×
Soogdier

Soogdiere is enige van 'n verskeidenheid warmbloedige vertebratadiere van die klas Mammalia, insluitend mense.

Soogdiere
Tydperk:167–0 m. jaar gelede
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Mammalia

Linnaeus, 1758
Dolfyne, soos dié in die Stille Oseaan, is soogdiere.

Vandag is daar ongeveer 5 000 spesies wat tot 26 ordes behoort.

Alle huidige soogdiere word deur ses eienskappe gekenmerk:

  1. hulle het ore wat drie klein beentjies bevat
  2. die onderkaak bestaan net uit een been
  3. hulle het melkkliere en die kleintjies word met moedersmelk gevoed
  4. hulle het hare, hoewel dit nie die hele lyf hoef te bedek nie
  5. hulle het 'n hart met vier kamers, hoewel dit by die monotremata nie heeltemal volledig is nie, en
  6. hulle is warmbloedig, hoewel monotremata 'n laer temperatuur het.

Die meeste word ook gekenmerk daardeur dat hul lewend deur hul moeders gebaar word, maar daar is soogdiere wat eiers lê.

Meeste soogdiere leef op land, alhoewel daar ook soogdiere is wat in die oseaan leef, soos die dolfyn en walvis. Die enigste vlieënde soogdier is die vlermuis. Suid-Afrika het die vinnigste landsoogdier, naamlik die jagluiperd. Suid-Afrika het ook die langste soogdier, die kameelperd en die grootste landsoogdier, die Afrika-olifant.

Die naam "soogdiere" is gegee op grond daarvan dat die moeders hul kleintjies vir ʼn wisselende tyd met melk, afkomstig van die melkkliere, voed. Die diere toon ook 'n groot mate van ouersorg, wat noodsaaklik is vir die fisieke en gedragsontwikkeling van die jong diere.

Die soogdiere (klas Mammalia) is een van die werweldierklasse (subphylum Vertebrata). Hierdie soogdiere se voorouers was die soogdieragtige reptiele (subklas Synapsida, orde Therapsida) en die diere het tydens die Perm en Trias tydperke (280 tot 190 miljoen jaar gelede) geleef. Die Therapsida het aan die einde van die Trias uitgesterf, maar die soogdiere het toe reeds as klein, knaagdieragtige diertjies bestaan.

Die dinosouriërs het hulle heeltemal tydens die Jura en die Kryt oorheers, hoewel groot getalle van die klein diertjies blykbaar gedurende die tyd verder ontwikkel het. Die soogdiergeskiedenis is egter nie goed bekend nie, omdat daar tot dusver min fossiele uit die tydperk gevind is. Fossiele van buideldiere (infraklas Metatheria) en plasentale soogdiere (infraklas Eutheria) is in gesteentes, afkomstig uit die Tersiêr, gevind, wat daarop dui dat die twee soogdierlyne reeds apart bestaan het.

Die buideldiere van daardie tyd het soos die hedendaagse opossums gelyk, terwyl die plasentale diere insekte-eters was wat soos groot spitsmuise gelyk het. Die soogdiere het aan die begin van die Mioseen (26 miljoen jaar gelede) die dominante klas gewerwelde diere gevorm. Drie groepe lewende soogdiere kan onderskei word: die eierlêende soogdiere (subklas Prototheria, orde Monotremata), die buideldiere (subklas Theria, infraklas Metatheria, orde Marsupialia) en die plasentale soogdiere (subklas Theria, infraklas Eutheria)

Inhoud

Soogdiere kan in teenstelling met reptiele, 'n konstante liggaamstemperatuur handhaaf. Die gemiddelde liggaamstemperatuur is ongeveer 37 °C en enige skerp daling of styging kan tot hul dood lei. 'n Doeltreffende bloedsomloopstelsel is nodig om ʼn konstante liggaamstemperatuur te handhaaf. Die hart bestaan uit twee gedeeltes wat heeltemal van mekaar geskei is en elk is in twee kamers verdeel.

Die linker- en regtervoorkamers word die atria genoem en die ander twee die ventrikels. Die atria en die ventrikels word met behulp van kleppe aanmekaar verbind. Die regterventrikel pomp suurstofarme bloed na die longe, waar gaswisseling plaasvind. Suurstofryke bloed keer na die linkeratrium terug, waar dit deur die linkerventrikel weer na die res van die liggaam gepomp word om die weefsels daar van suurstof te voorsien.

Gaswisseling vind in die weefsels plaas, waardeur warmte vrygestel word. Die tempo waarteen metabolisme plaasvind is afhanklik van die omgewingstemperatuur- 'n vinnige metabolisme vind in 'n koue omgewing plaas, sodat warmtevoorsiening vir die dier optimaal bly. Die verlies van liggaamswarmte word deur 'n huidbedekking van hare beperk. Die hare verskaf ʼn doeltreffende isolasie teen die omgewing. Diere met 'n dun haarbedekking soos walvisse en dolfyne het 'n onderhuidse speklaag wat as isolasie dien.

Soogdiere raak van oortollige liggaamshitte ontslae deur meer bloed na die onderhuidse bloedvate te kanaliseer ten einde meer warmte uit te straal. Die huid is ook op plekke van sweetkliere voorsien. Die liggaam kan verder hitte verloor deur die verdamping van sweet op die oppervlak. 'n Aantal ander kliere kom ook in die vel voor, soos olie- en geurkliere. Laasgenoemde skei kenmerkende reuke af wat gebruik word vir die identifisering van genera en spesies, terwyl dit ook gebruik kan word vir die afbakening van territoriums.

