fbpx Midde-Ooste
Wikipedia

Midde-Ooste

Die Midde-Ooste is 'n transkontinentale streek wat gesentreer is rondom Wes-Asië, Siprus, Turkye (Suidoos-Europa), en Egipte (Noord-Afrika). Die ooreenstemmende byvoeglike naamwoord is Midde-Oosterse, en die afgeleide naamwoord is Midde-Oosterling.

'n Kaart van die Midde-Ooste.
Midde-Oosterse kaart van Köppen se klimaats-klassifikasie

Vroeër jare is die Eurosentriese sinoniem van die Midde-Ooste (in teenstelling met die verwysing na die Verre Ooste) oor die algemeen gebruik. Arabiere, Azerbeidjanners, Koerde, Perse, en Turke was die grootste etniese groepe in die streek, gegrond op bevolkingsgetalle, terwyl die Armeniërs, Assiriërs, Sirkassiërs, Kopte, Droese, Grieke, Jode, Maronites, Somaliërs, en ander etniese en etno-godsdienstige groepe die beduidende minderheidsgroepe uitgemaak het.

Die geskiedenis van die Midde-Ooste dateer uit die antieke tye, met die (geopolitieke) belangrikheid van die streek wat al vir millennia hoog geag word. Verskeie vername gelowe het hul oorsprong in die Midde-Ooste. Dit sluit in: Judaïsme, die Christendom, en die Islam; die Baha’i, Mandaïsme, Vrye-Droese, en talle ander geloofstelsels het ook hul oorsprong in die streek.

Die Midde-Ooste se klimaat is oor die algemeen warm en dor, met verskeie groot riviere wat besproeiing moontlik maak vir landbou in bepaalde gebiede soos die Nyldelta in Egipte, die Tigrisrivier en die Eufraat se waterskeidings van Mesopotamië, en die meeste van die sogenaamde Vrugbare Halfmaan.

Die meeste lande wat grens aan die Persiese Golf het groot reserwes van ru-olie, met die diktators van die Arabiese Skiereiland wat veral baat vind by die petroleum-uitvoere.

Inhoud

Die term "Midde-Ooste" het vermoedelik sy oorsprong in die 1850's gekry uit die Brits-Indiese kantoor. Die uitdrukking het egter meer prominensie gekry toe die Amerikaanse vlootstrateeg, Alfred Thayer Mahan, in 1902 dit gebruik het om die gebied tussen Arabië en Indië aan te dui. In dié tyd het die Britse Ryk en die Russiese Ryk albei geveg vir invloed in Sentraal-Asië, 'n stryd wat bekend geword het as "Die Groot Spel". Mahan het nie net die waarde van die streek besef nie, maar ook die belangrikheid van die gebied se middelpunt, die Persiese Golf. Hy het die gebied rondom die Persiese Golf die Midde-Ooste genoem, en gesê naas die Suezkanaal, is dit die belangrikste gedeelte vir Brittanje om te beheer om die Russe te keer om na Brits-Indië op te ruk.

Tot en met die Tweede Wêreldoorlog was dit die gebruik om na die gebiede rondom Turkye en die ooskus van die Middellandse See as die "Nabye Ooste" te verwys, terwyl die "Verre Ooste" rondom China gesentreer was, en die Midde-Ooste was toe die gebied vanaf Mesopotamië tot by Mianmar.

Kritiek en gebruike

1957 Amerikaanse rolprent oor die Midde-Ooste

Die gebruik van die term Midde-Ooste is gekritiseer as implisiet Eurosentries. In die kontemporêre akademiese- en media-omgewing word die term in beide die Europese as die nie-Europese omgewing gebruik.

Die term Midde het ook verwarring geskep oor die veranderde definisie daarvan. Voor die Eerste Wêreldoorlog, is "Nabye Ooste" gebruik met verwysing na die Balkan en die Ottomaanse Ryk, terwyl die "Midde-Ooste" verwys het na Iran, Kaukasië, Afghanistan, Sentraal-Asië en Turkestan. In kontras hiermee verwys "Verre Ooste" na die lande in Oos-Asië (bv. China, Japan, Formosa, Korea, Hongkong ens.)

