fbpx
Wikipedia

Maleisië

Maleisië (Maleis: Malaysia, [məlejsiə]; Engels: Malaysia, [məˈleɪzɪə, -ʒə], ) is 'n federale grondwetlike monargie in Suidoos-Asië net noord van die ewenaar. Dié land bestaan uit twee afsonderlike dele, geskei deur die Suid-Chinese See: Wes-Maleisië of Malakka, in die noorde begrens deur Thailand en in die suide deur Singapoer; en Oos-Maleisië, die noordelike deel van die eiland Kalimantan (eertyds Borneo), in die suide begrens deur Indonesië en in die noorde deur Broenei. Daarbenewens deel Maleisië 'n maritieme grens met Viëtnam in die Suid-Chinese See en Filippyne in die Sulusee. Van die ander seë sluit in die Andamanse See en die Golf van Bengale in die noordweste en die Celebessee in die noordooste. Die westelike deel beslaan sowat 40% van die oppervlakte van Maleisië, maar hier woon 85% van die algehele bevolking. Die hoofstad en grootste stad is Kuala Lumpur, terwyl Putrajaya die regeringsetel is.

Maleisië
Malaysia (Engels en Maleis)
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Bersekutu Bertambah Mutu[1]
(Maleis vir: "Eenheid is krag")
Volkslied: Negaraku
(Maleis vir: "My land")
Hoofstad Kuala Lumpur
3°8′N 101°41′O / 3.133°N 101.683°O / 3.133; 101.683
Putrajaya (administratief)
2°56′N 101°42′O / 2.933°N 101.700°O / 2.933; 101.700
Grootste stad Kuala Lumpur

3°8′N 101°41′O / 3.133°N 101.683°O / 3.133; 101.683

Amptelike tale Maleis (nasionale taal)
Engels (tweede taal)
Regering Federale parlementêre
grondwetlike monargie
Abdullah
Ismail Sabri Yaakob
Onafhanklikheid
• Huidige grondwet
• Federasie Malaya
• Sarawak
• Selfregering van
Noord-Borneo
• Federasie Malaya,
Noord-Borneo, Sarawak
en Singapoer
• Wegbreek van Singapoer
van die Verenigde Koninkryk
27 Augustus 1957
31 Augustus 1957[2]
22 Julie 1963[3]

31 Augustus 1963[4]


16 September 1963
9 Augustus 1965
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
330 803 km2  (67ste)
127 724 myl2
0,3
Bevolking
 - 2020-skatting
 - 2010-sensus
 - Digtheid
 
32 730 000[5] (43ste)
28 334 135[6]
92 / km2 (116de)
238,3 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$978,781 miljard[7] (30ste)
$29 340[7] (51ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2021-skatting

$387,093 miljard[7] (36ste)
$11 604[7] (60ste)

MOI (2019) 0,810[8] (62ste)  –  baie hoog
Gini (2015) 41,1[9](36ste) –  medium
Geldeenheid Ringgit (RM) (MYR)
Tydsone
 - Somertyd
MST (UTC+8)
nie toegepas nie (UTC+8)
Internet-TLD .my, مليسيا.[10]
Skakelkode +60
Nasa-Satellietbeeld van Suidoos-Asië met Maleisië in die middel
Kaart van Maleisië
"Malaysia" as benaming vir die hele Maleise argipel op 'n kaart van 'n Amerikaanse atlas uit 1914

Die naam "Maleisië" is afgelei van die woord "Malay" en die Latyn-Griekse agtervoegsel "-sia"/-σία.[11] Maleisië het in die 18de eeu 'n Britse kolonie geword nadat die Straits Settlements Britse protektorate geword het. Die Peninsulêre Maleisië is in 1946 as die Maleise Unie verenig. Malaya is in 1948 as die Federasie Malaya herstruktureer en het op 31 Augustus 1957 sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk behaal. Malaya verenig op 16 September 1963 met Noord-Borneo, Sarawak en Singapoer om Maleisië te vorm. In 1965 is Singapoer uit die federasie geskors.[12] Maleisië is 'n federale parlementêre grondwetlike monargie binne die Britse Statebond met 'n eie monarg (Yang di-Pertuan Agong) as staatshoof. Maleisië is een van slegs vyf lande binne die Britse Statebond met 'n inheemse monarg op die troon (die ander vier is Broenei, Eswatini, Lesotho en Tonga).

Maleisië beslaan 'n oppervlakte van 330 803 km² en het 'n bevolking van sowat 32,7 miljoen in 2020 gehad. Maleisië is 'n lidland van die Britse Statebond met 'n gekose monarg as staatshoof. Maleisië word as 'n opkomende mark beskou en is 'n lidland van die ASEAN, die Beweging van Onverbonde Lande en die Organisasie van Islamitiese Samewerking. Die bekende Petronas-torings in Kuala Lumpur was tussen 1998 en 2004 die hoogste gebou ter wêreld. Die Sepang Internasionale Renbaan het vanaf 1999 tot 2017 die Maleisiese Grand Prix in Formule Een gehuisves. Malaysia Airlines is die nasionale vlagdraerlugredery met sy spilpunt op Kuala Lumpur Internasionale Lughawe; weens die verlies van twee vlugte binne een jaar (Malaysia Airlines-vlug 17 en Malaysia Airlines-vlug 370) was dié lugredery wêreldwyd in die nuus.

