×
Metanol
Eienskappe

Algemeen

Naam Metanol
Chemiese formule CH3OH
Molêre massa 32.04 g/mol
CAS-nommer 67-56-1
Voorkoms kleurlose vloeistof
Fasegedrag
Smeltpunt 176 K (–97 °C)
Kookpunt 337.8 K (64.7 °C)
Digtheid 0.7918 g/cm³
Mengbaarheid water
Oplosbaarheid
Viskositeit 0.59 mPa·s teen 20 °C
Henry se konstante 2,04(12) x 10+2 [L/mol.atm] 5400 [K]

Suur-basis eienskappe

pKa ~ +15.5 (H+ van -OH groep)

Veiligheid

Flitspunt 11 °C
Selfontbrandingspunt 464 °C

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

Metanol ook bekend as metielalkohol (of vroër as "houtgees"), is 'n chemiese verbinding met die chemiese formule CH3OH. Dit is die eenvoudigste alkohol en is 'n ligte, vlugtige, vlambare en giftige vloeistof met 'n kenmerkende reuk wat minder skerp en soeter is as dié van etanol. By kamertemperatuur is dit 'n polêre vloeistof wat gebruik kan word as teenvriesmiddel, oplosmiddel, brandstof en 'n middel om etanol ondrinkbaar te maak. Dit word ook gebruik in die vervaardiging van biodiesel deur middel van die transesterifikasieproses.

Die vervaardiging van metanol vereis ‘n katalisator. Van die katalisators is CuO/ZnO/Cr2O3, CuO/ZnO/Al2O3 en CuO/ZnO. Die temperatuur is gewoonlik tussen 200-350 °C en die druk tussen 40 – 250 Atm. Die chemie van die vervaardiging van metanol kan eenvoudig geskryf word as ‘n hidorgenasie van koolstofmonoksied:

C O + 2 H 2 C H 3 O H {\displaystyle CO+2H_{2}\to CH_{3}OH}

Maar hierdie eenvoud is bedrieglik. Daar word in die chemiese nywerheid altyd ook CO₂ bygevoeg en oor die rol daarvan is geen ooreenstemming onder navorsers nie. Daar is vier belangrike reaksies:

C O 2 + 3 H 2 C H 3 O H + H 2 O {\displaystyle CO_{2}+3H_{2}\to CH_{3}OH+H_{2}O} CO₂- hidrogenasie
C O 2 + H 2 C O + H 2 O {\displaystyle CO_{2}+H_{2}\to CO+H_{2}O} – watergasreaksie
C O + 2 H 2 C H 3 O H {\displaystyle CO+2H_{2}\to CH_{3}OH} – CO – hidrogenasie
2 C O C O 2 + C {\displaystyle 2CO\to CO_{2}+C} – Boudouard-reaksie

Daar is wetenskaplikes wat dink dat net die CO₂- hidrogenasie tot metanol lei, maar daar is geen ooreenstemming daaroor nie. Die Boudouard-reaksie kan die katalisator vervuil, of -indien dit in die omgekeerde rigting verloop- skoonhou.

  1. .
  2. (PDF) (in Engels). Geargiveer vanaf (PDF) op 10 Junie 2015.
  3. Methanol Synthesis Technology,Sunggyu Lee, CRC Press, 1989, ISBN 0-8493-4610-X, ISBN 978-0-8493-4610-1

Publikasie datum: Augustus 10, 2021

metanol, eienskappe, algemeennaam, chemiese, formule, ch3ohmolêre, massa, molcas, nommer, voorkoms, kleurlose, vloeistoffasegedragsmeltpunt, kookpunt, digtheid, 7918, mengbaarheid, wateroplosbaarheid, viskositeit, teen, henry, konstante, 5400, suur, basis, eie. Eienskappe AlgemeenNaam MetanolChemiese formule CH3OHMolere massa 32 04 g molCAS nommer 67 56 1 Voorkoms kleurlose vloeistofFasegedragSmeltpunt 176 K 97 C Kookpunt 337 8 K 64 7 C Digtheid 0 7918 g cm Mengbaarheid waterOplosbaarheid Viskositeit 0 59 mPa s teen 20 C Henry se konstante 2 04 12 x 10 2 L mol atm 5400 K 1 Suur basis eienskappepKa 15 5 H van OH groep VeiligheidFlitspunt 11 C 2 Selfontbrandingspunt 464 CTensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en druk toestande Metanol ook bekend as metielalkohol of vroer as houtgees is n chemiese verbinding met die chemiese formule CH3OH Dit is die eenvoudigste alkohol en is n ligte vlugtige vlambare en giftige vloeistof met n kenmerkende reuk wat minder skerp en soeter is as die van etanol By kamertemperatuur is dit n polere vloeistof wat gebruik kan word as teenvriesmiddel oplosmiddel brandstof en n middel om etanol ondrinkbaar te maak Dit word ook gebruik in die vervaardiging van biodiesel deur middel van die transesterifikasieproses Vervaardiging WysigDie vervaardiging van metanol vereis n katalisator Van die katalisators is CuO ZnO Cr2O3 CuO ZnO Al2O3 en CuO ZnO Die temperatuur is gewoonlik tussen 200 350 C en die druk tussen 40 250 Atm Die chemie van die vervaardiging van metanol kan eenvoudig geskryf word as n hidorgenasie van koolstofmonoksied C O 2 H 2 C H 3 O H displaystyle CO 2H 2 to CH 3 OH Maar hierdie eenvoud is bedrieglik Daar word in die chemiese nywerheid altyd ook CO bygevoeg en oor die rol daarvan is geen ooreenstemming onder navorsers nie Daar is vier belangrike reaksies C O 2 3 H 2 C H 3 O H H 2 O displaystyle CO 2 3H 2 to CH 3 OH H 2 O CO hidrogenasie C O 2 H 2 C O H 2 O displaystyle CO 2 H 2 to CO H 2 O watergasreaksie C O 2 H 2 C H 3 O H displaystyle CO 2H 2 to CH 3 OH CO hidrogenasie 2 C O C O 2 C displaystyle 2CO to CO 2 C Boudouard reaksie Daar is wetenskaplikes wat dink dat net die CO hidrogenasie tot metanol lei maar daar is geen ooreenstemming daaroor nie Die Boudouard reaksie kan die katalisator vervuil of indien dit in die omgekeerde rigting verloop skoonhou 3 Verwysings Wysig NIST Sander Material Safety Data Sheet PDF in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 10 Junie 2015 Methanol Synthesis Technology Sunggyu Lee CRC Press 1989 ISBN 0 8493 4610 X ISBN 978 0 8493 4610 1Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Metanol amp ol,