×
Neutronster

’n Neutronster is die kompakte kern van ’n baie swaar ster (met ’n totale massa van tussen 10 en 25 sonmassas) wat tydens ’n tipe II-, tipe Ib- of tipe Ic-supernova ontplof het. Hulle is die kleinste en digste stervoorwerpe, buiten swartkolke en hipotetiese witkolke en kwarksterre. Hulle het ’n radius van sowat 10 km en ’n massa van sowat 1,4 sonmassa.

Straling van die vinnig tollende pulsar PSR B1509-58 laat nabygeleë gas X-strale uitstraal (goud) en verlig die res van die newel, hier in infrarooi (blou en rooi).
’n Kunstenaarsvoorstelling van die pulsar PSR 1257+12 se planetêre stelsel.

Nadat hulle gevorm het, wek hulle nie meer aktief hitte op nie en koel hulle mettertyd af; hulle kan egter steeds verder evolueer deur botsings en akkresie.

Die meeste van die basiese modelle van neutronsterre dui daarop dat hulle feitlik geheel en al bestaan uit neutrone, subatomiese deeltjies sonder elektriese lading en met ’n effens groter massa as protone. Die elektrone en protone wat in normale materie voorkom, kombineer om dié neutrone te vorm. Neutronsterre word gedeeltelik gevrywaar teen verdere inploffing deur ’n neutronteendruk, ’n verskynsel wat beskryf word deur die uitsluitingsbeginsel van Pauli, nes witdwerge teen inploffing gevrywaar word deur ’n elektronteendruk.

’n Neutronteendruk is egter nie alleen genoeg om ’n voorwerp van groter as 0,7 sonmassa teen verdere inploffing te vrywaar nie, en dus speel afstotende kernkragte ’n groter rol in die behoud van swaarder neutronsterre. As die steroorblyfsel ’n massa het wat die Tolman-Oppenheimer-Volkoff-limiet van sowat 2 sonmassas oorskry, is die kombinasie van ’n neutronteendruk en kernkragte onvoldoende om die neutronster te onderhou en sal dit verder inplof tot ’n swartkolk.

Neutronsterre wat waargeneem kan word, is baie warm en het gewoonlik ’n oppervlaktemperatuur van sowat600 000 K. Hulle is so dig dat ’n vuurhoutjiedosie met neutronstermaterie omtrent 3 miljard ton sal weeg. Hulle magneetveld is tussen 108 en 1015 (100 miljoen tot 1 biljard) keer so sterk as die Aarde s'n. Die swaartekragveld by die neutronster se oppervlak is sowat2×1011 (200 miljard) keer so sterk as dié van die Aarde.

Namate die oorspronklike ster se kern inplof, verhoog sy rotasiespoed as gevolg van die behoud van hoekmomentum, en nuut gevormde neutronsterre draai tot ’n paar honderd keer per sekonde. Sommige gee ’n straal van elektromagnetiese straling af wat hulle pulsars maak. Die ontdekking van pulsars in 1967 deur Jocelyn Bell Burnell en Antony Hewish was juis die eerste aanduiding dat neutronsterre bestaan. Die straling van pulsars af word vermoedelik hoofsaaklik uitgestraal vanaf streke naby hulle magneetpole. As die magneetpole nie ooreenstem met die neutronster se draaias nie, sal die emissiestraal deur die lug rondswiep. Wanneer dit van ’n afstand af gesien word en die waarnemer iewers in die baan van die straal is, sal dit lyk soos pulse straling wat van ’n vaste punt in die ruimte kom (die sogenaamde "vuurtoringuitwerking"). Die neutronster wat sover bekend die vinnigste tol, is PSR J1748-2446ad – dit draai 716 keer per sekonde, of teen 43 000 omwentelinge per minuut. Die spoed op die oppervlak is amper ’n kwart van die ligsnelheid.

Daar is vermoedelik sowat ’n miljard neutronsterre in die Melkweg, of ’n minimum van ’n paar honderd miljoen, ’n syfer wat verkry word uit die raming van die getal sterre wat al supernovas ondergaan het. Die meeste is egter oud en koud, en straal min uit. Neutronsterre wat stadig draai en nie akkresie ondergaan nie, is feitlik onopspoorbaar; sedert die Hubble-ruimteteleskoop se waarneming van RX J185635−3754 in 2002 is ’n paar nabygeleë neutronsterre egter al ontdek wat lyk of hulle net termiese emissies uitstraal.

Neutronsterre in dubbelstelsels kan akkresie ondergaan, wat gewoonlik veroorsaak dat die stelsel helder X-strale uitstraal terwyl die materie wat in die neutronster val, warm kolle kan vorm wat in en uit sig beweeg.

