fbpx Menes
Wikipedia

Menes

Menes (Egipties: Mnj, waarskynlik uitgespreek maˈnij; Grieks: Μήνης; Arabies: مينا) was ’n farao van die Vroegdinastiese Tydperk van Antieke Egipte. Hy kry gewoonlik die eer dat hy Bo- en Benede-Egipte verenig het en as die stigter van die 1ste Dinastie.

Menes
Farao
Voorganger
Opvolger Hor-Aha?
Menes in Egiptiese hiërogliewe

Daar word steeds druk gedebatteer oor die identiteit van Menes, hoewel die meeste Egiptoloë reken hy was die protodinastiese farao Narmer of die 1ste-dinastiese Hor-Aha. Albei farao's word in verskillende bronne genoem as die koning wat Antieke Egipte verenig het.

Die algemeen gebruikte naam "Menes" kom uit die pen van die Egiptiese historikus Manetho, wat tydens die Ptolemeïese Ryk geleef het. Hy het die vorm Μήνης (Mênês) gebruik. Menes beteken "hy wat volhard" en Edwards (1971) glo dit was dalk ’n bloot beskrywende titel "vir ’n semi-legendariese held wie se naam verlore gegaan het".

Inhoud

Die feitlik algehele afwesigheid van die naam Menes in die argeologiese rekord en die talle meldings van die naam Narmer, ’n protodinastiese figuur wat vereenwelwig word met vooruitgang en ’n groot aanspraak het op die vereniging van Bo- en Benede-Egipte, het aanleiding gegee tot die teorie dat hulle dieselfde persoon was.

Die hoofverwysing na Menes is ’n ivooretiket van Naqada met die Horusnaam Aha (die farao Hor-Aha) langs ’n gebou waarin die Nebtynaam mn (waarskynlik Menes) voorkom. Die volle titel van die farao's was tradisioneel albei name, maar soms is net een gebruik. Hieruit het die teorie ontstaan dat Menes en Hor-Aha dieselfde persoon of opeenvolgende farao's was.

Die Turynse en die Abydos-koningslys, wat gewoonlik as korrek aanvaar word, gebruik net die Nebtyname van farao's en nie hul Horusname nie, en dit is moeilik om die verskillende rekords te laat ooreenstem: die Nebtyname van die koningslyste, die Horusname van die argeologiese rekords en die aantal farao's in die 1ste Dinastie volgens Manetho en ander historiese bronne.

Petrie het dit eerste probeer en Iti verbind met Djer as die derde farao van dié dinastie, Teti (Turyn) – of nog ’n Iti (Abydos) – met Hor-Aha as die tweede farao, en Menes (’n Nebtynaam) met Narmer (’n Horusnaam) as die eerste farao. Lloyd (1994) dink dié volgorde is "hoogs moontlik", en Cervelló-Autuori (2003) stel dit kategories dat "Menes Narmer is en die 1ste Dinastie met hom begin het". Seidlmayer (2004) glo egter dis veilig om te aanvaar Menes was Hor-Aha.

Egiptoloë, argeoloë en geleerdes van die 19de eeu het verskillende datums voorgestel vir die era van Menes, of die begin van die 1ste Dinastie. Die moderne konsensus is dat die dinastie tussen omstreeks 3100 en 3050 v.C. ontstaan het; sommige meen dit was omstreeks 3000 v.C.

  1. Loprieno, Antonio (1995). Ancient Egyptian: A linguistic introduction. Cambridge University press. ISBN 0-521-44384-9.AS1-onderhoud: ref=harv (link)
  2. Beck, Roger B; Black, Linda; Krieger, Larry S; Naylor, Phillip C; Shabaka, Dahia Ibo (1999), World history: Patterns of interaction, Evanston, IL: McDougal Littell, ISBN 0-395-87274-X
  3. Edwards, IES (1971), "The early dynastic period in Egypt", The Cambridge Ancient History 1, Cambridge: Cambridge University Press
  4. Lloyd, Alan B. ([1975] 1994), Herodotus: Book II, Leiden: EJ Brill, ISBN 90-04-04179-6
  5. Cervelló-Autuori, Josep (2000), "Narmer, Menes and the seals from Abydos", Egyptology at the dawn of the twenty-first century: proceedings of the Eighth International Congress of Egyptologists 2, Cairo: The American University in Cairo Press, ISBN 978-977-424-714-9
  6. Seidlmayer, Stephan (2010) [2004], "The Rise of the State to the Second Dynasty", Egypt: The World of the Pharaohs, ISBN 978-3-8331-6000-4
  7. Edwards, IES (1971), "The early dynastic period in Egypt", The Cambridge Ancient History 1, Cambridge: Cambridge University Press
  8. Lloyd, Alan B. ([1975] 1994), Herodotus: Book II, Leiden: EJ Brill, ISBN 90-04-04179-6
  9. Cervelló-Autuori, Josep (2000), "Narmer, Menes and the seals from Abydos", Egyptology at the dawn of the twenty-first century: proceedings of the Eighth International Congress of Egyptologists 2, Cairo: The American University in Cairo Press, ISBN 978-977-424-714-9
  10. Seidlmayer, Stephan (2010) [2004], "The Rise of the State to the Second Dynasty", Egypt: The World of the Pharaohs, ISBN 978-3-8331-6000-4
  11. Kitchen, KA (1991). "The Chronology of Ancient Egypt". World Archaeology. 23 (2): 201–8. doi:.
  • Heagy, Thomas C. (2014), "Who was Menes?", Archeo-Nil 24: 59–92.

