×
Marais Viljoen

Marais Viljoen (2 Desember 1915, Robertson4 Januarie 2007, Pretoria) het tussen 4 Junie 1979 en 3 September 1984 as Suid-Afrika se laaste seremoniële (nie-uitvoerende) staatshoof gedien. Dié amp is met die grondwetwysiging van 1983 verander in een met uitvoerende magte. Hy is opgevolg deur P. W. Botha. Hy het voorheen waargeneem as staatspresident tussen 21 Augustus 1978 en 10 Oktober 1978, waarna B.J. Vorster tot die amp verkies is.

Marais Viljoen


Ampstermyn
4 Junie 19794 September 1984
Eerste minister Pieter Willem Botha
Voorafgegaan deur John Vorster
Opgevolg deur Pieter Willem Botha (uitvoerend)

Staatspresident van Suid-Afrika (waarnemend as president van die Senaat)
Ampstermyn
21 Augustus 197810 Oktober 1978
Eerste minister John Vorster‎
Pieter Willem Botha
Voorafgegaan deur Nicolaas Johannes Diederichs‎
Opgevolg deur John Vorster

President van die Senaat
Ampstermyn
22 Januarie 197619 Junie 1979
Voorafgegaan deur Jan de Klerk
Opgevolg deur Jimmy Kruger

Persoonlike besonderhede
Gebore 2 Desember 1915
Robertson, Kaapprovinsie, Unie van Suid-Afrika
Sterf 4 Januarie 2007 (op 91)
Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika
Politieke party Nasionale Party
Eggenoot/-note Dorothea Maria Brink (1940–2005; haar dood)
Kind(ers) Elizabeth Magdalena
Religie Nederduitse Gereformeerde Kerk

Viljoen is op 2 Desember 1915 op die plaas Takkap buite Robertson in die Wes-Kaap gebore as die jongste van die ses kinders van Gabriel Francois (Blits) Viljoen en Magdalena Debora (Lenie) de Villiers, en het aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad skoolgegaan. Hy moes weens geldnood (sy vader is oorlede toe Viljoen vier maande oud was) sy skoolloopbaan kortknip, maar het later sy matriek buitemuurs voltooi.

Hy het by die Maitland-poskantoor as telegrafis begin werk en was later ’n vertaler by die Poskantoor se hoofkantoor in Pretoria. Op 1 Oktober 1937 het hy hom as verslaggewer aangesluit by Die Transvaler, wat toe onder die redakteurskap van dr. H.F. Verwoerd was.

Op 20 April 1940 is hy met Dorothea Maria (Marietjie) Brink, ’n musiekonderwyseres en boorling van Potchefstroom, getroud. Hulle het 'n dogter, Elna Meyers, gehad. Brink is op 10 Mei 2005 oorlede.

Viljoen was van 1958 Volksraadslid vir Alberton en het later onder meer gedien as adjunkminister van arbeid en mynwese (1958-1966), minister van arbeid en kleurlingsake (1966-1970), minister van arbeid en pos- en telekommunikasiewese (1970-1976), en ook as president van die Senaat (1976-1979). Hy was tussen Augustus en Oktober 1978 twee maande lank waarnemende staatspresident ná die afsterwe van Nicolaas Johannes Diederichs en voor John Vorster president geword het.

Viljoen is op 4 Januarie 2007 in Pretoria aan hartversaking oorlede. Ingevolge regeringsbeleid is 'n staatsbegrafnis op Saterdag 13 Januarie gehou wat bestaan het uit 'n gedenkdiens in Pretoria en 'n teraardebestelling in Bloemfontein wat volgens die familie se versoek beperk is in skaal. Adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka het die begrafnisdiens namens President Thabo Mbeki bygewoon.

  1. Mail & Guardian, . Besoek op 1 April 2007
  2. Die Burger. . Besoek op 1 April 2007
  3. , 30 September 2007 op Wayback Machine. Besoek op 1 April 2007
Hierdie artikel omtrent ’n Suid-Afrikaanse politikus is ’n saadjie. Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei.
Voorafgegaan deur
Nicolaas Johannes Diederichs
Staatspresident van Suid-Afrika (wnd.)
1978
Opgevolg deur
John Vorster
Voorafgegaan deur
John Vorster
Staatspresident van Suid-Afrika
1979–1984
Opgevolg deur
Pieter Willem Botha (uitvoerende Staatspresident)
Voorafgegaan deur
Jan de Klerk
President van die Senaat
1976–1979
Opgevolg deur
Jimmy Kruger

