×
Nelson Mandela

Nelson Rolihlahla Mandela (* 18 Julie 1918; † 5 Desember 2013) was die eerste staatshoof (1994–1999) van 'n volledig demokratiese Suid-Afrika. Hy is in 1999 as staatshoof deur Thabo Mbeki opgevolg.

Nelson Mandela

Mandela in Johannesburg, op 13 Mei 2008

Ampstermyn
10 Mei 199414 Junie 1999
Vise Thabo Mbeki
F. W. de Klerk
Voorafgegaan deur F. W. de Klerk
as Staatspresident van Suid-Afrika
Opgevolg deur Thabo Mbeki

19de Sekretaris-generaal van die Beweging van Onverbonde Lande
Ampstermyn
19981999
Voorafgegaan deur Andrés Pastrana Arango
Opgevolg deur Thabo Mbeki

Persoonlike besonderhede
Gebore Rolihlahla Mandela
18 Julie 1918
Mvezo, Kaapprovinsie, Unie van Suid-Afrika
Sterf 5 Desember 2013 (op 95)
Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika
Politieke party African National Congress
Eggenoot/-note Evelyn Ntoko Mase (g. 1944–1957; geskei)
Winnie Madikizela (g. 1958–1996; geskei)
Graça Machel (g. 1998–2013; sy dood)
Kind(ers) Thembekile Mandela
Makaziwe Mandela
Makgatho Mandela
Makaziwe Mandela
Zenani Mandela
Zindziswa Mandela
Alma mater Universiteit van Fort Hare
UoL External Programme
Universiteit van Suid-Afrika
Universiteit van die Witwatersrand
Religie Metodisme
Handtekening
Toekennings Sakharof-prys (1988)
Bharat Ratna (1990)
Nobelprys vir Vrede (1993)
Orde van Lenin
Presidensiële Vryheidsmedalje (VSA)

Inhoud

Nelson Mandela, omstreeks 1937

Rolihlahla Mandela is op 18 Julie 1918 in Mvezo, in die Transkei in die destydse Unie van Suid-Afrika, gebore. Op sewejarige leeftyd op Qunu word hy die eerste lid van sy familie wat skool toe gaan. Hier ontvang hy sy Engelse noemnaam, "Nelson", van 'n onderwyseres.

Ná matriek studeer Mandela aan die Universiteit van Fort Hare, waar hy Oliver Tambo ontmoet, 'n lewenslange vriend en later kollega in die stryd ("struggle") om die bevryding van die agtergeblewe volke van Suid-Afrika.

Mandela in 1993

Reeds as jeugdige en student verset Mandela hom teen regeringsoptrede wat die swart bevolking hul politieke, maatskaplike en ekonomiese regte ontneem. In 1942 word Mandela lid van die ANC en, saam met kamerade soos Walter Sisulu en Oliver Tambo en verskeie ondersteuners, stig hulle in 1944 die ANC Jeugliga.

Die Afrikaner-beheerde Nasionale Party verkry in 1948 politieke beheer en ontwikkel die apartheidsbeleid wat op rasse-segregasie gegrond is. Mandela is prominent in die ANC se versetaksie van 1952 asook die 1955-kongres waartydens die Vryheidsmanifes aangeneem word.

Uit die aard van die saak word die opstandelinge strafregtelik vervolg. Die regspraktyk Mandela & Tambo verleen egter goedkoop en selfs gratis regshulp aan swart beskuldigdes, wat andersins sonder enige regsverteenwoordiging hoegenaamd in die hof sou moes verskyn.

Mandela is immer teen gewelddadige verset. Massa-aksie lei daartoe dat hy en 150 ander op 5 Desember 1956 in hegtenis geneem en van hoogverraad aangekla word. Die verhoor duur 5 jaar tot in 1961, maar al die beskuldigdes word vrygespreek.

In 1960 skiet die SA Polisie na oproeriges in Sharpeville en word die ANC en anti-apartheidsgroepe verbied. Ná hierdie gebeurtenis, wat as 'n slagting onder die oproeriges beskou word, besluit Mandela en sy volgelinge om hulle tot gewapende verset te wend.