Die ligging van die geurkliere kan van spesie tot spesie verskil. Die onderkaak of mandibula van soogdiere bestaan slegs uit twee bene, die tandlysbene, wat aan die voorpunt van die ken aanmekaar geheg is. Dit artikuleer met die skedel by ʼn gewrigsvlak op die skwamosaalbeen of platbeen, terwyl die skedel met behulp van twee oksipitale kondiele met die nekwerwels artikuleer. Die skedel bevat ook minder bene in vergelyking met ander werweldiere, terwyl die wangbeen (sigomatiese boog, ʼn kombinasie van die skwamosaalbeen en jugale uitgroeisels) goed ontwikkel is.

Soogdiere se breinkapasiteit is ook vergroot, wat tot die vergroting van die voorste breingedeelte gelei het. Dit het veroorsaak dat die diere kan leer om hul gedrag by veranderlike omstandighede aan te pas, en dat hul gedrag dus nie meer net tot onveranderlike, aangebore gedragspatrone of instink beperk is nie.

Soogdiere se sintuie is goed ontwikkel. Hul ore is doeltreffende gehoororgane met 'n ingewikkelde struktuur wat diep in die skedel geleë is. Karnivore en daglewende diere se oë is besonder goed ontwikkel, terwyl ander s'n swak is en by die blindemol (Spalax) heeltemal ontbreek.

Die soogdiergebit is baie gespesialiseer om by hul dieet aan te pas, en daarom het soogdiere net twee stelle tande in hul leeftyd, naamlik melk- en permanente stelle. Volwasse diere het hoogstens drie snytande, een hoektand, vier voormalers en drie malers per kaakhelfte. Die meeste ordes het egter minder as 44 tande en die tandvorms kan ook na gelang van die diere se dieet wissel. Herbivore het goed ontwikkelde malers, karnivore het sterk hoektande en snyende voormalers, terwyl visetende diere, soos die tandwalvisse en dolfyne (orde Odontoceti), se tande almal dieselfde struktuur het.

Die baleinwalvisse (orde Mystacoceti) se kleintjies word met tande gebore, maar dit word kort daarna deur ʼn aantal horingplate of baleine vervang, wat dan hul voedsel (plankton) uit die water sit. Die gebit kan ook by sommige ordes met gespesialiseerde diëte (byvoorbeeld insekte-eters) gedeeltelik of heeltemal ontbreek. Die bewegingsledemate van soogdiere is direk onder hul liggame geleë, terwyl reptielliggame as 't ware tussen hul pole hang. Dit veroorsaak dat soogdiere doeltreffender as reptiele beweeg.

Die oorspronklike soogdiere het vyf vingers en vyf tone aan die uiteindes van hul ledemate gehad. Die ledemate het gedurende die soogdierevolusie baie veranderinge ondergaan en groot afwykings van die basiese plan kan tussen die verskillende ordes waargeneem word. Sommige ordes toon ʼn vermindering in die aantal vingers en tone, terwyl die aantal vingerkootjies baie by seelewende soogdiere toegeneem het ten einde die handoppervlakte te vergroot. Hoefdiere se ledemate word vir voortbeweging gebruik, terwyl ander diere se voorste ledemate ook as gryporgane gebruik word en dus groter vryheid van beweging moet hê.

Die kleintjies van visse, amfibieë en reptiele word nie deur hul ouers versorg nadat hulle uitgebroei het nie, terwyl die kleintjies van soogdiere en voëls vir 'n tydperk na geboorte versorg word. Ouersorg is belangrik vir die liggaamlike en gedragsontwikkeling van die jong diere, omdat hulle aangebore gedragspatrone deur 'n leerproses aangevul word. Die moeder dra in baie gevalle haar ervaring aan haar kleintjies oor. Navorsing met sommige spesies het getoon dat kleintjies wat in 'n vroeë stadium van hul moeders verwyder is, afwykende sosiale en seksuele gedrag toon.

Roofdierwyfies leer hul kleintjies ook hoe om te jag en hul prooi dood te byt, maar die kleintjies wat sonder moeders grootgemaak is, vang moeilik hul prooi. Die enigste eierlêende soogdiere (oviparie) is die voëlbekdiere (orde Monotremata). Die oorblywende twee groepe soogdiere baar hul kleintjies lewendig (viviparie). Die moederdier word inwendig bevrug en die embrionale ontwikkeling vind ook in haar plaas. Nadat die dooierlose eiersel bevrug is (nou die sigoot), word dit met die eierleiers na die baarmoeder (uterus) vervoer en in die baarmoederwand ingeplant (implantasie).

Die uitruiling van voeding- en afvalstowwe tussen die embrio en die moeder vind deur middel van die plasenta plaas. Die plasentastruktuur wissel baie tussen die verskillende ordes en is oor die algemeen afwesig by die Monotremata en buideldiere. Na geboorte word die kleintjies met melk gevoed, wat van spesiale melkkliere afkomstig is. Die melkkliere open in die tepels en die aantal, sowel as die ligging daarvan wissel baie in die verskillende ordes.

