×
Mauritanië

Mauritanië (Arabies: موريتانيا; Mūrītānyā; Wolof: Gànnaar; Soninke: Murutaane; Fula: Moritani; Frans: Mauritanie), amptelik die Islamitiese Republiek Mauritanië (Arabies: الجمهورية الإسلامية الموريتانية, al-Jumhūriyyah al-ʾIslāmiyyah al-Mūrītāniyyah; Frans: République Islamique de Mauritanie), is 'n land in Noordwes-Afrika. Mauritanië grens aan die Atlantiese Oseaan in die weste, Senegal in die suidweste, Mali in die ooste en suidooste, Algerië in die noordooste en die deur Marokko geannekseerde Wes-Sahara-gebied in die noordweste. Die grootste stad is die hoofstad Nouakchott, terwyl Nouadhibou die land se vernaamste ekonomiese sentrum is. Albei stede is aan die Atlantiese kus geleë. Die land is na die antieke Berberkoninkryk Mauretania genoem.

Islamitiese Republiek Mauritanië
  • الجمهورية الإسلامية الموريتانية(Arabies)
  • République Islamique de Mauritanie(Frans)
Vlag Seël
Nasionale leuse: شرف إخاء عدل
(Arabies vir: "Eer, Broederskap, Geregtigheid")
Volkslied: نشيد وطني موريتاني
(Arabies vir: "Die land van vaderskap is die eervolle gawe")
Hoofstad Nouakchott

18°09′N15°58′W /18.150°N 15.967°W /18.150; -15.967

Grootste stad Nouakchott
Amptelike tale ArabiesFrans (lingua franca)
Nasionale tale: Pulaar, Soninke en Wolof
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike Islamitiese republiek
Mohamed Ould Ghazouani
Mohammed Ould Bilal
Onafhanklikheid
• van Frankryk
• Huidige grondwet

28 November 1960
12 Julie 1991
Oppervlakte
- Totaal

- Water (%)

1 030 000 km2 (28ste)
400 000 myl2
0,03
Bevolking
- 2018-skatting
- 2013-sensus
- Digtheid

4 403 018 (-)
3 537 368
3,4 / km2 (221ste)
8,8 / myl2
BBP (KKP)
- Totaal
- Per capita
2019-skatting

$19,811 miljard (134ste)
$4 881 (140ste)

BBP (nominaal)
- Totaal
- Per capita
2019-skatting

$5,651 miljard (154ste)
$1 392 (149ste)

MOI (2018) 0,527 (161ste) –laag
Gini (2014) 32,6medium
Geldeenheid Ouguiya (MRO)
Tydsone
- Somertyd
GMT (UTC±0)
nie toegepas nie (UTC±0)
Internet-TLD .mr
Skakelkode +222
Nasa-Satellietbeeld van Mauritanië

Sowat 20% van Mauritanië se bevolking leef op minder as $ 1,25 per dag. Hedendaagse slawerny is in Mauritanië 'n groot skending van menseregte, sowat 4% (155 600 mense) van die bevolking bestaan uit mense wat teen hulle wil slawe is; hulle is veral die regering se vyande. 'n Ander probleem met menseregte in Mauritanië is genitale verminking, en kinderarbeid.

Inhoud

Atar in Mauritanië
Chinguetti-moskee in Mauritanië
Spore van die Dakar-tydren in Mauritanië
Richat-struktuur, Mauritanië
Koranversameling in 'n biblioteek in Chinguetti

Van die 3de tot die 7de eeu verdring die migrasie van Berberstamme uit Noord-Afrika die Bafoere, die oorspronklike inwoners van hedendaagse Mauritanië en die voorsate van die Soninke. Die Bafoere was hoofsaaklik landbouers, van die eerste Sahara-groepe wat hulle historiese nomadiese leefwyse laat vaar het. Met die geleidelike uitdroging van die Sahara, trek hulle suidwaarts. Op hulle hakke vind die migrasie van nie net Midde-Sahara-groepe na Wes-Afrika plaas nie, maar ook Berbers en Arabiere. Teen die 11de eeu het die eens klein Bafoer-bevolkingsgroep gegroei na 'n baie groot en welgestelde Soninkeryk – Ghanaryk, wat gestrek het van Mauritanië na die naburige lande Senegal en Mali. Op soortgelyke wyse het die Arabies-Berberse-bevolking in die Noorde hulle eie indrukwekkende ryk opgerig, die gebied wat strek oor die Middellandse See tot in Spanje en Portugal. Plaaslike nomadiese Berberstamme, hoewel invloedryk, bly andersyds grootliks sonder mag nadat hulle deur die Soninke verower is.

