×
Nicolaas Copernicus

Nicolaas Copernicus (Duits: Nikolaus Kopernikus, Pools: Mikołaj Kopernik; * 19 Februarie 1473, † 24 Mei 1543) was die eerste sterrekundige wat 'n omvattende heliosentriese kosmologie (in teenstelling met 'n geosentriese kosmologie) bewoord het, waarvolgens die son, en nie die aarde nie, die middelpunt van ons sonnestelsel is.

Nicolaas Copernicus
Geboortenaam Niklas Koppernigk(de)
Gebore 19 Februarie 1473
Thorn, Koninklike Pruise
Oorlede 24 Mei 1543 (op 70)
Frauenburg, Prins-bisdom Ermland, Koninklike Pruise
Nasionaliteit Koninklike Pruise
Vakgebied Sterrekunde, kanonieke wetgewing, Ekonomie, Wiskunde, medisyne, politiek
Alma mater Universiteit van Krakau
Universiteit van Bologna
Universiteit van Padua
Universiteit van Ferrara
Bekend vir Heliosentrisme
Copernicus se wet
Koperniese beginsel
Handtekening

Inhoud

Reeds op jeugdige ouderdom het hy albei sy ouers verloor en het sy oom, 'n Katolieke priester, die jong Nicolaas aangeneem. Sy oom het hom na die Universiteit van Krakof in Pole gestuur, waar hy die teologie, wiskunde en sterrekunde bestudeer het. Later is hy na Italië, waar hy in Bologna in die regte en in Padua in die geneeskunde gestudeer het. Na tien jaar het sy oom, wat intussen 'n biskop geword het, Nikolaas na Pole laat terugkom om sy sekretaris te word.

Sy boek, De revolutionibus orbium coelestium ("Oor die omwentelings van die hemelliggame"), is in 1543, kort voor sy dood, gepubliseer en word dikwels beskou as die beginpunt van moderne sterrekunde en die bepalende openbaring wat die Wetenskaplike Revolusie teweeggebring het. Sy heliosentriese model, waarin die Son in die middel van die heelal is, het getoon dat die beweging van hemelliggame verklaar kon word sonder dat die Aarde in die middel van die heelal hoef stil te staan. Sy werk het verdere wetenskaplike ondersoek aangespoor en 'n mylpaal in die geskiedenis van moderne wetenskap geword, waarna vandag dikwels verwys word as die Koperniese Revolusie.

Kopernikus tel onder die grootse veelweters van die Renaissance en was 'n wiskundige, sterrekundige, geneesheer, geleerde van die klassieke, vertaler, kunstenaar, Roomse geestelike, regsgeleerde, goewerneur, militêre leier, diplomaat en ekonoom. Tussen al sy verantwoordelikhede was sterrekunde nie veel meer as 'n stokperdjie nie, alhoewel dit juis in dié vakgebied was wat hy sy stempel op die wêreld afgedruk het.

  1. Davies, Norman (2005). God's playground. A History of Poland in Two Volumes. II. Oxford University Press. p. 20. ISBN 978-0-19-925340-1.
  2. Teresa Borawska. (in Engels). Nicolaus Copernicus University. vanaf die oorspronklike op 18 November 2019. Besoek op6 Desember 2019.
  3. Hierdie het die basis geword van die Koperniese beginsel of die beginsel van middelmatigheid.
  4. Kennis, vol 7, 1980, bl. 1289, ISBN 0 7981 0829 0

Publikasie datum: September 26, 2021

nicolaas, copernicus, duits, nikolaus, kopernikus, pools, mikołaj, kopernik, februarie, 1473, 1543, eerste, sterrekundige, omvattende, heliosentriese, kosmologie, teenstelling, geosentriese, kosmologie, bewoord, waarvolgens, aarde, middelpunt, sonnestelsel, ge. Nicolaas Copernicus Duits Nikolaus Kopernikus Pools Mikolaj Kopernik 19 Februarie 1473 24 Mei 1543 was die eerste sterrekundige wat n omvattende heliosentriese kosmologie in teenstelling met n geosentriese kosmologie bewoord het waarvolgens die son en nie die aarde nie die middelpunt van ons sonnestelsel is 3 Nicolaas CopernicusGeboortenaam Niklas Koppernigk de Gebore 19 Februarie 1473 Thorn Koninklike PruiseOorlede 24 Mei 1543 op 70 Frauenburg Prins bisdom Ermland Koninklike PruiseNasionaliteit Koninklike Pruise 1 2 Vakgebied Sterrekunde kanonieke wetgewing Ekonomie Wiskunde medisyne politiekAlma mater Universiteit van Krakau Universiteit van Bologna Universiteit van Padua Universiteit van FerraraBekend vir Heliosentrisme Copernicus se wet Koperniese beginselHandtekening Inhoud 1 Vroee jare 2 Heliosentriese model 3 Kyk ook 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsVroee jare WysigReeds op jeugdige ouderdom het hy albei sy ouers verloor en het sy oom n Katolieke priester die jong Nicolaas aangeneem Sy oom het hom na die Universiteit van Krakof in Pole gestuur waar hy die teologie wiskunde en sterrekunde bestudeer het Later is hy na Italie waar hy in Bologna in die regte en in Padua in die geneeskunde gestudeer het Na tien jaar het sy oom wat intussen n biskop geword het Nikolaas na Pole laat terugkom om sy sekretaris te word 4 Heliosentriese model WysigSy boek De revolutionibus orbium coelestium Oor die omwentelings van die hemelliggame is in 1543 kort voor sy dood gepubliseer en word dikwels beskou as die beginpunt van moderne sterrekunde en die bepalende openbaring wat die Wetenskaplike Revolusie teweeggebring het Sy heliosentriese model waarin die Son in die middel van die heelal is het getoon dat die beweging van hemelliggame verklaar kon word sonder dat die Aarde in die middel van die heelal hoef stil te staan Sy werk het verdere wetenskaplike ondersoek aangespoor en n mylpaal in die geskiedenis van moderne wetenskap geword waarna vandag dikwels verwys word as die Koperniese Revolusie Kopernikus tel onder die grootse veelweters van die Renaissance en was n wiskundige sterrekundige geneesheer geleerde van die klassieke vertaler kunstenaar Roomse geestelike regsgeleerde goewerneur militere leier diplomaat en ekonoom Tussen al sy verantwoordelikhede was sterrekunde nie veel meer as n stokperdjie nie alhoewel dit juis in die vakgebied was wat hy sy stempel op die wereld afgedruk het Kyk ook WysigKoperniese beginselVerwysings Wysig Davies Norman 2005 God s playground A History of Poland in Two Volumes II Oxford University Press p 20 ISBN 978 0 19 925340 1 Teresa Borawska Royal Prussia the homeland of Nicolaus Copernicus in Engels Nicolaus Copernicus University Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2019 Besoek op 6 Desember 2019 Hierdie het die basis geword van die Koperniese beginsel of die beginsel van middelmatigheid Kennis vol 7 1980 bl 1289 ISBN 0 7981 0829 0Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Nicolaas Copernicus Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Nicolaas Copernicus amp ol,