fbpx Menkaoehor
Wikipedia

Menkaoehor

Menkaoehor (ook bekend as Menkaoehor Kaioe en onder die Hellenistiese naam Mencheres volgens Manetho) was ’n Egiptiese farao van die 5de Dinastie tydens ’n tydperk bekend as die Ou Ryk. Hy het koning Nioeserre opgevolg. Sy troonnaam beteken "Ewigdurend is die siele van Horus".

Menkaoehor
Kaioe, Mencheres
’n 18-dinastiese stele deur die kunstenaar Imeneminet wat farao Menkaoehor van die 5de Dinastie uitbeeld (Louvre).
Farao van die 5de Dinastie
Periode 2421–2414 v.C.
Voorganger Nioeserre
Opvolger Djedkare
Vader Nioeserre
Monumente Piramide by Saqqara (?)
Menkaoehor in Egiptiese hiërogliewe
Serech of Horusnaam
Nebty-naam
Goue Horus-naam

Praenomen of troonnaam




Nomen of geboortenaam

Inhoud

Menkaoehor was dalk ’n seun van Nioeserre. Reliëfwerke in die dodetempel van Chentkaoes II dui moontlik daarop, maar dit is nie seker nie.

Daar word gemeen koningin Meresanch IV kon Menkaoehor se vrou gewees het. Sy kon dalk ook Djedkare se vrou gewees het. Nog ’n voorstel is koningin Choeit I, maar dis ook nie seker nie.

Menkaoehor se opvolger, Djedkare, was moontlik sy seun. Ander moontlike kinders sluit in prinsesse Raemka en Chaemtjenent, maar hulle kon ook Djedkare se dogters gewees het en dan was hulle dalk Menkaoehor se kleinkinders.

Die Turynse Koningslys dui Menkaoehor se bewind aan as agt jaar. Hy was die laaste farao wat ’n sontempel laat bou het. Sy piramide is dalk in 1842 deur die Duitse argeoloog Karl Richard Lepsius by Saqqara ontdek. Lepsius het dit nommer 29 of die "Koplose Piramide" genoem. Dit is daarna deur sand toegewaai en eers in 2008 herontdek.

Menkaoehor is naas Sjepseskare die geheimsinnigste farao van die 5de Dinastie. Al wat aandui dat hy wel bestaan het, is ’n reliëfwerk van ’n amptenaar met die naam Tjoetjoe wat hom bewonder, ’n steengroef-inskripsie by Wadi Maghara in Sinai uit sy bewind, ’n enkele seel met sy naam op en ’n klein standbeeld.

  1. Shaw, Ian, red. (2000). The Oxford History of Ancient Egypt. Oxford University Press. p. 480. ISBN 0-19-815034-2.
  2. Clayton, Peter A. Chronicle of the Pharaohs: The Reign-by-Reign Record of the Rulers and Dynasties of Ancient Egypt, bl.61. Thames & Hudson. 2006. ISBN 0-500-28628-0
  3. M. Verner, The Pyramids, 1997
  4. Dodson, Hilton, The Complete Royal Families of Ancient Egypt, 2004
  5. W. Grajetzki, Ancient Egyptian Queens: a hieroglyphic dictionary, 2005
  6. "Egypt uncovers 'missing' pyramid of a pharaoh", 9 Junie 2008 op Wayback Machine, Katarina Kratovac, AP, 5 Junie 2008
  7. Miroslav Verner, Archaeological Remarks on the 4th and 5th Dynasty Chronology, Archiv Orientální, Volume 69: 2001, bl. 405

Menkaoehor
menkaoehor, bekend, kaioe, onder, hellenistiese, naam, mencheres, volgens, manetho, egiptiese, farao, dinastie, tydens, tydperk, bekend, koning, nioeserre, opgevolg, troonnaam, beteken, ewigdurend, siele, horus, kaioe, mencheres, dinastiese, stele, deur, kunst. Menkaoehor ook bekend as Menkaoehor Kaioe en onder die Hellenistiese naam Mencheres volgens Manetho was n Egiptiese farao van die 5de Dinastie tydens n tydperk bekend as die Ou Ryk Hy het koning Nioeserre opgevolg Sy troonnaam beteken Ewigdurend is die siele van Horus 2 MenkaoehorKaioe Mencheres n 18 dinastiese stele deur die kunstenaar Imeneminet wat farao Menkaoehor van die 5de Dinastie uitbeeld Louvre Farao van die 5de DinastiePeriode 2421 2414 v C 1 Voorganger NioeserreOpvolger DjedkareVader NioeserreMonumente Piramide by Saqqara Menkaoehor in Egiptiese hieroglieweSerech of HorusnaamNebty naamGoue Horus naamPraenomen of troonnaamNomen of geboortenaam Portaal Antieke Egipte Inhoud 1 Familie 2 Bewind 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsFamilie WysigMenkaoehor was dalk n seun van Nioeserre Reliefwerke in die dodetempel van Chentkaoes II dui moontlik daarop maar dit is nie seker nie 3 Daar word gemeen koningin Meresanch IV kon Menkaoehor se vrou gewees het 4 Sy kon dalk ook Djedkare se vrou gewees het Nog n voorstel is koningin Choeit I maar dis ook nie seker nie 5 Menkaoehor se opvolger Djedkare was moontlik sy seun 3 Ander moontlike kinders sluit in prinsesse Raemka en Chaemtjenent maar hulle kon ook Djedkare se dogters gewees het 4 en dan was hulle dalk Menkaoehor se kleinkinders Bewind WysigDie Turynse Koningslys dui Menkaoehor se bewind aan as agt jaar Hy was die laaste farao wat n sontempel laat bou het Sy piramide is dalk in 1842 deur die Duitse argeoloog Karl Richard Lepsius by Saqqara ontdek Lepsius het dit nommer 29 of die Koplose Piramide genoem 6 Dit is daarna deur sand toegewaai en eers in 2008 herontdek Menkaoehor is naas Sjepseskare die geheimsinnigste farao van die 5de Dinastie Al wat aandui dat hy wel bestaan het is n reliefwerk van n amptenaar met die naam Tjoetjoe wat hom bewonder n steengroef inskripsie by Wadi Maghara in Sinai uit sy bewind n enkele seel met sy naam op en n klein standbeeld 7 Verwysings Wysig Shaw Ian red 2000 The Oxford History of Ancient Egypt Oxford University Press p 480 ISBN 0 19 815034 2 Clayton Peter A Chronicle of the Pharaohs The Reign by Reign Record of the Rulers and Dynasties of Ancient Egypt bl 61 Thames amp Hudson 2006 ISBN 0 500 28628 0 3 0 3 1 M Verner The Pyramids 1997 4 0 4 1 Dodson Hilton The Complete Royal Families of Ancient Egypt 2004 W Grajetzki Ancient Egyptian Queens a hieroglyphic dictionary 2005 Egypt uncovers missing pyramid of a pharaoh http news yahoo com s ap 20080605 ap on re mi ea egypt missing pyramid 4 Geargiveer 9 Junie 2008 op Wayback Machine Katarina Kratovac AP 5 Junie 2008 Miroslav Verner Archaeological Remarks on the 4th and 5th Dynasty Chronology Archiv Orientalni Volume 69 2001 bl 405Eksterne skakels WysigEgiptiese konings Menkaoehor se piramide gevind BBC Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Menkaoehor amp ol,