Demografie

 
Die persentasie van die Maleisiese bevolking volgens etniese groepe gebaseer op die 2010-sensus[6]
 
Die persentasie van die Maleisiese bevolking volgens godsdienstige groepe gebaseer op die 2010-sensus[6]
 
Maleisiese Chinese in Perak
 
Maleisiese Indiërs in Selangor
 
Verspreiding van taalfamilies in Maleisië:

   Maleis

   Borneaans

   Asliaans

   Land-Dayak

   Sama-Bajaw

   Filippyns

   Kreools

   Gebiede met verskeie tale

Maleisië is 'n etnies gemengde land met etniese groepe soos Hakka, Han-Chinese, Javane, Maleiers en Tamils. Van die tale wat in Maleisië gebesig word sluit in Atjehs, Chinees, Hakka, Kantonees, Madoerees, Maleis, Mandaryns, Min en Minangkabau.

Bevolking

In die vroeë tagtigerjare was daar na raming meer as 13 miljoen mense in Maleisië woonagtig, van wie daar byna 900 000 in Sabah gewoon het en meer as een miljoen in Sarawak. Maleisië is ’n yl bevolkte land: die gemiddelde bevolkingsdigtheid beloop ietwat meer as 92 per km², hoewel die bevolkingsdigtheid in sommige streke veel hoër is.

Die bevolking neem jaarliks na raming met ongeveer 3% toe vanweë 'n baie hoë geboortesyfer en 'n sterftesyfer wat in die laaste jare baie gedaal het. Meer as 30% van die bevolking van Wes-Maleisië woon in stede (plekke met meer as 10 000 inwoners). Belangrike stede in Wes-Maleisië is Kuala Lumpur, Penang (Georgetown), Ipoh en Johore Baru.

Sabah (hoofstad Kota Kinabalu) en Sarawak (hoofstad Kuching) is albei sowel ylbevolk as min verstedelik. Migrasie het veral in die verlede ’n groot rol gespeel. Vandag is daar ’n geringe binnelandse migrasie na Oos-Maleisië, waar ook Filippyne en Indonesiërs werk kry. Maleisië is ’n veelvolkige samelewing waarin drie groot en 'n aantal klein bevolkingsgroepe onderskei word.

Die grootste groep word gevorm deur die Maleiers, wat ongeveer 47% van die bevolking uitmaak en in 'n aantal deelstate, veral aan die ooskus van die Maleise Skiereiland, 'n groot meerderheid vorm. Die Maleise bevolkingsgroep is as etniese groep die draer van die nasionale kultuur en van hul taal, Bahasa Malaysia ('n gemoderniseerde weergawe van Maleis).

Hul godsdiens, Islam, is die staatsgodsdiens. Islam is eintlik die belangrikste faktor waardeur onderskeid tussen Maleiers en nie-Maleiers gemaak kan word. In die nasionalistiese beweging en ook op alle bestuursvlakke neem Maleiers die belangrikste posisies in. Op ekonomiese gebied bestaan daar egter ’n groot agterstand ten opsigte van die Chinese bevolkingsgroep.

Die Maleiers is hoofsaaklik werksaam in die klein landbousektor en woon meestal op die platteland. Vanweë die regering se pogings om die Maleise agterstand te verklein, het ’n stedelike Maleise elite ontstaan. Chinese vorm die tweede grootste bevolkingsgroep van die land (ongeveer 33%). Hulle het veral sedert die tweede helfte van die vorige eeu as arbeiders in die tinmyne na die gebied gekom. Hulle woon vandag hoofsaaklik in stede van Wes- en Oos-Maleisië en is byna uitsluitend in die handel-, dienste – en nywerheidsektor werksaam.

Hoewel die Chinese sedert die onafhanklikwording staatsburgers van Maleisië is, het hulle in sosiale opsig 'n aparte groep gebly. Afgesien van hul eie tale (Hakka en Kantonees) heg hulle ook baie waarde aan eie tradisies, gebruike en godsdiens (Boeddhisme, Taoïsme en Konfusianisme). Leiers van die Maleise bevolkingsgroep poog aan die een kant om die ekonomiese agterstand ten opsigte van die Chinese in te haal, terwyl hulle die Chinese bevolkingsgroep terselfdertyd ’n Maleise, dit wil sê 'n Islamitiese, karakter wil oplê, en die gebruik van die Maleise taal bevorder. Die Chinese bevolkingsgroep was uiteraard daarteen gekant.

Die derde grootste bevolkingsgroep, die Indiërs (ongeveer 11%), speel nie 'n baie belangrike rol nie. Hulle woon hoofsaaklik in Wes-Maleisië, waar hulle voorouers hul in die vorige eeu veral in die rubberverbouingsgebiede gevestig het. Die Indiërs het baie min kontak met sowel die Chinese as die Maleiers. Naas hul eie taal (na gelang van die streek waarvandaan hul voorouers afkomstig is), maar veral Tamil) praat die Indiërs ook Engels.

Dit is nie ’n amptelike taal nie, maar word baie in die hele Maleisië gebruik. Die meeste Indiërs is Hindoes, hoewel daar 'n minderheid van Moslems en Sikhs is. Die vierde bevolkingsgroep bestaan uit 'n aantal verskillende etniese groeperinge wat in Maleisië onder die naam orang asli saamgevat word. Hierdie naam (letterlik: inheemse mense) dui aan dat hulle as die oudste bewoners van die land beskou word. Tot hierdie groep – wat skaars 9% van die totale bevolking uitmaak, maar in Sarawak en Sabah die meerderheid vorm behoort onder andere die Semang en die Senoi. Hulle is jagters en voedselversamelaars wat in die oerwoude van Wes-Maleisië woon en wat tot die Negrito's behoort. Hulle getalle is egter onbeduidend. In Oos-Maleisië is die orang asli egter 'n aantal etniese groepe wat van wee hul etniese verwantskap met die Maleiers Protomaleiers of Oud-maleiers genoem word. Wanneer hulle hulle tot die Islam bekeer het, soos die Melaneus, word hulle as Maleiers beskou.