Slegs die wyfies produseer melk. Soogdierkleintjies word in verskillende stadia van ontwikkeling gebore. Buideldierkleintjies (orde Marsupialia) verkeer tydens geboorte nog in 'n embrionale toestand. Hulle ondergaan verdere ontwikkeling in 'n huidplooi, die buidel, waar hulle aan 'n tepel vasgeheg is. Die kleintjies van ander ordes, soos knaagdiere en roofdiere, word in 'n onderontwikkelde toestand gebore (altrisieel). Die kleintjies van die primate, byvoorbeeld ape, moet ook vir 'n lang tyd deur die ouers versorg word. Die kleintjies van hoefdiere word volledig ontwikkeld gebore (prekosiaal) en hulle kan enkele ure na geboorte reeds saam met die kudde beweeg.

Moderne soogdiere word in 2 subklasse ingedeel: die subklas Prototheria, waarin die eierlêende soogdiere die orde Monotremata vorm, en die subklas Theria. Twee infraklasse word in die subklas Theria onderskei. Die infraklas Metatheria bevat die buideldiere (orde Marsupialia), terwyl die plasentale soogdiere tot die infraklas Eutheria behoort. In die infraklas word 16 ordes aangetref.

Hierdie kas: sien bespreking wysig
-4500 —
-4000 —
-3500 —
-3000 —
-2500 —
-2000 —
-1500 —
-1000 —
-500 —
0 —
(Miljoen jaar gelede)

Sien ook Lewe, Mens en Natuur.

Die soogdiere het 'n lang geskiedenis. Hulle stam van die Cynodonta, wat tot die Therapsides behoort, 'n groep wat reeds voor die dinosourusse bestaan het. Tydens die mesosoïkum het daar baie groepe soogdiere bestaan, die meeste van hulle was nie groter as 'n muis nie en heelparty van hierdie vorme het aan die Kryt-Paleogeen-grens uitgesterf. Van die mesosoïese groepe soos die Multituberculata, Gondwanatheria en Dryolestida het hierdie uitwissing wel oorleef, maar het later uitgesterf.

'n Vereenvoudigde stamboom sien so uit:

Cynodontia
Mammaliaformes
Mammalia

Allotheria

Cladotheria
Theria

Eutheria

Placentalia


Metatheria

Marsupialia





Dryolestoidea




Australosphenida

Ausktribophenida†



Monotremata




Docodonta


Haramiyida



Tritylodontida



Daar is drie groepe wat KT-uitwissing oorleef het en vandag steeds bestaan:

  1. die Monotremata -wat eiers lê-,
  2. die Marsupialia -wat die kleintjies in 'n buidel dra-
  3. die grootste groep: die Placentalia, wat beter ontwikkelde kleintjies kry omrde hul 'n nuwe orgaan het: die plasenta.

Deur genetiese navorsing het dit duidelik geword dat die Placentalia in vier groepe verdeel kan word en in watter tydperk hulle ongeveer ontstaan het: die laat Kryt. Saam met die Monotremata en die Marsupialia is daar dus ses groepe huidige soogdiere.

Mammalia_223

Theria_164
Placentalia_93
Atlantogenata_90

Boreoeutheria_85



Marsupialia_78





Monotremata



Die oudste groep wat reeds in die Trias, ongeveer 223 mj geleë ontstaan het, is die Monotremata. Hulle is die eendbekdier en die mierystervarke. Hierdie soogdiere is die enigste wat steeds eiers lê en 'n laer liggaamstemperatuur het. Hulle is ook die enigste nie-Theria wat steeds bestaan. Hulle produseer melk en soog die kleintjies as sy uit die eier gekruip het, maar die moeder het geen tepels nie.

Vandag word hulle steeds net in Australië en op Nieu-Guinea aangetref. Daar is egter 'n fossiel van hulle uit die paleoseen van Argentinië gevind.

Verwantskap tussen die 7 ordes buideldiere
Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: buideldier.

Ongeveer 164 mj geleë het die Theria verdeel in die Metatheria en die Eutheria. Nasate van die Metatheria, die Marsupialia of buideldiere word vandag -soos die kangaroe of die Tasmaniese duiwel- steeds in Australië en in Suid-Amerika aangetref. Noord-Amerika het ook een buideldier: die opossum. Hulle kry lewende jonge, maar die kleintjies is baie onderontwikkeld en bly in mama se buidel tot hulle groter geword het. Hulle suig vas aan 'n tepel.

Daar is sewe ordes, waarvan 3 in Suid-Amerika and die ander 4 in Australië

Placentalia_93
Atlantogenata_90

Xenarthra_67



Afrotheria_73



Boreoeutheria_85

Euorchontoglires_77



Laurasiatheria_78




By die Eutheria, wat ongeveer 164 mj geleë verskyn, het 'n belangrike ontwikkeling plaasgevind. 'n Nuwe orgaan, die plasenta, het die verbinding tussen die moeder en die jong moontlik gemaak. Daardeur kan die kleintjie langer in die baarmoeder van sy moeder bly. Soogdiere wat se voortplanting 'n plasenta gebruik word die Placentalia genoem. Hulle is die grootste groep huidige soogdiere. Behalwe op Australië en Antarktika kom hulle op alle kontinente en in alle oseane voor.

