×
Neptunus se ringe

Neptunus se ringstelsel bestaan uit hoofsaaklik vyf planetêre ringe wat in 1984 deur André Brahic voorspel en in 1989 deur die Voyager 2-ruimtetuig gefotografeer is.

Neptunus se ringstelsel. Soliede lyne dui die ringe aan en spikkellyne die bane van Neptunus se mane.

Neptunus se ringe is genoem na sterrekundiges wat belangrike werk gedoen het oor die planeet, van die planeet se kant af: Galle (Johann Gottfried Galle), Le Verrier (Urbain Le Verrier), Lassell (William Lassell), Arago (François Arago) en Adams (John Couch Adams). Daar is ook ’n dowwe ring sonder naam wat ooreenstem met die wentelbaan van die maan Galatea.

Die ringe van Neptunus bestaan uit besonder donker materiaal, waarskynlik organiese samestellings soos dié in Uranus se ringe, en uit baie stof (tussen 20% en 70%).

Inhoud

Die eerste keer dat die moontlikheid van ’n ring om Neptunus genoem is, was in 1846 toe William Lassell, die ontdekker van die planeet se maan grootste maan, Triton, gedink het dat hy ’n ring gesien het. Dit is nooit daarna bevestig nie en was heel moontlik ’n instrumentfout. Die eerste betroubare waarneming van ’n ring was in 1968 danksy ’n sterverduistering, hoewel dit ongemerk verbygegaan het tot in 1977 toe Uranus se ringe ontdek is. Net hierna het ’n span onder Harold J. Reitsema na ringe om Neptunus begin soek. Hoewel hulle op 24 Mei 1981 ’n verdowwing van ’n ster tydens een verduistering gesien het, het dit nie op die aanwesigheid van ringe gedui nie. Later, ná die Voyager-vlug, is gevind die verduistering was as gevolg van Neptunus se klein maan Larissa, ’n hoogs uitsonderlike gebeurtenis.

Met Neptunus se volgende verduistering, op 12 September 1983, is ’n moontlike ring bespeur. Die resultate kon egter nie bevestig word nie. Oor die volgende ses jaar is nog sowat 50 verduisterings dopgehou, terwyl net ’n derde van hulle die moontlikheid van ringe bevestig het. Dit was duidelik dat daar iets om Neptunus bestaan, maar die presiese aard daarvan was onduidelik.

Die uiteindelike ontdekking is in 1989 deur die Voyager 2-ruimtetuig gedoen. Dit het bevestig dat die vorige verduisterings wel veroorsaak is deur die boë in die Adams-ring (sien onder). Sedertdien is die helderste ringe, Adams en Le Verrier, afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop en teleskope op die Aarde omdat tegnologie in so ’n mate verbeter het.

Drie van die helder boë van die Adams-ring (heel bo op foto, van links: Fraternité, Égalité, Liberté) en die Le Verrier-ring aan die binnekant.

Neptunus het drie smal ringe van omtrent 100 km of minder, terwyl die Galle- en die Lassell-ring breed is, tussen 2 000 en 5 000 km. Die Adams-ring bevat vyf helder boë (dele van sirkels) wat deel uitmaak van ’n dowwer, aaneenlopende ring. Vier mane se wentelbane is binne-in die planeet se ringstelsel: Naiad en Thalassa is in die verdeling tussen die Galle- en die Le Verrier-ring; terwyl Despina net binne die Le Verrier-ring is en Galatea net binne die Adams-ring, binne-in ’n dowwe, smal ring sonder ’n naam.

Op hul digste kan die ringe vergelyk word met Saturnus se minder digte hoofringe, soos die C-ring en die Cassini-verdeling, maar ’n groot deel van Neptunus se ringe is dof en stowwerig. Hulle lyk dus meer soos Jupiter se ringe en anders as Saturnus en Uranus se ringe, wat baie min stof bevat (minder as 0,1%).

Neptunus se ringe, nes dié van Uranus, is vermoedelik relatief jonk, heelwat jonger as die sonnestelsel. Nes met Uranus se ringe, het Neptunus s’n vermoedelik ontstaan uit botsings met mane wat eens in wentelbane na aan die planeet was. Sulke botsings veroorsaak maangordels, wat die bron is van stof vir die ringe.