Met die verdwyning van die Ottomaanse Ryk in 1918, het die "Nabye Ooste" grootliks in onbruik verval, terwyl die "Midde-Ooste" van toepassing geraak het op die Islamitiese lande wat weer ontluik het. Die gebruik van die "Nabye Ooste" is steeds vir 'n verskeidenheid akademiese gebruike, soos in argeologie en antieke geskiedenis, in gebruik.

Gebiede en streke in die Midde-Ooste

Tradisioneel val die volgende gebiede in die Midde-Ooste: Iran (Persië), Anatolië, Mesopotamië, die Levant, die Arabiese Skiereiland en Egipte. In die hedendaagse terme is dit die volgende lande:

Die Westelike Muur en die Rotskoepel in Jerusalem
Die Kaäba, gesetel in Mekka, Saoedi-Arabië

Die Midde-Ooste lê daar waar Eurasië en Afrika bymekaar kom en die Middellandse See en die Indiese Oseaan saamloop. Dit is die geboorteplek en geestelike middelpunt van gelowe soos Christendom, Islam, Judaïsme, Manigeïsme, Jesiede, Droese en Jarsan, en in Iran, Manigeïsme, Mitraïsme, Zoroastrisme en Baha’i. Die Midde-Ooste was nog altyd regdeur die geskiedenis 'n belangrike fokuspunt van wêreldaangeleenthede- 'n strategies, ekonomies, polities, kulturele en godsdienstig sensitiewe streek.

Die wêreld se vroegste beskawings, Mesopotamië (Sumer, Akkadiese Ryk, Assirië en Babilonië) en Antieke Egipte, kom oorspronklik uit die Vrugbare Halfmaan en die Nyl-valleistreke van die antieke Midde-Ooste. Hulle is gevolg deur die Hetiete, Grieke en Urarteïese beskawings van Anatolië, Elam in die pre-Iranse Persië, asook die beskawings van die Levant (soos Ebla, Oegar, Kanaän, Arameë, Fenisië en Israel), Persiese en Mediaanse beskawings in Iran, Noord-Afrika en die Arabiese Skiereiland. Die Midde-Ooste was in die eerste plek grootliks onder die Nieu-Assiriese Ryk verenig, toe deur die Achaemenidiese Ryk en later gevolg deur die Koninkryk van Masedonië. Hierna was dit, in 'n mate, deur die Iranse koninkryke (naamlik die Partiese Ryk en die Sassanidiese Ryk), die Romeinse Ryk en die Bisantynse Ryk verder gevoer. Dit was egter die Arabiese Kalifaat van die Middeleeue, ook bekend as die Islamitiese Goue eeu, wat met die Arabiese verowering van die streek in die sewende eeu n.C., werklik die hele Midde-Ooste as 'n unieke gebied verenig het, en 'n dominante Islamities-etniese identiteit geskep wat grootliks, maar nie eksklusief nie, tot vandag toe nog voortbestaan. Die Mongole, die Armeense Ryk, die Seldjoekse Ryk, die Safawidiese Ryk, die Ottomaanse Ryk, en die Britse Ryk het ook die gebied oorheers.

Die moderne Midde-Ooste het na die Eerste Wêreldoorlog ontstaan toe die Ottomaanse Ryk, wat deel van die Sentrale Moondhede was, deur die Britse Ryk en sy bondgenote verslaan, en in verskeie nasies verdeel, en onder Britse en Franse mandate geplaas is. Ander bepalende gebeure in dié transformasie was die stigting van Israel in 1948 en die uiteindelike onttrekking van Europese magte, veral die Verenigde Koninkryk en Frankryk, teen die einde van die 1960's. Hulle is, met die groeiende invloed van die Verenigde State sedert die 1970's, in 'n mate uit die gebied verdring.

Die streek se aansienlike voorrade van ruolie het nuwe strategiese en ekonomiese waarde in die 20ste eeu aan die gebied gegee. Die massaproduksie van olie het ongeveer 1945 begin met Saoedi-Arabië, Iran, Koeweit en die Verenigde Arabiese Emirate wat groot hoeveelhede olie beskikbaar gehad het. Die geraamde oliereserwes in Saoedi-Arabië en Iran is van die meeste in die wêreld, en die internasionale oliekartel, OPUL word deur de Midde-Oosterse lande beheer.

