fbpx
Wikipedia

Nikita Chroesjtsjof

Nikita Sergejewitsj Chroesjtsjof (Russies: Никита Сергеевич Хрущёв; [nʲɪˈkʲitə sʲɪˈrgʲejɪvʲɪtʲɕ xruˈʃɕof] , wetenskaplike transliterasie: Nikita Sergeevič Chruščëv, 17 April 189411 September 1971) was ’n politikus van die Sowjetunie en van 7 September 1953 tot 14 Oktober 1964 partyleier van die land se Kommunistiese Party. Hy het Josef Stalin na sy dood in 1953 opgevolg en later teen sy beleidsrigtings uitgevaar.[1]

Nikita Chroesjtsjof


Algemene Sekretaris van die Kommunistiese Party van die Sowjetunie
Ampstermyn
14 September 1953 – 14 Oktober 1964
President Kliment Worosjilof
Leonid Brezjnef
Anastas Mikojan
Voorafgegaan deur Josef Stalin
Opgevolg deur Leonid Brezjnef

1ste Voorsitter van die Raad van Ministers van die Sowjetunie
Ampstermyn
27 Maart 1958 – 14 Oktober 1964
Vise Frol Kozlof
Aleksei Kosigin
Dmitri Oestinof
Lazar Kaganowitsj
Anastas Mikojan
Voorafgegaan deur Nikolai Boelganin
Opgevolg deur Aleksei Kosigin

1ste Voorsitter van die Buro van die Sentrale Komitee van die Russiese SFSR
Ampstermyn
27 Februarie 1956 – 16 November 1964
Vise Andrei Kirilenko
Voorafgegaan deur posisie geskep
Opgevolg deur Leonid Brezjnef

Volwaardige lid van die Presidium
Ampstermyn
22 Maart 1939 – 16 November 1964

Lid van die Sekretariaat
Ampstermyn
16 Desember 1949 – 14 Oktober 1964

Lid van die Orgburo
Ampstermyn
16 Desember 1949 – 14 Oktober 1952

Lid van die Politburo
Ampstermyn
18 Januarie 1938 – 22 Maart 1939

Persoonlike besonderhede
Gebore 15 April 1894
Kalinofka, Gouvernement Kursk, Russiese Ryk
Sterf 11 September 1971
Moskou, RSFS, Sowjetunie
Politieke party Kommunistiese Party van die Sowjetunie
Eggenoot/-note Jefrosinija Chroesjtsjowa
Maroesia Chroesjtsjowa
Nina Chroesjtsjowa
Religie Ateïs
Handtekening
Toekennings

Vroeë periode

Chroesjtsjof, wat uit ’n Oekraïnse boerefamilie afstam, is in Koersk-oblast, Rusland, gebore. Tydens die Russiese Rewolusie van 1917 het hy in die Rooi Leër geveg.

Daarna het hy opgang gemaak in die partyhiërargie tot in die Politburo. Hy het tot die intieme binnekring van partyleiers en kommissarisse behoort wat regstreekse toegang tot Stalin gehad het. In die tyd van die Groot Suiwering het Chroesjtsjof opdrag gegee vir die teregstelling van 55 741 streeksfunksionarisse en daarmee die kwota van 50 000 waarvoor Stalin opdrag gegee het, ver oorskry.[2] Teen die lente van 1938 het hy toesig gehou oor die inhegtenisneming van 35 van die 38 provinsiale en stedelike partysekretarisse. Hy het as leier van Moskou sy dodelyste self regstreeks na Stalin gebring. Hy het later die Sowjet-argiewe laat deursoek in ’n poging om alle bewyse uit te wis.

Partyleier

Ná die dood van Stalin in Maart 1953 het ’n interne faksiestryd in die party ontstaan. Chroesjtsjof het dit gewen en in September 1953 is hy gekies as partyleier. In Desember van dié jaar is sy belangrikste teenstander as Stalin se opvolger, Beria, die hoof van die KGB, tereggestel.

Chroesjtsjof het op 23 Februarie 1956 die afgevaardigdes op die 20ste partykongres van die Kommunistiese Party geskok deur Stalin se wandade in die openbaar bekend te maak en hom te beskuldig van massamoord tydens die Groot Suiwering.

