fbpx Menelik I
Wikipedia

Menelik I

Menelik I (Ge'ez: ምኒልክ Mənilək) was die eerste keiser van Ethiopië van die Salomoniese Dinastie. Volgens die Kebra Nagast, ’n 14de-eeuse geskrif, het hy in die 10de eeu v.C. Ethiopië se Huis van Salomo gestig – dit is so genoem omdat Menelik glo die seun was van die Bybelse koning Salomo en Makeda, die Ethiopiese koningin van Skeba.

Menelik I
Keiser van Ethiopië
Dinastie Huis van Salomo
Bewind 10de eeu v.C.
Voorganger Geen
Vader Koning Salomo
Moeder Koningin van Skeba

Inhoud

Volgens die Middeleeuse Kebra Nagast, wat in 1312 in Ge'ez vertaal is, was sy naam Bäynä Ləḥkəm (van Arabies ابن الحكيم, "seun van die wyse man"). Die naam "Menelik" is Amharies, ’n Ethiopiese taal.

Volgens legende is Menelik verwek nadat Salomo die koningin van Skeba verlei het. Sy ma het hom as ’n Jood in Ethiopië grootgemaak en hy was in sy 20's toe hy Jerusalem die eerste keer besoek het om sy pa te ontmoet. Sy pa het Menelik gesmeek om te bly en oor Israel te regeer, maar Menelik wou na Ethiopië terugkeer. Salomo het toe baie Israeliete saam met hom gestuur om hom te help om volgens Bybelse standaarde te regeer en hulle het die Verbondsark met hulle saamgeneem. (Volgens sommige weergawes het hulle dit gesteel en volgens ander het Salomo dit vir hulle gegee.) Ná die dood van sy ma het Menelik toe koning van Ethiopië geword.

Die legende lui dat Menelik I die Salomoniese Dinastie van Ethiopië gestig het en dat hulle, met ’n paar onderbrekings, byna 3 000 jaar aan die bewind was. Dit het 225 geslagte later geëindig met die afsetting van keiser Haile Selassie in 1974. Historiese rekords wys egter die Salomoniese Dinastie het in 1262 n.C. begin toe Jekoeno Amlak, wat beweer het hy stam af van die konings van Aksoem, Salomo en die koningin van Skeba, die laaste heerser van die Zagwe-dinastie omvergewerp het. Volgens hom was hulle "nie van die Huis van Israel" (dus van Salomo) nie. Tot vandag is daar geen bewyse dat die mense van die Ethiopiese Hoogland Jode was voor die 4de eeu n.C. nie.

’n Kunswerk in Ethiopië vertel die verhaal van Menelik I in ’n Die storie wat daarop uitgebeeld word, is nie die Middeleeuse teksweergawe nie, maar die mondelinge weergawe (wat begin met ’n agtergrondstorie oor Skeba en ’n deel insluit oor ’n Ethiopiese diensmeisie wat ook swanger raak by Salomo).

  1. Marrassini, Paolo. 2007. "Kəbrä Nägäśt." In Encyclopaedia Aethiopica: He-N: Vol. 3, red. Siegbert Uhlig, 364-368. Wiesbaden: Harrassowitz.
  2. Fiaccadori, Gianfranco. 2007. "Mənilək I." In Encyclopaedia Aethiopica: He-N: Vol. 3, red. Siegbert Uhlig, 921-922. Wiesbaden: Harrassowitz.
  3. Bezold, Carl. 1905. Kibra negest , die Kerrlichkeit der Könige: Nach den Handschriften in Berlin, London, Oxford und Paris. München: K.B. Akademie der Wissenschaften.
  4. Anonymous. 1932. The Queen of Sheba and Her Only son Menyelek ... A Complete Translation of the Kebra Nagast. Translated by E. A. Wallis Budge. 2nd ed. London: Oxford University Press.
  5. Hubbard, David Allan. 1957. "The Literary Sources of the Kebra Nagast."PhD diss, University of St. Andrews.
  6. Ullendorff, Edward. 1956. "Hebraic-Jewish Elements in Abyssinian (monophysite) Christianity." Journal of Semitic Studies 1 (3):216-256.
  7. . www.metmuseum.org. Besoek op2020-01-06.
  8. Biasio, Elisabeth (2009). "Contemporary Ethiopian Painting in Traditional Style: From Church-Based to Tourist Art". African Arts. 42 (1): 14–25. doi:. ISSN . JSTOR .