Nelson Mandela se tronksel op Robbeneiland.

In 1961 word Mandela leier van die ANC se gewapende vleuel Umkhonto we Sizwe.

Op 5 Augustus 1962 word Mandela in hegtenis geneem, nadat hy 17 maande voortvlugtig was en word in die Johannesburg Fort in gevangenis geplaas.

Op 25 Oktober 1962 is Mandela tot vyf jaar gevangenestraf gevonnis en op 11 Junie 1964 word hy skuldig bevind en uitspraak gelewer betreffende sy verbintenis met terroristebedrywighede. Pres. P.W. Botha het hom verskeie kere kwytskelding van sy vonnis aangebied, mits hy geweld afsweer. Hy het dit van die hand gewys, en daardeur 27 jaar lank in die tronk deurgebring. Hy was tussen 1964 en 1982 op Robbeneiland gehou. Daarna is hy na Pollsmoor-gevangenis oorgedra waar hy tussen 1982 en 1988 gehou is. Daarna, as gevolg van tuberkulose is hy na Drakenstein-gevangenis oorgedra waar hy van 1988 tot sy vrylating op 11 Februarie 1990 gehou is.

  • President van die ANC (Julie 1991 – Desember 1997)
  • Staatspresident van die RSA (Mei 1994 – Junie 1999)

Egskeiding ontbind sy eerste huwelik van 13 jaar met Evelyn Ntoko Mase in 1957. Sy tweede huwelik is met Winnie Madikizela, wat na 38 jaar eindig met 'n egskeiding in Maart 1996.

Sy derde huwelik is op 18 Julie 1998 (Mandela se 80ste verjaarsdag) met Graça Machel (weduwee van die voormalige Mosambiekse president, Samora Machel) voltrek.

FW de Klerk en Nelson Mandela skud die blad in Januarie 1992.

Mandela word gereken as 'n ikoon in onlangse Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hy speel 'n sentrale rol in die onderhandelinge om apartheid te beëindig. Versoenend teenoor sy politieke vervolgers, nadat hy 27 jaar gevange gehou is te Robbeneiland, tree hy op as patriarg om wêreldwyd respek te ontlok vir sy leierskap. Sy aansien styg ook onder die wit Afrikaners in Suid-Afrika, tradisioneel Nasionale Party-ondersteuners, wat hom in die apartheidsjare as "vyand" tipeer het.

Saam met F.W. de Klerk ontvang Mandela die Nobelprys vir Vrede in 1993.

Hy oorhandig die William Webb Ellistrofee aan Francois Pienaar nadat die Springbokke die Rugbywêreldbeker 1995 gewen het.

Hy ontluik hierna as voorspraakmaker vir 'n verskeidenheid menseregte-organisasies en -bedrywighede gerig op maatskaplike werksaamhede.

Gedurende Mei 2004 tree hy op in die afvaardiging wat die RSA by FIFA verteenwoordig om die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aan te bied. Die Suid-Afrikaanse afvaardiging is suksesvol en Mandela word in hierdie opsig beskou as 'n sleutelfiguur.

Mandela kondig op 1 Junie 2004 aan dat hy uit die openbare oog tree "om te gaan rus" -- "hy benodig meer tyd om saam met sy familie deur te bring, privaat te wees en sy boek te voltooi". Hy wou ook meer leeswerk doen.

Hooggeplaastes by die roudiens van Nelson Mandela:██ Suid-Afrika██ Staats- en regeringshoofde██ Verteenwoordigers van die regering

Op 5 Desember 2013 maak die president van Suid-Afrika, Jacob Zuma, bekend dat Mandela op 95-jarige ouderdom in sy huis in Johannesburg oorlede is. Boodskappe van meegevoel stroom hierna vanuit alle dele van die wêreld in. In Suid-Afrika is 'n tydperk van nasionale rou afgekondig. Sondag 8 Desember was aangewys as 'n landswye dag van 'gebed en besinning' en op 10 Desember word daar 'n reuse gedenkbyeenkoms vir die ontslape oud-president in die FNB-stadion te Soweto gehou. Mandela is op 15 Desember 2013 in Qunu in die teenwoordigheid van sy familie en duisende roubeklaers begrawe, en die volle dag se verrigtinge is direk op TV gebeeldsend.

