×
Naby-aarde-voorwerp

’n Naby-aarde-voorwerp (NAV) is enige voorwerp in die Sonnestelsel waarvan die wentelbaan naby aan dié van die Aarde kom. Per definisie is alle NAV's se kleinste afstand van die Son af (hul perihelium) minder as 1,3 astronomiese eenhede (AE). Dit sluit in 13 000 naby-aarde-asteroïdes, meer as 100 naby-aarde-komete en verskeie ruimtetuie en meteoroïdes wat groot genoeg is om in die ruimte op te spoor voordat dit die Aarde tref.

Die naby-aarde-voorwerp 433 Eros, wat in 2000 deur die tuig NEAR Shoemaker besoek en op ’n afstand van 200 km van sy middelpunt af gefotografeer is.

Daar word nou aanvaar botsings in die verlede het ’n groot rol gespeel in die vorming van die Aarde se geologiese en biologiese geskiedenis. NAV's het sedert die 1980's van toenemende belang geword vanweë ’n groter bewustheid van die moontlike gevaar wat sommige asteroïdes en komete vir die Aarde inhou. In Januarie 2016 het Nasa bekendgemaak dat ’n liggaam, die Planetary Defense Coordination Office, gestig is om NAV's groter as 30 tot 50 meter in deursnee op te spoor en ’n doeltreffende beskermingsplan op te stel.

NAV's het wentelbane van tussen 0,983 en 1,3 AE van die Son af. Wanneer ’n NAV waargeneem word, word dit onder die aandag van die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) se Kleinplaneetsentrum gebring om te katalogiseer. Sommige NAV's se wentelbane kruis die Aarde s’n en hou dus ’n gevaar in.

Komete 0.8%
Atiras/Apohele 0.1%
Atens 7.2%
Apollo's 53.5%
Amors 38.4%
Subgroepe NAV's

’n Botsing met enige NAV met ’n deursnee van meer as ’n kilometer kan katastrofies wees. In Junie 2015 was daar 872 sulke NAV's bekend, waarvan 153 moontlike gevaar inhou. In 2006 is geraam 20% van dié soort voorwerpe is nog nie ontdek nie. ’n Meer positiewe raming is dat 93% van NAV's groter as 1 km gevind is en net sowat 70 nog ontdek moet word. Mindere kennis bestaan oor kleiner voorwerpe, wat steeds grootskaalse skade kan aanrig.

Die bedreiging van moontlik gevaarlike voorwerpe (MGV's) word gemeet aan hoe naby hulle aan die Aarde kan kom. Voorwerpe wat tot 0,05 AE of minder van die Aarde se wentelbaan kan kom en ’n absolute magnitude (H) van 22 of hoër het (’n rowwe aanduiding van die grootte) word as MGV' beskou. Voorwerpe wat nie nader as dit van die Aarde kan kom nie of ’n kleiner deursnee as sowat 150 m het, word nie as gevaarlik beskou nie. Nasa se katalogus van naby-aarde-voorwerpe sluit ook hul afstand in maanafstande in, en dit word dikwels in die media gebruik as ’n algemene maateenheid wanneer oor dié voorwerpe berig word.

Sommige NAV's wat nie groot gevaar inhou nie is van besondere belang omdat hulle maklik verken kan word. In 2012 het ruimtetuie al drie NAV's besoek: 433 Eros deur Nasa se Near Earth Asteroid Rendezvous-tuig, 25143 Itokawa deur die Hayabusa-sending en 4179 Toutatis deur die Chinese Ruimteagentskap se Chang'e 2-tuig.

Inhoud

’n 2013-voorstelling van die wentelbane van moontlik gevaarlike asteroïdes (met ’n grootte van meer as 140 meter en ’n afstand van minder as 7,6×106 km van die Aarde se wentelbaan af).

Daar is twee skemas vir die wetenskaplike klassifikasie van moontlik gevaarlike NAV's:

  • Die Torinoskaal
  • Die ingewikkelder Palermoskaal

Op 24 Desember 2004 is aan die kleinplaneet 99942 Apophis (destyds bekend as2004 MN4) ’n 4 toegeken op die Torinoskaal, die hoogste toekenning nog. Daar was ’n kans van 2,7% dat dit die Aarde op 13 April 2029 sou tref. Op 28 Desember 2004 is die toekenning na 0 afgebring vir 2029, maar die toekomstige impakmoontlikheid was steeds 1. Die 2036-risiko is in Augustus 2006 ook afgebring na 0. Daar is geen moontlikheid dat Apophis die Aarde voor 2060 sal tref nie.

’n NAV met ’n risikofaktor van groter as 1 op die Palermoskaal was (29075) 1950 DA, maar ná verdere waarnemings is die toekenning afgebring na-1,81.

Nasa het ook ’n lys van die gevaarlikste NAV's in die volgende 100 jaar. Al die voorwerpe, of die meeste daarvan, sal waarskynlik van die lys af verdwyn met verdere waarnemings en dus meer akkurate voorspellings van hul wentelbaan. Die lys sluit nie (29075) 1950 DA in nie, want dit sal nie die Aarde binne die volgende 800 jaar tref nie.

NAV's word geklassifiseer as meteoroïdes, asteroïdes of komete na gelang van hul grootte en samestelling. Asteroïdes kan ook deel van ’n asteroïdefamilie wees, en komete kan strepe meteoroïdes agterlaat wat meteoorreëns kan veroorsaak.

Teen Junie 2015 was 12 849 NAV's ontdek: 104 komete en 12 745 asteroïdes. Van hulle is 934 Aten-asteroïdes, 4 892 Amor-asteroïdes en 6 904 Apollo-asteroïdes (sien onder). Daar is 1 595 NAV's wat geklassifiseer is as moontlik gevaarlike asteroïdes (MGA's). Tans het 153 MGA's en 872 NAV's ’n absolute magnitude van 17,75 of helderder, wat dui op ’n deursnee van rofweg 1 km.

In dié tyd was daar 586 NAV's op die impakrisikobladsy op Nasa se webtuiste. Taamlik baie van hulle is 50 meter in deursnee of kleiner, en nie een van die gelyste voorwerpe is in die "groen/geel sone" (Torinoskaal 1-2) nie, wat beteken hulle regverdig nie die publiek se aandag nie. Die JPL-kleinliggaamdatabasis lys 2 360 naby-aarde-asteroïdes met ’n absolute magnitude van dowwer as 25 (rofweg 50 meter in deursnee).

Naby-aarde-asteroïdes wat kleiner as ~1 meter is, is naby-aarde-meteoroïdes. Hulle word op die meeste asteroïdetabelle as asteroïdes gelys. Die kleinste naby-aarde-meteoroïde is2008 TS26, met ’n absolute magnitude van 33 en ’n geraamde deursnee van net 1 meter.

Naby-aarde-asteroïdes

Naby-aarde-asteroïdes volgens grootte.
Klassifikasie van naby-aarde-asteroïdes.