Die buitenste Adams-ring, met ’n wentelbaanradius van sowat 63 930 km, is die ring van Neptunus wat die meeste bestudeer word. Dit is ’n smal, effens afwykende ring wat gemiddeld sowat 35 km (15–50 km) breed is.

’n Unieke eienskap van die Adams-ring is vyf duidelike boë (dele van die ring) wat helderder as die res is. Dit lyk of deeltjies materie op die een of ander manier in dié dele saamkoek. In 1986 was hulle tussen die volgende lengtegrade geleë:

  • 247–257° (Fraternité),
  • 261–264° (Égalité 1),
  • 265–266° (Égalité 2),
  • 276–280° (Liberté),
  • 284.5–285.5° (Courage).

Fraternité is die langste en helderste boog; die dofste een is Courage. Die deeltjies stof in die boë is van 40% tot 70% en die struktuur is baie stabiel. Hulle het nie veel verander sedert hulle ontdek is nie. Dit is steeds ’n raaisel hoekom die deeltjies nie oor die hele lengte van die ring versprei nie. Een van die moontlikhede is dat dit beïnvloed word deur die swaartekrag-interaksie tussen die Adams-ring en ’n bekende of onbekende liggaam, soos die maan Galatea.

Hier is van die eienskappe van Neptunus se ringe:

Naam Radius (km) Breedte (km) Stofdeeltjies,% Notas
Galle (N42) 40 900–42 900 2 000 40–70 Breë, dowwe ring
Le Verrier (N53) 53 200 ± 20 113 40–70 Smal ring
Lassell 53 200–57 200 4 000 20–40 Lassell-ring is ’n dowwe plaat materiaal wat strek van Le Verrier tot Arago
Arago 57 200 <100 ?
Adams (N63) 62 932 ± 2 15–50 20–40
40–70 (in boë)
Vyf helder boë
  1. Miner, Ellis D., Wessen, Randii R., Cuzzi, Jeffrey N. (2007). "The discovery of the Neptune ring system". Planetary Ring Systems. Springer Praxis Books. ISBN 978-0-387-34177-4.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  2. Miner, Ellis D., Wessen, Randii R., Cuzzi, Jeffrey N. (2007). "Present knowledge of the Neptune ring system". Planetary Ring System. Springer Praxis Books. ISBN 978-0-387-34177-4.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  3. Sicardy, B. (1991). "Neptune's Rings, 1983–1989 Ground-Based Stellar Occultation Observations". Icarus. 89 (2): 220. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  4. Nicholson, P.D.; Cooke, Maren L.; et al. (1990). "Five Stellar Occultations by Neptune: Further Observations of Ring Arcs". Icarus. 87 (1): 1. Bibcode:. doi:.
  5. Horn, Linda J. (1990). "Observations of Neptunian rings by Voyager photopolarimeter experiment". Geophysics Research Letters. 17 (10): 1745–1748. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  6. Burns, J.A.; Hamilton, D.P.; Showalter, M.R. (2001). "". Interplanetary Dust. Ed. Grun, E.; Gustafson, B. A. S.; Dermott, S. T.; Fechtig H.. Springer. 641–725.
  7. Porco, C.C. (1991). "An Explanation for Neptune's Ring Arcs". Science. 253 (5023): 995–1001. Bibcode:. doi:. PMID .
  8. Colwell, Joshua E. (1990). "A model of dust production in the Neptunian ring system". Geophysics Research Letters. 17 (10): 1741–1744. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  9. Namouni, Fathi (2002). "The confinement of Neptune's ring arcs by the moon Galatea". Nature. 417 (6884): 45–47. doi:. PMID .Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  • deur

