×
Namibiese nasionale krieketspan

Die Namibiese nasionale krieketspan, met die bynaam "die Arende", verteenwoordig Namibië in die spel van krieket en word geadministreer deur die Namibiese Krieketraad, ook bekend as Cricket Namibia in Engels. Namibië is sedert 1992 ’n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad (IKR), en het in 2007 by die Hoëprestasieprogram aangesluit. Namibië het aan die Krieketwêreldbeker 2003 in Suid-Afrika deelgeneem, maar al sy wedstryde verloor. Hulle het tot dusver aan elke Interkontinentale Bekertoernooi deelgeneem. Saam met Kenia is Namibië tradisioneel een van die sterker Afrika-nasionale krieketspanne na die toetsnasies Suid-Afrika en Zimbabwe.

Namibië
Kenteken van die Namibiese nasionale krieketspan
BynaamArende
KonferensieNamibiese Krieketraad
Personeel
EDI-kapteinGerhard Erasmus
T20I-kapteinGerhard Erasmus
Afrigter Pierre de Bruyn
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid met EDI-status (1992)
IKR-streekAKV (Afrika)
IKR-ranglys Tans Beste rang tot dusver
EDI17de15de (op 9 Januarie 2020)
T20I19de15de (op 10 Oktober 2019)
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Zimbabwe op Harare Sportklub, Harare; 10 Februarie 2003
Laaste EDIt Verenigde Arabiese Emirate op Al Amerat-krieketstadion, Al Amarat; 9 Januarie 2020
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Totaal145/9
(0 gelykop, 0 geen uitslag)
Vanjaar31/2
(0 gelykop, 0 geen uitslag)
verskynings tydens wêreldbeker-toernooie1 (eerste in 2003)
Beste uitslagGroepfase (in 2003)
verskynings tydens wêreldbeker-kwalifiserings6 (eerste in 1994)
Beste uitslagNaaswenner (in 2001)
Twintig20s
Eerste T20It Ghana op Kyambogo-krieketovaal, Kampala; 20 Mei 2019
Laaste T20It Ierland op Doebai Internasionale Krieketstadion, Doebai; 2 November 2019
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Totaal1612/4
(0 onbeslis, 0 geen uitslag)
Vanjaar00/0
(0 onbeslis, 0 geen uitslag)
Verskynings by T20-wêreldbeker-kwalifiserings3 (eerste in 2012)
Beste uitslagDerde plek (in 2012)
EDI- en T20I-klere

In onlangse jare het Namibiese krieket ’n sterk vordering gesien, veral danksy die groot invloed van die krieketnasie Suid-Afrika. Krieket is waarskynlik deur Suid-Afrika na die destydse mandaatgebied Suidwes-Afrika gebring en het daar gewildheid onder die bevolking verwerf, veral in die suide van dié land en rondom Windhoek, maar ook Namibië se nabyheid aan Suid-Afrika het gehelp om die spel in Namibië te laat ontwikkel. Namibië word tans as tweede beste span in Afrika, na die Suid-Afrikaanse Proteas en nog voor die toetsnasie Zimbabwe, beskou. Vername Namibiese krieketspelers sluit in Neil Rossouw en Pieter Rossouw.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle Twintig20-status toe te ken. Vervolgens sal elke T20-wedstryd wat Namibië ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as volle T20I erken word. Namibië is tans (25 Februarie 2020) 17de op die eendagranglys, en 19de op die Twintig20-wêreldranglys.

Inhoud

Beginjare

Met die Suid-Afrikaanse oorname van die destydse Duits-Suidwes-Afrika tydens die Suidwes-Afrika-veldtog van die Eerste Wereldoorlog is die spel krieket na die huidige Namibië gebring. Die eerste amptelike krieketwedstryd in die destydse Suidwes-Afrika is in 1915 tussen Suid-Afrikaanse soldate en ’n plaaslike span uit Otjiwarongo gespeel. As gevolg van die Suid-Afrikaanse besetting het krieket tot ’n professionele sport begin ontwikkel. In 1958 is die eerste internasionale wedstryde teen Suid-Afrika gespeel. Teen 1960 is die Suidwes-Afrikaanse Krieketunie gestig. Tussen 1962 en 1989 is 130 wedstryde teen die Suid-Afrikaanse provinsies gespeel, waarvan Suidwes-Afrika 31 gewen het. In 1989 is die Namibiese Krieketraad amptelik gestig.

Op die Namibiese Onafhanklikheidsdag, 21 Maart 1990, en die daaropvolgende dae het Gloucestershire teen die eerste saamgestelde Namibiese nasionale krieketspan gespeel, wat Namibië drie keer kon wen. Namibië het ook die volgende wedstryde teen Nederland gewen. Die Namibiese Krieketraad het in 1990/1992 by die Internasionale Krieketraad aangesluit. Die span kon egter nie vir die Krieketwêreldbeker in 1992 kwalifiseer nie omdat hulle te laat onafhanklikheid verkry het.