Gedurende die Koue Oorlog was die Midde-Ooste 'n teater van ideologiese stryd tussen die twee supermoondhede en hul bondgenote: NAVO en Amerika aan die een kant, en die Sowjetunie en die Warskouverdrag aan die ander kant, wat in wedywering was om streeksbondgenote te beïnvloed. Afgesien van die politieke redes hiervan was daar ook nog die "ideologiese konflik" tussen die twee stelsels. Amerika het uit sy pad gegaan om die Arabiese wêreld weg te kry van die Sowjetinvloed. Regdeur die 20ste en 21ste eeu het die gebied deur tye van relatiewe vrede en verdraagsaamheid, en ook tye van konflik gegaan — met veral konflik tussen die Soenni en Sjia.

Etniese groepe

Die Midde-Ooste is vandag die tuiste vir talle gevestigde etniese groepe, wat die volgende insluit: Arabiere, Armeniërs, Assiriërs, Azerbeidjanners, Beloetsje, Bengale, Sirkassiërs, Kopte, Krim-Tatare, Droese, Filippyne, Gagaoesiërs, Georgiërs, Grieke, Hindoes, Jesiede, Jode, Koerde, Lurs, Maltese, Mandeans, Maroni Kos, Mhallami, Ossetiërs, Pakistani's, Pasjtoene, Perse, Punjabi's, Roma, Samaritane, Shabaks, Sindhi's, Somaliërs, Sri Lankane, Turkse volke, Turkmene en Zaza.

Migrasie

Volgens die internasionale organisasie vir migrasie is daar 13 miljoen eerste-generasie migrante uit Arabiese nasies in die wêreld, waarvan 5,8 miljoen in ander Arabiese lande bly. Die burgeroorlog in Somalië is 'n vername oorsaak van die reuse Somaliese diaspora. Die meeste goed opgeleide Somaliërs het hul geboorteland verlaat vir Europa, Noord-Amerika en ander Midde-Oosterse lande.

Nie-Arabiese Midde-Osterse lande soos Turkye, Israel en Iran ondervind ook belangrike migrasiedinamika.

'n Aansienlike getal migrante uit Arabiese lande kom uit etniese, en geloofs-minderheidsgroepe wat ly onder rasse-, en of godsdienstige vervolging, en is nie noodwendig etniese Arabiere, Turke of Iraniërs nie.

Gelowe

Islam is die grootste geloof in die Midde-Ooste.
Nagenoeg 40,5% van die bevolking in Libanon is Christene.

Die Midde-Ooste is baie veelsydig wanneer dit kom by gelowe, en baie het hul oorsprong hier gehad. Islam is die grootste geloof in die Midde-Ooste, maar ander gelowe wat ook in die gebied ontstaan het is Judaïsme en die Christendom, wat goed verteenwoordig word in die Midde-Ooste. Met 40,5% van die Libanese wat Christene is, is die Libanese president, die helfte van sy kabinet, en die helfte van die land se parlement lede van een of ander van die Libanese Christen-kerkgroepe in die land.

Tale

Die vyf vernaamste tale volgens die aantal gebruikers daarvan is Arabies, Persies, Turks, Berbertale en Koerdies. Arabies en Berber verteenwoordig die Afro-Asiatiese tale. Persies en Koerdies behoort aan Indo-Europese tale. Turks is deel van die Turkse tale. Sowat 20 minderheidstale word ook in die Midde-Ooste gebruik.

Olie en gaspypyleidings in die Midde-Ooste

Die Midde-Oosterse ekonomie wissel van baie arm (Gasa en Jemen) tot ontsettende ryk nasies (Katar en Verenigde Arabiese Emirate). Oor die algemeen handhaaf lande in die Midde-Ooste, sedert 2007, 'n positiewe groeikoers. Dit is volgens die CIA World Factbook.