In 1076 val Islamitiese soldaatmonnikke (Almoravid of Al Murabitoen) die antieke Ghanaryk aan en oorwin dit. Oor die volgende 500 jaar kom die Arabiere vurige weerstand van die plaaslike bevolking (Berber en nie-Berber) te bowe en begin Mauritanië domineer. Die Mauritaanse Dertigjarige Oorlog (1644–74) was die onsuksesvolle finale poging om die Jemeense Maqil Arabiese invallers gelei deur die Beni Hassan-stam af te weer. Die nasate van die Jemeense Beni Hassan soldate word die opperlaag van die Moorse gemeenskap. Berbers behou invloed as die meerderheid van die gebied se Marabouts – diegene wat die Islamtradisie leer en bewaar. Baie Berberstamme verklaar hulle oorsprong as Jemen (aangesien hulle soms 'n Arabier-herkoms aanvoer); daar is min getuienis ter stawing, alhoewel sommige studies wel 'n skakel tussen die twee aantoon. Hassanija, 'n hoofsaaklik mondelingse, Berber-beïnvloede Arabiese dialek wat sy naam verkry van die Jemeense Beni Hassan-stam, het die dominante taal onder die grootliks nomadiese bevolking geword. Aristokrasie en diensknegstande ontwikkel wat lei tot "wit" More (die aristokrasie), kewri (die inheemse groep wat nooit tot slawe gemaak is nie), en "swart" More of haratin (die voormalige slawe).

Franse kolonisasie aan die begin van die 20ste eeu bring 'n wetlike verbod op slawerny en 'n einde aan interstam-oorloë. Tydens die koloniale tydperk bly die bevolking nomadies, maar baie gevestigde bevolkingsgroepe, wie se voorsate eeue vroeër verban is, begin terugsypel na Mauritanië. Toe die land in 1960 onafhanklikheid verkry is die hoofstad, Nouakchott, gestig op die terrein van 'n koloniale dorpie, die Ksar, en 90% van die bevolking was steeds nomadies. Met onafhanklikheid kom groter hoeveelhede inheemse groepe (Haalpoelaar, Soninke en Wolof) Mauritanië binne, waar hulle na die gebied noord van die Sénégalrivier trek. Opgevoed in die Franse taal en gebruike, word baie van die nuwe aankomelinge klerke, soldate en administrateurs in die nuwe staat.

More reageer op die verandering deur meer druk uit te oefen deur meer aspekte van die Mauritaanse lewe, soos die reg en taal, te verarabiseer. 'n Skeuring ontwikkel tussen diegene wat Mauritanië as 'n Arabiese land beskou (hoofsaaklik More) en die wat 'n dominante rol vir nie-Moorse mense nastreef. Die onmin tussen die twee konflikterende visies van Mauritaanse samelewing was duidelik sigbaar tydens interkommunale geweld wat in April 1989 (die "1989 voorvalle") uitgebreek het, maar het sedertdien afgeneem. Die spanning tussen die twee visies bly 'n kenmerk van die politiese dialoog. 'n Beduidende aantal van beide groepe streef egter 'n meer diverse, pluralistiese samelewing na.

Mauritanië se presidensiële verkiesing, die derde sedert die demokratiese proses in 1992, vind plaas op 7 November 2003. Ses kandidate insluitend Mauritanië se eerste vroulike en eerste Haratien-kandidate (voormalige slaaf-familie), verteenwoordig 'n wye verskeidenheid van politiese doelwitte en agtergronde. President Maaouja Sid'Agmed Taja word herverkies met 67,02% van die populêre stem, volgens amptelike syfers, met Mohamed Khouna Ould Haidalla in die tweede plek.

Die PRDS, gelei deur President Maaouja Ould Sid'Agmed Taja, het die Mauritaanse politiek gedomineer sedert die land se eerste veelparty-verkiesing in April 1992 nadat die huidige grondwet per referendum goedgekeur is in Julie 1991. President Taja, wat die verkiesing in 1992 en 1997 gewen het, word die eerste staatshoof deur 'n staatsgreep sonder bloedvergieting op 12 Desember 1984 wat hom die voorsitter van 'n komitee van militêre offisiere gemaak het, wat Mauritanië van Julie 1978 tot April 1992 regeer. Die land se eerste president, Moktar Ould Daddah, dien van onafhanklikheid tot hy in 'n staatsgreep sonder bloedvergieting op 10 Julie 1978 afgeset word. 'n Groep van huidige en voormalige weermagoffisiere stuur 'n bloedige maar onsuksesvolle staatsgreep van stapel op 8 Junie 2003. Die kringleiers is steeds op vrye voet en hulle presiese doelstellings bly onduidelik.