Chroesjtsjof was eiesinnig en impulsief. Hoewel hy nie so ’n terreurbewind soos Stalin gevoer het nie, het hy wel met ’n ystervuis regeer. Tog was hy ook verantwoordelik vir die Ontdooiing, ’n tydperk in die Sowjetunie toe wegbeweeg is van die streng vereistes vir sosialistiese realisme, kunstenaars meer vryhede gehad het en sensuur verslap is. Hy het geglo die Sowjetunie kan kers vashou by die lewenstandaarde in die Weste en was nie bang dat Sowjet-burgers sien wat oorsee bereik is nie. Anders as Stalin het hy Sowjet-burgers toegelaat om te reis (meer as 700 000 het in 1957 oorsee gereis) en buitelanders toegelaat om die Sowjetunie te besoek.

Einde

Chroesjtsjof is op 14 Oktober 1964 deur die ander lede van die Politburo uit sy amp onthef, veral weens die Kubaanse missielkrisis en sy persoonlike optrede wat die Poliburo as vernederend vir die Sowjetunie beskou het. Hy is beskuldig van ’n willekeurige beleid, ondeurdagte reorganisasies, die najaag van ’n persoonlike kultus en nepotisme.[3] Hy is deur Leonid Brezjnef opgevolg. Ná sewe jaar in huisarres is Chroesjtsjof op 11 September 1971 in sy huis in Moskou dood.

Verwysings

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Simon Sebag Montefiore, Stalin, The Court of the Red Tsar, 2005, 2004 ISBN 1-4000-4230-5 ISBN 978-1-4000-4230-2
  3. Erik van Ree, Wereldrevolutie de communistische beweging van Marx tot Kim Jong Il, Mets & Schilt, Amsterdam (2005) ISBN 978-90-5330-395-5

Eksterne skakels

  • Chroesjtsjof by marxists.org
  • Obituary, The New York Times, 12 September 1971, Khrushchev's Human Dimensions Brought Him to Power and to His Downfall
  •   Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nikita Chroesjtsjof.
  •   Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia


