekhorings gaar meer op as hul Europese bloedverwante en daar word dikwels honderde dennekeëls in hut bergplekke gevind.

Van die silwersparre is Abies balsamea een van die algemeenste spesies. Die hars hiervan, bekend as kanadabalsem, word onder meer gebruik by die maak van lense en mikroskopiese preparate. Meer na die suide gaan die naaldwoude oor in gemengde bosse, wat die woongebied van hoofsaaklik wildevarke is. Verder suid maak die gemengde woude plek vir egte loofbosse, waarin ’n groter verskeidenheid spesies voorkom as in die Europese loofbosse. In die ooste neem die spesies van die genera Magnolia, Liriodendron en Carya ’n belangrike plek in naas eike-, berke-, haselneut en esdoringbome. In die weste oorheers die rooihoutboom, waaronder die beroemde mammoetbome (Sequoiadendron giganteum).

Die loofbosse herberg 'n ryk dierewêreld. Herte soos die witsterthert (Odocoileus virginianus), wat deur Walt Disney as "Bambi" wêreldbekend gemaak is, en die muithert (Odocoileus hemionus) kry hier volop voedsel en skuilplek. Die los (Lynx rufus) en die wasbeer (Procyon lotor) is sedert die verdwyning van die poemas en wolwe die belangrikste roofdiere in die loofbosse. Akkers, haselneute en die sade van ander bome en struike is 'n ryk voedselbron vir woelmuise en Amerikaanse dwergeekhorings (genus Microsciurus).

Die Noord-Amerikaanse buidelrot (Didelphis marsupialis) is die enigste buideldier wat uit sy stamland, Suid-Amerika, tot oor die grens van Kanada beweeg en hom in die loofbosse gaan vestig het. Muishonde (subfamilie Mephithinae) is aan die Europese dasse verwant. Die Amerikaanse silwerdas (Taxidea taxus), ook die prêriedas genoem vanweë sy voorkeur vir oop gebiede, kom van Suid-Kanada tot in Meksiko voor. Dit is 'n breedgeboude, afgeplatte dier met ’n pragtige pels, wat hom 'n gesogte jagdier maak.

Onder die talryke voëls (veral sangvoëls) wat in die loofbosse volop voedsel en woonplek vind, is veral die kardinale (subfamilie Cardinalinae) die opvallendste. Die blou biskop (Guiraca caerulea) en die rooi biskop (Pheucticus ludovicianus) kom die algemeenste voor. Die kalkoen (Meleagris gallopavo) kom eintlik nie meer wild voor nie, maar word op groot skaal deur pluimveeboere geteel. Soos in die naaldbosse vorm die sangvoëls wat van insekte lewe (Parulidae), ook hier 'n belangrike element in die avifauna. Hulle kom tot in die noorde van Chili en Argentinië voor. In die suidelikste deelstate van Noord-Amerika maak die loofbosse plek vir die immergroen bosse.

In Florida kom selfs palmbosse voor. Ook die moerasbosse in die bekende moerasgebied Everglades in Suid-Florida bestaan uit immergroen spesies soos die moerassipres (Taxodium distichum). Die groot aantal vleisetende plante is tipies vir hierdie moerasbosse. Behalwe die vlieëvanger (Dionaea muscipula) kom ook 'n aantal spesies van die genus Saracenia voor wat op drywende veenmos groei en groot, bekervormige blare het. Die wand van die bekervormige blare skei ’n vloeistof af waarin aangelokte insekte verdrink en verteer word. Die sagte klimaat, aanwesigheid van water en oorvloedige voedsel maak die Everglades 'n ryk gebied vir waterhoenders, veral reiers en ibisse.

Daar is ook slange, skilpaaie en alligators. Op die droër gedeeltes met meer plantegroei is daar herte en klein soogdiere soos wildekatte en tallose reptiele. Tot die kenmerkende Noord-Amerikaanse plante behoort die ongeveer 25 spesies van die genus Amelanchier, verskillende bessies (genus Rubus), hamamelis (genus Hamamelis) en wynstokke (Vitis vinifera), wat saam met 'n aantal ander spesies van die genus Vitis inheems is. Die plantegroei van Kalifornië en Meksiko word gekenmerk deur vetplante (familie Crassulaceae) wat met hul dik, voghoudende stingels en blare uitstekend aangepas is by die droë klimaat.

Prêries en woestyne

In die suide van Kalifornië, Meksiko en Texas bestaan die plantegroei uit 'n grasvlakte met doringstruike, die chaparral, in vergelyking met die landskap van die klimatologies verwante Middellandse Seegebied. In die chaparral lewe talryke knaagdiere, waaronder die prêrie- of witsterthaas (Lepus townsendii). Die prêrie, die kenmerkende Noord-Amerikaanse grasland, is die droë binnelandse gebied tussen die Rotsgebergte in die weste en die loofbosse in die ooste.

Dit is die woongebied van die bison (genus Bison) en die gaffelbok (Antilocapra americana). Toe die eerste blanke koloniste hulle in die Verenigde State gevestig het was daar nag honderdduisende bisons op die prêrie, maar hulle is meedoënloos gejag ter wille van hut vleis en velle of vir die plesier, sodat die diere binne 'n kort tydjie deur uitsterwing bedreig is. Vandag is die bisons beperk tot 'n paar reservate. Ook die gaffelbok is danksy beskermende maatreëls gered.