  1. (en) Mandela, Nelson (1994). Long Walk to Freedom: The Autobiography of Nelson Mandela. Randburg: Macdonald Purnell. p. 438. ISBN 0-316-87496-5.
  2. Dodds, Craig (14 Desember 2013). . Weekend Argus (in Engels). vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op14 Desember 2013.
  3. (en)
  4. (in Engels). Nobelprize.org. vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2018. Besoek op6 Oktober 2017.
  5. (nl) , NOS.nl, 5 Desember 2013.
Voorafgegaan deur
F. W. de Klerk
as staatspresident van Suid-Afrika
President van Suid-Afrika
1994–1999
Opgevolg deur
Thabo Mbeki
Voorafgegaan deur
Oliver Tambo
President van die African National Congress
1991–1997
Opgevolg deur
Thabo Mbeki
Voorafgegaan deur
Andrés Pastrana Arango
Sekretaris-generaal van die Beweging van Onverbonde Lande
1998–1999
Opgevolg deur
Thabo Mbeki

Publikasie datum: September 03, 2021

nelson, mandela, nelson, rolihlahla, mandela, julie, 1918, desember, 2013, eerste, staatshoof, 1994, 1999, volledig, demokratiese, suid, afrika, 1999, staatshoof, deur, thabo, mbeki, opgevolg, mandela, johannesburg, 20081ste, president, suid, afrikaampstermyn,. Nelson Rolihlahla Mandela 18 Julie 1918 5 Desember 2013 3 was die eerste staatshoof 1994 1999 van n volledig demokratiese Suid Afrika Hy is in 1999 as staatshoof deur Thabo Mbeki opgevolg Nelson MandelaMandela in Johannesburg op 13 Mei 20081ste President van Suid AfrikaAmpstermyn 10 Mei 1994 14 Junie 1999Vise Thabo Mbeki F W de KlerkVoorafgegaan deur F W de Klerk as Staatspresident van Suid AfrikaOpgevolg deur Thabo Mbeki19de Sekretaris generaal van die Beweging van Onverbonde LandeAmpstermyn 1998 1999Voorafgegaan deur Andres Pastrana ArangoOpgevolg deur Thabo MbekiPersoonlike besonderhedeGebore Rolihlahla Mandela 18 Julie 1918 Mvezo Kaapprovinsie Unie van Suid AfrikaSterf 5 Desember 2013 op 95 Johannesburg Gauteng Suid AfrikaPolitieke party African National CongressEggenoot note Evelyn Ntoko Mase g 1944 1957 geskei Winnie Madikizela g 1958 1996 geskei Graca Machel g 1998 2013 sy dood Kind ers Thembekile Mandela Makaziwe Mandela Makgatho Mandela Makaziwe Mandela Zenani Mandela Zindziswa MandelaAlma mater Universiteit van Fort Hare UoL External Programme Universiteit van Suid Afrika Universiteit van die WitwatersrandReligie Metodisme 1 2 HandtekeningToekennings Sakharof prys 1988 Bharat Ratna 1990 Nobelprys vir Vrede 1993 Orde van Lenin Presidensiele Vryheidsmedalje VSA Inhoud 1 Vroeere lewe 2 Politieke bedrywighede 3 Inhegtenisname en gevangesetting 4 Presidentskap 5 Huwelike 6 Na sy vrylating 7 Aftrede 8 Afsterwe 9 Sien ook 10 Verwysings 11 Eksterne skakelsVroeere lewe Nelson Mandela omstreeks 1937 Rolihlahla Mandela is op 18 Julie 1918 in Mvezo in die Transkei in die destydse Unie van Suid Afrika gebore Op sewejarige leeftyd op Qunu word hy die eerste lid van sy familie wat skool toe gaan Hier ontvang hy sy Engelse noemnaam Nelson van n onderwyseres Na matriek studeer Mandela aan die Universiteit van Fort Hare waar hy Oliver Tambo ontmoet n lewenslange vriend en later kollega in die stryd struggle om die bevryding van die agtergeblewe volke van Suid Afrika Politieke bedrywighede Mandela in 1993 Reeds as jeugdige en student verset Mandela hom teen regeringsoptrede wat die swart