Tot die Maleiers wat nie tot die Islam bekeer is nie, behoort onder andere die Ibans of Seedayaks, die Landdayaks van Sarawak en die Kazadans van Sabah. Hierdie groep het dikwels sowel hul eie taal as godsdiens bewaar, maar word nietemin deur die Maleise bevolkingsdeel as "bondgenote" teen die Chinese gesien. Hulle lewe van primitiewe landbou, wat vandag steeds meer deur ander inkomste soos rubber-tap, houtkap, ensovoorts, aangevul word.

Ekonomie

 
Die Petronas-torings huisves die hoofkwartier van die nasionale oliemaatskappy Petronas en is die hoogste tweelingtorings wêreldwyd
 
Kuala Lumpur se sentrale sakedistrik
 
Proton is 'n vername Maleise motorvervaardiger

Gemeet volgens die per capita-inkomste van die bevolking behoort Maleisië tot die rykere lande van Suidoos-Asië. Hierdie relatiewe rykdom berus hoofsaaklik op die produksie en uitvoer van 'n aantal grondstowwe. Die belangrikste daarvan was nog altyd tin en rubber, terwyl palmprodukte, hout en aardolie (die laaste twee produkte veral uit Oos-Maleisië afkomstig) later bygekom het.

Die groot afhanklikheid van die uitvoer van grondstowwe (ongeveer 40% van die bruto nasionale produk) bring mee dat Maleisië taamlik afhanklik is van die ekonomiese ontwikkeling in die nywerheidslande. In Maleisië is die meeste produksie in die hande van die vrye, private ondernemings. Ingryping deur die regering is beperk tot sektore soos vervoer, riolering, besproeiing, en so meer.

Hoewel die regering 'n aantal ekonomiese doelwitte gestel het (verhoging van die per capita-inkomste, ekonomiese diversifikasie, beklemtoning van die ekonomiese ontwikkeling in die gebiede soos Sarawak, Sabah en die ooskus van Wes-Maleisië), is hy vir die bereiking daarvan van die private sektor afhanklik. Die regering doen ook baie moeite am ’n gunstige klimaat vir private ondernemings te skep, en hy kry nou al hoe meer invloed in die aktiwiteite van buitelandse ondernemings.

Landbou

 
Palmolieboedel in Maleisië

Van die ekonomies aktiewe deel van die bevolking is meer as die helfte in die landbou werksaam. Nywerheidsgewasse soos natuurlike rubber, oliepitbome en timmerhout sorg vir die leeue-aandeel van die inkomste wat uit landbou verdien word. Tog maak ongeveer 'n driekwart van die boerebevolking hul bestaan uit die verbouing van rys; in Wes-Maleisië is dit veral Maleiers en in Oos-Maleisië Protomaleiers (onder andere Dayaks).

In teenstelling met die produksie van die gewasse vir handel, waarin veral Chinese en Indiërs werksaam is, vind die produksie van rys op baie klein plasies plaas wat dikwels uit verskillende brokkies grond bestaan. Dit geskied met behulp van beskeie tegniese hulpmiddele. In Oos-Maleisië neem wisselbou onder die Dayaks nog 'n belangrike plek in.

Hoewel die klein boere in die eerste plek rys verbou, word klein hoeveelhede rubber ook geproduseer. Daar word dan gepraat van bevolkingsrubber in teenstelling met nywerheidsrubber, wat deur groot en dikwels buitelandse ondernemings geproduseer word. Werkgeleenthede in die landbou is nie voldoende wanneer die bevolkingsaanwas in berekening gebring word nie. Uitbreiding op landbougebied is wet moontlik, maar 'n strukturele oplossing lê eerder in die uitbreiding van werkgeleenthede in die nie-landbousektor.

Mynbou en nywerhede

 
Port Klang in Selangor, die grootste en besigste hawe in Maleisië

Hoewel Maleisië steeds die wêreld se grootste tinprodusent is, het die produksie daarvan gedurende die laaste paar jaar tog ietwat afgeneem omdat die rykste are uitgeput is. Die tin word in Maleisië self gesmelt en onder die naam "Straits refined tin" uitgevoer. 'n Delfstof wat besig is om baie belangrik te word, is aardolie, wat tot nou toe veral in Oos-Maleisië geproduseer is.

Die raffinering vind gedeeltelik in Maleisië self plaas. 'n Uitbreiding van die bedrywighede op hierdie gebied is moontlik en die regering het 'n nasionale oliemaatskappy opgerig wat in samewerking met groot oliemaatskappye vir die ontginning daarvan moet sorg. Werkgeleenthede in veral die nywerheidsektor is nog gering, maar die regering streef al jare lank die uitbreiding daarvan na om die ekonomie af te wissel en om die Maleise bevolkingsdeel ’n ekonomiese perspektief, naamlik industriële werkgeleenthede, te bied, omdat die handel in grondstowwe geheel en al in die hande van die Chinese is.

Die regering het gepoog om soveel moontlik buitelandse beleggers te lok, maar die werkgeleenthede wat hulle bied, is teleurstellend. Maleisië het 'n baie hoe persentasie werkloses. Naas algemene maatreëls om ’n gunstige ondernemingsklimaat te bevorder, het die regering hom veral met die totstandkoming van nywerheidsgebiede besig gehou. Die infrastruktuur daar word deur die regering verskaf.