Die graslande bied meer as genoeg voedsel aan allerlei knaagdiere soos die prêriehonde (Cynomys ludovicianus) en wangsakrotte (genus Geomys), wat op hulle beurt belangrike voedsel is vir roofdiere soos prêriewolwe (Cantis latrans), vosse, uile, patrysvalke, valke, arende en baie slange. Die prêriehoender (Tympanuchus cupido) is 'n grondbewonende voel van die oostelike prêrie, terwyl die waaierhoender (Centrocercus urophasianus) hoofsaaklik in die westelike deel leef.

Die prêrie lê op die roete van die voëls wat in die winter uit die noorde na warmer streke trek en baie spesies gebruik die grasvlakte dan ook as 'n rusplek. Vanweë die groot gebiede wat onder verbouing is, is die verspreidingsgebied van baie diere baie verklein. Tussen die Rotsgebergte en die bergketting van die Sierra Nevada lê die Groot Bekken, 'n woestyngebied waar die winters baie koud is. Die plantegroei bestaan hoofsaaklik uit alsem (genus Artemisia) en kort, bosagtige grasspesies.

Dit is die woongebied van onder andere die swartsterthaas (Lepus californicus), wat weens voedselskaarste in sy gebied die gesaaides beskadig, sodat boere hom as 'n skadelike dier beskou. Die warm woestyne in die suidweste is begroei met kaktusse, waaronder veral die skyfkaktusse (genus Opuntia) oorheers. Die saguarokaktus (Carnegia gigantea), wat tot 15 m hoog word, dien vir die gilaspeg (Centurus uropygialis) en die goudspeg om in nes te maak. Waar die reënval hoër is, groei agame (genus Agave) en adamsnaald (genus Yucca). Laasgenoemde blom snags en word dan deur nagvlinders bestuif. 'n Tipiese voëlspesie uit hierdie gebied is die hardloopkoekoek (Geococcyx calitornianus). Hy is nie 'n groot vlieër nie, maar kan vinnig hardloop. Met sy lang pote kan die voel snelhede van tot 24 km/h bereik, terwyl spronge van tot 3 m hoog gemaak word. Behalwe ratelslange kom ook die tjukwalla (Sauromalus obesus) en die gilamonster (Heloderma suspectum), 'n giftige akkedis, hier voor.

Gebergtes en riviere

Die grootste berg reeks is die Rotsgebergte, wat 'n oppervlakte van een miljoen km² beslaan. Op die hoogste pieke, bo die boomgrens, is die plant- en dierewêreld dieselfde as die van die toendra. Op die berghellings lewe die rotsgebergtebok (Oreamnos americanus) en die rotsgebergteskaap (Ovis canadensis).

Die rotsgebergtebok kry in die winter wit wol en blou hoewe en horings. Laer af in die berge lewe die Noord-Amerikaanse takbok, wat soos die Europese rooitakbok behoort tot die genus Cervus, vroeër die algemeenste hoefdier van Noord-Amerika. Met die ontginning en uitkap van die bosse het die oostelike subspesie Cervus elaphus canadensis uitgesterf en is die oorblywende spesies na onbereikbare berghellings of reservate teruggedwing.

Die groot riviere van die Amerikaanse kontinent is ryk aan visspesies en ander waterdiere, terwyl soogdiere soos bisamrotte (Ondatra zibethica), otters, bewers en waterspitsmuise wat by water aangepas is, langs die oewers woon. Van die visse is die baarsagtiges (orde Peciformes) en die karperagtiges (orde Cypriniformes) die algemeenste verteenwoordig. Die lepelsteur (Polyodon spathula), wat in die twintigerjare nog so volop was dat daar jaarliks 1 000 ton daarvan gevang is, moet vandag weens die jarelange onoordeelkundige vangs beskerm word.

Een van die vreemdste Amerikaanse visse is die Amerikaanse moddersnoek (Amia calva), die enigste oorblywende spesie van die visorde Amiiformes, wat in die Jura en Kryt met ses families algemeen verspreid was. Die moddersnoek verkies die dig begroeide oewers van vlak riviere en word as 'n lewende fossiel beskou.

