fbpx
Wikipedia

Nedersetting

'n Nedersetting of lokaliteit is 'n plek waar 'n groep mense (tydelik of permanent) woon of, in die verlede gewoon het. Dit sluit gehuggies, dorpe, buurte, stede en metropole in, ongeag van grootte of belangrikheid daarvan. 'n Nedersetting sluit ook die opgeboude infrastruktuur, soos huise, kerke, paaie, parke, damme en so meer in.

Die nedersetting Flora in Oregon, VSA.
Verlate geboue in Kolmanskop, Namibië.

Mense het al van die vroegste tye in groepe saam gewoon. Nedersettings ontstaan gewoonlik op plekke waar voldoende hulpbronne soos vars water en voedsel beskikbaar is. Veiligheid het in die verlede 'n groot rol gespeel omdat die gemeenskap in 'n nedersetting hulself makliker teen natuurlike vyande (roofdiere) en ander vyandige groeperinge kon verdedig. Ekonomiese belange speel deesdae die oorwegende rol. So ontstaan myndorpe waar minerale ontgin kan word, hawestede en vissersdorpe langs die kus en vakansiedorpies naby mooi natuurskoon.

Soms woon mense in groot groepe saam en ander kere in kleiner groepies. Dorpe ontstaan gewoonlik op die platteland as 'n groepering van huise en winkels ('n landelike nedersetting). Met die ontdekking van goud en diamante en die aanbreek van die industriële revolusie het die bevolking van 'n landelike na 'n stedelike leefwyse oorgeskakel. Soos die plek groei kan dit later in 'n groot dorp of selfs 'n stad ontwikkel (stedelike nedersetting). Stede kan later verder uitbrei en aan mekaar "vasgroei" om metropolitaanse gebiede te vorm.

Soos 'n nedersetting groei neem nie net die aantal bewoners toe nie, maar ook die infrastruktuur en dienste wat beskikbaar is. 'n Dorpie kan dalk 'n dokter en tandarts hê, maar spesialiste word gewoonlik uitsluitlik in stede aangetref. Stede geniet ook vinniger internet-toegang en ander meer gespesialiseerde dienste.

Soorte nedersettings

Myndorpe
Ontstaan naby 'n plek waar minerale ontgin word, soos Johannesburg (goud), Phalaborwa (koper), Kimberley (diamante), Welkom (goud), Thabazimbi (ystererts) en Witbank (steenkool). Pelgrimsrus is 'n gerestoureerde, historiese myndorpie.
Vakansiedorpe
Die plekke het hul bestaan te danke aan pragtige natuurskoon of ontspanningsaktiwiteite wat toeriste lok, soos Knysna, Plettenbergbaai, Bela-Bela en Margate.
Nywerheidstede
Ontstaan as gevolg van fabrieke, soos Vanderbijlpark en Sasolburg.
Hawestede
Hawestede bied op- en aflaaipunte vir goedere per skip, soos Durban, Kaapstad en Richardsbaai.
Handel en vervoer
Die dorpe of stede ontstaan langs hoofspoorlyne en grootpaaie. Germiston het ontwikkel waar spoorweë van die hawens af saamgekom het. De Aar het ontwikkel waar spoorlyne gekruis het. Bitterfontein in Namakwaland het ontstaan waar spoorweë eindig en waar oorgeskakel moes word van spoorvervoer na padvervoer.
Opvoedkundig
Universiteite en skole is hier geleë en lok studente en leerkragte, soos Stellenbosch, Grahamstad en Potchefstroom.

Landelik

’n Landelike gebied word as platteland beskou, buite stede en dorpe waar die meeste mense bestaansboerdery voer en hul produkte onderling verkoop. Plase en boeredorpies

val onder landelike nedersettings.

Sien ook

  • Écart, klein soort nedersetting in landelike dele van Frankryk.
  • Dorp, 'n klein nedersetting in 'n landelike area wat kleiner as 'n stad is.
  • Stad, 'n groter, gesentraliseerde en afgebakende nedersetting wat 'n besondere administratiewe, regtelike of geskiedkundige status geniet.