Namibië het in 1994 sy eerste deur die IKR erkende wedstryde tydens internasionale toernooie gespeel. Hulle kon tydens hul eerste toernooi, die IKR-trofee in Kenia in 1994 hul eerste trofee wen, die Philip Snow-trofee. Drie jaar later het die Namibiese span egter in Maleisië teleurgesteld. Namibië het in 1994 vir die eerste keer aan ’n kwalifikasie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, maar net die negende plek behaal, te min om vir die Krieketwêreldbeker 1996 te kwalifiseer. Namibië het ook die volgende Krieketwêreldbeker 1999 misgeloop.

Krieketwêreldbeker 2003

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Krieketwêreldbeker 2003.

Die pad tot die Krieketwêreldbeker 2003 in Suid-Afrika het met die 2001 se IKR-trofee in Kanada begin. Namibië het die eindstryd in Toronto gemaak, maar teen Nederland verloor; as naaswenner het hulle daarin geslaag om vir hul eerste krieketwêreldbekertoernooi te kwalifiseer. Namibië het toe die IKR Sesnasies-uitdaging in April 2002 gehuisves en vierde geëindig. Namibië het ’n teleurstellende Afrikabeker-veldtog in daardie September gehad, nadat hulle vierde in hul groep geëindig het en net Tanzanië kon klop, en hulle het enkele weke later vier wedstryde teen ’n Zimbabwe A verloor. ’n Toer na Kenia direk ná die Zimbabwiese toer was meer suksesvol, nadat Namibië Kenia in ’n EDI-reeks van vier wedstryde kon klop. Vervolgens het Namibië aan die boonste vlak van Suid-Afrikaanse plaaslike EDI-krieket deelgeneem, die Standard Bank-beker, maar al sy vier wedstryde verloor. Bangladesj het in Januarie 2003 na Namibië getoer, en die vyf-wedstrydreeks met 4–1 gewen.

Die Krieketwêreldbeker 2003 het op 10 Februarie 2003 in Harare afgeskop met Zimbabwe wat Namibië met 86 lopies kon klop.

Terug in Suid-Afrika het Namibië teen Pakistan met 171 lopies verloor, voordat hulle met 55 lopies deur Engeland geklop is, maar goed kon meeding, met Jan-Berrie Burger wat as speler van die wedstryd aangewys is vir sy beurt van 85 wat Namibië amper gehelp het om ’n onwaarskynlike verrassing te behaal. Namibië het toe met 181 lopies teen Indië en 256 lopies teen Australië verloor, die latere kampioen van dié toernooi, destyds die hoogste telling in EDIs, wat later deur ’n Indiese oorwinning oor Bermuda met 257 lopies oortref is. Die toernooi is afgesluit deur ’n nederlaag met 64 lopies teen die mede-kwalifiseerders Nederland.

Ná die Krieketwêreldbeker

In Augustus 2003 het Zimbabwe A na Namibië getoer. Namibië het die eendagreeks met 2–1 gewen, maar albei driedaagse wedstryde verloor. Tydens ’n herbesoek in Zimbabwe die volgende Januarie kon Namibië ’n reeks van vyf EDI-wedstryde teen Zimbabwe A met 4–1 wen; hulle het ook ’n wedstryd teen ’n Zimbabwe o/19 gewen. Bangladesj het in Februarie na Namibië getoer, en al die drie EDI-wedstryde gewen en in die driedaagse wedstryd gelykop gespeel. Vervolgens het Namibië in 2004 vir die IKR Sesnasies-uitdaging na die Verenigde Arabiese Emirate getoer. Namibië eindig derde volgens lopietempo nadat hulle Kanada, Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate verslaan, maar teen Skotland en die Verenigde State verloor het. Namibië het in 2004 twee wedstryde tydens die Internasionale beker teen Kenia en Uganda gespeel, maar albei verloor. Tussen dié twee wedstryde het hulle ’n Afrikanasiestoernooi in Zambië gewen. Later daardie jaar het hulle aan Zimbabwe se nasionale EDI-kompetisie deelgeneem, en as naaswenners geëindig. Terwyl hulle in Zimbabwe was, kon Namibië twee wedstryde teen die nasionale span wen. Dit is toe opgevolg deur ’n besoek van Engeland in Namibië, wat albei wedstryde gewen het.

Zimbabwe A het Namibië in vroeg 2005 weer besoek, maar is in albei EDI-wedstryde geklop. Pakistan A was in April die volgende besoekers, en het al drie EDI-wedstryde gewen en in die driedag-wedstryd gelykop gespeel. Dit is opgevolg deur hul twee plaaslike groepwedstryde tydens die Interkontinentale beker in 2005. Ondanks hul onoorwonne prestasie, ná ’n oorwinning oor Uganda en ’n gelykop teen Kenia, kon hulle nie tot die halfeindrondte vorder nie. Namibië het toe Ierland besoek om aan die IKR-trofee 2005 deel te neem. Namibië eindig sewende nadat hulle Denemarke in hul laaste uitspeelwedstryd kon klop. Terug in Namibië het hulle einde Julie Nieu-Seeland gehuisves, maar albei wedstryde verloor, en met net 29 lopies verloor, nadat hulle 330/6 afgestaan het. In Oktober daardie jaar het hulle die halfeindstryd van die Interkontinentale beker aangebied, alhoewel hulleself nie gekwalifiseer het nie. Terwyl die eindstryd uitgespeel is, het hulle ná hul uitskakeling in twee EDI-wedstryde teen Bermuda gespeel, en albei wedstryde gewen, maar dié wedstryde is deur omstrede voorvalle verdor, nadat die Bermudaanse span die Namibiese span van rassistiese beledigings beskuldig en in die tweede wedstryd die veld verlaat het, toe ’n stormloop van uitsmyters by die laerorde Bermudaanse kolwers ontketen is. Die Namibiese Krieketraad het die aantygings van rassisme ontken.