Dit is voorwerpe in ’n wentelbaan na aan die Aarde sonder die koma, of stert, van ’n komeet. In Junie 2015 was 12 745 naby-aarde-asteroïdes bekend, wat gewissel het van 1 m tot ~32 km in deursnee (1036 Ganymed). Daar is na raming 981 wat ’n deursnee van meer as 1 km het, waarvan meer as 90% al ontdek is, en sowat ’n miljoen van sowat 40 m breed, waarvan sowat 1% ontdek is.

Die samestelling van naby-aarde-asteroïdes is min of meer dieselfde as dié in die Asteroïdegordel, dus van ’n verskeidenheid spektraaltipes. Naby-aarde-asteroïdes oorleef net ’n paar miljoen jaar in hul wentelbaan. Hulle word eindelik uit die weg geruim deur planeetversteurings, wat veroorsaak dat hulle óf uit die Sonnestelsel gewerp word óf teen die Son of ’n planeet bots. Die getal asteroïdes wat naby die Aarde waargeneem word, kan verduidelik word aan die hand van die feit dat nuwe asteroïdes voortdurend in naby-aarde-wentelbane inbeweeg. Hul aanvaarde oorsprong is die Asteroïdegordel, van waar hulle na die binneste Sonnestelsel beweeg omdat hul wentelresonansie met Jupiter hul wentelbane versteur. Die Asteroïdegordel het gapings, bekend as Kirkwood-gapings, wat ontstaan deur asteroïdes wat in ander wentelbane geskuif word. Nuwe asteroïdes beweeg dan in die gapings in en dit veroorsaak ’n voortdurende toename in naby-aarde-asteroïdes. ’n Klein aantal NAV's is uitgedoofde komete wat hul vlambare oppervlakmateriaal verloor het.

Die asteroïde met die grootste bekende kans om die Aarde te tref (1 uit 16; op 5 September 2095) is2010 RF12. Vanweë sy deursnee van sowat 7 m sal hy waarskynlik nie groot skade aanrig nie.

Naby-aarde-asteroïdes word geklassifiseer volgens hul semi-hoofas (a), perihelium (q; kleinste afstand van die Son af) en afelium (Q, grootste afstand van die Son af):

  • Die Atiras of Apohele het wentelbane wat streng binne dié van die Aarde bly: ’n Atira se afelium (Q) is kleiner as die Aarde se perihelium (0,983 AE). Dus is Q < 0,983 AE. (Dit dui daarop dat die asteroïde se semi-hoofas ook minder as 0,983 AE is.)
  • Die Atens het ’n semi-hoofas van minder as 1 AE en kruis die Aarde se wentelbaan. Dus is a < 1 AE en Q > 0,983 AE.
  • Die Apollo's het ’n semi-hoofas van meer as 1 AE en kruis die Aarde se wentelbaan. Dus is a > 1 AE en q < 1,017 AE (1,017 AE is die Aarde se afelium.)
  • Die Amors se wentelbane lê streng buite dié van die Aarde. Dus is q > 1,017 AE. Amors is ook NAV's en dus is q < 1,3 AE. Dus is 1,017 AE < q < 1,3 AE. (Dit dui daarop dat Amors se semi-hoofas ook groter as 1,017 AE is.) Sommige Amors kruis Mars se wentelbaan.

Atiras en Amors kruis dus nie die Aarde se wentelbaan nie en hou nie onmiddellike impakgevaar in nie, maar hul wentelbane kan verander en in die toekoms die Aarde se wentelbaan kruis.

Naby-aarde-komete

In Februarie 2015 was 96 naby-aarde-komete ontdek. Hoewel daar geen bevestigde geval van ’n komeetbotsing met die Aarde is nie, kon die Toengoeska-voorval veroorsaak gewees het deur ’n fragment van Komeet Encke. Brokstukke van komete kon ook verantwoordelik gewees het vir sommige botsings deur naby-aarde-voorwerpe. Komete beweeg selde nader as 0,1 AE (15 000 000 km) by die Aarde verby.

Asteroïdes met ’n deursnee van 4 m tref die Aarde sowat een keer per jaar. Dié met ’n deursnee van sowat 7 m kom die atmosfeer omtrent elke vyf jaar binne met min of meer dieselfde hoeveelheid energie as die atoombom op Hirosjima: sowat 15 kiloton TNT. Hulle ontplof gewoonlik in die boonste atmosfeer en die materiaal verdamp. Elke 2 000 tot 3 000 jaar is daar ’n ontploffing van sowat 10 megaton, soortgelyk aan die een wat die Toengoeska-voorval veroorsaak het. Voorwerpe met ’n deursnee van ’n kilometer tref die Aarde gemiddeld twee keer in ’n miljoen jaar. Groot botsings met voorwerpe van 5 km vind sowat elke 20 miljoen jaar plaas.

As ’n mens aanneem dié patroon sal vir die volgende miljard jaar voortduur, sal minstens 2 000 voorwerpe met ’n deursnee van meer as 1 km die Aarde in dié tyd tref. Die meeste is tans in ’n wentelbaan tussen Mars en Jupiter, maar hul wentelbane sal mettertyd verander en dan sal hulle naby-aarde-voorwerpe word. Voorwerpe is gewoonlik ’n paar miljoen jaar ’n NAV voordat dit die Son tref, uit die Sonnestelsel gewerp word of ’n planeet tref (’n klein getal).

Die frekwensie van klein asteroïdes van sowat 1 tot 20 m in deursnee wat die Aarde se atmosfeer tref.

Op 10 Augustus 1972 is ’n vuurbal deur baie mense waargeneem terwyl dit in ’n noordelike rigting oor die Rotsgebergte in Amerika getrek het. Dit was ’n Aardskeerder-meteoor wat binne 57 km van die Aarde se oppervlak af was. ’n Toeris het dit op video vasgelê.

Op 23 Maart 1989 het die 300 m breë Apollo-asteroïde 4581 Asclepius (1989 FC) die Aarde met 700 000 km gemis toe dit op die presiese plek verbybeweeg het waar die planeet ses uur tevore was. As dit ons getref het, sou dit die grootste botsing in die opgetekende geskiedenis veroorsaak het – 12 keer so kragtig as die Tsaar Bomba, die kragtigste kernbom wat nog ontplof het. Dit het groot aandag getrek omdat dit volgens vroeë ramings tot 64 000 km van die Aarde sou kon gekom het, met die moontlikheid dat dit die Aarde kon tref.

Die verbyvlug van die asteroïde 2004 FH (die middelste kol). Die verbyflitsende voorwerp onder is ’n kunsmatige satelliet.

Op 13 Oktober 1990 is die Aardskeerder-meteoroïed EN131090 bo Pole en die destydse Tsjeggo-Slowakye waargeneem. Dit het teen sowat 41,74 km/s oor ’n baan van 409 km van suid na noord beweeg. Sy naaste afstand van die Aarde af was 98,67 km. Dit is deur twee kameras van die Europese Vuurbalnetwerk vasgelê, wat geometriese metings van die wentelbaan van so ’n voorwerp vir die eerste keer moontlik gemaak het.

Op 18 Maart 2004 het LINEAR aangekondig dat ’n asteroïde van 30 m, 2004 FH, daardie dag sowat 42 600 km van die Aarde af sou verbybeweeg; dit is maar ’n tiende van die afstand tussen die Aarde en die Maan en die naaste wat ’n asteroïde sover bekend aan die Aarde gekom het. Hulle het geraam asteroïdes van dié grootte kom sowat elke twee jaar so naby aan ons planeet.