Politieke milieu

Verdeling van Spaans-Sahara tussen Marokko en Mauritanië in 1976

Politiek in Mauritanië is nog altyd swaar beïnvloed deur persoonlikhede, met enige leier se vermoë om politieke beheer uit te oefen afhanklik aan beheer oor hulpbronne; oënskynlike vermoë of integriteit; en stam, etniese, familie en persoonlike oorwegings. Konflik tussen wit Moor, swart Moor, en nie-Moorse etniese groepe, gesentreer om taal, grondbesit en ander aangeleenthede, bly die vernaamste uitdagings tot nasionale eenheid.

Die regeringsburokrasie bestaan uit tradisionele ministeries, spesiale agentskappe en semistaat-maatskappye. Die Binnelandsesake Ministerie staan aan die voorpunt van 'n stelsel van streeksgoewerneurs en prefekte gebaseer op die model van die Franse plaaslike regeringstelsel. Volgens dié stelsel word Mauritanië in 13 streke (wilajas) verdeel, insluitend 'n hoofstaddistrik, Nouakchott. Beheer is nou gekonsentreer in die uitvoerende tak van die sentrale regering, maar 'n reeks nasionale en munisipale verkiesings sedert 1992 het 'n beperkte mate van desentralisasie te weeg gebring.

Politieke partye, onwettig tydens die militêre tydperk, is weer gewettig in 1991. Teen April 1992, toe 'n burgerlike regering terugkeer, is 16 hoof politieke partye erken; 12 hoof politieke partye was aktief in 2004. Meeste opposisie-partye het die eerste wetgewende verkiesing in 1992 geboikot, en vir bykans 'n dekade is die parlement gedomineer deur die PRDS. Die opposisie het deelgeneem aan munisipale verkiesings in Januarie-Februarie 1994 en vervolgens aan Senaat-verkiesings, mees onlangs in April 2004, en verkry verteenwoordiging op plaaslike vlak benewens drie setels in die Senaat.

Mauritanië, saam met Marokko, het die gebied van Wes-Sahara in 1976 geannekseer, met Mauritanië wat beheer oorneem oor die suidelike derde. Na verskeie militêre verliese teen Polisario, trek Mauritanië in 1979 terug, en word hulle aansprake deur Marokko oorgeneem. Weens ekonomiese onvermoë is Mauritanië 'n geringe speler in die gebiedstryd, met die land se amptelike posisie dat dit 'n spoedige oplossing wil sien wat aanvaarbaar vir alle partye is.

Militêre staatsgreep

President Mohamed Ould Abdel Aziz in 2009–2019

Op 3 Augustus 2005 word berig dat die Mauritaanse militêres, insluitend lede van die presidensiële wag, beheer van sleutelpunte in die hoofstad Nouakchott oorgeneem het wat dui op 'n moontlike staatsgreep teen die regering van President Maaouya Ould Sid'Ahmed Taya wat buite die land was om die begrafnis van Saoedi-Arabië se Koning Fahd by te woon. Die groep offisiere, wat hulle self die Militêre Raad vir Geregtigheid en Demokrasie noem, stel die volgende verklaring vry:

Die nasionale gewapende en sekuriteitsmagte het eenparig besluit om 'n besliste einde te bring aan die onderdrukkende aktiwiteite van die uitgediende outoriteit, terwyl ons mense gedurende die afgelope jare gelei het.

Die Militêre Raad reik later nog 'n verklaring uit wat sy president as Kolonel Ely Ould Mohamed Vall noem en 16 ander offisiere as lede lys.

Die Kolonel is self vroeër as 'n ferm bondgenoot van die nou uitgesette President, hom selfs ondersteun in die oorspronklike staatsgreep wat hom aan bewind gebring het, en agterna as sy sekuriteitshoof gedien. Die hoë vlak van verraad teen die vorige president dui op breë ontevredenheid in die plaaslike regeringstakke, wat verder ondersteun word deur die oënskynlike algehele gebrek aan bloedvergieting.

Die staatsgreep is deur meeste gesagte in die wêreld veroordeel, maar plaaslike politieke partye spreek die hoop uit dat die Militêre Raad getrou sal bly aan hulle woord en hulle leierskap na twee jaar sal beëindig — wat hopelik tot 'n demokratiese regering sal lei.

In reaksie op die staatsgreep en in ooreenstemming met hulle eie reëls skors die Afrika-unie Mauritanië van alle organisasie-aktiwiteite.

Op 10 Augustus 2005 laat vaar die Verenigde State en die Afrika-unie eise dat die staatsgreep herroep word. Die Afrika-Unie herroep egter nie die skorsing nie en stel die hou van verkiesings as 'n vereiste vir hertoelating.