  1. Arabies: الشرق الأوسط, Ash-Sharq al-Awsaṭ; Armeens: Միջին Արևելք, Merdzavor Arevelk’; Azerbeidjans: Orta Şərq; Frans: Moyen-Orient; Georgies: ახლო აღმოსავლეთი, akhlo aghmosavleti; Grieks: Μέση Ανατολή, Mési Anatolí; Hebreeus: המזרח התיכון, Ha'Mizrah Ha'Tihon; Koerdies: Rojhilata Navîn; Persies: خاورمیانه, khāvar-miyāneh; Somalies: Bariga Dhexe; Soranî Koerdies: ڕۆژھەڵاتی ناوین, rrojhellatî nayn; Turks: Orta Doğu; Oerdoe: مشرق وسطی, hashrq vsty

Algemeen

  • Adelson, Roger (1995). London and the Invention of the Middle East: Money, Power, and War, 1902–1922. Yale University Press. ISBN 0-300-06094-7.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Anderson, R; Seibert, R; Wagner, J. (2006). Politics and Change in the Middle East (8th uitg.). Prentice-Hall.
  • Barzilai, Gad; Aharon, Klieman; Gil, Shidlo (1993). The Gulf Crisis and its Global Aftermath. Routledge. ISBN 0-415-08002-9.
  • Barzilai, Gad (1996). Wars, Internal Conflicts and Political Order. State University of New York Press. ISBN 0-7914-2943-1.
  • Beaumont, Peter; Blake, Gerald H; Wagstaff, J. Malcolm (1988). The Middle East: A Geographical Study. David Fulton. ISBN 0-470-21040-0.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  • Goldschmidt, Arthur Jr (1999). A Concise History of the Middle East. Westview Press. ISBN 0-8133-0471-7.
  • Palmer, Michael A. (1992). Guardians of the Persian Gulf: A History of America's Expanding Role in the Persian Gulf, 1833–1992. New York: The Free Press. ISBN 0-02-923843-9.

Aanhalings

  1. . Besoek op26 Mei 2014.
  2. Cairo, Michael F. University Press of Kentucky, 2012 ISBN 978-0-8131-3672-1 p xi.
  3. Government Printing Office.
  4. Kahana, Ephraim.
  5. Beaumont, Blake & Wagstaff 1988, p. 16.
  6. Koppes, CR (1976). "Captain Mahan, General Gordon and the origin of the term "Middle East"". Middle East Studies. 12: 95–98. doi:.
  7. Lewis, Bernard (1965). The Middle East and the West. p. 9.
  8. Fromkin, David (1989). A Peace to end all Peace. p. 224. ISBN 0-8050-0857-8.
  9. Melman, Billie, , Collections Online, 6 The Middle East/Arabia, Cambridge, , besoek op 8 Januarie 2006.
  10. Palmer, Michael A. Guardians of the Persian Gulf: A History of America's Expanding Role in the Persian Gulf, 1833–1992.
  11. Laciner, Dr. Sedat.
  12. Davison, Roderic H. (1960). "Where is the Middle East?". Foreign Affairs. 38 (4): 665–75. doi:.
  13. Held, Colbert C. (2000). Middle East Patterns: Places, Peoples, and Politics. Westview Press. p. 7. ISBN 0-8133-8221-1.
  14. Shohat, Ella. . City University of New York. Besoek op2007-01-12.
  15. Hanafi, Hassan. . Nordic Society for Middle Eastern Studies. Besoek op2007-01-12.
  16. Goldschmidt (1999), bl. 8
  • Cressey, George B. (1960). Crossroads: Land and Life in Southwest Asia. Chicago, IL: J.B. Lippincott Co. xiv, 593 p., ill. with maps and b&w photos.
  • Freedman, Robert O. (1991). The Middle East from the Iran-Contra Affair to the Intifada, in series, Contemporary Issues in the Middle East. 1st ed. Syracuse, NY: Syracuse University Press. x, 441 p. ISBN 0-8156-2502-2 pbk.
  • – Council on Foreign Relations: "A Resource for Nonpartisan Research and Analysis"
  • – Council on Foreign Relations: "A Resource for Nonpartisan Research and Analysis"
  • University of Chicago Library
  • : "The leading information source on business in the Middle East" – MEED.com
  • – advocacy for sustainability and environmental conservation in the Middle East
  • at DMOZ
  • from Yahoo! News
  • ArabianBusiness.com