Nikita Chroesjtsjof
nikita, chroesjtsjof, nikita, sergejewitsj, chroesjtsjof, russies, Никита, Сергеевич, Хрущёв, nʲɪˈkʲitə, sʲɪˈrgʲejɪvʲɪtʲɕ, xruˈʃɕof, luister, hulp, inligting, wetenskaplike, transliterasie, nikita, sergeevič, chruščëv, april, 1894, september, 1971, politikus, . Nikita Sergejewitsj Chroesjtsjof Russies Nikita Sergeevich Hrushyov nʲɪˈkʲite sʲɪˈrgʲejɪvʲɪtʲɕ xruˈʃɕof luister hulp inligting wetenskaplike transliterasie Nikita Sergeevic Chruscev 17 April 1894 11 September 1971 was n politikus van die Sowjetunie en van 7 September 1953 tot 14 Oktober 1964 partyleier van die land se Kommunistiese Party Hy het Josef Stalin na sy dood in 1953 opgevolg en later teen sy beleidsrigtings uitgevaar 1 Nikita ChroesjtsjofAlgemene Sekretaris van die Kommunistiese Party van die SowjetunieAmpstermyn14 September 1953 14 Oktober 1964President Kliment WorosjilofLeonid BrezjnefAnastas MikojanVoorafgegaan deur Josef StalinOpgevolg deur Leonid Brezjnef1ste Voorsitter van die Raad van Ministers van die SowjetunieAmpstermyn27 Maart 1958 14 Oktober 1964Vise Frol KozlofAleksei KosiginDmitri OestinofLazar KaganowitsjAnastas MikojanVoorafgegaan deur Nikolai BoelganinOpgevolg deur Aleksei Kosigin1ste Voorsitter van die Buro van die Sentrale Komitee van die Russiese SFSRAmpstermyn27 Februarie 1956 16 November 1964Vise Andrei KirilenkoVoorafgegaan deur posisie geskepOpgevolg deur Leonid BrezjnefVolwaardige lid van die PresidiumAmpstermyn22 Maart 1939 16 November 1964Lid van die SekretariaatAmpstermyn16 Desember 1949 14 Oktober 1964Lid van die OrgburoAmpstermyn16 Desember 1949 14 Oktober 1952Lid van die PolitburoAmpstermyn18 Januarie 1938 22 Maart 1939Persoonlike besonderhedeGebore 15 April 1894 Kalinofka Gouvernement Kursk Russiese RykSterf 11 September 1971Moskou RSFS SowjetuniePolitieke party Kommunistiese Party van die SowjetunieEggenoot note Jefrosinija ChroesjtsjowaMaroesia ChroesjtsjowaNina ChroesjtsjowaReligie AteisHandtekeningToekennings Inhoud 1 Vroee periode 2 Partyleier 3 Einde 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsVroee periode WysigChroesjtsjof wat uit n Oekrainse boerefamilie afstam is in Koersk oblast Rusland gebore Tydens die Russiese Rewolusie van 1917 het hy in die Rooi Leer geveg Daarna het hy opgang gemaak in die partyhierargie tot in die Politburo Hy het tot die intieme binnekring van partyleiers en kommissarisse behoort wat regstreekse toegang tot Stalin gehad het In die tyd van die Groot Suiwering het Chroesjtsjof opdrag gegee vir die teregstelling van 55 741 streeksfunksionarisse en daarmee die kwota van 50 000 waarvoor Stalin opdrag gegee het ver oorskry 2 Teen die lente van 1938 het hy toesig gehou oor die inhegtenisneming van 35 van die 38 provinsiale en stedelike partysekretarisse Hy het as leier van Moskou sy dodelyste self regstreeks na Stalin gebring Hy het later die Sowjet argiewe laat deursoek in n poging om alle bewyse uit te wis Partyleier WysigNa die dood van Stalin in Maart 1953 het n interne faksiestryd in die party ontstaan Chroesjtsjof het dit gewen en in September 1953 is hy gekies as partyleier In Desember van die jaar is sy belangrikste teenstander as Stalin se opvolger Beria die hoof van die KGB tereggestel Chroesjtsjof het op 23 Februarie 1956 die afgevaardigdes op die 20ste partykongres van die Kommunistiese Party geskok deur Stalin se wandade in die openbaar bekend te maak en hom te beskuldig van massamoord tydens die Groot Suiwering Chroesjtsjof was eiesinnig en impulsief Hoewel hy nie so n terreurbewind soos Stalin gevoer het nie het hy wel met n ystervuis regeer Tog was hy ook verantwoordelik vir die Ontdooiing n tydperk in die Sowjetunie toe wegbeweeg is van die streng vereistes vir sosialistiese realisme kunstenaars meer vryhede gehad het en sensuur verslap is Hy het geglo die Sowjetunie kan kers vashou by die lewenstandaarde in die Weste en was nie bang dat Sowjet burgers sien wat oorsee bereik is nie Anders as Stalin het hy Sowjet burgers toegelaat om te reis meer as 700 000 het in 1957 oorsee gereis en buitelanders toegelaat om die Sowjetunie te besoek Einde WysigChroesjtsjof is op 14 Oktober 1964 deur die ander lede van die Politburo uit sy amp onthef veral weens die Kubaanse missielkrisis en sy persoonlike optrede wat die Poliburo as vernederend vir die Sowjetunie beskou het Hy is beskuldig van n willekeurige beleid ondeurdagte reorganisasies die najaag van n persoonlike kultus en nepotisme 3 Hy is deur Leonid Brezjnef opgevolg Na sewe jaar in huisarres is Chroesjtsjof op 11 September 1971 in sy huis in Moskou dood Verwysings Wysig HAT Taal en feitegids Pearson Desember 2013 ISBN 978 1 77578 243 8 Simon Sebag Montefiore Stalin The Court of the Red Tsar 2005 2004 ISBN 1 4000 4230 5 ISBN 978 1 4000 4230 2 Erik van Ree Wereldrevolutie de communistische beweging van Marx tot Kim Jong Il Mets amp Schilt Amsterdam 2005 ISBN 978 90 5330 395 5Eksterne skakels WysigChroesjtsjof by marxists org Obituary The New York Times 12 September 1971 Khrushchev s Human Dimensions Brought Him to Power and to His Downfall Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nikita Chroesjtsjof Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Nikita Chroesjtsjof amp oldid 2437835,