Politiek en bestuur

 
Die parlement van Maleisië (Parlimen Malaysia) in Kuala Lumpur
 
Abdullah van Pahang, die huidige monarg van Maleisië
 
Perdana Putra, die setel van die Maleise eerste minister in Putrajaya
 
Ismail Sabri Yaakob dien sedert 2021 as eerste minister van Maleisië

Die Maleisiese Federasie het in 1963 ontstaan toe die reeds onafhanklike Federasie Malakka ('n federasie van elf sultanate op die skiereiland) met Singapoer, Sarawak en Noord-Borneo (tans Sabah) verenig het. Dit was almal Britse gebiede. Die samesmelting het plaasgevind op aandrang van veral Groot-Brittanje, wat die skepping van 'n sterk staat beoog het (in die vyftigerjare is ’n lang oorlog met Kommunistiese opstandelinge in die woude van die skiereiland gevoer).

Die politieke leiers van die Maleise bevolkingsgroep was nie besonder geesdriftig oor 'n federasie met Singapoer nie. Die gebied was deur Chinese oorheers. Hulle het slegs daartoe ingestem indien Sarawak en Noord-Borneo ook deel van die federasie vorm. Aanvanklik is die betrokkenheid van Sabah en Sarawak kwaai teengestaan deur Indonesië (wat 'n paar jaar lank 'n beleid van konfrontasie teen die jong federasie gevoer het) en deur Filippyne, wat steeds op Sabah aanspraak gemaak het.

Singapoer het hom in 1965 van die federasie losgemaak en van die tyd af bestaan Maleisië uit twee dele: Wes en Oos-Maleisië (Sarawak en Sabah). Die deelstate van die Maleisiese Federasie het elk sy eie regering en volksverteenwoordiging, maar die federale regering in Kuala Lumpur het baie seggenskap in binnelandse aangeleenthede van die deelstate. Sarawak en Sabah het 'n grotere mate van outonomie as die ander deelstate. Wat staatsvorm betref, is Maleisië 'n konstitusionele monargie, en die koning (met die titel Yang di-Pertuan Agong) word elke vyf jaar uit en deur die sultans van die deelstate van die Maleise skiereiland gekies. Die koning het hoofsaaklik seremoniële bevoegdhede, en die werklike mag berus by die kabinet onder leiding van 'n minister-president.

Die kabinet moet verantwoording doen aan die parlement, wat uit ’n gedeeltelik benoemde senaat (Dewan Nagara) en 'n verkose huis van verteenwoordigers (Dewan Ra'ayat) bestaan. Laasgenoemde het meer bevoegdhede. In 1976 was die Nasionale Front aan die bewind. Dit is 'n koalisie van organisasies van verskillende politieke en etniese groepe waar die leierskap in die hande van die Maleise elite is. Die amp van die minister-president is jare lank gevul deur Abdoel Rahman (1903–1990), wat in 1971 afgetree het en deur Abdoel Razak (1922–1976) opgevolg is. Ná die dood van Abdoel Razak het Hoesein Onn (geb. 1923) die premier geword, wat op sy beurt (ná 'n kabinetskommeling) deur dr. Mahathir Mohamad opgevolg is. Die belangrikste binnelandse probleem is in die eerste plek die verskille tussen die etniese groepe. Kommunistiese terroristiese aktiwiteite in Wes-Maleisië kom nog voor en die onrus onder die bevolking as geheel het van wee die ekonomiese agteruitgang toegeneem.

Daarby het die federale regering boonop te kampe met 'n baie eiesinnige regime van die premier van die deelstaat Sabah, wat hom al hoe minder aan die federale regering steur. In sy buitelandse politiek voer Maleisië 'n pro-Westerse beleid. Die land is lid van 'n aantal internasionale organisasies, soos die Vereniging van Suidoos-Asiatiese Lande (ASEAN) en die Britse Statebond.

Stede

Dorpe

  • Kangar
  • Kota Bahru
  • Kuantan
  • Seremban

Sien ook

Verwysings

  1. (en) . Maleise regering. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2013. Besoek op 12 Augustus 2014.
  2. (en) Derek Mackay (11 Junie 2005). Eastern Customs: The Customs Service in British Malaya and the Opium Trade. The Radcliffe Press. pp. 240–. ISBN 978-1-85043-844-1. Besoek op 2 Maart 2020.
  3. (en) Frans Welman. Borneo Trilogy Sarawak: Volume 2. Booksmango. pp. 134–. ISBN 978-616-245-089-1. Besoek op 2 Maart 2020.
  4. (en) Frans Welman. Borneo Trilogy Volume 1: Sabah. Booksmango. pp. 159–. ISBN 978-616-245-078-5. Besoek op 2 Maart 2020.
  5. (en) "Demographic Statistics First Quarter 2020, Malaysia". Department of Statistics, Malaysia. 14 Mei 2020. Besoek op 12 Junie 2020.
  6. 6,0 6,1 6,2 (en) (PDF). Departement Statistiek, Maleisië. p. 82. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 22 Mei 2014. Besoek op 4 Oktober 2011.
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 (en) "Malaysia". Internasionale Monetêre Fonds. April 2021. Besoek op 6 September 2021.
  8. (en) "Human Development Report 2020" (PDF). United Nations Development Programme. 2020. Besoek op 6 September 2021.
  9. (en) "Malaysia". Wêreldbank. Besoek op 6 September 2021.
  10. (en) "Delegation of the مليسيا domain representing Malaysia in Arabic". Internet Assigned Numbers Authority. vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2018. Besoek op 2 Maart 2020.
  11. (en) Room, Adrian (2004). Placenames of the World: Origins and Meanings of the Names for Over 5000 Natural Features, Countries, Capitals, Territories, Cities and Historic Sites. McFarland & Company. p. 221. ISBN 978-0-7864-1814-5.
  12. (en) Baten, Jörg (2016). A History of the Global Economy. From 1500 to the Present. Cambridge University Press. p. 290. ISBN 978-1-107-50718-0.