Publikasie datum: Augustus 08, 2021

neptunus, ringe, neptunus, ringstelsel, bestaan, hoofsaaklik, planetêre, ringe, 1984, deur, andré, brahic, voorspel, 1989, deur, voyager, ruimtetuig, gefotografeer, neptunus, ringstelsel, soliede, lyne, ringe, spikkellyne, bane, neptunus, mane, genoem, sterrek. Neptunus se ringstelsel bestaan uit hoofsaaklik vyf planetere ringe wat in 1984 deur Andre Brahic voorspel en in 1989 deur die Voyager 2 ruimtetuig gefotografeer is 1 Neptunus se ringstelsel Soliede lyne dui die ringe aan en spikkellyne die bane van Neptunus se mane Neptunus se ringe is genoem na sterrekundiges wat belangrike werk gedoen het oor die planeet van die planeet se kant af 1 Galle Johann Gottfried Galle Le Verrier Urbain Le Verrier Lassell William Lassell Arago Francois Arago en Adams John Couch Adams 2 Daar is ook n dowwe ring sonder naam wat ooreenstem met die wentelbaan van die maan Galatea Die ringe van Neptunus bestaan uit besonder donker materiaal waarskynlik organiese samestellings soos die in Uranus se ringe en uit baie stof tussen 20 en 70 Inhoud 1 Ontdekking en waarneming 2 Algemene eienskappe 3 Adams ring 4 Tabel 5 Verwysings 6 Eksterne skakelsOntdekking en waarneming WysigDie eerste keer dat die moontlikheid van n ring om Neptunus genoem is was in 1846 toe William Lassell die ontdekker van die planeet se maan grootste maan Triton gedink het dat hy n ring gesien het 1 Dit is nooit daarna bevestig nie en was heel moontlik n instrumentfout Die eerste betroubare waarneming van n ring was in 1968 danksy n sterverduistering hoewel dit ongemerk verbygegaan het tot in 1977 toe Uranus se ringe ontdek is 1 Net hierna het n span onder Harold J Reitsema na ringe om Neptunus begin soek Hoewel hulle op 24 Mei 1981 n verdowwing van n ster tydens een verduistering gesien het het dit nie op die aanwesigheid van ringe gedui nie Later na die Voyager vlug is gevind die verduistering was as gevolg van Neptunus se klein maan Larissa n hoogs uitsonderlike gebeurtenis 1 Met Neptunus se volgende verduistering op 12 September 1983 is n moontlike ring bespeur 1 Die resultate kon egter nie bevestig word nie Oor die volgende ses jaar is nog sowat 50 verduisterings dopgehou terwyl net n derde van hulle die moontlikheid van ringe bevestig het 3 Dit was duidelik dat daar iets om Neptunus bestaan maar die presiese aard daarvan was onduidelik 1 Die uiteindelike ontdekking is in 1989 deur die Voyager 2 ruimtetuig gedoen Dit het bevestig dat die vorige verduisterings wel veroorsaak is deur die boe in die Adams ring sien onder 4 Sedertdien is die helderste ringe Adams en Le Verrier afgeneem deur die Hubble ruimteteleskoop en teleskope op die Aarde omdat tegnologie in so n mate verbeter het Algemene eienskappe Wysig Drie van die helder boe van die Adams ring heel bo op foto van links Fraternite Egalite Liberte en die Le Verrier ring aan die binnekant Neptunus het drie smal ringe van omtrent 100 km of minder 5 terwyl die Galle en die Lassell ring breed is tussen 2 000 en 5 000 km Die Adams ring bevat vyf helder boe dele van sirkels wat deel uitmaak van n dowwer aaneenlopende ring Vier mane se wentelbane is binne in die planeet se ringstelsel Naiad en Thalassa is in die verdeling tussen die Galle en die Le Verrier ring terwyl Despina net binne die Le Verrier ring is en Galatea net binne die Adams ring 2 binne in n dowwe smal ring sonder n naam 6 Op hul digste kan die ringe vergelyk word met Saturnus se minder digte hoofringe soos die C ring en die Cassini verdeling maar n groot deel van Neptunus se ringe is dof en stowwerig Hulle lyk dus meer soos Jupiter se ringe en anders as Saturnus en Uranus se ringe wat baie min stof bevat minder as 0 1 2 6 Neptunus se ringe nes die van Uranus is vermoedelik relatief jonk heelwat jonger as die sonnestelsel Nes met Uranus se ringe het Neptunus s n vermoedelik ontstaan uit botsings met mane wat eens in wentelbane na aan die planeet was 6 Sulke botsings veroorsaak maangordels wat die bron is van stof vir die ringe Adams ring WysigDie buitenste Adams ring met n wentelbaanradius van sowat 63 930 km 2 is die ring van Neptunus wat die