Nasa-Satellietbeeld van Noord-Amerika
Kaart van Noord-Amerika
Territoriale ontwikkeling van Noord-Amerika sedert 1750
Naam van streek en gebied, met vlag Oppervlak
(km²)
Bevolking
(2008)
Bevolkingsdigtheid
(per km²)
Hoofstad
Amerikaanse Maagde-eilande (Verenigde State) 347 110 000 317 Charlotte Amalie
Anguilla (Verenigde Koninkryk) 91 15 000 165 The Valley
Antigua en Barbuda 442 88 000 199 St. John’s
Aruba (Nederland) 180 107 000 594 Oranjestad
Bahamas 13 943 342 000 25 Nassau
Barbados 430 256 000 595 Bridgetown
Belize 22 966 307 000 13 Belmopan
Bermuda (Verenigde Koninkryk) 54 65 000 1 204 Hamilton
Bonaire (Nederland) 294 12 093 41 Kralendijk
Britse Maagde-eilande (Verenigde Koninkryk) 151 23 000 152 Road Town
Clipperton (Frankryk) 6 0 0
Costa Rica 51 100 4 579 000 90 San José
Curaçao (Nederland) 444 140 794 317 Willemstad
Dominica 751 67 000 89 Roseau
Dominikaanse Republiek 48 671 10 090 000 207 Santo Domingo
El Salvador 21 041 6 163 000 293 San Salvador
Grenada 344 104 000 302 St. George’s
Groenland (Denemarke) 2 166 086 57 000 0,026 Nuuk (Godthåb)
Guadeloupe (Frankryk) 1 628 401 784 247 Basse-Terre
Guatemala 108 889 14 027 000 129 Guatemala-stad
Haïti 27 750 10 033 000 362 Port-au-Prince
Honduras 112 492 7 466 000 66 Tegucigalpa
Jamaika 10 991 2 719 000 247 Kingston
Kaaimanseilande (Verenigde Koninkryk) 264 56 000 212 Georgetown
Kanada 9 984 670 33 573 000 3 Ottawa
Kuba 109 886 11 204 000 102 Havana
Martinique (Frankryk) 1 128 397 693 353 Fort-de-France
Meksiko 1 964 375 112 322 757 57 Meksikostad
Montserrat (Verenigde Koninkryk) 102 6 000 59 Plymouth; Brades
Navassa (Verenigde State) 5 0 0
Nicaragua 130 373 5 743 000 44 Managua
Panama 75 417 3 454 000 46 Panama-stad
Puerto Rico (Verenigde State) 8 870 3 982 000 449 San Juan
Saba (Nederland) 13 1 537 118 The Bottom
Sint Bartholomeus (Frankryk) 21 7 448 355 Gustavia
Saint-Martin (Frankryk) 54 29 820 552 Marigot
Sint Pierre en Miquelon (Frankryk) 242 6 000 25 Saint-Pierre
Sint Eustatius (Nederland) 21 2 739 130 Oranjestad
Sint Maarten (Nederland) 34 40 009 1 177 Philipsburg
St. Kitts en Nevis 261 52 000 199 Basseterre
St. Lucia 539 172 000 319 Castries
St. Vincent en die Grenadine 389 109 000 280 Kingstown
Trinidad en Tobago 5 130 1 339 000 261 Port of Spain
Turks- en Caicoseilande (Verenigde Koninkryk) 948 33 000 35 Cockburn Town
Verenigde State 9 629 091 311 630 000 33 Washington, D.C.
Noord-Amerika Totaal 24 500 995 541 720 440 23
  1. (in Engels). Encyclopædia Britannica. vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2020. Besoek op24 April 2019.
  2. (en) . CommerceConnect.gov. Security and Prosperity Partnership Of North America. Geargiveer vanaf op 18 Junie 2008. Besoek op14 November 2010.
  3. (in Engels). United States Environmental Protection Agency. Geargiveer vanaf op 24 September 2015. Besoek op30 Mei 2011.
  4. . About.com (in Engels). vanaf die oorspronklike op 10 April 2016.
  5. (en) (PDF). United Nations Statistics Division. 2008. Besoek op14 Oktober 2010.Cite journal requires |journal= (help)
  6. Department of Economic and Social Affairs Population Division (2009). (PDF). 2008 revision (in Engels). Verenigde Nasies. Geargiveer vanaf (PDF) op 24 Oktober 2018. Besoek op12 Maart 2009.
  7. (en) Central Bureau of Statistics Netherlands Antilles. . Government of the Netherlands Antilles. Geargiveer vanaf op 1 Mei 2010. Besoek op14 Oktober 2010.
  8. (in Frans). Insee.fr. vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2016. Besoek op31 Oktober 2011.
  9. (in Frans). Insee.fr. vanaf die oorspronklike op 17 November 2009. Besoek op31 Oktober 2011.
  10. (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf op 20 Oktober 2018. Besoek op14 Oktober 2010.
  11. (in Engels). Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf op 4 Oktober 2018. Besoek op14 Oktober 2010.