Bronnelys

Algemeen

Eksterne skakels

  • (en) Toerisme-inligting oor Maleisië op Wikivoyage
  • (nl) Maleisie.be – Breedvoerige inligting oor Maleisië

Maleisië
maleisië, maleis, malaysia, məlejsiə, engels, malaysia, məˈleɪzɪə, ʒə, luister, hulp, inligting, federale, grondwetlike, monargie, suidoos, asië, noord, ewenaar, dié, land, bestaan, twee, afsonderlike, dele, geskei, deur, suid, chinese, malakka, noorde, begren. Maleisie Maleis Malaysia melejsie Engels Malaysia meˈleɪzɪe ʒe luister hulp inligting is n federale grondwetlike monargie in Suidoos Asie net noord van die ewenaar Die land bestaan uit twee afsonderlike dele geskei deur die Suid Chinese See Wes Maleisie of Malakka in die noorde begrens deur Thailand en in die suide deur Singapoer en Oos Maleisie die noordelike deel van die eiland Kalimantan eertyds Borneo in die suide begrens deur Indonesie en in die noorde deur Broenei Daarbenewens deel Maleisie n maritieme grens met Vietnam in die Suid Chinese See en Filippyne in die Sulusee Van die ander see sluit in die Andamanse See en die Golf van Bengale in die noordweste en die Celebessee in die noordooste Die westelike deel beslaan sowat 40 van die oppervlakte van Maleisie maar hier woon 85 van die algehele bevolking Die hoofstad en grootste stad is Kuala Lumpur terwyl Putrajaya die regeringsetel is MaleisieMalaysia Engels en Maleis Vlag WapenNasionale leuse Bersekutu Bertambah Mutu 1 Maleis vir Eenheid is krag Volkslied Negaraku Maleis vir My land source source track track track track track track track track track Hoofstad Kuala Lumpur3 8 N 101 41 O 3 133 N 101 683 O 3 133 101 683 Putrajaya administratief 2 56 N 101 42 O 2 933 N 101 700 O 2 933 101 700Grootste stad Kuala Lumpur 3 8 N 101 41 O 3 133 N 101 683 O 3 133 101 683Amptelike tale Maleis nasionale taal Engels tweede taal Regering Monarg Eerste minister Federale parlementeregrondwetlike monargieAbdullahIsmail Sabri YaakobOnafhanklikheid Huidige grondwet Federasie Malaya Sarawak Selfregering vanNoord Borneo Federasie Malaya Noord Borneo Sarawaken Singapoer Wegbreek van Singapoer van die Verenigde Koninkryk27 Augustus 195731 Augustus 1957 2 22 Julie 1963 3 31 Augustus 1963 4 16 September 19639 Augustus 1965Oppervlakte Totaal Water 330 803 km2 67ste 127 724 myl20 3Bevolking 2020 skatting 2010 sensus Digtheid 32 730 000 5 43ste 28 334 135 6 92 km2 116de 238 3 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2021 skatting 978 781 miljard 7 30ste 29 340 7 51ste BBP nominaal Totaal Per capita 2021 skatting 387 093 miljard 7 36ste 11 604 7 60ste MOI 2019 0 810 8 62ste baie hoogGini 2015 41 1 9 36ste mediumGeldeenheid Ringgit RM a href ISO 4217 html title ISO 4217 MYR a Tydsone Somertyd MST UTC 8 nie toegepas nie UTC 8 Internet TLD my مليسيا 10 Skakelkode 60 Nasa Satellietbeeld van Suidoos Asie met Maleisie in die middel Kaart van Maleisie Malaysia as benaming vir die hele Maleise argipel op n kaart van n Amerikaanse atlas uit 1914 Die naam Maleisie is afgelei van die woord Malay en die Latyn Griekse agtervoegsel sia sia 11 Maleisie het in die 18de eeu n Britse kolonie geword nadat die Straits Settlements Britse protektorate geword het Die Peninsulere Maleisie is in 1946 as die Maleise Unie verenig Malaya is in 1948 as die Federasie Malaya herstruktureer en het op 31 Augustus 1957 sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk behaal Malaya verenig op 16 September 1963 met Noord Borneo Sarawak en Singapoer om Maleisie te vorm In 1965 is Singapoer uit die federasie geskors 12 Maleisie is n federale parlementere grondwetlike monargie binne die Britse Statebond met n eie monarg Yang di Pertuan Agong as staatshoof Maleisie is een van slegs vyf lande binne die Britse Statebond met n inheemse monarg op die troon die ander vier is Broenei Eswatini Lesotho en Tonga Maleisie beslaan n oppervlakte van 330 803 km en het n bevolking van sowat 32 7 miljoen in 2020 gehad Maleisie is n lidland van die Britse Statebond met n gekose monarg as staatshoof Maleisie word as n opkomende mark beskou en is n lidland van die ASEAN die Beweging van Onverbonde Lande en die Organisasie van Islamitiese Samewerking Die bekende Petronas torings in Kuala Lumpur was tussen 1998 en 2004 die hoogste gebou ter wereld Die Sepang Internasionale Renbaan het vanaf 1999 tot 2017 die Maleisiese Grand Prix in Formule Een gehuisves Malaysia Airlines is die nasionale vlagdraerlugredery met sy spilpunt op Kuala Lumpur Internasionale Lughawe weens die verlies van twee vlugte binne een jaar Malaysia Airlines vlug 17 en Malaysia Airlines vlug 370 was die lugredery wereldwyd in die nuus Inhoud 1 Demografie 1 1 Bevolking 2 Ekonomie 2 1 Landbou 2 2 Mynbou en nywerhede 3 Politiek en bestuur 4 Stede 5 Dorpe 6 Sien ook 7 Verwysings 8 Bronnelys 9 Eksterne skakelsDemografie Wysig Die persentasie van die Maleisiese bevolking volgens etniese groepe gebaseer op die 2010 sensus 6 Die persentasie van die Maleisiese bevolking volgens godsdienstige groepe gebaseer op die 2010 sensus 6 