fbpx
Wikipedia

Menslike-ontwikkelingsindeks

Die Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI, Engels: Human Development Index (HDI)) is 'n vergelykende maatstaf van lewensverwagting, geletterdheid, opvoeding, en lewenstandaard vir al die lande van die wêreld. Dit bied 'n standaard wyse om welstand te meet, veral kinderwelstand. Dit word gebruik om te bepaal en aan te dui of 'n land ontwikkelde, ontwikkelende, of onderontwikkelde land is en om die impak wat ekonomiese beleide op lewensgehalte het, te meet.[2] Die indeks is in 1990 deur die Indiese Nobelpryswenner Amartya Sen, Pakistanse ekonoom Mahbub ul Haq, met ondersteuning van Gustav Ranis van Yale Universiteit en Lord Meghnad Desai van die London School of Economics ontwikkel en word sedertdien deur die ontwikkelingsprogram van die Verenigde Nasies in die organisasie se jaarlikse menslike-ontwikkelingsverslag gebruik. Hoewel dit deur Sen as 'n "growwe meting", beskryf is as gevolg van die beperkings daarvan, vestig dit nogtans aandag op aspekte van ontwikkelings wat nie deur per capita-inkomste gedek word nie.

Wêreldkaart wat die Menslike-ontwikkelingsindeks volgens lande aandui (op basis van data vir 2018, gepubliseer 2019).[1]
██ 0.800–1.000 (baie hoog) ██ 0.700–0.799 (hoog) ██ 0.550–0.699 (medium) ██ 0.350–0.549 (laag) ██ Data onbeskikbaar

Die indeks meet gemiddelde prestasie in 'n land in drie basiese dimensies van menslike ontwikkeling:

  • 'n Lang en gesonde lewe soos gemeet deur lewensverwagting met geboorte.
  • Kennis, soos gemeet deur die volwassegeletterheidstydskoers (met twee-derdes gewig) en die gekombineerde primêre, sekondêre, en tersiêre bruto inskrywingsverhouding (met een-derde gewig).
  • 'n Ordentlike lewenstandaard soos gemeet deur die logaritme van bruto binnelandse produk (BBP) per capita teen koopkragpariteit (KKP) in VSA dollar.

VN-lidlande word elke jaar volgens die metings gelys en rangskik. Lande wat hoog op die lys verskyn gebruik dit om geskoolde immigrante te lok of emigrasie te ontmoedig[3]

'n Alternatiewe maatstaf, die Menslike-armoede-indeks, fokus op die mate van armoede in 'n land.

2010-verslag

  1.   Noorweë 0.938 ()
  2.   Australië 0.937 ()
  3.   Nieu-Seeland 0.907 (  17)
  4.   Verenigde State 0.902 (  9)
  5.   Ierland 0.895 ()
  6.   Liechtenstein 0.891 (  13)
  7.   Nederland 0.890 (  1)
  8.   Kanada 0.888 (  4)
  9.   Swede 0.885 (  2)
  10.   Duitsland 0.885 (  12)
  11.   Japan 0.884 (  1)
  12.   Suid-Korea 0.877 (  14)
  13.   Switserland 0.874 (  4)
  14.   Frankryk 0.872 (  6)
  15.   Israel 0.872 (  12)
  16.   Finland 0.871 (  4)
  17.   Ysland 0.869 (  14)
  18.   België 0.867 (  1)
  19.   Denemarke 0.866 (  3)
  20.   Spanje 0.863 (  5)
  21.   Hong Kong 0.862 (  3)
  22.   Griekeland 0.855 (  3)
  23.   Italië 0.854 (  5)
  24.   Luxemburg 0.852 (  13)
  25.   Oostenryk 0.851 (  11)
  26.   Verenigde Koninkryk 0.849 (  5)
  27.   Singapoer 0.846 (  5)
  28.   Tsjeggiese Republiek 0.841 (  8)
  29.   Slowenië 0.828 ()
  30.   Andorra 0.824 (  2)
  31.   Slowakye 0.818 (  11)
  32.   Verenigde Arabiese Emirate 0.815 (  3)
  33.   Malta 0.815 (  5)
  34.   Estland 0.812 (  6)
  35.   Siprus 0.810 (  3)
  36.   Hongarye 0.805 (  7)
  37.   Broenei 0.805 (  7)
  38.   Katar 0.803 (  5)
  39.   Bahrein 0.801 ()
  40.   Portugal 0.795 (  6)
  41.   Pole 0.795 ()
  42.   Barbados 0.788 (  5)