In die Kryt-tydperk het die kontinente verder verbrokkel en daardeur het verskeie groepe Placentalia gevorm. Dit is moeilik om die presiese volgorde hiervan te bepaal, maar die nuuste werk van Tarver et al. (2015) sê dat eers (ongeveer 93 mj geleë) 'n noordelike groep, die Boreoeutheria, afgestig is van Gondwana s'n, die Atlantogenata. Daarná is die Atlantogenata omstreeks 90 mj verdeel in 'n Suid-Amerikaanse groep die Xenarthra en 'n Afrikaanse groep die Afrotheria. Die noordelike Boreoeutheria het later (ca. 87 mj) ook vertak in die Euarchontoglires en die Laurasiatheria.

Atlantogenata

Atlantogenata_90

Xenarthra_67



Afrotheria_73



Die Atlantogenata het op die suidelike kontinent Gondwana ontstaan, wat ná 'n paar miljoen jaar in Suid-Amerika (met die Xenarthra) en Afrika (met die Afrotheria) verder verbrokkel is.

Xenarthra

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Xenarthra.

Van hierdie Suid-Amerikaanse tak het net twee ordes oorgebly:

  1. Pilosa - die miervreters en die luiaards
  2. Cingulata - die gordeldiere

Hulle kom in Suid-Amerika voor, hoewel die armadillo ook in die Verenigde State aangetref kan word.

Aan die einde van die laaste Ystyd het baie megavorme verdwyn. Megalocnus het dalk 5000 jaar geleë nog op Kuba kan oorleef. Daar word gedink dat die mens hierdie vorme uitgewis het.

Afrotheria

Afrotheria
Paenungulata

Sirenia




Hyracoidea



Proboscidea




Afroinsectiphilia

Tubulidentata




Macroscelidea


Afrosoricidea

Chrysochloridae



Tenrecoidae






Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Afrotheria.

Die Afrikaanse kontinent was lank 'n eilandkontinent en hierdie Afrikaanse tak van die Atlantogenata se nasate het daar ses ordes gevorm:

  1. Sirenia (lamantyne) -- lamantyne en doegongs
  2. Hyracoidea (dassies) -- die dassies
  3. Proboscidea (slurpeters) -- die olifante
  4. Tubilidentata (buistandige) -- die erdvark
  5. Macroscelidae (klaasneuse) -- die klaasneuse
  6. Afrosoricidea (tenreks, gouemolle)

Die meeste Afrotheria word ook vandag in Afrika aangetref, maar die slurpeters en die lamantyne het hulle voorkomsgebied oor die res van die wêreld uitgebrei. Baie van hulle -soos die mammoet- het later egter weer uitgesterf. Daar is lank gedink dat die Afrosoricida en die Eulipotyhpla (sien onder) tot een orde behoort, die Insectivora, maar genetiese inligtings het getoon dat dit glad nie waar is nie. Gouemolle en molle het amper dieselfde lewenswyse en sien amper dieselfde uit, maar die een behoort tot die suidelike Atlantogenata, die ander tot die noordelike Boreoeutheria.

Boreoeutheria

Boreoeutheria_85

Euarchontoglires_77



Laurasiatheria_78



Die Placentalia op die noordelike kontinente, die Boreoeutheria het omstreeks 85 mj geleë in twee groepe vertak. Vandag kan hulle nasate op alle kontinente behalwe Antarktika en ook in alle oseane aangetref word.

Laurasiatheria

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Laurasiatheria.
  1. Eulipotyphla -- molle, krimpvarkies, skeerbekmuise
  2. Cetartiodactyla -- kamele, seekoeie, walvisse, beeste, bokke, skape
  3. Perissodactyla -- perde, esels, sebra's, renosters, tapirs
  4. Chiroptera -- vlermuise is die enigste Placentalia wat kan vlieg en ook in Australië en Nieu-Seeland aangetref kan word.
  5. Carnivora -- katte, honde, bere, seehonde,
  6. Pholidota -- ietermagog

Daar is lank gedink dat die walvisse en dolfyne 'n eie orde Cetacea vorm en die seehonde 'n orde Pinnipeda, maar genetiese navorsing het bewys dat die walvisse taamlik naverwant aan die seekoeie is en binne dieselfde orde Cetartiodactyla behoort, saam met kamele, wildsbokke en skape. Die seehonde behoort ook in een orde saam met die leeus, die wolwe en so meer.

Die Eulipotyphla is lank saam met die Afrosoricida in een orde Insectivora geplaas, maar die genetika het bewys dat dit op gesigsbedrog berus.

In Suid-Amerika het lank 'n hoefdierorde Meridiungulata bestaan, wat in die laaste Ystyd uitgesterf het. Genetiese navorsing op fossiele reste dui aan dat ook hierdie groep tot die Laurasiatheria behoort en dalk aan die perde en renosters verwant was.

Euarchontoglires

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Euarchontoglires.
  1. Rodentia -- knaagdiere: muise, rotte, ystervark
  2. Lagomorpha -- hase, konyne, pika's
  3. Scandentia -- boomspitsmuise
  4. Dermoptera -- kolugo's
  5. Primates -- nagapies, ape, mense
  1. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020.
  2. .
  3. .
  4. .
  5. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 14 April 2001. Besoek op3 Januarie 2017.
  6. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 26 April 2018.
  7. .