Midde-Ooste
midde, ooste, nota, transkontinentale, streek, gesentreer, rondom, asië, siprus, turkye, suidoos, europa, egipte, noord, afrika, ooreenstemmende, byvoeglike, naamwoord, afgeleide, naamwoord, rling, kaart, kaart, köppen, klimaats, klassifikasie, vroeër, jare, e. Die Midde Ooste nota 1 is n transkontinentale streek wat gesentreer is rondom Wes Asie Siprus Turkye Suidoos Europa en Egipte Noord Afrika Die ooreenstemmende byvoeglike naamwoord is Midde Oosterse en die afgeleide naamwoord is Midde Oosterling n Kaart van die Midde Ooste Midde Oosterse kaart van Koppen se klimaats klassifikasie Vroeer jare is die Eurosentriese sinoniem van die Midde Ooste in teenstelling met die verwysing na die Verre Ooste oor die algemeen gebruik Arabiere Azerbeidjanners Koerde Perse en Turke was die grootste etniese groepe in die streek gegrond op bevolkingsgetalle 1 terwyl die Armeniers Assiriers Sirkassiers Kopte Droese Grieke Jode Maronites Somaliers en ander etniese en etno godsdienstige groepe die beduidende minderheidsgroepe uitgemaak het Die geskiedenis van die Midde Ooste dateer uit die antieke tye met die geopolitieke belangrikheid van die streek wat al vir millennia hoog geag word 2 3 4 Verskeie vername gelowe het hul oorsprong in die Midde Ooste Dit sluit in Judaisme die Christendom en die Islam die Baha i Mandaisme Vrye Droese en talle ander geloofstelsels het ook hul oorsprong in die streek Die Midde Ooste se klimaat is oor die algemeen warm en dor met verskeie groot riviere wat besproeiing moontlik maak vir landbou in bepaalde gebiede soos die Nyldelta in Egipte die Tigrisrivier en die Eufraat se waterskeidings van Mesopotamie en die meeste van die sogenaamde Vrugbare Halfmaan Die meeste lande wat grens aan die Persiese Golf het groot reserwes van ru olie met die diktators van die Arabiese Skiereiland wat veral baat vind by die petroleum uitvoere Inhoud 1 Terminologie 1 1 Kritiek en gebruike 2 Gebiede en streke 2 1 Gebiede en streke in die Midde Ooste 3 Geskiedenis 4 Demografie 4 1 Etniese groepe 4 2 Migrasie 4 3 Gelowe 4 4 Tale 5 Ekonomie 6 Notas 7 Verwysings 7 1 Algemeen 7 2 Aanhalings 8 Nog leesstof 9 Eksterne skakelsTerminologie WysigDie term Midde Ooste het vermoedelik sy oorsprong in die 1850 s gekry uit die Brits Indiese kantoor 5 Die uitdrukking het egter meer prominensie gekry toe die Amerikaanse vlootstrateeg Alfred Thayer Mahan in 1902 6 dit gebruik het om die gebied tussen Arabie en Indie aan te dui 7 8 In die tyd het die Britse Ryk en die Russiese Ryk albei geveg vir invloed in Sentraal Asie n stryd wat bekend geword het as Die Groot Spel Mahan het nie net die waarde van die streek besef nie maar ook die belangrikheid van die gebied se middelpunt die Persiese Golf 9 10 Hy het die gebied rondom die Persiese Golf die Midde Ooste genoem en gese naas die Suezkanaal is dit die belangrikste gedeelte vir Brittanje om te beheer om die Russe te keer om na Brits Indie op te ruk 11 Tot en met die Tweede Wereldoorlog was dit die gebruik om na die gebiede rondom Turkye en die ooskus van die Middellandse See as die Nabye Ooste te verwys terwyl die Verre Ooste rondom China gesentreer was 12 en die Midde Ooste was toe die gebied vanaf Mesopotamie tot by Mianmar 13 Kritiek en gebruike Wysig Play media 1957 Amerikaanse rolprent oor die Midde Ooste Die gebruik van die term Midde Ooste is gekritiseer as implisiet Eurosentries 14 15 In die kontemporere akademiese en media omgewing word die term in beide die Europese as die nie Europese omgewing gebruik Die term Midde het ook verwarring geskep oor die veranderde definisie daarvan Voor die Eerste Wereldoorlog is Nabye Ooste gebruik met verwysing na die Balkan en die Ottomaanse Ryk terwyl die