Vandag

In Maart 2006 het Namibië vir Nepal in ’n uitdagingswedstryd ontmoet om te bepaal wie die agste en laaste kol in die Internasionale beker 2006 sal maak. Dié wedstryd eindig in ’n gelykop, en Namibië het ’n voorsprong in die eerste beurt aangeteken, waarvolgens hulle vir die hooftoernooi gekwalifiseer het. Die hooftoernooi het met ’n beurtnederlaag teen Skotland in Aberdeen afgeskop, voordat hulle in Dublin met 5 paaltjies deur Ierland verslaan is; albei wedstryde is in Mei gespeel. Tydens die Suid-Afrikaanse krieketseisoen 2006-07 het Namibië aan die tweede vlak van eersterangse en A-lys-krieket deelgeneem, die Suid-Afrikaanse Lugdiens-uitdaging. Namibië het tweede in hul groep van die driedaagse toernooi geëindig en eindig derde in hul groep van die EDI-toernooi, en het die halfeindstryd met net een oorwinning misgeloop. Te midde van die wedstryde in dié toernooi het hulle hul derde en laaste 2006-Interkontinentale bekerwedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate gespeel en met een beurt gewen. Op 1 April 2007 het hulle by die IKR se Hoëprestasieprogram aangesluit. Namibië het nie vir die Krieketwêreldbeker 2007 gekwalifiseer nie.

In November/Desember 2007 het Namibië die afdeling twee van die Wêreldkrieketliga gehuisves, waartydens hulle teen Argentinië, Denemarke, Oman, die Verenigde Arabiese Emirate en Uganda te staan gekom het. Alhoewel Namibië drie van sy vyf groepwedstryde gewen het, kon hulle nie tot die eindstryd vorder nie. Namibië het Denemarke in die uitspeelwedstryd om die derde plek verslaan. Op grond van hul afsluiting onder die beste vier spanne in dié toernooi het Namibië tot die wêreldbekerkwalifisering in 2009 gevorder, die laaste kwalifiseringstoernooi vir die Krieketwêreldbeker 2011, maar kon nie vir die hooftoernooi kwalifiseer nie.

Namibië het tussen Oktober 2007 en Februarie 2008 weer aan die tweede vlak van die Suid-Afrikaanse plaaslike EDI-krieket deelgeneem. Namibië het tydens die Interkontinentale beker 2007-08 in Oktober 2007 ’n wedstryd teen Kanada gespeel; en die oorblywende wedstryde teen Bermuda, Ierland, Kenia, Nederland, Skotland en die VAE is in 2008 gespeel.

Namibië het die Interkontinentale skild 2009–10 gewen nadat hulle die Verenigde Arabiese Emirate met ses paaltjies in Doebai verslaan het. In 2011 het Namibië aan die tweede vlak van die afdeling twee van die Wêreldkrieketliga deelgeneem en as naaswenners geëindig, dié keer net na die VAE.

In Julie 2011 het Namibië aan die T20-Wêreldkrieketliga se Afrika-afdeling een in Uganda deelgeneem en al sy agt groepwedstryde gewen, voordat hulle deur Uganda in die eindstryd met ses paaltjies verslaan is. Tydens dié toernooi het die veelsydige Louis van der Westhuizen 16 grenshoue in ’n beurt van 159*, as deel van ’n spantotaal van 262/1 in 20 beurte, teen Kenia aangeteken. Namibië het nie vir die Krieketwêreldbeker 2015 gekwalifiseer nie.

In Desember 2017 het Namibië vir die eerste keer die eindstryd van die Suid-Afrikaanse provinsiale EDI-uitdaging bereik. In Februarie 2018 het Namibië die Wêreldkrieketliga se tweede afdeling met Namibië, Kenia, die Verenigde Arabiese Emirate, Nepal, Kanada en Oman gehuisves, ’n uitspeelrondte ter voorbereiding vir die Krieketwêreldbeker 2019-kwalifikasie van 2018 in Zimbabwe, waartydens om die laaste twee plekke meegeding is; hulle het egter nie vir die hooftoernooi gekwalifiseer nie. Die Namibiese krieketspan het in 2019 vir die T20-wêreldbeker 2020 in Australië gekwalifiseer.

Wêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
1975 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1979 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1983 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1987 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1992 Nie in aanmerking nie – nie ’n IKR-lid nie
1996 Nie gekwalifiseer nie
1999 Nie gekwalifiseer nie
2003 Groepfase: 14/14
2007 Nie gekwalifiseer nie
2011 Nie gekwalifiseer nie
2015 Nie gekwalifiseer nie
2019 Nie gekwalifiseer nie
2023 N.v.t.