Die Militêre Raad het vervolgens 115 politieke gevangenis van die vorige regering vrygelaat en die terugkeer van President Maaouya Ould Sid'Ahmed Taya en sowat 300 van sy politieke ondersteuners toegestaan.

Kaart van Mauritanië se 13 administratiewe streke

Mauritanië word verdeel in 13 streke, met hul hoofstede:

Region Capital #
Adrar Atar 1
Assaba Kiffa 2
Brakna Aleg 3
Dakhlet Nouadhibou Nouadhibou 4
Gorgol Kaédi 5
Guidimaka Sélibaby 6
Hodh Ech Chargui Néma 7
Hodh El Gharbi Ayoun el Atrous 8
Inchiri Akjoujt 9
Nouakchott-Nord Dar-Naim 10
Nouakchott-Ouest Tevragh-Zeina 10
Nouakchott-Sud Arafat 10
Tagant Tidjikdja 11
Tiris Zemmour Zouérat 12
Trarza Rosso 13
Kaart van Mauritanië

Mauritanië is oor die algemeen plat, die land se 1 030 700 vierkante meter vorm uitgestrekte, droë vlaktes wat af en toe onderbreek word deur randjies en kransagtige dagsome. 'n Reeks steiltes kyk suidwes en verdeel die vlaktes in die middel van die land longitudinaal in twee. Die steiltes skei ook 'n reeks sandsteenplato's, die hoogste hiervan is die Adrarplato, wat 'n hoogte van 500 meter bereik. Fontein gevoerde oases lê aan die voet van sommige van die steiltes. Geïsoleerde pieke, baie keer ryk in minerale, rys bo die plato's uit; die kleiner pieke word guelb'e genoem en die groteres kedia's. Die konsentriese Guelb er Richat is 'n prominente punt van die noord-sentrale gebied. Kediet Ijill, naby die stad Zouîrât, het 'n hoogte van 1 000 meter en is die hoogste piek.

  • Mauritanië en Madagaskar is die enigste twee lande in die wêreld wat nie-desimale geldeenhede gebruik. Die basiese geldeenheid, die Mauritaanse ouguiya bestaan uit vyf khoums.
  • Van die rolprente wat onder andere in Mauritanië geskiet is, sluit in Fort Saganne (1984), The Fifth Element (1997), Winged Migration (2001) en Timbuktu (2014).
  1. (en) (PDF). Constitutionproject. Besoek op7 Augustus 2020.
  2. (en) . Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling. Verenigde Nasies. vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op7 Augustus 2020.
  3. (en) (xslx). Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling (custom data acquired via website). Verenigde Nasies. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op7 Augustus 2020.
  4. (fr) Recensement Général de la Population et de l’Habitat (RGPH) 2013 (Report). National Statistical Office of Mauritania. Julie 2015. p. v. [dooie skakel]
  5. (en) . Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2019. Besoek op7 Augustus 2020.
  6. (en) . United Nations Development Programme. 2019. vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op16 Julie 2020.
  7. (en) . Wêreldbank. vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2019. Besoek op7 Augustus 2020.
  8. (en) (PDF). (PDF) vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op4 Julie 2010.
  9. (en) Gould, Wendy Rose (18 Januarie 2011). . news.yahoo.com. Geargiveer vanaf op 25 Januarie 2011.
  10. (en) . US National Library of Medicine National Institutes of Health. Julie–Desember 2000. vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2018. Besoek op2 November 2018.
  11. (en) . BBC. 4 Augustus 2005. vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020. Besoek op7 Augustus 2020.
  12. (en) . VOA News. 4 Augustus 2005. Besoek op2 November 2018.
  13. (en) . BBC. 10 Augustus 2005. vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op7 Augustus 2020.
  14. (en)
  15. (en)
  • (en) . CIA World Factbook. Central Intelligence Agency. Besoek op7 Augustus 2020.
  • (en) . Encyclopædia Britannica. Besoek op7 Augustus 2020.
  • (en) . U.S. Departement of State. 19 Julie 2018. Besoek op2 November 2018.Cite has empty unknown parameter: |1= (help)
Regering
  • (fr) amptelike regeringswebwerf
  • (fr) amptelike werf
Nuus
  • (en) nuushooftrekke skakels
Oorsigte
  • (en)
  • (en)
  • (en)
  • (en) data soos op Junie 1988
Gidse
  • (en) gidskategorie
  • (en) gidskategorie
  • (en) gidskategorie
  • (en) gidskategorie
  • (en) gidskategorie
  • (en) gidskategorie
Geskiedenis
  • (en)
Toerisme