Publikasie datum: September 03, 2021

soogdier, enige, verskeidenheid, warmbloedige, vertebratadiere, klas, mammalia, insluitend, mense, tydperk, jaar, gelede, nwetenskaplike, klassifikasiekoninkryk, animaliafilum, chordataklas, mammalia, linnaeus, 1758dolfyne, soos, dié, stille, oseaan, soogdiere. Soogdiere is enige van n verskeidenheid warmbloedige vertebratadiere van die klas Mammalia insluitend mense Soogdiere Tydperk 167 0 m jaar gelede T J K Pg NWetenskaplike klassifikasieKoninkryk AnimaliaFilum ChordataKlas Mammalia Linnaeus 1758Dolfyne soos die in die Stille Oseaan is soogdiere Vandag is daar ongeveer 5 000 spesies wat tot 26 ordes behoort 1 Alle huidige soogdiere word deur ses eienskappe gekenmerk hulle het ore wat drie klein beentjies bevat die onderkaak bestaan net uit een been hulle het melkkliere en die kleintjies word met moedersmelk gevoed hulle het hare hoewel dit nie die hele lyf hoef te bedek nie hulle het n hart met vier kamers hoewel dit by die monotremata nie heeltemal volledig is nie en hulle is warmbloedig hoewel monotremata n laer temperatuur het Die meeste word ook gekenmerk daardeur dat hul lewend deur hul moeders gebaar word maar daar is soogdiere wat eiers le Meeste soogdiere leef op land alhoewel daar ook soogdiere is wat in die oseaan leef soos die dolfyn en walvis Die enigste vlieende soogdier is die vlermuis Suid Afrika het die vinnigste landsoogdier naamlik die jagluiperd Suid Afrika het ook die langste soogdier die kameelperd en die grootste landsoogdier die Afrika olifant Die naam soogdiere is gegee op grond daarvan dat die moeders hul kleintjies vir ʼn wisselende tyd met melk afkomstig van die melkkliere voed Die diere toon ook n groot mate van ouersorg wat noodsaaklik is vir die fisieke en gedragsontwikkeling van die jong diere Die soogdiere klas Mammalia is een van die werweldierklasse subphylum Vertebrata Hierdie soogdiere se voorouers was die soogdieragtige reptiele subklas Synapsida orde Therapsida en die diere het tydens die Perm en Trias tydperke 280 tot 190 miljoen jaar gelede geleef Die Therapsida het aan die einde van die Trias uitgesterf maar die soogdiere het toe reeds as klein knaagdieragtige diertjies bestaan Die dinosouriers het hulle heeltemal tydens die Jura en die Kryt oorheers hoewel groot getalle van die klein diertjies blykbaar gedurende die tyd verder ontwikkel het Die soogdiergeskiedenis is egter nie goed bekend nie omdat daar tot dusver min fossiele uit die tydperk gevind is Fossiele van buideldiere infraklas Metatheria en plasentale soogdiere infraklas Eutheria is in gesteentes afkomstig uit die Tersier gevind wat daarop dui dat die twee soogdierlyne reeds apart bestaan het Die buideldiere van daardie tyd het soos die hedendaagse opossums gelyk terwyl die plasentale diere insekte eters was wat soos groot spitsmuise gelyk het Die soogdiere het aan die begin van die Mioseen 26 miljoen jaar gelede die dominante klas gewerwelde diere gevorm Drie groepe lewende soogdiere kan onderskei word die eierleende soogdiere subklas Prototheria orde Monotremata die buideldiere subklas Theria infraklas Metatheria orde Marsupialia en die plasentale soogdiere subklas Theria infraklas Eutheria Inhoud 1 Bou 2 Voortplanting en ouersorg 3 Klassifikasie 4 Geskiedenis 5 Monotremata 6 Marsupialia 7 Placentalia 7 1 Atlantogenata 7 1 1 Xenarthra 7 1 2 Afrotheria 7 2 Boreoeutheria 7 2 1 Laurasiatheria 7 2 2 Euarchontoglires 8 Sien ook 9 Verwysings 10 Eksterne skakelsBou WysigSoogdiere kan in teenstelling met reptiele n konstante liggaamstemperatuur handhaaf Die gemiddelde liggaamstemperatuur is ongeveer 37 C en enige skerp daling of styging kan tot hul dood lei n Doeltreffende bloedsomloopstelsel is nodig om ʼn konstante liggaamstemperatuur te handhaaf Die hart bestaan uit twee gedeeltes wat heeltemal van mekaar geskei is en elk is in twee kamers verdeel Die linker en regtervoorkamers word die atria genoem en die ander twee die ventrikels Die atria en die ventrikels word met behulp van kleppe aanmekaar verbind Die regterventrikel pomp suurstofarme bloed na die longe waar gaswisseling plaasvind Suurstofryke bloed keer na die linkeratrium terug waar dit deur die linkerventrikel weer na die res van die liggaam gepomp word om die weefsels daar van suurstof te voorsien Gaswisseling vind in die weefsels plaas waardeur warmte vrygestel word Die tempo waarteen metabolisme plaasvind is afhanklik van die omgewingstemperatuur n vinnige metabolisme vind in n koue omgewing plaas sodat warmtevoorsiening vir die dier optimaal bly Die verlies van liggaamswarmte word deur n huidbedekking van hare beperk Die hare verskaf ʼn doeltreffende isolasie teen die omgewing Diere met n dun haarbedekking soos walvisse en dolfyne het n onderhuidse speklaag wat as isolasie dien Soogdiere raak van oortollige liggaamshitte ontslae deur meer bloed na die onderhuidse bloedvate te kanaliseer ten einde meer warmte uit te straal Die huid is ook op plekke van sweetkliere