Metodologie

 
MOI-neigings tussen 1975 en 2004

   OECD

   Sentraal- en Oos-Europa, en die CIS

   Latyns-Amerika en die Karibiese gebied

   Oos-Asië

   Arabiese State

   Suid-Asië

   Afrika suid van die Sahara

In die algemeen om 'n rou-veranderlike, sê maar  , na 'n eenheidslose indeks om te skakel (wat toelaat dat verskillende indekse by mekaar getel kan word), word die volgende formule gebruik:

  •  -index =  

waar   en   onderskeidelik die laagste en hoogste waardes is wat die veranderlike   kan bereik.

Die Menslike-ontwikkelingsindeks verteenwoordig dan die gemiddeld van die volgende drie algemene indekse:[4]

  • Lewensverwagtingindeks =  
  • Opvoedingsindeks =  
    • Volwassegeletterheidsindeks (VGI) =  
    • Bruto-inskrywingsindeks (BII) =  
  • BBP-indeks =  

LW: Lewensverwagting teen geboorte
VGI: Volwassegeletterheidsindeks (ouderdomme 15 en ouer)
GBIV: Gekombineerde bruto inskrywingsverhouding vir primêre, sekondêre en tersiêre opvoeding
BBPpc: BBP per capita teen koopkragpariteit in VSD

2006-verslag

 
Gekleurde wêreldkaart wat Menslike-ontwikkelingsindekswaardes vir 2004 illustreer

   0,950 en hoër

   0,900–0,949

   0,850–0,899

   0,800–0,849

   0,750–0,799

   0,700–0,749

   0,650–0,699

   0,600–0,649

   0,550–0,599

   0,500–0,549

   0,450–0,499

   0,400–0,449

   0,350–0,399

   0,300–0,349

   onder 0,300

   nie beskikbaar nie

(kleurblindheid aanpasbare kaart)

Die verslag vir 2006 is in Kaapstad, Suid-Afrika, op 9 November 2006 bekendgestel. Die fokus van die verslag was op "mag, armoede en die globale waterkrisis." [5] Meeste van die data wat vir die verslag gebruik is, dateer uit 2004 of te vore, wat dus 'n indeks vir 2004 verskaf. Nie alle VN-lidlande kies, of is in staat, om die statistiek wat benodig word, te verskaf nie.

Die verslag rapporteer 'n vertraging in wêreldwye Menslike-ontwikkelingsindeks aangesien die volgehoue verbeterings in ontwikkelde lande geneutraliseer is deur 'n algemene daling in die ontwikkelende lande. Lande in Afrika suid van die Sahara en Suid-Asië het beduidende dalings in die indeks beleef teenoor die waardes in die vorige verslag. Ander ontwikkelende lande het min of geen vooruitgang getoon nie.

'n Indekswaarde van minder as 0,5 word as verteenwoordigend van lae ontwikkeling gesien. 29 van die 31 lande in die kategorie is in Afrika, die ander twee in die kategorie is Haïti en Jemen. Die lande in Afrika suid van die Sahara wat die hoogste telling behaal het, Ekwatoriaal-Guinee en Suid-Afrika, het onderskeidelik die 120ste en 121ste plekke behaal met 'n waarde van 0.653).

'n Waarde van 0,8 of meer word as verteenwoordigend van hoë ontwikkelling gesien. Dit sluit in alle ontwikkelde lande soos die in Noord-Amerika, Wes-Europa, Oseanië, en Oos-Asië, asook sommige van die ontwikkelende lande in Oos-Europa, Sentraal- en Suid-Amerika, Suidoos-Asië, die Karibiese gebied, en die olieryke Arabiese Skiereiland.