Op 31 Maart 2004, twee weke ná 2004 FH, het2004 FU162 ’n nuwe rekord vir die naaste asteroïde opgestel: dit het net 6 500 km van die Aarde af verbybeweeg (sowat ’n sesde van die afstand na die Maan). Omdat dit baie klein was (6 m in deursnee), is dit eers ’n paar uur voor sy naaste afstand aan die Aarde opgemerk. As dit die atmosfeer sou binnedring, sou dit waarskynlik gedisintegreer het.

Op 2 Maart 2009 het die naby-aarde-asteroïde2009 DD45 sowat 72 000 km van die Aarde af verbybeweeg. Die geraamde deursnee was sowat 35 m.

Op 13 Januarie 2010 het die asteroïde2010 AL30 op ’n afstand van sowat 122 000 km verby die Aarde beweeg. Dit was sowat 10-15 m breed. As dit die atmosfeer sou binnedring, sou dit ’n ontploffing soortgelyk aan dié van tussen 50 en 100 kiloton TNT veroorsaak het. Die Hirosjima-atoombom was tussen 13 en 18 kiloton.

Op 28 Junie 2011 het die asteroïde 2011 MD, van tussen sowat 5 en 20 m in deursnee, omtrent 20 000 km van die Aarde af oor die Atlantiese Oseaan getrek.

Op 8 November 2011 het(308635) 2005 YU55 (van sowat 400 m in deursnee) binne 324 600 km (0,85 maanafstande) van die Aarde af verbybeweeg. Tien weke later, op 27 Januarie 2012, het die 10 m breë asteroïde2012 BX34 net 60 000 km van ons af verbygetrek.

Op 15 Februarie 2013 het 367943 Duende (2012 DA14) sowat 27 700 km van die Aarde se oppervlak af verbybeweeg. Dit is nader as satelliete in ’n geosinkroniese wentelbaan. Die asteroïde kon nie met die blote oog gesien word nie.

’n Radarbeeld van die asteroïde 1950 DA.

Hoewel daar ’n paar vals alarms was, is ’n aantal voorwerpe al beskou as ’n bedreiging vir die Aarde.(89959) 2002 NT7 was die eerste asteroïde met ’n positiewe aanduiding op die Palermo-skaal, met ’n moontlikheid van ’n impak van een uit ’n miljoen omstreeks 1 Februarie 2019; dit is nou bekend dat dit op 13 Januarie 2019 op ’n veilige afstand van 0,4078 AE (61 miljoen km) van die Aarde af sal verbytrek.

Die asteroïde (29075) 1950 DA is uit sig verloor nadat dit in 1950 ontdek is. Dit is net 17 dae lank waargeneem – te kort om sy wentelbaan te bepaal. Dit is op 31 Desember 2000 herontdek. Die asteroïde het ’n deursnee van sowat ’n kilometer. Die kans dat dit die Aarde op 16 Maart 2880 sou tref, is bereken op 1 uit 300. Dit is rofweg 50% groter as die gesamentlike kans op ’n impak deur alle ander voorwerpe van ’n soortgelyke grootte tot in 2880. Die volgende dat 1950 DA waargeneem sal word, is in 2032 en dan sal sy wentelbaan met ’n groter sekerheid vasgestel kan word. Bykomende optiese metings het egter die moontlikheid van ’n botsing verminder tot 1 uit 20 000.

Net die asteroïdes 99942 Apophis (aanvanklik bekend as 2004 MN4) en(144898) 2004 VD17 het vir ’n kort ruk ’n bonormale toekenning op die Torino-skaal gehad.

Verskeie "ruimtewag"-projekte word onderneem, insluitende LINEAR, Spacewatch, NEAT, LONEOS, CSS, CINEOS en ADAS. In 1998 het die Amerikaanse Kongres die Spaceguard Survey gelas – die opsporing van 90% van naby-aarde-asteroïdes met ’n groter deursnee as 1 km (wat globale verwoesting kan meebring) teen 2008. In 2005 is dit uitgebrei tot 90% van NAV's met ’n deursnee van 140 m of meer teen 2020.

In 2011 was 911 van die grootste (>1 km in deursnee) naby-aarde-asteroïdes ontdek, met ’n raming dat 70 nog gevind moet word.

Getal ontdekte NAV's met ’n deursnee van 1 km of meer.
Die naby-aarde-asteroïde 433 Eros.

Noemenswaardige voorwerpe sluit in kleinplanete, komete, asteroïdes en meteore wat spesifiek in nuusartikels genoem word.