meeste bestudeer word 2 Dit is n smal effens afwykende ring wat gemiddeld sowat 35 km 15 50 km breed is 5 n Unieke eienskap van die Adams ring is vyf duidelike boe dele van die ring wat helderder as die res is Dit lyk of deeltjies materie op die een of ander manier in die dele saamkoek In 1986 was hulle tussen die volgende lengtegrade gelee 247 257 Fraternite 261 264 Egalite 1 265 266 Egalite 2 276 280 Liberte 284 5 285 5 Courage 2 7 Fraternite is die langste en helderste boog die dofste een is Courage Die deeltjies stof in die boe is van 40 tot 70 8 en die struktuur is baie stabiel Hulle het nie veel verander sedert hulle ontdek is nie Dit is steeds n raaisel hoekom die deeltjies nie oor die hele lengte van die ring versprei nie Een van die moontlikhede is dat dit beinvloed word deur die swaartekrag interaksie tussen die Adams ring en n bekende of onbekende liggaam soos die maan Galatea 7 9 Tabel WysigHier is van die eienskappe van Neptunus se ringe Naam Radius km 2 Breedte km Stofdeeltjies 8 NotasGalle N42 40 900 42 900 2 000 40 70 Bree dowwe ringLe Verrier N53 53 200 20 113 5 40 70 Smal ringLassell 53 200 57 200 4 000 20 40 Lassell ring is n dowwe plaat materiaal wat strek van Le Verrier tot AragoArago 57 200 lt 100 Adams N63 62 932 2 15 50 5 20 40 40 70 in boe Vyf helder boeVerwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 1 4 1 5 1 6 Miner Ellis D Wessen Randii R Cuzzi Jeffrey N 2007 The discovery of the Neptune ring system Planetary Ring Systems Springer Praxis Books ISBN 978 0 387 34177 4 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link 2 0 2 1 2 2 2 3 2 4 2 5 2 6 Miner Ellis D Wessen Randii R Cuzzi Jeffrey N 2007 Present knowledge of the Neptune ring system Planetary Ring System Springer Praxis Books ISBN 978 0 387 34177 4 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Sicardy B 1991 Neptune s Rings 1983 1989 Ground Based Stellar Occultation Observations Icarus 89 2 220 Bibcode 1991Icar 89 220S doi 10 1016 0019 1035 91 90175 S Onbekende parameter coauthors geignoreer help Nicholson P D Cooke Maren L et al 1990 Five Stellar Occultations by Neptune Further Observations of Ring Arcs Icarus 87 1 1 Bibcode 1990Icar 87 1N doi 10 1016 0019 1035 90 90020 A 5 0 5 1 5 2 5 3 Horn Linda J 1990 Observations of Neptunian rings by Voyager photopolarimeter experiment Geophysics Research Letters 17 10 1745 1748 Bibcode 1990GeoRL 17 1745H doi 10 1029 GL017i010p01745 Onbekende parameter coauthors geignoreer help 6 0 6 1 6 2 Burns J A Hamilton D P Showalter M R 2001 Dusty Rings and Circumplanetary Dust Observations and Simple Physics Interplanetary Dust Ed Grun E Gustafson B A S Dermott S T Fechtig H Springer 641 725 7 0 7 1 Porco C C 1991 An Explanation for Neptune s Ring Arcs Science 253 5023 995 1001 Bibcode 1991Sci 253 995P doi 10 1126 science 253 5023 995 PMID 17775342 8 0 8 1 Colwell Joshua E 1990 A model of dust production in the Neptunian ring system Geophysics Research Letters 17 10 1741 1744 Bibcode 1990GeoRL 17 1741C doi 10 1029 GL017i010p01741 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Namouni Fathi 2002 The confinement of Neptune s ring arcs by the moon Galatea Nature 417 6884 45 47 doi 10 1038 417045a PMID 11986660 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Eksterne skakels WysigNeptune s Rings deur NASA s Solar System Exploration Gazetteer of Planetary Nomenclature Ring and Ring Gap Nomenclature Neptune USGS Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Neptunus se ringe Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaDie Sonnestelsel Son Aardplanete Mercurius Venus Aarde Mars Gasreuse Jupiter Saturnus Ysreuse Uranus Neptunus Planete Reuseplanete Dwergplanete Pluto Ceres Haumea Makemake ErisMane Aarde Mars Kleinplanete Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Pluto Haumea Eris Ringe Jupiter Saturnus Uranus NeptunusKlein Sonnestelselliggame Kleinplanete Asteroides Naby aarde voorwerpe Sentoure Trans Neptunus voorwerpe Komete Gordels en wolke Asteroidegordel Kuipergordel Verstrooide skyf Hillswolk OortwolkOntsluit van https af wikipedia org w index php title Neptunus se ringe amp ol,