Maleisiese Chinese in Perak Maleisiese Indiers in Selangor Verspreiding van taalfamilies in Maleisie Maleis Borneaans Asliaans Land Dayak Sama Bajaw Filippyns Kreools Gebiede met verskeie tale Maleisie is n etnies gemengde land met etniese groepe soos Hakka Han Chinese Javane Maleiers en Tamils Van die tale wat in Maleisie gebesig word sluit in Atjehs Chinees Hakka Kantonees Madoerees Maleis Mandaryns Min en Minangkabau Bevolking Wysig In die vroee tagtigerjare was daar na raming meer as 13 miljoen mense in Maleisie woonagtig van wie daar byna 900 000 in Sabah gewoon het en meer as een miljoen in Sarawak Maleisie is n yl bevolkte land die gemiddelde bevolkingsdigtheid beloop ietwat meer as 92 per km hoewel die bevolkingsdigtheid in sommige streke veel hoer is Die bevolking neem jaarliks na raming met ongeveer 3 toe vanwee n baie hoe geboortesyfer en n sterftesyfer wat in die laaste jare baie gedaal het Meer as 30 van die bevolking van Wes Maleisie woon in stede plekke met meer as 10 000 inwoners Belangrike stede in Wes Maleisie is Kuala Lumpur Penang Georgetown Ipoh en Johore Baru Sabah hoofstad Kota Kinabalu en Sarawak hoofstad Kuching is albei sowel ylbevolk as min verstedelik Migrasie het veral in die verlede n groot rol gespeel Vandag is daar n geringe binnelandse migrasie na Oos Maleisie waar ook Filippyne en Indonesiers werk kry Maleisie is n veelvolkige samelewing waarin drie groot en n aantal klein bevolkingsgroepe onderskei word Die grootste groep word gevorm deur die Maleiers wat ongeveer 47 van die bevolking uitmaak en in n aantal deelstate veral aan die ooskus van die Maleise Skiereiland n groot meerderheid vorm Die Maleise bevolkingsgroep is as etniese groep die draer van die nasionale kultuur en van hul taal Bahasa Malaysia n gemoderniseerde weergawe van Maleis Hul godsdiens Islam is die staatsgodsdiens Islam is eintlik die belangrikste faktor waardeur onderskeid tussen Maleiers en nie Maleiers gemaak kan word In die nasionalistiese beweging en ook op alle bestuursvlakke neem Maleiers die belangrikste posisies in Op ekonomiese gebied bestaan daar egter n groot agterstand ten opsigte van die Chinese bevolkingsgroep Die Maleiers is hoofsaaklik werksaam in die klein landbousektor en woon meestal op die platteland Vanwee die regering se pogings om die Maleise agterstand te verklein het n stedelike Maleise elite ontstaan Chinese vorm die tweede grootste bevolkingsgroep van die land ongeveer 33 Hulle het veral sedert die tweede helfte van die vorige eeu as arbeiders in die tinmyne na die gebied gekom Hulle woon vandag hoofsaaklik in stede van Wes en Oos Maleisie en is byna uitsluitend in die handel dienste en nywerheidsektor werksaam Hoewel die Chinese sedert die onafhanklikwording staatsburgers van Maleisie is het hulle in sosiale opsig n aparte groep gebly Afgesien van hul eie tale Hakka en Kantonees heg hulle ook baie waarde aan eie tradisies gebruike en godsdiens Boeddhisme Taoisme en Konfusianisme Leiers van die Maleise bevolkingsgroep poog aan die een kant om die ekonomiese agterstand ten opsigte van die Chinese in te haal terwyl hulle die Chinese bevolkingsgroep terselfdertyd n Maleise dit wil se n Islamitiese karakter wil ople en die gebruik van die Maleise taal bevorder Die Chinese bevolkingsgroep was uiteraard daarteen gekant Die derde grootste bevolkingsgroep die Indiers ongeveer 11 speel nie n baie belangrike rol nie Hulle woon hoofsaaklik in Wes Maleisie waar hulle voorouers hul in die vorige eeu veral in die rubberverbouingsgebiede gevestig het Die Indiers het baie min kontak met sowel die Chinese as die Maleiers Naas hul eie taal na gelang van die streek waarvandaan hul voorouers afkomstig is maar veral Tamil praat die Indiers ook Engels Dit is nie n amptelike taal nie maar word baie in die hele Maleisie gebruik Die meeste Indiers is Hindoes hoewel daar n minderheid van Moslems en Sikhs is Die vierde bevolkingsgroep bestaan uit n aantal verskillende etniese groeperinge wat in Maleisie onder die naam orang asli saamgevat word Hierdie naam letterlik inheemse mense dui aan dat hulle as die oudste bewoners van die land beskou word Tot hierdie groep wat skaars 9 van die totale bevolking uitmaak maar in Sarawak en Sabah die meerderheid vorm behoort onder andere die Semang en die Senoi Hulle is jagters en voedselversamelaars wat in die oerwoude van Wes Maleisie woon en wat tot die Negrito s behoort Hulle getalle is egter onbeduidend In Oos Maleisie is die orang asli egter n aantal etniese groepe wat van wee hul etniese verwantskap met die Maleiers Protomaleiers of Oud maleiers genoem word Wanneer hulle hulle tot die Islam bekeer het soos die Melaneus word hulle as Maleiers beskou Tot die Maleiers wat nie tot die Islam bekeer is nie behoort onder andere die Ibans of Seedayaks die Landdayaks van Sarawak en die Kazadans van Sabah Hierdie groep het dikwels sowel hul eie taal as godsdiens bewaar maar word nietemin deur die Maleise bevolkingsdeel as bondgenote teen die Chinese gesien