Midde Ooste verwys het na Iran Kaukasie Afghanistan Sentraal Asie en Turkestan In kontras hiermee verwys Verre Ooste na die lande in Oos Asie bv China Japan Formosa Korea Hongkong ens Met die verdwyning van die Ottomaanse Ryk in 1918 het die Nabye Ooste grootliks in onbruik verval terwyl die Midde Ooste van toepassing geraak het op die Islamitiese lande wat weer ontluik het Die gebruik van die Nabye Ooste is steeds vir n verskeidenheid akademiese gebruike soos in argeologie en antieke geskiedenis in gebruik Gebiede en streke WysigGebiede en streke in die Midde Ooste Wysig Tradisioneel val die volgende gebiede in die Midde Ooste Iran Persie Anatolie Mesopotamie die Levant die Arabiese Skiereiland en Egipte In die hedendaagse terme is dit die volgende lande Bahrein Egipte Irak Iran Israel Jemen Jordanie Katar Koeweit Libanon Oman Saoedi Arabie Siprus Sirie Staat Palestina Turkye Verenigde Arabiese EmirateGeskiedenis Wysig Die Westelike Muur en die Rotskoepel in Jerusalem Die Kaaba gesetel in Mekka Saoedi Arabie Die Midde Ooste le daar waar Eurasie en Afrika bymekaar kom en die Middellandse See en die Indiese Oseaan saamloop Dit is die geboorteplek en geestelike middelpunt van gelowe soos Christendom Islam Judaisme Manigeisme Jesiede Droese en Jarsan en in Iran Manigeisme Mitraisme Zoroastrisme en Baha i Die Midde Ooste was nog altyd regdeur die geskiedenis n belangrike fokuspunt van wereldaangeleenthede n strategies ekonomies polities kulturele en godsdienstig sensitiewe streek Die wereld se vroegste beskawings Mesopotamie Sumer Akkadiese Ryk Assirie en Babilonie en Antieke Egipte kom oorspronklik uit die Vrugbare Halfmaan en die Nyl valleistreke van die antieke Midde Ooste Hulle is gevolg deur die Hetiete Grieke en Urarteiese beskawings van Anatolie Elam in die pre Iranse Persie asook die beskawings van die Levant soos Ebla Oegar Kanaan Aramee Fenisie en Israel Persiese en Mediaanse beskawings in Iran Noord Afrika en die Arabiese Skiereiland Die Midde Ooste was in die eerste plek grootliks onder die Nieu Assiriese Ryk verenig toe deur die Achaemenidiese Ryk en later gevolg deur die Koninkryk van Masedonie Hierna was dit in n mate deur die Iranse koninkryke naamlik die Partiese Ryk en die Sassanidiese Ryk die Romeinse Ryk en die Bisantynse Ryk verder gevoer Dit was egter die Arabiese Kalifaat van die Middeleeue ook bekend as die Islamitiese Goue eeu wat met die Arabiese verowering van die streek in die sewende eeu n C werklik die hele Midde Ooste as n unieke gebied verenig het en n dominante Islamities etniese identiteit geskep wat grootliks maar nie eksklusief nie tot vandag toe nog voortbestaan Die Mongole die Armeense Ryk die Seldjoekse Ryk die Safawidiese Ryk die Ottomaanse Ryk en die Britse Ryk het ook die gebied oorheers Die moderne Midde Ooste het na die Eerste Wereldoorlog ontstaan toe die Ottomaanse Ryk wat deel van die Sentrale Moondhede was deur die Britse Ryk en sy bondgenote verslaan en in verskeie nasies verdeel en onder Britse en Franse mandate geplaas is Ander bepalende gebeure in die transformasie was die stigting van Israel in 1948 en die uiteindelike onttrekking van Europese magte veral die Verenigde Koninkryk en Frankryk teen die einde van die 1960 s Hulle is met die groeiende invloed van die Verenigde State sedert die 1970 s in n mate uit die gebied verdring Die streek se aansienlike voorrade van ruolie het nuwe strategiese en ekonomiese waarde in die 20ste eeu aan die gebied gegee Die massaproduksie van olie het ongeveer 1945 begin met Saoedi Arabie Iran Koeweit en die Verenigde Arabiese Emirate wat groot hoeveelhede olie beskikbaar gehad het 16 Die geraamde oliereserwes in Saoedi Arabie en Iran is van die meeste