  1. Heger, A.; Fryer, C. L.; Woosley, S. E.; Langer, N.; Hartmann, D. H. (2003). "How Massive Single Stars End Their Life". Astrophysical Journal. 591 (1): 288–300. arXiv:. Bibcode:. doi:. S2CID .
  2. Glendenning, Norman K. (2012). (illustrated uitg.). Springer Science & Business Media. p. 1. ISBN 978-1-4684-0491-3.
  3. Seeds, Michael; Backman, Dana (2009). (6de uitg.). Cengage Learning. p. 339. ISBN 978-0-495-56203-0.
  4. Tolman, R. C. (1939). (PDF). Physical Review. 55 (4): 364–373. Bibcode:. doi:.
  5. Oppenheimer, J. R.; Volkoff, G. M. (1939). "On Massive Neutron Cores". Physical Review. 55 (4): 374–381. Bibcode:. doi:.
  6. (PDF). www.astro.princeton.edu. Besoek op14 Desember 2018.
  7. Douchin, F.; Haensel, P. (Desember 2001). "A unified equation of state of dense matter and neutron star structure". Astronomy & Astrophysics. 380 (1): 151–167. arXiv:. Bibcode:. doi:. ISSN . S2CID .
  8. Kiziltan, Bulent (2011). Reassessing the Fundamentals: On the Evolution, Ages and Masses of Neutron Stars. Universal-Publishers. ISBN 978-1-61233-765-4.
  9. . imagine.gsfc.nasa.gov.
  10. Haensel, Paweł; Potekhin, Alexander Y.; Yakovlev, Dmitry G. (2007). Neutron Stars. Springer. ISBN 978-0-387-33543-8.
  11. . heasarc.gsfc.nasa.gov.
  12. . 2009-03-10.
  13. Hessels, Jason; Ransom, Scott M.; Stairs, Ingrid H.; Freire, Paulo C. C.; et al. (2006). "A Radio Pulsar Spinning at 716 Hz". Science. 311 (5769): 1901–1904. arXiv:. Bibcode:. CiteSeerX. doi:. PMID . S2CID .
  14. Naeye, Robert (2006-01-13). . Sky & Telescope. Geargiveer vanaf op 2007-12-29. Besoek op2008-01-18.
  15. Camenzind, Max (24 Februarie 2007). . Springer Science & Business Media. p. 269. Bibcode:. ISBN 978-3-540-49912-1.