T20-wêreldbekerkwalifisering

Jaar Uitslag
2012 3de plek
2013 10de plek
2015 7de plek

T20-wêreldbeker

  • 2021
  1. (en) . Internasionale Krieketraad.
  2. (en) . ESPNcricinfo.
  3. (en) . ESPNcricinfo.
  4. (en) . ESPNcricinfo.
  5. (en) . ESPNcricinfo.
  6. (en) . Cricket Uganda. vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019. Besoek op25 Februarie 2020.
  7. (en) . CricketArchive. vanaf die oorspronklike op 30 April 2019.
  8. (en) . ICC Europe Media Release. Europese Krieketraad. 20 Desember 2006. Geargiveer vanaf op 27 September 2007.
  9. (en) . ESPNcricinfo. vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op25 Februarie 2020.
  10. (en) . ESPNcricinfo. 27 Desember 2019. vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  11. (en) . Internasionale Krieketraad. 26 April 2018. vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op25 Februarie 2020.
  12. (en) . Internasionale Krieketraad. 15 Februarie 2020. vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  13. (en) . Internasionale Krieketraad. 15 Februarie 2020. vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  14. (en) op Wayback Machine
  15. (en) . Cricket Archive. 15 Julie 2001. vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2016. Besoek op25 Februarie 2020.
  16. (en) . Cricket Archive. vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016.
  17. (en) . CricketEurope. Geargiveer vanaf op 12 Junie 2012.
  18. (en) . Cricket Archive. Geargiveer vanaf op 5 November 2013.
  19. (en) . Cricket Archive. Geargiveer vanaf op 5 November 2013.
  20. (en) . Cricket Archive. vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016.
  21. (en) . Cricket Archive. Geargiveer vanaf op 5 November 2013.
  22. (en) . Cricket Archive. 10 Februarie 2003. vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op25 Februarie 2020.
  23. (en) . Cricket Archive. 16 Februarie 2003. vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op25 Februarie 2020.
  24. (en) . Cricket Archive. 19 Februarie 2003. vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op25 Februarie 2020.
  25. (en) . Cricket Archive. 23 Februarie 2003. vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op25 Februarie 2020.
  26. (en) . Cricket Archive. 27 Februarie 2003. vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2016. Besoek op25 Februarie 2020.
  27. (en) . ESPNcricinfo. vanaf die oorspronklike op 18 November 2019. Besoek op25 Februarie 2020.
  28. (en) . Cricket Archive. 3 Maart 2003. vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op25 Februarie 2020.
  29. (en) . Cricket Archive. Geargiveer vanaf op 5 November 2013.
  30. (en) . Cricket Archive. Geargiveer vanaf op 5 November 2013.
  31. (en) . Cricket Archive. Geargiveer vanaf op 5 November 2013.
  32. (en) . CricketEurope. Geargiveer vanaf op 30 Maart 2012.
  33. (en) . CricketEurope. Geargiveer vanaf op 25 Februarie 2013. Besoek op21 Januarie 2020.
  34. (en) . ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf op 5 Maart 2006. Besoek op21 Januarie 2020.
  35. (en) . Cricket Archive. vanaf die oorspronklike op 9 April 2016.
  36. (en) . Cricket Archive. Geargiveer vanaf op 5 November 2013.
  37. (en) . Cricket Archive. Geargiveer vanaf op 5 November 2013.
  38. (en) . Cricket Archive. Geargiveer vanaf op 5 November 2013.
  39. (en) . Cricket Archive. Geargiveer vanaf op 5 November 2013.
  40. (en) . CricketEurope. Geargiveer vanaf op 2 Februarie 2014.
  41. (en) . Cricket Archive. 11 Julie 2005. vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2019. Besoek op25 Februarie 2020.
  42. (en) . Cricket Archive. Geargiveer vanaf op 5 November 2013.
  43. (en) . Cricket Archive. 30 Julie 2005. vanaf die oorspronklike op 23 November 2016. Besoek op25 Februarie 2020.
  44. (en) . ESPNcricinfo. 30 Oktober 2005. vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  45. (en) . ESPNcricinfo. 4 November 2005. vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op25 Februarie 2020.
  46. (en) . CricketEurope. Geargiveer vanaf op 24 Februarie 2013. Besoek op21 Januarie 2020.
  47. (en) . Cricket Archive. vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016.
  48. (en) . Cricket Archive. vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016.
  49. (en) Andrew Nixon (29 Junie 2007). . CricketEurope. Geargiveer vanaf op 4 Maart 2016.
  50. (en) . Geargiveer vanaf op 14 Februarie 2014. Besoek op21 Julie 2007.
  51. (en) . Geargiveer vanaf op 29 September 2012. Besoek op10 Mei 2011.
  52. (en) . Geargiveer vanaf op 1 Februarie 2014. Besoek op10 Mei 2011.
  53. (en) . Geargiveer vanaf op 7 Januarie 2010. Besoek op14 Maart 2012.
  54. (en) Helge Schütz (19 Desember 2017). . The Namibian. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op25 Februarie 2020.
  • (en)