Menelik I
menelik, ምኒልክ, mənilək, eerste, keiser, ethiopië, salomoniese, dinastie, volgens, kebra, nagast, 14de, eeuse, geskrif, 10de, ethiopië, huis, salomo, gestig, genoem, omdat, menelik, seun, bybelse, koning, salomo, makeda, ethiopiese, koningin, skeba, keiser, eth. Menelik I Ge ez ምኒልክ Menilek was die eerste keiser van Ethiopie van die Salomoniese Dinastie Volgens die Kebra Nagast n 14de eeuse geskrif het hy in die 10de eeu v C Ethiopie se Huis van Salomo gestig dit is so genoem omdat Menelik glo die seun was van die Bybelse koning Salomo en Makeda die Ethiopiese koningin van Skeba 1 2 Menelik IKeiser van EthiopieDinastie Huis van SalomoBewind 10de eeu v C Voorganger GeenVader Koning SalomoMoeder Koningin van Skeba Inhoud 1 Lewe 2 Dinastie 3 Kuns 4 Verwysings 5 SkakelsLewe WysigVolgens die Middeleeuse Kebra Nagast wat in 1312 in Ge ez vertaal is 3 4 5 was sy naam Bayna Leḥkem van Arabies ابن الحكيم seun van die wyse man Die naam Menelik is Amharies n Ethiopiese taal Volgens legende is Menelik verwek nadat Salomo die koningin van Skeba verlei het Sy ma het hom as n Jood in Ethiopie grootgemaak en hy was in sy 20 s toe hy Jerusalem die eerste keer besoek het om sy pa te ontmoet Sy pa het Menelik gesmeek om te bly en oor Israel te regeer maar Menelik wou na Ethiopie terugkeer Salomo het toe baie Israeliete saam met hom gestuur om hom te help om volgens Bybelse standaarde te regeer en hulle het die Verbondsark met hulle saamgeneem Volgens sommige weergawes het hulle dit gesteel en volgens ander het Salomo dit vir hulle gegee Na die dood van sy ma het Menelik toe koning van Ethiopie geword Dinastie WysigDie legende lui dat Menelik I die Salomoniese Dinastie van Ethiopie gestig het en dat hulle met n paar onderbrekings byna 3 000 jaar aan die bewind was Dit het 225 geslagte later geeindig met die afsetting van keiser Haile Selassie in 1974 Historiese rekords wys egter die Salomoniese Dinastie het in 1262 n C begin toe Jekoeno Amlak wat beweer het hy stam af van die konings van Aksoem Salomo en die koningin van Skeba die laaste heerser van die Zagwe dinastie omvergewerp het Volgens hom was hulle nie van die Huis van Israel dus van Salomo nie Tot vandag is daar geen bewyse dat die mense van die Ethiopiese Hoogland Jode was voor die 4de eeu n C nie 6 Kuns Wysig n Kunswerk in Ethiopie vertel die verhaal van Menelik I in n reeks panele 7 8 Die storie wat daarop uitgebeeld word is nie die Middeleeuse teksweergawe nie maar die mondelinge weergawe wat begin met n agtergrondstorie oor Skeba en n deel insluit oor n Ethiopiese diensmeisie wat ook swanger raak by Salomo Verwysings Wysig Marrassini Paolo 2007 Kebra Nagast In Encyclopaedia Aethiopica He N Vol 3 red Siegbert Uhlig 364 368 Wiesbaden Harrassowitz Fiaccadori Gianfranco 2007 Menilek I In Encyclopaedia Aethiopica He N Vol 3 red Siegbert Uhlig 921 922 Wiesbaden Harrassowitz Bezold Carl 1905 Kibra negest die Kerrlichkeit der Konige Nach den Handschriften in Berlin London Oxford und Paris Munchen K B Akademie der Wissenschaften Anonymous 1932 The Queen of Sheba and Her Only son Menyelek A Complete Translation of the Kebra Nagast Translated by E A Wallis Budge 2nd ed London Oxford University Press Hubbard David Allan 1957 The Literary Sources of the Kebra Nagast PhD diss University of St Andrews Ullendorff Edward 1956 Hebraic Jewish Elements in Abyssinian monophysite Christianity Journal of Semitic Studies 1 3 216 256 The Story of the Queen of Sheba www metmuseum org Besoek op 2020 01 06 Biasio Elisabeth 2009 Contemporary Ethiopian Painting in Traditional Style From Church Based to Tourist Art African Arts 42 1 14 25 doi 10 1162 afar 2009 42 1 14 ISSN 0001 9933 JSTOR 20447932 Skakels Wysig Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Menelik I amp ol,