Naam Notas
433 Eros Geen verbyvlug; die eerste naby-aarde-asteroïde wat ontdek is (in 1898)
Toengoeska-voorval Impak: 1908
(29075) 1950 DA Verbyvlug: 2002
2011 MD Verbyvlug: 2011
367943 Duende Ook bekend as2012 DA14; verbyvlug: 2013
Tsjeljabinsk-meteoor Impak: 2013
2014 EC Verbyvlug: 2014
2014 RC Verbyvlug: 2014
C/2013 UQ4 (Catalina) Verbyvlug: 2014
(357439) 2004 BL86 Verbyvlug: 2015
1036 Ganymed Grootste NAV; verbyvlug: 2024
(137108) 1999 AN10 Verbyvlug: 2027
(153814) 2001 WN5 Verbyvlug: 2028
99942 Apophis Verbyvlug: 2029
2014 UR116 Ook bekend as 2008 XB; verbyvlug: 2014, 2047
2005 WY55 Verbyvlug: 2065
2013 UG1 Verbyvlug: 2065
Komeet Swift-Tuttle Verbyvlug: 2126
(86039) 1999 NC43 Verbyvlug: 2173
(153201) 2000 WO107 Verbyvlug: 2140
2001 AV43 Verbyvlug: 1946, 2013, 2029
(341843) 2008 EV5 8,4 maanafstande van die Aarde af op 23 Desember 2008
(391211) 2006 HZ51
  1. (in Engels). NASA/JPL Near-Earth Object Program Office. vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2017. Besoek op4 Junie 2012.
  2. Richard Monastersky (1 Maart 1997). (in Engels). Science News Online. Geargiveer vanaf op 23 April 2013. Besoek op23 Oktober 2007.
  3. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op6 November 2013.
  4. (in Engels). extremetech.com. vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019. Besoek op14 Januarie 2016.
  5. Morbidelli, Alessandro; Bottke Jr., William F.; Froeschlé, Christiane; Michel, Patrick (Januarie 2002). W. F. Bottke Jr.; A. Cellino; P. Paolicchi; R. P. Binzel (reds.). (PDF). Asteroids III. University of Arizona Press: 409–422. Bibcode:.
  6. Clark R. Chapman (Mei 2004). "The hazard of near-Earth asteroid impacts on earth". Earth and Planetary Science Letters. 222 (1): 1–15. Bibcode:. doi:.
  7. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 3 April 2017. Besoek op23 Februarie 2014.
  8. Shiga, David (27 Junie 2006). (in Engels). New Scientist. vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2015. Besoek op15 November 2008.
  9. . NASA/JPL. 2011-09-29. Besoek op2012-05-17.
  10. (in Engels). NASA/JPL Near-Earth Object Program Office. vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2011. Besoek op5 Mei 2011.
  11. 9 April 2017 op Wayback Machine at NASA/JPL Near-Earth Object Program Office
  12. Dan Vergano (2 Februarie 2007). (in Engels). USA Today. vanaf die oorspronklike op 17 April 2012. Besoek op22 Oktober 2007.
  13. Rui Xu; Pingyuan Cui; Dong Qiao; Enjie Luan (18 Maart 2007). "Design and optimization of trajectory to Near-Earth asteroid for sample return mission using gravity assists". Advances in Space Research. 40 (2): 200–225. Bibcode:. doi:.
  14. Donald Savage; Michael Buckley (31 Januarie 2001). (in Engels). National Aeronautics and Space Administration. vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2020. Besoek op22 Oktober 2007.
  15. Don Yeomans (11 Augustus 2005). (in Engels). National Aeronautics and Space Administration. Geargiveer vanaf op 15 Maart 2017. Besoek op22 Oktober 2007.
  16. Emily Lakdawalla. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 8 September 2019. Besoek op6 April 2016.
  17. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 10 April 2017. Besoek op5 Mei 2015.
  18. (in Engels). NASA/JPL Near-Earth Object Program Office. vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2017. Besoek op14 Oktober 2011.
  19. . Geargiveer vanaf op 18 Februarie 2017. Besoek op7 April 2016.
  20. . JPL Small-Body Database. Besoek op2014-02-23.
  21. . Geargiveer vanaf op 9 Julie 2013. Besoek op7 April 2016.
  22. Jane Platt (12 Januarie 2000). (in Engels). National Aeronautics and Space Administration. Geargiveer vanaf op 9 November 2000. Besoek op22 Oktober 2007.
  23. David Rabinowitz; Eleanor Helin; Kenneth Lawrence; Steven Pravdo (13 Januarie 2000). . Nature. 403 (6766): 165–166. Bibcode:. doi:. PMID . Besoek op2007-10-22.
  24. Rusty Schweickart. (in Engels). Geargiveer vanaf op 26 Junie 2015. Besoek op3 Maart 2015.
  25. D.F. Lupishko; T.A. Lupishko (Mei 2001). "On the Origins of Earth-Approaching Asteroids". Solar System Research. 35 (3): 227–233. Bibcode:. doi:.
  26. Kresak, L'. (1978). "The Tunguska object – A fragment of Comet Encke". Astronomical Institutes of Czechoslovakia. Astronomical Institutes of Czechoslovakia. 29: 129. Bibcode:.
  27. (in Engels). Minor Planet Center. vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2017. Besoek op28 Junie 2012.
  28. Robert Marcus; H. Jay Melosh; Gareth Collins (2010). . Imperial College London / Purdue-universiteit. vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op4 Februarie 2013.
  29. Clark R. Chapman; David Morrison (January 6, 1994). "Impacts on the Earth by asteroids and comets: assessing the hazard". Nature. 367 (6458): 33–40. Bibcode:. doi:.
  30. Asher, D. J.; Bailey, M.; Emel'Yanenko, V.; Napier, W. (2005). (PDF). The Observatory. 125 (2): 319–322. Bibcode:.
  31. , YouTube
  32. Brian G. Marsden (29 Maart 1998). (in Engels). The Boston Globe. vanaf die oorspronklike op 20 April 2010. Besoek op23 Oktober 2007.
  33. Borovička, J.; Ceplecha, Z. (April 1992). . Astronomy and Astrophysics. 257 (1): 323–328. Bibcode:. ISSN . Besoek op2015-03-13.
  34. Steven R. Chesley; Paul W. Chodas (17 Maart 2004). (in Engels). Nasa. Geargiveer vanaf op 8 Maart 2017. Besoek op23 Oktober 2007.
  35. . Geargiveer vanaf op 6 Maart 2009. Besoek op9 April 2016.
  36. 16 Januarie 2010 op Wayback Machine. Nasa/JPL Near-Earth Object Program, 12 Januarie 2010.
  37. . NASA Earth Science Picture of the Day, 6 Maart 2010.
  38. (in Engels). Australian Broadcasting Corporation. 28 Junie 2011. vanaf die oorspronklike op 20 Januarie 2012. Besoek op3 Julie 2011.
  39. (in Engels). BBC. 27 Januarie 2012. vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2020. Besoek op28 Januarie 2012.
  40. (2011-09-12 laaste waarneming) (in Engels). vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2020. Besoek op4 November 2011.
  41. Giorgini, J. D.; Ostro, S. J.; Benner, L. A. M.; Chodas, P. W.; Chesley, S. R.; Hudson, R. S.; Nolan, M. C.; Klemola, A. R.; et al. (April 5, 2002). (PDF). Science. 296 (5565): 132–136. Bibcode:. doi:. PMID . Geargiveer vanaf (PDF) op 9 Februarie 2017. Besoek op11 Januarie 2010.
  42. Giorgini, J. D.; Ostro, S. J; Benner, L. A. M.; Chodas, P.W.; Chesley, S.R.; et al. (2002). (PDF). Science. 296 (5565): 132–136. Bibcode:. doi:. PMID . Geargiveer vanaf (PDF) op 9 Februarie 2017. Besoek op9 April 2016.
  43. (in Engels). Nasa/JPL. 19 Augustus 2014. Geargiveer vanaf op 2 April 2017. Besoek op1 Maart 2015.
  44. Russia Today: "" Chart
  45. Busch, Michael W.; Ostro, Steven J.; et al. (April 2011). (PDF). Icarus. 212 (2): 649–660. doi:. Besoek op20 Februarie 2016.