Publikasie datum: September 28, 2021

namibiese, nasionale, krieketspan, bynaam, arende, verteenwoordig, namibië, spel, krieket, word, geadministreer, deur, namibiese, krieketraad, bekend, cricket, namibia, engels, namibië, sedert, 1992, assosiaatlid, internasionale, krieketraad, 2007, hoëprestasi. Die Namibiese nasionale krieketspan met die bynaam die Arende 6 verteenwoordig Namibie in die spel van krieket en word geadministreer deur die Namibiese Krieketraad ook bekend as Cricket Namibia in Engels Namibie is sedert 1992 n assosiaatlid van die Internasionale Krieketraad IKR 7 en het in 2007 by die Hoeprestasieprogram aangesluit 8 Namibie het aan die Krieketwereldbeker 2003 in Suid Afrika deelgeneem maar al sy wedstryde verloor 9 Hulle het tot dusver aan elke Interkontinentale Bekertoernooi deelgeneem Saam met Kenia is Namibie tradisioneel een van die sterker Afrika nasionale krieketspanne na die toetsnasies Suid Afrika en Zimbabwe NamibieKenteken van die Namibiese nasionale krieketspanBynaamArendeKonferensieNamibiese KrieketraadPersoneelEDI kapteinGerhard ErasmusT20I kapteinGerhard ErasmusAfrigterPierre de BruynInternasionale KrieketraadIKR statusAssosiaatlid met EDI status 1992 IKR streekAKV Afrika IKR ranglys Tans 1 Beste rang tot dusverEDI17de15de op 9 Januarie 2020 T20I19de15de op 10 Oktober 2019 Internasionale eendagwedstrydeEerste EDIt Zimbabwe op Harare Sportklub Harare 10 Februarie 2003Laaste EDIt Verenigde Arabiese Emirate op Al Amerat krieketstadion Al Amarat 9 Januarie 2020EDIs Gespeel Gewen VerloorTotaal 2 145 9 0 gelykop 0 geen uitslag Vanjaar 3 31 2 0 gelykop 0 geen uitslag verskynings tydens wereldbeker toernooie1 eerste in 2003 Beste uitslagGroepfase in 2003 verskynings tydens wereldbeker kwalifiserings6 eerste in 1994 Beste uitslagNaaswenner in 2001 Twintig20sEerste T20It Ghana op Kyambogo krieketovaal Kampala 20 Mei 2019Laaste T20It Ierland op Doebai Internasionale Krieketstadion Doebai 2 November 2019T20Is Gespeel Gewen VerloorTotaal 4 1612 4 0 onbeslis 0 geen uitslag Vanjaar 5 00 0 0 onbeslis 0 geen uitslag Verskynings by T20 wereldbeker kwalifiserings3 eerste in 2012 Beste uitslagDerde plek in 2012 EDI en T20I klere In onlangse jare het Namibiese krieket n sterk vordering gesien veral danksy die groot invloed van die krieketnasie Suid Afrika Krieket is waarskynlik deur Suid Afrika na die destydse mandaatgebied Suidwes Afrika gebring en het daar gewildheid onder die bevolking verwerf veral in die suide van die land en rondom Windhoek maar ook Namibie se nabyheid aan Suid Afrika het gehelp om die spel in Namibie te laat ontwikkel Namibie word tans as tweede beste span in Afrika na die Suid Afrikaanse Proteas en nog voor die toetsnasie Zimbabwe beskou 10 Vername Namibiese krieketspelers sluit in Neil Rossouw en Pieter Rossouw In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle Twintig20 status toe te ken Vervolgens sal elke T20 wedstryd wat Namibie na 1 Januarie 2019 teen ander IKR lede speel as volle T20I erken word 11 Namibie is tans 25 Februarie 2020 17de op die eendagranglys en 19de op die Twintig20 wereldranglys 12 13 Inhoud 1 Geskiedenis 1 1 Beginjare 1 2 Krieketwereldbeker 2003 1 3 Na die Krieketwereldbeker 1 4 Vandag 2 Rekords 2 1 Wereldbekerrekord 2 2 T20 wereldbekerkwalifisering 2 3 T20 wereldbeker 3 Sien ook 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigBeginjare Wysig Met die Suid Afrikaanse oorname van die destydse Duits Suidwes Afrika tydens die Suidwes Afrika veldtog van die Eerste Wereldoorlog is die spel krieket na die huidige Namibie gebring Die eerste amptelike krieketwedstryd in die destydse Suidwes Afrika is in 1915 tussen Suid Afrikaanse soldate en n plaaslike span uit Otjiwarongo gespeel As gevolg van die Suid Afrikaanse besetting het krieket tot n professionele sport begin ontwikkel In 1958 is die eerste internasionale wedstryde teen Suid Afrika gespeel Teen 1960 is die Suidwes Afrikaanse Krieketunie gestig Tussen 1962 en 1989 is 130 wedstryde teen die Suid Afrikaanse provinsies gespeel waarvan Suidwes Afrika 31 gewen het In 1989 is die Namibiese Krieketraad amptelik gestig 14 Op die Namibiese Onafhanklikheidsdag 21 Maart 1990 en die daaropvolgende dae het Gloucestershire teen die eerste saamgestelde Namibiese nasionale krieketspan gespeel wat Namibie drie keer kon wen Namibie het ook die volgende wedstryde teen Nederland gewen Die Namibiese Krieketraad het in 1990 1992 by die Internasionale Krieketraad aangesluit Die span kon egter nie vir die Krieketwereldbeker in 1992 kwalifiseer nie omdat hulle te laat onafhanklikheid verkry het Namibie het in 1994 sy eerste deur die IKR erkende wedstryde tydens internasionale toernooie gespeel Hulle kon tydens hul eerste toernooi die IKR trofee in Kenia in 1994 hul eerste trofee wen die Philip Snow trofee Drie jaar later het die Namibiese span egter in Maleisie teleurgesteld Namibie het in 1994 vir die eerste keer aan n kwalifikasie vir n krieketwereldbekertoernooi deelgeneem maar net die negende plek behaal te min om vir die Krieketwereldbeker 1996 