Publikasie datum: Augustus 13, 2021

mauritanië, arabies, موريتانيا, mūrītānyā, wolof, gànnaar, soninke, murutaane, fula, moritani, frans, mauritanie, amptelik, islamitiese, republiek, arabies, الجمهورية, الإسلامية, الموريتانية, jumhūriyyah, ʾislāmiyyah, mūrītāniyyah, frans, république, islamique. Mauritanie Arabies موريتانيا Muritanya Wolof Gannaar Soninke Murutaane Fula Moritani Frans Mauritanie amptelik die Islamitiese Republiek Mauritanie Arabies الجمهورية الإسلامية الموريتانية al Jumhuriyyah al ʾIslamiyyah al Muritaniyyah Frans Republique Islamique de Mauritanie is n land in Noordwes Afrika Mauritanie grens aan die Atlantiese Oseaan in die weste Senegal in die suidweste Mali in die ooste en suidooste Algerie in die noordooste en die deur Marokko geannekseerde Wes Sahara gebied in die noordweste Die grootste stad is die hoofstad Nouakchott terwyl Nouadhibou die land se vernaamste ekonomiese sentrum is Albei stede is aan die Atlantiese kus gelee Die land is na die antieke Berberkoninkryk Mauretania genoem Islamitiese Republiek Mauritanie الجمهورية الإسلامية الموريتانية Arabies Republique Islamique de Mauritanie Frans Vlag SeelNasionale leuse شرف إخاء عدل Arabies vir Eer Broederskap Geregtigheid Volkslied نشيد وطني موريتاني Arabies vir Die land van vaderskap is die eervolle gawe source source track track Hoofstad Nouakchott 18 09 N 15 58 W 18 150 N 15 967 W 18 150 15 967Grootste stad NouakchottAmptelike tale Arabies Frans lingua franca Nasionale tale Pulaar Soninke en Wolof 1 Regering President Eerste minister Unitere semi presidensiele grondwetlike Islamitiese republiek Mohamed Ould Ghazouani Mohammed Ould BilalOnafhanklikheid van Frankryk Huidige grondwet 28 November 1960 12 Julie 1991Oppervlakte Totaal Water 1 030 000 km2 28ste 400 000 myl2 0 03Bevolking 2018 skatting 2013 sensus Digtheid 4 403 018 2 3 3 537 368 4 3 4 km2 221ste 8 8 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2019 skatting 19 811 miljard 5 134ste 4 881 5 140ste BBP nominaal Totaal Per capita 2019 skatting 5 651 miljard 5 154ste 1 392 5 149ste MOI 2018 0 527 6 161ste laagGini 2014 32 6 7 mediumGeldeenheid Ouguiya a href ISO 4217 html title ISO 4217 MRO a Tydsone Somertyd GMT UTC 0 nie toegepas nie UTC 0 Internet TLD mrSkakelkode 222 Nasa Satellietbeeld van Mauritanie Sowat 20 van Mauritanie se bevolking leef op minder as 1 25 per dag 8 Hedendaagse slawerny is in Mauritanie n groot skending van menseregte sowat 4 155 600 mense van die bevolking bestaan uit mense wat teen hulle wil slawe is hulle is veral die regering se vyande n Ander probleem met menseregte in Mauritanie is genitale verminking 9 en kinderarbeid Inhoud 1 Geskiedenis 2 Politiek 2 1 Politieke milieu 2 2 Militere staatsgreep 3 Gebiede 4 Geografie 5 Trivia 6 Verwysings 7 Bronne 8 Eksterne skakelsGeskiedenis Wysig Atar in Mauritanie Chinguetti moskee in Mauritanie Spore van die Dakar tydren in Mauritanie Richat struktuur Mauritanie Koranversameling in n biblioteek in Chinguetti Van die 3de tot die 7de eeu verdring die migrasie van Berberstamme uit Noord Afrika die Bafoere die oorspronklike inwoners van hedendaagse Mauritanie en die voorsate van die Soninke Die Bafoere was hoofsaaklik landbouers van die eerste Sahara groepe wat hulle historiese nomadiese leefwyse laat vaar het Met die geleidelike uitdroging van die Sahara trek hulle suidwaarts Op hulle hakke vind die migrasie van nie net Midde Sahara groepe na Wes Afrika plaas nie maar ook Berbers en Arabiere Teen die 11de eeu het die eens klein Bafoer bevolkingsgroep gegroei na n baie groot en welgestelde Soninkeryk Ghanaryk wat gestrek het van Mauritanie na die naburige lande Senegal en Mali Op soortgelyke wyse het die Arabies Berberse bevolking in die Noorde hulle eie indrukwekkende ryk opgerig die gebied wat strek oor die Middellandse See tot in Spanje en Portugal Plaaslike nomadiese Berberstamme hoewel invloedryk bly andersyds grootliks sonder mag nadat hulle deur die Soninke verower is In 1076 val Islamitiese soldaatmonnikke Almoravid of Al Murabitoen die antieke Ghanaryk aan en oorwin dit Oor die volgende 500 jaar kom die Arabiere vurige weerstand van die plaaslike bevolking Berber en nie Berber te bowe en begin Mauritanie domineer Die Mauritaanse Dertigjarige Oorlog 1644 74 was die onsuksesvolle