×
Mohorovičić-diskontinuïteit

Die Mohorovičić-diskontinuïteit, soms kortweg die Moho genoem, is die grens tussen die aarde se kors en die mantel. Die Moho vorm die skeiding tussen die oseaan- en kontinentale kors en die mantel. Dit lê meestal heeltemal in die litosfeer; slegs onder die midde-oseaanrif vorm die Moho ook die skeiding tussen die litosfeer en die astenosfeer. Die Mohorovičić-diskontinuïteit is vir die eerste keer geïdentifiseer deur 'n Kroatiese seismoloog. Ofioliete is dele van die oseaankors en moontlik ook mantelrots wat in die kontinentale kors opgestoot is deur plaatbeweging.

Rotse wat in die Moho gevorm is, is hier op die oppervlak sigbaar in die Gros Morne Nasionale Park in Newfoundland in Kanada
Die letter A toon die ligging van die Mohorovičić-diskontinuïteit aan

Die Mohorovičić-diskontinuïteit is ongeveer 5 km onder die oseaanbodem en 30 tot 50 km onder tipiese kontinente. Dit is die diepste onder die Tibettaanse plato, waar dit ongeveer 75 km onder die oppervlak lê.

Tydens die laat 1950's en 1960's is daar in die VSA 'n voorstel voorgelê om 'n gat deur die oseaanbodem te boor om hierdie laag te bereik. Die Mohole-projek het egter nooit voldoende ondersteuning geniet nie en is in 1967 deur die Amerikaanse Kongres gekanselleer. Dit bly egter steeds 'n belangrike wetenskaplike doelwit. Die Sowjetunie het ook 'n poging aangewend om die laag te bereik en het oor 'n tydperk van 15 jaar tot op 'n diepte van 12 260 meter geboor (die wêreld se diepste gat op daardie tydstip) voordat daar ook van die poging afgesien is.

Meer onlangs is 'n voorstel gemaak vir 'n onbemande, selfaangedrewe tuig vervaardig uit wolfram wat radiogeniese warmte sal gebruik om die aarde se dieptes te verken tot naby die Moho-diskontinuïteit asook die boonste deel van die aardmantel.

Die Moho-diskontinuïteit word in een van die boeke in die bekende Fritz Deelman-avontuurreeks van Leon Rousseau, Fritz Deelman en die Woestynrowers, genoem.

  1. . Wired (in Engels). 25 Augustus 2008. vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2014. Besoek op26 Augustus 2008.
  2. Ozhovan, M. (2005). "Probing of the Interior Layers of the Earth with Self-Sinking Capsules". Atomic Energy. 99 (2): 556–562. doi:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help);Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  3. Rousseau, L. (2005). Fritz Deelman en die Woestynrowers. Kaapstad: Human & Rousseau. ISBN 0-7981-4425-4.
  • Harris, P. (1972). "The composition of the earth". In Gass, I.G. (red.) (red.). Understanding the earth: a reader in the earth sciences. Horsham: Artemis Press for the Open University Press. ISBN 0-85141-308-0.
  • . Schlumberger. Geargiveer vanaf op 2008-07-17. Besoek op2008-07-17.
  • Dixon, Dougal (2000). Beginner's Guide to Geology. New York: Bounty Books. ISBN 0-7537-0358-0.
  • Britt, Robert Roy (2005-04-07). . Imaginova. Besoek op2008-07-17.
  • . United States National Academy of Sciences. Besoek op2008-07-17.

Publikasie datum: September 26, 2021

mohorovičić, diskontinuïteit, soms, kortweg, moho, genoem, grens, tussen, aarde, kors, mantel, moho, vorm, skeiding, tussen, oseaan, kontinentale, kors, mantel, meestal, heeltemal, litosfeer, slegs, onder, midde, oseaanrif, vorm, moho, skeiding, tussen, litosf. Die Mohorovicic diskontinuiteit soms kortweg die Moho genoem is die grens tussen die aarde se kors en die mantel Die Moho vorm die skeiding tussen die oseaan en kontinentale kors en die mantel Dit le meestal heeltemal in die litosfeer slegs onder die midde oseaanrif vorm die Moho ook die skeiding tussen die litosfeer en die astenosfeer Die Mohorovicic diskontinuiteit is vir die eerste keer geidentifiseer deur n Kroatiese seismoloog Ofioliete is dele van die oseaankors en moontlik ook mantelrots wat in die kontinentale kors opgestoot is deur plaatbeweging Rotse wat in die Moho gevorm is is hier op die oppervlak sigbaar in die Gros Morne Nasionale Park in Newfoundland in Kanada Die letter A toon die ligging van die Mohorovicic diskontinuiteit aan Die Mohorovicic diskontinuiteit is ongeveer 5 km onder die oseaanbodem en 30 tot 50 km onder tipiese kontinente Dit is die diepste onder die Tibettaanse plato waar dit ongeveer 75 km onder die oppervlak le Tydens die laat 1950 s en 1960 s is daar in die VSA n voorstel voorgele om n gat deur die oseaanbodem te boor om hierdie laag te bereik Die Mohole projek het egter nooit voldoende ondersteuning geniet nie en is in 1967 deur die Amerikaanse Kongres gekanselleer Dit bly egter steeds n belangrike wetenskaplike doelwit Die Sowjetunie het ook n poging aangewend om die laag te bereik en het oor n tydperk van 15 jaar tot op n diepte van 12 260 meter geboor die wereld se diepste gat op daardie tydstip voordat daar ook van die poging afgesien is 1 Meer onlangs is n voorstel gemaak vir n onbemande selfaangedrewe tuig vervaardig uit wolfram wat radiogeniese warmte sal gebruik om die aarde se dieptes te verken tot naby die Moho diskontinuiteit asook die boonste deel van die aardmantel 2 Die Moho diskontinuiteit word in een van die boeke in die bekende Fritz Deelman avontuurreeks van Leon Rousseau Fritz Deelman en die Woestynrowers genoem 3 Verwysings Wysig How the Soviets Drilled the Deepest Hole in the World Wired in Engels 25 Augustus 2008 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Maart 2014 Besoek op 26 Augustus 2008 Ozhovan M 2005 Probing of the Interior Layers of the Earth with Self Sinking Capsules Atomic Energy 99 2 556 562 doi 10 1007 s10512 005 0246 y Onbekende parameter month geignoreer help Onbekende parameter coauthors geignoreer help Rousseau L 2005 Fritz Deelman en die Woestynrowers Kaapstad Human amp Rousseau ISBN 0 7981 4425 4 Bronne WysigHarris P 1972 The composition of the earth In Gass I G red red Understanding the earth a reader in the earth sciences Horsham Artemis Press for the Open University Press ISBN 0 85141 308 0 Schlumberger Oilfield Glossary Schlumberger Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2008 07 17 Besoek op 2008 07 17 Dixon Dougal 2000 Beginner s Guide to Geology New York Bounty Books ISBN 0 7537 0358 0 Eksterne skakels WysigSien Mohorovicic diskontinuiteit in Wiktionary die vrye woordeboek Britt Robert Roy 2005 04 07 Hole Drilled to Bottom of Earth s Crust Breakthrough to Mantle Looms Imaginova Besoek op 2008 07 17 Digging a Hole in the Ocean Project Mohole 1958 1966 United States National Academy of Sciences Besoek op 2008 07 17 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Mohorovicic diskontinuiteit amp ol,