Verwysings

  1. "Human Development Report 2019 – "Human Development Indices and Indicators"" (PDF). HDRO (Human Development Report Office) United Nations Development Programme. pp. 22–25. Besoek op 9 Desember 2019.
  2. Davies, A. and G. Quinlivan (2006), A Panel Data Analysis of the Impact of Trade on Human Development, Journal of Socioeconomics
  3. Toespraak deur Jean Chrétien, voormalige Eerste Minister van Kanada
  4. Technical note explaining the definition of the HDI, Besoek op 14 Julie 2007
  5. The 2006 Human Development Report

Menslike-ontwikkelingsindeks
menslike, ontwikkelingsindeks, engels, human, development, index, vergelykende, maatstaf, lewensverwagting, geletterdheid, opvoeding, lewenstandaard, lande, wêreld, bied, standaard, wyse, welstand, meet, veral, kinderwelstand, word, gebruik, bepaal, land, ontw. Die Menslike ontwikkelingsindeks MOI Engels Human Development Index HDI is n vergelykende maatstaf van lewensverwagting geletterdheid opvoeding en lewenstandaard vir al die lande van die wereld Dit bied n standaard wyse om welstand te meet veral kinderwelstand Dit word gebruik om te bepaal en aan te dui of n land ontwikkelde ontwikkelende of onderontwikkelde land is en om die impak wat ekonomiese beleide op lewensgehalte het te meet 2 Die indeks is in 1990 deur die Indiese Nobelpryswenner Amartya Sen Pakistanse ekonoom Mahbub ul Haq met ondersteuning van Gustav Ranis van Yale Universiteit en Lord Meghnad Desai van die London School of Economics ontwikkel en word sedertdien deur die ontwikkelingsprogram van die Verenigde Nasies in die organisasie se jaarlikse menslike ontwikkelingsverslag gebruik Hoewel dit deur Sen as n growwe meting beskryf is as gevolg van die beperkings daarvan vestig dit nogtans aandag op aspekte van ontwikkelings wat nie deur per capita inkomste gedek word nie Wereldkaart wat die Menslike ontwikkelingsindeks volgens lande aandui op basis van data vir 2018 gepubliseer 2019 1 0 800 1 000 baie hoog 0 700 0 799 hoog 0 550 0 699 medium 0 350 0 549 laag Data onbeskikbaar Die indeks meet gemiddelde prestasie in n land in drie basiese dimensies van menslike ontwikkeling n Lang en gesonde lewe soos gemeet deur lewensverwagting met geboorte Kennis soos gemeet deur die volwassegeletterheidstydskoers met twee derdes gewig en die gekombineerde primere sekondere en tersiere bruto inskrywingsverhouding met een derde gewig n Ordentlike lewenstandaard soos gemeet deur die logaritme van bruto binnelandse produk BBP per capita teen koopkragpariteit KKP in VSA dollar VN lidlande word elke jaar volgens die metings gelys en rangskik Lande wat hoog op die lys verskyn gebruik dit om geskoolde immigrante te lok of emigrasie te ontmoedig 3 n Alternatiewe maatstaf die Menslike armoede indeks fokus op die mate van armoede in n land Inhoud 1 2010 verslag 2 Metodologie 3 2006 verslag 4 Verwysings2010 verslag Wysig Noorwee 0 938 Australie 0 937 Nieu Seeland 0 907 17 Verenigde State 0 902 9 Ierland 0 895 Liechtenstein 0 891 13 Nederland 0 890 1 Kanada 0 888 4 Swede 0 885 2 Duitsland 0 885 12 Japan 0 884 1 Suid Korea 0 877 14 Switserland 0 874 4 Frankryk 0 872 6 Israel 0 872 12 Finland 0 871 4 Ysland 0 869 14 Belgie 0 867 1 Denemarke 0 866 3 Spanje 0 863 5 Hong Kong 0 862 3 Griekeland 0 855 3 Italie 0 854 5 Luxemburg 0 852 13 Oostenryk 0 851 11 Verenigde Koninkryk 0 849 5 Singapoer 0 846 5 Tsjeggiese Republiek 0 841 8 Slowenie 0 828 Andorra 0 824 2 Slowakye 0 818 11 Verenigde Arabiese Emirate 0 815 3 Malta 0 815 5 Estland 0 812 6 Siprus 0 810 3 Hongarye 0 805 7 Broenei 0 805 7 Katar 0 803 5 Bahrein 0 801 Portugal 0 795 6 Pole 0 795 Barbados 0 788 5 Metodologie Wysig MOI neigings tussen 1975 en 2004 OECD Sentraal en Oos Europa en die CIS Latyns Amerika en die Karibiese