te kwalifiseer Namibie het ook die volgende Krieketwereldbeker 1999 misgeloop Krieketwereldbeker 2003 Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Krieketwereldbeker 2003 Die pad tot die Krieketwereldbeker 2003 in Suid Afrika het met die 2001 se IKR trofee in Kanada begin Namibie het die eindstryd in Toronto gemaak maar teen Nederland verloor as naaswenner het hulle daarin geslaag om vir hul eerste krieketwereldbekertoernooi te kwalifiseer 15 Namibie het toe die IKR Sesnasies uitdaging in April 2002 gehuisves en vierde geeindig 16 Namibie het n teleurstellende Afrikabeker veldtog in daardie September gehad nadat hulle vierde in hul groep geeindig het en net Tanzanie kon klop 17 en hulle het enkele weke later vier wedstryde teen n Zimbabwe A verloor 18 n Toer na Kenia direk na die Zimbabwiese toer was meer suksesvol nadat Namibie Kenia in n EDI reeks van vier wedstryde kon klop 19 Vervolgens het Namibie aan die boonste vlak van Suid Afrikaanse plaaslike EDI krieket deelgeneem die Standard Bank beker maar al sy vier wedstryde verloor 20 Bangladesj het in Januarie 2003 na Namibie getoer en die vyf wedstrydreeks met 4 1 gewen 21 Die Krieketwereldbeker 2003 het op 10 Februarie 2003 in Harare afgeskop met Zimbabwe wat Namibie met 86 lopies kon klop 22 Terug in Suid Afrika het Namibie teen Pakistan met 171 lopies verloor 23 voordat hulle met 55 lopies deur Engeland geklop is maar goed kon meeding met Jan Berrie Burger wat as speler van die wedstryd aangewys is vir sy beurt van 85 wat Namibie amper gehelp het om n onwaarskynlike verrassing te behaal 24 Namibie het toe met 181 lopies teen Indie 25 en 256 lopies teen Australie verloor 26 die latere kampioen van die toernooi 9 destyds die hoogste telling in EDIs wat later deur n Indiese oorwinning oor Bermuda met 257 lopies oortref is 27 Die toernooi is afgesluit deur n nederlaag met 64 lopies teen die mede kwalifiseerders Nederland 28 Na die Krieketwereldbeker Wysig In Augustus 2003 het Zimbabwe A na Namibie getoer Namibie het die eendagreeks met 2 1 gewen maar albei driedaagse wedstryde verloor 29 Tydens n herbesoek in Zimbabwe die volgende Januarie kon Namibie n reeks van vyf EDI wedstryde teen Zimbabwe A met 4 1 wen hulle het ook n wedstryd teen n Zimbabwe o 19 gewen 30 Bangladesj het in Februarie na Namibie getoer en al die drie EDI wedstryde gewen en in die driedaagse wedstryd gelykop gespeel 31 Vervolgens het Namibie in 2004 vir die IKR Sesnasies uitdaging na die Verenigde Arabiese Emirate getoer Namibie eindig derde volgens lopietempo nadat hulle Kanada Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate verslaan maar teen Skotland en die Verenigde State verloor het 32 Namibie het in 2004 twee wedstryde tydens die Internasionale beker teen Kenia en Uganda gespeel maar albei verloor 33 Tussen die twee wedstryde het hulle n Afrikanasiestoernooi in Zambie gewen 34 Later daardie jaar het hulle aan Zimbabwe se nasionale EDI kompetisie deelgeneem en as naaswenners geeindig 35 Terwyl hulle in Zimbabwe was kon Namibie twee wedstryde teen die nasionale span wen 36 Dit is toe opgevolg deur n besoek van Engeland in Namibie wat albei wedstryde gewen het 37 Zimbabwe A het Namibie in vroeg 2005 weer besoek maar is in albei EDI wedstryde geklop 38 Pakistan A was in April die volgende besoekers en het al drie EDI wedstryde gewen en in die driedag wedstryd gelykop gespeel 39 Dit is opgevolg deur hul twee plaaslike groepwedstryde tydens die Interkontinentale beker in 2005 Ondanks hul onoorwonne prestasie na n oorwinning oor Uganda en n gelykop teen Kenia kon hulle nie tot die halfeindrondte vorder nie 40 Namibie het toe Ierland besoek om aan die IKR trofee 2005 deel te neem Namibie eindig sewende nadat hulle Denemarke in hul laaste uitspeelwedstryd kon klop 41 Terug in Namibie het hulle einde Julie Nieu Seeland gehuisves maar albei wedstryde verloor 42 en met net 29 lopies verloor nadat hulle 330 6 afgestaan het 43 In Oktober daardie jaar het hulle die halfeindstryd van die Interkontinentale beker aangebied alhoewel hulleself nie gekwalifiseer het nie Terwyl die eindstryd uitgespeel is het hulle na hul uitskakeling in twee EDI wedstryde teen Bermuda gespeel en albei wedstryde gewen maar die wedstryde is deur omstrede voorvalle verdor nadat die Bermudaanse span die Namibiese span van rassistiese beledigings beskuldig en in die tweede wedstryd die veld verlaat het toe n stormloop van uitsmyters by die laerorde Bermudaanse kolwers ontketen is 44 Die Namibiese Krieketraad het die aantygings van rassisme ontken 45 Vandag Wysig In Maart 2006 het Namibie vir Nepal in n uitdagingswedstryd ontmoet om te bepaal wie die agste en laaste kol in die Internasionale beker 2006 sal maak Die wedstryd eindig in n gelykop en Namibie het n voorsprong in die eerste beurt aangeteken waarvolgens hulle vir die hooftoernooi gekwalifiseer het Die hooftoernooi het met n beurtnederlaag teen Skotland in Aberdeen afgeskop voordat hulle in Dublin met 5 paaltjies deur Ierland verslaan is albei wedstryde is in Mei gespeel 46 Tydens die