Publikasie datum: September 26, 2021

marais, viljoen, desember, 1915, robertson, januarie, 2007, pretoria, tussen, junie, 1979, september, 1984, suid, afrika, laaste, seremoniële, uitvoerende, staatshoof, gedien, dié, grondwetwysiging, 1983, verander, uitvoerende, magte, opgevolg, deur, botha, vo. Marais Viljoen 2 Desember 1915 Robertson 4 Januarie 2007 Pretoria het tussen 4 Junie 1979 en 3 September 1984 as Suid Afrika se laaste seremoniele nie uitvoerende staatshoof gedien Die amp is met die grondwetwysiging van 1983 verander in een met uitvoerende magte Hy is opgevolg deur P W Botha Hy het voorheen waargeneem as staatspresident tussen 21 Augustus 1978 en 10 Oktober 1978 waarna B J Vorster tot die amp verkies is Marais Viljoen5de Staatspresident van Suid AfrikaAmpstermyn 4 Junie 1979 4 September 1984 1 Eerste minister Pieter Willem BothaVoorafgegaan deur John VorsterOpgevolg deur Pieter Willem Botha uitvoerend Staatspresident van Suid Afrika waarnemend as president van die Senaat Ampstermyn 21 Augustus 1978 10 Oktober 1978Eerste minister John Vorster Pieter Willem BothaVoorafgegaan deur Nicolaas Johannes Diederichs Opgevolg deur John VorsterPresident van die SenaatAmpstermyn 22 Januarie 1976 19 Junie 1979Voorafgegaan deur Jan de KlerkOpgevolg deur Jimmy KrugerPersoonlike besonderhedeGebore 2 Desember 1915 Robertson Kaapprovinsie Unie van Suid AfrikaSterf 4 Januarie 2007 op 91 Pretoria Gauteng Suid AfrikaPolitieke party Nasionale PartyEggenoot note Dorothea Maria Brink 1940 2005 haar dood Kind ers Elizabeth MagdalenaReligie Nederduitse Gereformeerde Kerk Viljoen is op 2 Desember 1915 op die plaas Takkap buite Robertson in die Wes Kaap gebore as die jongste van die ses kinders van Gabriel Francois Blits Viljoen en Magdalena Debora Lenie de Villiers en het aan die Hoerskool Jan van Riebeeck in Kaapstad skoolgegaan Hy moes weens geldnood sy vader is oorlede toe Viljoen vier maande oud was sy skoolloopbaan kortknip maar het later sy matriek buitemuurs voltooi Hy het by die Maitland poskantoor as telegrafis begin werk en was later n vertaler by die Poskantoor se hoofkantoor in Pretoria Op 1 Oktober 1937 het hy hom as verslaggewer aangesluit by Die Transvaler wat toe onder die redakteurskap van dr H F Verwoerd was Op 20 April 1940 is hy met Dorothea Maria Marietjie Brink n musiekonderwyseres en boorling van Potchefstroom getroud Hulle het n dogter Elna Meyers gehad Brink is op 10 Mei 2005 oorlede Viljoen was van 1958 Volksraadslid vir Alberton en het later onder meer gedien as adjunkminister van arbeid en mynwese 1958 1966 minister van arbeid en kleurlingsake 1966 1970 minister van arbeid en pos en telekommunikasiewese 1970 1976 en ook as president van die Senaat 1976 1979 Hy was tussen Augustus en Oktober 1978 twee maande lank waarnemende staatspresident na die afsterwe van Nicolaas Johannes Diederichs en voor John Vorster president geword het 1 Viljoen is op 4 Januarie 2007 in Pretoria aan hartversaking oorlede 1 2 Ingevolge regeringsbeleid is n staatsbegrafnis op Saterdag 13 Januarie gehou wat bestaan het uit n gedenkdiens in Pretoria en n teraardebestelling in Bloemfontein wat volgens die familie se versoek beperk is in skaal Adjunkpresident Phumzile Mlambo Ngcuka het die begrafnisdiens namens President Thabo Mbeki bygewoon 3 Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 Mail amp Guardian Former state president Marais Viljoen passes away Besoek op 1 April 2007 Die Burger Marais Viljoen het die lewe gevier Besoek op 1 April 2007 SA Regering inligting Funeral of former State President Marais Viljoen Geargiveer 30 September 2007 op Wayback Machine Besoek op 1 April 2007 Hierdie artikel omtrent n Suid Afrikaanse politikus is n saadjie Jy kan Wikipedia help deur dit uit te brei Voorafgegaan deur Nicolaas Johannes Diederichs Staatspresident van Suid Afrika wnd 1978 Opgevolg deur John VorsterVoorafgegaan deur John Vorster Staatspresident van Suid Afrika 1979 1984 Opgevolg deur Pieter Willem Botha uitvoerende Staatspresident Voorafgegaan deur Jan de Klerk President van die Senaat 1976 1979 Opgevolg deur Jimmy KrugerPresidente van Suid Afrika 1961 1994 seremonieel Charles Robberts Swart Jozua Francois Naude waarnemend Jacobus Johannes Fouche Nicolaas Johannes Diederichs Marais Viljoen waarnemend John Vorster Marais Viljoen uitvoerend Pieter Willem Botha Frederik Willem de Klerk 1994 Nelson Mandela Thabo Mbeki Kgalema Motlanthe Jacob Zuma Cyril Ramaphosa Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Marais Viljoen amp ol,