voorsien Die liggaam kan verder hitte verloor deur die verdamping van sweet op die oppervlak n Aantal ander kliere kom ook in die vel voor soos olie en geurkliere Laasgenoemde skei kenmerkende reuke af wat gebruik word vir die identifisering van genera en spesies terwyl dit ook gebruik kan word vir die afbakening van territoriums Die ligging van die geurkliere kan van spesie tot spesie verskil Die onderkaak of mandibula van soogdiere bestaan slegs uit twee bene die tandlysbene wat aan die voorpunt van die ken aanmekaar geheg is Dit artikuleer met die skedel by ʼn gewrigsvlak op die skwamosaalbeen of platbeen terwyl die skedel met behulp van twee oksipitale kondiele met die nekwerwels artikuleer Die skedel bevat ook minder bene in vergelyking met ander werweldiere terwyl die wangbeen sigomatiese boog ʼn kombinasie van die skwamosaalbeen en jugale uitgroeisels goed ontwikkel is Soogdiere se breinkapasiteit is ook vergroot wat tot die vergroting van die voorste breingedeelte gelei het Dit het veroorsaak dat die diere kan leer om hul gedrag by veranderlike omstandighede aan te pas en dat hul gedrag dus nie meer net tot onveranderlike aangebore gedragspatrone of instink beperk is nie Soogdiere se sintuie is goed ontwikkel Hul ore is doeltreffende gehoororgane met n ingewikkelde struktuur wat diep in die skedel gelee is Karnivore en daglewende diere se oe is besonder goed ontwikkel terwyl ander s n swak is en by die blindemol Spalax heeltemal ontbreek Die soogdiergebit is baie gespesialiseer om by hul dieet aan te pas en daarom het soogdiere net twee stelle tande in hul leeftyd naamlik melk en permanente stelle Volwasse diere het hoogstens drie snytande een hoektand vier voormalers en drie malers per kaakhelfte Die meeste ordes het egter minder as 44 tande en die tandvorms kan ook na gelang van die diere se dieet wissel Herbivore het goed ontwikkelde malers karnivore het sterk hoektande en snyende voormalers terwyl visetende diere soos die tandwalvisse en dolfyne orde Odontoceti se tande almal dieselfde struktuur het Die baleinwalvisse orde Mystacoceti se kleintjies word met tande gebore maar dit word kort daarna deur ʼn aantal horingplate of baleine vervang wat dan hul voedsel plankton uit die water sit Die gebit kan ook by sommige ordes met gespesialiseerde diete byvoorbeeld insekte eters gedeeltelik of heeltemal ontbreek Die bewegingsledemate van soogdiere is direk onder hul liggame gelee terwyl reptielliggame as t ware tussen hul pole hang Dit veroorsaak dat soogdiere doeltreffender as reptiele beweeg Die oorspronklike soogdiere het vyf vingers en vyf tone aan die uiteindes van hul ledemate gehad Die ledemate het gedurende die soogdierevolusie baie veranderinge ondergaan en groot afwykings van die basiese plan kan tussen die verskillende ordes waargeneem word Sommige ordes toon ʼn vermindering in die aantal vingers en tone terwyl die aantal vingerkootjies baie by seelewende soogdiere toegeneem het ten einde die handoppervlakte te vergroot Hoefdiere se ledemate word vir voortbeweging gebruik terwyl ander diere se voorste ledemate ook as gryporgane gebruik word en dus groter vryheid van beweging moet he Voortplanting en ouersorg WysigDie kleintjies van visse amfibiee en reptiele word nie deur hul ouers versorg nadat hulle uitgebroei het nie terwyl die kleintjies van soogdiere en voels vir n tydperk na geboorte versorg word Ouersorg is belangrik vir die liggaamlike en gedragsontwikkeling van die jong diere omdat hulle aangebore gedragspatrone deur n leerproses aangevul word Die moeder dra in baie gevalle haar ervaring aan haar kleintjies oor Navorsing met sommige spesies het getoon dat kleintjies wat in n vroee stadium van hul moeders verwyder is afwykende sosiale en seksuele gedrag toon Roofdierwyfies leer hul kleintjies ook hoe om te jag en hul prooi dood te byt maar die kleintjies wat sonder moeders grootgemaak is vang moeilik hul prooi Die enigste eierleende soogdiere oviparie is die voelbekdiere orde Monotremata Die oorblywende twee groepe soogdiere baar hul kleintjies lewendig viviparie Die moederdier word inwendig bevrug en die embrionale ontwikkeling vind ook in haar plaas Nadat die dooierlose eiersel bevrug is nou die sigoot word dit met die eierleiers na die baarmoeder uterus vervoer en in die baarmoederwand ingeplant implantasie Die uitruiling van voeding en afvalstowwe tussen die embrio en die moeder vind deur middel van die plasenta plaas Die plasentastruktuur wissel baie tussen die verskillende ordes en is oor die algemeen afwesig by die Monotremata en buideldiere Na geboorte word die kleintjies met melk gevoed wat van spesiale melkkliere afkomstig is Die melkkliere open in die tepels en die aantal sowel as die ligging daarvan wissel baie in die verskillende ordes Slegs die wyfies produseer melk Soogdierkleintjies word in verskillende stadia van ontwikkeling gebore Buideldierkleintjies orde Marsupialia verkeer tydens geboorte nog in n embrionale