bevolking hul politieke maatskaplike en ekonomiese regte ontneem In 1942 word Mandela lid van die ANC en saam met kamerade soos Walter Sisulu en Oliver Tambo en verskeie ondersteuners stig hulle in 1944 die ANC Jeugliga Die Afrikaner beheerde Nasionale Party verkry in 1948 politieke beheer en ontwikkel die apartheidsbeleid wat op rasse segregasie gegrond is Mandela is prominent in die ANC se versetaksie van 1952 asook die 1955 kongres waartydens die Vryheidsmanifes aangeneem word Uit die aard van die saak word die opstandelinge strafregtelik vervolg Die regspraktyk Mandela amp Tambo verleen egter goedkoop en selfs gratis regshulp aan swart beskuldigdes wat andersins sonder enige regsverteenwoordiging hoegenaamd in die hof sou moes verskyn Mandela is immer teen gewelddadige verset Massa aksie lei daartoe dat hy en 150 ander op 5 Desember 1956 in hegtenis geneem en van hoogverraad aangekla word Die verhoor duur 5 jaar tot in 1961 maar al die beskuldigdes word vrygespreek In 1960 skiet die SA Polisie na oproeriges in Sharpeville en word die ANC en anti apartheidsgroepe verbied Na hierdie gebeurtenis wat as n slagting onder die oproeriges beskou word besluit Mandela en sy volgelinge om hulle tot gewapende verset te wend Inhegtenisname en gevangesetting Nelson Mandela se tronksel op Robbeneiland In 1961 word Mandela leier van die ANC se gewapende vleuel Umkhonto we Sizwe Op 5 Augustus 1962 word Mandela in hegtenis geneem nadat hy 17 maande voortvlugtig was en word in die Johannesburg Fort in gevangenis geplaas Op 25 Oktober 1962 is Mandela tot vyf jaar gevangenestraf gevonnis en op 11 Junie 1964 word hy skuldig bevind en uitspraak gelewer betreffende sy verbintenis met terroristebedrywighede Pres P W Botha het hom verskeie kere kwytskelding van sy vonnis aangebied mits hy geweld afsweer Hy het dit van die hand gewys en daardeur 27 jaar lank in die tronk deurgebring Hy was tussen 1964 en 1982 op Robbeneiland gehou Daarna is hy na Pollsmoor gevangenis oorgedra waar hy tussen 1982 en 1988 gehou is Daarna as gevolg van tuberkulose is hy na Drakenstein gevangenis oorgedra waar hy van 1988 tot sy vrylating op 11 Februarie 1990 gehou is PresidentskapPresident van die ANC Julie 1991 Desember 1997 Staatspresident van die RSA Mei 1994 Junie 1999 HuwelikeEgskeiding ontbind sy eerste huwelik van 13 jaar met Evelyn Ntoko Mase in 1957 Sy tweede huwelik is met Winnie Madikizela wat na 38 jaar eindig met n egskeiding in Maart 1996 Sy derde huwelik is op 18 Julie 1998 Mandela se 80ste verjaarsdag met Graca Machel weduwee van die voormalige Mosambiekse president Samora Machel voltrek Na sy vrylating FW de Klerk en Nelson Mandela skud die blad in Januarie 1992 Mandela word gereken as n ikoon in onlangse Suid Afrikaanse geskiedenis Hy speel n sentrale rol in die onderhandelinge om apartheid te beeindig Versoenend teenoor sy politieke vervolgers nadat hy 27 jaar gevange gehou is te Robbeneiland tree hy op as patriarg om wereldwyd respek te ontlok vir sy leierskap Sy aansien styg ook onder die wit Afrikaners in Suid Afrika tradisioneel Nasionale Party ondersteuners wat hom in die apartheidsjare as vyand tipeer het Saam met F W de Klerk ontvang Mandela die Nobelprys vir Vrede in 1993 4 Hy oorhandig die William Webb