Publikasie datum: Augustus 05, 2021

noord, amerika, oppervlakte, bevolking, 2013, bevolkingsdigtheid, lande, 23afhanklike, gebiede, 22tale, engels, spaans, frans, nahuatl, mayathan, verskeie, andertydsones, verenigde, state, groenland, grootste, stede, meksikostad, york, stad, angeles, chicago, . Noord Amerika Oppervlakte 24 709 000 km 3de Bevolking 565 265 000 2013 4de Bevolkingsdigtheid 23 km Lande 23Afhanklike gebiede 22Tale Engels Spaans Frans Nahuatl Mayathan en verskeie anderTydsones UTC 10 Verenigde State tot UTC 0 Groenland Grootste stede Meksikostad New York Stad Los Angeles Chicago Toronto Dallas Fort Worth San Francisco Houston Miami Philadelphia Atlanta 30 Noord Amerika Noord Amerika is n kontinent in die Noordelike Halfrond van die Aarde wat byna uitsluitlik in die Westelike Halfrond gelee is Dit word in die noorde begrens deur die Arktiese Oseaan in die ooste deur die noordelike Atlantiese Oseaan in die suidooste deur die Karibiese See en in die suide en weste deur die noordelike Stille Oseaan Met 24 709 000 vierkante kilometer beslaan dit 4 8 persent van die aarde se oppervlak en is die derde grootste vasteland na Asie en Afrika Inhoud 1 Etimologie 2 Geografiese aspekte 2 1 Fisies geografiese aspekte 2 2 Die Cordillera 2 3 Die Kanadese Skild 2 4 Die kusvlakte 2 5 Die oostelike bergland 2 6 Die binnelandse laagland 2 7 Groot Vlaktes 3 Natuurstreke 3 1 Toendra 3 2 Bosse 3 3 Preries en woestyne 3 4 Gebergtes en riviere 4 Lande 5 Sien ook 6 Verwysings 7 Bronne 8 Eksterne skakelsEtimologie WysigDie Amerikas is deur die Duitse kartograwe Martin Waldseemuller en Matthias Ringmann na die Italiaanse ontdekkingsreisiger Amerigo Vespucci genoem 1 Geografiese aspekte Wysig n Geologiese kaart van Noord Amerika volgens ouderdom Die rooi en pienk dui rotse uit die Argeikum aan Ekostreke van die Noord Amerikaanse lande Kanada Verenigde State en Meksiko Geologiese kaart van Noord Amerika Sedimentere vulkaniese plutoniese en metamorfe gesteentes van Noord Amerika Noord Amerikaanse kratons en kelderrotse Noord Amerikaanse tektoniese plaat Klimaatsones in Noord Amerika volgens die Koppen klimaatklassifikasie Inheemse tale van die Amerikas Morainemeer in Nasionale Park Banff Die Majastad Chichen Itza op die Yucatan skiereiland Meksiko sedert 1988 Unesco Werelderfenisgebied Noord Amerika is die noordelike deel van die Amerikaanse kontinent en word in die ooste begrens deur die Atlantiese Oseaan in die noorde deur die Noordelike Yssee en in die weste deur die Stille Oseaan Die meeste eilande wat rondom die subkontinent le soos die Karibiese Eilande die Kanadese Arktiese Argipel Groenland en die Aleoete eilande word hierby ingereken omdat hulle op die Noord Amerikaanse kontinentale plaat le Die Sentraal Amerikaanse lande Guatemala Belize Honduras El Salvador Nicaragua Costa Rica en Panama die eilande van die Karibiese gebied Groenland en Sint Pierre en Miquelon Franse eilandjies suid van Newfoundland word egter nie hier bespreek nie Fisies geografiese aspekte Wysig Op grond van die geologiese verwantskap soorte gesteentes en uiterlike verskynsvorm kan die Noord Amerikaanse subkontinent in vyf gebiede ingedeel word die westelike gebergte die Kanadese Skild die kusvlakte langs die Atlantiese Oseaan en die Golf van Meksiko die oostelike hoogland en die binnelandse laagland Die Cordillera Wysig Die Cordillera of die westelike gebergte strek van Alaska tot aan Sentraal Amerika en is deel van n reusagtige bergreeks wat tot aan Antarktika deurloop Tussen 200 tot 300 miljoen jaar gelede het hier n geosinklinaal bestaan wat met water gevul was en waar in groot hoeveelhede sediment afgeset is Meer as 100 miljoen jaar gelede het die vorming van die oostelike reeks en van die belangrikste reeks van die Cordillera die Rotsgebergte begin Die kusgebergte is jonger en is sowat 70 miljoen jaar gelede gevorm aardbewingshaarde en vulkane word hier aangetref Die Cordillera bestaan uit n veertigtal ruens wat almal n eie naam het In die noorde is n stelsel bergruens wat deur lengtevalleie van mekaar geskei word Meer na die suide word hierdie stelsel onderbreek deur groot plato s onder meer die Groot Bekken Hierdie vlakte is so groot dat dit dikwels nie meer tot die Cordillera gereken word nie Oos hiervan ontbreek die reelmatige patroon van die lengtevalleie vanwee die geweldige samepersing wat die reeks ondergaan het Die Kanadese Skild Wysig Die Kanadese of Laurentiese Skild is n ongeplooide uitgestrekte gebied rondom Hudsonbaai Die skild wat uit die oudste gesteentes graniet wat meer as 600 miljoen jaar gelede gevorm is gneis lawa en skis van die subkontinent bestaan het altyd bo seespieel gele Sowat 25 000 jaar gelede het landys die grootste deel hiervan bedek en meer as 8 000 jaar gelede het die ys teruggetrek en n skuins landskap met granietrotse en duisende mere het agtergebly Die dun onvrugbare laag grond is nie geskik vir landbou nie en enorme denne en sparbosse bedek die gebied Die kusvlakte Wysig Die kusvlakte langs die Atlantiese Oseaan en die Golf van Meksiko van die deelstaat Massachusetts tot aan die Yucatan skiereiland in