toestand Hulle ondergaan verdere ontwikkeling in n huidplooi die buidel waar hulle aan n tepel vasgeheg is Die kleintjies van ander ordes soos knaagdiere en roofdiere word in n onderontwikkelde toestand gebore altrisieel Die kleintjies van die primate byvoorbeeld ape moet ook vir n lang tyd deur die ouers versorg word Die kleintjies van hoefdiere word volledig ontwikkeld gebore prekosiaal en hulle kan enkele ure na geboorte reeds saam met die kudde beweeg Klassifikasie WysigModerne soogdiere word in 2 subklasse ingedeel die subklas Prototheria waarin die eierleende soogdiere die orde Monotremata vorm en die subklas Theria Twee infraklasse word in die subklas Theria onderskei Die infraklas Metatheria bevat die buideldiere orde Marsupialia terwyl die plasentale soogdiere tot die infraklas Eutheria behoort In die infraklas word 16 ordes aangetref Geskiedenis WysigTydlyn van leweHierdie kas sien bespreking wysig 4500 4000 3500 3000 2500 2000 1500 1000 500 0 WaterEensellige leweFotosinteseEukarioteMeersellige leweArtropode WeekdierePlanteDinosourusse SoogdiereBlommeVoelsPrimate Aarde 4540 Vroegste water Vroegste lewe Vroegste suurstof Atmosferiese suurstof Suurstofkrisis Seksuele voortplanting Vroegste plante Vroegste diere Ediakara biota Kambriese ontploffing Tetrapodes Vroegste apeF a n e r o s o i k u mP r o t e r o s o i k u mA r g e i k u mH a d e i k u mPongolaHuroniesKriogeniumSaharaKarooKwarterYstydperkeKlikbaar Miljoen jaar gelede Sien ook Lewe Mens en Natuur Die soogdiere het n lang geskiedenis Hulle stam van die Cynodonta wat tot die Therapsides behoort n groep wat reeds voor die dinosourusse bestaan het Tydens die mesosoikum het daar baie groepe soogdiere bestaan die meeste van hulle was nie groter as n muis nie en heelparty van hierdie vorme het aan die Kryt Paleogeen grens uitgesterf Van die mesosoiese groepe soos die Multituberculata Gondwanatheria en Dryolestida het hierdie uitwissing wel oorleef maar het later uitgesterf n Vereenvoudigde stamboom sien so uit 2 3 Cynodontia Mammaliaformes Mammalia Allotheria Multituberculata Gondwanatheria Cladotheria Theria Eutheria PlacentaliaMetatheria MarsupialiaDryolestoidea Australosphenida Ausktribophenida MonotremataDocodonta Haramiyida Tritylodontida Daar is drie groepe wat KT uitwissing oorleef het en vandag steeds bestaan die Monotremata wat eiers le die Marsupialia wat die kleintjies in n buidel dra die grootste groep die Placentalia wat beter ontwikkelde kleintjies kry omrde hul n nuwe orgaan het die plasenta Deur genetiese navorsing het dit duidelik geword dat die Placentalia in vier groepe verdeel kan word en in watter tydperk hulle ongeveer ontstaan het die laat Kryt Saam met die Monotremata en die Marsupialia is daar dus ses groepe huidige soogdiere 4 Mammalia 223 Theria 164 Placentalia 93 Atlantogenata 90 Xenarthra 67Afrotheria 73Boreoeutheria 85 Euarchontoglires 77Laurasiatheria 78Marsupialia 78MonotremataMonotremata Wysig Die oudste groep wat reeds in die Trias ongeveer 223 mj gelee ontstaan het is die Monotremata Hulle is die eendbekdier en die mierystervarke Hierdie soogdiere is die enigste wat steeds eiers le en n laer liggaamstemperatuur het Hulle is ook die enigste nie Theria wat steeds bestaan Hulle produseer melk en soog die kleintjies as sy uit die eier gekruip het maar die moeder het geen tepels nie Vandag word hulle steeds net in Australie en op Nieu Guinea aangetref Daar is egter n fossiel van hulle uit die paleoseen van Argentinie gevind 5 Marsupialia Wysig Verwantskap tussen die 7 ordes buideldiere Die hoofartikel vir hierdie afdeling is buideldier Ongeveer 164 mj gelee het die Theria verdeel in die Metatheria en die Eutheria Nasate van die Metatheria die Marsupialia of buideldiere word vandag soos die kangaroe of die Tasmaniese duiwel steeds in Australie en in Suid Amerika aangetref Noord Amerika het ook een buideldier die opossum Hulle kry lewende jonge maar die kleintjies is baie onderontwikkeld en bly in mama se buidel tot hulle groter geword het Hulle suig vas aan n tepel Daar is sewe ordes waarvan 3 in Suid Amerika and die ander 4 in AustraliePlacentalia WysigPlacentalia 93 Atlantogenata 90 Xenarthra 67Afrotheria 73Boreoeutheria 85 Euorchontoglires 77Laurasiatheria 78 By die Eutheria wat ongeveer 164 mj gelee verskyn het n belangrike ontwikkeling plaasgevind n Nuwe orgaan die plasenta het die verbinding tussen die moeder en die jong moontlik gemaak Daardeur kan die kleintjie langer in die baarmoeder van sy moeder bly Soogdiere wat se voortplanting n plasenta gebruik word die Placentalia genoem Hulle is die grootste groep huidige soogdiere Behalwe op Australie en Antarktika kom hulle op alle kontinente en in alle oseane voor In die Kryt tydperk het die kontinente verder verbrokkel en daardeur het verskeie groepe Placentalia gevorm Dit is moeilik om die presiese volgorde hiervan te bepaal maar die nuuste werk van Tarver et al 2015 se dat eers ongeveer 93 mj gelee n noordelike groep die