Menes
menes, egipties, waarskynlik, uitgespreek, maˈnij, grieks, Μήνης, arabies, مينا, farao, vroegdinastiese, tydperk, antieke, egipte, gewoonlik, benede, egipte, verenig, stigter, 1ste, dinastie, faraovoorganger, opvolger, egiptiese, hiërogliewenebty, naamportaal,. Menes Egipties Mnj waarskynlik uitgespreek maˈnij 1 Grieks Mhnhs Arabies مينا was n farao van die Vroegdinastiese Tydperk van Antieke Egipte Hy kry gewoonlik die eer dat hy Bo en Benede Egipte verenig het en as die stigter van die 1ste Dinastie 2 MenesFaraoVoorganger Opvolger Hor Aha Menes in Egiptiese hieroglieweNebty naamPortaal Antieke Egipte Daar word steeds druk gedebatteer oor die identiteit van Menes hoewel die meeste Egiptoloe reken hy was die protodinastiese farao Narmer 3 4 5 of die 1ste dinastiese Hor Aha 6 Albei farao s word in verskillende bronne genoem as die koning wat Antieke Egipte verenig het Die algemeen gebruikte naam Menes kom uit die pen van die Egiptiese historikus Manetho wat tydens die Ptolemeiese Ryk geleef het Hy het die vorm Mhnhs Menes gebruik Menes beteken hy wat volhard en Edwards 1971 glo dit was dalk n bloot beskrywende titel vir n semi legendariese held wie se naam verlore gegaan het 7 Inhoud 1 Narmer en Menes 2 Datums 3 Verwysings 4 BronneNarmer en Menes WysigDie feitlik algehele afwesigheid van die naam Menes in die argeologiese rekord en die talle meldings van die naam Narmer n protodinastiese figuur wat vereenwelwig word met vooruitgang en n groot aanspraak het op die vereniging van Bo en Benede Egipte het aanleiding gegee tot die teorie dat hulle dieselfde persoon was Die hoofverwysing na Menes is n ivooretiket van Naqada met die Horusnaam Aha die farao Hor Aha langs n gebou waarin die Nebtynaam mn waarskynlik Menes voorkom Die volle titel van die farao s was tradisioneel albei name maar soms is net een gebruik Hieruit het die teorie ontstaan dat Menes en Hor Aha dieselfde persoon of opeenvolgende farao s was Die Turynse en die Abydos koningslys wat gewoonlik as korrek aanvaar word gebruik net die Nebtyname van farao s en nie hul Horusname nie en dit is moeilik om die verskillende rekords te laat ooreenstem die Nebtyname van die koningslyste die Horusname van die argeologiese rekords en die aantal farao s in die 1ste Dinastie volgens Manetho en ander historiese bronne Petrie het dit eerste probeer en Iti verbind met Djer as die derde farao van die dinastie Teti Turyn of nog n Iti Abydos met Hor Aha as die tweede farao en Menes n Nebtynaam met Narmer n Horusnaam as die eerste farao Lloyd 1994 dink die volgorde is hoogs moontlik 8 en Cervello Autuori 2003 stel dit kategories dat Menes Narmer is en die 1ste Dinastie met hom begin het 9 Seidlmayer 2004 glo egter dis veilig om te aanvaar Menes was Hor Aha 10 Datums WysigEgiptoloe argeoloe en geleerdes van die 19de eeu het verskillende datums voorgestel vir die era van Menes of die begin van die 1ste Dinastie Die moderne konsensus is dat die dinastie tussen omstreeks 3100 en 3050 v C ontstaan het sommige meen dit was omstreeks 3000 v C 11 Verwysings Wysig Loprieno Antonio 1995 Ancient Egyptian A linguistic introduction Cambridge University press ISBN 0 521 44384 9 AS1 onderhoud ref harv link Beck Roger B Black Linda Krieger Larry S Naylor Phillip C Shabaka Dahia Ibo 1999 World history Patterns of interaction Evanston IL McDougal Littell ISBN 0 395 87274 X Edwards IES 1971 The early dynastic period in Egypt The Cambridge Ancient History 1 Cambridge Cambridge University Press Lloyd Alan B 1975 1994 Herodotus Book II Leiden EJ Brill ISBN 90 04 04179 6 Cervello Autuori Josep 2000 Narmer Menes and the seals from Abydos Egyptology at the dawn of the twenty first century proceedings of the Eighth International Congress of Egyptologists 2 Cairo The American University in Cairo Press ISBN 978 977 424 714 9 Seidlmayer Stephan 2010 2004 The Rise of the State to the Second Dynasty Egypt The World of the Pharaohs ISBN 978 3 8331 6000 4 Edwards IES 1971 The early dynastic period in Egypt The Cambridge Ancient History 1 Cambridge Cambridge University Press Lloyd Alan B 1975 1994 Herodotus Book II Leiden EJ Brill ISBN 90 04 04179 6 Cervello Autuori Josep 2000 Narmer Menes and the seals from Abydos Egyptology at the dawn of the twenty first century proceedings of the Eighth International Congress of Egyptologists 2 Cairo The American University in Cairo Press ISBN 978 977 424 714 9 Seidlmayer Stephan 2010 2004 The Rise of the State to the Second Dynasty Egypt The World of the Pharaohs ISBN 978 3 8331 6000 4 Kitchen KA 1991 The Chronology of Ancient Egypt World Archaeology 23 2 201 8 doi 10 1080 00438243 1991 9980172 Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaBronne WysigHeagy Thomas C 2014 Who was Menes Archeo Nil 24 59 92 1 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Menes amp ol,