Neptunus se natuurlike satelliete
Neptunus se mane tel altesaam 14. Verreweg die grootste hiervan is Triton, wat op 10 Oktober 1846 deur William Lassell ontdek is, net 17 dae ná die ontdekking van Neptunus self. Meer as ’n eeu het verloop voordat die planeet se tweede natuurlike satelliet, Nereïde, ontdek is. Neptunus se mane is genoem na goddelike waterwesens in die Griekse mitologie. Triton is uniek onder mane met planetêre massa: Dit is onreëlmatig omdat dit in die teenoorgestelde rigting as Neptunus draai. Die tweede grootste onreëlmatige satelliet in die sonnestelsel, Saturnus se maan Foibe, is net 0,03% van Triton se massa. Triton is groot genoeg om ’n hidrostatiese ewewig te bereik het. Hy het ’n dun atmosfeer wat wolke en mis kan vorm. Beide die atmosfeer en die oppervlak van die maan bestaan hoofsaaklik uit stikstof met klein hoeveelhede metaan en koolstofmonoksied. Dit lyk of Triton se oppervlak redelik jonk is; dit is waarskynlik die afgelope paar miljoen jaar verander deur inwendige prosesse. Die temperatuur op die oppervlak is sowat 38 K (−235,2 °C). Binne Triton se radius lê sewe reëlmatige satelliete wat in dieselfde rigting as Neptunus draai en op vlakke lê wat na aan die planeet se ewenaarvlak is. Van hulle lê in die wentelbane van Neptunus se ringe. Die grootste hiervan is Proteus. Neptunus het ook sewe buitenste, onreëlmatige satelliete, insluitende Nereïde. Die twee heel buitenstes, Psamathe en Neso, het die grootste wentelbane sover bekend van enige natuurlike satelliete in die sonnestelsel. Triton het nie ’n amptelike naam gehad tot in die 20ste eeu nie. Die naam is voorgestel deur Camille Flammarion in sy 1880-boek Astronomie Populaire, maar dit is nie algemeen gebruik nie tot in die 1930's. Ander mane van Neptunus is ook na goddelike waterwesens genoem, óf na die kinders van Neptunus, die Romeinse god van die see, óf die kinders van Poseidon, sy Griekse eweknie (Triton, Proteus, Despina, Thalassa); of andersins na Griekse waternimfe (Naiade, Nereïde); of na spesifieke Nereïdes (Halimede, Galatea, Neso, Sao, Laomedeia, Psamathe). Die mees onlangs ontdekte maan, Hippokamp, het eers in Februarie 2019 ’n naam gekry – dit is genoem na ’n mitologiese wese wat halfperd en halfvis is. Die mane word op onderstaande tabel gelys volgens wentelperiodes, van kort tot lank. Onreëlmatige mane word op ’n kleuragtergrond aangedui. ‡
Onreëlmatig, draai saam met Neptunus ♠
Onreëlmatig, draai teen Neptunus se rigting Volgorde Romeinse
nommer Naam Foto Deursnee (km) Massa
(x1016 kg) Half-as (km) Wentelperiode
(dae) Inklinasie
(°) Afwyking Ontdek in Ontdekker(s) 1 III Naiade 66
(96 × 60 × 52)19 48 227 0,294 4,691 0,0003 1989 Voyager-span 2 IV Talassa 82
(108 × 100 × 52)35 50 074 0,311 0,135 0,0002 1989 Voyager-span 3 V Despina 150
(180 × 148 × 128)210 52 526 0,335 0,068 0,0002 1989 Voyager-span 4 VI Galatea 176
(204 × 184 × 144)212 61 953 0,429 0,034 0,0001 1989 Voyager-span 5 VII Larissa 194
(216 × 204 × 168)460 73 548 0,555 0,205 0,0014 1981 H. Reitsema, W. Hubbard, L. Lebofsky en D.J. Tholen 6 XIV Hippokamp 34,8 0000005 !≈ 5 105 283 0,936 0,064 0,0005 2013 Showalter et al. 7 VIII Proteus 420
(436 × 416 × 402)4 400 117 646 1,122 0,075 0,0005 1989 Voyager-span 8 I Triton♠ 2 705,2 ± 4,8
(2 709 × 2 706 × 2 705)2 140 800
± 5200354 759 5,877 156,865 0,0000 1846 W. Lassell 9 II Nereïde‡ 340 ± 50 2 700 5 513 818 360,136 7,090 0,7507 1949 G.P. Kuiper 10 IX Halimede♠ ~62 16 16 611 000 1 879,08 112,712 0,2646 2002 M. Holman, J. Kavelaars, T. Grav, W. Fraser en D. Milisavljevic 11 XI Sao‡ ~44 6 22 228 000 2 912,72 53,483 0,1365 2002 M. Holman, J. Kavelaars, T. Grav, W. Fraser en D. Milisavljevic 12 XII Laomedeia‡ ~42 5 23 567 000 3 171,33 37,874 0,3969 2002 M. Holman, J. Kavelaars, T. Grav, W. Fraser en D. Milisavljevic 13 X Psamathe♠ ~40 4 48 096 000 9 074,30 126,312 0,3809 2003 S.S. Sheppard, D.C. Jewitt en J. Kleyna 14 XIII Neso♠ ~60 15 49 285 000 9 740,73 136,439 0,5714 2002 M. Holman, J. Kavelaars, T. Grav, W. Fraser en D. Milisavljevic Die Sonnestelsel Son • Aardplanete: Mercurius • Venus • Aarde • Mars • Gasreuse: Jupiter • Saturnus • Ysreuse: Uranus • Neptunus • (Planete • Reuseplanete)
Dwergplanete: Pluto • Ceres • Haumea • Makemake • Eris Mane: Aarde • Mars • Kleinplanete • Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus • Pluto • Haumea • Eris • Ringe: Jupiter • Saturnus • Uranus • Neptunus Klein Sonnestelselliggame: Kleinplanete • Asteroïdes • Naby-aarde-voorwerpe • Sentoure • Trans-Neptunus-voorwerpe • Komete
Gordels en wolke: Asteroïdegordel • Kuipergordel • Verstrooide skyf • Hillswolk • Oortwolk