Boreoeutheria afgestig is van Gondwana s n die Atlantogenata Daarna is die Atlantogenata omstreeks 90 mj verdeel in n Suid Amerikaanse groep die Xenarthra en n Afrikaanse groep die Afrotheria Die noordelike Boreoeutheria het later ca 87 mj ook vertak in die Euarchontoglires en die Laurasiatheria Atlantogenata Wysig Atlantogenata 90 Xenarthra 67Afrotheria 73 Die Atlantogenata het op die suidelike kontinent Gondwana ontstaan wat na n paar miljoen jaar in Suid Amerika met die Xenarthra en Afrika met die Afrotheria verder verbrokkel is Xenarthra Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Xenarthra Van hierdie Suid Amerikaanse tak het net twee ordes oorgebly Pilosa die miervreters en die luiaards Cingulata die gordeldiere Hulle kom in Suid Amerika voor hoewel die armadillo ook in die Verenigde State aangetref kan word Aan die einde van die laaste Ystyd het baie megavorme verdwyn Megalocnus het dalk 5000 jaar gelee nog op Kuba kan oorleef Daar word gedink dat die mens hierdie vorme uitgewis het 6 Afrotheria Wysig Afrotheria Paenungulata SireniaHyracoideaProboscideaAfroinsectiphilia TubulidentataMacroscelideaAfrosoricidea ChrysochloridaeTenrecoidae Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Afrotheria Die Afrikaanse kontinent was lank n eilandkontinent en hierdie Afrikaanse tak van die Atlantogenata se nasate het daar ses ordes gevorm Sirenia lamantyne lamantyne en doegongs Hyracoidea dassies die dassies Proboscidea slurpeters die olifante Tubilidentata buistandige die erdvark Macroscelidae klaasneuse die klaasneuse Afrosoricidea tenreks gouemolle Die meeste Afrotheria word ook vandag in Afrika aangetref maar die slurpeters en die lamantyne het hulle voorkomsgebied oor die res van die wereld uitgebrei Baie van hulle soos die mammoet het later egter weer uitgesterf Daar is lank gedink dat die Afrosoricida en die Eulipotyhpla sien onder tot een orde behoort die Insectivora maar genetiese inligtings het getoon dat dit glad nie waar is nie Gouemolle en molle het amper dieselfde lewenswyse en sien amper dieselfde uit maar die een behoort tot die suidelike Atlantogenata die ander tot die noordelike Boreoeutheria Boreoeutheria Wysig Boreoeutheria 85 Euarchontoglires 77Laurasiatheria 78 Die Placentalia op die noordelike kontinente die Boreoeutheria het omstreeks 85 mj gelee in twee groepe vertak Vandag kan hulle nasate op alle kontinente behalwe Antarktika en ook in alle oseane aangetref word Laurasiatheria Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Laurasiatheria Eulipotyphla molle krimpvarkies skeerbekmuise Cetartiodactyla kamele seekoeie walvisse beeste bokke skape Perissodactyla perde esels sebra s renosters tapirs Chiroptera vlermuise is die enigste Placentalia wat kan vlieg en ook in Australie en Nieu Seeland aangetref kan word Carnivora katte honde bere seehonde Pholidota ietermagog Daar is lank gedink dat die walvisse en dolfyne n eie orde Cetacea vorm en die seehonde n orde Pinnipeda maar genetiese navorsing het bewys dat die walvisse taamlik naverwant aan die seekoeie is en binne dieselfde orde Cetartiodactyla behoort saam met kamele wildsbokke en skape Die seehonde behoort ook in een orde saam met die leeus die wolwe en so meer Die Eulipotyphla is lank saam met die Afrosoricida in een orde Insectivora geplaas maar die genetika het bewys dat dit op gesigsbedrog berus In Suid Amerika het lank n hoefdierorde Meridiungulata bestaan wat in die laaste Ystyd uitgesterf het Genetiese navorsing op fossiele reste dui aan dat ook hierdie groep tot die Laurasiatheria behoort en dalk aan die perde en renosters verwant was 7 Euarchontoglires Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Euarchontoglires Rodentia knaagdiere muise rotte ystervark Lagomorpha hase konyne pika s Scandentia boomspitsmuise Dermoptera kolugo s Primates nagapies ape menseSien ook WysigLys van Suider Afrikaanse soogdiere Lys van Suider Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike name Suider Afrikaanse soogdiere en hul ordesVerwysings WysigWereldspektrum 1982 ISBN 0908409672 volume 26 bl 36 39 Animal diversity Mammalia in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020 Phylogeny and diversification of Mesozoic and major extant mammal groups Zhe Xi Luo Nature 450 1011 1019 13 December 2007 David W Krause Simone Hoffmann Nature 515 7528 November 2014 James E Tarver et al The Interrelationships of Placental Mammals and the Limits of Phylogenetic Inference 2016 Berkeley U in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 April 2001 Besoek op 3 Januarie 2017 National Geographic in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2018 Ancient collagen reveals evolutionary history of the endemic South American ungulates Michael Buckley Proceedings of the royal society B 282 1806 2015 Eksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir soogdier Virtual Museum of African MammalsOntsluit van https af wikipedia org w index php title Soogdier amp ol,