Hulle lewe van primitiewe landbou wat vandag steeds meer deur ander inkomste soos rubber tap houtkap ensovoorts aangevul word Ekonomie Wysig Die Petronas torings huisves die hoofkwartier van die nasionale oliemaatskappy Petronas en is die hoogste tweelingtorings wereldwyd Kuala Lumpur se sentrale sakedistrik Proton is n vername Maleise motorvervaardiger Gemeet volgens die per capita inkomste van die bevolking behoort Maleisie tot die rykere lande van Suidoos Asie Hierdie relatiewe rykdom berus hoofsaaklik op die produksie en uitvoer van n aantal grondstowwe Die belangrikste daarvan was nog altyd tin en rubber terwyl palmprodukte hout en aardolie die laaste twee produkte veral uit Oos Maleisie afkomstig later bygekom het Die groot afhanklikheid van die uitvoer van grondstowwe ongeveer 40 van die bruto nasionale produk bring mee dat Maleisie taamlik afhanklik is van die ekonomiese ontwikkeling in die nywerheidslande In Maleisie is die meeste produksie in die hande van die vrye private ondernemings Ingryping deur die regering is beperk tot sektore soos vervoer riolering besproeiing en so meer Hoewel die regering n aantal ekonomiese doelwitte gestel het verhoging van die per capita inkomste ekonomiese diversifikasie beklemtoning van die ekonomiese ontwikkeling in die gebiede soos Sarawak Sabah en die ooskus van Wes Maleisie is hy vir die bereiking daarvan van die private sektor afhanklik Die regering doen ook baie moeite am n gunstige klimaat vir private ondernemings te skep en hy kry nou al hoe meer invloed in die aktiwiteite van buitelandse ondernemings Landbou Wysig Palmolieboedel in Maleisie Van die ekonomies aktiewe deel van die bevolking is meer as die helfte in die landbou werksaam Nywerheidsgewasse soos natuurlike rubber oliepitbome en timmerhout sorg vir die leeue aandeel van die inkomste wat uit landbou verdien word Tog maak ongeveer n driekwart van die boerebevolking hul bestaan uit die verbouing van rys in Wes Maleisie is dit veral Maleiers en in Oos Maleisie Protomaleiers onder andere Dayaks In teenstelling met die produksie van die gewasse vir handel waarin veral Chinese en Indiers werksaam is vind die produksie van rys op baie klein plasies plaas wat dikwels uit verskillende brokkies grond bestaan Dit geskied met behulp van beskeie tegniese hulpmiddele In Oos Maleisie neem wisselbou onder die Dayaks nog n belangrike plek in Hoewel die klein boere in die eerste plek rys verbou word klein hoeveelhede rubber ook geproduseer Daar word dan gepraat van bevolkingsrubber in teenstelling met nywerheidsrubber wat deur groot en dikwels buitelandse ondernemings geproduseer word Werkgeleenthede in die landbou is nie voldoende wanneer die bevolkingsaanwas in berekening gebring word nie Uitbreiding op landbougebied is wet moontlik maar n strukturele oplossing le eerder in die uitbreiding van werkgeleenthede in die nie landbousektor Mynbou en nywerhede Wysig Port Klang in Selangor die grootste en besigste hawe in Maleisie Hoewel Maleisie steeds die wereld se grootste tinprodusent is het die produksie daarvan gedurende die laaste paar jaar tog ietwat afgeneem omdat die rykste are uitgeput is Die tin word in Maleisie self gesmelt en onder die naam Straits refined tin uitgevoer n Delfstof wat besig is om baie belangrik te word is aardolie wat tot nou toe veral in Oos Maleisie geproduseer is Die raffinering vind gedeeltelik in Maleisie self plaas n Uitbreiding van die bedrywighede op hierdie gebied is moontlik en die regering het n nasionale oliemaatskappy opgerig wat in samewerking met groot oliemaatskappye vir die ontginning daarvan moet sorg Werkgeleenthede in veral die nywerheidsektor is nog gering maar die regering streef al jare lank die uitbreiding daarvan na om die ekonomie af te wissel en om die Maleise bevolkingsdeel n ekonomiese perspektief naamlik industriele werkgeleenthede te bied omdat die handel in grondstowwe geheel en al in die hande van die Chinese is Die regering het gepoog om soveel moontlik buitelandse beleggers te lok maar die werkgeleenthede wat hulle bied is teleurstellend Maleisie het n baie hoe persentasie werkloses Naas algemene maatreels om n gunstige ondernemingsklimaat te bevorder het die regering hom veral met die totstandkoming van nywerheidsgebiede besig gehou Die infrastruktuur daar word deur die regering verskaf Politiek en bestuur Wysig Die parlement van Maleisie Parlimen Malaysia in Kuala Lumpur Abdullah van Pahang die huidige monarg van Maleisie Perdana Putra die setel van die Maleise eerste minister in Putrajaya Ismail Sabri Yaakob dien sedert 2021 as eerste minister van Maleisie Die Maleisiese Federasie het in 1963 ontstaan toe die reeds onafhanklike Federasie Malakka n federasie van elf sultanate op die skiereiland met Singapoer Sarawak en Noord Borneo tans Sabah verenig het Dit was almal Britse gebiede Die samesmelting het plaasgevind op aandrang van veral Groot Brittanje wat die skepping van n sterk staat beoog het in die vyftigerjare is n lang oorlog met