Publikasie datum: September 26, 2021

naby, aarde, voorwerp, enige, voorwerp, sonnestelsel, waarvan, wentelbaan, naby, dié, aarde, definisie, alle, kleinste, afstand, perihelium, minder, astronomiese, eenhede, sluit, naby, aarde, asteroïdes, meer, naby, aarde, komete, verskeie, ruimtetuie, meteoro. n Naby aarde voorwerp NAV is enige voorwerp in die Sonnestelsel waarvan die wentelbaan naby aan die van die Aarde kom Per definisie is alle NAV s se kleinste afstand van die Son af hul perihelium minder as 1 3 astronomiese eenhede AE 1 Dit sluit in 13 000 naby aarde asteroides meer as 100 naby aarde komete en verskeie ruimtetuie en meteoroides wat groot genoeg is om in die ruimte op te spoor voordat dit die Aarde tref Die naby aarde voorwerp 433 Eros wat in 2000 deur die tuig NEAR Shoemaker besoek en op n afstand van 200 km van sy middelpunt af gefotografeer is Daar word nou aanvaar botsings in die verlede het n groot rol gespeel in die vorming van die Aarde se geologiese en biologiese geskiedenis 2 NAV s het sedert die 1980 s van toenemende belang geword vanwee n groter bewustheid van die moontlike gevaar wat sommige asteroides en komete vir die Aarde inhou 3 In Januarie 2016 het Nasa bekendgemaak dat n liggaam die Planetary Defense Coordination Office gestig is om NAV s groter as 30 tot 50 meter in deursnee op te spoor en n doeltreffende beskermingsplan op te stel 4 NAV s het wentelbane van tussen 0 983 en 1 3 AE van die Son af 5 Wanneer n NAV waargeneem word word dit onder die aandag van die Internasionale Astronomiese Unie IAU se Kleinplaneetsentrum gebring om te katalogiseer Sommige NAV s se wentelbane kruis die Aarde s n en hou dus n gevaar in 6 Komete 0 8 Atiras Apohele 0 1 Atens 7 2 Apollo s 53 5 Amors 38 4 Subgroepe NAV s n Botsing met enige NAV met n deursnee van meer as n kilometer kan katastrofies wees In Junie 2015 was daar 872 sulke NAV s bekend waarvan 153 moontlike gevaar inhou 7 In 2006 is geraam 20 van die soort voorwerpe is nog nie ontdek nie 8 n Meer positiewe raming is dat 93 van NAV s groter as 1 km gevind is en net sowat 70 nog ontdek moet word 9 Mindere kennis bestaan oor kleiner voorwerpe wat steeds grootskaalse skade kan aanrig Die bedreiging van moontlik gevaarlike voorwerpe MGV s word gemeet aan hoe naby hulle aan die Aarde kan kom 10 Voorwerpe wat tot 0 05 AE of minder van die Aarde se wentelbaan kan kom en n absolute magnitude H van 22 of hoer het n rowwe aanduiding van die grootte word as MGV beskou Voorwerpe wat nie nader as dit van die Aarde kan kom nie of n kleiner deursnee as sowat 150 m het word nie as gevaarlik beskou nie 1 Nasa se katalogus van naby aarde voorwerpe sluit ook hul afstand in maanafstande in 11 en dit word dikwels in die media gebruik as n algemene maateenheid wanneer oor die voorwerpe berig word Sommige NAV s wat nie groot gevaar inhou nie is van besondere belang omdat hulle maklik verken kan word 12 13 In 2012 het ruimtetuie al drie NAV s besoek 433 Eros deur Nasa se Near Earth Asteroid Rendezvous tuig 14 25143 Itokawa deur die Hayabusa sending 15 en 4179 Toutatis deur die Chinese Ruimteagentskap se Chang e 2 tuig 3 16 Inhoud 1 Risikoskale 2 Getal en klassifikasie 2 1 Naby aarde asteroides 2 2 Naby aarde komete 3 Impakfrekwensie 4 Nabye verbyvlugte 5 Toekomstige botsings 6 Projekte om die gevaar te verminder 7 Noemenswaardige voorwerpe 8 Verwysings 9 Eksterne skakelsRisikoskale Wysig n 2013 voorstelling van die wentelbane van moontlik gevaarlike asteroides met n grootte van meer as 140 meter en n afstand van minder as 7 6 106 km van die Aarde se wentelbaan af Daar is twee skemas vir die wetenskaplike klassifikasie van moontlik gevaarlike NAV s Die Torinoskaal Die ingewikkelder Palermoskaal Op 24 Desember 2004 is aan die kleinplaneet 99942 Apophis destyds bekend as 2004 MN4 n 4 toegeken op die Torinoskaal die hoogste toekenning nog Daar was n kans van 2 7 dat dit die Aarde op 13 April 2029 sou tref Op 28 Desember 2004 is die toekenning na 0 afgebring vir 2029 maar die toekomstige impakmoontlikheid was steeds 1 Die 2036 risiko is in Augustus 2006 ook afgebring na 0 Daar is geen moontlikheid dat Apophis die Aarde voor 2060 sal tref nie 17 n NAV met n risikofaktor van groter as 1 op die Palermoskaal was 29075 1950 DA maar na verdere waarnemings is die toekenning afgebring na 1 81 Nasa het ook n lys van die gevaarlikste NAV s in die volgende 100 jaar 17 Al die voorwerpe of die meeste daarvan sal waarskynlik van die lys af verdwyn met verdere waarnemings en dus meer akkurate voorspellings van hul wentelbaan Die lys sluit nie 29075 1950 DA in nie want dit sal nie die Aarde binne die volgende 800 jaar tref nie 3 18 Getal en klassifikasie WysigNAV s word geklassifiseer as meteoroides asteroides of komete na gelang van hul grootte en samestelling Asteroides kan ook deel van n asteroidefamilie wees en komete kan strepe meteoroides agterlaat wat meteoorreens kan veroorsaak Teen Junie 2015 was 12 849 NAV s ontdek 7 104 komete en 12 745 asteroides Van hulle is 934 Aten asteroides 4 892 Amor asteroides en 6 904 Apollo asteroides sien onder Daar is 1 595 NAV s wat geklassifiseer is as moontlik gevaarlike asteroides MGA s Tans het 153 MGA s en 872 NAV s n absolute magnitude van 17 75 of helderder wat dui op n deursnee van rofweg 1 km 7 In die tyd was daar 586 NAV s op die impakrisikobladsy op Nasa se webtuiste 17 Taamlik baie van hulle is 50 meter in deursnee of kleiner en nie een van die gelyste voorwerpe is in die groen geel sone Torinoskaal 1 2 nie wat beteken hulle regverdig nie die publiek se aandag nie 19 Die JPL kleinliggaamdatabasis lys 2 360 naby aarde asteroides met n absolute magnitude van dowwer as 25 rofweg 50 meter in deursnee 20 Naby aarde asteroides wat kleiner as 1 meter is is naby aarde meteoroides Hulle word op die meeste asteroidetabelle as asteroides gelys Die kleinste naby aarde meteoroide is 2008 TS26 met n absolute magnitude van 33 20 en n geraamde deursnee van net 1 meter 21 Naby aarde asteroides Wysig Naby aarde asteroides volgens grootte Klassifikasie van naby aarde asteroides Dit is voorwerpe in n wentelbaan na aan die Aarde sonder die koma of stert van n komeet In Junie 2015 was 12 745 naby aarde asteroides bekend 7 wat gewissel het van 1 m tot 32 km in deursnee 1036 Ganymed Daar is na raming 981 wat n deursnee van meer as 1 km het waarvan meer as 90 al ontdek is 9 22 23 en sowat n miljoen van sowat 40 m breed waarvan sowat 1 ontdek is 24 Die samestelling van naby aarde asteroides is min of meer dieselfde as die in die Asteroidegordel