Meksiko is nie meer as sowat 200 miljoen jaar oud nie Dit is deur sedimentasie gevorm en gaan baie geleidelik oor in die kontinentale plaat Die smal strook langs die Sierra Madre Oriental strek tot in die Mississippirivierdelta waar die helling so geleidelik daal dat die oorgang tussen land en water n groot gebied beslaan Ook die skiereiland Florida le baie laag en is plat behalwe die verre noordwestelike deel Geologies dui die baie oorstroomde riviermondings of estuaria daarop dat daar relatief onlangs n positiewe verandering in die watervlak plaasgevind het Die oostelike bergland Wysig Die Appalache strek van Newfoundland in Kanada tot in die deelstate Alabama en Suid Carolina in die suide van die Verenigde State Tussen 200 en 600 miljoen jaar gelede was hier n geosinklinaal gelee wat met verloop van tyd met die oorblyfsels van seediere en die sediment van omringende berge opgevul is Die gebergte is sowat 200 miljoen jaar gelede gevorm Die ou Appalache wat uit kristallyne gesteentes opgebou is loop in n noordwes suidoostelike rigting en vorm die oostelike deel van die ou sentrale gebergte terwyl die jong of sedimentere Appalache in die weste afgeset is In die noorde is die gebergte afgerond en kaal en is die valleie met sediment gevul Die skuins en heuwelagtige landskap is kenmerkend van Nieu Engeland Ondanks hul geringe hoogte word sommige rue berge genoem soos Green Mountains by Mount Mansfield 1 318 m en White Mountains by Mount Washington 1 918 m Na die suide is die bergruens skerper en die valleie nouer en dieper Die Great Smokey Mountains Mount Mitche 2 038 m is die woesste deel van die Appalache Die binnelandse laagland Wysig Tussen die Rotsgebergte die Kanadese Skild en die Appalache le n byna ononderbroke plat gebied wat hom van die Golf van Meksiko tot aan die Noordelike Yssee uitstrek Oor hierdie afstand is die hoogteverskil nie meer as 300 m nie Tot 70 miljoen jaar gelede is die plat gebied gereeld deur see oorstroom Daarna het die gebied bo seespieel gebly en is dit met sediment van die Rotsgebergte bedek Hierdie sentrale laagland word in drie dele onderskei naamlik die noordelike deel die Groot Vlaktes en die sentrale bekken Die kern van die noordelike deel word deur die Mackenzierivier gevorm Aan die kus van die Noordelike Yssee is n laagliggende kusvlakte waarvan dele van die vasteland deur verskuiwings geskei is en die eilande van die Kanadese Arktiese Argipel gevorm het Net n paar van hierdie eilande soos Baffin en Ellesmere eiland is aanmerklik bo seespieel Groot Vlaktes Wysig Die Groot Vlaktes strek van die Saskatchewanrivier in die noorde tot in Texas in die suide Die wesgrens word deur die Rotsgebergte gevorm en die oosgrens deur die reenvallyn van 500 mm per jaar wat met min of meer die 98ste meridiaan saamval Vanwee die wispelturige klimaat in die gebied wes van hierdie lyn waardeur baie oeste al vernietig is word dit die ramplyn genoem Van die Mississippirivier tot by die Rotsgebergte styg die land oor n afstand van ongeveer 750 km van 300 tot 1800 m Die noordelike deel van die Groot Vlaktes tot op die Missouriplato is deur ys geerodeer Die ruwer Badlands die suidelike deel van die plato was net soos Black Hill 2 200 m wes daarvan nie deur die ys bedek nie Die suidelike deel van die Groot Vlaktes gaan baie geleidelik oor in die uitlopers van die Appalache en in die noorde in die Kanadese Skild Die ys het hier n dik vrugbare sediment agtergelaat Natuurstreke WysigDie plant en dierewereld van Noord Amerika toon ooreenkomste met sowel die van Eurasie as met die van Suid Amerika Dit kan verklaar word uit die feit dat daar tydens verskeie vroeere tydperke in die geskiedenis van die aarde landverbindinge bestaan het tussen Noord en Suid Amerika enersyds en Noord Amerika en Eurasie andersyds So het die voorouers van die perd en die van die kameel aan die einde van die Tersier sowat twee miljoen jaar gelede uit hul stamland Noord Amerika na Eurasie getrek In dieselfde tyd was Noord en Suid Amerika van mekaar geskei Die tussenliggende see het vir die meeste diere ondanks die eilande wat daarin was n onoorkomelike versperring gevorm Nadat daar vanwee vulkaniese bedrywighede n landbrug ontstaan het het byvoorbeeld lamas in die ystyd Pleistoseen oor hierdie landbrug na Suid Amerika getrek Anders as in Eurasie waar die bergreekse die kontinent in n oos wesrigting deursny en die trek van diere vanuit die noorde na die suide belemmer het vergemaklik die noord suidbergruens van Amerika die verspreiding in hierdie rigting juis Soografies maak Noord Amerika deel uit van die nearktiese substreek Plantegeografies vorm Noord Amerika met Europa en n groot deel van Asie die holarktiese gebied die grootste van die ses plantegeografiese hoofgebiede Toendra Wysig Die Noord Amerikaanse toendralandskap wat hom suid van die poolyskap uitstrek toon baie ooreenkoms met die van Eurasie op dieselfde breedte Die plantegroei bestaan hoofsaaklik uit mosse korsmosse en dwergstruike Ook die dierewereld toon ooreenkoms met die van Noord Eurasie Die lemmings genus Lemmus en poolhase is in albei gebiede n belangrike prooi vir