×
Mol (eenheid)

Die mol (simbool: mol) is die meeteenheid vir 'n hoeveelheid stof in die SI-stelsel. Dit word gedefinieer as presies 6.02214076x1023 deeltjies, wat atome, molekules, ione of elektrone kan wees.

Die definisie is in November 2018 aanvaar as een van die sewe SI-basiseenhede, wat die vorige definisie hersien het wat een mol as die hoeveelheid stof in 12 gram koolstof-12 (12C), 'n isotoop van koolstof, gespesifiseer het.

Die getal 6.02214076x1023 (die Avogadro-getal) is gekies sodat die massa van een mol van 'n chemiese verbinding in gram vir die meeste praktiese doeleindes numeries gelyk is aan die gemiddelde massa van een molekule van die verbinding in daltons. So bevat een mol water byvoorbeeld 6.02214076x1023 molekules waarvan die totale massa ongeveer 18.015 gram is en die gemiddelde massa van een molekule water ongeveer 18.015 dalton.

Die mol word wyd in die chemie gebruik as 'n maklike manier om hoeveelhede reaktante en produkte van chemiese reaksies uit te druk. Die chemiese vergelyking 2H2 + O2 → 2H2O kan byvoorbeeld geïnterpreteer word as dat vir elke 2 mol diwaterstof (H2) en 1 mol disuurstof (O2) wat reageer, 2 mol water (H2O) gevorm word. Die mol kan ook gebruik word om die hoeveelheid atome, ione, elektrone of ander eenhede te meet. Die konsentrasie van 'n oplossing word gewoonlik uitgedruk deur die molariteit daarvan, gedefinieër as die hoeveelheid opgeloste stof in mol per eenheid volume oplossing. Die eenheid wat gewoonlik hiervoor gebruik word is mol per liter (mol/l), gewoonlik afgekort M.

Inhoud

Molêre massa

Hoof artikel: Molêre massa

Die molêre massa van 'n stof is die massa van 1 mol van die stof, in gram.

Molêre konsentrasie

Die molêre konsentrasie van 'n oplossing van een of ander stof is die aantal mol per volume-eenheid van die finale oplossing. In die SI is die standaardeenheid mol/m3, hoewel meer praktiese eenhede, soos mol per liter (mol/l), gebruik word. Dit word ook molariteit genoem.

Molêre fraksie

Die molêre fraksie of molfraksie van 'n stof in 'n mengsel (soos 'n oplossing) is die aantal mol van die verbinding in een monster van die mengsel, gedeel deur die totale aantal mol van alle komponente. As 20 g NaCl in 100 g water opgelos word, is die hoeveelhede van die twee stowwe in die oplossing (20 g)/(58,443 g/mol) = 0,34221 mol en (100 g)/(18,015 g/mol) = 5,5509 mol, onderskeidelik; en die molêre fraksie van NaCl sal 0.34221/(0,34221 + 5,5509) = 0,05807 wees.

In 'n mengsel van gasse is die parsiële druk van elke komponent eweredig aan die molfraksie.

  1. . IUPAC | International Union of Pure and Applied Chemistry (in Engels). 16 November 2018. Besoek op1 Maart 2021.

Publikasie datum: September 11, 2021

eenheid, simbool, meeteenheid, hoeveelheid, stof, stelsel, word, gedefinieer, presies, 02214076x1023, deeltjies, atome, molekules, ione, elektrone, wees, definisie, november, 2018, aanvaar, sewe, basiseenhede, vorige, definisie, hersien, hoeveelheid, stof, gra. Die mol simbool mol is die meeteenheid vir n hoeveelheid stof in die SI stelsel Dit word gedefinieer as presies 6 02214076x1023 deeltjies wat atome molekules ione of elektrone kan wees 1 Die definisie is in November 2018 aanvaar as een van die sewe SI basiseenhede 1 wat die vorige definisie hersien het wat een mol as die hoeveelheid stof in 12 gram koolstof 12 12C n isotoop van koolstof gespesifiseer het Die getal 6 02214076x1023 die Avogadro getal is gekies sodat die massa van een mol van n chemiese verbinding in gram vir die meeste praktiese doeleindes numeries gelyk is aan die gemiddelde massa van een molekule van die verbinding in daltons So bevat een mol water byvoorbeeld 6 02214076x1023 molekules waarvan die totale massa ongeveer 18 015 gram is en die gemiddelde massa van een molekule water ongeveer 18 015 dalton Die mol word wyd in die chemie gebruik as n maklike manier om hoeveelhede reaktante en produkte van chemiese reaksies uit te druk Die chemiese vergelyking 2H2 O2 2H2O kan byvoorbeeld geinterpreteer word as dat vir elke 2 mol diwaterstof H2 en 1 mol disuurstof O2 wat reageer 2 mol water H2O gevorm word Die mol kan ook gebruik word om die hoeveelheid atome ione elektrone of ander eenhede te meet Die konsentrasie van n oplossing word gewoonlik uitgedruk deur die molariteit daarvan gedefinieer as die hoeveelheid opgeloste stof in mol per eenheid volume oplossing Die eenheid wat gewoonlik hiervoor gebruik word is mol per liter mol l gewoonlik afgekort M Inhoud 1 Konsepte 1 1 Molere massa 1 2 Molere konsentrasie 1 3 Molere fraksie 2 Kyk ook 3 VerwysingsKonsepte WysigMolere massa Wysig Hoof artikel Molere massa Die molere massa van n stof is die massa van 1 mol van die stof in gram Molere konsentrasie Wysig Die molere konsentrasie van n oplossing van een of ander stof is die aantal mol per volume eenheid van die finale oplossing In die SI is die standaardeenheid mol m3 hoewel meer praktiese eenhede soos mol per liter mol l gebruik word Dit word ook molariteit genoem Molere fraksie Wysig Die molere fraksie of molfraksie van n stof in n mengsel soos n oplossing is die aantal mol van die verbinding in een monster van die mengsel gedeel deur die totale aantal mol van alle komponente As 20 g NaCl in 100 g water opgelos word is die hoeveelhede van die twee stowwe in die oplossing 20 g 58 443 g mol 0 34221 mol en 100 g 18 015 g mol 5 5509 mol onderskeidelik en die molere fraksie van NaCl sal 0 34221 0 34221 5 5509 0 05807 wees In n mengsel van gasse is die parsiele druk van elke komponent eweredig aan die molfraksie Kyk ook WysigJoule per mol Kilojoule per mol Konsentrasie chemie Verwysings Wysig 1 0 1 1 On the revision of the International System of Units International Union of Pure and Applied Chemistry IUPAC International Union of Pure and Applied Chemistry in Engels 16 November 2018 Besoek op 1 Maart 2021 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Mol eenheid amp ol,