Nedersetting
nedersetting, lokaliteit, plek, waar, groep, mense, tydelik, permanent, woon, verlede, gewoon, sluit, gehuggies, dorpe, buurte, stede, metropole, ongeag, grootte, belangrikheid, daarvan, sluit, opgeboude, infrastruktuur, soos, huise, kerke, paaie, parke, damme. n Nedersetting of lokaliteit is n plek waar n groep mense tydelik of permanent woon of in die verlede gewoon het Dit sluit gehuggies dorpe buurte stede en metropole in ongeag van grootte of belangrikheid daarvan n Nedersetting sluit ook die opgeboude infrastruktuur soos huise kerke paaie parke damme en so meer in Die nedersetting Flora in Oregon VSA Verlate geboue in Kolmanskop Namibie Mense het al van die vroegste tye in groepe saam gewoon Nedersettings ontstaan gewoonlik op plekke waar voldoende hulpbronne soos vars water en voedsel beskikbaar is Veiligheid het in die verlede n groot rol gespeel omdat die gemeenskap in n nedersetting hulself makliker teen natuurlike vyande roofdiere en ander vyandige groeperinge kon verdedig Ekonomiese belange speel deesdae die oorwegende rol So ontstaan myndorpe waar minerale ontgin kan word hawestede en vissersdorpe langs die kus en vakansiedorpies naby mooi natuurskoon Soms woon mense in groot groepe saam en ander kere in kleiner groepies Dorpe ontstaan gewoonlik op die platteland as n groepering van huise en winkels n landelike nedersetting Met die ontdekking van goud en diamante en die aanbreek van die industriele revolusie het die bevolking van n landelike na n stedelike leefwyse oorgeskakel Soos die plek groei kan dit later in n groot dorp of selfs n stad ontwikkel stedelike nedersetting Stede kan later verder uitbrei en aan mekaar vasgroei om metropolitaanse gebiede te vorm Soos n nedersetting groei neem nie net die aantal bewoners toe nie maar ook die infrastruktuur en dienste wat beskikbaar is n Dorpie kan dalk n dokter en tandarts he maar spesialiste word gewoonlik uitsluitlik in stede aangetref Stede geniet ook vinniger internet toegang en ander meer gespesialiseerde dienste Soorte nedersettings WysigMyndorpe Ontstaan naby n plek waar minerale ontgin word soos Johannesburg goud Phalaborwa koper Kimberley diamante Welkom goud Thabazimbi ystererts en Witbank steenkool Pelgrimsrus is n gerestoureerde historiese myndorpie Vakansiedorpe Die plekke het hul bestaan te danke aan pragtige natuurskoon of ontspanningsaktiwiteite wat toeriste lok soos Knysna Plettenbergbaai Bela Bela en Margate Nywerheidstede Ontstaan as gevolg van fabrieke soos Vanderbijlpark en Sasolburg Hawestede Hawestede bied op en aflaaipunte vir goedere per skip soos Durban Kaapstad en Richardsbaai Handel en vervoer Die dorpe of stede ontstaan langs hoofspoorlyne en grootpaaie Germiston het ontwikkel waar spoorwee van die hawens af saamgekom het De Aar het ontwikkel waar spoorlyne gekruis het Bitterfontein in Namakwaland het ontstaan waar spoorwee eindig en waar oorgeskakel moes word van spoorvervoer na padvervoer Opvoedkundig Universiteite en skole is hier gelee en lok studente en leerkragte soos Stellenbosch Grahamstad en Potchefstroom Landelik n Landelike gebied word as platteland beskou buite stede en dorpe waar die meeste mense bestaansboerdery voer en hul produkte onderling verkoop Plase en boeredorpiesval onder landelike nedersettings Sien ook WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Settlements Sien nedersetting in Wiktionary die vrye woordeboek Ecart klein soort nedersetting in landelike dele van Frankryk Dorp n klein nedersetting in n landelike area wat kleiner as n stad is Stad n groter gesentraliseerde en afgebakende nedersetting wat n besondere administratiewe regtelike of geskiedkundige status geniet Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Nedersetting amp oldid 2138532,