dus van n verskeidenheid spektraaltipes 25 Naby aarde asteroides oorleef net n paar miljoen jaar in hul wentelbaan 5 Hulle word eindelik uit die weg geruim deur planeetversteurings wat veroorsaak dat hulle of uit die Sonnestelsel gewerp word of teen die Son of n planeet bots Die getal asteroides wat naby die Aarde waargeneem word kan verduidelik word aan die hand van die feit dat nuwe asteroides voortdurend in naby aarde wentelbane inbeweeg Hul aanvaarde oorsprong is die Asteroidegordel van waar hulle na die binneste Sonnestelsel beweeg omdat hul wentelresonansie met Jupiter hul wentelbane versteur Die Asteroidegordel het gapings bekend as Kirkwood gapings wat ontstaan deur asteroides wat in ander wentelbane geskuif word Nuwe asteroides beweeg dan in die gapings in en dit veroorsaak n voortdurende toename in naby aarde asteroides n Klein aantal NAV s is uitgedoofde komete wat hul vlambare oppervlakmateriaal verloor het Die asteroide met die grootste bekende kans om die Aarde te tref 1 uit 16 op 5 September 2095 is 2010 RF12 Vanwee sy deursnee van sowat 7 m sal hy waarskynlik nie groot skade aanrig nie Naby aarde asteroides word geklassifiseer volgens hul semi hoofas a perihelium q kleinste afstand van die Son af en afelium Q grootste afstand van die Son af 1 5 Die Atiras of Apohele het wentelbane wat streng binne die van die Aarde bly n Atira se afelium Q is kleiner as die Aarde se perihelium 0 983 AE Dus is Q lt 0 983 AE Dit dui daarop dat die asteroide se semi hoofas ook minder as 0 983 AE is Die Atens het n semi hoofas van minder as 1 AE en kruis die Aarde se wentelbaan Dus is a lt 1 AE en Q gt 0 983 AE Die Apollo s het n semi hoofas van meer as 1 AE en kruis die Aarde se wentelbaan Dus is a gt 1 AE en q lt 1 017 AE 1 017 AE is die Aarde se afelium Die Amors se wentelbane le streng buite die van die Aarde Dus is q gt 1 017 AE Amors is ook NAV s en dus is q lt 1 3 AE Dus is 1 017 AE lt q lt 1 3 AE Dit dui daarop dat Amors se semi hoofas ook groter as 1 017 AE is Sommige Amors kruis Mars se wentelbaan Atiras en Amors kruis dus nie die Aarde se wentelbaan nie en hou nie onmiddellike impakgevaar in nie maar hul wentelbane kan verander en in die toekoms die Aarde se wentelbaan kruis Naby aarde komete Wysig In Februarie 2015 was 96 naby aarde komete ontdek 7 Hoewel daar geen bevestigde geval van n komeetbotsing met die Aarde is nie kon die Toengoeska voorval veroorsaak gewees het deur n fragment van Komeet Encke 26 Brokstukke van komete kon ook verantwoordelik gewees het vir sommige botsings deur naby aarde voorwerpe Komete beweeg selde nader as 0 1 AE 15 000 000 km by die Aarde verby 27 Impakfrekwensie WysigAsteroides met n deursnee van 4 m tref die Aarde sowat een keer per jaar 28 Die met n deursnee van sowat 7 m kom die atmosfeer omtrent elke vyf jaar binne met min of meer dieselfde hoeveelheid energie as die atoombom op Hirosjima sowat 15 kiloton TNT 28 Hulle ontplof gewoonlik in die boonste atmosfeer en die materiaal verdamp 29 Elke 2 000 tot 3 000 jaar is daar n ontploffing van sowat 10 megaton soortgelyk aan die een wat die Toengoeska voorval veroorsaak het 30 Voorwerpe met n deursnee van n kilometer tref die Aarde gemiddeld twee keer in n miljoen jaar 5 Groot botsings met voorwerpe van 5 km vind sowat elke 20 miljoen jaar plaas 28 As n mens aanneem die patroon sal vir die volgende miljard jaar voortduur sal minstens 2 000 voorwerpe met n deursnee van meer as 1 km die Aarde in die tyd tref Die meeste is tans in n wentelbaan tussen Mars en Jupiter maar hul wentelbane sal mettertyd verander en dan sal hulle naby aarde voorwerpe word Voorwerpe is gewoonlik n paar miljoen jaar n NAV voordat dit die Son tref uit die Sonnestelsel gewerp word of n planeet tref n klein getal 5 Die frekwensie van klein asteroides van sowat 1 tot 20 m in deursnee wat die Aarde se atmosfeer tref Nabye verbyvlugte WysigOp 10 Augustus 1972 is n vuurbal deur baie mense waargeneem terwyl dit in n noordelike rigting oor die Rotsgebergte in Amerika getrek het Dit was n Aardskeerder meteoor wat binne 57 km van die Aarde se oppervlak af was n Toeris het dit op video vasgele 31 Op 23 Maart 1989 het die 300 m bree Apollo asteroide 4581 Asclepius 1989 FC die Aarde met 700 000 km gemis toe dit op die presiese plek verbybeweeg het waar die planeet ses uur tevore was As dit ons getref het sou dit die grootste botsing in die opgetekende geskiedenis veroorsaak het 12 keer so kragtig as die Tsaar Bomba die kragtigste kernbom wat nog ontplof het Dit het groot aandag getrek omdat dit volgens vroee ramings tot 64 000 km van die Aarde sou kon gekom het met die moontlikheid dat dit die Aarde kon tref 32 Die verbyvlug van die asteroide 2004 FH die middelste kol Die verbyflitsende voorwerp onder is n kunsmatige satelliet Op 13 Oktober 1990 is die Aardskeerder meteoroied EN131090 bo Pole en die destydse Tsjeggo Slowakye waargeneem Dit het teen sowat 41 74 km s oor n baan van 409 km van suid na noord beweeg Sy naaste afstand van die Aarde af was 98 67 km Dit is deur twee kameras van die Europese Vuurbalnetwerk vasgele wat geometriese metings van die wentelbaan van so n voorwerp vir die eerste keer moontlik gemaak het 33 Op 18 Maart 2004 het LINEAR aangekondig dat n asteroide van 30 m 2004 FH daardie dag sowat 42 600 km van die Aarde af sou verbybeweeg dit is maar n tiende van die afstand tussen die Aarde en die Maan en die naaste wat n asteroide sover bekend aan die Aarde gekom het Hulle het geraam asteroides van die grootte kom sowat elke twee jaar so naby aan ons planeet 34 Op 31 Maart 2004 twee weke na 2004 FH het 2004 FU162 n nuwe rekord vir die naaste asteroide opgestel dit het net 6 500 km van die Aarde af verbybeweeg sowat n sesde van die afstand na die Maan Omdat dit baie klein was 6 m in deursnee is dit eers n paar uur voor sy naaste afstand aan die Aarde opgemerk As dit die atmosfeer sou binnedring sou dit waarskynlik gedisintegreer het Op 2 Maart 2009 het die naby aarde asteroide 2009 DD45 sowat 72 000 km van die Aarde af verbybeweeg Die geraamde deursnee was sowat 35 m 35 Op 13 Januarie 2010 het die asteroide 2010 AL30 36 op n afstand van sowat 122 000 km verby die Aarde beweeg Dit was sowat 10 15 m breed As dit die atmosfeer sou binnedring sou dit n ontploffing soortgelyk aan die van tussen 50 en 100 kiloton TNT veroorsaak het Die Hirosjima atoombom was tussen 13 en 18 kiloton 37 Op 28 Junie 2011 het die asteroide 2011 MD van tussen sowat 5 en 20 m in deursnee omtrent 20 000 km van die Aarde af oor die Atlantiese Oseaan getrek 38 Op 