in die wereld en die internasionale oliekartel OPUL word deur de Midde Oosterse lande beheer Gedurende die Koue Oorlog was die Midde Ooste n teater van ideologiese stryd tussen die twee supermoondhede en hul bondgenote NAVO en Amerika aan die een kant en die Sowjetunie en die Warskouverdrag aan die ander kant wat in wedywering was om streeksbondgenote te beinvloed Afgesien van die politieke redes hiervan was daar ook nog die ideologiese konflik tussen die twee stelsels Amerika het uit sy pad gegaan om die Arabiese wereld weg te kry van die Sowjetinvloed Regdeur die 20ste en 21ste eeu het die gebied deur tye van relatiewe vrede en verdraagsaamheid en ook tye van konflik gegaan met veral konflik tussen die Soenni en Sjia Demografie WysigEtniese groepe Wysig Die Midde Ooste is vandag die tuiste vir talle gevestigde etniese groepe wat die volgende insluit Arabiere Armeniers Assiriers Azerbeidjanners Beloetsje Bengale Sirkassiers Kopte Krim Tatare Droese Filippyne Gagaoesiers Georgiers Grieke Hindoes Jesiede Jode Koerde Lurs Maltese Mandeans Maroni Kos Mhallami Ossetiers Pakistani s Pasjtoene Perse Punjabi s Roma Samaritane Shabaks Sindhi s Somaliers Sri Lankane Turkse volke Turkmene en Zaza Migrasie Wysig Volgens die internasionale organisasie vir migrasie is daar 13 miljoen eerste generasie migrante uit Arabiese nasies in die wereld waarvan 5 8 miljoen in ander Arabiese lande bly Die burgeroorlog in Somalie is n vername oorsaak van die reuse Somaliese diaspora Die meeste goed opgeleide Somaliers het hul geboorteland verlaat vir Europa Noord Amerika en ander Midde Oosterse lande Nie Arabiese Midde Osterse lande soos Turkye Israel en Iran ondervind ook belangrike migrasiedinamika n Aansienlike getal migrante uit Arabiese lande kom uit etniese en geloofs minderheidsgroepe wat ly onder rasse en of godsdienstige vervolging en is nie noodwendig etniese Arabiere Turke of Iraniers nie Gelowe Wysig Islam is die grootste geloof in die Midde Ooste Nagenoeg 40 5 van die bevolking in Libanon is Christene Die Midde Ooste is baie veelsydig wanneer dit kom by gelowe en baie het hul oorsprong hier gehad Islam is die grootste geloof in die Midde Ooste maar ander gelowe wat ook in die gebied ontstaan het is Judaisme en die Christendom wat goed verteenwoordig word in die Midde Ooste Met 40 5 van die Libanese wat Christene is is die Libanese president die helfte van sy kabinet en die helfte van die land se parlement lede van een of ander van die Libanese Christen kerkgroepe in die land Tale Wysig Die vyf vernaamste tale volgens die aantal gebruikers daarvan is Arabies Persies Turks Berbertale en Koerdies Arabies en Berber verteenwoordig die Afro Asiatiese tale Persies en Koerdies behoort aan Indo Europese tale Turks is deel van die Turkse tale Sowat 20 minderheidstale word ook in die Midde Ooste gebruik Ekonomie Wysig Olie en gaspypyleidings in die Midde Ooste Die Midde Oosterse ekonomie wissel van baie arm Gasa en Jemen tot ontsettende ryk nasies Katar en Verenigde Arabiese Emirate Oor die algemeen handhaaf lande in die Midde Ooste sedert 2007 n positiewe groeikoers Dit is volgens die CIA World Factbook Notas Wysig Arabies الشرق الأوسط Ash Sharq al Awsaṭ Armeens Միջին Արևելք Merdzavor Arevelk Azerbeidjans Orta Serq Frans Moyen Orient Georgies ახლო აღმოსავლეთი akhlo aghmosavleti Grieks Mesh Anatolh Mesi Anatoli Hebreeus המזרח התיכון Ha Mizrah Ha Tihon Koerdies Rojhilata Navin Persies خاورمیانه khavar miyaneh Somalies Bariga Dhexe Sorani Koerdies ڕۆژھەڵاتی ناوین rrojhellati nayn Turks Orta Dogu Oerdoe مشرق وسطی hashrq vstyVerwysings WysigAlgemeen Wysig Adelson Roger 1995 London and the Invention of the Middle East Money Power and War 1902 1922 Yale University