Suid Afrikaanse krieketseisoen 2006 07 het Namibie aan die tweede vlak van eersterangse en A lys krieket deelgeneem die Suid Afrikaanse Lugdiens uitdaging Namibie het tweede in hul groep van die driedaagse toernooi geeindig 47 en eindig derde in hul groep van die EDI toernooi en het die halfeindstryd met net een oorwinning misgeloop 48 Te midde van die wedstryde in die toernooi het hulle hul derde en laaste 2006 Interkontinentale bekerwedstryd teen die Verenigde Arabiese Emirate gespeel en met een beurt gewen 46 Op 1 April 2007 het hulle by die IKR se Hoeprestasieprogram aangesluit 8 Namibie het nie vir die Krieketwereldbeker 2007 gekwalifiseer nie In November Desember 2007 het Namibie die afdeling twee van die Wereldkrieketliga gehuisves waartydens hulle teen Argentinie Denemarke Oman die Verenigde Arabiese Emirate en Uganda te staan gekom het Alhoewel Namibie drie van sy vyf groepwedstryde gewen het kon hulle nie tot die eindstryd vorder nie Namibie het Denemarke in die uitspeelwedstryd om die derde plek verslaan Op grond van hul afsluiting onder die beste vier spanne in die toernooi het Namibie tot die wereldbekerkwalifisering in 2009 gevorder die laaste kwalifiseringstoernooi vir die Krieketwereldbeker 2011 maar kon nie vir die hooftoernooi kwalifiseer nie Namibie het tussen Oktober 2007 en Februarie 2008 weer aan die tweede vlak van die Suid Afrikaanse plaaslike EDI krieket deelgeneem 49 Namibie het tydens die Interkontinentale beker 2007 08 in Oktober 2007 n wedstryd teen Kanada gespeel en die oorblywende wedstryde teen Bermuda Ierland Kenia Nederland Skotland en die VAE is in 2008 gespeel 50 Namibie het die Interkontinentale skild 2009 10 gewen nadat hulle die Verenigde Arabiese Emirate met ses paaltjies in Doebai verslaan het 51 In 2011 het Namibie aan die tweede vlak van die afdeling twee van die Wereldkrieketliga deelgeneem en as naaswenners geeindig die keer net na die VAE 52 In Julie 2011 het Namibie aan die T20 Wereldkrieketliga se Afrika afdeling een in Uganda deelgeneem en al sy agt groepwedstryde gewen voordat hulle deur Uganda in die eindstryd met ses paaltjies verslaan is 53 Tydens die toernooi het die veelsydige Louis van der Westhuizen 16 grenshoue in n beurt van 159 as deel van n spantotaal van 262 1 in 20 beurte teen Kenia aangeteken Namibie het nie vir die Krieketwereldbeker 2015 gekwalifiseer nie In Desember 2017 het Namibie vir die eerste keer die eindstryd van die Suid Afrikaanse provinsiale EDI uitdaging bereik 54 In Februarie 2018 het Namibie die Wereldkrieketliga se tweede afdeling met Namibie Kenia die Verenigde Arabiese Emirate Nepal Kanada en Oman gehuisves n uitspeelrondte ter voorbereiding vir die Krieketwereldbeker 2019 kwalifikasie van 2018 in Zimbabwe waartydens om die laaste twee plekke meegeding is 54 hulle het egter nie vir die hooftoernooi gekwalifiseer nie Die Namibiese krieketspan het in 2019 vir die T20 wereldbeker 2020 in Australie gekwalifiseer Rekords WysigWereldbekerrekord Wysig Jaar Uitslag1975 Nie in aanmerking nie nie n IKR lid nie1979 Nie in aanmerking nie nie n IKR lid nie1983 Nie in aanmerking nie nie n IKR lid nie1987 Nie in aanmerking nie nie n IKR lid nie1992 Nie in aanmerking nie nie n IKR lid nie1996 Nie gekwalifiseer nie1999 Nie gekwalifiseer nie2003 Groepfase 14 142007 Nie gekwalifiseer nie2011 Nie gekwalifiseer nie2015 Nie gekwalifiseer nie2019 Nie gekwalifiseer nie2023 N v t T20 wereldbekerkwalifisering Wysig Jaar Uitslag2012 3de plek2013 10de plek2015 7de plekT20 wereldbeker Wysig 2021Sien ook WysigNamibiese nasionale rugbyspanVerwysings Wysig en ICC Rankings Internasionale Krieketraad en ODI matches Team records ESPNcricinfo en ODI matches 2021 Team records ESPNcricinfo en T20I matches Team records ESPNcricinfo en T20I matches 2021 Team records ESPNcricinfo en ICC T20 World Cup Africa Final Unique Trophy Shoot Leaves Captains In Awe Cricket Uganda Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2019 Besoek op 25 Februarie 2020 en Namibia CricketArchive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2019 8 0 8 1 en Denmark added to ICC High Performance Program ICC Europe Media Release Europese Krieketraad 20 Desember 2006 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2007 9 0 9 1 en Australia rout India to retain World Cup ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018 Besoek op 25 Februarie 2020 en England s gold Australia s fall Pakistan s homecoming ESPNcricinfo 27 Desember 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Januarie 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en All T20 matches between ICC members to get international status Internasionale Krieketraad 26 April 2018 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019 Besoek op 25 Februarie 2020 en Men s ODI Team Rankings Internasionale Krieketraad 15 Februarie 2020 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en Men s T20I Team Rankings Internasionale Krieketraad 15 Februarie 2020 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en History of Cricket Namibia