8 November 2011 het 308635 2005 YU55 van sowat 400 m in deursnee binne 324 600 km 0 85 maanafstande van die Aarde af verbybeweeg Tien weke later op 27 Januarie 2012 het die 10 m bree asteroide 2012 BX34 net 60 000 km van ons af verbygetrek 39 Op 15 Februarie 2013 het 367943 Duende 2012 DA14 sowat 27 700 km van die Aarde se oppervlak af verbybeweeg Dit is nader as satelliete in n geosinkroniese wentelbaan Die asteroide kon nie met die blote oog gesien word nie Toekomstige botsings Wysig n Radarbeeld van die asteroide 1950 DA Hoewel daar n paar vals alarms was is n aantal voorwerpe al beskou as n bedreiging vir die Aarde 89959 2002 NT7 was die eerste asteroide met n positiewe aanduiding op die Palermo skaal met n moontlikheid van n impak van een uit n miljoen omstreeks 1 Februarie 2019 dit is nou bekend dat dit op 13 Januarie 2019 op n veilige afstand van 0 4078 AE 61 miljoen km van die Aarde af sal verbytrek 40 Die asteroide 29075 1950 DA is uit sig verloor nadat dit in 1950 ontdek is Dit is net 17 dae lank waargeneem te kort om sy wentelbaan te bepaal Dit is op 31 Desember 2000 herontdek Die asteroide het n deursnee van sowat n kilometer Die kans dat dit die Aarde op 16 Maart 2880 sou tref is bereken op 1 uit 300 Dit is rofweg 50 groter as die gesamentlike kans op n impak deur alle ander voorwerpe van n soortgelyke grootte tot in 2880 41 Die volgende dat 1950 DA waargeneem sal word is in 2032 42 en dan sal sy wentelbaan met n groter sekerheid vasgestel kan word Bykomende optiese metings het egter die moontlikheid van n botsing verminder tot 1 uit 20 000 43 Net die asteroides 99942 Apophis aanvanklik bekend as 2004 MN4 en 144898 2004 VD17 het vir n kort ruk n bonormale toekenning op die Torino skaal gehad Projekte om die gevaar te verminder WysigVerskeie ruimtewag projekte word onderneem insluitende LINEAR Spacewatch NEAT LONEOS CSS CINEOS en ADAS In 1998 het die Amerikaanse Kongres die Spaceguard Survey gelas die opsporing van 90 van naby aarde asteroides met n groter deursnee as 1 km wat globale verwoesting kan meebring teen 2008 In 2005 is dit uitgebrei tot 90 van NAV s met n deursnee van 140 m of meer teen 2020 44 In 2011 was 911 van die grootste gt 1 km in deursnee naby aarde asteroides ontdek met n raming dat 70 nog gevind moet word 9 Noemenswaardige voorwerpe Wysig Getal ontdekte NAV s met n deursnee van 1 km of meer Die naby aarde asteroide 433 Eros Noemenswaardige voorwerpe sluit in kleinplanete komete asteroides en meteore 45 wat spesifiek in nuusartikels genoem word Naam Notas433 Eros Geen verbyvlug die eerste naby aarde asteroide wat ontdek is in 1898 Toengoeska voorval Impak 1908 29075 1950 DA Verbyvlug 20022011 MD Verbyvlug 2011367943 Duende Ook bekend as 2012 DA14 verbyvlug 2013Tsjeljabinsk meteoor Impak 20132014 EC Verbyvlug 20142014 RC Verbyvlug 2014C 2013 UQ4 Catalina Verbyvlug 2014 357439 2004 BL86 Verbyvlug 20151036 Ganymed Grootste NAV verbyvlug 2024 137108 1999 AN10 Verbyvlug 2027 153814 2001 WN5 Verbyvlug 202899942 Apophis Verbyvlug 20292014 UR116 Ook bekend as 2008 XB verbyvlug 2014 20472005 WY55 Verbyvlug 20652013 UG1 Verbyvlug 2065 46 47 Komeet Swift Tuttle Verbyvlug 2126 86039 1999 NC43 Verbyvlug 2173 153201 2000 WO107 48 Verbyvlug 21402001 AV43 Verbyvlug 1946 2013 2029 49 50 341843 2008 EV5 8 4 maanafstande van die Aarde af op 23 Desember 2008 51 391211 2006 HZ51 52 Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 NEO Groups in Engels NASA JPL Near Earth Object Program Office Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Februarie 2017 Besoek op 4 Junie 2012 Richard Monastersky 1 Maart 1997 The Call of Catastrophes in Engels Science News Online Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2013 Besoek op 23 Oktober 2007 3 0 3 1 3 2 The IAU and Near Earth Objects in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020 Besoek op 6 November 2013 NASA is opening a new office for planetary defense in Engels extremetech com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019 Besoek op 14 Januarie 2016 5 0 5 1 5 2 5 3 5 4 Morbidelli Alessandro Bottke Jr William F Froeschle Christiane Michel Patrick Januarie 2002 W F Bottke Jr A Cellino P Paolicchi R P Binzel reds Origin and Evolution of Near Earth Objects PDF Asteroids III University of Arizona Press 409 422 Bibcode 2002aste conf 409M Clark R Chapman Mei 2004 The hazard of near Earth asteroid impacts on earth Earth and Planetary Science Letters 222 1 1 15 Bibcode 2004E amp PSL 222 1C doi 10 1016 j epsl 2004 03 004 7 0 7 1 7 2 7 3 7 4 NEO Discovery Statistics in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 April 2017 Besoek op 23 Februarie 2014 Shiga David 27 Junie 2006 New telescope will hunt dangerous asteroids in Engels New Scientist Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2015 Besoek op 15 November 2008 9 0 9 1 9 2 WISE Revises Numbers of Asteroids Near Earth NASA JPL 2011 09 29 Besoek op 2012 05 17 NASA Space Telescope Finds Fewer Asteroids Near Earth Potentially Hazard Asteroids in Engels NASA JPL Near Earth Object Program Office Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Julie 2011 Besoek op 5 Mei 2011 NEO Earth Close Approaches Geargiveer 9 April 2017 op Wayback Machine at NASA JPL Near Earth Object Program Office Dan Vergano 2 Februarie 2007 Near Earth asteroids could be steppingstones to Mars in Engels USA Today Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 April 2012 Besoek op 22 Oktober 2007 Rui Xu Pingyuan Cui Dong Qiao Enjie Luan 18 Maart 2007 Design and optimization of trajectory to Near Earth asteroid for sample return mission using gravity assists Advances in Space Research 40 2 200 225 Bibcode 2007AdSpR 40 220X doi 10 1016 j asr 2007 03 025 Donald Savage Michael Buckley 31 Januarie 2001 NEAR Mission Completes Main Task Now Will Go Where No Spacecraft Has Gone Before in Engels National Aeronautics and Space Administration Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2020 Besoek op 22 Oktober 2007 Don Yeomans 11 Augustus 2005 Hayabusa s Contributions Toward Understanding the Earth s Neighborhood in Engels National Aeronautics and Space Administration Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Maart 2017 Besoek op 22 Oktober 2007 Emily Lakdawalla Chang e 2 imaging of Toutatis in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2019 Besoek op 6 April 2016 17 0 17 1 17 2 Sentry Risk Table in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2017 Besoek op 5 Mei 2015 Asteroid 1950 DA in Engels NASA JPL Near Earth Object Program