gebied Oos Asie Arabiese State Suid Asie Afrika suid van die Sahara In die algemeen om n rou veranderlike se maar x displaystyle x na n eenheidslose indeks om te skakel wat toelaat dat verskillende indekse by mekaar getel kan word word die volgende formule gebruik x displaystyle x index x min x max x min x displaystyle frac x min left x right max left x right min left x right waar min x displaystyle min left x right en max x displaystyle max left x right onderskeidelik die laagste en hoogste waardes is wat die veranderlike x displaystyle x kan bereik Die Menslike ontwikkelingsindeks verteenwoordig dan die gemiddeld van die volgende drie algemene indekse 4 Lewensverwagtingindeks L W 25 85 25 displaystyle frac LW 25 85 25 Opvoedingsindeks 2 3 V G I 1 3 G E I displaystyle frac 2 3 times VGI frac 1 3 times GEI Volwassegeletterheidsindeks VGI V G V 0 100 0 displaystyle frac VGV 0 100 0 Bruto inskrywingsindeks BII G B I V 0 100 0 displaystyle frac GBIV 0 100 0 BBP indeks log B B P p c log 100 log 40000 log 100 displaystyle frac log left BBPpc right log left 100 right log left 40000 right log left 100 right LW Lewensverwagting teen geboorte VGI Volwassegeletterheidsindeks ouderdomme 15 en ouer GBIV Gekombineerde bruto inskrywingsverhouding vir primere sekondere en tersiere opvoeding BBPpc BBP per capita teen koopkragpariteit in VSD2006 verslag Wysig Gekleurde wereldkaart wat Menslike ontwikkelingsindekswaardes vir 2004 illustreer 0 950 en hoer 0 900 0 949 0 850 0 899 0 800 0 849 0 750 0 799 0 700 0 749 0 650 0 699 0 600 0 649 0 550 0 599 0 500 0 549 0 450 0 499 0 400 0 449 0 350 0 399 0 300 0 349 onder 0 300 nie beskikbaar nie kleurblindheid aanpasbare kaart Die verslag vir 2006 is in Kaapstad Suid Afrika op 9 November 2006 bekendgestel Die fokus van die verslag was op mag armoede en die globale waterkrisis 5 Meeste van die data wat vir die verslag gebruik is dateer uit 2004 of te vore wat dus n indeks vir 2004 verskaf Nie alle VN lidlande kies of is in staat om die statistiek wat benodig word te verskaf nie Die verslag rapporteer n vertraging in wereldwye Menslike ontwikkelingsindeks aangesien die volgehoue verbeterings in ontwikkelde lande geneutraliseer is deur n algemene daling in die ontwikkelende lande Lande in Afrika suid van die Sahara en Suid Asie het beduidende dalings in die indeks beleef teenoor die waardes in die vorige verslag Ander ontwikkelende lande het min of geen vooruitgang getoon nie n Indekswaarde van minder as 0 5 word as verteenwoordigend van lae ontwikkeling gesien 29 van die 31 lande in die kategorie is in Afrika die ander twee in die kategorie is Haiti en Jemen Die lande in Afrika suid van die Sahara wat die hoogste telling behaal het Ekwatoriaal Guinee en Suid Afrika het onderskeidelik die 120ste en 121ste plekke behaal met n waarde van 0 653 n Waarde van 0 8 of meer word as verteenwoordigend van hoe ontwikkelling gesien Dit sluit in alle ontwikkelde lande soos die in Noord Amerika Wes Europa Oseanie en Oos Asie asook sommige van die ontwikkelende lande in Oos Europa Sentraal en Suid Amerika Suidoos Asie die Karibiese gebied en die olieryke Arabiese Skiereiland Verwysings Wysig Human Development Report 2019 Human Development Indices and Indicators PDF HDRO Human Development Report Office United Nations Development Programme pp 22 25 Besoek op 9 Desember 2019 Davies A and G Quinlivan 2006 A Panel Data Analysis of the Impact of Trade on Human Development Journal of Socioeconomics Toespraak deur Jean Chretien voormalige Eerste Minister van Kanada Technical note explaining the definition of the HDI Besoek op 14 Julie 2007 The 2006 Human Development ReportOntsluit van https af wikipedia org w index php title Menslike ontwikkelingsindeks amp oldid 2209808,