fbpx Menelaos
Wikipedia

Menelaos

Menelaos (Grieks: Μενέλαος) was in die Griekse mitologie die koning van Sparta, die man van Helena van Troje en die seun van Atreus en Aërope. Volgens die Ilias was Menelaos ’n sentrale figuur in die Trojaanse Oorlog – hy het ’n Spartaanse afdeling aangevoer van die Griekse leër, wat onder leiding was van sy ouer broer Agamemnon, koning van Micene. Hy is prominent in die Ilias én Odussee, sowel as op geverfde Griekse vase – eerder as ’n held van die Trojaanse oorlog as lid van die gedoemde Huis van Atreus.

Menelaos
Koning van Sparta

’n Marmerborsbeeld van Menelaos.
Voorganger Tindareos
Vrou Helena
Kinders Hermione
Nikostratos
Megapentes
Aithiolas
Marafios
Pleistenes
Vader Atreus
Moeder Aërope

Inhoud

Volgens antieke bronne het Menelaos se pa, Atreus, met sy broer Tuestes oor die troon van Micene geveg. Ná ’n stryd wat owerspel, bloedskande en kannibalisme ingesluit het, het Tuestes die troon bestyg nadat sy seun Atreus vermoor het. As gevolg daarvan moes Atreus se seuns, Menelaos en Agamemnon, in bannelingskap gaan. Toe hulle dink die tyd is ryp om die vyandige heerser van Micene te onttroon, het hulle teruggekeer en Tuestes verdryf met die hulp van koning Tindareos van Sparta. Agamemnon het toe koning geword.

Toe dit tyd word vir Tindareos se stiefdogter, Helena, om te trou het baie konings en prinse om haar hand meegeding, want sy is beskou as die beeldskoonste vrou in die wêreld. Onder die mededingers was Odusseus, Menesteus, Alias die Grote, Patroklos en Idomeneus. Tindareos wou nie ’n man vir Helena kies nie, omdat hy bang was hy kom die ander vryers te na. Odusseus het toe met ’n voorstel vorendag gekom in ruil vir ’n goeie woordjie van Tindareos in sy hofmakery van Penelope: Tindareos moes die vryers ’n eed laat aflê dat hulle Helena se huwelik sou verdedig, maak nie saak wie Tindareos as haar man kies nie. Menelaos het gewen, die res van die vryers het die eed afgelê en Helena en Menelaos is getroud. Menelaos het koning van Sparta geword nadat beide Tindareos en Leda van die troon afstand gedoen het.

Wat veronderstel is om hulle paleis te wees is in uitgrawings ontdek wat in 1926 begin is (en tot 1995 geduur het) in Pellana, Lakonië, noordwes van die moderne (en klassieke) Sparta.

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Trojaanse Oorlog.
Menelaos key Helena terug, omstreeks 450-440 v.C.

Die godin Afrodite het die beeldskoonste vrou in die wêreld aan Paris van Troje belowe nadat hy haar ’n kompetisie laat wen het teen Hera en Atena. Sy was egter reeds met Menelaos getroud. Paris het haar toe uit die Spartaanse paleis gaan steel en na Troje geneem.

Menelaos het die eed aan Tindareos gebruik om al die Grieke sover te kry om na Troje op te ruk om Helena terug te kry, en dit het aanleiding tot die Trojaanse Oorlog gegee. Homeros se Ilias is die omvattendste bron vir Menelaos se avonture tydens die oorlog. Hy het byvoorbeeld in ’n tweegeveg met Paris betrokke geraak vir Helena se terugkeer. Menelaos het Paris geklop, maar Afrodite het Paris weggelok net toe hy hom wou doodmaak.

Volgens Hyginus het Menelaos agt mans in die oorlog doodgemaak en was hy een van die Grieke wat in die Trojaanse perd weggekruip het. Tydens die verwoesting van Troje het Menelaos vir Deifobos, wat ná Paris se dood met Helena getrou het, doodgemaak. Hy het daarna met Helena versoen geraak.

  1. . Geargiveer vanaf op 2011-10-01. Besoek op2011-10-05.CS1 maint: archived copy as title (link)
  2. admin. .