Office Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Januarie 2017 Besoek op 14 Oktober 2011 The Torino Impact Hazard Scale Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2017 Besoek op 7 April 2016 20 0 20 1 JPL Small Body Database Search Engine asteroids and NEOs and H gt 25 mag JPL Small Body Database Besoek op 2014 02 23 Conversion of Absolute Magnitude to Diameter Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2013 Besoek op 7 April 2016 Jane Platt 12 Januarie 2000 Asteroid Population Count Slashed in Engels National Aeronautics and Space Administration Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2000 Besoek op 22 Oktober 2007 David Rabinowitz Eleanor Helin Kenneth Lawrence Steven Pravdo 13 Januarie 2000 A reduced estimate of the number of kilometer sized near Earth asteroids Nature 403 6766 165 166 Bibcode 2000Natur 403 165R doi 10 1038 35003128 PMID 10646594 Besoek op 2007 10 22 Rusty Schweickart Rusty s Planetary Defense Blog 3 How many are we talking about anyway in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2015 Besoek op 3 Maart 2015 D F Lupishko T A Lupishko Mei 2001 On the Origins of Earth Approaching Asteroids Solar System Research 35 3 227 233 Bibcode 2001SoSyR 35 227L doi 10 1023 A 1010431023010 Kresak L 1978 The Tunguska object A fragment of Comet Encke Astronomical Institutes of Czechoslovakia Astronomical Institutes of Czechoslovakia 29 129 Bibcode 1978BAICz 29 129K Closest Approaches to the Earth by Comets in Engels Minor Planet Center Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Junie 2017 Besoek op 28 Junie 2012 28 0 28 1 28 2 Robert Marcus H Jay Melosh Gareth Collins 2010 Earth Impact Effects Program Imperial College London Purdue universiteit Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020 Besoek op 4 Februarie 2013 Clark R Chapman David Morrison January 6 1994 Impacts on the Earth by asteroids and comets assessing the hazard Nature 367 6458 33 40 Bibcode 1994Natur 367 33C doi 10 1038 367033a0 Asher D J Bailey M Emel Yanenko V Napier W 2005 Earth in the Cosmic Shooting Gallery PDF The Observatory 125 2 319 322 Bibcode 2005Obs 125 319A Grand Teton Meteor Video YouTube Brian G Marsden 29 Maart 1998 How The Asteroid Story Hit An Astronomer Reveals How A Discovery Spun Out Of Control in Engels The Boston Globe Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2010 Besoek op 23 Oktober 2007 Borovicka J Ceplecha Z April 1992 Earth grazing fireball of October 13 1990 Astronomy and Astrophysics 257 1 323 328 Bibcode 1992A amp A 257 323B ISSN 0004 6361 Besoek op 2015 03 13 Steven R Chesley Paul W Chodas 17 Maart 2004 Recently Discovered Near Earth Asteroid Makes Record breaking Approach to Earth in Engels Nasa Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2017 Besoek op 23 Oktober 2007 Yahoo News 20090302 Asteroid Flies Past Earth Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2009 Besoek op 9 April 2016 Small Asteroid 2010 AL30 Will Fly Past The Earth Geargiveer 16 Januarie 2010 op Wayback Machine Nasa JPL Near Earth Object Program 12 Januarie 2010 Near Earth Object 2010 AL30 NASA Earth Science Picture of the Day 6 Maart 2010 Asteroid soars over Atlantic Ocean in Engels Australian Broadcasting Corporation 28 Junie 2011 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Januarie 2012 Besoek op 3 Julie 2011 Asteroid makes near miss fly by in Engels BBC 27 Januarie 2012 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2020 Besoek op 28 Januarie 2012 JPL Close Approach Data 89959 2002 NT7 2011 09 12 laaste waarneming in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Maart 2020 Besoek op 4 November 2011 Giorgini J D Ostro S J Benner L A M Chodas P W Chesley S R Hudson R S Nolan M C Klemola A R et al April 5 2002 Asteroid 1950 DA s Encounter with Earth in 2880 Physical Limits of Collision Probability Prediction PDF Science 296 5565 132 136 Bibcode 2002Sci 296 132G doi 10 1126 science 1068191 PMID 11935024 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 9 Februarie 2017 Besoek op 11 Januarie 2010 Giorgini J D Ostro S J Benner L A M Chodas P W Chesley S R et al 2002 Asteroid 1950 DA s Encounter With Earth in 2880 Physical Limits of Collision Probability Prediction PDF Science 296 5565 132 136 Bibcode 2002Sci 296 132G doi 10 1126 science 1068191 PMID 11935024 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 9 Februarie 2017 Besoek op 9 April 2016 29075 1950 DA Earth Impact Risk Summary in Engels Nasa JPL 19 Augustus 2014 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 April 2017 Besoek op 1 Maart 2015 Public Law 109 155 Section 321 d Russia Today Asteroids that Buzz Planet Earth Chart EarthSky Another close sweep by asteroid due in 2065 25 Oktober 2013 The Siberian Times Astronomers in Siberia locate asteroid heading towards Earth in 2065 28 Oktober 2013 JPL Small Body Database Browser 153201 2000 WO107 Star Advertiser Asteroid to make close pass to Earth on Monday 16 November 2013 JPL Small Body Database Browser 2001 AV43 Busch Michael W Ostro Steven J et al April 2011 Radar observations and the shape of near Earth asteroid 2008 EV5 PDF Icarus 212 2 649 660 doi 10 1016 j icarus 2011 01 013 Besoek op 20 Februarie 2016 Big new asteroid has slim chance of hitting Earth New ScientistEksterne skakels WysigNear earth object program Geargiveer 23 Augustus 2011 op Wayback Machine Jet Propulsion Laboratory JPL Observable Near Earth Asteroids Geargiveer 7 Januarie 2013 op Wayback Machine Lowell sterrewag Table of Asteroids Next Closest Approaches to the Earth Sormano sterrewag Earth In The Cosmic Shooting D J Asher The Observatory 2005 Catalogue of the Solar System Small Bodies Orbital Evolution Tegniese Universiteit Samara Current Map Of The Solar System Geargiveer 13 Mei 2017 op Wayback Machine Armagh sterrewag NAV s Minor Planet Center Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Naby aarde voorwerp Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaDie Sonnestelsel Son Aardplanete Mercurius Venus Aarde Mars Gasreuse Jupiter Saturnus Ysreuse Uranus Neptunus Planete Reuseplanete Dwergplanete Pluto Ceres Haumea Makemake ErisMane Aarde Mars Kleinplanete Jupiter Saturnus Uranus Neptunus Pluto Haumea Eris Ringe Jupiter Saturnus Uranus NeptunusKlein Sonnestelselliggame Kleinplanete Asteroides Naby aarde voorwerpe Sentoure Trans Neptunus voorwerpe Komete Gordels en wolke Asteroidegordel Kuipergordel Verstrooide skyf Hillswolk OortwolkOntsluit van https af wikipedia org w index php title Naby aarde voorwerp amp ol,