poolvosse Alapex lagopus hermelyne Mustela erminea en ander roofdiere Die verskille is veral op die vlak van spesies en subspesies So behoort die poolhaas van Amerika tot n ander spesie Lepus timidus en is die toendrarendier Rangifer tarandus arcticus die Noord Amerikaanse teenhanger van die Noord Europese rendier Rangifer tarandus tarandus al het hy in teenstelling met die Noord Europese rendier nooit n huisdier geword nie Die muskusbees Ovibos moschatus wat vroeer net in Noord Amerika op Groenland en die Arktiese eilande voorgekom het is nou ook na Noorwee en op Spitsbergen ingevoer Langs die kus lewe talryke seevoels veral in die somer Ganse sneeuhoenders en spesies soos die steenlopertjie Arenaria interpres en die drietoonstrandloper Calidris alba broei op die toendra Bosse Wysig Suid van die boomgrens dit wil se die grens van die gebiede waar die klimaat die groei van bome moontlik maak is n bree gordel van naaldbome wat bekend is as die Kanadese of Hudson leefsone aangesien hierdie gordel die hele Kanada van Hudsonbaai af bedek Hier nou die Amerikaanse of Europese eland Alces alces asook wolwe en losse Behalwe baie bewers is daar ook die Amerikaanse marter Martes americanus en die swartbeer Ursus americanus Die aantal voelspesies in die naaldwoude is relatief klein Die meeste spesies is nie daartoe in staat om die taai harsryke sade en ander eetbare dele van die naaldbome te verteer nie Naas die Amerikaanse neutekraker Nucifraga columbiana wat hom net in die merke op sy vere van sy Eurasiese bloedverwant onderskei en ook van die sade van Pinus cembra leef is kruisbekke genus Loxia en spegte houtkappers die belangrikste voelspesies Die jong denne aanplantings in die noordooste van die Verenigde State en in die suide van Kanada vorm die milieu vir die swart met geel en grys magnoliasangvoel Dendroica magnolia een van die baie sangvoels Parulidae en n tipiese Amerikaanse voelfamilie Die enigste Noord Amerikaanse cavia agtige knaagdier suborde Caviomorpha waaronder die Kanadese ystervark Erethizon darsatum leef in die naaldbosse wat hoofsaaklik uit sparre denne en silwersparre bestaan Die Amerikaanse weergawe van die Europese eekhorings is die Noord Amerikaanse rooi eekhorings genus Tamiasciurus Hierdie eekhorings gaar meer op as hul Europese bloedverwante en daar word dikwels honderde dennekeels in hut bergplekke gevind Van die silwersparre is Abies balsamea een van die algemeenste spesies Die hars hiervan bekend as kanadabalsem word onder meer gebruik by die maak van lense en mikroskopiese preparate Meer na die suide gaan die naaldwoude oor in gemengde bosse wat die woongebied van hoofsaaklik wildevarke is Verder suid maak die gemengde woude plek vir egte loofbosse waarin n groter verskeidenheid spesies voorkom as in die Europese loofbosse In die ooste neem die spesies van die genera Magnolia Liriodendron en Carya n belangrike plek in naas eike berke haselneut en esdoringbome In die weste oorheers die rooihoutboom waaronder die beroemde mammoetbome Sequoiadendron giganteum Die loofbosse herberg n ryk dierewereld Herte soos die witsterthert Odocoileus virginianus wat deur Walt Disney as Bambi wereldbekend gemaak is en die muithert Odocoileus hemionus kry hier volop voedsel en skuilplek Die los Lynx rufus en die wasbeer Procyon lotor is sedert die verdwyning van die poemas en wolwe die belangrikste roofdiere in die loofbosse Akkers haselneute en die sade van ander bome en struike is n ryk voedselbron vir woelmuise en Amerikaanse dwergeekhorings genus Microsciurus Die Noord Amerikaanse buidelrot Didelphis marsupialis is die enigste buideldier wat uit sy stamland Suid Amerika tot oor die grens van Kanada beweeg en hom in die loofbosse gaan vestig het Muishonde subfamilie Mephithinae is aan die Europese dasse verwant Die Amerikaanse silwerdas Taxidea taxus ook die preriedas genoem vanwee sy voorkeur vir oop gebiede kom van Suid Kanada tot in Meksiko voor Dit is n breedgeboude afgeplatte dier met n pragtige pels wat hom n gesogte jagdier maak Onder die talryke voels veral sangvoels wat in die loofbosse volop voedsel en woonplek vind is veral die kardinale subfamilie Cardinalinae die opvallendste Die blou biskop Guiraca caerulea en die rooi biskop Pheucticus ludovicianus kom die algemeenste voor Die kalkoen Meleagris gallopavo kom eintlik nie meer wild voor nie maar word op groot skaal deur pluimveeboere geteel Soos in die naaldbosse vorm die sangvoels wat van insekte lewe Parulidae ook hier n belangrike element in die avifauna Hulle kom tot in die noorde van Chili en Argentinie voor In die suidelikste deelstate van Noord Amerika maak die loofbosse plek vir die immergroen bosse In Florida kom selfs palmbosse voor Ook die moerasbosse in die bekende moerasgebied Everglades in Suid Florida bestaan uit immergroen spesies soos die moerassipres Taxodium distichum Die groot aantal vleisetende plante is tipies vir hierdie moerasbosse Behalwe die vlieevanger Dionaea muscipula kom ook n aantal spesies van die genus Saracenia voor wat op drywende veenmos groei en groot bekervormige blare het Die wand van die bekervormige blare