op Wayback Machine en Telkaart van die 2001 se IKR trofee eindstryd Cricket Archive 15 Julie 2001 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2016 Besoek op 25 Februarie 2020 en 2002 ICC 6 Nations Challenge Points Table Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016 en 2002 Africa Cup CricketEurope Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2012 en Namibia in Zimbabwe 2002 03 Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013 en Namibia in Kenya 2002 03 Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013 en Standard Bank Cup 2002 03 Points Table Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016 en Bangladesh in Namibia 2002 03 Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013 en Telkaart van Zimbabwe t Namibie Cricket Archive 10 Februarie 2003 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016 Besoek op 25 Februarie 2020 en Telkaart van Namibie t Pakistan Cricket Archive 16 Februarie 2003 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016 Besoek op 25 Februarie 2020 en Telkaart van Engeland t Namibie Cricket Archive 19 Februarie 2003 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016 Besoek op 25 Februarie 2020 en Telkaart van Indie t Namibie Cricket Archive 23 Februarie 2003 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016 Besoek op 25 Februarie 2020 en Telkaart van Australie t Namibie Cricket Archive 27 Februarie 2003 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Maart 2016 Besoek op 25 Februarie 2020 en ODIs Highest winning margins ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2019 Besoek op 25 Februarie 2020 en Telkaart van Namibie t Nederland Cricket Archive 3 Maart 2003 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016 Besoek op 25 Februarie 2020 en Zimbabwe A in Namibia 2003 04 Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013 en Namibia in Zimbabwe 2003 04 Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013 en Bangladesh in Namibia 2003 04 Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013 en 2004 ICC 6 Nations Challenge CricketEurope Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Maart 2012 en 2004 Intercontinental Cup CricketEurope Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2013 Besoek op 21 Januarie 2020 en Points Table for 2004 African tournament ESPNcricinfo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2006 Besoek op 21 Januarie 2020 en Faithwear Clothing Inter Provincial One Day Competition 2004 05 Points Table Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2016 en Namibia in Zimbabwe 2004 05 Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013 en England in Namibia 2004 05 Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013 en Zimbabwe A in Namibia 2004 05 Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013 en Pakistan A in Namibia 2004 05 Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013 en 2005 ICC Intercontinental Cup CricketEurope Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Februarie 2014 en Telkaart van Denemarke t Namibie Cricket Archive 11 Julie 2005 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2019 Besoek op 25 Februarie 2020 en New Zealand in Namibia 2005 06 Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 November 2013 en Telkaart van Namibie t Nieu Seeland Cricket Archive 30 Julie 2005 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 November 2016 Besoek op 25 Februarie 2020 en Racism rows and a walk off tarnish friendly one dayers ESPNcricinfo 30 Oktober 2005 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 en Bermuda s allegations rejected with contempt ESPNcricinfo 4 November 2005 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020 Besoek op 25 Februarie 2020 46 0 46 1 en 2006 ICC Intercontinental Cup CricketEurope Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2013 Besoek op 21 Januarie 2020 en 2006 07 South African Airways Provincial Three Day Challenge points table Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016 en 2006 07 South African Airways Provincial One Day Challenge points table Cricket Archive Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016 en Andrew Nixon 29 Junie 2007 Namibia to continue in South African provincial cricket CricketEurope Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016 en Geargiveerde kopie Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Februarie 2014 Besoek op 21 Julie 2007 en Geargiveerde kopie Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2012 Besoek op 10 Mei 2011 en Geargiveerde kopie Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2014 Besoek op 10 Mei 2011 en Geargiveerde kopie Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2010 Besoek op 14 Maart 2012 54 0 54 1 en Helge Schutz 19 Desember 2017 Namibia Cricket Year Review The Namibian Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 25 Februarie 2020 Eksterne skakels Wysig en Amptelike webwerfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Namibiese nasionale krieketspan amp ol,