fbpx
Wikipedia

Moskeeswael

Die moskeeswael (Cecropis senegalensis en Hirundo senegalensis) is 'n lid van die swaelfamilie en een van die groter swaels.

Moskeeswael
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Cecropis
Spesie:
C. senegalensis
Binomiale naam
Cecropis senegalensis
(Linnaeus, 1766)
Sinonieme
Hirundo senegalensis

Identifikasie

Moskeeswaels lyk baie soos 'n reuse rooinekswael met 'n algemene lengte van 25 cm en 'n gewig van 45g by volwassenes. Hul bolywe is blou, anders as die rooinekswael se rooi bolyf. Die moskeeswael se gesig en onderlyf is wel rooierig, maar hul ondervlerke is wit met donker vliegvere. Die stert is gevurk en kom iets ronder by die mannetjies voor. Onvolwasse voëls is minder kleurryk en meer bruin, met aansienlik minder kontrasterende kleure.

Die moskeeswael lyk ook baie op die rooiborsswael, maar is ietwat groter en het korter sterte. Die donker kroon steek ook nie verby die oë van 'n moskeeswael nie, maar wel by 'n rooiborsswael.

Hul vlug is swaar en stadig en kan, gepaard met hul grootte, die indruk van 'n valk, eerder as 'n swael gee.

Voedsel

Die primêre voedsel van die moskeeswael is insekte wat uit die lug tydens vlug gevang word.

Verspreiding

Die moskeeswael word aangetref in die meeste dele van Afrika, suid van die Sahara, maar is die algemeenste in die Weste. Die voëls migreer nie, maar sal reëns tot 'n sekere mate volg.

Habitat

Moskeeswaels verkies oop velde met bome en beboude gebiede. Hulle word gewoonlik in pare en swerms aangetref en selde as enkel voëls. Die voëls bou toe modderneste met 'n buisagtige opening; die neste word veral aangetref in die krake van, of onder brûe en soortegelyk strukture, benewens verlate geboue, gate in bome en grotte.

Voortplanting

Die wyfie lê tipies twee tot vier wit eiers. 'n Mannetjie sal slegs met een wyfie paar tot en met haar dood. Na haar dood sal hy vir hom 'n nuwe maat soek.

Ander name

  • Wetenskaplike naam: Hirundo senegalensis
  • Engelse naam: Mosque Swallow

Subspesies

  • C. s. senegalensis
  • C. s. saturatior
  • C. s. monteiri

Sien ook

Bronnelys

  • IUCN 2006. 2006 IUCN Red List of Threatened Species. <www.iucnredlist.org>. Laaste besoek 24 Mei 2007.
  • Moskeeswael by Avibase, die wêreldse voëldatabasis. Laaste besoek 24 Mei 2007.
  • "Mosque Swallow" by "The Kruger". Laaste besoek 27 Mei 2007.

Moskeeswael
moskeeswael, moskeeswael, cecropis, senegalensis, hirundo, senegalensis, swaelfamilie, groter, swaels, bewaringstatusveilig, iucn, wetenskaplike, klassifikasiedomein, eukaryotakoninkryk, animaliafilum, chordataklas, avesorde, passeriformesfamilie, hirundinidae. Die moskeeswael Cecropis senegalensis en Hirundo senegalensis is n lid van die swaelfamilie en een van die groter swaels MoskeeswaelBewaringstatusVeilig IUCN 3 1 Wetenskaplike klassifikasieDomein EukaryotaKoninkryk AnimaliaFilum ChordataKlas AvesOrde PasseriformesFamilie HirundinidaeGenus CecropisSpesie C senegalensisBinomiale naamCecropis senegalensis Linnaeus 1766 SinoniemeHirundo senegalensis Inhoud 1 Identifikasie 2 Voedsel 3 Verspreiding 4 Habitat 5 Voortplanting 6 Ander name 7 Subspesies 8 Sien ook 9 BronnelysIdentifikasie WysigMoskeeswaels lyk baie soos n reuse rooinekswael met n algemene lengte van 25 cm en n gewig van 45g by volwassenes Hul bolywe is blou anders as die rooinekswael se rooi bolyf Die moskeeswael se gesig en onderlyf is wel rooierig maar hul ondervlerke is wit met donker vliegvere Die stert is gevurk en kom iets ronder by die mannetjies voor Onvolwasse voels is minder kleurryk en meer bruin met aansienlik minder kontrasterende kleure Die moskeeswael lyk ook baie op die rooiborsswael maar is ietwat groter en het korter sterte Die donker kroon steek ook nie verby die oe van n moskeeswael nie maar wel by n rooiborsswael Hul vlug is swaar en stadig en kan gepaard met hul grootte die indruk van n valk eerder as n swael gee Voedsel WysigDie primere voedsel van die moskeeswael is insekte wat uit die lug tydens vlug gevang word Verspreiding WysigDie moskeeswael word aangetref in die meeste dele van Afrika suid van die Sahara maar is die algemeenste in die Weste Die voels migreer nie maar sal reens tot n sekere mate volg Habitat WysigMoskeeswaels verkies oop velde met bome en beboude gebiede Hulle word gewoonlik in pare en swerms aangetref en selde as enkel voels Die voels bou toe modderneste met n buisagtige opening die neste word veral aangetref in die krake van of onder brue en soortegelyk strukture benewens verlate geboue gate in bome en grotte Voortplanting WysigDie wyfie le tipies twee tot vier wit eiers n Mannetjie sal slegs met een wyfie paar tot en met haar dood Na haar dood sal hy vir hom n nuwe maat soek Ander name WysigWetenskaplike naam Hirundo senegalensis Engelse naam Mosque SwallowSubspesies WysigC s senegalensis C s saturatior C s monteiriSien ook WysigAlfabetiese lys van Suid Afrikaanse voels Lys van Suid Afrikaanse voels Groepeer Lys van Suider Afrikaanse voels volgens wetenskaplike nameBronnelys WysigIUCN 2006 2006 IUCN Red List of Threatened Species lt www iucnredlist org gt Laaste besoek 24 Mei 2007 Moskeeswael by Avibase die wereldse voeldatabasis Laaste besoek 24 Mei 2007 Mosque Swallow by The Kruger Laaste besoek 27 Mei 2007 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Moskeeswael amp oldid 2217456,