finale poging om die Jemeense Maqil Arabiese invallers gelei deur die Beni Hassan stam af te weer Die nasate van die Jemeense Beni Hassan soldate word die opperlaag van die Moorse gemeenskap Berbers behou invloed as die meerderheid van die gebied se Marabouts diegene wat die Islamtradisie leer en bewaar Baie Berberstamme verklaar hulle oorsprong as Jemen aangesien hulle soms n Arabier herkoms aanvoer daar is min getuienis ter stawing alhoewel sommige studies wel n skakel tussen die twee aantoon 10 Hassanija n hoofsaaklik mondelingse Berber beinvloede Arabiese dialek wat sy naam verkry van die Jemeense Beni Hassan stam het die dominante taal onder die grootliks nomadiese bevolking geword Aristokrasie en diensknegstande ontwikkel wat lei tot wit More die aristokrasie kewri die inheemse groep wat nooit tot slawe gemaak is nie en swart More of haratin die voormalige slawe Franse kolonisasie aan die begin van die 20ste eeu bring n wetlike verbod op slawerny en n einde aan interstam oorloe Tydens die koloniale tydperk bly die bevolking nomadies maar baie gevestigde bevolkingsgroepe wie se voorsate eeue vroeer verban is begin terugsypel na Mauritanie Toe die land in 1960 onafhanklikheid verkry is die hoofstad Nouakchott gestig op die terrein van n koloniale dorpie die Ksar en 90 van die bevolking was steeds nomadies Met onafhanklikheid kom groter hoeveelhede inheemse groepe Haalpoelaar Soninke en Wolof Mauritanie binne waar hulle na die gebied noord van die Senegalrivier trek Opgevoed in die Franse taal en gebruike word baie van die nuwe aankomelinge klerke soldate en administrateurs in die nuwe staat More reageer op die verandering deur meer druk uit te oefen deur meer aspekte van die Mauritaanse lewe soos die reg en taal te verarabiseer n Skeuring ontwikkel tussen diegene wat Mauritanie as n Arabiese land beskou hoofsaaklik More en die wat n dominante rol vir nie Moorse mense nastreef Die onmin tussen die twee konflikterende visies van Mauritaanse samelewing was duidelik sigbaar tydens interkommunale geweld wat in April 1989 die 1989 voorvalle uitgebreek het maar het sedertdien afgeneem Die spanning tussen die twee visies bly n kenmerk van die politiese dialoog n Beduidende aantal van beide groepe streef egter n meer diverse pluralistiese samelewing na Politiek WysigMauritanie se presidensiele verkiesing die derde sedert die demokratiese proses in 1992 vind plaas op 7 November 2003 Ses kandidate insluitend Mauritanie se eerste vroulike en eerste Haratien kandidate voormalige slaaf familie verteenwoordig n wye verskeidenheid van politiese doelwitte en agtergronde President Maaouja Sid Agmed Taja word herverkies met 67 02 van die populere stem volgens amptelike syfers met Mohamed Khouna Ould Haidalla in die tweede plek Die PRDS gelei deur President Maaouja Ould Sid Agmed Taja het die Mauritaanse politiek gedomineer sedert die land se eerste veelparty verkiesing in April 1992 nadat die huidige grondwet per referendum goedgekeur is in Julie 1991 President Taja wat die verkiesing in 1992 en 1997 gewen het word die eerste staatshoof deur n staatsgreep sonder bloedvergieting op 12 Desember 1984 wat hom die voorsitter van n komitee van militere offisiere gemaak het wat Mauritanie van Julie 1978 tot April 1992 regeer Die land se eerste president Moktar Ould Daddah dien van onafhanklikheid tot hy in n staatsgreep sonder bloedvergieting op 10 Julie 1978 afgeset word n Groep van huidige en voormalige weermagoffisiere stuur n bloedige maar onsuksesvolle staatsgreep van stapel op 8 Junie 2003 Die kringleiers is steeds op vrye voet en hulle presiese doelstellings bly onduidelik Politieke milieu Wysig Verdeling van Spaans Sahara tussen Marokko en Mauritanie in 1976 Politiek in Mauritanie is nog altyd swaar beinvloed deur persoonlikhede met enige leier se vermoe om politieke beheer uit te oefen afhanklik aan beheer oor hulpbronne oenskynlike vermoe of integriteit en stam etniese familie en persoonlike oorwegings Konflik tussen wit Moor swart Moor en nie Moorse etniese groepe gesentreer om taal grondbesit en ander aangeleenthede bly die vernaamste uitdagings tot nasionale eenheid Die regeringsburokrasie bestaan uit tradisionele ministeries spesiale agentskappe en semistaat maatskappye Die Binnelandsesake Ministerie staan