Menelaos
menelaos, grieks, Μενέλαος, griekse, mitologie, koning, sparta, helena, troje, seun, atreus, aërope, volgens, ilias, sentrale, figuur, trojaanse, oorlog, spartaanse, afdeling, aangevoer, griekse, leër, onder, leiding, ouer, broer, agamemnon, koning, micene, pr. Menelaos Grieks Menelaos was in die Griekse mitologie die koning van Sparta die man van Helena van Troje en die seun van Atreus en Aerope Volgens die Ilias was Menelaos n sentrale figuur in die Trojaanse Oorlog hy het n Spartaanse afdeling aangevoer van die Griekse leer wat onder leiding was van sy ouer broer Agamemnon koning van Micene Hy is prominent in die Ilias en Odussee sowel as op geverfde Griekse vase eerder as n held van die Trojaanse oorlog as lid van die gedoemde Huis van Atreus MenelaosKoning van Sparta n Marmerborsbeeld van Menelaos Voorganger TindareosVrou HelenaKinders Hermione Nikostratos Megapentes Aithiolas Marafios PleistenesVader AtreusMoeder Aerope Inhoud 1 Bewind 2 Trojaanse Oorlog 3 Verwysings 4 SkakelsBewind WysigVolgens antieke bronne het Menelaos se pa Atreus met sy broer Tuestes oor die troon van Micene geveg Na n stryd wat owerspel bloedskande en kannibalisme ingesluit het het Tuestes die troon bestyg nadat sy seun Atreus vermoor het As gevolg daarvan moes Atreus se seuns Menelaos en Agamemnon in bannelingskap gaan Toe hulle dink die tyd is ryp om die vyandige heerser van Micene te onttroon het hulle teruggekeer en Tuestes verdryf met die hulp van koning Tindareos van Sparta Agamemnon het toe koning geword Toe dit tyd word vir Tindareos se stiefdogter Helena om te trou het baie konings en prinse om haar hand meegeding want sy is beskou as die beeldskoonste vrou in die wereld Onder die mededingers was Odusseus Menesteus Alias die Grote Patroklos en Idomeneus Tindareos wou nie n man vir Helena kies nie omdat hy bang was hy kom die ander vryers te na Odusseus het toe met n voorstel vorendag gekom in ruil vir n goeie woordjie van Tindareos in sy hofmakery van Penelope Tindareos moes die vryers n eed laat afle dat hulle Helena se huwelik sou verdedig maak nie saak wie Tindareos as haar man kies nie Menelaos het gewen 1 die res van die vryers het die eed afgele en Helena en Menelaos is getroud Menelaos het koning van Sparta geword nadat beide Tindareos en Leda van die troon afstand gedoen het Wat veronderstel is om hulle paleis te wees is in uitgrawings ontdek wat in 1926 begin is en tot 1995 geduur het in Pellana Lakonie noordwes van die moderne en klassieke Sparta 2 Trojaanse Oorlog WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Trojaanse Oorlog Menelaos key Helena terug omstreeks 450 440 v C Die godin Afrodite het die beeldskoonste vrou in die wereld aan Paris van Troje belowe nadat hy haar n kompetisie laat wen het teen Hera en Atena Sy was egter reeds met Menelaos getroud Paris het haar toe uit die Spartaanse paleis gaan steel en na Troje geneem Menelaos het die eed aan Tindareos gebruik om al die Grieke sover te kry om na Troje op te ruk om Helena terug te kry en dit het aanleiding tot die Trojaanse Oorlog gegee Homeros se Ilias is die omvattendste bron vir Menelaos se avonture tydens die oorlog Hy het byvoorbeeld in n tweegeveg met Paris betrokke geraak vir Helena se terugkeer Menelaos het Paris geklop maar Afrodite het Paris weggelok net toe hy hom wou doodmaak Volgens Hyginus het Menelaos agt mans in die oorlog doodgemaak en was hy een van die Grieke wat in die Trojaanse perd weggekruip het Tydens die verwoesting van Troje het Menelaos vir Deifobos wat na Paris se dood met Helena getrou het doodgemaak Hy het daarna met Helena versoen geraak Verwysings Wysig Archived copy Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2011 10 01 Besoek op 2011 10 05 CS1 maint archived copy as title link admin Diablhtikos Skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Menelaos Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Menelaos amp ol,