skei n vloeistof af waarin aangelokte insekte verdrink en verteer word Die sagte klimaat aanwesigheid van water en oorvloedige voedsel maak die Everglades n ryk gebied vir waterhoenders veral reiers en ibisse Daar is ook slange skilpaaie en alligators Op die droer gedeeltes met meer plantegroei is daar herte en klein soogdiere soos wildekatte en tallose reptiele Tot die kenmerkende Noord Amerikaanse plante behoort die ongeveer 25 spesies van die genus Amelanchier verskillende bessies genus Rubus hamamelis genus Hamamelis en wynstokke Vitis vinifera wat saam met n aantal ander spesies van die genus Vitis inheems is Die plantegroei van Kalifornie en Meksiko word gekenmerk deur vetplante familie Crassulaceae wat met hul dik voghoudende stingels en blare uitstekend aangepas is by die droe klimaat Preries en woestyne Wysig In die suide van Kalifornie Meksiko en Texas bestaan die plantegroei uit n grasvlakte met doringstruike die chaparral in vergelyking met die landskap van die klimatologies verwante Middellandse Seegebied In die chaparral lewe talryke knaagdiere waaronder die prerie of witsterthaas Lepus townsendii Die prerie die kenmerkende Noord Amerikaanse grasland is die droe binnelandse gebied tussen die Rotsgebergte in die weste en die loofbosse in die ooste Dit is die woongebied van die bison genus Bison en die gaffelbok Antilocapra americana Toe die eerste blanke koloniste hulle in die Verenigde State gevestig het was daar nag honderdduisende bisons op die prerie maar hulle is meedoenloos gejag ter wille van hut vleis en velle of vir die plesier sodat die diere binne n kort tydjie deur uitsterwing bedreig is Vandag is die bisons beperk tot n paar reservate Ook die gaffelbok is danksy beskermende maatreels gered Die graslande bied meer as genoeg voedsel aan allerlei knaagdiere soos die preriehonde Cynomys ludovicianus en wangsakrotte genus Geomys wat op hulle beurt belangrike voedsel is vir roofdiere soos preriewolwe Cantis latrans vosse uile patrysvalke valke arende en baie slange Die preriehoender Tympanuchus cupido is n grondbewonende voel van die oostelike prerie terwyl die waaierhoender Centrocercus urophasianus hoofsaaklik in die westelike deel leef Die prerie le op die roete van die voels wat in die winter uit die noorde na warmer streke trek en baie spesies gebruik die grasvlakte dan ook as n rusplek Vanwee die groot gebiede wat onder verbouing is is die verspreidingsgebied van baie diere baie verklein Tussen die Rotsgebergte en die bergketting van die Sierra Nevada le die Groot Bekken n woestyngebied waar die winters baie koud is Die plantegroei bestaan hoofsaaklik uit alsem genus Artemisia en kort bosagtige grasspesies Dit is die woongebied van onder andere die swartsterthaas Lepus californicus wat weens voedselskaarste in sy gebied die gesaaides beskadig sodat boere hom as n skadelike dier beskou Die warm woestyne in die suidweste is begroei met kaktusse waaronder veral die skyfkaktusse genus Opuntia oorheers Die saguarokaktus Carnegia gigantea wat tot 15 m hoog word dien vir die gilaspeg Centurus uropygialis en die goudspeg om in nes te maak Waar die reenval hoer is groei agame genus Agave en adamsnaald genus Yucca Laasgenoemde blom snags en word dan deur nagvlinders bestuif n Tipiese voelspesie uit hierdie gebied is die hardloopkoekoek Geococcyx calitornianus Hy is nie n groot vlieer nie maar kan vinnig hardloop Met sy lang pote kan die voel snelhede van tot 24 km h bereik terwyl spronge van tot 3 m hoog gemaak word Behalwe ratelslange kom ook die tjukwalla Sauromalus obesus en die gilamonster Heloderma suspectum n giftige akkedis hier voor Gebergtes en riviere Wysig Die grootste berg reeks is die Rotsgebergte wat n oppervlakte van een miljoen km beslaan Op die hoogste pieke bo die boomgrens is die plant en dierewereld dieselfde as die van die toendra Op die berghellings lewe die rotsgebergtebok Oreamnos americanus en die rotsgebergteskaap Ovis canadensis Die rotsgebergtebok kry in die winter wit wol en blou hoewe en horings Laer af in die berge lewe die Noord Amerikaanse takbok wat soos die Europese rooitakbok behoort tot die genus Cervus vroeer die algemeenste hoefdier van Noord Amerika Met die ontginning en uitkap van die bosse het die oostelike subspesie Cervus elaphus canadensis uitgesterf en is die oorblywende spesies na onbereikbare berghellings of reservate teruggedwing Die groot riviere van die Amerikaanse kontinent is ryk aan visspesies en ander waterdiere terwyl soogdiere soos bisamrotte Ondatra zibethica otters bewers en waterspitsmuise wat by water aangepas is langs die oewers woon Van die visse is die baarsagtiges orde Peciformes en die karperagtiges orde Cypriniformes die algemeenste verteenwoordig Die lepelsteur Polyodon spathula wat in die twintigerjare nog so volop was dat daar jaarliks 1 000 ton daarvan gevang is moet vandag weens die jarelange onoordeelkundige vangs beskerm word Een van die vreemdste Amerikaanse visse is die Amerikaanse moddersnoek Amia calva die enigste oorblywende spesie van die visorde Amiiformes wat in die Jura en Kryt met ses families algemeen verspreid