Ellistrofee aan Francois Pienaar nadat die Springbokke die Rugbywereldbeker 1995 gewen het AftredeHy ontluik hierna as voorspraakmaker vir n verskeidenheid menseregte organisasies en bedrywighede gerig op maatskaplike werksaamhede Gedurende Mei 2004 tree hy op in die afvaardiging wat die RSA by FIFA verteenwoordig om die FIFA Sokker Wereldbekertoernooi in 2010 aan te bied Die Suid Afrikaanse afvaardiging is suksesvol en Mandela word in hierdie opsig beskou as n sleutelfiguur Mandela kondig op 1 Junie 2004 aan dat hy uit die openbare oog tree om te gaan rus hy benodig meer tyd om saam met sy familie deur te bring privaat te wees en sy boek te voltooi Hy wou ook meer leeswerk doen Afsterwe Hooggeplaastes by die roudiens van Nelson Mandela Suid Afrika Staats en regeringshoofde Verteenwoordigers van die regering Op 5 Desember 2013 maak die president van Suid Afrika Jacob Zuma bekend dat Mandela op 95 jarige ouderdom in sy huis in Johannesburg oorlede is 5 Boodskappe van meegevoel stroom hierna vanuit alle dele van die wereld in In Suid Afrika is n tydperk van nasionale rou afgekondig Sondag 8 Desember was aangewys as n landswye dag van gebed en besinning en op 10 Desember word daar n reuse gedenkbyeenkoms vir die ontslape oud president in die FNB stadion te Soweto gehou Mandela is op 15 Desember 2013 in Qunu in die teenwoordigheid van sy familie en duisende roubeklaers begrawe en die volle dag se verrigtinge is direk op TV gebeeldsend Sien ookZelda la Grange Mandela se voormalige privaatsekretaresse Kabinet van Nelson Mandela 1994 1999 Invictus die gedig wat Nelson Mandela gehelp het om in die tronk vas te byt Verwysings en Mandela Nelson 1994 Long Walk to Freedom The Autobiography of Nelson Mandela Randburg Macdonald Purnell p 438 ISBN 0 316 87496 5 Dodds Craig 14 Desember 2013 Madiba funeral Tutu snubbed Weekend Argus in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015 Besoek op 14 Desember 2013 en BBC News The Nobel Peace Prize 1993 in Engels Nobelprize org Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2018 Besoek op 6 Oktober 2017 nl Nelson Mandela 95 overleden NOS nl 5 Desember 2013 Eksterne skakelsWikimedia Commons bevat media in verband met Nelson Mandela http www anc org za people mandela html http www dailypast com africa mandela shtml Geargiveer 14 Desember 2005 op Wayback Machine Nelson Mandela Videos Geargiveer 16 Januarie 2008 op Wayback MachineWikiquote het aanhalings in verband met Nelson MandelaVoorafgegaan deur F W de Klerk as staatspresident van Suid Afrika President van Suid Afrika 1994 1999 Opgevolg deur Thabo MbekiVoorafgegaan deur Oliver Tambo President van die African National Congress 1991 1997 Opgevolg deur Thabo MbekiVoorafgegaan deur Andres Pastrana Arango Sekretaris generaal van die Beweging van Onverbonde Lande 1998 1999 Opgevolg deur Thabo MbekiPresidente van Suid Afrika 1961 1994 seremonieel Charles Robberts Swart Jozua Francois Naude waarnemend Jacobus Johannes Fouche Nicolaas Johannes Diederichs Marais Viljoen waarnemend John Vorster Marais Viljoen uitvoerend Pieter Willem Botha Frederik Willem de Klerk 1994 Nelson Mandela Thabo Mbeki Kgalema Motlanthe Jacob Zuma Cyril Ramaphosa Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Nelson Mandela amp ol,