Press ISBN 0 300 06094 7 AS1 onderhoud ref harv link Anderson R Seibert R Wagner J 2006 Politics and Change in the Middle East 8th uitg Prentice Hall Barzilai Gad Aharon Klieman Gil Shidlo 1993 The Gulf Crisis and its Global Aftermath Routledge ISBN 0 415 08002 9 Barzilai Gad 1996 Wars Internal Conflicts and Political Order State University of New York Press ISBN 0 7914 2943 1 Beaumont Peter Blake Gerald H Wagstaff J Malcolm 1988 The Middle East A Geographical Study David Fulton ISBN 0 470 21040 0 AS1 onderhoud ref harv link Goldschmidt Arthur Jr 1999 A Concise History of the Middle East Westview Press ISBN 0 8133 0471 7 Palmer Michael A 1992 Guardians of the Persian Gulf A History of America s Expanding Role in the Persian Gulf 1833 1992 New York The Free Press ISBN 0 02 923843 9 Aanhalings Wysig Ethnic Groups of Africa and the Middle East An Encyclopedia Besoek op 26 Mei 2014 Cairo Michael F The Gulf The Bush Presidencies and the Middle East University Press of Kentucky 2012 ISBN 978 0 8131 3672 1 p xi Government Printing Office Kahana Ephraim Beaumont Blake amp Wagstaff 1988 p 16 Koppes CR 1976 Captain Mahan General Gordon and the origin of the term Middle East Middle East Studies 12 95 98 doi 10 1080 00263207608700307 Lewis Bernard 1965 The Middle East and the West p 9 Fromkin David 1989 A Peace to end all Peace p 224 ISBN 0 8050 0857 8 Melman Billie Companion to Travel Writing Collections Online 6 The Middle East Arabia Cambridge http cco cambridge org extract id ccol052178140x CCOL052178140XA010 besoek op 8 Januarie 2006 Palmer Michael A Guardians of the Persian Gulf A History of America s Expanding Role in the Persian Gulf 1833 1992 Laciner Dr Sedat Davison Roderic H 1960 Where is the Middle East Foreign Affairs 38 4 665 75 doi 10 2307 20029452 Held Colbert C 2000 Middle East Patterns Places Peoples and Politics Westview Press p 7 ISBN 0 8133 8221 1 Shohat Ella Redrawing American Cartographies of Asia City University of New York Besoek op 2007 01 12 Hanafi Hassan The Middle East in whose world Nordic Society for Middle Eastern Studies Besoek op 2007 01 12 Goldschmidt 1999 bl 8Nog leesstof WysigCressey George B 1960 Crossroads Land and Life in Southwest Asia Chicago IL J B Lippincott Co xiv 593 p ill with maps and b amp w photos Freedman Robert O 1991 The Middle East from the Iran Contra Affair to the Intifada in series Contemporary Issues in the Middle East 1st ed Syracuse NY Syracuse University Press x 441 p ISBN 0 8156 2502 2 pbk Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Midde Ooste Middle East Articles by Region Council on Foreign Relations A Resource for Nonpartisan Research and Analysis Middle East Interactive Crisis Guide Council on Foreign Relations A Resource for Nonpartisan Research and Analysis Middle East Department University of Chicago Library Middle East Business Intelligence since 1957 The leading information source on business in the Middle East MEED com Carboun advocacy for sustainability and environmental conservation in the Middle East Middle East at DMOZ Middle East News from Yahoo News Middle East Business Financial amp Industry News ArabianBusiness comGebiede van die Wereld Afrika Noord Midde Ooste Suid van die Sahara Sentraal Suider Wes Oos Amerikas Noord Sentraal Karibiese Gebied Suid Latyns Asie Sentraal Oos Noord Asie Verre Ooste Suid Indiese subkontinent Suidoos Suidwes Midde Ooste Wes Europa Sentraal Noord Suid Wes Oos Oseanie Australasie Australie Seeland Melanesie Mikronesie Polinesie Poolgebiede Arktika Antarktika Oseane Arktiese Atlantiese Indiese Stille Suidelike See Oorsig van SeeSien ook Kontinente van die wereldOntsluit van https af wikipedia org w index php title Midde Ooste amp ol,