Publikasie datum: November 14, 2021

neutronster, kompakte, kern, baie, swaar, ster, totale, massa, tussen, sonmassas, tydens, tipe, tipe, tipe, supernova, ontplof, hulle, kleinste, digste, stervoorwerpe, buiten, swartkolke, hipotetiese, witkolke, kwarksterre, hulle, radius, sowat, massa, sowat, . n Neutronster is die kompakte kern van n baie swaar ster met n totale massa van tussen 10 en 25 sonmassas wat tydens n tipe II tipe Ib of tipe Ic supernova ontplof het 1 Hulle is die kleinste en digste stervoorwerpe buiten swartkolke en hipotetiese witkolke en kwarksterre 2 Hulle het n radius van sowat 10 km en n massa van sowat 1 4 sonmassa 3 Straling van die vinnig tollende pulsar PSR B1509 58 laat nabygelee gas X strale uitstraal goud en verlig die res van die newel hier in infrarooi blou en rooi n Kunstenaarsvoorstelling van die pulsar PSR 1257 12 se planetere stelsel Nadat hulle gevorm het wek hulle nie meer aktief hitte op nie en koel hulle mettertyd af hulle kan egter steeds verder evolueer deur botsings en akkresie Beskrywing WysigDie meeste van die basiese modelle van neutronsterre dui daarop dat hulle feitlik geheel en al bestaan uit neutrone subatomiese deeltjies sonder elektriese lading en met n effens groter massa as protone Die elektrone en protone wat in normale materie voorkom kombineer om die neutrone te vorm Neutronsterre word gedeeltelik gevrywaar teen verdere inploffing deur n neutronteendruk n verskynsel wat beskryf word deur die uitsluitingsbeginsel van Pauli nes witdwerge teen inploffing gevrywaar word deur n elektronteendruk n Neutronteendruk is egter nie alleen genoeg om n voorwerp van groter as 0 7 sonmassa teen verdere inploffing te vrywaar nie 4 5 en dus speel afstotende kernkragte n groter rol in die behoud van swaarder neutronsterre 6 7 As die steroorblyfsel n massa het wat die Tolman Oppenheimer Volkoff limiet van sowat 2 sonmassas oorskry is die kombinasie van n neutronteendruk en kernkragte onvoldoende om die neutronster te onderhou en sal dit verder inplof tot n swartkolk Neutronsterre wat waargeneem kan word is baie warm en het gewoonlik n oppervlaktemperatuur van sowat 600 000 K 8 9 10 11 Hulle is so dig dat n vuurhoutjiedosie met neutronstermaterie omtrent 3 miljard ton sal weeg 12 13 Hulle magneetveld is tussen 108 en 1015 100 miljoen tot 1 biljard keer so sterk as die Aarde s n Die swaartekragveld by die neutronster se oppervlak is sowat 2 1011 200 miljard keer so sterk as die van die Aarde Namate die oorspronklike ster se kern inplof verhoog sy rotasiespoed as gevolg van die behoud van hoekmomentum en nuut gevormde neutronsterre draai tot n paar honderd keer per sekonde Sommige gee n straal van elektromagnetiese straling af wat hulle pulsars maak Die ontdekking van pulsars in 1967 deur Jocelyn Bell Burnell en Antony Hewish was juis die eerste aanduiding dat neutronsterre bestaan Die straling van pulsars af word vermoedelik hoofsaaklik uitgestraal vanaf streke naby hulle magneetpole As die magneetpole nie ooreenstem met die neutronster se draaias nie sal die emissiestraal deur die lug rondswiep Wanneer dit van n afstand af gesien word en die waarnemer iewers in die baan van die straal is sal dit lyk soos pulse straling wat van n vaste punt in die ruimte kom die sogenaamde vuurtoringuitwerking Die neutronster wat sover bekend die vinnigste tol is PSR J1748 2446ad dit draai 716 keer per sekonde 14 15 of teen 43 000 omwentelinge per minuut Die spoed op die oppervlak is amper n kwart van die ligsnelheid Daar is vermoedelik sowat n miljard neutronsterre in die Melkweg 16 of n minimum van n paar honderd miljoen n syfer wat verkry word uit die raming van die getal sterre wat al supernovas ondergaan het 17 Die meeste is egter oud en koud en straal min uit Neutronsterre wat stadig draai en nie akkresie ondergaan nie is feitlik onopspoorbaar sedert die Hubble ruimteteleskoop se waarneming van RX J185635 3754 in 2002 is n paar nabygelee neutronsterre egter al ontdek wat lyk of hulle net termiese emissies uitstraal Neutronsterre in dubbelstelsels kan akkresie ondergaan wat gewoonlik veroorsaak dat die stelsel helder X strale uitstraal terwyl die materie wat in die neutronster val warm kolle kan vorm wat in en uit sig beweeg Verwysings Wysig Heger A Fryer C L Woosley S E Langer N Hartmann D H 2003 How Massive Single Stars End Their Life Astrophysical Journal 591 1 288 300 arXiv astro ph 0212469 Bibcode 2003ApJ 591 288H doi 10 1086 375341 S2CID 59065632 Glendenning Norman K 2012 Compact Stars Nuclear Physics Particle Physics and General Relativity illustrated uitg Springer Science amp Business Media p 1 ISBN 978 1 4684 0491 3 Seeds Michael Backman Dana 2009 Astronomy The Solar System and Beyond 6de uitg Cengage Learning p 339 ISBN 978 0 495 56203 0 Tolman R C 1939 Static Solutions of Einstein s Field Equations for Spheres of Fluid PDF Physical Review 55 4 364 373 Bibcode 1939PhRv 55 364T doi 10 1103 PhysRev 55 364 Oppenheimer J R Volkoff G M 1939 On Massive Neutron Cores Physical Review 55 4 374 381 Bibcode 1939PhRv 55 374O doi 10 1103 PhysRev 55 374 Neutron Stars PDF www astro princeton edu Besoek op 14 Desember 2018 Douchin F Haensel P Desember 2001 A unified equation of state of dense matter and neutron star structure Astronomy amp Astrophysics 380 1 151 167 arXiv astro ph 0111092 Bibcode 2001A amp A 380 151D doi 10 1051 0004 6361 20011402 ISSN 0004 6361 S2CID 17516814 Kiziltan Bulent 2011 Reassessing the Fundamentals On the Evolution Ages and Masses of Neutron Stars Universal Publishers ISBN 978 1 61233 765 4 Neutron star mass measurements Ask an Astrophysicist imagine gsfc nasa gov Haensel Pawel Potekhin Alexander Y Yakovlev Dmitry G 2007 Neutron Stars Springer ISBN 978 0 387 33543 8 Tour the ASM Sky heasarc gsfc nasa gov Density of the Earth 2009 03 10 Hessels Jason Ransom Scott M Stairs Ingrid H Freire Paulo C C et al 2006 A Radio Pulsar Spinning at 716 Hz Science 311 5769 1901 1904 arXiv astro ph 0601337 Bibcode 2006Sci 311 1901H CiteSeerX 10 1 1 257 5174 doi 10 1126 science 1123430 PMID 16410486 S2CID 14945340 Naeye Robert 2006 01 13 Spinning Pulsar Smashes Record Sky amp Telescope Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2007 12 29 Besoek op 2008 01 18 https www nasa gov mission pages GLAST science neutron stars html Camenzind Max 24 Februarie 2007 Compact Objects in Astrophysics White Dwarfs Neutron Stars and Black Holes Springer Science amp Business Media p 269 Bibcode 2007coaw book C ISBN 978 3 540 49912 1 Skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Neutronster Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Neutronster amp ol,