Kommunistiese opstandelinge in die woude van die skiereiland gevoer Die politieke leiers van die Maleise bevolkingsgroep was nie besonder geesdriftig oor n federasie met Singapoer nie Die gebied was deur Chinese oorheers Hulle het slegs daartoe ingestem indien Sarawak en Noord Borneo ook deel van die federasie vorm Aanvanklik is die betrokkenheid van Sabah en Sarawak kwaai teengestaan deur Indonesie wat n paar jaar lank n beleid van konfrontasie teen die jong federasie gevoer het en deur Filippyne wat steeds op Sabah aanspraak gemaak het Singapoer het hom in 1965 van die federasie losgemaak en van die tyd af bestaan Maleisie uit twee dele Wes en Oos Maleisie Sarawak en Sabah Die deelstate van die Maleisiese Federasie het elk sy eie regering en volksverteenwoordiging maar die federale regering in Kuala Lumpur het baie seggenskap in binnelandse aangeleenthede van die deelstate Sarawak en Sabah het n grotere mate van outonomie as die ander deelstate Wat staatsvorm betref is Maleisie n konstitusionele monargie en die koning met die titel Yang di Pertuan Agong word elke vyf jaar uit en deur die sultans van die deelstate van die Maleise skiereiland gekies Die koning het hoofsaaklik seremoniele bevoegdhede en die werklike mag berus by die kabinet onder leiding van n minister president Die kabinet moet verantwoording doen aan die parlement wat uit n gedeeltelik benoemde senaat Dewan Nagara en n verkose huis van verteenwoordigers Dewan Ra ayat bestaan Laasgenoemde het meer bevoegdhede In 1976 was die Nasionale Front aan die bewind Dit is n koalisie van organisasies van verskillende politieke en etniese groepe waar die leierskap in die hande van die Maleise elite is Die amp van die minister president is jare lank gevul deur Abdoel Rahman 1903 1990 wat in 1971 afgetree het en deur Abdoel Razak 1922 1976 opgevolg is Na die dood van Abdoel Razak het Hoesein Onn geb 1923 die premier geword wat op sy beurt na n kabinetskommeling deur dr Mahathir Mohamad opgevolg is Die belangrikste binnelandse probleem is in die eerste plek die verskille tussen die etniese groepe Kommunistiese terroristiese aktiwiteite in Wes Maleisie kom nog voor en die onrus onder die bevolking as geheel het van wee die ekonomiese agteruitgang toegeneem Daarby het die federale regering boonop te kampe met n baie eiesinnige regime van die premier van die deelstaat Sabah wat hom al hoe minder aan die federale regering steur In sy buitelandse politiek voer Maleisie n pro Westerse beleid Die land is lid van n aantal internasionale organisasies soos die Vereniging van Suidoos Asiatiese Lande ASEAN en die Britse Statebond Stede WysigAlor Setar George Town Ipoh Iskandar Puteri Johor Bahru Kota Kinabalu Kuala Lumpur Kuala Terengganu Kuching Melaka City Miri Petaling Jaya Putrajaya Shah Alam Subang JayaDorpe WysigKangar Kota Bahru Kuantan SerembanSien ook WysigKoninklike Maleisiese LugmagVerwysings Wysig en Malaysian Flag and Coat of Arms Maleise regering Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2013 Besoek op 12 Augustus 2014 en Derek Mackay 11 Junie 2005 Eastern Customs The Customs Service in British Malaya and the Opium Trade The Radcliffe Press pp 240 ISBN 978 1 85043 844 1 Besoek op 2 Maart 2020 en Frans Welman Borneo Trilogy Sarawak Volume 2 Booksmango pp 134 ISBN 978 616 245 089 1 Besoek op 2 Maart 2020 en Frans Welman Borneo Trilogy Volume 1 Sabah Booksmango pp 159 ISBN 978 616 245 078 5 Besoek op 2 Maart 2020 en Demographic Statistics First Quarter 2020 Malaysia Department of Statistics Malaysia 14 Mei 2020 Besoek op 12 Junie 2020 6 0 6 1 6 2 en Population Distribution and Basic Demographic Characteristics PDF Departement Statistiek Maleisie p 82 Geargiveer vanaf die oorspronklike PDF op 22 Mei 2014 Besoek op 4 Oktober 2011 7 0 7 1 7 2 7 3 en Malaysia Internasionale Monetere Fonds April 2021 Besoek op 6 September 2021 en Human Development Report 2020 PDF United Nations Development Programme 2020 Besoek op 6 September 2021 en Malaysia Wereldbank Besoek op 6 September 2021 en Delegation of the مليسيا domain representing Malaysia in Arabic Internet Assigned Numbers Authority Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2018 Besoek op 2 Maart 2020 en Room Adrian 2004 Placenames of the World Origins and Meanings of the Names for Over 5000 Natural Features Countries Capitals Territories Cities and Historic Sites McFarland amp Company p 221 ISBN 978 0 7864 1814 5 en Baten Jorg 2016 A History of the Global Economy From 1500 to the Present Cambridge University Press p 290 ISBN 978 1 107 50718 0 Bronnelys WysigAlgemeen en Malaysia Encyclopaedia Britannica Besoek op 6 September 2021 en Malaysia Central Intelligence Agency Besoek op 6 September 2021 Wereldspektrum 1982 ISBN 0 908409 59 1 volume 18 bl 16Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Maleisie en Toerisme inligting oor Maleisie op Wikivoyage nl Maleisie be Breedvoerige inligting oor MaleisieOntsluit van https af wikipedia org w index php title Maleisie amp oldid 2449852,