was Die moddersnoek verkies die dig begroeide oewers van vlak riviere en word as n lewende fossiel beskou Lande Wysig Nasa Satellietbeeld van Noord Amerika Kaart van Noord Amerika Territoriale ontwikkeling van Noord Amerika sedert 1750 Naam van streek en gebied met vlag 2 3 4 Oppervlak km 5 Bevolking 2008 6 Bevolkingsdigtheid per km Hoofstad Amerikaanse Maagde eilande Verenigde State 347 110 000 317 Charlotte Amalie Anguilla Verenigde Koninkryk 91 15 000 165 The Valley Antigua en Barbuda 442 88 000 199 St John s Aruba Nederland 180 107 000 594 Oranjestad Bahamas 13 943 342 000 25 Nassau Barbados 430 256 000 595 Bridgetown Belize 22 966 307 000 13 Belmopan Bermuda Verenigde Koninkryk 54 65 000 1 204 Hamilton Bonaire Nederland 294 12 093 7 41 Kralendijk Britse Maagde eilande Verenigde Koninkryk 151 23 000 152 Road Town Clipperton Frankryk 6 0 0 Costa Rica 51 100 4 579 000 90 San Jose Curacao Nederland 444 140 794 7 317 Willemstad Dominica 751 67 000 89 Roseau Dominikaanse Republiek 48 671 10 090 000 207 Santo Domingo El Salvador 21 041 6 163 000 293 San Salvador Grenada 344 104 000 302 St George s Groenland Denemarke 2 166 086 57 000 0 026 Nuuk Godthab Guadeloupe Frankryk 1 628 401 784 8 247 Basse Terre Guatemala 108 889 14 027 000 129 Guatemala stad Haiti 27 750 10 033 000 362 Port au Prince Honduras 112 492 7 466 000 66 Tegucigalpa Jamaika 10 991 2 719 000 247 Kingston Kaaimanseilande Verenigde Koninkryk 264 56 000 212 Georgetown Kanada 9 984 670 33 573 000 3 Ottawa Kuba 109 886 11 204 000 102 Havana Martinique Frankryk 1 128 397 693 9 353 Fort de France Meksiko 1 964 375 112 322 757 57 Meksikostad Montserrat Verenigde Koninkryk 102 6 000 59 Plymouth Brades Navassa Verenigde State 5 10 0 11 0 Nicaragua 130 373 5 743 000 44 Managua Panama 75 417 3 454 000 46 Panama stad Puerto Rico Verenigde State 8 870 3 982 000 449 San Juan Saba Nederland 13 1 537 7 118 The Bottom Sint Bartholomeus Frankryk 21 10 7 448 11 355 Gustavia Saint Martin Frankryk 54 10 29 820 11 552 Marigot Sint Pierre en Miquelon Frankryk 242 6 000 25 Saint Pierre Sint Eustatius Nederland 21 2 739 7 130 Oranjestad Sint Maarten Nederland 34 40 009 7 1 177 Philipsburg St Kitts en Nevis 261 52 000 199 Basseterre St Lucia 539 172 000 319 Castries St Vincent en die Grenadine 389 109 000 280 Kingstown Trinidad en Tobago 5 130 1 339 000 261 Port of Spain Turks en Caicoseilande Verenigde Koninkryk 948 33 000 35 Cockburn Town Verenigde State 9 629 091 311 630 000 33 Washington D C Noord Amerika Totaal 24 500 995 541 720 440 23Sien ook WysigAmerikas NAFTA Karibiese gebied Sentraal Amerika Vlae van Noord AmerikaVerwysings Wysig Amerigo Vespucci in Engels Encyclopaedia Britannica Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Februarie 2020 Besoek op 24 April 2019 en SPP Background CommerceConnect gov Security and Prosperity Partnership Of North America Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2008 Besoek op 14 November 2010 Ecoregions of North America in Engels United States Environmental Protection Agency Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015 Besoek op 30 Mei 2011 What s the difference between North Latin Central Middle South Spanish and Anglo America About com in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2016 en Demographic Yearbook Table 3 Population by sex rate of population increase surface area and density PDF United Nations Statistics Division 2008 Besoek op 14 Oktober 2010 Cite journal requires journal help Department of Economic and Social Affairs Population Division 2009 World Population Prospects Table A 1 PDF 2008 revision in Engels Verenigde Nasies Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 24 Oktober 2018 Besoek op 12 Maart 2009 7 0 7 1 7 2 7 3 7 4 en Central Bureau of Statistics Netherlands Antilles Statistical information Population Government of the Netherlands Antilles Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2010 Besoek op 14 Oktober 2010 Insee Populations legales 2008 971 Guadeloupe in Frans Insee fr Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2016 Besoek op 31 Oktober 2011 Insee Populations legales 2008 972 Martinique in Frans Insee fr Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 November 2009 Besoek op 31 Oktober 2011 10 0 10 1 10 2 The World Factbook 2010 edition in Engels Central Intelligence Agency Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Oktober 2018 Besoek op 14 Oktober 2010 11 0 11 1 11 2 The World Factbook 2010 edition in Engels Central Intelligence Agency Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Oktober 2018 Besoek op 14 Oktober 2010 Bronne WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0 908409 62 1 volume 21 bl 44Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Noord Amerika en North America Encyclopaedia Britannica Besoek op 24 April 2019 Kontinente van die wereld Afrika Eurasie Amerikas Eurasie Oseanie Afrika Antarktika Asie Australie Europa Noord Amerika Suid AmerikaGeologiese superkontinente Gondwana Laurasie Pangaea Rodinia Ur VaalbaraOntsluit van https af wikipedia org w index php title Noord Amerika amp ol,