aan die voorpunt van n stelsel van streeksgoewerneurs en prefekte gebaseer op die model van die Franse plaaslike regeringstelsel Volgens die stelsel word Mauritanie in 13 streke wilajas verdeel insluitend n hoofstaddistrik Nouakchott Beheer is nou gekonsentreer in die uitvoerende tak van die sentrale regering maar n reeks nasionale en munisipale verkiesings sedert 1992 het n beperkte mate van desentralisasie te weeg gebring Politieke partye onwettig tydens die militere tydperk is weer gewettig in 1991 Teen April 1992 toe n burgerlike regering terugkeer is 16 hoof politieke partye erken 12 hoof politieke partye was aktief in 2004 Meeste opposisie partye het die eerste wetgewende verkiesing in 1992 geboikot en vir bykans n dekade is die parlement gedomineer deur die PRDS Die opposisie het deelgeneem aan munisipale verkiesings in Januarie Februarie 1994 en vervolgens aan Senaat verkiesings mees onlangs in April 2004 en verkry verteenwoordiging op plaaslike vlak benewens drie setels in die Senaat Mauritanie saam met Marokko het die gebied van Wes Sahara in 1976 geannekseer met Mauritanie wat beheer oorneem oor die suidelike derde Na verskeie militere verliese teen Polisario trek Mauritanie in 1979 terug en word hulle aansprake deur Marokko oorgeneem Weens ekonomiese onvermoe is Mauritanie n geringe speler in die gebiedstryd met die land se amptelike posisie dat dit n spoedige oplossing wil sien wat aanvaarbaar vir alle partye is Militere staatsgreep Wysig President Mohamed Ould Abdel Aziz in 2009 2019 Op 3 Augustus 2005 word berig dat die Mauritaanse militeres insluitend lede van die presidensiele wag beheer van sleutelpunte in die hoofstad Nouakchott oorgeneem het wat dui op n moontlike staatsgreep teen die regering van President Maaouya Ould Sid Ahmed Taya wat buite die land was om die begrafnis van Saoedi Arabie se Koning Fahd by te woon Die groep offisiere wat hulle self die Militere Raad vir Geregtigheid en Demokrasie noem stel die volgende verklaring vry Die nasionale gewapende en sekuriteitsmagte het eenparig besluit om n besliste einde te bring aan die onderdrukkende aktiwiteite van die uitgediende outoriteit terwyl ons mense gedurende die afgelope jare gelei het 11 Die Militere Raad reik later nog n verklaring uit wat sy president as Kolonel Ely Ould Mohamed Vall noem en 16 ander offisiere as lede lys Die Kolonel is self vroeer as n ferm bondgenoot van die nou uitgesette President hom selfs ondersteun in die oorspronklike staatsgreep wat hom aan bewind gebring het en agterna as sy sekuriteitshoof gedien Die hoe vlak van verraad teen die vorige president dui op bree ontevredenheid in die plaaslike regeringstakke wat verder ondersteun word deur die oenskynlike algehele gebrek aan bloedvergieting Die staatsgreep is deur meeste gesagte in die wereld veroordeel maar plaaslike politieke partye spreek die hoop uit dat die Militere Raad getrou sal bly aan hulle woord en hulle leierskap na twee jaar sal beeindig wat hopelik tot n demokratiese regering sal lei 12 In reaksie op die staatsgreep en in ooreenstemming met hulle eie reels skors die Afrika unie Mauritanie van alle organisasie aktiwiteite Op 10 Augustus 2005 laat vaar die Verenigde State en die Afrika unie eise dat die staatsgreep herroep word Die Afrika Unie herroep egter nie die skorsing nie en stel die hou van verkiesings as n vereiste vir hertoelating 13 Die Militere Raad het vervolgens 115 politieke gevangenis van die vorige regering vrygelaat 14 en die terugkeer van President Maaouya Ould Sid Ahmed Taya en sowat 300 van sy politieke ondersteuners toegestaan 15 Gebiede Wysig Kaart van Mauritanie se 13 administratiewe streke Mauritanie word verdeel in 13 streke met hul hoofstede Region Capital Adrar Atar 1Assaba Kiffa 2Brakna Aleg 3Dakhlet Nouadhibou Nouadhibou 4Gorgol Kaedi 5Guidimaka Selibaby 6Hodh Ech Chargui Nema 7Hodh El Gharbi Ayoun el Atrous 8Inchiri Akjoujt 9Nouakchott Nord Dar Naim 10Nouakchott Ouest Tevragh Zeina 10Nouakchott Sud Arafat 10Tagant Tidjikdja 11Tiris Zemmour Zouerat 12Trarza Rosso 13Geografie Wysig Kaart van Mauritanie Mauritanie is oor die algemeen plat die land se 1 030 700 vierkante meter vorm uitgestrekte droe vlaktes wat af en toe onderbreek word deur randjies en kransagtige dagsome n Reeks steiltes kyk suidwes en verdeel die vlaktes in die middel van die land longitudinaal in twee Die steiltes skei ook n reeks sandsteenplato s die hoogste hiervan is die Adrarplato wat n hoogte van 500 meter bereik Fontein gevoerde oases le aan die voet van sommige van die steiltes Geisoleerde pieke baie keer ryk in minerale rys bo die plato s uit die kleiner pieke word guelb e genoem en die groteres kedia s Die konsentriese Guelb er Richat is n prominente punt van die noord sentrale gebied Kediet Ijill naby die stad Zouirat het n hoogte van 1 000 meter en is die hoogste piek Trivia WysigMauritanie en Madagaskar is die enigste twee lande in die wereld wat nie desimale geldeenhede gebruik Die basiese geldeenheid die Mauritaanse ouguiya bestaan uit vyf khoums Van die rolprente wat onder andere in Mauritanie geskiet is sluit in Fort Saganne 1984 The Fifth Element 1997 Winged Migration 2001 en Timbuktu 2014 Verwysings Wysig en Mauritania s Constitution of 1991 with Amendments through 2012 PDF Constitutionproject Besoek op 7 Augustus 2020 en World Population prospects Population division Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake Bevolkingsafdeling Verenigde Nasies Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020 Besoek op 7 Augustus 2020 en Overall total population World Population Prospects The 2019 Revision xslx Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake Bevolkingsafdeling custom data acquired via website Verenigde Nasies Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 7 Augustus 2020 fr Recensement General de la Population et de l Habitat RGPH 2013 Report National Statistical Office of Mauritania Julie 2015 p v dooie skakel 5 0 5 1 5 2 5 3 en Mauritania Internasionale Monetere Fonds Oktober 2019 Besoek op 7 Augustus 2020 en 2019 Human Development Index Ranking United Nations Development Programme 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020 Besoek op 16 Julie 2020 en Gini Index Wereldbank Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2019 Besoek op 7 Augustus 2020 en UNDP Human development indices Table 3 Human and income poverty Population living below national poverty line 2000 07 PDF Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020 Besoek op 4 Julie 2010 en Gould Wendy Rose 18 Januarie 2011 Female Genital Mutilation Banned By Islamic Leaders in Mauritania news yahoo com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Januarie 2011 en Genetic differentiation of Yemeni people according to rhesus and Gm polymorphisms US National Library of Medicine National Institutes of Health Julie Desember 2000 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Desember 2018 Besoek op 2 November 2018 en Mauritania officers seize power BBC 4 Augustus 2005 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2020 Besoek op 7 Augustus 2020 en Mauritanian Capital Calm After Coup VOA News 4 Augustus 2005 Besoek op 2 November 2018 en Envoys snub ex Mauritania leader BBC 10 Augustus 2005 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 7 Augustus 2020 en 1 en 2 Bronne Wysig en Mauritania CIA World Factbook Central Intelligence Agency Besoek op 7 Augustus 2020 en Mauritania Encyclopaedia Britannica Besoek op 7 Augustus 2020 en Mauritania U S Departement of State 19 Julie 2018 Besoek op 2 November 2018 Cite has empty unknown parameter 1 help Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Mauritanie Regering fr Republique Islamique de Mauritanie amptelike regeringswebwerf fr Assemblee Nationale Mauritanienne amptelike werfNuus en AllAfrica com Mauritanie nuushooftrekke skakelsOorsigte en Arab Gateway Mauritanie en BBC News Country Profile Mauritanie en CIA World Factbook Mauritanie en Library of Congress Country Study Mauritanie data soos op Junie 1988Gidse en Columbia University Libraries African Studies Mauritanie gidskategorie en Looksmart Mauritanie gidskategorie en Open Directory Project Mauritanie gidskategorie en Stanford University Africa South of the Sahara Mauritanie gidskategorie en The Index on Africa Mauritanie gidskategorie en Yahoo Mauritanie gidskategorieGeskiedenis en RaceandHistory com Present day slavery in MauritaniaToerisme en Toerisme inligting oor Mauretanie op WikivoyageOntsluit van https af wikipedia org w index php title Mauritanie amp ol,